Die ‘King James’ Bybelvertaling

Hi Udo!

Een van my belydenisklas meisies het my gister vertel dat sy saam met haar pa na ‘n tipe huiskerk toe was waar hy betrokke is en waar hulle allerhande wettiese neigings en reëls het (die gewone ou bekendes) soos slegs groot doop, slegs doop deur onderdompeling, en dan ook slegs die King James vertaling (as dit goed genoeg was vir Paulus… ;-))

Ek het haar so kortliks geantwoord so goed ek kan (ons les gisteraand was oor die 4 pilare van die gereformeerde leer, so daar was in die les reeds baie gesê oor genade alleen ens) en ‘n paar eenvoudige argumente gebruik wat ek nie mooi weet hoe geldig hulle almal was nie 😀

Weet jy dalk van enige eenvoudige geskrewe antwoorde hieroor wat ek op die internet kan kry? Ek het haar belowe ek sal vir haar iets aanstuur. Ek het *hierdie* gekry op Campus Crusade se website, dit lyk oulik maar is tog redelik ingewikkeld.

En dan is daar ook nog klink my bietjie kontroversie in die groep oor die Ou en Nuwe Afrikaanse vertalings…

Sal enige hulp waardeer. Mooibly!

Winkelsmidt

 

 

Hallo Winkelsmidt

Jy vra of daar ‘n eenvoudige geskrewe antwoord is m.b.t. kontroversie oor die King James vertaling. Ongelukkig nie, vir die eenvoudige rede dat die onderliggende kwessies met tekskritiek te doen het, wat redelik kompleks kan raak. (Ek dink die artikel van Rick Wade wat jy noem, verwys juis kortliks na die kwessies wat ter sprake is sonder om dit in diepte te probeer ondersoek.) In hierdie geval gaan dit oor watter Griekse manuskripkopieë die naaste aan die oorspronklike is en watter daarom in vertalings gebruik behoort te word. Ek dink daar is ‘n sterk saak daarvoor uit te maak dat die KJV eenvoudig nie van die beste en vroegste tekste gebruik gemaak het nie. Niemand gaan egter aanvoer dat daar in wese iets fout is met die KJV asof ‘n kardinale leerstelling ondermyn word nie. Die aanspraak dat die KJV egter die mees betroubare en akkurate weergawe is van die teks soos dit oorspronklik neergeskryf is, is eenvoudig net nie waar nie. As iemand dan werklik besorg is oor die korrekte vertaling vanuit die beste Griekse tekste tot ons beskikking, dan behoort hulle nie na die KJV of enige ander vertaling te gryp nie. Dan moet ons almal eerder self eerste eeuse Grieks leer, self al die Griekse en ander relevante variante tekste versamel, tekskritiese en ander relevante vaardighede aanleer en dan vir onsself besluit hoe ‘n goeie Bybelvertaling lyk!

Nee-wat, die skeptisisme vanuit KJV geledere oor ander vertalings is oordrewe en ongegrond. Moderne Bybelvertaling as ‘n wetenskap het in die afgelope twee eeue soveel gevorder dat daar vandag ‘n verskeidenheid van baie goeie vertalings, elk met hul eie sterkpunte, bestaan. Dis in elk geval goeie praktyk vir iemand om nie net van een vertaling in sy/haar persoonlike bestudering van die Bybel gebruik te maak nie (en natuurlik sal dit baie help om ook self die oorspronklik Grieks en Hebreeus te kan volg!)

Kyk gerus na die volgende skakel. Dit verwys na ‘n paar goeie artikels (o.a. na die een van Wade) wat die kwessie bespreek. (Let wel dat die laaste artikel deur McArthur nie meer bestaan nie, maar kan hier gerky word:

Dan het ek ook vir jou vier skakels, na ‘n webwerf wat ek nie regtig ken nie, maar wat ek dink sinvol met die onderwerp omgaan:

Laastens is daar ‘n youtube-debat oor die onderwerp asook ‘n oudio-debat. (In albei hierdie debatte neem James White deel en hy het ook ‘n boek oor die onderwerp geskryf – sien hier)

Groete

Udo

Sien ook:

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.