God, Jesus en Paulus

Lees die ander gedeeltes in hierdie gesprek:

____________________________________________________________________

Liewe Udo

Jy sê: “Ek dink ons as Christene. [Ek is nie Christen nie] kan gerus leer om ander mense met meer geduld en bedagsaamheid te hanteer. [Ek stem saam met jou] Mense is baie meer ontvanklik wanneer hulle ervaar dat ander die moeite doen om hulle met respek en vriendelikheid te hanteer [Ek stem saam]. Die Here [God?] verwag tog van ons as Christene om die vrug van die Heilige Gees te dra.” [Hoe het Jesus in die mark opgetree?]

Jy sê: “Ek noem dit spesifiek want jy laat my bietjie soos ‘n simpel kind voel [jammer] wat eintlik glad nie weet waarvan hy praat nie, [moet dan nie ander mense aanhaal nie, maar praat self met my] of erger nog, valse motiewe het. Jy gebruik harde en kleinerende woorde soos “twyfelagtigheid [miskien moes ek “dubbelsinnigheid” gebruik het] in die skrif inlees”, “pleinweg so simpel as om tot drie te tel”, “vra enige sesjarige”, “hoe de swernoot”, “verkragting van die skrif”, “leuen van die skrif maak”, “Kom ons probeer dan nie om mekaar te “impress” nie?”, ens. [Jammer dat my kommentaar vir jou lyk na Picaso sin, dis hoe ek grootgemaak is – rof] Miskien voel jy dis die enigste manier om met ander mense te kommunikeer wat na jou mening besig is om die gesag van die Skrif aan te tas [stem saam]. Maar selfs al is dit wel wat baie mense doen (maar ek verseker jou beslis nie iets wat ek probeer doen nie), [mooi] dan dink ek ‘n mens moet steeds versigtig wees om ander soos ‘n gek te laat lyk of voel. Ek is nie fyngevoelig nie, [wys dit dan, deur te ignoreer] en jy bedoel dit waarskynlik ook nie so nie, [stem saam] maar ek het tog gedink dis nodig om jou van jou onderliggende toon bewus te maak [stem saam]. Dit het my al baie in my eie verhoudings met mense gehelp om sensitief te wees vir hoe ander my mag beleef en hoe ek na hulle oorkom.” [ek verstaan]

Jy sê: “Na aanleiding van jou vraag wil ek die volgende sê: Ek streef opreg daarna om Jesus as die Messias en my Here te dien. [wat van Paulus?] Daarom is ek net so besorg soos jy oor hoe mense (waarvan sommige selfs pastore en predikante) die aansprake van Jesus ontken [Verduidelik Jesus se volgende aanspraak asb.:- Mat 15:24(AOV)  Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel] en dinge oor Hom leer wat Sy ware identiteit [As Messias ben Yoseph of as messias ben David?] (as Seun van God) [Die Joodse God?] heeltemal verloën. Sulke mense leer dat die Bybel bloot mense se woorde oor God [Die Joodse God?] is (as hulle nog enigsins aan God glo) en nie meer God se Woord [Jesus?] aan mense wat lewensveranderend en waar is nie.”

Jy sê: “Ek wil graag ook net iets sê oor die feit dat jy suggereer dat jy nie nodig het om na ander se verduideliking van sekere gedeeltes in die Skrif te kyk nie. [ek suggereer nie, ek bedoel dit] Bloot die feit dat daar soveel mense is wat anders dink oor wat die woorde, “Let me die with the Philistines”, beteken, behoort ‘n mens tot ‘n paar oomblikke se nadenke te bring.[geen sins] Miskien is dit nie so kinderlik eenvoudig soos wat ‘n mens aanvanklik mag dink nie. [vra dan ‘n kind, en jy sal sien dat dit wel nie ‘n geleerde se kennis nodig het nie] Dit beteken natuurlik nie dat jy moet aanvaar wat hulle sê nie, [ek wil met jou redeneer en nie oor hulle “inlees” nie] maar dit sou verantwoordelik wees om ten minste ‘n poging aan te wend om te probeer verstaan hoekom hulle sê wat hulle sê (en die feit dat jy steeds met my in gesprek is beskou ek as ‘n teken dat jy wel so ‘n poging aanwend – dankie daarvoor!) [ek respekteer jou volhouding met my ook] Laat ek byvoeg dat ek heeltemal met jou saamstem: iemand se geleerdheid is nie ‘n aanduiding dat hy/sy daarom noodwendig die waarheid beet het nie. Maar iemand wat lief is vir die Here, [God of Jesus?] sal lief wees vir Sy Woord, [vleesgeworde woord, …Jesus?] ongeag sy akademiese agtergrond. Wanneer daar dan mense is wat wel geleerd is en terselfdertyd baie erns maak met God [Die Joodse God?] en Sy Woord [Jesus?] (en nie sommer net goed “inlees” nie), dan is dit volgens my baie arrogant vir iemand om te dink dat hulle almal sommer nonsens praat wanneer hulle opmerkings oor bepaalde skrifgedeeltes maak.” [Ek sê weer, ek wil met jou praat, en nie Augustinus nie]

Jy sê: “My punt is dat ek nie sommer summier in ander Christene se motiewe hoef te twyfel wanneer ek met hulle verskil oor wat ‘n bepaalde skrifgedeelte sê nie. [dis jy, nie ek nie en dis jou reg om hulle “dinge” te bestudeer en hulle dinge te glo] Jy merk tereg op dat die Heilige Gees alle Christene [andere of net Christene?] wil help om die Woord te verstaan, maar dikwels verskil Christene steeds oor hoe om bepaalde gedeeltes te verstaan. Beteken dit dan dat die Heilige Gees Christene verskillend lei? [Ja, vir elkeen is daar ‘n pad bepaal, kyk maar na die “patato-man se volgelinge] Of dat een party nie werklik ‘n opregte of eerlike Christen is nie? Nee, dit beteken net dat ek, as ‘n beperkte mens wat steeds met sonde worstel, nederig moet wees [soos met die progroms? http://en.wikipedia.org/wiki/Pogrom] en kan erken dat my eie interpretasies en blindekolle steeds ‘n rol speel in hoe ek dink die Heilige Gees my gelei het om ‘n sekere gedeelte te verstaan (terloops, goeie eksegese is altyd baie belangrik, ongeag enige formele hermeneutiese opleiding). [Ou, insluitend “nuwe” testament?] Dit beteken egter nie dat my spesifieke verstaan noodwendig verkeerd is nie, dit beteken net dat daar sekere dinge is waaroor ek nie te dogmaties moet wees nie. Sekere dinge in die Christelike geloof is kernsake, daardie dinge wat dit van ander gelowe onderskei [Ek wys juis vir my vrou vandag by grafplaas, dat geen grafsteen na die God van die Jode verwys nie] of dit wat op mense se Redding betrekking het, [Ja , hier gaan ek en jy BESLIS verskil, want redding sien ek as HEEL iets anders as jy/julle] en wat duidelike grense veronderstel. Maar ander dinge is randsake en dinge waaroor Christene onderling dikwels met mekaar verskil. [daarom so baie kerke? So teloops, het jy al die woord church of churches al vanuit die Tyndale bybel bestudeer?] Die randsake is nie onbelangrik nie, maar dit mag nie gebruik word om ander Christene tot ketters of tweederangse Christene te etiketteer nie. Na my mening moet ons meer dikwels in ons woorde en optrede daarteen waak om dit ook nie op subtiele maniere wel te laat klink asof ons so dink nie. [Ja, dis hoe jy en ek verskil deur ons opvoeding, ek is anders as jy grootgemaak, met negatiewe opleidingsmetodes] Self met die Heilige Gees se werking in en deur ons lewens om die Woord te verstaan, is niemand se verstaan en interpretasie van die Woord so onfeilbaar dat hy nie ook na ander Christene – ook van die wat van hom verskil – kan luister of selfs by hulle kan leer nie.” [Dis waarom ek nog met jou komunikeer]

Jy sê: “As ek jou reg verstaan redeneer jy dat die rede waarom selfmoord nie sonde kan wees nie, is omdat dit God [van Israel] is wat bepaal wanneer en hoe iemand sterf.” [Soos Farao] Exo 4:21: “ADONAI said to Moshe, ‘When you get back to Egypt, make sure that you do before Pharaoh every one of the wonders I have enabled you to do. Nevertheless, I am going to make him hardhearted, and he will refuse to let the people go’”. Rom 9:17 (cjb) “For the Tanakh says to Pharaoh, ‘It is for this very reason that I raised you up, so that in connection with you I might demonstrate my power, so that my name might be known throughout the world.’” Dieselfde is met Simson gedoen.

Jy sê: “Ek dink jy sal tog met my saamstem dat ‘n inbreker se keuse om iemand te vermoor, sy eie is…” [Ja, nes Farao ook voor ‘n keuse gestel is aan die einde]

Jy sê: “(Ek dink wel dat ons mense wat selfmoord wil pleeg moet probeer help om dit nie te doen nie, [jy kan nie, net soos jy ook nie iemand kan “bekeer” nie] maar ‘n mens doen dit nie deur hulle skuldig te laat voel oor die feit dat dit sonde is nie. [presies wat julle probeer doen] Soos ek ook al genoem het, het ek self ‘n mislukte selfmoord oorleef en ek is baie dankbaar vir die mense [?] en vir Here [God?] wat my in daardie donker tyd gehelp en gedra het).”

Jy sê: “Om te sê dat selfmoord sonde is, is bloot om ‘n feit te stel…” [?]

Jy sê: “Tog kan ons volgens die riglyne wat die Bybel wel duidelik gee, redelike afleidings maak oor wat God se wil is in sulke gevalle (dink maar aan dinge soos aborsie, genadedood, embrioniese stamselnavorsing, genetiese manipulasie, surrogaat moederskap, orgaanskenking, ens.) [Ek glo nie jy weet hoe die “Jode” aborsie benader nie?]

Jy sê: “Dit lyk steeds asof jy dink dat omdat ek sê dat selfmoord sonde is, ek daarmee sê dat as iemand se laaste daad op aarde sonde was, so ‘n persoon nie gered kan word nie. Die direkte implikasie van wat so ‘n redenasie is dat iemand gered word deur nie sonde te doen nie. [Hang nou heeltemal af van hoe jy die “Jode” en wat hulle doen beskou?] Dit is egter nie wat die skrif ons [Christene?] leer nie. Die skrif leer [Christene] dat die gronde vir redding slegs genade is, dat Jesus [Paulus se Jesus?] sonder dat enige iemand dit verdien vir mense [watter mense, almal?] se sonde gesterf het (sien Efesiërs 2:8-9). As ek glo dat Jesus my sonde vergewe deur daarvoor te sterf, as ek dus sy daad van genade aanvaar, dan word ek ‘n nuutgebore mens en ‘n kind van God. [Dan kan ek maar aangaan en sondig?] Ek word dus nie gered op grond van enige dade wat ek doen of nie doen nie. [Klink na Neder Duitse Gereformeerde kerk – uitkyk?]

Jy sê: Dit is verder belangrik om te verstaan dat ‘n nuutgebore mens (‘n Christen) nie skielik immuun teen die doen van sonde is nie (sien 1 Johannes 1:8). Maar die doen van sonde is dan nie meer ‘n aanduiding van ‘n lewenswyse wat nie die Here [Paulus se Here?] ken nie (so ‘n lewenswyse is die sonde waarvan daar in 1 Johannes 3:9 gepraat word en nie ‘n weerspreking van 1 Joh. 1:8 nie; sien ook Hebreërs 10:26). Christene is nie sondelose mense nie, maar hulle sonde word hulle nie meer toegereken nie omdat Jesus dit weggeneem het [instant immunisation] (sien 1 Johannes 3:5). Tog is die Bybel duidelik dat ons gereeld die sonde wat ons wel doen, moet bely [soos die moeder-kerk?] sodat ons vergifnis daarvoor kan ontvang (sien 1 Johannes 1:9). Hierdie belydenis en vergifnis is egter nie omdat die doen van sonde ons redding in gedrang bring nie, want ons is REEDS nuutgebore mense omdat ons Jesus se genade [Genade is al aan Adam en Eva gegee, sonder dat Jesus die aarde bewandel het !] aanvaar het. Sulke gereelde sondebelydenis en ontvang van vergifnis is nodig [katolish] sodat ons voortdurend naby God sal leef en sensitief sal bly vir sy wil, sodat ons kan groei en al meer die karakter van Jesus sal aanneem.” [Soos Sy tempel hantering op sabat, en was Hy nie kwaad nie?]

Jy sê: “In verband met selfmoord het iemand dit so gestel: “Some say that suicide cannot be forgiven because the person who did it could not have repented of doing it. But all of us commit sins that we are too spiritually cloddish to recognize for the sins they are. And we all die with sins not named and repented of. However, failure to repent of a particular sin before you die will not send you to hell. Christians are kept securely in Christ; they do not slip out of and into salvation as they sin and repent.” [Wow !]

Jy sê: “Nou om terug te kom na watter aanduidings daar is dat selfmoord nie God se wil is nie (sonde is). Van die dinge wat mense deur die eeue al uitgewys het, is die volgende:

Jy sê: Eerstens, selfmoord is nie ‘n normale verskynsel nie: alle lewende organismes het ‘n inherente begeerte om hulle lewens te bewaar. [wereldse mense, wat miljoene spandeer om in die tydelike te bly, as hulle in hospitale beland, dis waarom polis mense so “smile”]

Jy sê: Tweedens, selfmoord is strydig met mense se sosiale verantwoordelikheid. Dit is nie net die persoon wat selfmoord pleeg wat geraak word nie. [miskien is dit juis waarom God hulle geliefdes laat “selfmoord” pleeg, sodat familie teshuva kan doen?] Selfmoord het verreikende negatiewe implikasies op die breër gemeenskap waarvan so ‘n persoon deel was. [miskien is dit juis waarom God hulle geliefdes laat “selfmoord” pleeg, sodat familie ‘teshuva’ kan doen?] Dink maar net aan die baie spesifieke emosionele pyn en wroeging en skuldgevoelens wat mense ervaar wanneer hulle geliefde selfmoord pleeg. [miskien is dit juis waarom God hulle geliefdes laat “selfmoord” pleeg, sodat familie ‘teshuva’ kan doen?] (dit is BAIE erger as enige pyn wat mense ervaar wanneer hulle geliefdes op ander maniere aan die dood afstaan).”

Jy sê: “Derdens, en dit is waarop ek spesifiek wil fokus, selfmoord is ‘n verwerping van lewe as ‘n gawe van God en ‘n verwerping van God se alleenreg om ‘n lewe wat hy gemaak het, te beëindig.” [so jy stem saam met my dat as die Woord sê dat NIEMAND die mag het om sy sterwensuur te verleng nie, dan beteken dit NIEMAND, NIE EENS Simson nie?] Ons lewens wat na God se beeld gemaak is, behoort aan God en slegs Hy as die Skepper daarvan, het die reg [en besit die mag] om dit van ons weg te neem. Iemand het die volgende paar skrifgedeeltes beklemtoon wat hier betrekking het…”

Jy sê: “Dan wil ek vir oomblik stilstaan by die sesde gebod teen moord in Eksodus 20:13. Jy noem spesifiek dat ek nie moord met selfmoord moet verwar nie. Jy is natuurlik reg dat daar ‘n belangrike verskil is: moord is die onregmatige beëindiging van ‘n ander se lewe en selfmoord is die onregmatige beëindiging van jou eie lewe. [volgens jou opinie] Die belangrik punt is egter nie wie se lewe beëindig word nie, maar wie se reg dit is om daardie lewe te beëindig. Alle aanduidings in die skrif is dat slegs God die reg [en die mag] het om iemand se lewe te beëindig (ek dink die uitsondering is die implisiete reg wat God aan mense gee om hulleself of ander te beskerm teen moord). Daarom is dit nie nodig dat die Bybel spesifiek hoef te sê dat selfmoord verkeerd is nie (net soos die Bybel nie ‘n eksplisiete uitspraak oor aborsie maak nie), want ‘n Bybelse definisie van moord is die ‘n onregmatige beëindiging van ‘n lewe, of dit nou jou eie, dié van ‘n ander, of dié van ‘n fetus is.” [gaan studeer die Joodse begrip]

Jy sê: “Dit bring ons by die laaste punt wat ek wil aanraak: Simson se sogenaamde “selfmoord”. Kom ons begin deur te vra hoekom Simson vir God gevra… [Jdg 16:28 (The Scriptures 1998+) And Shimshon called to יהוה, saying, “O Master יהוה, remember me, I pray! Strengthen me, I pray, only this time, O Elohim, and let me avenge myself on the Philistines with vengeance for my two eyes!”] …het: “Let me die with the Philistines”. Wat was sy motief [God se motief?] met so ‘n gebed? Wou hy bloot maar net sy eie lewe beëindig? Of was sy [God se doel] eintlike doel iets anders? Dit is insiggewend en iets waarop jy ook klem plaas, dat Simson gevra het, “Let me die WITH the Philistines”. Iemand wat ek bloot net sy eie lewe wou neem (selfmoord wou pleeg) sou egter waarskynlik net uitgeroep het “Let me die!” Dit is juis die feit dat hy bid om saam met die Filistyne te sterf, wat daarvan ‘n aanduiding is dat Simson se dood nie as ‘n selfmoord in die normale [wat is normatief, pleeg ‘n soldaat wat op ‘n handgrenaat duik nie “selfmoord” nie? In so ‘n geval word die soldaat nou ‘n held?] sin van die woord verstaan moet word nie. Iemand het dit soos volg verduidelik: “Yes, in a sense Samson killed himself. But Samson did not commit suicide. His goal was to kill not himself but the Philistines. He died in his effort to kill others, as he said, ‘Let me die with the Philistines!’”

Jy sê: Iemand anders maak die volgende opmerking: “I suppose one could argue that Samson “committed suicide,” but I would prefer to see it in terms of a willing sacrifice of one’s life to inflict injury to an enemy. [so dit maak dit nou eweskielik “ok” om “selfmoord te pleeg?] The Philistines were God’s enemy, Israel’s enemy, and Samson’s enemy. Furthermore, the Philistines had placed Samson in the temple to demonstrate the weakness of Samson’s God; to deride and mock God. God, through Samson, brought them down – literally! Is it wrong to give one’s life to defend the honor, the welfare, and the name of another? Is it wrong to give one’s life in defense of their country, their values, and their way of life? Is it wrong to give one’s life for another in time of war or battle? [die vraag is of dit nou eweskielik nie sonde is nie?] This is what Samson did. He was the means by which God brought deserved retribution upon those who worshiped false gods, oppressed God’s people, and practiced unspeakable immorality.” [En net hier sit julle met die dilemma, want nou, omdat “selfmoord”, vir God gedoen word is dit kwansuis nie meer sonde nie?]

Jy sê: “My doel met hierdie skrywe was nie om jou van enige iets te oortuig nie [Jy het beslis nie] (of enigsins te probeer “impress” nie). Ek het bloot probeer verduidelik waar ek vandaan kom en dat ek wel erns maak met die Skrif.

Jy sê: “Ek het ‘n vermoede dat ons gaan moet ooreenkom om oor ‘n paar goed te verskil. [stem saam] En ek dink dis okay om as Christene [en nie-christen] oor sommige goed te verskil. Ons hoef mekaar nie omdat ons soms verskil, verdag te probeer maak nie. [ok] Ek verwelkom ander mense se kommentaar en respekvolle opmerkings, want ek glo dat God dit in my lewe kan gebruik [selfs dmv. mislukte “selfmoord poging!] om Hom, Sy Woord en ander mense beter te verstaan. Mag dieselfde vir jou waar wees.” [dit is]

Jy sê: “Ek sien uit om van jou te hoor!” [Ek moet jou toegee, jy het “guts”[deursettingsvermoe]]

Wil jy dalk vir my verduidelik wie jy as die Messias sien, “Paulus” of “Jesus”? Ek vra hierdie vraag, want ek kom agter dat Christene allerhande ander gedeeltes gaan haal uit die skrif om die ware Messias, “Jesus”, verkeerd te bewys.

Verduidelik wat jy verstaan onder die term “ Huis van Israel “ en “ Huis van Judah“ soos in die bybel vervat, sonder om engsins iets anders “in te lees” (maw. “replacement teology)

Groete

Winkelsmidt

 

Hallo Winkelsmidt

Dankie vir jou opmerkings. Ek moet sê dat ek hard tussen die lyne probeer lees om agter te kom presies wat jy glo. Jy sê jy behoort aan geen groep nie, so dit sal seker nie help om te vra aan watse geloof jy behoort nie. Soos ek verstaan was jy lank in die “kerk” en daarmee verstaan ek dat jy jouself wel op ‘n stadium as ‘n Christen sou beskryf het. Ek verstaan egter nou dat jy jouself nie meer as ‘n Christen beskryf nie.

Dit lyk tog vir my asof jy baie sterk met die Joodse geloof identifiseer. Tog het jy nêrens eksplisiet gesê dat jy die Joodse geloof aangeneem het nie (miskien moes ek dit so afgelei het?) Ek is dus steeds nie seker hoe om jou geloofs-perspektief te plaas nie (dit lyk ook nie of jy ‘n Messiaanse Jood is nie), so verskoon tog as ek aannames maak oor wat jy glo wat nie so is nie.

Ek kom uit ‘n Protestants Gereformeerde verstaan van die skrif (nie Katoliek nie) en vereenselwig my met Evangeliese Christene.

Om kortliks op sekere van jou opmerkings te reageer sal ek die volgende sê oor wat ek oor sekere dinge glo:

Wanneer ek die term “Here” gebruik dan verwys ek in die algemeen na God, maar soms spesifiek na een van die persone van God, (Vader, Seun [Jesus] of Heilige Gees). Ek is deeglik daarvan bewus dat die Joodse verstaan van God, die konsep van ‘n drie-enige God as godslasterlik beskou. ‘n Mens kan dus sê dat die Joodse God (Jode se verstaan van God) nie dieselfde is as die Christelike God nie (Christene se verstaan van God).

Jesus is die Messias, “die Gesalfde van die Here” wat deur God die Vader outoriteit en mag ontvang het vir ‘n baie spesiale en spesifieke taak: om homself as Verlosser van die mens op te offer deur aan ‘n kruis vir mense se sonde te sterf (en ja, hy het vir alle mense se sonde gesterf, maar nie almal aanvaar sy genade en word gered nie.) Jesus is ook die vleesgeworde Woord (Logos incarnate).

Paulus was een van die volgelinge van Jesus Christus, niks meer en niks minder nie. Paulus het aanvanklik as deel van die Joodse Fariseërs alle Jesus-volgelinge vervolg, maar nadat Jesus homself aan Paulus geopenbaar het, het hy Jesus as sy Verlosser/Saligmaker aanvaar. Paulus het hom beywer om spesifiek die Evangelie-boodskap (God se verlossingsdaad deur Jesus) aan die nie-Jode te bring.

Die Bybel wat die Heilige Gees geïnspireer het, is beide die Ou en Nuwe Testament. Ek is weereens daarvan bewus dat die Nuwe Testament vir die Jood nie Goddelike gesag dra nie, hulle erken Jesus ook nie as die ware Messias nie.

Jou siening van redding (die bietjie wat ek tussen die lyne probeer aflei) is vir my besonder kommerwekkend, maar aangesien jy jouself nie as ‘n Christen beskryf nie (dus blykbaar nie met Ortodokse Christelike geloof identifiseer nie) kan ek verstaan dat jy ‘n ander siening het. Die gedagte dat ‘n mens (of dit nou ‘n Jood, heiden of wie ook al is) ooit hoegenaamd iets kan doen om deur God gered te word, staan egter lynreg teen alles wat die Nuwe Testament leer oor Jesus se koms as Verlosser van sonde (en dis nie net Paulus wat in die NT daaroor skryf nie).

Ek dink ek het mooi probeer verduidelik dat iemand wat homself ‘n Christen noem, nie sommer net kan aangaan en sondig nie (nee-wat Winkelsmidt, wie lees nou goed in?). Maar niemand kan sê dat hy NOOIT meer sonde doen nie. Daarom dink ek die term “instant immunisation” is ‘n karikatuuragtige verstaan van die volle omvang van Jesus se verlossingsdaad aan die kruis. Jesus se dood was die vergifnis van AL ‘n Christen se sonde: die verlede s’n, die hede s’n, en die toekoms s’n. As nie ook die sonde van die toekoms vergewe word nie, dan sal Jesus maar weer moet kom om te sterf vir ons sonde, want Christene doen nog steeds soms sondige dinge (hy sal inderdaad elke kort-kort moet kom, voordat iemand dalk in sy sonde sterf!)

Dit is verder vir my baie vreemd dat jy die gedagte van sondebelydenis skynbaar met sulke misnoeë beskou. Sondig jy nie ook soms nie en dink jy nie God wil hê dat jy daarvoor vergifnis sal vra nie? Kom ek gebruik ‘n ander voorbeeld. Tree jy nie soms verkeerd op teenoor ander mense nie? Het jy nie soms nodig om vir iemand om verskoning te vra vir iets nie? En doen dit nie die verhouding goed as jy vra om vergewe te word en die ander persoon doen dit dan nie? Sondebelydenis teenoor God werk baie op dieselfde manier – “dit doen die verhouding goed”, as jy wil, en dit doen jou as mens goed. Sondebelydenis is nie een of ander obskure en verdagte Katolieke rite nie.

Dit is vir my net so vreemd dat jy skynbaar impliseer dat Jesus se karakter nie regtig iets is om na te streef nie. Die feit dat hy kwaad geword het oor hoe die Jode die tempel as ‘n plek van handeldryf ontreinig en misbruik het, sê juis iets oor die heilige aard van sy karakter. En dat hy mense met ‘n sweep uitgejaag het, wys dat sy verontwaardiging hom aangespoor het om vir die Jode presies te wys hoe baie dit God affronteer.

Ek het nie op al jou opmerkings gereageer nie. Ek het meestal probeer om net op van die belangrikstes te reageer, omdat ek dink dat ons verskillende sienings oor hierdie dinge grootliks die rede is vir waarom ons op ‘n spesifieke manier oor ander goed dink.

Uit die dinge wat jy tot dusver gesê het, lyk dit vir my asof ons veral oor die volgende belangrike dinge verskil:

  1. Ons siening van presies wie God is.
  2. Ons siening van hoe God homself in sy geskrewe Woord openbaar.
  3. Ons siening oor die rol van medegelowiges (selfs die wat nie meer leef nie) in ons lewens.
  4. Ons siening van redding.

Ek dink jy sal saamstem dat al hierdie dinge nogal groot en kern elemente in enige mens se geloofsisteem is. Ek is bereid om met jou verder oor hierdie dinge in gesprek te tree, want om hoofsaaklik te fokus op ander goed, is soos om ‘n huis te probeer bou sonder ‘n fondasie.

Beste groete

Udo

Lees verder:

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.