Die volgende artikel is die produk van Prof Hennie Stander van Tuks. Hy het sy vriendelike toestemming gegee dat ons dit hier mag weergee.
Kort-kort is daar iets wat gelowiges oor die betroubaarheid van die Bybel laat wonder. In die onlangse verlede was dit Dan Brown se Da Vinci Code. Nou is dit weer die Evangelie van Judas. Volgens hierdie Evangelie het Jesus glo vir Judas gevra om Hom te verraai. Die Bybel sê egter dat Judas dit op eie inisiatief gedoen het. En die moontlike motief vir Judas se verraad word ook genoem: Geld! Nou wie is reg?