Was Paulus ‘n valse profeet?

Hallo Udo

Ek is die afgelope week met die stelling gekonfronteer en twyfel ewe skielik in als wat ek nog altyd geleer is.

Sien *hier*.

Ek sien verlede week op ‘n sosiale netwerk dat ‘n dame wat deel van ons vorige gemeente was die “lig gesien” het en nou nie meer die leringe van Paulus glo nie. Die redenasie is dat net Paulus en se volgelinge hom as ‘n apostel beskryf en dat hy in Openbaring as ‘n valse profeet beskryf word deur Jesus self.

Die implikasies hiervan is nogals groot. Die volgelinge van hierdie teorie volg meestal die Joodse gebruike en dring daarop aan dat Jesus op Sy Hebreeuse naam genoem moet word.

Hoe kan ons seker wees dat Paulus wel ‘n geroepene was en dat ons wel sy briewe ter harte kan neem.

Groete

Winkelsmidt

 

Hallo Winkelsmidt

Dankie vir jou vraag. Ek probeer graag help.

Ek dink regtig nie ons moet te gou ontsteld raak wanneer mense allerlei aansprake maak wat aspekte van die Christelike geloof in diskrediet probeer bring nie. In alle gevalle waar sulke aansprake gemaak word, moet ons besef dat daar rekening gehou gaan moet word met verskeie kundiges wat baie tyd aan die bestudering van Bybel (en die konteks waarbinne die Bybel tot stand gekom het) bestee het. In hierdie spesifieke geval, met die aanklag dat Paulus ‘n valse profeet is, is daar ook baie inligting deur kundige persone, oor wie Paulus was en hoe hy as een van die leiers van die vroeë Christelike kerk na vore getree het. Ek dink nie dat Scott Nelson, die skrywer van die artikels op die webwerf waarna jy verwys, se argumente en gevolgtrekkings water hou nie, en ook nie dat hy as ‘n kundige op die gebied van Nuwe Testamentiese studies beskou kan word nie.

As ‘n mens oor sekere dinge twyfel, dan gaan ‘n mens natuurlik die moeite moet doen om dit te ondersoek. ‘n Goeie plek om te begin is die volgende webwerf wat ‘n direkte reaksie gee op Nelson se aansprake:

Scott Nelson’s “Judaism vs. Christianity”: A Critique

As jy egter hierdie saak verder wil ondersoek, laat weet my, dan kan ek jou help om verdere navorsing te doen m.b.t. wat die kundiges oor Paulus te sê het.

Terloops, hier is ‘n paar gedagtes oor die aanspraak dat ons Jesus op sy Joodse naam moet noem:

Sien ook in hierdie verband op ons webwerf:

Julle ken nie die verborgenheid nie!

Beste groete

Udo

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.