Syndicate content

Phillip Scheepers

Deel 3: Godsdiens: Die wortel van alle kwaad?

Godsdiens: Die wortel van alle kwaad?

(Hierdie artikel is die derde in ‘n reeks van drie artikels oor die kwessies wat na vore kom uit Richard Dawkins se boek “The God Delusion” en moet verkieslik eers na die ander twee gelees word. Die eerste artikel was ‘n algemene bespreking van Dawkins se denke terwyl die tweede spesifiek oor The God Delusion gehandel het.

Wees bang, wees bitter bang! Regoor die wêreld is daar godsdienstige mense en hulle is daarop uit om almal rondom hulle se bestaan ondraaglik te maak in diens van God. Hulle is verantwoordelik vir byna elke oorlog wat woed, dra onverdraagsaamheid van geslag tot geslag oor en sal op jou neerdaal as hulle selfs net vermoed dat jy van plan is om ‘n bietjie vreugde uit die lewe te put! Bang genoeg? Wel jy behoort te wees! Dis nou as jy die sekulêre doemprofete van ons tyd glo. Mense soos Richard Dawkins (wat ‘n TV program oor godsdiens getiteld “The root of all evil!” gemaak het (jy kan hom nie eintlik van subtiliteit beskuldig nie!) maak geen geheim daarvan dat hulle glo dat godsdiens die diepste rede vir die mensdom se probleme is nie. Raak ontslae van godsdiens en voila die goue eeu van die mensdom breek aan!

Deel 2: The God Delusion: Die boek aan die einde van geloof?

Die volgende artikel is deel 2 van 3 artikels wat aanvanklik op die e-kerk se webwerf (www.e-kerk.co.za) verskyn het. Dit word in samewerking en met toestemming van die skrywer hier gereproduseer.

The God Delusion: Die boek aan die einde van geloof?


Richard Dawkins verklaar aan die begin van sy boek The God Delusion baie duidelik dat een van die redes waarom hy dit geskryf het die hoop is dat mense dit as gelowiges sal optel en as ongelowiges sal neersit.  Hierdie stelling alleen behoort jou al ‘n goeie idee te gee van waarmee jy te doen gaan kry in die volgende 400 of so bladsye en watter standaarde van objektiwiteit oor geloof en gelowiges gehandhaaf sal word.  Dawkins probeer geloof so hard slaan dat hy soms nie lekker kyk waar hy mik nie!  The God Delusion is daarom aan die een kant ‘n maklike boek (aangesien ‘n mens redelik maklik op van die aantygings en bewerings wat hy maak kan antwoord) en ‘n baie moeilike boek (Dawkins trek so los teen geloof dat dit duidelik is dat blote argumente nie genoeg sal kan wees om hom, of sy volgelinge, te oortuig nie. Soos een resensent opgemerk het: “How do you review a sneer!?” Verstaan mooi dat ek met moeilik nie bedoel dat die dinge wat hy sê nie beantwoord kan word nie, dit gaan eerder daaroor dat ons hier dikwels met ‘n stuk ‘sekulêre fundamentalisme’ te doen het wat net soos met ander tipes fundamentalisme weier om enige ander standpunte te oorweeg.  Met dit gesê beteken dit sekerlik nie dat ons maar net ons skouers kan ophaal en van die boek wegstap nie.  Dit is sekerlik so dat nie alle ateïste so totaal vasgesement is aan hulle posisie soos Dawkins nie; ek glo dat die volgende tien stellings in reaksie op The God Delusion ‘n paar interessante gesprekke met hulle sal kan ontlok:

Deel 1: Die tegnieke van “die duiwel se kapelaan”

Die volgende artikel is deel 1 van 3 artikels wat aanvanklik op die e-kerk se webwerf (www.e-kerk.co.za) verskyn het. Dit word in samewerking en met toestemming van die skrywer hier gereproduseer.

Die tegnieke van “die duiwel se kapelaan

‘n Mens hoef nie te lank te wonder oor hoe sterk Professor Richard Dawkins voel oor godsdiens en oor gelowiges nie.  Die titels van sy werke behoort jou sommer van die begin af daarmee te help. Hy noem homself “a devil’s chaplain” in die sin dat hy mense van geloof probeer wegdryf. ‘n Dokumentêre program wat hy onlangs oor godsdiens op Channel 4 gedoen het heet ‘The root of all evil’, en ek hoef ook maar net in enige boekwinkel in te stap om deur die titel van sy nuutste topverkoper (The God Delusion) daaraan herinner te word dat hy my geloof as iets uiters ongesond beskou.  Dawkins bied sy standpunte in hierdie (en ander) werke aan asof dit die enigste moontlike manier is om oor God en godsdiens te dink en hy hanteer die wat met hom daaroor verskil met die uiterste minagting.  In ‘n sin hou hy dus sy standpunte voor as die toppunt van menslike denke oor geloof.  Ek maak hierdie bewering nie ligtelik nie.  The God Delusion neem amper die vorm van ‘n persoonlike getuienis aan met persoonlike voornaamwoorde soos ‘I’ and ‘me’ wat liberaal gebruik word.  Wat my betref beperk Dawkins homself geensins tot die stel van argumente nie, daar is ‘n definitiewe element van ‘Omdat ek so sê’ in die boek sigbaar.  Dit is om hierdie rede belangrik dat ons, voordat ons nader na van die argumente in ‘The God Delusion’ kyk, eers so bietjie op Dawkins self (en op sy voorveronderstellings) sal fokus.  Hiermee bedoel ek hoegenaamd nie dat dit nodig is om karaktermoord te pleeg nie. Dit gaan eerder daaroor dat Dawkins dit goeddink om ander mense se diepste oortuigings te analiseer en te kritiseer sonder om vir ‘n oomblik toe te gee dat daar dalk ook ‘n paar vrae oor sy eie wêreldbeeld te vra is.  Die doel van hierdie artikel is om ‘n paar van hierdie vrae te vra.  Ek wil dit weer eens duidelik stel dat dit wat ek hier gaan skryf nie noodwendig antwoorde op al die kwessies wat deur Dawkins op die tafel gesit word verteenwoordig nie en dat [in deel 2] dieper na spesifieke kwessies gaan kyk.  Dit is egter soms goed om te weet ‘waar iemand vandaan kom’ in ‘n debat. Dawkins beskuldig gelowiges van allerhande dogmatiese posisies en voorveronderstellings.  Kan dit nie dalk wees dat hy ‘n paar van sy eie het nie?  Ek glo dat hy het en dat dit op die volgende terreine lê:

Deel 4: Die wêreld agter die venster teenoor die wêreld in die hangkas

Hier is ’n vinnige toets vir jou kennis van moderne jeugliteratuur: Een van die bekendste reekse vir kinders is geskryf deur ’n inwoner van Oxford. Dit beskryf, onder andere, die avonture van ’n meisie wat in ’n hangkas wegkruip en daardeur die eerste treetjie gee op ’n ontdekkingstog, wat die verkenning van wêrelde anders as ons eie insluit.

Baie geluk as jy onmiddellik aan The Chronicles of Narnia deur CS Lewis gedink het. Jy kan jouself egter ook op die skouer klop indien bogenoemde vir jou soos ’n beskrywing van His Dark Materials van Philip Pullman geklink het. Dit is nogal, in die lig van wat in die res van hierdie artikel gaan volg, verstommend om te sien hoe hierdie twee reekse opsigtelik ooreenstem.

Deel 3: Om weg te stap uit die donker

Dit lyk asof Philip Pullman self nie baie seker is oor wat hy met “His dark materials” probeer bereik het nie. Kyk so bietjie na die volgende twee, teenstrydige, aanhalings:

  • "I've been surprised by how little criticism I've got. Harry Potter's been taking all the flak. I'm a great fan of J.K. Rowling, but the people - mainly from America's Bible Belt - who complain that Harry Potter promotes Satanism or witchcraft obviously haven't got enough in their lives. Meanwhile, I've been flying under the radar, saying things that are far more subversive than anything poor old Harry has said. My books are about killing God." – Philip Pullman in ‘n onderhoud met die Sydney Morning Herald (2003)
  • I am a storyteller, if I wanted to send a message I would have written a sermon” – Philip Pullman oor die kontroversie rondom “The Golden Compass” (2007)

Deel 2: ‘n Skietlig op “His dark materials”

So waaroor gaan al die bohaai nou eintlik!? Elkeen van ons is sekerlik bewus van die omstredenheid rondom “The Golden Compass”. Die vraag is egter of ons werklik daaroor bekommerd moet wees, en of dit maar net nog ‘n storm in ‘n teekoppie is? Die kort antwoord is dat ons inderdaad daaroor bekommerd moet wees en dat ons as gelowiges deeglik met die kwessies wat daarin geopper word in gesprek sal moet gaan oor die volgende paar weke. Die hoofkarakters maak nou wel nie vir God dood soos wat in die talle e-posse beweer word nie, die hele reeks waarvan The Golden Compass deel is, kommunikeer egter ‘n wêreldbeeld wat homself direk teen ‘n Bybelse uitkyk op die wêreld en werklikheid opstel. Hierdie feit is geen toeval nie, die skrywer Philip Pullman het reeds in verskeie onderhoude gesê dat deel van sy doel met die skryf van die boeke was om (veral) jongmense te oortuig om geloof in God af te sweer. As gelowiges moet ons, in lyn met 1 Petrus 3:15, gereed wees met ‘n antwoord op The Golden Compass en sy opvolgers.

Deel 1: Uitgelewer aan ‘n onbetroubare rigtingwyser – Phillip Pullman se ‘Golden Compass’

As jy teen hierdie tyd nog nie teen “The Golden Compass” gewaarsku is nie het jy tien teen een nie e-pos of ‘n selfoon nie! Verskeie e-posse doen die rondte wat Christene waarsku teen Hollywood se groot vakansiefliek en teen die feit dat die storielyn daarmee te doen het dat die hoofkarakters vir God doodmaak sodat ‘hulle kan doen wat hulle wil’.

Wie is Jesus van Nasaret werklik?

Moderne besware teen die Christelike boodskap

1.1. Inleiding

'n Eenvoudige lees van die Bybel maak dit baie gou duidelik dat ons sover die Christelike geloof betref besig is met 'eksklusiewe' waarheidsaansprake.  Ons hoor baie duidelik dat Jesus Homself voorstel as die enigste weg na die Vader (Joh 14:6) en dat 'elke knie uiteindelik voor Hom sal moet buig' (Fil 2:5-11)  Om hierdie rede het die Kerk van Christus deur die eeue verkondig dat God en die waarheid net volkome geken kan word deur Jesus Christus te volg. 

Is die Bybel 'n betroubare rekord van die lewe en bediening van Jesus van Nasaret?

1.1. Inleiding

Toe die Teoloog Karl Barth gevra is wat die essensie van die Christelike geloof is het hy geantwoord in die woorde van 'n baie bekende kinderliedjie:  "Jesus loves me this I know, for the Bible tells me so!"  Ons reaksie as die wêreld ons uitvra oor ons geloof is daarom ook baie keer om te fokus daarop dat dit wat ons glo op die Bybel gebasseer is.  Dit is dan juis hier waar mense ons sal aanval met allerhande vrae oor die gesag (al dan nie) van die Skrif.  Die implikasie is duidelik.  As mense die bron van ons geloof kan aanval en as vals bewys dan hoef hulle in elk geval nie te glo wat ons sê nie.  Hierdie studiestuk sal daarom fokus op die gesag van die Bybel en die redes waarom ons daardie gesag aanvaar.  Omdat hierdie 'n baie wye onderwerp is gaan ons veral kyk na die sentrale elemente van die lewe en bediening van Jesus en die manier waarop dit spesifiek in die Evangelies aan ons oorgedra is.

Het jy iets om te sê? Wil jy graag kommentaar lewer? Doen dit gerus hier!