Sondebelydenis en sondevergifnis

Hallo Udo,

Onlangs het iemand in die bediening die stelling gemaak dat ons nie om vergiffenis vir sonde moet bid nie, maar dat ons slegs ons sonde moet bely. Hy voer aan dat Jesus vir al ons sonde van die verlede, hede en toekoms gesterf het en daar het reeds ons vergifnis gekry. Dit kan beslis nie gesien word as ‘n vrypas nie, inteendeel dit moet ‘n groter sonde bewustheid aan die dag lê en die sonde wat gepleeg word  moet jy met ware berou bely. Hy het verwys daarna dat met Jesus se opstanding slegs verwys word na belydenis van sonde. Vergifnis was solank Jesus op aarde was en in die Ou Testament.

Ek het op die aanlyn-Bybel bietjie gesoek na verse wat verwys na belydenis en vergifnis en die siening maak vir my baie sin. Met die dood en opstanding van Jesus is ons tog vrygespreek.  Ek dink om sonde te bely is ‘n baie dieper ondersoekende proses en waar die  Gees jou beslis sal ly tot groei  wat weer deel is van Heiligmaking.  

Hoor graag.

Groete

Winkelsmidt

 

Hallo Winkelsmidt

Dankie dat jy geskryf het. Jy fokus op ‘n baie belangrike aspek in die Christen se lewe – sondebelydenis. En ja, ek stem heeltemal saam.

Sondevergifnis het te doen met ons status voor God en is ‘n eenmalige aksie (van God se kant af sowel as van ons s’n). M.a.w. ons word kinders van God wat in ‘n verhouding met God staan omdat al ons sonde vergewe is.

Sondebelydenis het te doen met die kwaliteit van ons verhouding met God en is ‘n voortdurende aksie. M.a.w. ons groei, of die verhindering van groei, in ons verhouding met God word bepaal deur die mate waartoe ons die ou lewe voortdurende aflê wanneer ons bewus te word van ons sonde (ons erken dus dat dit nie deel is van wie ons in Christus is nie – wat die betekenis van sondebelydenis is), en die nuwe lewe na te streef deur vervul te bly met die Heilige Gees (sien bv. Kol 3:1-17).

Sien ook die volgende twee gedeeltes:

Beste groete
Udo

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.