‘Black Monday’: a Christian perspective

South Africa is as divided as ever with the “Black Monday” campaign and ensuing reaction.

Pictures of farm murders and old South African flags dominated the media recently and every second person has an opinion.

Taking this hot issue to the Cross, we consider a possible Christian perspective. Listen to the following talk by Johan Erasmus: The Sunday after Black Monday

 

‘n Paar wenke sou jy wil deelneem aan die plaasmoorde optog van 25 November:

As jy beplan om Saterdag 25 November Unie-geboue toe te gaan dan is hier ʼn paar wenke:

  • Die plaasmoorde is verskriklik en moet bekamp word. Soek oplossings om dit te verseker. Moenie net politici beskuldig nie, kom met ʼn paar voorstelle na die tafel toe.
  • As jy ʼn klompie ver regses sien wat ʼn ou Suid-Afrikaanse vlag waai of iets met ʼn 4 kleur doen – gaan jaag hulle weg en maak seker jou optog is skoon van rassiste wat dit as ʼn platform wil gebruik vir Apartheid-nostalgie. (Vat ʼn paar vriende saam, daardie ouens is gewoonlik nogal aggressief.)
  • Moenie jou ‘saak’ in isolasie sien nie. Suid-Afrika het ongelukkig baie misdaad en jou vriende en familie op die plase was moontlik al ʼn slagoffer daarvan. Hulle is egter nie die enigste mense wat al slagoffers in hierdie land was nie. Die mense in die townships sukkel regtig baie met misdaad, gaan gesels bietjie met ouens van Tembisa of Diepsloot oor die daaglikse misdaad-verwante probleme waarmee hulle gekonfronteer word.
  • Moet asb. nie dink misdaad in hierdie land is swart teenoor wit nie. Dit is baie meer gekompliseerd en jou saak is nie afhanklik van so ʼn simpel stelling nie.
  • Wees ook bewus van die feit dat baie plaaswerkers sleg hanteer word in hierdie land. Jou saak is steeds geldig, maar terwyl jy dink aan oplossings, sluit die plaaswerkers se omstandighede ook in jou planne in.
  • Pasop vir halwe waarhede. As jy iets op Facebook wil deel om hierdie saak blootstelling te gee, maak seker die webtuistes en statistieke wat jy deel is geloofwaardig.
  • Moet dit asb. nie ‘white genocide’ noem nie.
  • As julle weer kruise gaan plant, gebruik dit as inspirasie. Moenie aangehits word deur van die EFF ouens wat moontlik daar gaan wees nie. Moenie vuur met vuur beveg nie. Jesus het al die woede wat na sy kant toe gegooi is tot liefde getransformeer. So maak seker daardie kruise word nie net in die grond geplant nie, maar ook in jul harte.
  • Wanneer daar weer ʼn edel protesaksie is wat nie noodwendig Afrikanerbelange beïnvloed nie, gee jou steun, al is dit net ʼn ‘share’ of ‘n ‘post’. Wys Suid-Afrika dat jy nie net omgee oor die wittes nie, maar die hele land.
  • Drink baie water en onthou sonbrandroom!

Sterkte
Johan Erasmus

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.