Die Huis van Juda en die Huis van Israel

Lees die eerste gedeeltes in hierdie gesprek:

____________________________________________________________________

Liewe Udo

Hierdie is die derde en laaste keer wat ek jou die volgende vraag vra, en indien jy nie daarop wil antwoord nie, verstaan ek dit.

Wie volgens die Bybel is die “huis van Israel” en wie volgens die Bybel is die “Huis van Judah.”

Groete en dankie vir jou deelname.

Winkelsmidt

NS:

Die baie groot God van Israel kies toe vir Hom eendag ‘n volk, wat Hy sy Eie wou maak.

Hierdie grote God, lei toe sy uitverkore volk op,  in die gebruike na Sy smaak, genaamd “Orthodox Judaism”.

Hierdie einste groot God, lei toe die volk, vanuit Egipte na Jerusalem[Israel], waar Hy tussen die volk wou wandel.

Die volk raak op ‘n dag gatfol vir hierdie Ortodokse leefwyse en besluit hulle gaan nou die verre lande se gebruike aanleer.

God in Sy almagtigheid[Grootheid], se toe “ok” , aangesien julle nie meer in My metodiek belangstel nie, gaan kry dan vir julle van die heidense metodiek.

God verstrooi toe die gatvol mense van die volk onder die nasies, regdeur die HELE wereld wat Hy gemaak het, en se vir hierdie gatfol mensies dat Hy darem vir hulle ‘n padkaart gaan saamgee, en indien hulle weer eendag sou wou terugkeer[teshuvah”],  na God en Sy
Ortodokse metodiek in Israel, dan moet hulle net hierdie padkaart, genaamd “jesus” volg, dan sal die verdwaalde gatfol kinders weer by Hom in Jerusalem kan uitkom.

Daar bly toe ‘n klein Ortodokse groepie van God se volk agter in Jerusalem, wat aanhou om hierdie groot God te loof en eer deur om elke dag sommer 3 keer per dag tot God te bid[sommer ekstra gebede namens hulle gatvol verdwaalde boeties en sussies ook].

Jare gaan verby, en die verdwaalde gatfol boeties en sussies baklei sommmer lekker in die wereld met die nasies se kinders,  wat hulle nie wou aanvaar,  met hulle “snaakse” gewoontes en “vreemde” God van Israel nie.

Sommige van die nasies se kinders raak na jare se struweling in huwelike verbind met hierdie gatvol kinders se kinders se kinders se kinders, en dis sommer ‘n hele deurmekaar spul.

Na al hierdie duisende jare se seks en perverse leefwyse, ontdek hierdie mengelmoes kinders toe in hul voorouers se “trusouw trommels” verskeie padkaarte wat die pad na ‘n groote God, daar ver in Israel aandui.

Hierdie padkaarte se skrif is toe al vervaag en moeilik om te lees op die ou papirus wat dit geteken en geskryf is.

Die ontdekking van hierdie padkaart, genaamd jesus, lei daartoe dat daar ‘n groep genaamd Christene aangestel word wat elke week een dag opsy sit om hierdie padkaart te bestudeer, en gelukkig kon hulle darem nuwe padkaarte teken, wat soos hulle vermoed, hulle by Israel gaan uitbring sodat hul weer die Grote God van hul voorouers kan aanbid.

Intussen, word die selfoon en internet ontdek en daar is groot blydskap onder die groep genaamd Christene, dat die moontlikheid nou bestaan om kontak met die verafgelee Israel te maak om sodoende duidelikheid oor hul padkaart te bewerkstellig met hul vergete, Ortodokse boeties en sussies.

Afskrifte word narstigtiglik deur die Christene , gekopieer deurgefaks en ge-email na Israel en hewige struweling ontstaan tussen die voormalige boeties en sussies oor die aanhoudende stuur van fakse met hierdie padkaart genaamd jesus na hul Ortodokse boeties en sussies, daar in Israel.

Hoe meer die Ortodokse boeties en sussies vir die Christen boeties en sussies vertel dat hulle reeds in Israel is, hoe meer word daar fakse en sommer per slakkepos, pakke en pakke van hierdie padkaarte  genaamd jesus aan Israel gestuur !

Vraag:- Is jy dalk ook besig om van jou Ortodokse boeties en sussies gatfol te probeer maak met jou jesus padkaart en besef jy dalk ook nie dat jou Ortodokse Boeties en sussies reeds in Israel is nie?

Shalom

Winkelsmidt

 

 

Hallo Winkelsmidt

Jy sê: “God verstrooi … die volk onder die nasies … sê vir hierdie … mensies dat Hy darem vir hulle ‘n padkaart gaan saamgee, en indien hulle weer eendag sou wou terugkeer [teshuvah], na God en Sy Ortodokse metodiek in Israel, dan moet hulle net hierdie padkaart, genaamd “jesus” volg…”

Jy is reg dat die padkaart genaamd Jesus ‘n padkaart na God is, maar dan voeg jy ongelukkig die volgende woorde by “…en sy Ortodokse metodiek in Israel”. Waar kry jy dit vandaan?  Wat beteken dit om hierdie “padkaart genaamd Jesus” te volg? As dit enige iets anders beteken as om te aanvaar dat Jesus vir jou sonde aan die kruis gesterf het en dat jy daarom jou lewe aan hom gewy het nie, dan is dit nie regtig ‘n padkaart terug na God nie.

Jy sê: “Die ontdekking van hierdie padkaart, genaamd jesus, lei daartoe dat daar ‘n groep genaamd Christene aangestel word wat elke week een dag opsy sit om hierdie padkaart te bestudeer, en gelukkig kon hulle darem nuwe padkaarte teken, wat soos hulle vermoed, hulle by Israel gaan uitbring sodat hul weer die Grote God van hul voorouers kan aanbid.”

Hoekom sê jy dat ‘n mens by Israel moet uitkom om by God uit te kan uitkom? Die Bybel sê dat ons by God moet uitkom – nie Israel nie – en om by Jesus uit te kom is om by God uit te kom. Dit word vir my al hoe meer duidelik dat jy nie die hele Nuwe Testament as deel van God se Woord aanvaar nie…

Jy sê: Hoe meer die Ortodokse boeties en sussies vir die Christen boeties en sussies vertel dat hulle reeds in Israel is…” En dan vra jy: “Is jy dalk ook besig om van jou Ortodokse boeties en sussies gatfol te probeer maak met jou jesus padkaart en besef jy dalk ook nie dat jou Ortodokse Boeties en sussies reeds in Israel is nie?”

Wat beteken dit om “reeds in Israel” te wees? Deur dit te sê en nie eerder uitdruklik te sê dat ‘n mens in Christus moet wees nie, maak dit vir my baie duidelik dat jy nie dink dat ‘n mens deur Jesus (se sterwe vir jou sonde) gered word nie (anders sou jy uitdruklik so gesê het!). Weer eens lees jy ‘n ander Nuwe Testament as ek! (Jy’t êrens genoem dat ‘n mens nie moet sê dat jy niks met die Ou Testament te doen wil hê nie, maar Winkelsmidt, is dit nie net so waar dat ‘n mens Jesus ook in die gesig vat deur te sê dat jy niks te doen wil hê met dele in die Nuwe Testament nie?)

Ek het op ‘n stadium vir jou gesê dat ek op vier spesifieke sake wil fokus. En jy’s reg, ons verskil: 1) oor wie God is (wie God is, is verbind aan wie Jesus is); 2) oor hoe Hy Homself aan mense openbaar het (Hy doen dit in beide die Ou en Nuwe Testament); 3) oor die rol van medegelowiges (‘n mens kan nie jou nie van ander gelowiges afsonder en sê jy behoort aan geen groep nie), 4) en oor redding (volgens Joh. 14:6 is Jesus is die weg na die Vader en nie Israel nie).

Winkelsmidt, ek is bewus van jou frustrasie omdat ek nie in ‘n gesprek wil tree oor wie die “huis van Israel” en wie die “huis van Juda” is nie. Hoe gaan dit ENIGSINS iets verander aan wie Jesus is en hoe hy redding bewerkstellig? Daar is in elk geval verskillende opinies, en elkeen is geregtig op sy opinie, oor of die “huis van Israel” die tien verlore stamme van die noorde is wat regoor die wêreld versprei is en of hulle op ‘n stadium weer met die stam van Juda verenig het; en oor of die “Jode” net uit die suidelike stam van Juda kom. Maar soos ek sê, dit verander egter niks aan wie Jesus is of aan sy aansprake vir alle mense nie.

Ek neem dus aan dat ons hierdie gesprek op ‘n vriendelike noot kan beëindig? Dit was vir my baie vrugtevol om met jou te gesels en jy het my gehelp om weer oor ‘n klomp goed na te dink.

Dankie en vrede vir jou en jou gesin.

Udo

Lees vorige gedeeltes:

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.