Wat word met die term “fundamentalisme” bedoel?

Die term “fundamentalisme” word meestal gebruik om baie afkeurend na ‘n bepaalde groep gelowiges binne ‘n bepaalde godsdiens te verwys (m.a.w. daar is Moslem fundamentaliste, ateïstiese fundamentaliste, ens.), omdat fundamentalisme dikwels met ‘n tipe dogmatiese en veroordelende onverdraagsaamheid geassosieer word teenoor enigiemand wat nie glo soos daardie spesifieke groep glo nie. Ek dink egter nie die probleem is dat ‘n mens iets spesifiek glo nie (want almal glo iets spesifieks, eerder as iets anders), maar die gesindheid wat jy openbaar teenoor die met wie jy verskil.

As Christen is daar sekere basiese dinge (in Engels, “fundamentals”) waarin ek glo en wat die Christelike geloof definieer en uniek maak. In hierdie sin is ek ‘n fundamentalis (d.i., ek glo bepaalde dinge). Wanneer ek egter hierdie dinge wat ek glo op so ‘n manier handhaaf dat ek nie enige kritiek daarop toelaat of bereid is om met mense wat met my daaroor verskil in bedagsame en vriendelike gesprek te tree nie, dan openbaar ek ‘n fundamentalistiese gesindheid. Hieraan moet ons as Christene nie skuldig wees nie, maar ongelukkig is dit juis omdat Christene hulle dikwels aan so ‘n gesindheid skuldig maak, dat daar so ‘n negatiewe konnotasie heers rondom terme soos “Christelike fundamentalisme” of “Christen-fundamentalis”.  (‘n Hedendaagse voorbeeld van ‘n uiters fundamentalistiese gesindheid, is die van sekere sektes in Islam in hul toepassing van Jihad of selfs van die doodstraf waar Moslems tot ander gelowe sou bekeer.)

Daar is ‘n hele paar ander aspekte rondom die term “fundamentalisme” en dit sal ook baie help om die geskiedenis rondom die ontstaan van die woord te verstaan. Vervolgens ‘n paar verwysings.

Oor die ontstaan van die woord en die breër konteks van die term (vanuit ‘n sekulêre perspektief) kan jy hier lees:

Vir ‘n paar interessante perspektiewe vanuit ‘n Christelike konteks kan jy hier lees (ek stel voor jy begin hier):

Udo Karsten

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.