Jou skryfsels is lof tot sotheid

(Sien heel onder vir die ander gedeeltes in hierdie gesprek)

Beste Udo

EK erken jy is te slim vir my. Jou argumente is soos die genade van God: Dit gaan bo alle menslike begrip uit ….

In die woorde van Desiderius Erasmus, die filosoof vind ek jou skryfsels bloot TOT LOF VAN SOTHEID. 

Klink of jy ‘n fenomenologiese pedagogiekboek ingesluk het. 

Al waarvan jou argumente my al sekerder maak is dat ‘n mens so ver as moontlik van godsdienstige geskrifte moet wegbly as moontlik en VERAL die DOGMAS wat daarop gebou is.           

EN NOU BLY HIERDIE DRIE:

DIE ONGELOOF, DIE WANHOOP EN DIE LIEFDELOOSHEID.

MAAR DIE GROOTSTE HIERVAN IS DIE LIEFDELOOSHEID.

[Parodie op Paulus in 1 Korinthiërs 13]

Winkelsmidt

 

Hallo Winkelsmidt

Dit is uiters kortsigtig om dit wat jy nie verstaan nie (of dalk eerder nie wil verstaan nie) as sotheid af te maak.

En waarom heg jy die “Parodie op Paulus in 1 Korinthiërs 13” aan die einde van jou brief aan? Het jy nou besluit om my maar eerder te antagoniseer as om in gesprek tree?

As jy eendag kans sien vir ‘n volwasse gesprek en jou kan weerhou van neerhalende reaksies soos hierdie, dan is jy meer as welkom om weer vir my te skryf.

Ek is nie jou vyand nie, Winkelsmdit, en ek het ook nog nooit probeer om slim te lyk nie, maar weet dat ek jou nie gaan laat wegkom met swak redenasies en nog swakker eksegese nie.

Groete
Udo

 

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.