Die bewaringsmandaat

(Hierdie is ʼn uittreksel van ʼn groter gesprek oor ook ander sake)

 

Udo,

As mens worstel met iets, sal jy wel een of ander boekie of praatjie vind om jou gerus te stel dat alles ok is. So is daar ‘n groot groep Christene wat gerieflikheidshalwe vergeet van Genesis 1:26 en glo dat die hoofrede vir hulle bestaan is om God te dien. Dit dan kwansuis hoekom God mense sou nodig hê…? Om Hom te dien? Mmm… Dit is ook die kern van ‘n bekende evangelis se 40-dae konsep… En laat ek bykomend tot dit vinnig hierna verwys – http://dawnbible.com/1975/7504ib13.htm. Kyk wat die skrywer kwytraak in sy laaste 2 paragrawe… Asof hy/sy dit gelate aanvaar dat die mens intussen die Aarde kan opdinges aangesien dit alles eendag weer op ‘n wonderbaarlike manier reggemaak en vernuwe sal word (met Jerusalem as hoofstad mos)! Hieroor het ‘n ander kommentator geskryf (en jammer, ek het nie meer die bronverwysing nie):

Exalted we are indeed, risen to be the mind of the biosphere without a doubt, our spirits capable of awe and ever more breathtaking leaps of imagination. But we are still part of earth’s fauna and flora. We are bound to it by emotion, physiology, and not least, deep history. It is dangerous to think of this planet as a way station to a better world, or continue to convert it into a literal, human-engineered spaceship. Contrary to general opinion, demons and gods do not vie for our allegiance. We are self-made, independent, alone and fragile. Self-understanding is what counts for long-term survival, both for individuals and for the species.

Winkelsmidt

 

Winkelsmidt,

Jy noem dat Christene meestal vergeet van Genesis 1:26 en daarmee suggereer jy klaarblyklik dat die Bybel aan die mens vrye teuels gee om die aarde “op te dinges”. (Ek sal graag wil sien met watse verwronge eksegese jy vorendag kom om dit uit Genesis 1, of enige ander plek in die Bybel, te regverdig!) Ter ondersteuning verwys jy na die volgende twee paragrawe (by http://dawnbible.com/1975/7504ib13.htm):

“He then goes on to enumerate some of those creatures, which include the sheep and oxen, the beasts of the field, the birds of the air, the fish of the sea, and whatever passes along the paths of the sea. And although man was appointed by God as a steward over these lower orders, he must learn to appreciate that he, too, is a part of nature and is responsible not only for the animal life, in all of its varied forms, but also for the natural resources of the earth. It is only in recent years that there has been an awakening to the responsibilities in this connection. He is now faced with staggering problems throughout most of the world, with polluted streams, eroded soil, vanishing wildlife, and unhealthy air. It has become of serious concern for many as they contemplate the compounding problems of the future, which are indeed most perplexing.

But we believe that the Scriptures teach us that this condition will not continue always, but will, with the inauguration of Christ’s millennial kingdom, give way to a reconstruction work that will include man’s relationship to his natural surroundings. The whole situation will be reversed in that future time of blessing when he learns to cooperate with nature and once again regains his God-given dominion over the lower creation.”

Nou moet jy my asseblief help verstaan wat jy in hierdie twee paragrawe sien wat as goedkeuring of aanmoediging dien om die aarde te verniel en te verwoes? Is die opskrif van hierdie gedeelte dan nie juis “Man’s Responsibility for Creation” nie? Is dit nie juis die skrywer se punt om te wys dat mense nie die opdrag in Genesis 1:26 nagekom het nie? Vind hy dit nie juis betreurenswaardig dat die mens die aarde verniel het en dat die mens eers onlangs begin wakker skrik het noudat ons met geweldige ekologiese probleme gekonfronteer word nie? In die laaste paragraaf gaan die skrywer voort om te wys dat die Bybel dui op ‘n einde aan hierdie vergrype teen die aarde en dat ons kan uitsien na ‘n toekomstige herskepping waar die mens in harmonie met die natuur sal leef soos wat God dit bedoel het. Jy hoef nie hierdie idee van ‘n herskepping te glo nie, maar waar, vra ek weer, is die probleem met wat in Genesis 1:26 staan? (Terloops, nêrens in die Bybel is Jerusalem die hoofstad van enigiets nie, ek weet nie waar jy daaraan kom nie.)

 

Udo,

Nee, ek het nie geïmpliseer dat die Bybel mens vrye teuels gee om die Aarde op te dinges nie, ek het gesê dat predikers/evangeliste die Genesis vers baie keer gerieflikheidshalwe vergeet (en ek het spesifiek verwys na die evangelis wat die 40 Dae konsep/kursus uitgedink het wat baie kerke volg en wat tot die slotsom kom dat God die mens sou geskape het spesifiek vir die doel om Hom te dien). Ek het ook verwys na die betrokke Internet skrywer se hantering daarvan. Ja, hy keur dit af, maar hy smeer uiteindelik salf aan die wond deur mens daaraan te herhinner dat dit nie so ernstig is nie, want alles sal weer herstel word. Dit grief my, want die erns en die verantwoordelikheid ten opsigte van die saak word vermy. Oor Jerusalem (en die verwysing na die 12 stamme van Israel wat klaarblyklik selfs in die nuwe wêreld nog relevansie gaan hê): Openbaring 21.

 

Winkelsmidt,

So jy het bedoel dat Genesis 1:26 gerieflikheidshalwe vergeet word as die mens se mandaat om ook na die aarde om te sien. As dit is wat jy bedoel het, dan stem ek saam en dis betreurenswaardig. Om God te dien sluit beslis nie so ‘n mandaat uit nie. Ek sien egter geen rede waarom ‘n beklemtoning van die idee van die aarde se herskepping beteken dat erns en verantwoordelikheid vir ons bestuur van die huidige aarde en haar hulpbronne vermy word nie. Ek sien dit ook nie by die skrywer waarna jy my verwys het nie.

Oor die verwysing na die Nuwe Jerusalem in Openbaring 21: dit verwys nie na ‘n hoofstad of selfs eers ‘n fisies stad nie (soos enige goeie kommentaar jou mee kon gehelp het). Die genre van die hele Openbaring is apokalipties en die beelde wat daarin gebruik word moenie summier letterlik verstaan word nie. Die “Nuwe Jerusalem” in Openbaring verwys na die idee van herskepping as geheel en nie na ‘n fisiese stad waarin almal eendag gaan woon nie. Maar ek gaan beslis nie verder of weer met jou stry oor enige eksegese nie; dis duidelik dat ons drasties verskillende hermeneutiese vertrekpunte het.

Udo

 

Udo,

Weereens ‘n voorbeeld van twee mense wat presies dieselfde ding lees maar dit verskillend interpreteer. Ek het toevallig bietjie van ‘n sensitiwiteit teenoor hierdie betrokke aspek juis op grond daarvan dat daar baie Christene is (selfs die meerderheid?) wat presies dieselfde uitgangspunt het daaroor, naamlik – ja, dit is regtig jammer dat almal die planeet so opdinges, maar gelukkig gaan alles tog maar weer eendag wonderbaarlik herstel word, so dit is darrem nie die einde van die wêreld nie (!). Dit is baie soortgelyk aan hoe sommige Christene sal vloek, of iemand finansieël sal uitbuit, of die spoedgrens sal oortree, of ‘n hele paar klipdriffies met “eish” te veel in neem en nog huis toe bestuur sonder om dit enigsins te ernstig op te neem aangesien hy Sondag mos weer kerk toe gaan en vergifnis daarvoor gaan vra… Laat ek dit hierdie keer pertinent uitwys dat ek nou net ‘n veralgemening gemaak het en dat ek jou nie van sulke sonde beskuldig nie. Laat ek ook byvoeg dat by vêrre die meerderheid Moslems nie dieselfde lukrake benadering het as dit by sonde kom nie en dat hulle ‘n baie strenger en meer toegewyde lewensbenadering het. Oor wat reg is en wat verkeerd is, wat sondig is en wat nie sondig is nie, wil ek myself egter nie weer oor uitlaat nie. 

Ek neem kennis daarvan dat ek nie die apokaliptiese beelde van Openbaring te letterlik moet opneem nie. Ek doen dit nie. Ek wonder egter oor waarom dit juis Jerusalem genoem word en waarom die 12 stamme van Israel steeds so relevant is. Ek maak die afleiding dat die betrokke verwysings daarop dui dat dit bloot ‘n kultuur- en tydgebonde antieke geskrif is en dat dit dus nie universieel toegepas kan word nie. Dit is my afleiding daarvan. Bondig en logies. ‘n Kaal keiser.

Winkelsmidt

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.