deur André van Zyl
"Make a decisive dedication of your bodies as a living sacrifice, holy and well pleasing to God, which is your reasonable service and spiritual worship. Do not be conformed to this world (this age), [fashioned after and adapted to its external, superficial customs], but be transformed by the entire renewal of your mind [by its new ideals and new attitude] so that you may prove what is the good and acceptable and perfect will of God." Romeine 12:1-2 (Amp) Verkort
"It is hard to witness to truth to people who believe that truth is relative ("Jesus works for you; crystals work for her"). It is hard to proclaim the forgiveness of sins to people who believe that, since morality is relative, they have no sins to forgive." Gene Edward Veith
"Wees versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe" Spreuke 4:23
Die wêreld waarin Christene vandag lewe is vreemd. Verskeie morele standaarde en aanvaarbare gedragspatrone wat deur die eeue heen as reg en onveranderlik beskou is, word nou skielik bevraagteken en selfs verwerp. Dit is ook nie net buite-kerklikes wat die vrae vra nie, baie vrae kom vanuit die kerk self. Die Christelike geloof maak definitiewe waarheidsaansprake oor verskeie sake. Hierdie aansprake veroorsaak baie emosie by kritici en dit lei dikwels tot aanvalle op die Christelike geloof en die idees wat dit onderlê.
In die verlede was die lyne tussen reg en verkeerd duidelik vasgestel. Reg was reg, verkeerd was verkeerd en sonde was sonde. Vandag lyk dit asof reg en verkeerd vasgevang geraak het in 'n grys mis van onsekerheid (relatiwiteit). Reg en verkeerd hang van die individu af. Sending is skynbaar sonde, want elkeen kan glo wat hy wil. Goeie oordeel word gesien as veroordeling en dít word nie toegelaat nie.
Waar kom al hierdie veranderinge vandaan? Waar pas Christene en die Evangelie in hierdie mengelmoes van idees en optrede in?
Die beskrywing hierbo skets 'n prentjie wat mense se denke in die "postmoderne" tyd weerspieël. Postmodernisme het grootliks ontstaan as 'n rebellie teen die idees van modernisme. Wat dit presies beteken om in 'n postmoderne tyd te leef, is 'n moeilike vraag om te beantwoord. Postmodernisme probeer doelbewus vaag en ontwykend wees en word ook nie deur 'n duidelike stel beginsels onderlê nie. Dit is juis omdat postmodernisme nie duidelik omskryf is nie, dat dit moeilik is om kritiek daarop uit te spreek. Al is postmodernisme 'n doelbewuste "vae" lewensbeskouing, kan daar steeds duidelike denkpatrone en onderliggende filosofieë geïdentifiseer word wat onlosmaaklik deel is daarvan. Sodra hierdie idees en filosofieë geïdentifiseer is, word dit makliker om die uitdagings wat postmodernisme tot gevolg het sinvol aan te spreek.
Sekerlik die belangrikste konsep wat postmodernisme onderlê, is die gedagte dat niemand die waarheid akkuraat kan beskryf nie. Elke waarnemer kan slegs "sy perspektief" op die waarheid gee. Hierdie individuele perspektief op die waarheid is volgens postmoderniste tot so mate deur die persoon se eie denke en persepsies beïnvloed dat dit nie betroubaar is nie.
Postmodernisme het nie uit die lug geval nie. Daar kan 'n duidelike lyn vanuit die geskiedenis getrek word tot by die denkpatrone wat vandag in postmodernisme gesien kan word. Een manier om die konteks waarbinne postmodernisme ontwikkeling het te verstaan, is om die geskiedenis in drie hoof tydperke te verdeel. Elkeen van hierdie tydperke kan weer verder geanaliseer word om die onderliggende idees en sosiale patrone wat in daardie tyd dominant was, te identifiseer. 'n Opsomming van hierdie vergelyking is as Addendum A aan die einde van hierdie studiestuk beskikbaar.
Elk van die tydperke wat vervolgens bespreek gaan word, word deur spesifieke idees of filosofieë onderlê. Dit is belangrik om 'n onderskeid te tref tussen die tydperk waarin iemand leef (moderne tyd) en die aanvaarding en uitleef van die onderliggende filosofie (modernisme).
Die filosofie wat 'n spesifieke tydperk onderlê, is dikwels baie teoreties en diep onder die oppervlak versteek. Die onderliggende filosofie is egter bepalend vir hoe mense in daardie tyd sal optree. Deur die onderliggende filosofie uit te ken en te verstaan, word die redes vir die gedrag van die mense van 'n spesifieke tyd duideliker.
"Modernists view the world, including humans, as one gigantic machine, placing their faith in rationality (the ability of humans to understand their world), empiricism (the belief that knowledge can only be gained through our senses), and in the application of rationality and empiricism through science and technology." Dennis McCallum
Die moderne tyd is die era wat op die pre-moderne tyd gevolg het. Dit is ook die tydperk waaruit die Westerse wêreld op die oomblik beweeg. Die aanvang van die moderne tyd was die gevolg van 'n paar belangrike gebeure wat die mens uit die pre-moderne tyd geskud het:
Die idees (filosofieë) van die modernisme
Godsdiens in die modernistiese tyd
Die tradisionele idee van 'n skepper God, wie se Seun mens geword het en wat deurentyd in sy skepping betrokke is, word in die moderne tyd vervang met deïsme of ateïsme.
Modernists believe in determinacy; postmodernists believe in indeterminacy. Whereas modernism emphasizes purpose and design, postmodernism emphasizes play and chance. Modernism establishes a hierarchy; postmodernism cultivates anarchy. Modernism values the type; postmodernism values the mutant. Modernism seeks the logos, the underlying meaning of the universe expressed in language. Postmodernism, on the other hand, embraces silence, rejecting both meaning and the Word... Modernism is interested in depth; postmodernism is interested in surfaces. Postmodernism attempts to re-order thought and culture on a completely different basis, accepting reality as a social construction...Ihab Hassan in G.E. Veith
Postmodernisme is 'n reaksie op die idees van modernisme en staan in sommige gevalle die idees lynreg teen. Die grootste gevaar vir waarheid is nie die duidelike valsheid (modernisme) nie, maar eerder die halwe waarheid (postmodernisme). Die duidelike valsheid kan raakgesien en direk beveg word, maar die halwe waarheid lyk en voel dikwels instinktief heeltemal reg. Die kern van die gevaar lê in die invloed wat postmodernisme op die denke van die alledaagse mens het.
Volgens Douglas Groothuis kan die volgende redes vir die oorgang van modernisme na postmodernisme uitgewys word:
According to postmodernists, all reality is virtual reality. G.E. Veith
Om Postmodernisme akkuraat te definieer is baie moeilik. Daar bestaan nie 'n universeel aanvaarde definisie nie. Die volgende aanhaling van McCullam gee 'n goeie beskrywing van 'n samelewing in die postmoderne tyd.
Postmodernists believe that things like reason, rationality, and confidence in science are cultural biases. They contend that those who trust reason - and things based on reason, like science, Western education, and governmental structures - unknowingly act out their European cultural conditioning. This conditioning seeks to keep power in the hands of the social elite. Thus tolerance becomes the cardinal virtue. Under postmodernist way of thinking, the principles of cultural diversity means that every likeminded group constitutes a culture that must be considered as good as any other culture… The post-modernist sins are "being judgemental", "being narrow minded", "thinking you have the only truth" and "trying to enforce your values on anyone else." Those who question the post-modernist dogma that "there are no absolutes" are excluded from the canons of tolerance. The only wrong idea is to believe in truth; the only sin is to believe in sin.
Die gevolge van postmodernisme deursuur die hele samelewing. Die meerderheid mense sal die spore van die onderliggende filosofie in hul eie denke gereflekteer sien. Die kans is skraal dat enige mens wat deur die massamedia met 'n oormaat postmodernistiese gedagtes gebombardeer word, nie daardeur beïnvloed sal word nie. Die volgende eienskappe en optrede kan in 'n samelewing wat postmodernisme ter harte geneem het, gesien word:
Voor daar verder na die eienskappe van postmodernistiese filosofie gekyk gaan word, is dit belangrik om drie spesifieke punte van kritiek te verstaan. Die volgende drie konsepte sal gereeld in die kritiek op postmoderne denke gebruik word:
Die volgende algemene eienskappe van postmodernistiese filosofie kan uitgeken word. Al die eienskappe is nie noodwendig sleg nie. Verskeie van die eienskappe is egter in lyn met die Christelike lewensbeskouing, maar die spesifieke klem en/of verbuiging daarvan soos in die postmoderne denke gesien kan word, skep probleme.
Relativisme is die idee dat waarheid nie bepaal word deur die realiteit buite die waarnemer nie, maar deur 'n groep of die individu self. Hiervolgens word waarheid nie ontdek nie, dit word geskep. Omdat waarheid direk van die individu afhanklik is,is daar geen universeel geldende waarhede nie. Elkeen en elke situasie bepaal wat reg en verkeerd is. Dit beteken iets kan reg wees vir een persoon en verkeerd vir die ander, sonder dat daar 'n teenstrydigheid is. Dit is belangrik om daarop te let dat dit wel moontlik is dat twee partye beide verkeerde opinies oor die werklikheid kan hê, waarvan die een minder verkeerd is as die ander. Die realiteit bly egter steeds dat beide partye verkeerd is. Volgens postmoderniste is daar egter geen absolute kennis en geen absolute morele standaard nie.
Die onderliggende selfweerlegging: Postmoderniste is van mening dat daar geen universeel geldende absolute waarheid is nie. Is hierdie stelling slegs 'n opinie of is dit 'n universeel geldende absolute waarheid? Is dit onder alle omstandighede en vir alle tye waar? Indien die antwoord op die vraag "ja" is, is die postmoderniste besig om aanspraak te maak om 'n stukkie absolute waarheid aan te hang. Maar het hulle nie nou net gesê daar bestaan nie so iets nie? Hulle sê in effek "Dit is absoluut waar dat daar geen absolute waarhede bestaan nie". Die praktiese implikasies daarvan om te sê dat daar geen absolute morele standaarde is nie, bring die selfweerleggende aard van die filosofie duidelik aan die lig. Hierdie aspek van postmoderne filosofie is ook nie leefbaar nie. Dit is maklik om te sê dat daar nie so iets soos reg en verkeerd is nie, maar indien die spreker self die slagoffer van onreg word, is die ervaring gewoonlik heeltemal anders. Mense (selfs postmoderniste) beroep hulle op die feit dat dit wat hulle aangedoen is, moreel verkeerd is.
Hierdie konsep impliseer dat kulture en individue nie onafhanklik bestaan en geken kan word nie. Beide kultuur en individualiteit word gekonstrueer (gebou) deur die omgewing en die samelewing. Hiervolgens is die mens nie 'n individu wat onafhanklik bestaan nie, maar slegs 'n konstruksie van sy kultuur en tyd. Daar bestaan dus geen algemene menslikheid met algemene beginsels en eienskappe nie. Elke individu is totaal geïsoleerd en sonder betekenis want hy is slegs 'n skepsel van sy kultuur. Alle denke sou daarom ook 'n sosiale konstruksie blyk te wees. Geen mens kan weet dat hy die waarheid ken nie, want sy denke is deur sy kultuur bepaal. Soos modernisme die dood van God nagestreef het, streef postmodernisme die dood van individualiteit na.
Die onderliggende selfweerlegging: Indien dit waar is dat alle kulture en individualiteit gekonstrueer is, hoekom moet hierdie denkers se idees as waar aanvaar word? Dit volg tog logies dat hulle idees ook slegs sosiale en kulturele konstruksies moet wees wat nie hul denke of enige vorm van waarheid kan weerspieël nie. As konstruktivisme dus nie "waar" is nie, maar slegs 'n sosiaal gekonstrueerde idee, ontstaan die vraag oor wat daarmee gemaak moet word?
Voortvloeiend uit die vorige punt is taal ook slegs 'n sosiale konstruksie en kan nie die realiteit akkuraat weergee nie. Verskillende tale beskryf dinge verskillend en kan dus nie betekenis deel nie. Indien taal nie waarheid sou kon weergee nie, het elke persoon het sy eie storie of narratief (wat die waarheid verberg), met 'n onderliggende meta-narratief (onderliggende storie) wat die werklike betekenis bevat. Hierdie suspisie van taal beteken dat geen teks op die oog af waarheid kan weerspieël nie en daar moet na die onderliggende "waarheid" gesoek word.
Die onderliggende selfweerlegging: Postmoderniste gebruik taal om 'n akkurate beskrywing te gee van die onvermoë van taal om dinge akkuraat te beskryf,. Is die taal wat hulle gebruik nie ook 'n sosiale en kulturele konstruksie nie? Hoe kan hulle idees oor die werklikheid wat in taal uitgedruk word, geglo word as hulle self sê niks wat in taal uitgedruk word behoort geglo te word nie?
Volgens hierdie idee gebruik die huidige sosiale elite hul idees en taal om die status quo te onderhou. Hierdie filosofie is 'n oorblyfsel van die idees van Marx wat beweer het dat alle optrede en besluite gegrond in die motief van die behoud van mag. Die postmoderne standpunt is dat voorheen benadeelde groepe nou bevoordeel en aangemoedig moet word. So word die rol van vrouens en homoseksuele mense baie sterk na vore gedruk. Debat en denke is ondergeskik aan retoriek en propaganda.
Die onderliggende selfweerlegging: Indien alle idees en taal oor mag gaan, gaan postmoderne denkers se standpunte ook oor mag. Dan moet geglo word dat hulle ook die status quo probeer beskerm. Indien postmoderniste self met 'n magspel besig is, moet hulle idees tog nie aanvaar word nie, maar eerder teengestaan word.
Dekonstruksie is die volgende konsep wat direk uit die voorafgaande suspisie van taal en magspeletjies vloei. Dit verwys na 'n tegniek wat postmoderne akademici gebruik om by die "werklike" storie (narratief) uit te kom. Hulle neem enige verhaal en poog om die onderliggende magspel in die teks raak te sien en so die werklike betekenis te "ontmasker". So sal 'n verwysing in die Bybel na God as 'n manlike figuur se meta-naratief dui op die mansgedomineerde wêreld waarin dit geskryf is. Volgens postmoderniste poog die skrywer om hierdie onderdrukking te onderhou en versterk.
Die onderliggende selfweerspreking: Indien dekonstruksie op die postmoderne skrywers se eie skryfwerk toegepas word, sal die "werklike" betekenis ontdek kan word. Daar moet aanvaar word dat hulle self met 'n magspel besig is en dat hulle poog om hul eie saak te bevoordeel deur die toepassing van dekonstruksie op die werk van ander. Die vraag ontstaan ook of dit vir een persoon moontlik is om 'n ander se skryfwerk op 'n geloofwaardige manier te dekonstrueer.
Verdraagsaamheid word deur postmodernisme verhef tot die absolute en enigste gewenste deug. Alle individue se siening moet aangehoor en aanvaar word as net so waar as alle ander sienings. Geen beoordeling van 'n standpunt word toegelaat nie, omdat niemand kwansuis 'n ander persoon se "waarheid" kan beoordeel nie. Verdraagsaamheid word nie beskou as 'n positiewe eienskap waardeur ander die ruimte gegee word om hul standpunte te stel nie. Die realiteit is egter dat dit hier eerder beteken dat geen waarheid objektief en geen waarde normatief is nie. Met ander woorde verkeerde idees word nie meer verdra (al is hulle verkeerd) nie, verdraagsaamheid soos dit in postmodernisme toegepas word impliseer dat daar geen verkeerde idees meer is nie.
Die onderliggende selfweerlegging: Postmodernistiese verdraagsaamheid predik aanvaarding van alle idees. Daar word egter nie bedoel alle idees nie. Met alle idees word bedoel alle idees wat nie aanspraak op absolute of eksklusiewe waarheid maak nie. Postmoderniste wat verdraagsaamheid so hoog aanslaan word self geheel en al onverdraagsaam as Christene sê Jesus is die enigste weg na die Vader.
Pluralisme beteken in hierdie konteks die onversoenbaarheid tussen groepe. Elke mens is deel van 'n groep en kan nie van groep verwissel, ander groepe verstaan of deel van 'n groter groep word nie. Die groep waarvan iemand deel is, word 'n boksie waarin die persoon vasgevang is. Dit impliseer dat niemand reg of verkeerd is, of kan wees nie, want almal is verskillend en het verskillende perspektiewe en elkeen moet met hulle unieke perspektiewe aanvaar word. Indien alle kulture en waardes relatief is hoef nie een daarvan ernstig opgeneem te word nie.
Die onderliggende selfweerlegginging: Postmoderniste sien hulself as die een "groot" groep waarvan almal deel is, maar beweer terselfdertyd dat geen so groter groep bestaan nie.
Eklektisisme is 'n "meng en pas" benadering. Postmoderniste neem dele van enige filosofie, godsdiens of denkrigting wat hulle pas en konstrueer hul eie filosofie, godsdiens of denkrigting. Aspekte uit teenstrydige godsdienste of denkrigtings word in postmodernistiese filosofie versoen terwyl die teenstrydighede geïgnoreer of as onbelangrik afgemaak word.
Die onderliggende selfweerlegging: Postmoderniste tree baie paternalisties op deur hul aandrang op eklektisisme. Hulle steur hulle nie aan besware deur kenners van 'n spesifieke veld of godsdiens dat sekere feite onversoenbaar is met sekere ander feite nie. Sonder 'n in diepte kennis besluit postmoderniste dat hierdie kenners verkeerd is en alle besware word geïgnoreer.
Vanuit die bogenoemde eienskappe kan verskillende positiewe en negatiewe aspekte wat in die filosofiese onderbou van postmodernisme vervat is afgelei word. 'n Opsomming van hierdie aspekte word in die volgende tabel weergegee:
Positiewe aspekte | Negatiewe aspekte |
· Sonder 'n oneindige en persoonlike God, is kennis en rede onseker · Mense is meer subjektief as wat hulle wil erken · Eie kultuur verblind mense dikwels vir die goeie eienskappe van ander kulture · Mense is sosiale wesens en die sosiale omgewing beïnvloed hul denke en waardes direk · Blinde geloof in die huidige status quo (stand van sake) is nie goed nie
| · Postmodernisme weerspreek hulself deur logiese denke te gebruik om die waarde van logiese denke aan te val · Die beperkinge van die mag van taal en kultuur word oordryf · Probleme met wetenskaplike objektiwiteit en neutraliteit word oordryf · Probleme met vertaling en interpretasie van taal word oordryf · Probleme met die verstaan van ander mense se realiteit word oordryf · Die bestaan van die self word ontken en dit is foutief · Om te beweer dat ander uitsluitend en onderdrukkend is, en dan self onderdrukkend en uitsluitend op te tree is teenstrydig · Hulle vervang waarheid met mag wat onderdrukking vir ander voorspel |
Die teenstrydige aard van postmodernisme word soos volg deur G. E.Veith opgesom:
Postmodernism encourages selfishness without individuality; subjectivity without identity; licence without freedom. For all of its talk about culture, postmodernism lacks culture... Postmodernism stresses tolerance, pluralism, and muliculturalism, but in its dismissal of all beliefs, it trivializes all cultures and tolerates none. The contradictions of postmodernism are the contradictions of attempting to live without God, who alone can redeem our humanness.
Ryan Dobson stel dit soos volg:
Moral relativism doesn't follow its own rules, the rules it judges everyone else by. We're tolerant of all - except you, you and you. There is no standard of right and wrong - except when you violate what we say is right. You can follow any religion you please - as long as it's on our list of accepted ones. We love to hear alternative voices - but if you try to talk to us about Jesus, we will silence you. We're totally in favour of "anything goes" morality - unless you use that freedom with my girlfriend, or cut me off in traffic, or steal from me.
Dit is onmoontlik om op 'n praktiese vlak met 'n selfweersprekende lewensfilosofie saam te leef. Die volgende illustrasie benadruk die punt. Ravi Zacharias is per geleentheid op 'n toer geneem deur 'n universiteit se biblioteek wat deur 'n postmoderne argitek ontwerp is. Daar was deure wat teen 'n muur oopmaak, trappe wat nêrens heen lei nie en verskeie ander sinnelose dele van die ontwerp wat die teenstrydighede van postmodernisme weerspieël. Daar is toe aan Ravi gevra wat hy van die gebou dink. "Baie indrukwekkend!" was sy reaksie, "het julle die fondamente ook so gebou?"
Die onderliggende idees aan postmodernisme is onleefbaar omdat dit nie samehangend is nie. Die mens besef dit byna instinktief.
Volgens Veith kan die volgende algemene maar irrasionele reaksies op hierdie teenstrydighede van postmodernisme by mense wat dit probeer uitleef geïdentifiseer word:
Wat behoort 'n Christen se reaksie op dit alles te wees? Hoe kan Christene op 'n konstruktiewe manier die uitdagings wat postmodernisme bied aanspreek? Die antwoord wat Christene die wêreld bied, moet op twee vlakke lê: Verbaal (teoreties) en met dade (prakties). Die Bybel gee die opdrag dat elke Christen sy eie gedagtes gevange moet neem en aan Christus gehoorsaam moet maak (II Kor 10:5). Hoe kan Christene dit prakties in die geval van postmodernistiese invloede om Christene se denke doen?
Douglas Groothuis gee die volgende raad aan gelowiges wat op die uitdagings van postmodernisme wil reageer:
Groothuis gee die volgende argumente wat die Christelike saak teenoor postmodernisme sal help stel:
Is dit moontlik om 'n Christen te wees en postmoderne filosofie te glo en uit te leef? Die antwoord op hierdie vraag is 'n onomwondenee. Mense wat in 'n postmoderne samelewing leef sal sonder uitsondering deur die tydgees beïnvloed word. Die postmoderne tydgees maak egter in die meeste gevalle aansprake wat teenstrydig is met die Christelike geloof. Beide kan onmoontlik waar wees, die aanvaarding van die een, beteken noodwendig die verwerping van die ander.
Baie mense los die probleem van die spanning tussen postmodernisme en Christenskap op deur hul lewe in afdelings te verdeel. Hulle aanvaar postmodernisme as hul lewensbeskouing en beskou hulle Christenskap as iets wat slegs in 'n geestelike dimensie uitgeleef word. Hierdie "geestelike dimensie" het gevolglik 'n baie beperkte uitwerking op mense se denke en optrede in 'n praktiese lewenswêreld. Dit is 'n dualistiese beskouing, terwyl Christenskap 'n verenigde lewensbeskouing vereis van iemand wat in sy totale menswees aan God behoort. God wil hê mense moet hom met hul hele hart, siel en verstand liefhê. Die vraag kan met reg gevra word of 'n postmodernistiese toepassing van Christenskap nog werklik Christenskap is? Hier word nie 'n uitspraak oor redding gemaak nie. Die probleem is egter dat die betekenis van Christen wees tot so mate deur 'n postmoderne siening beperk word, dat dit nie meer Christenskap is wat die gemeenskap en die res van 'n persoon se lewe daadwerklik beïnvloed nie.
Postmodernisme en Christenskap is twee lewensbeskouings wat direk met mekaar in stryd is. Die volgende tabel illustreer 'n paar van die belangrike verskille:
Saak | Postmodernisme | Christenskap |
Sonde | Bestaan nie | Realiteit wat die mens van God skei |
Waarheid | Bestaan nie of kan nie geken word nie | Bestaan, is deur God geopenbaar en word in Jesus mens |
Relativisme | Alles is relatief | God en die Bybel is die standaard |
Mens | Onbelangrike dier | Na die beeld van God geskep, maar het geval |
Individualiteit | Bestaan nie werklik nie | Deur God geskep en ewigdurend |
Moraliteit | Tyd en individu gebonde | Deur God bepaal en in die Bybel voorgeskryf |
Bybel | Mense-woorde en idees oor God, oop vir dekonstruksie | God se Woord deur mense op skrif gestel. God in die Bybel geopenbaar met ewige en absolute waarhede |
Redding | Onnodig | Deur Jesus se kruisdood is mens met God versoen |
Jesus | Profeet. Christenskap werk vir sommige mense, maar nie vir ander nie | Seun van God wat redding bring aan almal wat hom aanneem. Geen redding buite hom nie |
Opstanding | Mite met betekenis | Geskiedkundige gebeurtenis |
Multikulturaliteit | Onmoontlik | Sigbaar in die universele kerk |
Een van die belangrikste implikasies van postmodernisme vir die mens, is die dood van waarheid. Volgens postmodernisme is alle kennis relatief. Met ander woorde iets is slegs waar vir die individu, maar nie vir almal nie. Dit sou impliseer dat die evangelie waar is vir die Christen, maar nie vir die Moslem nie. Postmodernisme skep 'n situasie waar alle gelowe, insluitend die Christelike geloof, onbelangrik is. Met ander woorde, die vraag het verander van "Watter godsdiens is reg?" na: "Wat maak dit saak?" Dis onbelangrik. 'n Belangrike vraag wat hieruit voortvloei is: "Waarom dan nog enigsins sendingwerk doen?" Die logiese gevolgtrekking as alles relatief is, sou wees dat alle sendingwerk onmiddellik gestaak behoort te word.
In die verlede is die ooreenstemmingsbenadering (correspondant view) tot waarheid as vanselfsprekend aanvaar. Hierdie siening impliseer dat 'n stelling of met die werklikheid ooreenstem en dan waar is, of van die werklikheid verskil en dan vals is. 'n Voorbeeld sou wees as die stelling "Dit reën nou hier buite" gemaak word. Indien daar by die venster uitgekyk word en reëndruppels gesien word, is die stelling waar (ooreenstemmend met die werklikheid). Indien dit nie buite reën nie, (nie-ooreenstemmend) is dit vals.
Hierdie siening van die waarheid word deur postmodernisme aangeval en verwerp. Volgens die postmodernistiese siening, is die mens te subjektief in sy taal en kultuur vasgevang om enige stelling te kan maak wat objektief waar is. Enige stelling is slegs die spreker se persepsie van die werklikheid, maar wat nooit die werklikheid self weerspieël nie.
Ironies genoeg word hierdie standpunt met erns gestel en verdedig, asof dit "waar" sou wees vir almal onder alle omstandighede. Weereens maak die postmoderniste hier aanspraak daarop om kennis te hê wat volgens hulle eie filosofie nie bestaan nie. Hulle dring aan op 'n waarheid wat die werklikheid in alle mense se lewens weerspieël, maar terselfdertyd word daar gesê niemand kan ooit sulke waarheid ken nie. Postmoderniste is gemaklik om met hierdie blatante teenstrydigheid saam te leef. Vir die Christen is die verdediging van die ooreenstemmingsbenadering tot waarheid baie belangrik. Die verdediging van die konsep van die bestaan van iets soos waarheid berus grotendeels hierop.
Daar sal vervolgens 'n kort saak uitgemaak word ter verdediging van die ooreenstemmingsbenadering tot waarheid:
In enige taal gebruik mense stellings waarin waarheidsaansprake vervat is deur 'n spesifieke perspektief op 'n saak te stel. Alle stellings is of waar of vals. Dit is onleefbaar om te sê dat 'n stelling vir die spreker waar kan wees, maar vir alle ander mense vals. Die meerderheid filosowe deur die eeue het die ooreenstemmingsbenadering tot waarheid gebruik en verdedig.
Logiese wette bepaal dat die ooreenstemmingsbenadering waar is. Postmoderniste stel dit dat die wette van logika mens-gemaak is. Hulle is egter verplig om self logiese wette te gebruik om hul standpunt te verdedig. Daar is geen ander denkwyse aan die mens bekend as die wette van logika nie. Twee van die wette wat die ooreenstemmings-benadering ondersteun is:
Volgens postmoderniste maak taalverskille dit onmoontlik om 'n stelling te maak wat waar is. Dit sou dieselfde wees as om te sê, omdat mense met verskillende vervoermiddels reis, hulle nie by dieselfde bestemming kan uitkom nie. Dit is duidelik nie waar nie.
Die essensie van die vraag is of iets waar kan wees sonder dat iemand dit waargeneem of geweet het. Volgens postmodernisme word die waarheid geskep en nie waargeneem of ontdek nie. Volgens postmodernisme is niks waar onafhanklik van die skepping of waarneming daarvan nie. Hierdie idee is inherent selfweersprekend, want die waarheid daarvan kan nie waargeneem word nie, net afgelei word. Dus moet dit onafhanklik van waarneming daarvan waar wees. Waarheid hang van die werklike stand van sake af, nie van die waarnemer nie. Indien drie getuies (wat op dieselfde tyd en plek iets waargeneem het) 'n gebeurtenis beskryf en een se storie stem glad nie met die ander twee ooreen nie, is die logiese afleiding dat een van die twee partye die waarheid praat en die ander lieg.
Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passions, they cannot alter the state of facts and evidence. Thruth is neither pigmented nor gendered. There is no "black truth" or "white truth" or "red truth" or "gay truth" or "womans truth" or "male truth". Truth is a property of only those statements, propositions and beliefs that match objective reality; it matters not who utters them, where they are uttered or why they are uttered. Douglas Groothuis
Die manier waarop die Bybel met die konsep van waarheid omgaan is belangrik. Volgens Groothuis kan die Bybelse siening van waarheid soos volg opgesom word:
And Jesus said unto His disciples, "Go into all the world, teaching all men to live any way they want, and urging each to find his or her own path to God. Let not any one of you make someone feel inferior or victimized because of their beliefs. Above all, be tolerant. Verily, verily, I say unto you that what you believe and how you live do not matter, so long as you are sincere." Leaving that place, Jesus led His disciples to Jerusalem where they broke bread in the upper room. There he addressed them again, saying, "I am one of the ways, one of the truths and just one possible life. If you are basically a good person, you're okay in my book. And if you choose to come to the Father (or Mother, if you prefer) through Me, that's cool. Now go forth to live according to whatever feels good to you." And there was much rejoicing. Ryan Dobson
Die postmoderne parafrase van die woorde van Jesus staan in skrille kontras met die werklike uitsprake van Jesus soos dit in die Nuwe Testament gevind kan word. Ironies genoeg is dit juis hierdie idees wat in baie Christene se harte leef en selfs van baie kansels af verkondig word. Die aanhaling verteenwoordig 'n mengsel van die idees van postmodernisme en die Bybel. Soos die aanhaling hierbo illustreer, kan hierdie vermenging nie plaasvind sonder om die hart van die evangelie uit te ruk nie. Die kerk is geroep om in die postmoderne tyd die evangelie sonder vermenging of afwatering aan die mense te bring op 'n manier wat die postmoderne hart kan bereik. Die inhoud van die Christelike boodskap is dus onveranderbaar, maar die aanbiedingswyse is aanpasbaar by die eienskappe en behoeftes van die mense van die postmoderne tyd. Hierdie aspek sal vervolgens in meer detail bespreek word.
Modernisme het alle godsdienste as bygelowe wat op valsheid geskoei is probeer afmaak. Daarteenoor veroorsaak postmodernisme 'n menigte nuwe godsdienste. Elkeen skep 'n godsdiens wat hom pas en daarom is elke groep se godsdiens dus slegs op 'n subjektiewe manier net vir hulle waar. Spesifieke gelowe word nie meer as vals afgemaak soos in die moderne tyd nie, want elkeen het die reg om te glo wat hy wil. Elke godsdiens het ook presies gelyke waarde en dus is een nie meer reg as die ander nie. Die gevolg hiervan is dat alle gelowe heeltemal irrelevant is vir enige persoon buite daardie spesifieke geloofsgroep. Indien postmodernistiese filosofieë waar is sou sending per implikasie sinneloos en selfs skadelik wees. Hoe sou dit moontlik of reg wees om ander te lei om tot bekering te kom? Daar is dan nie geen godsdiens wat reg is vir almal nie.
Nie alle gelowiges besef die direkte teenstrydigheid tussen die filosofiese onderbou van postmodernisme en Christenskap nie. In Suid-Afrika kan die effek van postmoderne filosofieë baie duidelik in die werk van die Nuwe Hervormers en ander liberale teoloë gesien word. Ook die alledaagse kerklike belewenis van gelowiges en die erediens het verander. Nie net dit nie, maar elke gelowiges wat in die kerk sit word direk deur postmodernisme in die samelewing en populêre media beïnvloed.
Daar moet gewaak word teen die skadelike element in die aanvaarding van die postmoderne denke. Gelowiges moet ten volle in die wêreld wees, maar nie van die wêreld nie. Daar gaan vervolgens na van die sigbare tekens van postmodernisme in die kerk verwys word met 'n kort stukkie kommentaar.
Terwyl Modernisme probeer het om van alle godsdienste ontslae te raak, skep postmodernisme aanhoudend nuwe godsdienste… Die meeste van die godsdienste het as onderliggende bousteen die idee dat die mens eintlik goddelik is, die skepper van sy eie heelal. G.E. Veith
Die ou paradigma het geleer, dat as jy die regte lering het, sal jy God ervaar. Die nuwe paradigma sê dat as jy God ervaar, het jy die regte lering. Objektiewe leer (doctrine) word geminimaliseer om plek te maak vir subjektiewe gevoel. Gevoel word in wese die kriterium vir die lering self. G.E. Veith
Die volgende opsomming van die verskille tussen klassieke en postmoderne Christenskap, is uit die boek deur G. E. Veith gemaak:
Klassieke Christenskap | Postmoderne Christenskap |
Lê klem op die eienskappe (almag, grootsheid, ewigheid, ens.) van God. Hy is inwonend en interaktief betrokke by sy skepping. Alle mense het geval en is van God verwyder | Sonde is slegs 'n daad. Alle mense is onskuldig, maar volg Adam se slegte voorbeeld. Die mens is nie gebroke en verlore nie |
Die mens se probleem is sy ewige en totale verlorenheid | Die mens se probleem is sy onkunde. Hy weet nie hoe lief God hom het nie |
Die verlossingswerk van Jesus is die enigste manier om met God versoen te word | Daar is baie maniere om gered te word. Jesus is slegs Christene se voorbeeld |
Die mens sal vir ewig lewe in die hemel of die hel | Alle mense gaan hemel toe behalwe die wat werklik sleg is |
Die postmoderne tyd bring nuwe en unieke uitdagings vir die kerk. Terselfdertyd is daar 'n nuwe belangstelling en nuuskierigheid oor geloof. Die uitdagings van postmodernisme moet met erns en ywer aangepak word, sodat die tydlose evangelie van Jesus as opgestane Heer die lewens van postmoderne mense mag verander.
Die evangelie beloof redding en versoening met God. Die postmoderne mens probeer homself oortuig dat hy nie redding nodig het nie. Wanneer mense met die werklike lewensvrae gekonfronteer word, is die illusies van postmodernisme egter nie meer goed genoeg om antwoorde te verskaf nie. Gelowiges moet in woord en daad hulle geloof in die postmoderne tyd uitleef sodat mense dit kan sien en beleef. Om dit effektief te kan doen, moet Christene weet en leef wat hulle glo wat prakties beteken dat hulle die Bybel moet ken en moet toelaat dat dit hulle lewens rig en verander. As hierdie ken en uitleef van die evangelie toenemend gebeur, sal daar soos in Handelinge 2 staan, elke dag nuwe mense wat gered word, by die gemeente toegevoeg word.
Bronne
Onderwerp | Pre-moderne tydgees | Moderne tydgees | Postmoderne tydgees |
God | Sekerheid. Magiese almagtige wese. | God is dood en ateïsme is die norm | Onsekerheid oor of God bestaan. Agnostisisme |
Wetenskap | Min werklike wetenskap (omtrent gelyk aan toordery) | Baie prominent & enigste ware bron van kennis. Verwag dat alles verklaar sal kan word. | Skepties oor die wetenskap se waarheidsaansprake |
Mens | Sosiale wese deur God na Sy beeld gemaak | Mens net 'n dier en rat in masjien | Mens skep sy eie waarheid (kultuurgebonde) |
Kennis | Deur ervaring in die natuur oorgedra van vader na seun | Objektief deur die wetenskap alleen verskaf. Akademies | Subjektief op emosie, ervaring en lewensbeskouing gegrond. Elkeen konstrueer sy eie |
Godsdiens | Individueel en gesinsverband | Institusioneel, gestruktureerd, formeel en geordend | Misties, onseker en op ervaring en gevoel gebaseer |
Realiteit | Lewenservaring | Meetbaar en kenbaar | Sosiale konstruk en geen absolute |
Taal | Kommunikasie middel | Beskrywend en akkuraat | Onbetroubare sosiale konstruk, |
Wat is absoluut? | Grond, gesin en God | Wetenskap is baie seker en vas | Niks. Alle kennis is relatief |
Sonde en moraliteit | Swart vs wit | Swart vs wit | Alles is grys |
Het jy iets om te sê? Wil jy graag kommentaar lewer? Doen dit gerus hier!