Oor aspekte van die teologie en filosofie

Hallo Winkelsmidt

Ek wil net weer noem dat ek dit baie geniet het om met jou te gesels Woensdagaand. Dankie daarvoor. En dankie dat julle vrymoedigheid geneem het om julle voorbehoude t.o.v. die Christelike geloof te deel. Ek hoop darem dat julle my deelname aan die gesprek nie as dogmaties of veroordelend beleef het nie. Natuurlik was daar nie regtig tyd om enige saak met deeglikheid te hanteer nie. Julle het egter ‘n paar goeie vrae gevra en belangrike punte gemaak, en as die Christelike wêreldbeskouing enigsins sin maak, dan verdien julle vrae ook goeie en sinvolle antwoorde.

Ek het geen idee oor jou agtergrond m.b.t. jou blootstelling aan die leer van die Christelike geloof of die konteks(te) waarin jou verstaan van die Christelike geloof gevorm is nie. Ek is natuurlik deeglik bewus dat die optrede en opinies van mense wat hulleself Christene noem, maar wat self ongelig of onvolwasse mag wees, ‘n noemenswaardige invloed het op ander mense se eerste gut-feel ervaring en konseptuele begrip van die Christelike geloof. Dit speel dikwels ‘n groot rol in hoe mense op die ou end tot Christenskap aangetrek word of ‘n weersin daarin kry. Ek weet nie in watter mate Christene se onaanvaarbare optrede en denke in jou eie verwerping van die Christelike geloof ‘n rol speel of gespeel het nie. Maar hoe dit ook al sy, ek dink dis belangrik om die kernaansprake en waardes van die Christelike geloof op meriete te beskou en ten minste seker te maak dat ‘n verwerping daarvan nie op ‘n verdraaiing of wanvoorstelling berus nie.

Op hierdie punt sal jy waarskynlik wil weet waar ‘n mens dan begin as daar soveel weergawes is van wat die Christelike geloof eintlik is en of dit daarom die moeite werd is om selfs te probeer. Ek sou graag drie voorlopige opmerkings hieroor wil maak.

Eerstens is dit ‘n feit dat daar ‘n pluraliteit van aansprake (waarvan sommige heel teenstrydig met mekaar) oor bykans enige saak bestaan. Om egter te redeneer dat ‘n pluraliteit van aansprake ons verhinder om by ‘n verantwoordbare siening uit te kom wat die belangrikste feite in ag neem, is ‘n hiperskeptiese benadering en ongegrond. ‘n Pluraliteit van aansprake beteken bloot dat sommige antwoorde nie sommer voor die handliggend is nie (en dat dit ook deur bepaalde voorveronderstellings beïnvloed word – maar later meer hieroor) en dat ons dikwels hard moet werk om die relevante feite in te samel en waaksaam sal wees om die regte afleidings daarvolgens te maak. En selfs wanneer ons nie klinkklare antwoorde kry op sommige vrae nie, of waar nie al die feite lekker inpas nie, dan sal ‘n noukeurige ondersoek meestal steeds ‘n goeie aanduiding bied vir die buitelyne van ‘n verantwoordbare siening oor ‘n bepaalde saak. (M.a.w. die teenwoordigheid van anomalieë of onbeantwoorde vrae regverdig nie summier totale skeptisisme of relativisme nie.)

Tweedens, en voortvloeiend uit laasgenoemde, dink ek dis juis die filosofie wat ons kan help om dieper sin te maak van die data en gevolgtrekkings waarmee ons gekonfronteer word in enige studieveld. Die filosofie verskaf natuurlik nie self die data nie, maar dis ‘n groot hulpmiddel om die implikasies en afleidings oor daardie data te evalueer.

Derdens is ‘n ondersoek na en evaluasie van die antwoorde wat deur ‘n bepaalde wêreldbeskouing aangebied word, beslis belangrik. Deur vrae te vra oor wat werklik en goed is, en hoe ons dit kan weet (in breë trekke die metafisiese, etiese en epistemologiese taak in die filosofie) het implikasies vir hoe eksistensiële wesens soos ons die wêreld ervaar en daarin leef. Uiteindelik is ons as mense wesens wat streef na sin en betekenis en nie bloot na geluk en plesier nie, en daarom is ‘n poging om antwoorde te kry beslis die moeite werd. Dit is daarom ook van belang hoe die Christelike wêreldbeskouing hierdie filosofiese vrae beantwoord en óf en hóé dit bydra tot sin en betekenis in die lewe.

Ek dink ‘n studieveld soos die teologie kan baie insig bring en in kombinasie met die filosofie kan dit ‘n mens ver bring vir ‘n verantwoordelike verstaan van die Christelike wêreldbeskouing. Uit jou reaksie op my vraag oor die diepte van jou ondersoek na die Christelike wêreldbeskouing, was my eerste indrukke dat jy nie werklik ‘n goeie begrip het van die kern teologiese en filosofiese onderbou van die Christelike wêreldbeskouing nie. Die meeste van die kwessies wat julle so vlugtig genoem het (soos die uitverkiesingsleer, die vrou in die amp, voorhuwelikse seks, homoseksualiteit) staan nie noodwendig sentraal in die Christelike wêreldbeskouing nie. Hoe sekere van hierdie sake verstaan moet word en wat die implikasies daarvan is, mag wel belangrik wees. Maar om die geldigheid van die Christelike wêreldbeskouing in twyfel te trek weens ‘n bepaalde evaluasie van nie-sentrale kwessies, blyk vir my prematuur te wees en lei noodwendig die fokus weg van ‘n verantwoordelik omgaan met die kern-elemente van die Christelike wêreldbeskouing wat ‘n sinvolle evaluasie van die nie-sentrale kwessies voorafgaan.

Ek wil jou daarom aanmoedig om die feit dat jy oorweldig voel deur die magdom kwessies in die Christelike geloof wat volgens jou die aanneemlikheid (‘plausibility’) daarvan vir jou ondermyn, nie onoordeelkundig en onvanpaslik te gebruik as die maatstaf waarvolgens jy die basis van die Christelike wêreldbeskouing evalueer nie. Ek dink die fondasie van die Christelike wêreldbeskouing (soos enige ander wêreldbeskouing) kan en moet geëvalueer word vir begronding, konsekwentheid, samehang en leefbaarheid (byvoorbeeld, enige aanspraak wat ooglopend tot teenstrydighede en absurditeite lei, is noodwendig vals en kan dreig om die hele sisteem te kelder.) Die plek om te begin is dus om die basis van die Christelike wêreldbeskouing noukeurig te ondersoek. Die vrae, beginsels en kategorieë in die filosofie kan beslis hiermee help.

Jy het êrens die vraag gevra oor hoe ‘n mens die Christelike geloof kan evalueer as dit dan nie rasioneel begrond is nie en dat dit vir jou ‘n verdere aanduiding is dat dit nie die moeite werd is om die aansprake daarvan te ondersoek nie. Ek wil egter daarop wys dat die Christelike geloof verskeie aansprake maak waarvan die historiese, filosofiese en wetenskaplike begronding beslis ondersoek kan word. Iets soos die bestaan en aard van God, of iets soos die betroubaarheid van die Nuwe Testament as ‘n versameling historiese dokumente (ja, deur mense geskryf) met spesifieke verwysing na die persoon, lewe en opstanding van Jesus, is dinge wat sentraal staan tot die Christelike geloof en waarvan die geloofwaardigheid en geldigheid op verskillende vlakke ondersoek kan word. Die Christelike geloof is nie per definisie iets wat van jou ‘n blinde sprong in die donker vra asof die aansprake daarvan vereis dat dit maar net onnadenkend of dogmaties aanvaar moet word nie. Ek weet dit is die persepsie van baie mense oor wat met die begrip ‘godsdiens’ bedoel word, maar dit is nie inherent tot die Christelike geloof dat daar ‘n konflik tussen rede en geloof sal bestaan nie.

Jy het ook die opmerking gemaak dat daar al baie mense was wat vrae gevra het oor die Christelike geloof en uiteindelik nie oortuig is deur die antwoorde wat dit bied of die aansprake wat dit maak nie. As die Christelike geloof waar is, waarom word dit dan nie deur almal aanvaar nie? Weereens ‘n paar opmerkings hieroor.

Eerstens, dát iets waar is, veronderstel nie dat die ontdekking dat dit waar is voor die hand liggend is of dat almal dieselfde mate van deeglikheid en belangstelling implementeer om die waarheid oor ‘n bepaalde saak te ontdek nie.

Tweedens, en onderliggend aan laasgenoemde punt, is die feit dat elke mens vanuit ‘n raamwerk van bepaalde voorveronderstellings dink en leef. Sulke voorveronderstellings is dikwels onbewuste aannames wat as filters dien vir hoe ons alle inligting en ervaring interpreteer. Daarom is daar intelligente mense in bykans enige studieveld (die natuurwetenskappe, filosofie, godsdiens, ens.) wat dikwels tot radikaal verskillende gevolgtrekkings kom. Hierdie feit hoef ons weereens nie in relativisme te dompel asof alle aansprake ewe geldig of ongeldig is nie. Dit beteken eerder dat ons bewus sal raak van ons eie voorveronderstellings en van hoe dit ons begrip beïnvloed. Wanneer ons dan bewus raak van ons eie voorveronderstellings, dan kan ons krities daarmee omgaan en moontlike blindekolle identifiseer en selfs korreksies aanbring. In hierdie proses is daar nie sprake van totale objektiwiteit of neutraliteit nie, maar ten minste gaan ons dan werklik denkend en bewustelik met die lewe om en is ons minder uitgelewer aan aansprake wat oningelig, oppervlakkig of deurtrek is van aanvegbare aannames.

Baie mense voel geregverdig om die Christelike geloof se aansprake te verwerp omdat ander meer bekwame en intelligente mense dit al voor hulle verwerp het. Maar opsigself is dit nie ‘n argument vir die valsheid van daardie aansprake nie. Ewe bekwame en intelligente mense het dit ook aanvaar. Die verantwoordelikheid lê dus by elke denkende mens self om die moeite te doen wat nodig is wanneer belangrike vrae gevra word of kwessies geopper word. Die groot filosofiese vrae van die lewe is seker van die belangrikste vrae wat gevra kan word en die antwoorde wat ons daarop kry het direkte implikasies vir die kwaliteit van ons lewenservaring. Ons kan die vrae en antwoorde seker probeer vermy en maak asof dit nie regtig belangrik is nie, maar dan gaan ons waarskynlik bloot die huidige kulturele opinie en wisselvallige antwoorde onbewustelik absorbeer en slaafs navolg. Ek sien egter geen rede waarom dit ‘n redelike of verantwoordelike alternatief vir enige denkende persoon is nie.

Jy is welkom om verder met my te korrespondeer as jy wil. Ek beskou myself nie as ‘n ekspert van enige aard nie, maar ek is beslis iemand wat dink dat die Christelike geloof en wêreldbeskouing sin maak. (Dit gaan natuurlik oor meer as net een of ander koherente geloofsisteem, want ek glo dat die God van die Bybel werklik bestaan en mense tot ‘n verhouding met Hom roep.) My dagtaak is daarom veral daarop gefokus om iemand wat eerlike vrae het omdat hy of sy werklik opsoek is na antwoorde, na die beste van my vermoë te help om sinvolle antwoorde te vind.

Ek hoor graag van jou.

Groete

Udo

 

Hallo Udo,

Baie dankie vir die e-pos, dit het my beslis iets gegee om oor na te dink.  Ek self het die gesprek baie geniet, veral omdat jou argumente nie die ‘stock’ argumente was wat ek al oor en oor gehoor het nie.  Dankie ook dat jy bereid is om hierdie gesprek verder te voer en moontlik lig te werp op my baie vrae;-)  By voorbaat vra ek om verskoning vir die onsamehangendheid van wat ek geskryf het. Ek vind dit moeilik om dit wat ek oor wonder, en dit wat ek self glo of nie glo nie te verwoord… dis altyd makliker om iets te skryf wat nie jou eie opinies ten toon stel nie.

Eerstens moet ek sê dat my bevraagtekening (eerder as verwerping?) van die Christelike geloof nie daarop dui dat ek nie glo nie. Dat daar ’n God is glo ek wel, dit is eerder sy aard (soos verkondig deur Christene) wat my die Christelike geloof laatbevraagteken. Na ons gesprek het ek baie oor geloof nagedink. Daar is soveel verskillende vrae wat gevra kan word maar alles lei my terug na die aard van God (uit dit wat later volg hoop ek jy sal sien waarom ek so sê).  Dit is vir my die een ding wat onversoenbaar bly met dit wat die kerk verkondig en ook teenoor ‘rede’. Ek weet daar is sommige dinge wat ons nooit sal kan begryp nie maar tog is dit vir my belangrik om vir myself sekere sake te verklaar – genoeg so dat jy dit wat jy nie kan verstaan nie kan aanvaar.

Ek weet ook, soos jy sê, dat ons seker moet maak dat ’n verwerping van (die Christelike) geloof nie op verdraaiing of wanvoorstelling berus nie, maar is dit nie al wat ons het nie?  Alles wat deur mense aan ons oorgedra word, selfs die Bybel (afgesien van sy waarde ashistoriese geskrif) wat deur mense geskryf is, word deur bepaalde wêreldbeskouings beïnvloed. Alles wat aan ons gegee word is dus ‘getaint’ deur iemand se idees en waardes.  Waar soek ons dan na die antwoorde as ons geen ‘suiwer’ bron het nie.  Mens sou seker kon sê dat die antwoorde geleë is in ons verhouding met God, dat God homself en die waarheid ‘openbaar’. Maar tog stel dit voor dat jy reeds jouself blootgestel het om God te aanvaar. St. Augustine bv. het gesê dat net as jy glo sal jy verstaan, as jy nie glo nie sal geen argumente jou kan oortuig nie.  Hoe kom mens tot op daardie punt van aanvaar sonder verstaan om te kan verstaan?

Jy noem dat onbeantwoorde vrae nie skeptisisme en relativisme regverdig nie.  As ons nie ’n mate daarvan handhaaf nie, stel ons onsself bloot vir enige idees hoe absurd dit hoe ook al mag wees. As ’n ander geloof ter sprake was sou jou mening hieroor dieselfde gewees het?

’n Spesifieke aspek waaroor ek dan baie skepties is, is verantwoordelikheid. Ons is geskape as mense. Dit impliseer dat ons sekere eienskappe het wat ons mens maak. As ons wel vrye wil het (waarvan ek ook nog nie oortuig is nie) sal ons keuses beïnvloed word deur ons geneigdheid om sekere dinge te doen (of nie te doen nie).  As die geneigdheid om sonde te doen in ons aard is en ons doen dit, waarom word ons daarvoor ‘condemn’?  Watse verantwoording moet ons teenoor God toon wat in elk geval verhewe is bo ons. Wat ons doen behoort hom nie te raak nie. Hierdeur wil ek nie sê dat ons geen verantwoordelikheid behoort te neem nie, maar die verantwoordelikheid wat ons het is eerder teenoor ons medemense en waar ons hulle te na kom as teenoor ’n God. Hy het ons immers so geskape, ons is en doen wie hy ons gemaak het om te wees.

Dit sluit vir my weereens aan by God se alwetendheid.  Alhoewel ek jou antwoord daarop gelees het (sien God se Alwetendheid en die mens se sonde) is dit steeds vir my ’n moeilike konsep om te begryp en om te versoen met die verskillende idees wat ons van God het – alwetend, almagtig, liefdevol.  Dit wat deur baie kerke verkondig word (en ja, wat moontlik op ’n verdraaiing of wanvoorstelling berus) is dat as mense, sonde in ons natuur is. Slegs deur mens te wees is ons skuldig daaraan – dit was nooit ’n keuse nie, dit is iets inherent aan ons (in ons in geskape). Dit is nooit ’n saak van ‘as’ jy sondig nie maar ‘wanneer’ jy sondig.  Dat ons wel sal is nou maar so. Weereens, watse verantwoordelikheid het ons teenoor die God wat ons as sulks gemaak het?

Ook sê jy dat ten spyte van God se alwetendheid ons steeds vrye wil het. Maar hy het ‘n plan vir ons gehad nog voordat ons gebore is… of dan hoe? Waarheen ons ten einde bestem is (hemel, hel) is reeds vooraf bepaal. Al het ons beperkte vrye wil lei dit tot dieselfde bepaalde uitkoms. Die kerke sê ook dat God wil hê dat ons hom kies. Maar hy weet reeds of ons gaan of nie. As dit nie God se wil is nie, wie s’n is dit? Hy het dan alles geskape en alles wat gebeur het God as oorsprong, oorsaak, die “First Mover”. Is God dan steeds almagtig? As hy sou wou, sou hy dinge kon verander het?

Die voorbeeld wat jy gebruik het is van iemand wat afkyk na twee treine wat op mekaar afgestuur kom.  Dat hy dit kan sien maak hom nie daarvoor verantwoordelik nie. Maar as hy die ‘ingenieur’ daarvan is? As daardie persoon die berekeninge gemaak het, die treine aanmekaar gesit het, bepaal het wanneer hulle gaan ry en hoe vinnig hulle sal gaan, en hulle kom steeds op mekaar af, is dit nie dan sy verantwoordelikheid nie?

Nou waar pas erfsonde hierby in? As ons werklik ’n keuse het, sou nie almal van die vrug geëet het nie. Iemand anders sou dit gelos het en sou vir nog ’n ruk in die tuin gewandel het. Dinge kon heel moontlik anders gewees het. Om dan alle mense onder dieselfde kam te skeer (deur almal vir een se daad te straf) is nie, volgens my, ’n baie regverdige besluit nie.  As een of ander tyd almal in die tuin sou sondig is ons nie dan met daardie ‘afwyking’ geskep nie. Dat ons dan uit Eden uit gestuur is, is onregverdig want some or other time sou almal in elk geval gesondig het.  Waarom ons dan in die eerste plek daar sit?  En waar pas die slang in?!  Het God dan nie beheer oor sy skepping nie?  Dit klink al te godslasterlik, maar dit maak nie vir my sin nie.

Waarom is ons dan geskep?  Jy noem in jou antwoord op die vraag in Beeld dat dit juis die wonder is dat alhoewel God geweet het ons sou sondig, hy ons steeds gemaak het.  Wat, nou eintlik, is die doel van die skepping? Is ons (deur God) geskep om God te loof, om hom te kies?  Daardie idee klink vir my baie narsisties.

Wat filosofie betref gee dit jou aan die een kant die ‘gereedskap’ om ondersoek in te stel in sake wat vir jou van belang is, maar dit lei (vir my) ook daartoe dat jy alles bevraagteken en ten slotte met net ’n oorweldigende hoeveelheid onopgeloste vrae sit.  Dis ’n love-hate relationship;-)  By die evaluering van antwoorde, soos jy gesê het, kan die ontologiese, etiese en epistemologiese vrae wat die filosofie vrae ’n hulpmiddel wees. Dit is egter vrae wat na meer as twee duisend jaar nog nie absolute antwoorde het nie en genereer soms meer vrae as antwoorde. Teologie kan wel hierby aansluit. Wat ek egter teen teologie in filosofie het is dat die “God hypothesis” te maklik gebruik word.  As daar iets is wat onduidelik is, waarvoor ’n rasionele antwoord nie gevind kan word nie word dit te maklik aan ons onvermoë om God te begryp toegeskryf. Dit blyk ’n maklike uitweg te wees om moeilike vrae te omseil. Ek veralgemeen nie deur te sê dat dit altyd so is nie, maar dit is ’n patroon waarin te maklik verval word.

Wat sou jy sê is die kern-elemente van geloof en die Christelike wêreldbeskouing?  Vir my is dit juis daardie sake waarmee ons elke dag gekonfronteer word (homoseksualiteit, rol van die vrou,menswaardigheid). Dit is hierdie sake wat gaan bepaal of ons geloof met ons menswees en al sy vlakke kan versoen –m.a.w. die “leefbaarheid” daarvan.  Hoe verder ons wegbeweeg van hierdie sake af, hoe meer abstrak word geloof en hoe verder uit die bereik van die mens.  Vir iets wat so belangrik behoort te wees as geloof, is ’n abstrakte benadering nie juis die manier om mense (of jouself) te oortuig nie.

Ek wil graag ook verklaar wat ek bedoel het toe ek gevra het waarom, as die Christelike geloof waar is, dit nie deur almal aanvaar word nie. Dit was oor mense wat tot bekering kom en die Christelike geloof aanvaar het wat ons gesels het.  Dat daar mense is wat tot bekering kom en beweer dat hulle een of ander ‘great insight’ gekry het is nie vir my enigsins ’n aanduiding dat die Christelike geloof waar is nie.  Daar is dan ook mense wat vanaf die Christelike geloof ’n ander geloof aanneem. As ‘conversion’ enigsins ’n aanduiding van waarheid was sou dit op waarheid gedui het (op ‘n bepaalde geloof) maar dit doen nie.  Die probleem wat ek hiermee het is mense wat bekeringgebruik as ’n argument dat die Christelike geloof (of enige ander geloof) waar is omdat mense daarna ‘convert’, omdat hulle deur een of ander goddelike insig oortuig is daarvan.  Dit is nie vir my ’n geldige argument nie.

Dit wat ek bevraagteken is kwessies wat werklik nie vir my sin maak nie. Dit is vir my belangrik om antwoorde hierop te kry maar naderhand klink alles wat ek hoor (en vir myself probeer verklaar) soos sirkel-argumente wat net tot meer vrae lei.  Van die vrae wat ek het berus heel moontlik op onkundigheid maar geloof behoort nie beperk te wees tot mense wat ‘kundig’ genoeg is om dit te verstaan en aanvaar nie. Aan die ander kant, as dit ’n keuse is, behoort dit ook nie blindelings aanvaar te word sonder om die implikasies, waarhede en leefbaarheid daarvan te ondersoek nie.  Ek verwag nie om op ‘n dag net tot nuwe insigte te kom nie, maar dit help beslis om ander se redenasies of hulle uiteensetting van verskeie sake te hoor en daarvandaan jou eie geloof en opinies te evalueer.

Weereens dankie vir die e-pos en dat jy bereid is om verder oor hierdie sake te gesels.

Groete,
Winkelsmidt

 

Hallo Winkelsmidt

Ek reageer vervolgens op wat jy geskryf het.

Baie dankie vir die e-pos, dit het my beslis iets gegee om oor na te dink.  Ek self het die gesprek baie geniet, veral omdat jou argumente nie die ‘stock’ argumente was wat ek al oor en oor gehoor het nie.  Dankie ook dat jy bereid is om hierdie gesprek verder te voer en moontlik lig te werp op my baie vrae;-)  By voorbaat vra ek om verskoning vir die onsamehangendheid van wat ek geskryf het. Ek vind dit moeilik om dit wat ek oor wonder, en dit wat ek self glo of nie glo nie te verwoord… dis altyd makliker om iets te skryf wat nie jou eie opinies ten toon stel nie.

Ek moet sê dat ek aangenaam verras is met jou reaksie. Ek weet jou studielading is nie te versmaai nie en daarom sê dit vir my baie dat jy tyd afgestaan het om vir my terug te skryf. Ek beskou jou vrae en worsteling in ‘n ernstige lig en ek wil graag saam met jou na die sake kyk wat jy noem. My ervaring is dat min mense regtig weet wat hulle glo en hoekom hulle dit glo, en daarom verstaan ek ook dat dit soms vir jou moeilik is om bepaalde dinge te verwoord. Wel, ek hoop ek kan op ‘n manier bydra in die proses om vir jouself meer helderheid oor ‘n paar dinge te kry, selfs al kom jy uiteindelik tot ander gevolgtrekkings.

Eerstens moet ek sê dat my bevraagtekening (eerder as verwerping?) van die Christelike geloof nie daarop dui dat ek nie glo nie. Dat daar ’n God is glo ek wel, dit is eerder sy aard (soos verkondig deur Christene) wat my die Christelike geloof laatbevraagteken. Na ons gesprek het ek baie oor geloof nagedink. Daar is soveel verskillende vrae wat gevra kan word maar alles lei my terug na die aard van God (uit dit wat later volg hoop ek jy sal sien waarom ek so sê).  Dit is vir my die een ding wat onversoenbaar bly met dit wat die kerk verkondig en ook teenoor ‘rede’. Ek weet daar is sommige dinge wat ons nooit sal kan begryp nie maar tog is dit vir my belangrik om vir myself sekere sake te verklaar – genoeg so dat jy dit wat jy nie kan verstaan nie kan aanvaar.

Ek hou baie van wat jy met laasgenoemde sin gesê het en ek dink dit is ‘n baie redelike versugting vir enige denkende mens. As God bestaan en as hy uiteindelik verantwoordelik is vir die bestaan van rasionale wesens soos mense, dan maak dit sin dat ons ons Godgegewe intellektuele vermoë/potensiaal sal gebruik en ontwikkel, sodat ons nie tevrede sal wees met foutiewe redenasies, bygelowigheid of irrasionaliteite nie – selfs al kan ons God nooit met ons beperkte menslike verstand heeltemal uitpluis nie (dis interessant dat Jesus self gesê het dat ons God met ons verstand ook moet liefhê – sien bv. Markus 12:30)

Ek stem verder ook met jou saam dat as God bestaan, en as Hy homself op bepaalde maniere aan die mens geopenbaar het sodat mense iets oor sy aard te wete kan kom, dan behoort daar nie ooglopende teenstrydighede en onversoenbare eienskappe te wees in wie of wat God is nie. Maar weereens moet ons baie versigtig wees, want ons onvermoë tot begrip oor bepaalde dinge mag bloot wees omdat ons as mense vanuit ‘n tyd-ruimtelike perspektief, met al die beperkings wat dit impliseer, probeer sin maak van dit wat buite ons ervaringsveld en selfs buite ons konseptuele vermoë lê. Ek besef dat baie Christene dalk te maklik van ‘n “misterie” begin praat wanneer hulle met moeilike vrae gekonfronteer word, maar net so is daar weer ander mense wat te maklik van ‘n teenstrydigheid begin praat asof God bloot iets is wat tot menslike rede gereduseer kan word.

Goed, met dit alles gesê en in aggeneem, dink ek dat ons wel ‘n ondersoek kan doen na wie of wat God is om tot verantwoordelike gevolgtrekkings oor Hom te kom in soverre dit binne ons vermoë is. God is immers, ten minste in die Christelike tradisie, ‘n openbaarmakende God, nie net van sy wil nie, maar ook van sy karakter. Ek glo daarom dat ons iets van God kan verstaan deur wat Hy geskep het (Romeine 1:20) en wie ons as mense is (Romeine 2:15), maar meer spesifiek in hoe God homself in wat in die Bybel geskryf staan bekend gemaak en hoe dit uiteindelik alles ‘n spesifieke fokus kry in wie Jesus was.

Winkelsmidt, ek wil baie graag saam met jou kyk na jou bevraagtekening van die Christelike konsep van God, maar miskien sal dit my ook help om jou besware beter te verstaan as jy in die loop van ons gesprek ook jou eie selfstandige verstaan van die God wat jy glo bestaan, kan weergee.

Ek weet ook, soos jy sê, dat ons seker moet maak dat ’n verwerping van (die Christelike) geloof nie op verdraaiing of wanvoorstelling berus nie, maar is dit nie al wat ons het nie?  Alles wat deur mense aan ons oorgedra word, selfs die Bybel (afgesien van sy waarde as historiese geskrif) wat deur mense geskryf is, word deur bepaalde wêreldbeskouings beïnvloed. Alles wat aan ons gegee word is dus ‘getaint’ deur iemand se idees en waardes.  Waar soek ons dan na die antwoorde as ons geen ‘suiwer’ bron het nie.  Mens sou seker kon sê dat die antwoorde geleë is in ons verhouding met God, dat God homself en die waarheid ‘openbaar’. Maar tog stel dit voor dat jy reeds jouself blootgestel het om God te aanvaar. St. Augustine bv. het gesê dat net as jy glo sal jy verstaan, as jy nie glo nie sal geen argumente jou kan oortuig nie.  Hoe kom mens tot op daardie punt van aanvaar sonder verstaan om te kan verstaan?

Jy noem dat onbeantwoorde vrae nie skeptisisme en relativisme regverdig nie.  As ons nie ’n mate daarvan handhaaf nie, stel ons onsself bloot vir enige idees hoe absurd dit hoe ook al mag wees. As ’n ander geloof ter sprake was sou jou mening hieroor dieselfde gewees het?

Ek wil heeltemal met jou saamstem dat alle inligting wat van een persoon na ‘n ander oorgedra word, beslis deur hul wêreldbeskouings en voorveronderstellings beïnvloed word. Selfs die interpretasie van daardie inligting word ook nog deur wêreldbeskouings en voorveronderstellings beïnvloed!

Maar hier is die belangrike vraag: Beteken hierdie feit dat ons daarom glad nie ‘n verantwoordelike begrip kan vorm van ‘n bepaalde saak of van wat iemand anders probeer sê het nie, of van wat werklik die geval is nie? Beteken dit dat ons almal so vasgevang is in ons eie voorveronderstellings en wêreldbeskouings dat ons selfs nie eers bewus kan raak van ons eie en ander se voorveronderstellings sodat ons genoegsame waaksaamheid aan die dag kan lê in ons interpretasie en verstaan van bepaalde data nie? Ek dink nie so nie. M.a.w. die feit dat alles tot ‘n mate ‘getaint’ is, beteken nie vir my dat ons niks kan weet nie en dus totaal of selfs grootliks uitgelewer is aan skeptisisme en relativisme nie. Natuurlik kan ons in die proses van interpretasie en dataverwerking sekere dinge bevraagteken (‘skepties’ wees) en ook die konteks van die data probeer bepaal (in ag neem dat inligting altyd relatief is tot die konteks waarin dit voorkom). Hierdie tipe skeptisisme en relativisme het die funksie om ons juis te help om tot verantwoordelik begrip te kom (en daarom stem ek heeltemal met jou saam dat ons ‘n mate daarvan moet handhaaf). Die tipe skeptisisme en relativisme waarteen ek beswaar maak, is die epistemologiese uitgangspunt dat almal so vasgevang is in hul eie sienings dat dit onmoontlik is om tot ‘n verantwoordelike begrip te kan kom van die werklikheid oor ‘n bepaalde saak. As dit die geval is, dan is ‘n instansie soos byvoorbeeld ‘n universiteit nie veel werd nie, en het ons geen rede om vertroue te hê in ons dokters, finansiële adviseurs, sielkundiges of ingenieurs wat inligting van hul dosente ontvang het en daardie inligting boonop nog self geïnterpreteer het nie!

Dus, as die Nuwe Testament byvoorbeeld ‘n dokument is wat skynbaar oor bepaalde gebeure en persone verslag doen wat na bewering op spesifieke tye en plekke in die verlede sou gebeur het, dan kan hierdie dokument onderwerp word aan die kriteria vir historiese ondersoek. So ‘n historiese ondersoek sal ondermeer ‘n faktor soos wêreldbeskouings in ag moet neem wanneer dit tot bepaalde gevolgtrekkings kom. Afhangende van wat so ‘n historiese ondersoek uiteindelik sou oplewer, sal daar sprake wees van die mate waarin die Nuwe Testament as ‘n betroubare weergawe dien van wat werklik in die verlede gebeur het. Die persoon wat skepties is oor ‘n bepaalde gevolgtrekking van so ‘n ondersoek sal spesifieke histories gebaseerde argumente moet voorhou vir waarom die resultate nie redelik, waarskynlik of aanvaarbaar is nie. Maar vir enigiemand om die idee van ‘n ondersoek van die begin af te verwerp met die beswaar dat ons nooit regtig by die feite kan uitkom nie, het nie ‘n argument gemaak nie, maar eerder sy eie baie aanvegbare vooroordele duidelik gemaak.

Ek het ‘n vermoede dat die meeste mense aan godsdiens dink as die uitdrukking van mense se subjektiewe ervaringswêreld en dat daar dus geen gronde vir ‘n objektiewe ondersoek is nie. En tog is veral die Christelike geloof sterk verbind tot persone en gebeure in ‘n spesifieke historiese konteks. In beginsel is dit daarom moontlik om ‘n historiese ondersoek te loods en tot bepaalde gevolgtrekkings te kom. Ek dink dat selfs die vraag na God se bestaan aan filosofiese ondersoek onderwerp kan word en selfs dat bepaalde wetenskaplike data kan bydra tot redelike gevolgtrekkings oor God se bestaan (daarmee bedoel ek egter nie dat ‘n mens die natuurwetenskappe kan gebruik om God se bestaan te bewys of te weerlê nie).

Die punt wat ek probeer maak is dat die aansprake van die Christelike geloof nie maar net gegrond is in een of ander subjektiewe ervaring wat dit daarom vir sommige mense ‘waar’ maak al sou daar dalk beslissende eksterne getuienis wees dat dit vals is nie. Natuurlik is daar ook ‘n subjektiewe ervaring ter sprake (later meer hieroor), maar dis juis omdat die Christelike geloof se aansprake op bepaalde maniere ondersoek kan word, dat ‘n mens nie uitgelewer is aan sommer enige absurde idees nie.

Die feit dat die aansprake van die Christelike geloof ondersoek kan word, beteken egter nie dat almal aan die einde van so ‘n ondersoek tot die oortuiging gaan kom dat die aansprake waar is, of dat hulle in die Christelike God sal glo nie. Geen argument kan ‘n mens forseer om te glo nie, maar soms kan argumente en inligting help om dit wat ons verhinder om te glo, op te klaar. Op die ou end veronderstel die Christelike geloof dat ons een of ander tyd ‘n stap in geloof moet neem. Hierdie stap in geloof is nodig omdat die Christelike geloof nie maar net ‘n denksisteem is wat ‘n mens begryp wanneer jy ‘n reeks premisse aanmekaar ryg en dan tot ‘n geldige konklusie kom nie. Die stap in geloof is nodig omdat die Christelike geloof in wese te make het met vertroue in ‘n Persoon en daarom gaan dit in die eerste plek oor ‘n verhouding.

Dit is belangrik om die term geloof hier te verstaan in die konteks van ‘n verhouding en van vertroue, want dis dan dat ‘n mens die insig van Augustinus se “faith seeking understanding” kan waardeer. Daar is ‘n paar punte om hier uit te lig. Eerstens, niemand kan op enige manier, soos bv. deur ‘n rasionele argument of bewyse, gedwing word om geloof/vertroue in ‘n ander persoon te hê nie (in hierdie opsig is dit heeltemal waar dat iemand wat nie in God wil glo nie, deur niks oortuig sal word nie). Tweedens, geloof of vertroue is altyd ‘n voorvereiste om ‘n verhouding tot stand te laat kom of te laat ontwikkel. M.a.w. dit sou onsinnig wees om daarop aan te dring dat ek eers alles van iemand moet verstaan voordat ek geloof/vertroue in daardie persoon kan hê (alhoewel daar tog van die begin af basiese aanduidings van vertrouenswaardigheid moet wees). Derdens, dit is eers wanneer ons in ‘n verhouding met iemand staan (wanneer ons geloof en vertroue in daardie persoon het) dat ons sekere dinge van daardie persoon sal kan verstaan, bepaalde begrip waartoe ons andersins nie toegang sou hê nie.

Ek dink dat laasgenoemde drie punte waar is van ons alledaagse ervaring in verhoudings met ander mense. Ek dink egter dat dit ook ‘n goeie beskrywing bied van hoe die dinamika werk in die Christelike geloof se aanspraak dat God ons roep tot ‘n verhouding met Hom. Ek dink daarom glad nie dat Augustinus se “Crede, ut intelligas” of selfs Anselm se “Credo, ut intelligam” impliseer dat die rede en geloof in opposisie staan of dat ‘n mens eers ‘n klomp absurde goed moet glo in die hoop om dit later te verstaan nie. Nee, ek dink dat die rede en geloof in ‘n onlosmaaklike wisselwerking tot mekaar staan, dat die een die ander versterk en verhelder. Ek verwys vervolgens na ‘n paar aanhalings van skrywers wat hierdie aspek beklemtoon:

In his Sermon (43.7, 9) Augustine asserted: Crede, ut intelligas (“Believe in order that you may understand”). For Augustine, faith (“trust in a reliable source”) is an indispensable element in knowledge. One must believe in something in order to know anything. Knowledge begins with faith and faith provides a foundation for knowledge. Faith is itself indirect knowledge (like testimony or authority). While faith comes first in time, knowledge comes first in importance. Faith and reason do not conflict, but instead complement one another. Augustine believed that while reason does not cause faith, reason everywhere supports faith. Augustine also argued that Christians should seek to use their reason to understand doctrines (the Trinity, Incarnation, etc.) that are given via divine revelation (thus “faith seeking understanding”). Augustine’s writings about the role of faith influenced Credo, ut intelligam (“I believe in order that I might understand”) by St. Anselm (a.d. 1033-1109). (Augustine of Hippo [part 2]: Rightly Dividing the Truth, Kenneth Richard Samples)

Augustine, who died in the year A.D. 430, recounts in his famous Confessions how as a young man he was constantly seeking for a philosophy that would be consistent and guide him to truth. At one point he abandoned any hope in his search and became a skeptic. But at the age of 33, Augustine came to accept the truth of the gospel. He recognized that the speculation of Greek philosophy was incapable in itself of bringing him to salvation. But, on the other hand, he could see that it had prepared him to distinguish between truth and falsehood, and laid the groundwork by which he came to accept the claims of Christ. Augustine believed that the Scripture was the authoritative Word of God, but in interpreting difficult scriptural concepts such as the Trinity, he found it necessary to utilize his own philosophical training to explain the teaching of Scripture. …Because humanity is made in the image of God, we are all capable of knowing truth. Augustine found in pagan philosophy helpful ideas that enabled him to elaborate God’s Word. But it must be emphasized that his interest in pagan philosophy was not an end in itself, but rather a tool by which to grasp more deeply the meaning of Scripture. (Faith and Reason: Friends or Foes?, Tim Garrett)

“Understand my word in order to believe,” says Augustine, “but believe God’s word in order to understand.” As Etienne Gilson writes in The Christian Philosophy of St. Augustine, “[In Augustine] the very possibility of faith depends on reason . . . because only reason is capable of belief.” Again, “The Augustinian doctrine concerning the relations between reason and faith comprises three steps: preparation for faith by reason, act of faith, understanding of the content of faith.” But Augustine himself said it best: “No one believes anything unless he first thought it to be believable. Everything which is believed should be believed after thought has preceded. Not everyone who thinks believes, since many think in order not to believe; but everyone who believes thinks.” Augustine was a firm opponent of what would later come to be called fideism. The claim that faith is utterly arbitrary – that it is not supported by and cannot appeal to an a priori about what is reasonable – finds no support in Augustine or, for that matter, in the mainstream of the Great Tradition of Christian thought. (Why we can get along, Richard John Neuhaus)

In medieval thought, Anselm’s view of the understanding of faith (intellectus fidei) is one of the intellect seeking that which it loves: the more it loves, the more it desires to know. He wrote, “To see you was I conceived, and I have yet to conceive that for which I was conceived.” Given reason’s capacity to exceed whatever it attains, it is not defeated by the inability to understand the object of its love. Anselm: “Thought has comprehended rationally that God is incomprehensible.” The harmony of faith and philosophy is again confirmed. “Faith asks that its object be understood with the help of reason; and at the summit of its searching reason acknowledges that it cannot do without what faith presents”. (The Public Square, Richard John Neuhaus)

In [Augustine’s] approach, faith and reason are interactive in coming to know the true God in Jesus Christ. Reason precedes faith in that a rational mind and recognition of the truth of what is to believed must exist if we are to believe anything. But faith precedes reason in that the truths of the Christian faith are in large part unseen – not only is God invisible, but the redemptive acts of God in Jesus Christ occurred in the past and cannot be directly witnessed. Because these truths cannot be seen, they must be accepted on the authority of God’s revelation as given in Scripture and witnessed by the church. These truths can then be understood as the believer comes to appreciate their significance from the inside. … [Augustine] frequently expressed this interactive or interdependent view of faith and reason in such statements as “For faith is understanding’s step; and understanding faith’s attainment.” (Faith Has Its Reasons, Kenneth Boa and Robert Bowman)

Jy skryf verder:

’n Spesifieke aspek waaroor ek dan baie skepties is, is verantwoordelikheid. Ons is geskape as mense. Dit impliseer dat ons sekere eienskappe het wat ons mens maak. As ons wel vrye wil het (waarvan ek ook nog nie oortuig is nie) sal ons keuses beïnvloed word deur ons geneigdheid om sekere dinge te doen (of nie te doen nie).  As die geneigdheid om sonde te doen in ons aard is en ons doen dit, waarom word ons daarvoor ‘condemn’?  Watse verantwoording moet ons teenoor God toon wat in elk geval verhewe is bo ons. Wat ons doen behoort hom nie te raak nie. Hierdeur wil ek nie sê dat ons geen verantwoordelikheid behoort te neem nie, maar die verantwoordelikheid wat ons het is eerder teenoor ons medemense en waar ons hulle te na kom as teenoor ’n God. Hy het ons immers so geskape, ons is en doen wie hy ons gemaak het om te wees.

Dit sluit vir my weereens aan by God se alwetendheid.  Alhoewel ek jou antwoord daarop gelees het (sien God se Alwetendheid en die mens se sonde) is dit steeds vir my ’n moeilike konsep om te begryp en om te versoen met die verskillende idees wat ons van God het – alwetend, almagtig, liefdevol.  Dit wat deur baie kerke verkondig word (en ja, wat moontlik op ’n verdraaiing of wanvoorstelling berus) is dat as mense, sonde in ons natuur is. Slegs deur mens te wees is ons skuldig daaraan – dit was nooit ’n keuse nie, dit is iets inherent aan ons (in ons in geskape). Dit is nooit ’n saak van ‘as’ jy sondig nie maar ‘wanneer’ jy sondig.  Dat ons wel sal is nou maar so. Weereens, watse verantwoordelikheid het ons teenoor die God wat ons as sulks gemaak het?

Ek wil hier baie kortliks die essensie van ‘n Christelike mensbeskouing en verlossingsleer uiteensit en dan van jou vrae in die lig daarvan hanteer.

Die Christelike mensbeskouing verduidelik dat God die mens na Sy beeld geskape het om in ‘n verhouding met Hom te staan, maar dat die eerste mense hul onafhanklikheid van God verklaar het en dat hul keuse om so te doen, hul eie was. Die implikasie van daardie keuse was dat die eerste mense hul verhouding met God verloor het, maar ook dat hul rebellie teen God alle intra-persoonlike en interpersoonlike aspekte sowel as hul verhouding tot die res van wêreld waarin hul geleef het, beïnvloed het. ‘n Verdere implikasie was dat alle mense, nadat die eerste mense van God vervreemd geraak het, in ‘n staat van vervreemding van God gebore sou word. Hierdie staat van vervreemding is die rede waarom die mens ‘n sondige natuur het, ‘n natuur wat geneig is om sonde te doen. Verder is dit omdat die mens sonde doen dat die verhouding met God nie herstel kan word nie. Niks wat die mens doen kan hom met God versoen nie, want die teenwoordigheid van sonde verhoed so ‘n versoening. Inteendeel, die gevolge van sonde is die dood, om verewig van God geskei te wees.

Verlossingsleer: Die goeie nuus vir die mens is egter dat God self dit vir die mens moontlik gemaak het om in ‘n verhouding met Hom versoen te word. Wat die mens nie self kan doen nie, a.g.v. sy sonde, kom doen God deur Jesus. Hy het gekom om in die plek van die mens vir die mens se sonde te sterf, sodat die houvas van die sonde op die mens, verbreek kon word en die mens toegang tot ‘n verhouding met God kon kry. God se versoeningsdaad is ‘n daad van genade en iets wat Hy aan die mens bied sonder dat die mens iets in ruil daarvoor kan doen of sonder dat die mens iets gedoen het om dit te verdien. God bied sy genade aan enigiemand wat bereid is om dit in geloof te aanvaar.

In die lig van bogenoemde wil ek nou na van jou vrae kyk:

1.     As die geneigdheid om sonde te doen in ons aard is en ons doen dit, waarom word ons daarvoor ‘condemn’?

Alhoewel dit deel van ons menswees is dat ons inherent geneig is om sonde te doen, is dit nie bloot die neiging wat ons skuldig maak nie, maar ons is skuldig weens die sonde wat ons doen. M.a.w. dis nie die feit dat ons gebore word in ‘n staat van vervreemding van God met ‘n inherente neiging om sonde te doen, waarvoor ons condemn word nie. Dis wanneer ons sonde doen dat ons voor God skuldig is. Ek dink nie die Bybel leer dat ons vir Adam en Eva se sonde gestraf word of daarvoor verantwoordelik gehou word nie. Elke mens word vir sy eie sonde verantwoordelik gehou. Ons beleef wel die gevolge van die eerste mense se sonde, naamlik dat ons ook soos Adam en Eva, nadat hulle gesondig het, van God vervreemd is. Ons kan dus seker wel sê dat ons Adam en Eva se vervreemding van God, en die gevolglike neiging om te sondig, “geërf” het. Ek dink byvoorbeeld nie dit maak sin (of dat die Bybel dit impliseer nie) om te dink dat ‘n pasgebore babatjie verantwoordelik is vir ander se sonde of selfs vir sonde wat so ‘n babatjie die neiging het om te doen, maar nog nie gedoen het nie. So ‘n babatjie is inderdaad ook van God vervreemd en moet op ‘n manier steeds met God in ‘n verhouding versoen word. As so ‘n babatjie tot sterwe sou kom, dan is dit baie redelik om te dink dat God se aanbod van genade (wat ‘n verhouding moontlik maak) ook aan so wesetjie gebied sal word, weliswaar op ‘n manier wat nie afhanklik is van kognitiewe vermoë nie.

Jy is reg dat niemand kan help om nie sonde te doen nie, en as dit nie vir God se genade was nie, dan was dit ‘n hopelose situasie. God se genade beteken egter juis dat ons van die condemnation wat ons weens ons sondige dade verdien, vrygespreek word omdat Jesus daardie condemnation in ons plek aan die kruis gedra het. Ons is dus NIE condemn as ons God se genade in geloof aanvaar het nie. Dus, alhoewel ons geen keuse gehad het om nie te sondig nie, het ons wel ‘n keuse om God se genade te aanvaar of te verwerp. (Soos jy moontlik sou opgelet het, verskil ek hier o.a. van die Calvinistiese uitverkiesingsleer se idee van onweerstaanbare genade wat verduidelik dat wanneer God sy genade aan iemand bied, daardie persoon ongetwyfeld tot geloof sal kom, omdat dit God se bedoeling is dat so ‘n persoon tot geloof moet kom, en dit daarom nie deur die persoon self weerstaan kan word nie.)

2.     Watse verantwoording moet ons teenoor God toon wat in elk geval verhewe is bo ons.

Ons hoogste verantwoordelikheid is teenoor die God wat ons geskep het om in verhouding met Hom te staan. ‘n Verhouding met God is die doel van die mens se bestaan, dis waarvoor ons gemaak is. Dit is omdat die mens sy rug op sy Skepper gedraai het, dat alles rondom wie die mens is en hoe hy met alles rondom hom omgaan, gekenmerk word deur een of ander vorm van korrupsie. Die feit dat ons gebore word met die neiging om sonde te doen en dit dan ook doen, beteken nie dat God ons gemaak het om sonde te doen nie. Dit beteken bloot dat wanneer die mens nie ‘n verhouding met God het nie, soos die staat waarin ons gebore word, dan kan die mens nie anders as om sonde te doen nie (dit beteken egter natuurlik nie dat ons altyd en in alle omstandighede sonde doen nie). Maar die feit is dat God elke mens wat gebore word roep tot ‘n verhouding met Hom (die implikasies van Rom 1:20, 2:13-15 en Rom 10:14), want dis slegs dan dat ons werklik kan wees wie Hy ons gemaak het om te wees. Die mens wat sy rug op God draai is soos ‘n selfoon wat misbruik word as ‘n deurstop. Dit toon die kenmerke van iets wat deur iemand vir ‘n spesifieke doel ontwerp is, maar waarvan die potensiaal en funksie deur die verkeerde gebruik daarvan onderdruk en misken word. Daarom raak dit God wanneer ons Hom as ons Skepper ontken of vermy en op ‘n manier leef waarvoor Hy ons nie gemaak het nie. (Terloops, ek dink ons verantwoordelikheid teenoor ons medemens kry eers werklik betekenis wanneer ons besef dat ons medemens, soos ons, God se beelddraers is en deur Hom geskep is vir ‘n verhouding met Hom. Dis my opinie dat alle verduidelikings te kort skiet wat objektiewe waarde en betekenis aan menswees wil toedig (bv. dat enige en alle menslike lewe beskerm en gekoester behoort te word) sonder in ag neming van God se Skeppersrol.)

Ook sê jy dat ten spyte van God se alwetendheid ons steeds vrye wil het. Maar hy het ‘n plan vir ons gehad nog voordat ons gebore is… of dan hoe? Waarheen ons ten einde bestem is (hemel, hel) is reeds vooraf bepaal. Al het ons beperkte vrye wil lei dit tot dieselfde bepaalde uitkoms. Die kerke sê ook dat God wil hê dat ons hom kies. Maar hy weet reeds of ons gaan of nie. As dit nie God se wil is nie, wie s’n is dit? Hy het dan alles geskape en alles wat gebeur het God as oorsprong, oorsaak, die “First Mover”. Is God dan steeds almagtig? As hy sou wou, sou hy dinge kon verander het?

Die voorbeeld wat jy gebruik het is van iemand wat afkyk na twee treine wat op mekaar afgestuur kom.  Dat hy dit kan sien maak hom nie daarvoor verantwoordelik nie. Maar as hy die ‘ingenieur’ daarvan is? As daardie persoon die berekeninge gemaak het, die treine aanmekaar gesit het, bepaal het wanneer hulle gaan ry en hoe vinnig hulle sal gaan, en hulle kom steeds op mekaar af, is dit nie dan sy verantwoordelikheid nie?

Kom ons kyk weer na die kwessie van God se alwetendheid in verhouding tot die mens se vryheid om bepaalde keuses uit te oefen. As ek jou reg verstaan, dan is die punt wat jy probeer maak dat as God alles geskape het, dan gebeur alles omdat God dit so beplan en gemaak het om te gebeur en kan dit daarom ook nie anders gebeur nie. Die implikasie is dat alles vooraf bepaal is om op ‘n baie spesifieke manier te gebeur en dat die mens daarom nie regtig vrye wil het nie.

My verduideliking is dat “vooraf bepaal” ‘n beskrywing is vanuit God se perspektief oor wat gaan gebeur omdat Hy dit weet, maar dat die feit dat hy dit weet, nie die rede is vir waarom wesens met vryheid van keuse ‘n spesifieke keuse uitoefen nie. Ek wil hierdie idee verduidelik deur voort te bou op jou analogie van die ingenieur en die treine om ‘n meer volledige geheelbeeld te vorm van die relevante faktore wat hier ter sprake is. (My eie aanvanklike analogie met die treine het ‘n baie beperkte punt probeer maak.)

Ek hou van jou analogie van die ingenieur wat sy berekeninge gemaak het, die treine aanmekaar gesit het, bepaal het waar hulle gaan ry en hoe vinnig hulle gaan ry. Kom ons veronderstel nou dat die ingenieur nie net die treine en die spore waarop dit sou loop ontwerp het nie, maar dat hy (of sy!) ook robotte ontwerp het wat daardie treine sou bestuur. Hierdie robotte is die tipe robotte wat egter nie vooraf geprogrammeer is om bepaalde opdragte onwillekeurig uit te voer nie, maar hulle is geskep met die vermoë om te kan kies om opdragte uit te voer. Veronderstel verder dat op ‘n bepaalde gedeelte van ‘n treinspoor in ‘n bepaalde gebied, is daar slegs ‘n enkelspoor en dat treine daar deur verkeersligte gereguleer word, sodat treine nie in mekaar vasry nie. Veronderstel nou dat een van die robotte wat ‘n trein daar bestuur, eendag besluit om ‘n rooi verkeerslig te ignoreer (omdat hy verkeerdelik van mening is dat die volgende aankomende trein eers later die dag verwag word) en sodoende beland twee aankomende treine op dieselfde enkelspoor en is dit te laat om ‘n ongeluk te vermy.

In bogenoemde scenario kan die ingenieur slegs vir die ongeluk verantwoordelik gehou word indien die robot wat hy ontwerp het, nie ‘n ander keuse gehad het as om die rooi verkeerslig te verontagsaam nie. In hierdie geval is die robot egter NIE vooraf geprogrammeer om aksies uit te voer nie (en daarom tegnies gesproke nie eintlik ‘n robot nie!), maar is dit juis ontwerp om self keuses te maak. Dit behoort hier duidelik te wees dat die robot alleen vir die ongeluk verantwoordelik is en nie die ingenieur nie.

Die vraag is egter nou of en hoe dit die robot se keuses sou beïnvloed as die ingenieur op een of ander bonatuurlike manier tog geweet het wat daardie robot wat sy eie keuses kon maak, in daardie gegewe situasie sou besluit. Maar hoekom sal ‘n bykomende faktor soos die ingenieur se voorkennis nou skielik impliseer dat die robot nie werklik ‘n keuse gehad het nie? Ek sien geen rede waarom die feit dat ‘n ingenieur presies weet wat die robot wat hy geskep het, wat self keuses kan maak, gaan doen, as die rede dien vir die spesifieke keuse wat daardie robot gemaak het nie. Vanuit die ingenieur se perspektief is dit wel so dat die robot ‘n bepaalde keuse sal maak waarvan hy vooraf weet, maar hierdie feit opsigself beïnvloed tog nie watter keuse die robot self sou kies om te maak nie.

Die feit dat God toe hy geskep het geweet het wat mense gaan kies in die situasies waarin hul hulleself bevind, beteken nie dat daardie mense daarom nie hul eie keuses in daardie situasies gemaak het nie. Vanuit God se perspektief, het hy ‘n bepaalde wêreld geskep en dra hy kennis van al die uitkomste in daardie wêreld. Vanuit God se alwetende perspektief is alles vooraf bepaal (d.i., dit sal op ‘n bepaalde manier gebeur), maar dit bepaal nie watter keuses mense self maak nie. So byvoorbeeld, wil God hê dat mense sy genade aanvaar (m.a.w. vir hom kies), maar die feit dat hy reeds weet wat mense gaan kies, beteken nie dat hulle daarom nie self ‘n keuse gemaak het nie.

Nou waar pas erfsonde hierby in? As ons werklik ’n keuse het, sou nie almal van die vrug geëet het nie. Iemand anders sou dit gelos het en sou vir nog ’n ruk in die tuin gewandel het. Dinge kon heel moontlik anders gewees het. Om dan alle mense onder dieselfde kam te skeer (deur almal vir een se daad te straf) is nie, volgens my, ’n baie regverdige besluit nie.  As een of ander tyd almal in die tuin sou sondig is ons nie dan met daardie ‘afwyking’ geskep nie. Dat ons dan uit Eden uit gestuur is, is onregverdig want some or other time sou almal in elk geval gesondig het.  Waarom ons dan in die eerste plek daar sit?  En waar pas die slang in?!  Het God dan nie beheer oor sy skepping nie?  Dit klink al te godslasterlik, maar dit maak nie vir my sin nie.

Dit lyk skynbaar of God onmagtig sou wees om iets in die bepaalde wêreld wat hy geskep het te verander nie. Die vraag is egter waarom God iets in ‘n wêreld sou wou verander as dit die wêreld is wat hy in sy alwetendheid gekies het om te skep. M.a.w. God kon enige wêreld geskep het, en in enige van daardie wêrelde sou God al die uitkomste geken het. Dis daarom redelik om aan te neem dat hierdie wêreld wat God geskep het, ‘n aanduiding is van ‘n wêreld wat bestaan en gunstig is juis sodat wesens soos ons die vryheid het om bepaalde keuses te kan uitoefen. Die implikasie is dat ons versigtig moet wees om God te “second guess,” asof God maar net ‘n ander wêreld moes skep waarin daar mense sou wees wat nie teen hom kies nie en dat daar dus ander baie meer gunstige uitkomste sou wees – asof God nie daarvan sou weet en dan so ‘n tipe wêreld sou kon aktualiseer nie.

Dit mag wees dat daar geen moontlike wêreld is wat God kon skep waarin daar wesens met vrye wil sou bestaan wat nie teen God sou kies nie. Beteken hierdie feit egter dat mense daarom nie werklik vrye wil het of sou hê nie? Ek kan nie sien waarom dit ‘n noodwendige konklusie is nie, want dit kan bloot beteken dat enige mens in enige moontlike wêreld vryelik kies om hul rug op God te draai. En hoekom dui so ‘n stand van sake dat daar ‘n afwyking in die mens sou wees? Veronderstel dat geen mens in enige moontlike wêreld ooit teen God sou kies nie, beteken dit dan ook dat hulle nie werklik vry sou wees nie? Sou hulle ook ‘n afwyking hê wat maak dat hulle almal nooit teen God kies nie?

Dit mag egter ook wees dat daar wel sommige mense in ander moontlike wêrelde sou wees wat nooit vryelik teen God sou kies nie. Maar dalk weet God in sy alwetendheid dat daar in sulke wêrelde ander ongewenste faktore en uitkomste sou wees wat sulke wêrelde nie haalbaar maak vir God se doeleindes nie. Die punt is, gegewe dat God Alwetend, Almagtig en liefdevol is, is dit vir my glad nie moeilik om te glo dat ‘n alwetende God se besluit om hierdie spesifieke wêreld te skep, alle faktore in ag geneem het, dat geen mens deur God onregverdig behandel sal word nie en dat hierdie wêreld uiteindelik op die beste moontlike uitkomste sal uitloop.

Waarom is ons dan geskep?  Jy noem in jou antwoord op die vraag in Beeld dat dit juis die wonder is dat alhoewel God geweet het ons sou sondig, hy ons steeds gemaak het.  Wat, nou eintlik, is die doel van die skepping? Is ons (deur God) geskep om God te loof, om hom te kies?  Daardie idee klink vir my baie narsisties.

Ek dink dat as ‘n mens verstaan dat God ons geskep het om in ‘n verhouding met hom te staan en dat ons slegs werklik kan wees wie ons gemaak is om te wees as ons in so ‘n verhouding leef, dan behoort ons ook te verstaan dat dit nie tot God se voordeel is dat ons hom dien nie, maar tot ons eie! Wanneer God sê, “Kies my, aanbid my, wees lief vir my!,” dan is dit nie ‘n egotistiese God wat dit nodig het nie, maar ons! Dis wanneer ons lewens leef wat Hom eer bring, dat ons werklik betekenisvolle lewens sal ervaar en gelukkig sal wees. Baie van die idees wat mense nastreef, lyk egter goed in hulle eie oë en lyk asof dit geluk en plesier waarborg, maar die implikasies daarvan is dikwels ver verwyderd van ‘n sinvolle en vreugdevolle lewe.

Wat filosofie betref gee dit jou aan die een kant die ‘gereedskap’ om ondersoek in te stel in sake wat vir jou van belang is, maar dit lei (vir my) ook daartoe dat jy alles bevraagteken en ten slotte met net ’n oorweldigende hoeveelheid onopgeloste vrae sit.  Dis ’n love-hate relationship;-)  By die evaluering van antwoorde, soos jy gesê het, kan die ontologiese, etiese en epistemologiese vrae wat die filosofie vrae ’n hulpmiddel wees. Dit is egter vrae wat na meer as twee duisend jaar nog nie absolute antwoorde het nie en genereer soms meer vrae as antwoorde. Teologie kan wel hierby aansluit. Wat ek egter teen teologie in filosofie het is dat die “God hypothesis” te maklik gebruik word.  As daar iets is wat onduidelik is, waarvoor ’n rasionele antwoord nie gevind kan word nie word dit te maklik aan ons onvermoë om God te begryp toegeskryf. Dit blyk ’n maklike uitweg te wees om moeilike vrae te omseil. Ek veralgemeen nie deur te sê dat dit altyd so is nie, maar dit is ’n patroon waarin te maklik verval word.

Ek stem meestal met jou saam dat God nie sommer as ‘n antwoord vir ‘n vraag aangebied moet word as daar nie werklik goeie rede is om so te doen nie. Ek weet jy swot in die tradisie van die Reformatoriese filosofie wat sy eie inherente samehang veronderstel. Maar alhoewel ek waardering het vir die Christelike basis van die Reformatoriese filosofie, dink ek nie dit is die enigste manier om in die filosofie te werk te gaan nie. Daar is ook ander filosofiese tradisies wat nie noodwendig in stryd is met die Christelike wêreldbeskouing nie en wat bepaalde insigte daarop kan werp.

Ek wil egter net weer beklemtoon, soos ek reeds in my eerste skrywe gedoen het, dat die feit dat mense nie ooreen kan kom op wat die antwoorde op die groot filosofiese vrae is nie, nie beteken dat daar nie wel ‘n stel antwoorde is wat eerder in die rigting van die waarheid dui as ander nie. Elke denkende mens het egter die verantwoordelikheid om die vrae vir homself te ondersoek en kan nie die pluraliteit van antwoorde as ‘n verskoning gebruik om op die draad te sit nie. Uiteindelik het selfs ‘n draadsitter ‘n bepaalde posisie ingeneem oor wat hy glo die beste antwoorde op al die vrae bied. Die vraag is of dit werklik die beste antwoorde bied.

Wat sou jy sê is die kern-elemente van geloof en die Christelike wêreldbeskouing?  Vir my is dit juis daardie sake waarmee ons elke dag gekonfronteer word (homoseksualiteit, rol van die vrou,menswaardigheid). Dit is hierdie sake wat gaan bepaal of ons geloof met ons menswees en al sy vlakke kan versoen –m.a.w. die “leefbaarheid” daarvan.  Hoe verder ons wegbeweeg van hierdie sake af, hoe meer abstrak word geloof en hoe verder uit die bereik van die mens.  Vir iets wat so belangrik behoort te wees as geloof, is ’n abstrakte benadering nie juis die manier om mense (of jouself) te oortuig nie.

Hier is my kort opsomming van die kern-elemente van die Christelike geloof:

  • God se bestaan
  • God se rol as Skepper van alles wat bestaan
  • God se openbaring van homself en sy wil
  • Die mens as geskape na die beeld van God, maar in ‘n vervreemde toestand van God.
  • Die identiteit van Jesus, sy sterwe aan die kruis as vergifnis vir mense se sonde en sy opstanding uit die dood as oorwinning oor sonde, en hoe dit dien as God se genadige voorsiening vir die mens om in ‘n verhouding met Hom herstel te word.
  • Die mens se geloof as die manier op God se genade te aanvaar, in ‘n verhouding met God herstel te word en wedergeboorte (nuwe lewe) wat sodoende plaasvind.
  • Die implikasies van ‘n wedergebore en Geesvervulde mens se identiteit as kind van God, vir die huidige sowel as toekomstige lewe na die dood.

‘n Korrekte verstaan van hierdie individuele elemente asook die onderlinge verband tussen hulle, vorm na my mening die basis vanwaar ‘n klomp ander dinge (soos homoseksualiteit, die rol van die vrou en menswaardigheid) ondersoek, geevalueer en verstaan gaan word. Dit vorm die basis waarvolgens ons ons menswees en ons ervaring van menswees, werklik kan verstaan en waarvolgens ons kan evalueer hoe bepaalde keuses en optredes ons ervaring van menswees sal beïnvloed.

Ek wil graag ook verklaar wat ek bedoel het toe ek gevra het waarom, as die Christelike geloof waar is, dit nie deur almal aanvaar word nie. Dit was oor mense wat tot bekering kom en die Christelike geloof aanvaar het wat ons gesels het.  Dat daar mense is wat tot bekering kom en beweer dat hulle een of ander ‘great insight’ gekry het is nie vir my enigsins ’n aanduiding dat die Christelike geloof waar is nie.  Daar is dan ook mense wat vanaf die Christelike geloof ’n ander geloof aanneem. As ‘conversion’ enigsins ’n aanduiding van waarheid was sou dit op waarheid gedui het (op ‘n bepaalde geloof) maar dit doen nie.  Die probleem wat ek hiermee het is mense wat bekeringgebruik as ’n argument dat die Christelike geloof (of enige ander geloof) waar is omdat mense daarna ‘convert’, omdat hulle deur een of ander goddelike insig oortuig is daarvan.  Dit is nie vir my ’n geldige argument nie.

Ek wil hier heelhartig met jou saamstem. Die feit dat iemand ‘n aanspraak maak op een of ander geestelike ervaring gee niemand anders toegang tot dit waarvan so ervaring ‘n aanduiding is nie. Alhoewel ons nooit iemand anders se subjektiewe ervaring in twyfel kan trek nie (want ons het nie toegang tot ander se ervarings nie), is ‘n bepaalde ervaring byvoorbeeld nie ‘n argument vir waarom iemand anders moet glo dat juis die Christelike geloof waar is nie. Baie mense uit verskillende godsdienstige tradisies maak immers aanspraak op bepaalde geestelike ervarings en insig.

Maar hier is tog ‘n belangrike ding om te besef. As die Christelike geloof waar is en as ‘n mens in ‘n verhouding met God kan tree, dan is dit redelik om te verwag dat ten minste sommige mense se ervaring daarvan so akuut sal wees, dat hulle nie anders kan as om dit met ander te deel of te getuig van bepaalde insig of van hoe hulle lewe verander het nie. Miskien is ‘n gepaste analogie dié van iemand wat skielik so verlief raak dat almal dit kan sien of so verlief is dat hy/sy nie kan ophou praat oor hoe wonderlik sy/haar geliefde is nie. Ek dink daarom nie dat ‘n mens sommer moet dink dat wanneer iemand sy ervaring met jou deel dat hy/sy dit noodwendig as ‘n argument wil gebruik om jou te oortuig nie. Hier help dit om in gedagte te hou dat as God werklik bestaan en as iemand werklik ‘n ontmoeting met God gehad het, dan bied so ‘n persoon se eie subjektiewe ervaring vir daardie persoon self sterker getuienis van God se teenwoordigheid in sy/haar lewe, as wat enige ander vorm van getuienis, argument of aanduiding van God se realiteit ooit tot dan gedoen het. (M.a.w. die ervaring van ‘n persoonlike verhouding met iemand, bied ‘n realiteitsdimensie wat baie sterker is as om net van iemand te weet, iemand op ‘n afstand te sien, dalk foto’s van die persoon te sien, selfs ‘n brief van die persoon te lees of by ander stories oor daardie persoon te hoor.) Dis dan dikwels vanuit hierdie baie sterk ervaring van God se realiteit en inspraak, dat sommige mense wil hê dat ander dit ook vir hulleself sal ervaar. ‘n Mens kan daarom simpatie hê met sulke optrede en motivering, al is dit ook misplaas as ‘n rede waarom die Christelike geloof waar is, of as persepsie dat toegang tot ‘n ervaring met God soos ‘n ligskakelaar werk.

Laastens is dit ook belangrik om te besef dat as ‘n mens ‘n ontmoeting met God kan hê soos wat die Christelike geloof beweer, dan beteken dit geensins dat alle aansprake tot ‘n bekeringservaring, werklik almal ervarings is wat spruit uit ‘n ontmoeting met God nie. Sommige ervarings word beïnvloed deur ander interne of eksterne faktore soos emosionele manipulasie, bepaalde foutiewe persepsies of ‘n spesifieke gemoedstoestand. Slegs die tyd sal leer wat iemand se aanspraak tot ‘n bekering of bepaalde ervaring werklik beteken het (‘n boom word aan sy vrugte geken).

Dit wat ek bevraagteken is kwessies wat werklik nie vir my sin maak nie. Dit is vir my belangrik om antwoorde hierop te kry maar naderhand klink alles wat ek hoor (en vir myself probeer verklaar) soos sirkel-argumente wat net tot meer vrae lei.  Van die vrae wat ek het berus heel moontlik op onkundigheid maar geloof behoort nie beperk te wees tot mense wat ‘kundig’ genoeg is om dit te verstaan en aanvaar nie. Aan die ander kant, as dit ’n keuse is, behoort dit ook nie blindelings aanvaar te word sonder om die implikasies, waarhede en leefbaarheid daarvan te ondersoek nie.  Ek verwag nie om op ‘n dag net tot nuwe insigte te kom nie, maar dit help beslis om ander se redenasies of hulle uiteensetting van verskeie sake te hoor en daarvandaan jou eie geloof en opinies te evalueer.

Dis die rede waarom ek graag hierdie gesprek met jou het. Vrae is nie noodwendig ‘n teken van weerbarstige ongeloof nie, maar dikwels ‘n opregte begeerte om te verstaan. En ek kry die indruk dat jy werklik probeer verstaan. Miskien kry jy nie werklik sinvolle antwoorde by my nie, maar ek sal my bes probeer sover ek kan. As wat die Christelike geloof oor God sê waar is, dan ken Hy jou hart en is ek nie bekommerd dat jy tog op ‘n manier tevrede gestel sal word as jy aanhou soek nie (Hebreërs 11:6).

Baie sterkte vir jou en ek hoop jy het darem ‘n blaaskansie met die vakansie wat voorlê. Jy is welkom om enige tyd terug te skryf, selfs al is dit heelwat later. Ek weet hierdie tipe gesprekke kan baie veeleisend wees en ‘n mens het nie altyd die tyd of die lus daarvoor nie.

Groete

Udo

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.