Antwoord Bediening

bied aan

Brug-Bou

'n Kursus as uitdaging en motivering om beter aansluiting te vind by mense en die węreld waarin ons leef

Die naweek van 20-22 April 2007
Bayete Kampterrein naby Modimole (Nylstroom)
Ons is daagliks in aanraking met mense van uiteenlopende oortuigings. Hoe goed verstaan ons die mense rondom ons en hoe effektief is ons daarin om hulle te help om aansluiting te vind by Jesus? Hoe kan ons beter verstaan waar ons vriende, kollegas of selfs familie hulleself bevind in hoe hulle oor die węreld dink? En hoe ontmoet ons hulle dan waar hulle is? Hoe bou ons ? brug na mense? Wat beteken dit om sout en lig te wees? Hierdie baie praktiese en interaktiewe kursus kyk onder andere na die volgende: Hierdie kursus is ontwikkel deur die Apologetiek Netwerk, ‘n samewerkingsooreenkoms tussen AntWoord, Truth Alive en die Johannesburg Bible College.
Die koste vir die naweek se verblyf, etes en kursusmateriaal beloop R240 pp. Vir meer inligting en plekbespreking, kontak vir André (082 795 4757) of Udo (082 730 3933), of e-pos na antwoorde@yahoo.com Besprekingsgetalle is beperk tot 30 mense (RSVP teen einde Maart). Kampgelde na ABSA, I Karsten, rek nr. 380 1674 1466, tak nr. 632 005 (Jou naam as verwysing).