Jesus: Het hy ooit geleef?

Elke dan en wan hoor ʼn mens die volgende: Jesus van Nasaret het nooit bestaan nie, of ons kan nie werklik weet of hy het nie. Daar is magdom populêre publikasies wat die rondte doen, die meeste daarvan op die internet, en die indruk skep dat Jesus se nie-bestaan ʼn historiese feit is. Dit kan nie verder van die waarheid wees nie. Ek lees byvoorbeeld weer onlangs die volgende tipiese kommentaar (te vinde by die volgende artikel, ‘n Mitiese Jesus?):

Skrywers soos o.a. Robert M. Price, Acharya S. (D.M. Murdock) en Timothy Freke beweer dat die Jesus-verhaal hoofsaaklik gebaseer is op verhale van vroeëre mitiese helde soos Mithras, Dionysus en Horus wat ook soortgelyk aan Jesus, baie jare gelede as gode ‘n heldedood gesterf het.

Lede van die Jesus Seminar in Amerika het op hul eie manier probeer vasstel hoeveel van die woorde wat Jesus na bewering volgens die vier Evangelies gespreek het, werklik deur hom gespreek is.

Die Joodse geskiedkundige Josefus het blykbaar “terloops” na Jesus verwys in een van sy skrywes. Terwyl baie geskiedkundiges dit as ʼn vervalsing van sy oorspronklike werk beskou, is daar sommige Christen-apologete wat reken dat dit wel dui op die bestaan van ʼn Jesus wat wonderwerke verrig het.

Dis insiggewend dat daar geen ander “amptelike” Joodse of Romeinse geskrifte is wat verwys na ʼn persoon met die naam Jesus wat wonderwerke verrig het en wat gekruisig is nie.

Die vier evangelies sowel as Paulus se boeke is volgens baie Bybelwetenskaplikes, eers ná die jaar 50 GE geskryf en kan dus nie as verslae van ooggetuies beskou word nie.

Die vier evangelies weerspreek mekaar nog boonop betreffende die besonderhede van gebeure net na die beweerde opstanding van Jesus! Vergelyk in verband hiermee Johannes 20:1, Matthéüs 28:1 en Markus 16:1-2. Die probleem is dat hierdie dinge so lank gelede plaasgevind het, dat dit bykans onmoontlik is om vas te stel wat die werklike verloop van gebeure was.

Soortgelyk aan bespiegelinge oor die ontstaan van lewe op aarde, die ouderdom van die aarde, die moontlike bestaan van ‘n “super-beskawing” in Atlantis en die moontlikheid van buiteruimtelike wesens se betrokkenheid by die ontstaan van die mensdom, is bespiegelinge oor die lewe van Jesus, hoofsaaklik op geloof gebaseer.

 

Kom ons evalueer hierdie aansprake een vir een:

Skrywers soos o.a. Robert M. Price, Acharya S. (D.M. Murdock) en Timothy Freke beweer dat die Jesus-verhaal hoofsaaklik gebaseer is op verhale van vroeëre mitiese helde soos Mithras, Dionysus en Horus wat ook soortgelyk aan Jesus, baie jare gelede as gode ‘n heldedood gesterf het.

Daar is inderdaad hordes skrywers wat Jesus in dieselfde kontekstuele raamwerk plaas wat geld vir die karakters van antieke mitologie en baie doen so met ʼn ateïstiese agenda. Wat gewoonlik nie genoem word nie is dat hierdie mitologiese siening van Jesus by verre nie deur die meerderheid van historiese navorsing bevestig word nie. Iemand soos Robert Price ontken inderdaad dat Jesus ooit bestaan het en op hierdie feit reageer die ateïs/agnostikus en professor in Godsdiensstudies by die Universiteit van Noord-Carolina, Bart Ehrman, soos volg: “Of the many thousands of scholars in the world that have a PhD in New Testament or Early Christian studies he is the one, so far as I know, who takes this position.” Ehrman, wat oortuig is dat Jesus werklik bestaan het, erken dat hierdie feit natuurlik nie outomaties bewys dat so ʼn volslae meerderheid van navorsing reg is nie, maar gaan voort om te sê, “those who are qualified to speak knowledgeably on such subjects are virtually unified on one view (there was a historical Jesus of Nazareth) and opposed to the other (he is a complete myth)” (sien ook Bart Ehrman respond to “No evidence for Jesus” claim, mp3, 572 kb)

Daar is al akademiese pogings aangewend om die idee van ‘n mitiese Jesus te regverdig. Trouens, met die verskyning van Richard Carrier se On the Historicity of Jesus: Why We Might Have Reason for Doubt in 2014 het die totaal van sulke publikasies op één te staan gekom, aldus John Dickson by die Universiteit van Sydney. Dickson verduidelik die basiese strekking van Carrier se boek soos volg:

“Carrier’s thesis is that Jesus started out as a “celestial figure” of religious visions, only to be dressed up in historical garb by the later Gospel writers, after which people began to believe he was a real person. This, too, would be a first. Scholars are used to the myths of, say, Romulus and Remus, the “founders” of Rome. Their legends first appear around 300BC, three or four hundred years after the actual founding of the city.

Carrier is asking us to think that a similar process of the historicization of myth happened to Jesus. But he wants us to believe that it took in about a tenth of the time. Within a single generation Christians are meant to have transformed their heavenly Lord into a Galilean Jewish peasant who, according to virtually all specialists today, fits remarkably well with what we know of the customs, beliefs, and aspirations of Galilean peasantry. Carrier’s work is a kind of rage against the tide of scholarship on Jesus. And it’s a welcome one. But it isn’t part of any “wave”.”

So oortuig is Dickson van die akademiese konsensus rakende die bestaan van Jesus (sien ook hier) dat hy verder die volgende sê:

“To repeat a challenge I’ve put out on social media several times before, I will eat a page of my Bible if someone can find me just one full Professor of Ancient History, Classics, or New Testament in an accredited university somewhere in the world (there are thousands of names to choose from) who thinks Jesus never lived.

I don’t deny that there are substantial questions that could be raised about the Christian faith, but the historical reality of Jesus of Nazareth isn’t one of them.”

ʼn Ander navorser, James F. McGrath, ʼn liberale teoloog by die Butler Universiteit, is taamlik reguit oor die akademie se houding teenoor populistiese aansprake oor ʼn mitiese Jesus:

“And so what position should the academy adopt with respect to Jesus mythicism? It is certainly a view that any scholar ought to have the freedom to explore and consider. If institutions with religious affiliations move to censor and restrict such investigations, I am confident that our secular universities will provide a safe haven for scholars who wish to do so. But when it comes to the mythicism proffered by people whose knowledge of relevant languages, historical texts, ancient cultures, and other such data is minimal or non-existent, and whose works consist only of web pages and self-published books, scholars are under no obligation to waste their valuable time on such matters any more than on the countless other topics which web sites and self-published books address, and which a quick perusal shows to be bunk. As none other than Richard Carrier has said, a scholarly consensus is not to be dismissed lightly, and the burden is on those who wish to challenge it, not merely to make a persuasive case, but to do so using the appropriate scholarly methods, and in the appropriate venues. Until that is done, the reason why mythicism is not accepted by scholars and historians will be obvious to anyone who understands how academia works. It is not due to a conspiracy or censorship, but precisely because the system which safeguards academic freedom works to keep at bay both ideologically-driven attempts to silence scholars, and ideologically-driven attempts to pass off apologetics as scholarship.”

Op ʼn paar ander plekke bespreek McGrath die probleme spesifiek tot Carrier se werk:

Ook Bart Ehrman verdedig sy boek Did Jesus Exist? teen Carrier se kritiek (m.b.t. laasgenoemde, sien hierdie artikel). (Hier is die openingsparagrawe van Ehrman se boek.)

Tim O’Neill (lees gerus sy interessante artikel, Why “History for Atheists”?), ook ‘n volbloed ateïs, is deur sy nagraadse studies oortuig dat Jesus inderdaad ʼn historiese persoon was: Did Jesus Exist? The Jesus Myth Theory, Again. O’Neill gaan byvoorbeeld ook baie krities om (sien hier en hier) met David Fitzgerald se boek, Nailed: Ten Christian Myths that Show Jesus Never Existed at All (sien ook prof. James F. McGrath se evaluering).

Laastens. Iemand wat wil insae hê oor waarom die aansprake vir ʼn mitiese Jesus nie deur die meerderheid van navorsing ondersteun word nie, kan gerus die verwysings in die volgende artikel naslaan: Jesus: one of many myths? Die idee van ʼn mitiese Jesus in die populêre skrywes van o.a. Timothy Freke (sien hierdie resensie) en spesifiek Acharya S (D.M. Murdock) kry hier aandag. Terloops, ʼn mens kan sommer by Wikipedia begin om ʼn idee te kry vir waarom Freke en Murdoch se gevolgtrekkings nie deur historici aanvaar word nie.

Lede van die Jesus Seminar in Amerika het op hul eie manier probeer vasstel hoeveel van die woorde wat Jesus na bewering volgens die vier Evangelies gespreek het, werklik deur hom gespreek is.

Baie navorsers in die veld van Nuwe Testamentiese Studies en Vroeë Christelike Studies wys daarop dat die Jesus van die geskiedenis nie gelyk gestel kan word aan die Jesus van geloof nie. Die gedagte is dat Jesus se latere volgelinge van hom méér gemaak het as wat hy werklik was (sien bv. hierdie bespreking). Wat die meeste van hierdie skeptiese historici egter sal beklemtoon is dat die feit dat daar ʼn Jesus van geloof is en was, nie summier beteken dat daar daarom nie ʼn Jesus van die geskiedenis was nie (sien bv. Jesus of Faith, Jesus of History or Jesus of Eeywitness Testimony?). Daar is geskiedkundige redes waarom die konsensus van historici tot die gevolgtrekking kan kom dat Jesus van Nasaret wel geleef het.

Selfs die Jesus Seminar, ʼn klein selfaangestelde groep geleerdes wat glad nie die konsensus of selfs ‘n deursnit van navorsers verteenwoordig nie en wat in die jare tagtigs en negentigs opslae gemaak het met hul radikale gevolgtrekkings oor wat ons kan weet van wat die historiese Jesus gesê of gedoen het, ontken nie sy bestaan nie (sien Wikipedia). So, om die Jesus Seminar en die voorstanders van ʼn mitiese Jesus in dieselfde asem te noem, is om totaal blind te wees vir die teenstrydige aard van die aansprake oor Jesus se bestaan. Robert Price, wat self deel was van die Jesus Seminar, se sienings is byvoorbeeld direk in stryd met die gepubliseerde gevolgtrekkings van die skepiese Jesus Seminar. Dit wys jou hoe radikaal en op die rand die sienings van die mitici werklik is.

Die Joodse geskiedkundige Josefus het blykbaar “terloops” na Jesus verwys in een van sy skrywes. Terwyl baie geskiedkundiges dit as ʼn vervalsing van sy oorspronklike werk beskou, is daar sommige Christen-apologete wat reken dat dit wel dui op die bestaan van ʼn Jesus wat wonderwerke verrig het.

Dis baie duidelik uit die frase “Josefus het blykbaar ‘terloops’ na Jesus verwys” wat hier gebruik word, dat daar geen bekendheid is met wat Josefus spesifiek gesê het en die implikasie daarvan nie. Nog ʼn teken van onkunde, en eintlik maar ʼn kras poging om suspisie te wek, is hoe die “baie geskiedkundiges” en “sommige Christen-apologete” teen mekaar afgespeel word. Dit weerspieël duidelike onkunde oor waarvan die meeste geskiedkundiges werklik oortuig is rakende Josefus se verwysing na Jesus.

Die Joodse geskiedskrywer Flavius Josefus verwys twee keer na Jesus in sy Jewish Antiquities (93/94 n.C.). Die twee gedeeltes staan bekend as die sogenaamde Jakobus-gedeelte en die Testimonium Flavianum onderskeidelik. In die Jakobus-gedeelte verwys Josefus inderdaad net terloops na Jesus as die broer van Jakobus, maar dis nie hierdie gedeelte wat deur historici bevraagteken word nie. Prof. Louis Feldman, wat as een van die voorste kundiges oor Josefus gereken word (en nie naastenby ʼn “Christen-apologeet” nie), bevestig dat die egtheid van hierdie verwysing byna universeel deur kundiges erken word (sien Louis H. Feldman, “Josephus” Anchor Bible Dictionary, Vol. 3, pp. 990-1.)

Dit is die langer Testimonium Flavianum waaroor daar kontroversie bestaan omdat dit lyk asof dit onder die hand van ʼn Christelike redakteur deurgeloop het. Die gedeelte lui soos volg:

“Now there was about this time Jesus, a wise man, if it be lawful to call him a man, for he was a doer of wonderful works, a teacher of such men as receive the truth with pleasure. He drew over to him both many of the Jews, and many of the Gentiles. He was the Christ, and when Pilate, at the suggestion of the principal men among us, had condemned him to the cross, those that loved him at the first did not forsake him; for he appeared to them alive again the third day; as the divine prophets had foretold these and ten thousand other wonderful things concerning him. And the tribe of Christians so named from him are not extinct at this day.”

Sonder om al die argumente hier uiteen te sit (hiervoor kan o.a. die volgende kundiges se werke nageslaan word: Feldman, Van Voorst, J.H. Charlesworth, S. Pines, J. Klausner, F.F Bruce, A. Whealy, J. D. Crossan, R. T. France, Raymond Brown, John P. Meier, Michael Grant, Robin Lane Fox) kom die meeste geskiedkundiges (let wel, nie maar net “sommige Christen-apologete” nie) tot die gevolgtrekking dat hierdie gedeelte tekskrities gerekonstrueer kan word om Josefus se oorspronklike woorde weer te gee en dat Josefus met alle waarskynlikheid daarom nie die aangeduide frases hierbo neergepen het nie. Prof. Robert Van Voorst verduidelik: “While a few scholars still reject it fully and even fewer accept it fully, most now prefer one of two middle positions. The first middle position reconstructs an authentic Josephan passage neutral toward Jesus, and the second reconstructs an authentic passage negative toward Jesus.” (sien Robert E. Van Voorst, Jesus Outside the New Testament: An Introduction to the Ancient Evidence, 2000, p.93.)

(Sien ook die volgende toeganklike artikel oor Josephus en weliswaar deur ʼn Christen-apologeet, maar nie vir hierdie rede summier oningelig soos ons kommentator dit graag wil hê nie.)

Dis insiggewend dat daar geen ander “amptelike” Joodse of Romeinse geskrifte is wat verwys na ʼn persoon met die naam Jesus wat wonderwerke verrig het en wat gekruisig is nie.

Geen amptelike Romeinse geskrif wat na ʼn persoon met die naam Jesus verwys wat gekruisig is nie? Wel, dan is ons seker maar ʼn verduideliking verskuldig vir waarom daar by byna geen geskiedkundige twyfel bestaan dat Cornelius Tacitus, ʼn Romeinse regeringsamptenaar vir Asië (112-113 n.C.), die volgende in die jaar 115 n.C. in sy Annale (15:44) neergepen het nie:

“Therefore, to squelch the rumor [that the burning of Rome had taken place by Nero’s own order], Nero supplied (as culprits) and punished in the most extraordinary fashion those hated for their vice, whom the crowd called “Christians”. Christus, the author of their name, had suffered the death penalty during the reign of Tiberius, by sentence of the procurator Pontius Pilate. The pernicious superstition was checked for a time, only to break out once more, not merely in Judea, the origin of the evil, but in the capital itself, where all things horrible and shameful collect and are practiced.”

(Sien die volgende m.b.t. veral Tacitus en Josephus: Did Jesus Exist? Searching for Evidence Beyond the Bible)

Verder, hoe is dit moontlik dat selfs die mees skeptiese van die skeptiese historici naamlik die Jesus Seminar, tot die gevolgtrekking kan kom dat ʼn paar van die min dinge wat ons wel van die historiese Jesus kan weet, juis is dat hy in Jerusalem gearresteer was en deur die Romeine gekruisig is en verder dat hy iemand was wat geloofsgenesing gepraktiseer het, selfs al dink hulle dit was bloot gebaseer op psigosomatiese verligting van allerlei kwale? (Sien ʼn opsomming by Wikipedia van die Jesus Seminar se gevolgtrekkings.)

Historici soos die Jesus Seminar dink dat die vier kanonieke evangelies grootliks onbetroubaar is wanneer dit kom by die details rondom Jesus se lewe, is tog is Nuwe Testamentiese historici dit eens dat dit juis die evangelies self is wat die sterkste getuienis bied vir sy bestaan. Die punt is dat historici nie blind is vir die vooroordele van die skrywers van die Nuwe Testamentiese dokumente nie. Geen historikus wat sy sout werd is gaan daarom hierdie vroegste getuienis oor Jesus bloot ignoreer nie. Daar is verskeie eksterne en interne kriteria wat navorsers gebruik om die geskiedkundige waarde van enige antieke dokument, soos die dokumente van die Nuwe Testament, vas te stel.

Die kritiek wat ʼn mens dus dikwels by oningeligte skeptici hoor is dat aangesien daar geen buite-bybelse bronne oor Jesus se lewe is nie, het hy daarom waarskynlik nie bestaan nie. So ʼn siening is onkundig oor die volle spektrum van kriteria wat geld in historiese ondersoek. Terselfdertyd is dit ook naïef oor die inherente aard van buite-bybelse getuienis wat daar wel is. Boyd en Eddy in hul boek, Lord or Legend? Wrestling with the Jesus Dilemma verduidelik soos volg:

“It must be said at the outset that there is very little by way of ancient literary evidence that confirms or refutes claims made by the Gospels. This should not surprise us, however. More often than not, claims made by ancient documents can’t be corroborated, if for no other reason than that the vast majority of all that was written in the ancient world has perished in the sands of time. Not only this, but historians in the ancient Roman world typically wrote under the authority of governing officials. They thus tended to be interested only in matters that were relevant to the administration they worked for. Since the earliest Jesus movement was a small, sectarian, Jewish group in a rather remote region of the Roman Empire, and since new religious movements were not uncommon in the ancient world, one shouldn’t expect to find either Jesus or the movement he birthed referred to by ancient historians.”

Die skrywers gaan egter voort om te sê:

“Nevertheless, while relevant literary evidence is meager, it’s not nonexistent (as some legendary-Jesus theorists contend). And the little relevant literary evidence we find arguably helps corroborate certain claims made in the Gospels.”

Dan lys die skrywers die belangrikste getuienisse wat sekere aspekte van die vroeë Jesus-tradisie bevesting en wat deur historiese figure soos Thallus (50’s n.C.), Pliny (110 n.C.), Suetonius (120 n.C.), Celsus (180 n.C.), Lucian van Samosata (165 n.C.), Tacitus (115 n.C.) en Josefus (75-94 n.C.) gerapporteer is.

Die gevolgtrekking waartoe Boyd en Eddy kom in hulle oorsig van hierdie sekulêre getuienis is die volgende:

“This evidence arguably confirms that Jesus existed (Pliny, Tacitus, Josephus) and had a brother named James, who was killed when Ananus was high priest (Josephus). Jesus was known to be a wonder-worker (Josephus, Celsus). A wise man, and a teacher (Josephus), and he was regarded by his followers as divine (Pliny). He was crucified (Tacitus, Lucian, Josephus) under Pontius Pilate during the reign of Tiberius (Tacitus, Josephus), and his crucifixion seems to have been accompanied by a very long darkness (Thallus). This crucifixion, far from squelching the movement, seems to have been a catalyst for its growth (Tacitus). By AD 49 it was large enough to have incited riot, resulting in Claudius banishing the Jews from Rome for a while, thus confirming Luke’s report in Acts (Suetonius). By the early 60s the movement had become so widespread that Jesus’s disciples could be plausibly blamed by Nero for a citywide fire (Tacitus). And by the turn of the century it had spread all the way to Bithynia, where it was large enough to cause problems for the governor (Pliny).”

Sien ook die volgende verwysings oor waarom ʼn mens nie gaan verwag dat daar meer verwysings na Jesus in sekulêre bronne sou wees van rondom die eerste eeu nie:

Die vier evangelies sowel as Paulus se boeke is volgens baie Bybelwetenskaplikes, eers ná die jaar 50 GE geskryf en kan dus nie as verslae van ooggetuies beskou word nie.

Dis beslis nie oor wanneer die evangelies geskryf is wat maak dat baie Bybelwetenskaplikes dit nie as ooggetuie-verslae beskou nie. ʼn Ooggetuie kan immers dekades later steeds neerskryf waarvan hy ʼn ooggetuie was. Nee, ʼn paar van die hoofredes waarom die evangelie-skrywers nie as ooggetuie-verslae beskou word nie is omdat hierdie Bybelwetenskaplikes nie dink dat die tradisionele outeurs die skrywers van die evangelies was nie, ook nie ooggetuies was nie, en ook nie met ooggetuies gepraat het nie. Maar die argumente wat gegee word is hoogs aanvegbaar en daar is baie navorsers wat die tradisionele outeurs en die rol van ooggetuies in die neerskryf van die evangelie-verhale bevestig. Sien bv. die volgende artikel: Wie het die Evangelies geskryf?

Die vier evangelies weerspreek mekaar nog boonop betreffende die besonderhede van gebeure net na die beweerde opstanding van Jesus! Vergelyk in verband hiermee Johannes 20:1, Matthéüs 28:1 en Markus 16:1-2. Die probleem is dat hierdie dinge so lank gelede plaasgevind het, dat dit bykans onmoontlik is om vas te stel wat die werklike verloop van gebeure was.

Wanneer ʼn mens iemand hoor sê, “Die probleem is dat hierdie dinge so lank gelede plaasgevind het, dat dit bykans onmoontlik is om vas te stel wat die werklike verloop van gebeure was,” dan is dit natuurlik ʼn duidelike aanduiding dat die aard en omvang van die konsep “historiese navorsing” vir so ʼn persoon heeltemal duister is. So ʼn opmerking is die absolute antitese van wat dit beteken om die geskiedenis na te vors. As so ʼn stelling selfs naastenby waar was, dan was daar geen departemente van antieke geskiedenis van byna enige aard aan enige van die wêreld se universiteite nie.

Hier is die gerespekteerde Nuwe Testamentiese historikus, E.P. Sanders, se mening oor die historiese Jesus:

“I shall first offer a list of statements about Jesus that meet two standards: they are almost beyond dispute; and they belong to the framework of his life, and especially of his public career. (A list of everything that we know about Jesus would be appreciably longer.) Jesus was born c 4 BCE near the time of the death of Herod the Great; he spent his childhood and early adult years in Nazareth, a Galilean village; he was baptised by John the Baptist; he called disciples; he taught in the towns, villages and countryside of Galilee (apparently not the cities); he preached ‘the kingdom of God’; about the year 30 he went to Jerusalem for Passover; he created a disturbance in the Temple area; he had a final meal with the disciples; he was arrested and interrogated by Jewish authorities, specifically the high priest; he was executed on the orders of the Roman prefect, Pontius Pilate.”

“Historical reconstruction is never absolutely certain, and in the case of Jesus it is sometimes highly uncertain. Despite this, we have a good idea of the main lines of his ministry and his message. We know who he was, what he did, what he taught, and why he died. ….. the dominant view [among scholars] today seems to be that we can know pretty well what Jesus was out to accomplish, that we can know a lot about what he said, and that those two things make sense within the world of first-century Judaism.” The Historical Figure of Jesus, p10-11

Verder, om ʼn prentjie te skets van die onkunde wat hier ter sprake is spesifiek met verwysing na die idee van teenstrydighede in die algemeen en in verwysing na die gebeure rondom die opstanding spesifiek, beskou die volgende opmerkings van Jeffrey Jay Lowder. Lowder is ʼn ateïs en die medestigter van Internet Infidels, een van die grootste webwerwe vir die saak van ateïsme. In ʼn artikel genaamd How Not to Argue Against the Historicity and Resurrection of Jesus, in reaksie op die skrywe van ʼn mede-ateïs, Dennis McKinsey, skryf Lowder o.a. die volgende:

“McKinsey argues that the New Testament accounts of the resurrection are contradictory. Unlike the previous objection, I believe this objection is true. (However, I think that critics of inerrancy sometimes overstate the extent of these discrepancies. Some of the alleged discrepancies can be plausibly reconciled without appealing to ad hoc explanations.) But, as my earlier remarks should make clear, I believe that objection (2) is irrelevant to the truth of the Resurrection. From a theological perspective, the Bible does not have to be inerrant in order for the Resurrection to be true. And historically speaking, even if one treats the NT accunts of the Resurrection as historical accounts, the fact that those accounts contradict one another about incidental details provides no direct evidence against the Resurrection itself. Indeed, this is a problem that historians routinely face when assessing historical texts. But historians do not throw out entire groups of documents simply because the documents contradict one another about the incidental details. Instead, historians try to determine the best historical explanation for those disagreements, in an attempt to identify the core historical details.”

Die volgende woorde van Lowder is die moeite werd om te herhaal: “But historians do not throw out entire groups of documents simply because the documents contradict one another about the incidental details.” So, selfs al verwys Johannes 20:1, Matteus 28:1 en Markus 16:1-2 inderdaad na onversoenbare teenstrydighede (en dit doen nie; sien bv. Alleged Contradictions in the Gospels deur Timothy McGrew) beteken dit nie dat die opstanding, vir daardie rede, nie plaasgevind het nie. Dis eenvoudig nie hoe historici met hulle bronne te werk gaan nie. (Terloops, ek het al voorheen op Jaco Steyn, die kommentator hier, se aansprake gereageer en die feit dat hy dit maar net weer hier herhaal is, na mening, ʼn bewys dat hy eenvoudig nie belangstel in ʼn verantwoordelike siening van geskiedkundiges se werkswyses nie.)

Die kwessie oor foute of teenstrydighede in die Bybel het ek al op verskeie plekke aangespreek:

Soortgelyk aan bespiegelinge oor die ontstaan van lewe op aarde, die ouderdom van die aarde, die moontlike bestaan van ‘n “super-beskawing” in Atlantis en die moontlikheid van buiteruimtelike wesens se betrokkenheid by die ontstaan van die mensdom, is bespiegelinge oor die lewe van Jesus, hoofsaaklik op geloof gebaseer.

Weer eens, hierdie verwysing na die sogenaamde “bespiegelinge oor die lewe van Jesus” strook hoegenaamd nie met die gevolgtrekkings van die meerderheid historici rakende die historiese Jesus nie. Dis die woorde van iemand wat ingekoop het by die radikale skeptici van die Jesus-mitici wat geensins deur hoofstroom Jesus-navorsers ernstig opgeneem word nie.

So gepraat van bespiegelinge. Enigiemand wat dalk mag dink dat Acharya S ʼn kundige en onpartydige kritiese denker was (sy is in 2015 oorlede), is waarskynlik salig onbewus van wie die uitgewers is wat haar boeke publiseer (sien ook hierdie artikel in evaluering van haar werk). Eerstens is daar Adventures Unlimited Press wat allerlei boeke publiseer oor samesweringsteorieë, vreemde vlieënde voorwerpe, buiteruimtelike wesens, en ironies genoeg juis ook oor die super-beskawing van Atlantis (sien https://adventuresunlimitedpress.com/categories.php).  Acharya S self was ʼn aanhanger van teorieë oor “U.F.O.’s” en aliens (sien haar webwerf: www.truthbeknown.com). Die ander uitgewery, Stellar House Publishing, het Acharya S self gestig om haar boeke te publiseer.

__________________

Vervolgens ‘n paar skakels wat as verdere toeganklike toeligting dien oor Jesus en die aanspraak dat hy nie bestaan het nie:

Video’s:

Blogs:

Artikels:

 

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*