Hoe herken ons valse leraars?

Goeiedag Udo,

Mag ons Heer julle ook ekstra en nuwe krag tot die stryd gee in hierdie jaar!

 Groot vraag en ek besef uiters onregverdig aangesien die onderwerp SO wyd is.

Agtergrond op die vraag: Tydens ‘n Bybeltoerusting geleentheid by ons gemeente het vals profete ter sprake gekom asook watter lerings hul verkondig.

Ek’t die mense internet toe gestuur maar hulle die ouer mense was redelik ontstel met verskeie argumente oor hoekom hulle nie kan google nie.

My vraag, het julle dalk êrens in die argiewe iets op skrif wat ek vir die mense kan gee wat net hul basiese vrae oor wie en wat die vals profete is en doen en hul leuens?  Soos ek se ek weet dis ‘n baie wye vraag maar ek vra want ek wil nie werk gaan oordoen wat ek weet julle in-diepte studies oor gedoen het nie.

Ek sal BAIE dankbaar wees as julle dalk kan help met so ‘n geskrif. 

Hoop ek hoor van julle

Groetnis,

Winkelsmidt

 

Hallo Winkelsmidt

Die vraag oor vals profete is inderdaad ‘n vraag met ‘n wye omvang. Ons het nie baie oor hierdie saak op ons webwerf nie, maar die volgende mag relevant wees:

Lees gerus ook die volgende twee artikels wat ‘n paar beginsels uitlig:

Ek dink dat ‘n mens die kwessie van vals profete/lering op meriete moet beoordeel en nie sommer veralgemenings moet maak nie. Daar is te veel Christene wat ander Christene verdag maak en van allerlei dinge beskuldig, sonder dat hulle werklik self eers die moeite gedoen het om die saak behoorlik te ondersoek.

Groete

Udo

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.