Die hel en reïnkarnasie

Hallo Udo

Ek het ‘n navraag het oor die “Conversations with God” boeke. Ek en my vrou het van die boeke gelees het en ek het gewonder oor van die idees daarin en hoe dit met die Bybel strook.

Die twee aspekte wat my voorgeval het was die feit dat die boeke aanwys dat die hel nie regtig bestaan nie en dat die mense hulle eie hel op aarde skep deur hulle doen en late. Die ander aspek was die geloofwaardigheid wat hy aan re-inkarnasie gelaat het. Wat is jou siening hier oor?

Groete

Winkelsmidt

 

Hallo Winkelsmidt

Die feit is dat die skrywer van die boek, Neale Donald Walsch beslis nie ‘n voorstander van die Christelike geloof is nie. Dit waarin hy glo kan as New Age spiritualiteit geklassifiseer word. ‘n Kenmerk van die New Age spiritualiteit is dat daar ‘n bietjie by alle geloofsoortuigings geleen word en sodoende word daar dan ‘n unieke verstaan geskep van hoe die wêreld en die lewe eintlik is (en dit verskil dikwels van een New Age aanhanger na die volgende).

‘n Groot deel van Walsch se boeke bestaan uit die korrigering van waar hy dink die Christelike geloof dit verkeerd het. Die probleem is dat hy dan dikwels die Christelike verstaan van ‘n bepaalde saak op ‘n manier voorhou wat die Christelike geloof nie sal erken nie. Hy skep dus strooipoppe wat hy dan aan die brand steek, maar wat eintlik nie verband hou met hoe verantwoordelike en ingeligte Christene werklik daaroor dink nie.

Van die sake wat hy aanraak is natuurlik baie belangrik en dis nodig dat Christene denkend daarmee sal omgaan. Ek dink daarom dis goed dat Christene kennis neem van boeke soos die reeks “Conversations with God” omdat baie mense dit lees en gaan vrae vra daaroor. Ek sou dit egter nie aanbeveel as boeke wat Christene sou lees vir geestelike opbou nie (al is daar ook goeie idees in die boek).

Ek dink Walsch en baie ander mense se ontkenning van die hel is gegrond op baie misverstand. Hieroor wil ek jou na die volgende twee gedeeltes verwys:

Kyk gerus na hierdie baie insiggewend gedeelte oor Past-life recall as proof for reincarnation. Dit verklaar baie van die redes vir waarom baie mense, soos Walsch, reinkarnasie as geloofwaardig wil voorhou. (Sien ook http://upontruth.com/categories/religions_reincarnation.html vir ’n klomp ander artikels oor reïnkarnasie).

Ek hoop dit help. Laat weet gerus as daar iets spesifiek is wat uit julle lees van die boek(e) gekom het waar jy dink dat dit om meer verduideliking vra vanuit ‘n Christelike oogpunt. Hier is nog ‘n artikel oor Conversations with God:

Beste groete
Udo

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.