Syndicate content

Nuusbriewe

Mei 2008

In aanloop tot en in konteks van die opkomende Faith & Reason Conference (www.antwoord.org.za vir meer inligting), het AntWoord dit goedgedink om vyf baie belangrike vrae te vra. Die aanhalings is van Christene wat passievol is oor hul geloof en wat moontlik soos volg op sulke vrae sou geantwoord het:

Maart 2008

My liewe vriende, ek het lankal besluit om aan julle te skryf. My plan was om met julle te praat oor wat dit vir ons almal beteken om in Christus te glo. Maar toe ek hoor wat daar by julle aan die gang is, het ek dadelik van plan verander. Nou skryf ek om julle aan te spoor – nee, om julle te smeek! – om wal te gooi. Julle moet keer dat die ware geloof deur allerhande vals stories verdraai word. Julle weet net so goed soos ek dat die goeie nuus oor Christus eens en vir altyd deur God se boodskappers aan ons almal in die kerk bekendgemaak is. Wat ons by die apostels gehoor het, is die volle waarheid. Niemand kan nog iets daarby voeg nie. Judas 1:3 Die Boodskap-vertaling
Bogenoemde klink nogal soos woorde wat baie onlangs deur iemand geskryf is om ons as mede-Christene aan te spoor. Hoe relevant is Judas se woorde nie vir vandag nie. Ware geloof word steeds deur allerhande vals stories verdraai en daar sal waarskynlik altyd pogings wees om so te doen.

November 2007

AntWoord
het in Oktober weer geleentheid gebied vir 'n naweek se kuier
en saamgesels. Hierdie keer was dit aan die oewer van die
Vaalrivier, met netjiese geriewe en 'n rustige atmosfeer. Die
gesprek-tema vir die naweek was rondom mense se wêreldbeskouings.
Ons het spesifiek by vier tipes wêreldbeskouings stilgestaan,
naamklik: Teïsme, Naturalisme, Panteïsme en Postmodernisme.
Die doel was om 'n bietjie beter begrip te kry vir hoe mense
met sulke wêreldbeskouings dink en optree, hoe hulle sin maak
van die wêreld waarin ons almal woon. Sulke begrip stel ons as
Christene in staat om beter brûe te bou na mense in die gewone
gang van ons lewens wat soms heel ander sieninge oor die wêreld
het as ons.

Augustus 2007

DIE GELOOF VAN 'N KIND

Is Christene naïef en liggelowig? Of anders gestel: Is iemand wat glo dat die Bybel histories en feitelik betroubaar is, nie maar besig om 'n klomp dinge vir soetkoek op te eet nie? In die Bybel sê Jesus self: “Wie die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ont­vang nie, sal daar nooit ingaan nie.” (Mark. 10:15) Is dit dan nie 'n bevestiging dat 'n Christen soos 'n kind moet glo nie? En glo kinders nie meestal naïwelik alles wat aan hulle vertel word nie? Maak dit Christene daarom nie skuldig aan blinde geloof nie, geloof in dinge wat eintlik glad nie waar is nie?

Mei 2007

AntWoord se afgelope kamp was soos die vorige keer, 'n besondere
geleentheid. Die kursus wat tydens 'n naweek verlede maand aangebied is, was
getiteld, "Brugbou: Hoe om beter betrokke te wees in die wêreld rondom
jou."
Dit maak ons opgewonde om so 'n kwaliteit kursus te kon beskikbaar
stel. Dankie aan almal wat die eerste aanbieding daarvan in Afrikaans, met
soveel entoesiasme byge­woon het. Julle insette word waardeer en dra by tot
verdere verfyning en verbetering.

Februarie 2007

Dis die begin van 2007 en die AntWoord Bediening betree die kuberruimte
met ʼn webblad netjies uitgevat in nuwe, makliker geure en kleure. Of so is
dit ons beskeie opinie. Besoek ons by www.antwoorde.org.za
en besluit gerus self.

Desember 2006

Die einde van die jaar is op hande en ons kyk met dankbaarheid terug op 2006 en alles waarby die AntWoord betrokke was. Ons sien  ook met verwagting uit na volgende jaar. Hier en daar wil ons ʼn paar verbeteringe aanbring (soos o.a. die nuwe logo en webbladuitleg wat teen einde Januarie voltooi sal wees) om te verseker dat ons ander na die beste van ons vermoë kan dien. En waar ons foute gemaak het wil ons graag daaruit leer en volgende keer beter doen. Dankie vir jou betrokkenheid – al is dit net deur die lees van hierdie nuusbrief – ons waardeer dit. Stuur gerus ʼn epos na antwoorde@yahoo.com 

September 2006

In terugskou

Verskeie hoogtepunte maak deel uit van AntWoord se bedieningsbedrywighede in die afgelope ses maande:

  • ʼn Besonderse ervaring was AntWoord se naweek-kamp in Mei. Meer as dertig mense het die geleentheid aangegryp om in ‘n mooi bosveldomgewing noord van Pretoria, saam te kuier rondom ʼn paar relevante kwessies vir vandag. Beslis die eerste van vele kampe in die toekoms.

Maart 2006

2006 het inderdaad met ’n vaart weggeskop! AntWoord het die afgelope ruk by ’n paar selgroepe gaan saamgesels oor hoe ons kan weet dat God bestaan en oor waar evolusie in ons Christelike wêreldbeskouing inpas.

November 2005

Is ‘n antwoord nodig?

“Hoe voel dit vir ’n ware Christen om sy of haar geloof te verloor? Hoe voel dit as die onmoontlike dit self in jou kom tuismaak? Hoe voel dit vir ’n weder­gebore Christen om weer te sterwe? Wat ervaar jy wanneer God dood is en jyself nie meer so lekker voel nie?”