Voorbestemming, sondevergifnis en selfopoffering

Lees die ander gedeeltes in hierdie gesprek:

_____________________________________________________________________

My liewe Udo

As/Indien jy ouers/familie wil help, moet dan nie twyfelagtigheid in die skrif inlees nie. Kom ons kyk na wat jou verduideliking hieronder as hooftrek gee: “And Samson said, let me die with the Philistines” Nou vra jy my dat ek na iemand anders se verduideliking van hierdie woorde moet kyk. Waarom?

Dis mos pleinweg so simpel as om tot drie te tel? Vra enige sesjarige om dit te verduidelik en jy sal sien dat uit die mond van die suigeling, kom die waarheid na vore.

“Let me die WITH” beteken mos dat hy vir God vra om SAAM met hulle te sterwe, hoe de swernoot sien jy iets anders?

Dis ons probleem vandag, God se woord se nie meer wat dit sê nie, maar se iets wat slimgeleerdes se dit moet se. [inlees van wat daar kwansuis moet staan]

Jy sê: “Ek sal egter wil voorstel dat jy versigtiger moet wees om ander sommer so vinnig daarvan te beskuldig dat hulle nie die Woord ken nie. Ek dink dit is oorhaastig en onvanpas.” Nou as ek dan iets HEEL anders as julle uit bogenoemde skrif sien, dan beskou ek jou en wie ookal se vertolking daarvan as verkragting van die skrif, net sodat kindertjies nie ook sal selfmoord pleeg nie, as hulle in die bybel sien dat dit nie sonde is nie!

Dis wat julle wat mense wil “help”, nie wil raaksien nie, is dat ALMAL die Heilige Gees ontvang het om skrif te verstaan, en nie ‘n graad nodig het om kwansuis skrif te kan uitlê nie.

Kom ek verklaar vir jou dat ek GLADNIE so iets soos “selfmoord” verstaan nie, want my bybel verklaar dat God reeds voor my geboorte bepaal het wanneer EN HOE ek gaan sterf (al is dit ook aan my eie hand), en dat NIEMAND die vermoë besit om sy sterwensuur/sekonde te verander nie, netsomin as wat jy die windrigting kan verander….dit sê my bybel!

Waarom ‘n leeun van skrif wil maak? Om “selfmoord” te probeer verhoed? Julle slaag gladnie daarin nie, want voornemende “selfmoordenaars” sien dat julle dmv. die bybel vir hulle lieg en vertrou hulle daarom nie meer die “medisyne” van die skrif nie!

Jy sê: “As jy ‘n geleentheid het om God direk te vra, dink jy Hy sou sê dat selfmoord iets is wat Hy graag wil hê mense moet doen?” ALLES is reeds bepaal deur God, nou indien ek dit vir jou kan sê, dink jy nog dat ek God wil bevraagteken oor iets wat nie eers bestaan in my vertolking van skrif nie?

Jy sê: “(m.a.w. iets is sondig omdat dit iets is wat God nie wil hê dat mense moet doen nie).” Waar sien of lees jy in die bybel in, dat God nie wil hê ons moet “selfmoord” pleeg nie? (En moet nou asb. nie met die woord moord, verward raak nie.)

Jy sê: “Ek het juis probeer aandui dat selfs al is selfmoord sonde…” As/indien Simson se HEEL LAASTE daad hier op aarde dan “sonde” was, wil jy dan nou sê dat hy “gered” is? Ek vra weer vir jou, wie het nou in hierdie verhaal van Simson gesondig? Simson of God?

Jy sê: “Ek het pertinent gesê: “My opinie is dat om te wonder of so ‘n persoon hemel of hel toe gaan, is om te wonder of daardie persoon gered was of nie; en redding hang nie af van of iemand selfmoord pleeg of nie. Het jy enige idee watse verwarring jy by gelowige ouers skep met hierdie opinie en wonder van jou? Hoe kan enigiemand wat se laaste daad dan “sonde” is,  gered wees? Of bestaan Sheol dan nie?

Jy sê: “Jy is meer as welkom om verder met my in gesprek te tree.” Goed, maar dan verwag ek opregte en geen “inlees” van wat daar behoort te staan in die bybel nie?

Kom ons probeer dan nie om mekaar te “impress” nie?

Een van die grootste probleem wat ons verdryf het uit 40jaar se kerkbywoning is juis omdat predikers nie meer Adonai se woord letterlik opneem nie, en alles met hul mening wil vervang.

Ons hoort aan GEEN groep nie en bestudeer self Adonai se woord mbv. die Heilige Gees.

Wil jy dalk vir my verduidelik wie jy as die Messias sien, “Paulus” of “Jesus” ? Ek vra hierdie vraag, want ons kom agter dat christene allerhande ander gedeeltes gaan haal uit die skrif om die ware Messias, “Jesus”, verkeerd te bewys.

Verduidelik wat jy verstaan onder die term “Huis van Israel” en “Huis van Judah” soos in die bybel vervat, sonder om engsins iets anders “in te lees”.

Ek dink dis vir eers genoeg?

Groete aan jou en jou gesin

Winkelsmidt

 

Hallo Winkelsmidt,

Dankie vir jou terugskryf. Ek wil graag ons gesprek voortsit deur vinnig eers jou aandag op iets te vestig. Ek dink ons as Christene kan gerus leer om ander mense met meer geduld en bedagsaamheid te hanteer. Mense is baie meer ontvanklik wanneer hulle ervaar dat ander die moeite doen om hulle met respek en vriendelikheid te hanteer. Die Here verwag tog van ons as Christene om die vrug van die Heilige Gees te dra.

Ek noem dit spesifiek want jy laat my bietjie soos ‘n simpel kind voel wat eintlik glad nie weet waarvan hy praat nie, of erger nog, valse motiewe het. Jy gebruik harde en kleinerende woorde soos “twyfelagtigheid in die skrif inlees”, “pleinweg so simpel as om tot drie te tel”, “vra enige sesjarige”, “hoe de swernoot”, “verkragting van die skrif”, “leuen van die skrif maak”, “Kom ons probeer dan nie om mekaar te “impress” nie?”, ens. Miskien voel jy dis die enigste manier om met ander mense te kommunikeer wat na jou mening besig is om die gesag van die Skrif aan te tas. Maar selfs al is dit wel wat baie mense doen (maar ek verseker jou beslis nie iets wat ek probeer doen nie), dan dink ek ‘n mens moet steeds versigtig wees om ander soos ‘n gek te laat lyk of voel. Ek is nie fyngevoelig nie, en jy bedoel dit waarskynlik ook nie so nie, maar ek het tog gedink dis nodig om jou van jou onderliggende toon bewus te maak. Dit het my al baie in my eie verhoudings met mense gehelp om sensitief te wees vir hoe ander my mag beleef en hoe ek na hulle oorkom.

Na aanleiding van jou vraag wil ek die volgende sê: Ek streef opreg daarna om Jesus as die Messias en my Here te dien. Daarom is ek net so besorg soos jy oor hoe mense (waarvan sommige selfs pastore en predikante) die aansprake van Jesus ontken en dinge oor Hom leer wat Sy ware identiteit (as Seun van God) heeltemal verloën. Sulke mense leer dat die Bybel bloot mense se woorde oor God is (as hulle nog enigsins aan God glo) en nie meer God se Woord aan mense wat lewensveranderend en waar is nie.

Ek wil graag ook net iets sê oor die feit dat jy suggereer dat jy nie nodig het om na ander se verduideliking van sekere gedeeltes in die Skrif te kyk nie. Bloot die feit dat daar soveel mense is wat anders dink oor wat die woorde “Let me die with the Philistines” beteken, behoort ‘n mens tot ‘n paar oomblikke se nadenke te bring. Miskien is dit nie so kinderlik eenvoudig soos wat ‘n mens aanvanklik mag dink nie. Dit beteken natuurlik nie dat jy moet aanvaar wat hulle sê nie, maar dit sou verantwoordelik wees om ten minste ‘n poging aan te wend om te probeer verstaan hoekom hulle sê wat hulle sê (en die feit dat jy steeds met my in gesprek is beskou ek as ‘n teken dat jy wel so ‘n poging aanwend – dankie daarvoor!)

Laat ek byvoeg dat ek heeltemal met jou saamstem: iemand se geleerdheid is nie ‘n aanduiding dat hy/sy daarom noodwendig die waarheid beet het nie. Maar iemand wat lief is vir die Here, sal lief wees vir Sy Woord, ongeag sy akademiese agtergrond. Wanneer daar dan mense is wat wel geleerd is en terselfdertyd baie erns maak met God en Sy Woord (en nie sommer net goed “inlees” nie), dan is dit volgens my baie arrogant vir iemand om te dink dat hulle almal sommer nonsens praat wanneer hulle opmerkings oor bepaalde skrifgedeeltes maak.

My punt is dat ek nie sommer summier in ander Christene se motiewe hoef te twyfel wanneer ek met hulle verskil oor wat ‘n bepaalde skrifgedeelte sê nie. Jy merk tereg op dat die Heilige Gees alle Christene wil help om die Woord te verstaan, maar dikwels verskil Christene steeds oor hoe om bepaalde gedeeltes te verstaan. Beteken dit dan dat die Heilige Gees Christene verskillend lei? Of dat een party nie werklik ‘n opregte of eerlike Christen is nie? Nee, dit beteken net dat ek, as ‘n beperkte mens wat steeds met sonde worstel, nederig moet wees en kan erken dat my eie interpretasies en blindekolle steeds ‘n rol speel in hoe ek dink die Heilige Gees my gelei het om ‘n sekere gedeelte te verstaan (terloops, goeie eksegese is altyd baie belangrik, ongeag enige formele hermeneutiese opleiding). Dit beteken egter nie dat my spesifieke verstaan noodwendig verkeerd is nie, dit beteken net dat daar sekere dinge is waaroor ek nie te dogmaties moet wees nie.

Sekere dinge in die Christelike geloof is kernsake, daardie dinge wat dit van ander gelowe onderskei of dit wat op mense se Redding betrekking het, en wat duidelike grense veronderstel. Maar ander dinge is randsake en dinge waaroor Christene onderling dikwels met mekaar verskil. Die randsake is nie onbelangrik nie, maar dit mag nie gebruik word om ander Christene tot ketters of tweederangse Christene te etiketteer nie. Na my mening moet ons meer dikwels in ons woorde en optrede daarteen waak om dit ook nie op subtiele maniere wel te laat klink asof ons so dink nie. Self met die Heilige Gees se werking in en deur ons lewens om die Woord te verstaan, is niemand se verstaan en interpretasie van die Woord so onfeilbaar dat hy nie ook na ander Christene – ook van die wat van hom verskil – kan luister of selfs by hulle kan leer nie.

Goed, kom ons kyk weer na die punte waar ons verskil. As ek jou reg verstaan redeneer jy dat die rede waarom selfmoord nie sonde kan wees nie, is omdat dit God is wat bepaal wanneer en hoe iemand sterf. Omdat ook Christene soms aan hulle eie hand sterf, beteken dit dat dit iets is wat God so bepaal het. As God dit so bepaal het, het Hy dit dus ook so gewil, en as selfmoord sonde is, dan het God gesondig deur dit so te bepaal. Maar omdat God nie kan sondig nie, moet dit beteken dat selfmoord nie sonde is nie. Jou basiese punt is dus dat God mense se lewe deur selfmoord kan beëindig net soos hy dit deur siekte of ouderdom of enige ander manier kan doen.

Ek dink egter nie jy ontkom die dilemma met bogenoemde redenasie nie. Veronderstel dat God dit bepaal het dat Hy my lewe gaan beëindig deur dit so te bewerkstellig dat ‘n inbreker my in my huis doodskiet? Maar as God dit wel so bepaal het, wie se skuld is dit dan as ‘n inbreker die sesde gebod (God se morele karakter verbied moord) oortree en my vermoor? In effek sou dit beteken dat God die oorsaak is dat die inbreker my vermoor het, want Hy bepaal dan wanneer en HOE ek gaan sterf. Tog is die skrif baie duidelik daaroor dat God niemand versoek om sonde te doen nie (Jakobus 1:13), en per definisie dat God niemand sonde laat doen nie. Maar as soveel Christene se lewe beëindig word deur ander se sondige dade, en as God se direkte wil is hoe iemand gaan sterf, dan is Hy mos direk verantwoordelik vir daardie mense se sondige dade.

Ek dink jy sal tog met my saamstem dat ‘n inbreker se keuse om iemand te vermoor, sy eie is, en dat God niemand ooit forseer of beïnvloed om so iets te doen nie. Dit is nie God se wil dat iemand moord pleeg nie, maar hy laat wel toe dat dit gebeur. Dit beteken nie dat hy nie in beheer is van die wêreld nie, want van voor die skepping af het Hy in sy wysheid, almagtigheid en alwetendheid bepaal dat en hoe die wêreld op ‘n bepaalde manier gaan funksioneer. In so ‘n wêreld kan iemand byvoorbeeld wel uit sy of haar eie vrye wil selfmoord pleeg, al is dit nie God se wil nie (m.a.w. dis sonde). God is nie verantwoordelikheid vir so ‘n persoon se dood nie, maar omdat Hy God is het hy voor daardie persoon se geboorte presies geweet wanneer en hoe so ‘n persoon gaan sterf. Dis in hierdie opsig dat God alles bepaal het, ook presies hoe lank mense se lewens op aarde sal wees en hoe hulle tot sterwe gaan kom.

Dit lyk asof jy dink dat ek baie verdagte motiewe het (soos om ‘n leuen van die skrif te maak) met my aandrang op selfmoord as ‘n sonde. Om selfmoord as sonde te beskryf is nie ‘n poging om dit te probeer verhoed nie – dit het mense nog nooit gekeer om sonde te doen deur te weet wat sonde is nie. (Ek dink wel dat ons mense wat selfmoord wil pleeg moet probeer help om dit nie te doen nie, maar ‘n mens doen dit nie deur hulle skuldig te laat voel oor die feit dat dit sonde is nie. Soos ek ook al genoem het, het ek self ‘n mislukte selfmoord oorleef en ek is baie dankbaar vir die mense en vir Here wat my in daardie donker tyd gehelp en gedra het).

Om te sê dat selfmoord sonde is, is bloot om ‘n feit te stel, m.a.w. dis dieselfde as om te sê dat steel sonde is. Jy is natuurlik reg dat die Skrif nie ‘n direkte morele uitspraak oor selfmoord maak nie. Tog is die faktore wat ‘n rol speel rondom al die gevalle van selfmoord wat in die Bybel genoem word, so eng verbind aan sonde dat dit moeilik is om tot ‘n ander gevolgtrekking te kom as dat selfmoord nie God se wil is nie (sien Abimeleg in Rigters 9:54, Saul in 1 Samuel 31:4, Agitofel in 2 Samuel 17:23, Simri in 1 Konings 16:18 en Judas in Matteus 27:5). Selfs al beskou ‘n mens Simson se dood in dieselfde lig as hierdie ander selfmoorde (wat ek binnekort sal probeer aandui hoekom dit nie so is nie), dan kry ‘n mens nog steeds nie die indruk dat selfmoord iets is wat die Bybel eers naastenby in ‘n goeie lig probeer stel nie. Daar is verder baie ander dinge waaroor die Bybel nie direkte morele uitsprake gee nie. Tog kan ons volgens die riglyne wat die Bybel wel duidelik gee, redelike afleidings maak oor wat God se wil is in sulke gevalle (dink maar aan dinge soos aborsie, genadedood, embrioniese stamselnavorsing, genetiese manipulasie, surrogaat moederskap, orgaanskenking, ens.)

Voordat ek kom by die dinge wat ons moontlik kan help om te bepaal of dit God se wil is dat iemand selfmoord pleeg, wil ek graag die volgende misverstand uit die weg probeer ruim. Dit lyk steeds asof jy dink dat omdat ek sê dat selfmoord sonde is, ek daarmee sê dat as iemand se laaste daad op aarde sonde was, so ‘n persoon nie gered kan word nie. Die direkte implikasie van wat so ‘n redenasie is dat iemand gered word deur nie sonde te doen nie. Dit is egter nie wat die skrif ons leer nie. Die skrif leer dat die gronde vir redding slegs genade is, dat Jesus sonder dat enige iemand dit verdien vir mense se sonde gesterf het (sien Efesiërs 2:8-9). As ek glo dat Jesus my sonde vergewe deur daarvoor te sterf, as ek dus sy daad van genade aanvaar, dan word ek ‘n nuutgebore mens en ‘n kind van God. Ek word dus nie gered op grond van enige dade wat ek doen of nie doen nie.

Dit is verder belangrik om te verstaan dat ‘n nuutgebore mens (‘n Christen) nie skielik immuun teen die doen van sonde is nie (sien 1 Johannes 1:8). Maar die doen van sonde is dan nie meer ‘n aanduiding van ‘n lewenswyse wat nie die Here ken nie (so ‘n lewenswyse is die sonde waarvan daar in 1 Johannes 3:9 gepraat word en nie ‘n weerspreking van 1 Joh. 1:8 nie; sien ook Hebreërs 10:26). Christene is nie sondelose mense nie, maar hulle sonde word hulle nie meer toegereken nie omdat Jesus dit weggeneem het (sien 1 Johannes 3:5). Tog is die Bybel duidelik dat ons gereeld die sonde wat ons wel doen, moet bely sodat ons vergifnis daarvoor kan ontvang (sien 1 Johannes 1:9). Hierdie belydenis en vergifnis is egter nie omdat die doen van sonde ons redding in gedrang bring nie, want ons is REEDS nuutgebore mense omdat ons Jesus se genade aanvaar het. Sulke gereelde sondebelydenis en ontvang van vergifnis is nodig sodat ons voortdurend naby God sal leef en sensitief sal bly vir sy wil, sodat ons kan groei en al meer die karakter van Jesus sal aanneem.

In verband met selfmoord het iemand dit so gestel: Some say that suicide cannot be forgiven because the person who did it could not have repented of doing it. But all of us commit sins that we are too spiritually cloddish to recognize for the sins they are. And we all die with sins not named and repented of. However, failure to repent of a particular sin before you die will not send you to hell. Christians are kept securely in Christ; they do not slip out of and into salvation as they sin and repent.”

Daarom is die persoon wat ook die volgende gesê het heeltemal korrek: “According to the evangelical view, a person’s sins are forgiven the moment he or she confesses Jesus as Savior (see John 3:16; Romans 10:9-13; Ephesians 2:8-9). The sins include past, present, and future transgressions. Therefore, if a person has accepted Jesus, all of his or her sins are forgiven, including suicide.”

Nou om terug te kom na watter aanduidings daar is dat selfmoord nie God se wil is nie (sonde is). Van die dinge wat mense deur die eeue al uitgewys het, is die volgende:

Eerstens, selfmoord is nie ‘n normale verskynsel nie: alle lewende organismes het ‘n inherente begeerte om hulle lewens te bewaar.

Tweedens, selfmoord is strydig met mense se sosiale verantwoordelikheid. Dit is nie net die persoon wat selfmoord pleeg wat geraak word nie. Selfmoord het verreikende negatiewe implikasies op die breër gemeenskap waarvan so ‘n persoon deel was. Dink maar net aan die baie spesifieke emosionele pyn en wroeging en skuldgevoelens wat mense ervaar wanneer hulle geliefde selfmoord pleeg (dit is BAIE erger as enige pyn wat mense ervaar wanneer hulle geliefdes op ander maniere aan die dood afstaan).

Derdens, en dit is waarop ek spesifiek wil fokus, selfmoord is ‘n verwerping van lewe as ‘n gawe van God en ‘n verwerping van God se alleenreg om ‘n lewe wat hy gemaak het, te beëindig. Ons lewens wat na God se beeld gemaak is, behoort aan God en slegs Hy as die Skepper daarvan, het die reg om dit van ons weg te neem. Iemand het die volgende paar skrifgedeeltes beklemtoon wat hier betrekking het:

  • “1 Corinthians 6:19-20 NIV: ‘Do you not know that your body is a temple of the Holy Spirit, who is you, whom you have received from God? You are not your own; you were bought at a price. Therefore honor God with your body.’ — We are not our own. It is up to God when we die, not us. It is hard to argue that a person who kills himself is honoring God with his body.”
  • “Romans 14:7-9 NIV: ‘For none of us lives to himself alone and none of us dies to himself alone. If we live, we live to the Lord; and if we die, we die to the Lord. So, whether we live or die, we belong to the Lord. For this very reason, Christ died and returned to life so that he might be the Lord of both the dead and the living.’ — This passage shows that our lives are in Christ’s hands. We live for Christ and we die for Christ, not for ourselves.”
  • “1 Corinthians 3:16-17 NIV: ‘Don’t you know that you yourselves are God’s temple and that God’s Spirit lives in you? If anyone destroys God’s temple, God will destroy him; for God’s temple is sacred, and you are that temple.’ — If you look at the context of this passage it is speaking of the church as a whole, but I don’t think we should discount it in reference to our bodies either. We are the temple of the Holy Spirit.”
  • “Matthew 16:24 NIV: “Then Jesus said to his disciples, ‘If anyone would come after me, he must deny himself and take up his cross and follow me’.” — To be a follower of Christ, you must deny yourself. Now it is pretty hard to claim a person has denied himself when he commits suicide.”
  • “1 John 2:3-6 NIV: ‘We know that we have come to know him if we obey his commands. The man who says, “I know him,” but does not do what he commands is a liar, and the truth is not in him. But if anyone obeys his word, God’s love is truly made complete in him. This is how we know we are in him: Whoever claims to live in him must walk as Jesus did. We know that we have come to know Him if we keep His commands.”

Dan wil ek vir oomblik stilstaan by die sesde gebod teen moord in Eksodus 20:13. Jy noem spesifiek dat ek nie moord met selfmoord moet verwar nie. Jy is natuurlik reg dat daar ‘n belangrike verskil is: moord is die onregmatige beëindiging van ‘n ander se lewe en selfmoord is die onregmatige beëindiging van jou eie lewe. Die belangrik punt is egter nie wie se lewe beëindig word nie, maar wie se reg dit is om daardie lewe te beëindig. Alle aanduidings in die skrif is dat slegs God die reg het om iemand se lewe te beëindig (ek dink die uitsondering is die implisiete reg wat God aan mense gee om hulleself of ander te beskerm teen moord). Daarom is dit nie nodig dat die Bybel spesifiek hoef te sê dat selfmoord verkeerd is nie (net soos die Bybel nie ‘n eksplisiete uitspraak oor aborsie maak nie), want ‘n Bybelse definisie van moord is die ‘n onregmatige beëindiging van ‘n lewe, of dit nou jou eie, dié van ‘n ander, of dié van ‘n fetus is.

Dit bring ons by die laaste punt wat ek wil aanraak: Simson se sogenaamde “selfmoord”. Kom ons begin deur te vra hoekom Simson vir God gevra het: “Let me die with the Philistines”. Wat was sy motief met so ‘n gebed? Wou hy bloot maar net sy eie lewe beëindig? Of was sy eintlike doel iets anders? Dit is insiggewend en iets waarop jy ook klem plaas, dat Simson gevra het, “Let me die WITH the Philistines”. Iemand wat ek bloot net sy eie lewe wou neem (selfmoord wou pleeg) sou egter waarskynlik net uitgeroep het “Let me die!” Dit is juis die feit dat hy bid om saam met die Filistyne te sterf, wat daarvan ‘n aanduiding is dat Simson se dood nie as ‘n selfmoord in die normale sin van die woord verstaan moet word nie. Iemand het dit soos volg verduidelik: Yes, in a sense Samson killed himself. But Samson did not commit suicide. His goal was to kill not himself but the Philistines. He died in his effort to kill others, as he said, ‘Let me die with the Philistines!’”

Iemand anders maak die volgende opmerking: “I suppose one could argue that Samson “committed suicide,” but I would prefer to see it in terms of a willing sacrifice of one’s life to inflict injury to an enemy. The Philistines were God’s enemy, Israel’s enemy, and Samson’s enemy. Furthermore, the Philistines had placed Samson in the temple to demonstrate the weakness of Samson’s God; to deride and mock God. God, through Samson, brought them down – literally! Is it wrong to give one’s life to defend the honor, the welfare, and the name of another? Is it wrong to give one’s life in defense of their country, their values, and their way of life? Is it wrong to give one’s life for another in time of war or battle? This is what Samson did. He was the means by which God brought deserved retribution upon those who worshiped false gods, oppressed God’s people, and practiced unspeakable immorality.” (Sien Rigters 13:5)

Die volgende is soortgelyke kommentaar: “Samson asked for remembrance of the LORD, that he be revenged of his persecutors and enemies. And by extension, the Lord’s persecutors and enemies. In prayer He asked for strength to do a super-human task, and he left his life entirely in the hands of God. He wasn’t hopeless, he had hope and he had faith. By contrast, those who commit suicide are without hope, and are intent on taking their own lives regardless of what God’s intends or what His will may be. Clearly we see that Samson’s object was not specifically to kill himself, but as a child of God, to be avenged by God in his killing of the Philistines. Thus, as this was in full accord with the purpose of God, He allowed it. Samson died as a solder or warrior in battle carrying out the will of God in bringing judgment upon God’s enemies, not as a suicide. This verse, in no way, shape or form, has anything to say addressing the issue of suicide. It’s like comparing apples and oranges. Samson did not fall on his own sword, or jump off a ship to drown himself in the sea, take poison hemp, or throw himself off a mountain, or take knife to his own throat. God honored his prayer because His prayer was not for suicide (a vain hopeless prayer), but to be avenged on the enemies of the Lord. God didn’t give him strength to kill himself, God gave him strength that he would kill more Philistines by his death, than he had in his life (Judges 16:30), and thus God’s example and purpose would fulfilled through this.”

My doel met hierdie skrywe was nie om jou van enigiets te oortuig nie (of enigsins te probeer “impress” nie). Ek het bloot probeer verduidelik waar ek vandaan kom en dat ek wel erns maak met die Skrif.

Ek het ‘n vermoede dat ons gaan moet ooreenkom om oor ‘n paar goed te verskil. En ek dink dis okay om as Christene oor sommige goed te verskil. Ons hoef mekaar nie omdat ons soms verskil, verdag te probeer maak nie. Ek verwelkom ander mense se kommentaar en respekvolle opmerkings, want ek glo dat God dit in my lewe kan gebruik om Hom, Sy Woord en ander mense beter te verstaan. Mag dieselfde vir jou waar wees.

Ek sien uit om van jou te hoor!

Beste groete

Udo

Lees verder:

 

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.