Wat is van die tipiese vrae wat ons wil help AntWoord?

 Die bestaan van God:

  • Hoekom maak dit enigsins saak of iemand in die bestaan van God glo of nie?
  • As die bestaan van God nie bo alle twyfel bewys kan word nie, hoe weet 'n mens dan dat God werklik bestaan?
  • Hoekom is daar nie genoeg bewyse vir die bestaan God nie?
  • As God dan buite die fisiese werklikheid bestaan, hoe is dit enigsins moontlik om iets van Hom te weet?
  • Hoe kan God gelyktydig drie persone, maar net een wese wees?
  • Wie het vir God gemaak en waarmee was God besig voordat Hy die heelal gemaak het?
Die wetenskap en geloof:
  • Gee evolusie dan nie 'n voldoende verduideliking vir hoe lewe ontstaan en ontwikkel het nie en maak dit nie daarom 'n geloof in God onnodig nie?
  • Hoe is dit moontlik om in iets te glo wat nie met die sintuie waargeneem kan word nie?
  • Doen die wetenskaplike denkwyse dan nie weg met 'n geloof in die bonatuurlike nie?
  • Hoe kan dit van enigiemand in vandag se tyd verwag word om blindelings te glo in iets soos God wanneer sulke geloof niks anders as bygelowigheid is nie? Is dit nie maar dieselfde as om in feetjies of dwergies te glo nie?
  • Hoe is dit moontlik dat wonderwerke die basiese natuurwette kan weerspreek?
Die Bybel:
  • Hoe kan dit beweer word dat die Bybel van God af kom? Is dit dan nie ‘n boek wat deur mense geskryf is nie?
  • Hoe kan 'n mens weet dat dit slegs die Bybel is wat van God af kom (wat van iets soos die Koran) en dat dit volledig is?
  • Hoekom sou 'n mens die Bybel glo as dit dan so vol teenstrydighede en foute is?
  • Hoe kan dit bewys word dat die Bybel histories betroubaar is en nie net 'n versameling fabels en legendes nie?
  • Hoe kan 'n mens al die wonderwerke in die Bybel glo?
  • Daar is soveel verskillende interpretasies van die Bybel en soveel verskillende denominasies van Christelike kerke - is dit dan nie 'n bewys dat dit onmoontlik is om die ware betekenis van die Bybel te verstaan nie?
Jesus:
  • Hoe kan dit beweer word dat Jesus God was en nie maar net 'n gewone mens met besonderse eienskappe van wysheid en liefde nie?
  • Is dit nie uiters arrogant om te beweer dat Jesus die enigste weg na God is nie?
  • Hoekom enigsins die Bybelse beskrywing van Jesus se lewe glo?
  • Hoe kan 'n mens glo dat Jesus uit 'n maagd gebore is?
  • Hoe kan 'n mens glo dat Jesus fisies uit die dood opgestaan het?
Verskillende godsdienste:
  • Hoekom is die Christelike geloof so eksklusief en onverdraagsaam teenoor ander godsdienste?
  • Is alle gelowe nie maar net verskillende pogings om dieselfde God te verstaan nie?
  • Hoekom dring die Christelike geloof daarop aan dat 'n mens gered moet word; hoekom kan elkeen nie maar glo en doen wat hulle self kies om te doen nie?
  • Hoekom sou enige mens die Christelike geloof bo ander gelowe wil kies as daar so baie Christene is wat skynheilige en immorele lewens lei?
  • As Jesus die enigste weg is na God, hoe sal God regverdig kan wees teenoor mense wat nooit van Jesus gehoor het nie?
  • Is dit nie billik om te glo dat God almal sal aanvaar wat opregte en goeie lewens gelei het sonder spesifieke godsdienstige oortuigings nie?
Swaarkry:
  • Sou die bestaan van pyn, lyding en alles wat boos is, dan nie 'n bewys wees teen die bestaan van 'n liefdevolle en almagtige God nie?
  • Hoe kan 'n liefdevolle God mense hel toe stuur?
  • Hoe kan 'n liefdevolle God bestaan en hoe kan die Christelike geloof waar wees, as daar soveel onreg en bloedvergieting in die naam van God en Christenskap gepleeg is?
  • As God enigiets kan doen, hoekom het Hy nie 'n perfekte wêreld gemaak nie?
Die mens se belewenis van geloof:
  • Is dit nie waar dat geloof in God of die verskynsel van godsdiens, eenvoudig maar net verklaar kan word as sterk emosionele of sielkundige (soms selfs misleidende) ervarings wat nie met enige objektiewe waarheid verband hou nie?
  • Hoekom moet iemand in God glo as hulle geen behoefte voel na God nie?
  • Is dit nie skynheilig om in God te probeer glo as jy aanhoudend twyfel beleef nie?
  • Is geloof nie maar net 'n uitdrukking van 'n bepaalde manier waarop die brein funksioneer nie?
Die verstaan van geloof in 'n postmoderne tyd:
  • Leef mense dan nie vandag in 'n verligte postmoderne tyd waar dit nie meer sin maak om te glo in pre-moderne en ongesofistikeerde idees oor God nie?
  • Kan ons dan nie juis nou in die Suid-Afrikaanse en spesifiek die Afrikaanse konteks, dankbaar wees vir 'n meer verligte siening oor die verstaan van ons geloof in wat die Nuwe Hervorming ons wil leer nie?
  • Hoekom in dinge glo soos 'absolute waarheid' en 'absolute morele waardes' as alle waarheid eintlik maar relatief is (m.a.w. wat vir jou waar of reg is, is nie noodwendig vir my waar of reg nie)?
  • Hoekom sou iemand glo dat daar enige ander sin in die lewe is as die sin wat die mens self aan die lewe gee, of dat daar enige ander doel is as die doel wat die mens self besluit het om na te streef?
  • Hoekom sou iemand in 'n persoonlike God glo? Dalk is God maar net 'n alles-deurdringende hoër krag.
Die lewe na die dood:
  • Hoe kan 'n mens weet dat daar 'n lewe na die dood bestaan?
  • Hoekom glo in die bestaan van die hemel eerder as in reïnkarnasie?
  • As daar lewe is na die dood, hoekom glo in die idee van 'n hemel en 'n hel?
  • Hoe kan iemand regtig seker wees dat hy of sy hemel toe sal gaan?

 

Het jy iets om te sê? Wil jy graag kommentaar lewer? Doen dit gerus hier!