Hoe kommunikeer ons met denkende mense buite geloof?

Ek dink ’n gesprek met ’n denkende mens (eintlik enige mens) behoort uit ’n paar stappe te bestaan:

  1. Luister regtig ordentlik. Sorg dat jy regtig verstaan waarom die persoon die beliefs handhaaf wat hulle handhaaf voordat jy ’n woord sê.
  2. Soek gemeenskaplike grond tussen jou en die persoon se standpunte. M.a.w. watter besorgdhede het hierdie mense wat ook in die Bybel uitgewys word. Beklemtoon dit.
  3. Begin dekonstrueer. Begin m.a.w. om vanuit algemene denke (wat baie hier help is sekulêre boeke, skrywers, stories, movies, liedere wat om radio speel) vir die persoon wys waarom dit wat hy glo, nie sin maak nie. Ek en jy weet dat die Bybel waar is, maar ons moet die versoeking soms weerstaan om dadelik die Bybel in te gooi, want onthou hierdie ou glo nog nie in Jesus en die Bybel nie (Soos Paulus in Hand 17 wat uit hulle eie Filosowe vir hulle wys dat hulle verkeerd is).
  4. Vertel waarom Jesus en die Bybel die beste sin maak van algemene realiteit en die lewe. M.a.w. wat is die redes waarom ek en jy in Jesus glo?
  5. Daag die persoon uit tot ’n persoonlike commitment teenoor Jesus.

Baie groete!

Roedolf Botha

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.