Jou Bybel is vol teenstrydighede

Hallo Udo

Het jy al die boek Raw Revelation van Marc Roncace gelees? Hy is nogal ‘n gelowige Bybelkundige wat ʼn klomp teenstrydighede in die Bybel uitwys: “When did God create Eve” (oor die twee skeppingsverhale); die wyse manne (weereens twee verhale met verskillende feitestelle en implikasies); hoe is Judas dood? (oopgebars of opgehang?, en wat het hy met die geld gemaak?); wat het die misdadigers weerskante van Jesus gesê? (volgens Matteus het hulle Jesus beide gespot, maar volgens Lukas het een hom verdedig, so watter weergawe is waar?)

Hierdie is nie onbelangrike feite is wat nie die kern raak nie. Indien die evangelies sulke teenstrydige getuienis gee, dan kan dit nie as betroubaar gesien word nie.

Verder, wat het geword van die dooies wat uit die grafte gekom het tydens die kruisiging? Waarom maak geen antieke bronne melding van hierdie verstommende gebeure nie? Ek bedoel, dooies (en nie een of twee nie, maar ten minste tientalle), kom uit hulle grafte en verskyn aan mense. Watter mense? Vir hoe lank? Is hulle weer dood? Wat het hulle gesê tydens hulle verskyning?

Dit mag na harekloof lyk, maar hierdie is belangrike sake met groot implikasies. Hierdie is slegs enkele voorbeelde.

Groete

Winkelsmidt

 

Hallo Winkelsmidt

Daar is baie mense soos wat op die teenwoordigheid van teenstrydigheid in bepaalde gedeeltes in die Bybel wil wys. En ja, ek stem saam dat die kwessies nie onbelangrik nie. Dis egter net so belangrik om te weet wat die feite werklik is voordat ‘n mens te gou van ‘teenstrydigheid’ begin praat (sien byvoorbeeld hier en hier).

Die kwessies wat Mark Roncace aanraak in sy boek Raw Revelation: The Bible They Never Tell You About is presies die dinge wat denkende gelowiges al vir eeue interesseer en waaroor daar al baie studies gedoen is. Dis regtig nie asof dit nêrens aangespreek word nie.

Roncace wil graag hê dat Christene dieper en breër sal nadink oor die Bybel as wat die gemiddelde kerklidmaat in die kerkbank dalk aangemoedig word om te doen. Hieroor kan ‘n mens heeltemal met hom saamstem. Maar Roncace maak ‘n fout om te dink dat hy maar bloot “the uncensored, unprocessed Bible” vir sy lesers aanbied, want in die proses interpreteer hy beslis ook die teks soos enige iemand anders! En sy gevolgtrekkings is ongelukkig dikwels effe simplisties. Daar is heelwat ander perspektiewe wat meer sin maak van baie van die punte wat Roncace probeer maak (en enige persoon wat al méér as net Roncace se antwoorde op hierdie kwessie gelees het, sal bewus wees van sulke perspektiewe).

Hier is twee resensies van Roncace se boek wat ek dink fyn en akkurate waarnemings daaroor maak:

Ons kan gerus verder gesels oor van die spesifieke kwessies wat jy aanraak. Maar dit lyk vir my of jy klaar besluit het dat die Bybel onbetroubaar is en dat die moontlikheid van ander verduidelikings jou nie regtig interesseer nie. Of is ek verkeerd?

Udo

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.