Wat van die Sewendedagse Adventiste?

Hi Udo 

Ek het op ‘n stadium laas jaar 2 stelle DVD’s gekyk met die Sewedaagse Adventiste wat Sondag as die merk van die dier sien en die pous as die Antichris.  Hulle bied vele seminare aan oor die eindtyd.  Ek het julle stuk oor die Sabbat gelees. Wat is julle siening?

Lekker dag

Winkelsmidt

 

Hallo Winkelsmidt

Baie van wat die Sewendedagse Adventiste Kerk leer kan ek ongelukkig nie mee saamstem vanuit my eie lees en verstaan van die Skrif nie. Die dinge wat jy noem, soos die SDA se sienings oor die Sabbatsaanbidding, oor die pous as antichris (en hul besonder negatiewe siening van die Katolieke Kerk in die algemeen), aspekte rondom die eindtye en ‘n klomp ander dinge, is vir baie Christene in hoofstroom ortodokse denominasies redelik problematies. Natuurlik is daar ook baie toegewyde Christene in die SDA kerk, en selfs aspekte waarby ‘n mens iets kan leer, maar daar is ook genoeg rede om onderskeiding aan die dag lê wanneer ‘n mens met van wat hulle leer (soos bv. die DVD’s waarna jy verwys) te doen kry. Ek het byvoorbeeld nie genoeg vertroue in baie van die leer van die SDA om hulle seminare vir ander aan te beveel nie.

Ek dink tog ons deel tog in dieselfde geloofsoortuigings oor wie Jesus was en wat verlossing beteken. Die SDA se historiese agtergrond en leiersfigure is hier en daar effe verdag, en daar is ook in sommige gevalle ʼn element van sektarisme wat ek problematies vind. Maar ek sou meestal gemaklik wees om die SDA-lidmaat as my broer of suster in Christus te beskou.

Kyk gerus na die volgende artikels:

Laat weet gerus as verder oor iets spesifiek wil gesels.

Groete

Udo

 

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.