Die wegraping

Hi Udo,

Wat is jou siening aangaande die wegraping? Jan du Rand in die A-Z van Openbaring skryf dat dit ‘n vals voorstelling is (p. 567) Dr’s Zoon Sevenster & Raymond Lombaard is weer oortuig dat die wegraping ‘n gegewe is. Luk.21.36 word o.a. aangehaal as bewys van ‘n wegraping. As ons weggeraap word en net “sondaars” oorbly hoekom sal die dier van Openbaring 13.11-18 doen wat hy doen?

Groete

Winkelsmidt

 

Hallo Winkelsmidt

Die gebeure rondom die eindtye is ‘n area waarin daar baie verskillende opinies onder Christene bestaan. Die belangrikste vir my is dat die Bybel leer dat ons wel ‘n wederkoms (met die gepaardgaande einde van ‘n aardse bestaan soos ons dit vandag ken) te wagte kan wees. Om die detail van die gebeure rondom die wederkoms vir jou jouself uit te klaar, kan betekenisvol wees, maar ek beskou nie sulke details as ‘n kwessie waaroor ek persoonlik regtig in ‘n redenasie met ander Christene betrokke wil raak nie. Ek dink daar is opregte, Bybelgetroue Christene wat tot verskillende gevolgtrekkings hieroor gekom het. Dit beteken nie dat almal reg kan wees waar hulle mekaar weerspreek nie, maar dit beteken wel dat ons die kompleksiteit in ag moet neem wanneer ons self met hierdie saak worstel.

My eie studie wys vir my dat die idee van “wegraping” soos dit vandag onder baie Christene verstaan word, nie iets is wat die Bybel leer nie, en eintlik maar ‘n baie onlangse idee is. Ek gaan jou bloot na ‘n paar bronne verwys wat jy asseblief vir jouself moet ondersoek. En ja, daar is ander opinies, maar ek vind die volgende oortuigingend:
Artikels:
Video’s:

Sterkte met jou eie soeke hieroor!

Beste groete

Udo

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.