Het jy al ‘Fynskrif’ gelees?

Hallo Udo

Ek het hulp nodig!  Het julle al gehoor van die boek, Fynskrif deur Etresia?

http://fynskrif.blogspot.com/ 

Sal graag wil hoor of daar iewers ’n goeie resensie is!

Groete

Winkelsmidt

 

 

Hallo Winkelsmidt

Nee, ek het nog nie Etresia Struwig se  boek gelees nie. Dit lyk egter of die skrywer self (https://www.facebook.com/etresia.struwig?sk=info) baie aanklank vind by die esoteriese of New Age wêreldbeskouing. So is hoe een van haar werkswinkels geadverteer word:

Etresia fuses and explains sacred geometry and quantum physics (mind stuff) in such a way that anyone can understand. In order for us to help with the very important Shift in Consciousness it becomes necessary for us to know:

How we create our own realities

How illusions affect us

How the subconscious mind operates

How a Poverty Consciousness keeps us away from a new, better reality

How to merge with our God within

How to apply the Universal Laws & principles

Sacred geometry, platonic solids, golden ratios, fractals…

How all life is interconnected and how all is One and many more …..

After attending this workshop, watch the following movies again and see how much easier it is to follow now: The Secret, What the Bleep; Down the Rabbit hole; How to know God (Deepak Chopra); Quantum Personifying (Demartini) ….

Dis vir my uiters ironies dat sy skynbaar in hoofstuk 4 van haar boek, Fynskrif ‘n pleidooi lewer vir “akademici en wysgeleerdes om soos ware filosowe na die waarheid op soek te wees…” Die probleem is dat ‘n mens wonder hoe ‘n ware filosoof so ‘n pleidooi, én per implikasie haar boek, ernstig kan opneem as daar hier goedkeurend na flieks soos “The Secret” en “What the Bleep”, of na die teologie van Deepak Chopra verwys word. En dit nogal deur ‘n wetenskap onderwyseres!

‘n Mens moet natuurlik versigtig wees om ‘n boek te beoordeel sonder om dit eers self te gelees het. Maar as die sinopsis oor elke hoofstuk van haar boek enige aanduiding is, dan twyfel ek baie sterk of Struwig regtig geïnteresseerd was in goeie navorsing – verwysend na haar “baie inligting” en “reeks bronne, verwysings en webwerwe” ten spyt.

Volgens die sinopsisse laat die algemene strekking van die hoofstukke in Fynskrif my onmiddelik dink aan ‘n kombinasie van die verregaande en ongegronde aansprake uit onder meer Dan Brown se The Da Vinci Code en Peter Joseph se dokumentêre film, Zeitgeist (wat in 2007 ná die publikasie van Fynskrif verskyn het). Ek is amper seker dat baie van Struwig se bronne soortgelyk gaan wees aan die van Brown en Joseph. Die probleem is egter dat hierdie bronne nie enigsins as betroubare historiese navorsing beskou word nie.

‘n Gebrek aan historiese begronding het niemand natuurlik nog verhinder om allerlei boeke te skryf of films te maak wat ‘n klomp skeptiese aantygings maak nie. Die probleem is dat die gemiddelde leser sulke boeke en flieks vir soetkoek opeet, dikwels sonder om die moeite te doen, hetsy met gebrek aan begeerte of aan vermoë, om die aansprake behoorlik te probeer ondersoek of te bevestig. Ek is seker daar is baie in Fynskrif wat ‘n goedgelowige persoon kan laat twyfel in die aansprake van die Christelike geloof. Of daar egter werklik goeie gronde is vir die skeptici se aanklagtes, is natuurlik ‘n heel ander saak.

Groete

Udo

3 Comments

  1. Ek het die boek. Die inhoud klim inderdaad op die “bandwagon” van hedendaagse populêre opinie — wat klaarblyklik deesdae meer gewig dra as ‘n objektiewe ondersoek na die feite.

  2. Ek het die boek, en dit gelees. Ek lees dit nou vir die tweede keer. Wat ookal die “waarheid” is, sy raak aan die probleme of dan vrae wat ek al jare lank myself en vir baie predikante gevra het oor die Bybel. Baie van haar stellings is tog waar, maar natuurlik sal die christelike, of dan liewer die dogmatiese kerklike christendom dit bevraagteken en afmaak as onsin, want diesulkes wil waarskynlik nie die goed weet nie. Sy raak aan die kwessie of die god van die ou testament werklik die Skepper God was.

    • Fred, dit klink of jy dink Etresia se kritiek op die Bybel en die Christelike geloof is die laaste woord oor die sake wat sy aanraak. So asof Christene verleë is oor haar kritiek en bloot met hul koppe in die sand staan omdat hulle dit kwansuis nie wil hoor nie. Maar is dit nie dalk moontlik dat die aansprake in Fynskrif sélf ook onder geldige kritiek staan nie?

Leave a Reply to Fred Baird Cancel reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.