Is die Ou Apostoliese Kerk ʼn sekte?

Hi Udo

Ek wil graag weet of jy dalk ‘n bietjie info vir my kan stuur oor die Ou Apostoliese geloof?

Ek wil weet of die “core” van hulle geloof, is soos ons s’n.  Ek weet daar is ‘n paar tradisionele goed waarmee ons nie saamstem nie, maar glo hulle dat Jesus die seun van God is, gesterf het en opgestaan het? En glo hulle dat dit en slegs dit, ons weg na die ewigheid is?

Groete

Winkelsmidt

 

Hallo Winkelsmidt

My eie oorweging is dat die Ou (en Nuwe) Apostoliese Kerke neig om sektaries te wees. Hulle beskou alle ander kerke in ʼn uiters negatiewe lig en as jy daarom nie aan hulle kerk behoort en hulle spesifieke voorskrifte navolg nie, dan is redding jou nie beskore nie. Dit is alreeds ʼn aanduiding dat hulle die Bybel op ʼn baie problematiese manier hanteer en verstaan.

Hier is ʼn paar artikels wat jy vir jouself kan ondersoek (natuurlik met die gewone ‘disclaimer’ dat ʼn mens nie noodwendig alles in ʼn spesifieke artikel onderskryf nie):

Laat weet gerus as ek verder kan help.

Groete

Udo

 

Hi ek wil graag net reg help in verband met die ou apolstoliese kerk. Die ou apolstoliese kerk het nog nooit af breekend gepraat oor ander kerke nie. In teen deel glo ons dat geen kerk verkeerd is nie. Die ou apolstoliese kerk glo net vas aan die bybel en kan net als bewys uit die bybel wat hulle getuig. Ons is ook baie geestelik geoorienteerd. [Quintin]

 

Hallo Quintin

Ons wil graag reggehelp word as ons verkeerd is oor iets, so ek is bly dat jy kommentaar gelewer het.

Jy sê dat die Ou Apostoliese Kerk nog nooit afbrekend van ander kerke gepraat het nie. Volgens die Kategismus van die Ou Apostoliese Kerk word die volgende gesê:

Vraag 36:  Is die Christelike Kerk nie ook die liggaam van Christus nie? Antwoord:  Nee, want sy is verdeeld en Christus gees kan nie lewe in ‘n verdeelde liggaam nie, want die Gees van God word alleen geopenbaar in die eenheid en eengesindheid in Christus, want God is nie verdeeld nie. Hy is ‘n verenigde God (Efesiërs 4:4-6), en Christus is die hoof van die liggaam in en deur sy Apostels, als die hoogste amp in die kerk.

Vraag 53:  Wil ons sê dat Christus nie gekom het vir die ander genootskappe nie? Antwoord:  Nee, maar alleen vir die, die in Hom gelo deur sy heilige Apostel-amp.

Vraag 65:  Hoekom is die Geeste-gawe en kragte nie in ander Kerkgenootskappe te vind nie? Antwoord:  Omdat Christus die gawe en die krag net aan Sy Bruidsgemeente toevertrou als die bruid-teken, dit word haar toegedeel deur die Bruidswerkers, sy Apostels.

Hierdie stel antwoorde plaas ander kerke mos in ʼn baie negatiewe lig (m.a.w. dis afbrekend). As dit is wat die OAK glo, hoe kan jy sê dat die OAK nie dink dat enige ander kerk verkeerd is nie. Dis tog baie duidelik dat julle wel doen!

Ek hoor graag van jou.

Groete

Udo

 

Udo,

Graag wil ek uitvind van wie af die andwoord kom?

Volgens die skrifte is Christus die gemeente. Hy het ñ wooning in ons gemaak. En Christus kan nie verdeeld wees nie in God die Vader en die seun en die heilige gees het dan een geword. 

God kan net heers in sy koninkryk. Nou waar is die koninkryk volgens die skrifte? Lukas.17:21 En julle sal nie sê kyk hier of kyk daar nie want die koninkryk van God is binnein julle

Dit als is wat in die bybel staan en ons het nie die kerke in ñ slegte lig geplaas nie. Maar alle kerke het niemand verkeefd geleer nie. Alle kerke lees tog die selfde bybel as ons 

God is gees en die wat hom aan bid moet hom in Gees en waarheid aan bid. Joh.4:24.

Dus verstaan ons geestelik en help ander ook om die skrifte gees te verstaan. Ons help ander kerke en breek nie af nie. 

Juda.1:10 wys tog ook hoe ons die skrifte moet verstaan. Die wat teen dit is, is teen die skrifte en en teen God. 

En die wys ek nie op ñ kerk nie.

[Quintin]

 

Hallo Quintin

Soos ek reeds genoem het, die vrae en antwoorde kom uit die Kategismus van die Ou Apostoliese Kerk self. Kyk gerus na die volgende skrywe waar die Kategismus bespreek word: Werner, FW – Die Dwaling van die Apostelsekte (pdf); of sien aangeheg.

Ontken jy dat die antwoorde op die vrae wat daar gegee word, die leer van die OAK is?

Diegene wat aan Christus behoort, word as die liggaam van Christus beskryf (1 Kor 12:27) en ʼn groep Christene wat bymekaar is ʼn gemeente. En ja, die Heilige Gees woon in elkeen wat aan Christus behoort (Romeine 8:9); ʼn Christen word ook as die tempel van God beskryf (1 Kor. 3:16).  

Maar hier is wat ek nie verstaan van wat jy skryf nie: Wat bedoel jy as jy sê dat “God die Vader en die seun en die heilige gees het dan een geword”?

Natuurlik kan die liggaam van Christus nie verdeeld wees nie. Maar volgens alle aanduiding glo die OAK dat slegs die OAK die skrif reg verstaan en dat slegs diegene wat deur die sogenaamde Apostels van die OAK verseël word om die Heilige Gees te ontvang, gered kan wees. Maar as dit die geval is, dan beteken dit tog per definisie dat geen redding te vinde is buite die OAK nie. In so ʼn geval is die OAK dus die enigste ware kerk en is alle ander kerke valse kerke wat teen die skrif en teen God is (volgens jou verwysing na Judas 1:10)?

Waar verstaan ek jou verkeerd?

Groete

Udo

 

Udo,

1 Joh 5:7 Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een; Volgens Joh.1:1 is die Woord God.

En die kategusme boekie word alankal nie meer gebruik nie. Dus praat ek uit die skrifte uit.

[Quintin]

 

Quintin,

Mag ek vra sedert wanneer daardie kategismus boekie nie meer deur die OAK gebruik word nie? En hoekom nie meer nie? Is die antwoorde op die vrae nie meer wat die OAK glo nie? Wat is die antwoorde dan op daardie vrae? Gebruik die OAK iets anders wat verduidelik wat die OAK glo en wat dit onderskei van ander kerke?

Ek wonder byvoorbeeld nog steeds oor die kwessie van die verseëling met die Heilige Gees en dat net ʼn Apostel in die OAK hierdie sogenaamde sakrament mag bedien. Glo julle dit nie meer nie?

Oor 1 Joh 5:7: Hierdie vers het tekskritiese probleme, maar ja, die Drie-eenheid is ʼn Bybelse konsep. Die Goddelike natuur bestaan uit drie persone naamlik die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Maar hulle het nie een “geword” soos jy vroeër aangedui het nie; hulle was nog altyd een.

Oor Joh 1:1: Jesus word as die Woord van God geïdentifiseer; dis die Woord wat vlees geword het (sien vers 14).

Groete, Udo

 

Udo,

Dit wat daarop staan is in die byble ook dus word die vra nog gebruik. Vandat ek kon verstaan weet ek nie eers van die boekie net die amtes weet tans van daardie boekie. As u dan die boekie in jou besit het moet n famielie lid of een dan in die apolstoliese kerk wees en ñ amp in die kerk wees.

[Quintin]

 

Dankie vir jou antwoord, Quintin.

Of die boekie nou gebruik word of nie, as dit wat daarin staan is wat die OAK glo, dan het ek ‘n probleem daarmee en geld die kritiek daaroor wat ek vir jou aangestuur het.

Jy probeer sê dit is nie so nie, maar dis duidelik dat die OAK dink, volgens hulle verstaan van die Skrif, dat hulle die enigste ware kerk is en dat almal wat nie deel is van die OAK is nie, in ‘n valse kerk is en daarom ongered is.

Groete, Udo

 

Udo,

Wel as dit u meening is om selfs nie eers die skrifte glo wat vir ons as pad kaart daar gestel is nie kan mens help nie. Maar wat ek wel weet leef ons net ons geloof uit volgens die skrifte en wat daarin staan. En volgen die skrifte mag ons en niemand oordeel nie. Matt.7:1&2.

Die maat waarmee ons meet sal ons gemeet word.

Sodoende getuig ons net wat in die skrifte staan. En net God alleen wat ook in ons almaal is sal weet wat reg is.

[Quintin]

 

Quintin, of jy dit nou wil aanvaar of nie, die OAK het ‘n (negatiewe) oordeel gefel oor almal wat buite die OAK staan. Redding behoort slegs aan diegene binne die OAK. Hoe is dit nie ‘n oordeel nie?

Dis juis omdat ek erns maak met die Skrif en probeer verstaan wat God daardeur wil sê dat ek dink die OAK se sienings onbybels is. Daarom die kritiek, op Skriftuurlike gronde, wat ek vir jou gestuur het.

Groete, Udo

 

Udo,

Wel skriftuurlik het ek ook geantwoord. Dit wat getuig en sê staan in die skrifte en is gegrond in die skrifte. U kan net die skrifte gaan lees want dit wat u uit daardie boek geneem het staan ook in die skrifte.

[Quintin]

 

Ek aanvaar heeltemal dat jy dink jy is reg. Die punt is dat jy dink dat ek verkeerd is en dat ek onskriftuurlik is. Dis okay, want ek dink dieselfde oor jou skrifhantering. Maar weet dat jy ‘n oordeel gefel het oor my saligheid – net soos die OAK doen met almal wat van hulle verskil. M.a.w. die OAK het ‘n negatiewe siening spesifiek van alle ander gelowiges wat in Jesus as hul verlosser glo en deur die krag van die Heilige Gees lewe.

Hiermee is die gesprek van my kant af afgehandel. Jy is welkom om die laaste sê te hê.

Sterkte vir jou.

Udo

 

Udo,

Sover het u ons kerk beleedig en nie eintlik ek vir jou nie. Ek het gespraat wat ek lees uit die bybel. Maar God alleen sal weet. Ek dra geen harde gevolens teenoor jou en jou kerk nie. Lekker aand verder.

[Quintin]

 

470 Comments

  1. Ek is n jare lange ou apostel. Maar ek stem saam met die broer. Dat alle kerke een is. Niemand kan hom hoër ag as n ander nie. My meening is net. Die skrif is vir almal. Ek kies nie kante nie nie. Maar almal wat glo in die bybel is deel van Christus. Of jy nou AGS is of Ou Apostolies of Katoliek is. Dit maak nie saak nie. Wat geld vir een geld vir almal.

    • Klink meer soos n onderdiaken of priester. Quintin die skrf leer ons ook daar is niemand so blind soos hy wat nie wil sien nie…ek dink jy het genoeg gese wat stof tot nadenke kan wees.. maar hou aan om water te gee en Gal 5 uit te leef… trots op jou

      • Anoniem, sou jy dalk wil verduidelik hoe jy weet dat iemand eenvoudig “nie wil sien nie”? Dit klink eerder vir my na jou lukrake (anonieme!) opinie wat bedoel is om neer te sien op iemand sonder om hul posisie werklik te probeer verstaan (en nou nie juis ‘n uitlewing van Gal. 5 nie). Wat beter sal wees is as jy redes sal gee vir jou aantyging, vir jou aanspraak dat iemand in hierdie spesifieke geval eenvoudig “nie wil sien nie”.

        • How goed ken Jy die kerk as Jy kan kometaar lewer… Gaan lees die skrifte. End soon n bietjie n diens by. As Jy reg die kerk verstaan kan dit n mooi kerk wees. Almal get n reg tot geloof. So as Jy kometaar get you dit vir jouself. Niemand vat jou kerk aan nie. Inteendeel. My priester moedig one San on Ander kerke by the woon end self te besluit.
          Dit is my reg om te glo wat ek wil end my regte mag beskerm word. Ek skenk nie jou regte nie so hou jou kometaar vir jouself ASB.

          • Niemand skend jou reg om te glo wat jy wil nie, maar dit beteken nie dat wat jy glo is korrek nie. Trouens, dis juis omdat OAK se lering nonsens maak van verantwoordelike eksegese, dat die kerk as ‘n sekte beskryf word. En dis waarom daar kritiek te lewer is op wat die OAK glo. En ons het seker die reg om kritiek te lewer, of hoe? Maar weereens, jy het die reg om te glo wat jy wil EN om verkeerd te wees. Wanneer iemand nie regtig na die waarheid WIL soek nie, kan hulle nie regtig tot beter insigte gelei word nie.

      • Udo, ek dink jy het mispersepsie van die Ou Apostoliese kerk. Daar is een God. God die Vader die Seun en die Heilige Gees, net deur die Seun sal jy die Vader kan sien en niemand kan oordeel o9r wie reg is en verkeerd nie. Maar net die Ou Apostoliese kerk bedek die vrou nog haar hoof en die man dra n suite. Net hulle het die amptes in die kerk soos God in sy kerk gestig het. Is ins n sekte, ja mense sê so. Dit pas my want God is ook al uitgewys as n sekte. Die Ou Apostoliese kerk gebruik nog steeds God se kragte en steunpilare en bid vir ons medikasie. Ons glo in visioene as waarskuwings deur God. Ons Amptes werk steeds verniet in ons kerke nes Jesus ook Sy oreke verniet gedoen het. Ons Amptes werk steeds vir n salaris nes Jesus as skrynwerker gewerk het. Ja ons gee ons tiendes vrywillig aan die kerk soos God dit in Sy woord versoek, ons kollekteer dit van geen lidmaat nie en stuur ook nie bedel bordjies om nie. Dis n saak tussen jou en God. Besoek ons kerk en leer om nie net te hoor nie maar te luister. Luister met n Geestes hart en sien met n Geestes oog. As jy nie verstaan nie vra vrae. Jesus was n leermeester en nooit veroordeel nie. Volg gerus Sy voetspore, die gebou van samekoms is nie die kerk nie maar die lede in Christus vorm die kerk. So maar nie saak aan watter kerk jy behoort nie, Jesus het aan die wat kom kla het daar is ander wat in Sy naam genesing doen was God se woorde, Laat hulke voort gaan, wie nie teen My is nie is vir My. Waar 2 of 3 in Sy Naam vergader daar sal jy God vind. Nie bo son maan en sterre nie. Hoop almal sal ondersoek instel en wees vry, besoek die Ou Aoostoliese Kerk en voek vry.

        • JP Boshoff, as ‘n gewese OAK lidmaat dink ek Udo se persepsie is 100% in die kol. Natuurlik sal u nie saamstem nie. Ek sal dit egter ‘n stappie verder vat, ek sou eerder sê die OAK is ‘n kultus in plaas van ‘n sekte. Hoekom sê ek so? Die gesproke woorde van ‘n “owergestelde” is vir OAK lede van meer belang as wat in die Skrif staan, en die Bybel waarsku juis teen gesproke woorde wat uit ‘n mens se mond uit kom (Mattheus 15:18-20, Markus 7:20-23, Jakobus 3:1-12). Ongeag van hoe teenstrydig die “owergestelde” se gesproke woorde met die Bybel is, mag u hom nie aanvat of bevraagteken nie, want dan maak u hom “naak”. OAK lede slaan nie hul Bybels oop tydens ‘n kerk diens nie, inteendeel, hulle dra nooit ‘n Bybel saam kerk toe nie. Die naam “Ou Apostoliese Kerk” is vir OAK lede van meer belang as die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner. OAK lede preek en getuig van die “Ou Apostoliese Kerk” en hul amptes en probeer mense oortuig dat hulle self Jesus Christus is (Mattheus 24:23-28, Markus 13:21-23, 2 Petrus 3:3-13). Die kenmerk van ‘n kultus.
          Dis ‘n leuen dat OAK amptes nie betaal word nie, die OAK apostels verdien ‘n voltydse salaris by die OAK. Dan is daar ander amptes wat by die OAK se hoofkantore werk en verdien ook voltydse salarisse by die OAK. Die enigste amptes wat nie geld kry by die OAK nie is die onderdiakens en priesters. Oudstes en viervoud amptes kry geld by die OAK vir reis en verblyf. JP Boshoff, woon gerus ‘n OAK finansies aand by wat een keer ‘n maand plaas vind in u gemeente, en vra bietjie u “owergestelde” oor hoe u tiendes bestee word.

          • Die ou apostels is ongelukkig vals, hul leefwyse bewys dit… So n gevloek en valsheid moes ons beleef en oppervlakkige kennis van die skrifte. Jesus sal hul verlos as hul hom aanneem as saligmaker. Daar is opregte siele daar wat natuurlik onder hul sluiers leef, so jammer. Groete.

        • Geliefde in Christus ń beter verduideliking sou ek sekerlik nie kon doen nie.
          Net n aanvulling op n vorige besprekingspunt

          Handelinge 8 vers 18
          18En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied.

          So slegs deur die handoplegging van die apostels van Christus Jesus sal ons die Heilige Gees ontvang.

          • Gaan lees weer André, dit sê nêrens “SLEGS” deur die handoplegging van die apostels nie. Ons ontvang die Heilige Gees deur eenvoudig die Here Jesus Christus as ons Verlosser te ontvang (Johannes 3:5-16, Romeine 8:5-11, 1 Korinthiërs 12:13, Efesiërs 1:3-14).

            Terloops, Johannes en Petrus was ware apostels van Jesus Christus (Handelinge 8:14). Toe Paulus omtrent twaalf dissipels die hande opgelê het, het die Heilige Gees op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer (Handelinge 19:1-8). Wanneer die OAK beweer dat “slegs deur die handoplegging van die apostels van Christus Jesus sal ons die Heilige Gees ontvang”, dan glo die OAK mos die hande van die “apostel” is die lede van die kerk, dus vind daar nie ‘n fisiese handoplegging plaas nie, dis alles net in die verbeelding.

        • ”…The average salary of the Apostels were R100 000 per MONTH. The average salary of the Fourfold officers that worked for Head Office from 8 to 5 pm as an employee on a natural basis, was around R60 000 per month. Then, they also got a FULL 100% Bonus In November, which meant a juicy R100 000 to R120 000 salary. And these positions that these Fourfold officers held were very mundane positions of managing maintenance on the halls and so on. Something that any other person could do for R25 000 per month. On top of that, they received R15 000 house subsidies. Cell phone alowences and also shared a pool car and received travel allowances. These exorbitant salaries and perks totalled 60% of the cost to run KZN region. Yes.. only 40% of the funds/ tithes were allocated to maintenance of halls, municipal costs and so on…” – 2014 Financial Documents and Budgets for OAC KZN

        • Jammer JP maar ek het baie ondervinding van die ou Apostels hulle my ook probeer werf , daar is baie dinge waarmee ek glad nie saamstem nie , Jesus het gekom om al die dinge van die verlede te verander en te herskryf en Hy het gese alle nasies alle mense bid tot my en julle sal gered word , hkm lewe die ou apostels dan volgens die Ou Testament se dinge ? Jesus het net sekere dinge selfde gehou en die grootste een was die 10 gebooie . En hy het ook gese kom na my huistoe geklee op jou beste , nie in n pak klere of n hoed op jou kop nie , maar kom net soos jy is en aanbid my met jou volle hart . Die ander ding wat ook vir my nie reg is nie is dat als wat jy doen eers deur jou priester of oudste goed gekeur word en hulle moet namens jou God se seeninge vra , nee jammer ek stem nie saam julle nie ,daai kerkgebou is nie die huis van die Here nie en die kerk of priester of oudste gaan jou hemel toe kan vat nie
          Die huis van die Here is in n mens se hart ,en in elke huis wat hom dien , so my Kerk is waar ek ookal is ,by my huis ,in my kar ,by my werk , ja daar waar ek is is my God ook en dit se Hy in die Bybel vir ons

        • Kan ek asseblief uitvind oor die wederkoms en wat die Ou Apostoliese Kerk se sienswyse daaroor is.
          Asook die opname in die gemeente of kerk.

    • Sorry, nie almal wat glo in die “skrifte” is christene nie. Slegs diegene wat Jesus Christus aanvaar het as hul Verlosser deur die kruisdood wat Hy gesterf het, deur Sy opstanding uit die dode, deur Sy covering na die hemel waar Hy aan die regterkant van die Vader sit en deur die Heilige Gees wat vir ons gestuur is waardeur ons wedergeboorte ervaar, elkeen wat Hom aangeneem het.

  2. Mense gaan besoek die oak,ondervind en sien en hoor voor jul oordeel.vir die oak is alle mense kindere van God.skepping van God…
    Waarom die oak onder kruisverhoor sit,as jy nie die regte feite het nie..jul praat op gehoor,maar nie uit self ondervinding nie.
    God het gese,Hy stel in sy gemeente……..ook vry het jul dit gekry en vry moet jul dit uit deel…oak se amptes kry geen salaris vir wat hul doen nie,so hkm leuns of ongodheid verkondig.
    Alle andwoorde wat jul soek by oak gemeente,sal jul in die skrif kry….

    • Rina, die OAK is ʼn groepering van mense wat die Bybel op ʼn bepaalde manier interpreteer en daarvolgens bepaalde uitsprake maak. Om egter die OAK se spesifieke interpretasie van die Skrif te kritiseer, beteken nie dat ʼn mens enigiemand veroordeel of iets sleg van iemand wat aan die OAK behoort probeer sê nie.
      Sê gerus vir my waar jy dink ek leuens verkondig oor wat die OAK glo, dan gesels ons verder.

        • Dennis, jy adresseer die vraag aan my, maar miskien moet jy eerder vir ‘n OAK-lidmaat self daaroor vra. Sover ek kan aflei glo die OAK nie aan ‘n fisiese wederkoms van Christus êrens in die toekoms nie. Miskien kan ‘n OAK-lid wat hier lees my dalk reghelp?

          • Dis reg wat u sê daar. Ek wil die vraag met n vraag antwoord as u nie sal omgee nie.
            As hul sê Jesus moet nog kom of wederkoms…nerens in die griekse of hebreeuse skrif staan wederkoms nie wel wedergeboorte.
            Nou as hul sê Jesus moet kom waar is Hy dan nou? Volgens die skrif het iets wat lyk soos n wit wolk Hom omvou en Hy het opgevaar hemel toe reg? Hoe kom Jesus dan? Heb12 sê op n wolk van getuies..nou ek weet nie van u nie maar ek het nog nooit in my lewe n wolk van getuies gesien nie.. en as dit nou n wolk moet wees in die lug hoe gaan almal Hom dan kan sien? Ek is in die wesrand en kan nie eers die wolke in JHB sien nie…nou wonder ek wat as ons Hom dan mis met daai “wederkoms”???

          • Anoniem, ek moet vra: wat dink jy beteken die woord “wederkoms”? Gaan lees die volgende gedeeltes in die Nuwe Testament en laat weet ons gerus waarom ons nie moet dink dat dit aandui dat Jesus, wat ʼn ruk na sy opstanding opgevaar het hemel toe (sien Handelinge 1:11), gaan terug keer of weer gaan kom nie (en gaan lees dit gerus sommer in die Grieks):

            Matteus 16:27-28, Matteus 24:27,30,37,39,42,44, Matteus 25:31, Lukas 17:30-36. Johannes 14:1-3,18, Handelinge 3:19-21, Handelinge 17:31, 1 Korintiërs 1:7, 1 Korintiërs 4:5, 1 Korintiërs 11:26, 1 Korintiërs 15:23-24, Filippense 1:10, Filippense 3:20, Kolossense 3:4, 1 Tessalonisense 1:9-10, 1 Tessalonisense 2:19-20, 1 Tessalonisense 3:13, 1 Tessalonisense 4:15-5:4, 1 Tessalonisense 5:23, 2 Tessalonisense 1:6-7, 2 Tessalonisense 2:1-2, 2 Tessalonisense 2:8, 1 Timoteus 6:13-16, 2 Timoteus 4:1-2, 2 Timoteus 4:8, Titus 2:12-14, Hebreërs 9:28, Hebreërs 10:25, Hebreërs 10:37, Jakobus 5:7-9, 1 Petrus 1:3-5, 1 Petrus 1:13, 1 Petrus 2:12, 1 Petrus 4:13, 1 Petrus 5:4, 2 Petrus 1:16, 2 Petrus 3:3, 2 Petrus 3:8-10, 1 Johannes 2:28, 1 Johannes 3:2-3, Judas 1:14-15, Judas 1:21, Openbaring 1:4, Openbaring 1:7-8, Openbaring 3:11, Openbaring 16:15, Openbaring 22:12-13, Openbaring 22:20-21.

            En gaan doen asseblief ʼn bietjie jou huiswerk oor die term “wolk van getuienis” waarvan Heb. 12:1 praat (leidraad: dit het glattendal niks met ʼn fisiese wolk te doen nie, net soos wanneer ons praat van ʼn “stroom mense” dit niks met water te doen het nie).

          • Nee s, dis nie mooi om te jok nie. Die antwoord is beslis NEE, die OAK glo glad nie in die wederkoms van die een ware Jesus Christus nie (Lukas 24:36-39, Handelinge 1:1-11, 1 Korintiërs 15:50-58, 1 Tessalonisense 4:13-18, 1 Timoteus 2:5-6, 2 Petrus 3:1-13 ens).

            OAK Kategismus Deel 2, bladsy 15-16:
            “…Vraag 27. Het Christus al gekom of verwag ons Hom nog?
            a) Omdat die wêreld verwag dag Christus op ‘n natuurlike wolk kom, sien hulle nog uit na Sy koms. Dit is egter uit, Mat 16:28 duidelik dat Christus reeds moes gekom het; “Voorwaar Ek sê vir julle, daar is sommige van julle wat die soos sekerlik nie sal smaak voordat hul die Seun van die mens in Sy koninkryk sien kom het nie. “Daardie mense leef sekerlik nie meer nie.”
            b) Dit is uit 2 Tim 4:7-8 duidelik dat Christus reeds gedurende Apostel Paulus se lewe hier op aarde gekom het, want hy getuig “Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die Geloof behou. Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid van die Here, die regverdige regter, My in die dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook wat Sy verskyning liefgehad het.”
            c) Vir ons het Christus gekom en ons sien Hom, want Hy word aan ons geopenbaar deur die Heilige Gees en in ons lewe. (Sien vraag 14)…”

            OAK Kategismus Deel 2, bladsy 13:
            “…Vraag 14. Hoe kan ons tussen die Gees van Waarheid en die Gees van dwaling onderskei?
            a) Ons moet alle geeste op die proef stel of hulle van God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan. Die Gees wat bely dat Jesus in die vlees gekom het is uit God, en elkeen wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie is nie uit God nie. Dit is die gees van die antichris wat Jesus Christus nie in vlees erken nie 1 Joh 4:2-3.
            b) Dit is die belydenis dat God ons die ewige lewe gegee het, en hierdie lewe deur Sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe, en hy wat die Seun van God nie het nie het nie die lewe nie.” (1Joh 5:11-12) God stuur Sy Seun Christus Jesus in die gestalte van sondige vlees en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel al die vlees. Rom 8:3…”

            OAK Zoom diens 15 November 2020, Opsiener Robbertse saam met Profeet Groenewald:
            “…Elke Apostolie wat verseël word deur die Apostel, daar is ‘n verandering wat daar plaasvind, maar in hoedanige tyd hierdie Christus se opstanding in daardie een plaasvind, dit het ons gaan naspeur, dit het ons gaan na kyk, maar God sê vir hulle, aan hulle is geopenbaar laat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons, die dinge bedien het, wat julle nou aangekondig is.
            Die laaste vraag van die opnaamste verbond; Is jy dan nou bereid om met dieselfde liefde as wat daar vir u gegee is ook ander te gaan verlos van duisternis?
            En my antwoord was ja gewees, ek sal gaan getuig, ek sal uitgaan en ander ook gaan vry maak van daardie duisternis verbeelding, en hulle bring tot hierdie wonderlike waarheid wat in Christus Jesus is, naamlik die opstanding het plaasgevind en Christus het vlees aangeneem 1 Johannes 1:14. Hy woon onder ons, Hy is by ons, Hy’t my vlees aangeneem, ek kan getuig van Hom. Gawe Christus in my wat getuig teenoor elke een wat oor my pad kom dat God in my woon deur die krag en die Heilige Gees daarvan, of deur die Heilige Gees en die krag daarvan, om vir my hierdie outoriteit te kan gee om te kan sê ek behoort aan die liggaam van Christus. Daarom behoort ek aan God, want God en Sy Seun en die Heilige Gees is een en hulle getuig daarvan deur my woorde, deur my optrede, hoe ek met ander omgaan elke dag. Die dertiende vers daar om [1 Petrus 1:13], omgord dan nou julle lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel geword het by die openbaring van Jesus Christus. Omgord die lendene van jou verstand, “the heart of your understanding”, hierdie hart van verstand wat die hoof plek is, die hoofskedel plaas van elke liggaam waar die gawe vanaf geopenbaar word, dit is die gawe wat Christus dan ook openbaar sodat ander wat nog wag op Christus die Christus in my kan sien en dat Christus ook weer vir hulle kan kom op ‘n wolk van getuigenis, ‘n wolk wat geopenbaar word deur lede wat saam getuig sodat daar reën water kan uitsak, hemel water, getuigenis water, en hulle kan sê ja werklik waar Christus het dit vandag weer vir my gekom en die een wat tot my getuig het…”

            Gaan lees asseblief die Skrif gedeeltes in hulle geheel en binne konteks, dit help nie om enkele versies buite konteks te lees en te verdraai nie.

          • ‘n OAK amp skryf nou die dag die volgende rakende die wederkoms:
            “…Iets vir so bietjie evangelistiese kant
            Watter teks is ‘n dodelike teks wat onteenseglik bewys dat daar nie ‘n wederkoms – “volgens die wêreld” sal plaasvind nie 🤷🏻♂️
            Tip 🏻 Mattheus ……..…” – OAK Onderdiaken, Gauteng (Vanderbijlpark velde)
            “…MATTHÉÜS 16:27-28 Want die Seun van die mens staan gereed om met sy engele in die heerlikheid van sy Vader te kom, en dan sal Hy elkeen vergeld volgens sy dade. Voorwaar Ek sê vir julle, daar is sommige van die wat hier staan, (kyk na tydperk) wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die Seun van die mens in sy koninkryk sien kom het nie…” – OAK Onderdiaken, Gauteng (Vanderbijlpark velde)

            Die wêreld glo glad nie dat daar ‘n wederkoms gaan plaasvind nie, hulle glo nie eers in Jesus Christus nie! Lyk my dis eerder die OAK wat glo nes die wêreld.

            Die OAK verwar Mattheus 16:27-28 met Jesus se beloofde wederkoms (Handelinge 1:6-11). Jesus het Homself lewend aan Sy apostels vertoon ná sy lyde deur baie kentekens. Hy het gedurende veertig dae aan hulle verskyn en oor die dinge van die koninkryk van God gespreek tot op die dag dat Hy opgeneem is (Handelinge 1:2-5). Dieselfde Jesus wat van hulle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos hulle Hom na die hemel sien wegvaar het (Handelinge 1:11). Naamlik as Homself in die eerste persoon, nie ‘n verbeeldingryke “wolk” valse christusse en valse profete nie (Mattheus 24:23-28).

            Daar is ook ander verse wat met Mattheus 16:27-28 ooreenstem (Mattheus 16:28, Markus 9:1, Lukas 9:27). Daar lees ons ook van die koninkryk van God en van sommige wat daar gestaan het wat die dood sekerlik nie sou smaak voordat hulle die Seun van die mens in sy koninkryk sien kom het nie. Dan lees ons verder wat ses dae later gebeur het. Al drie die evangelies gee verslag oor Jesus se gedaanteverwisseling nadat Hy die stelling gemaak het. Petrus, Jakobus en Johannes was ooggetuies op die berg toe Jesus met Moses en Elia gepraat het (Mattheus 17:1-13, Markus 9:2-13, Lukas 9:28-36).

            Petrus, een van “sommige” wat daar gestaan het toe Jesus hierdie uitspraak gemaak het, het self die gedaanteverwisseling van Jesus op die berg gesien. Nie met kunstig verdigte fabels (allegorieë en gelykenisse) nie, maar as ‘n ooggetuie.

            2 PETRUS 1:16-18
            Want ons het nie kunstig verdigte fabels nagevolg toe ons julle die krag en koms van onse Here Jesus Christus bekend gemaak het nie, maar ons was aanskouers van sy majesteit;
            want Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe hierdie stem uit die luisterryke heerlikheid tot Hom gekom het:
            Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het. En hierdie stem het ons uit die hemel hoor kom toe ons saam met Hom op die heilige berg was.

            Later het die dissipels op Pinkster die uitstorting van die Heilige Gees gesien (Handelinge 2:1-13) en die koninkryk van God is geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees (Romeine 14:17).

            Lees ook 1 Korintiërs 15:51-58, 1 Tessalonissense 4:13-18 en 1 Petrus 5:1-4, verse wat die wêreld ook glad nie sal glo nie.

      • Dagse Udo ,ja ek stem saam jou ek het familie en skoonfamilie in die OAK ,nee kyk hulle moet regtig die feite agtermekaar begin kry en die hele Bybel lees vernaam nuwe testement , God verafsku Sonde en skeinheiligheid of is ek verkeerd ? Ek noem n voorbeeld waarvan ek ondervinding het . Sondag word daar vroom en heilig ini kerk gesit ,priesters en oudstes die heilige volk van God , Maandag as ook elke oggend moet daar eers gebid word voor daar gewerk word ,dan 10min later word die werker uitgeskel en gevloek , kyk ek vloek ook en baklei party keer en ja ek is n sondaar Maar weet jy Ek is God se sondaar ,opreg en nie skynheilige een nie
        Dankie dat jy God se regte en sy ware woord verdedig
        Groete Johan

      • O Griet, julle sit die pot heetemal mis! Luister liewer na Rina, en ervaar die lering in persoon sodat jy vrae kan stel en verstaan wat gese word. Net so tussen ons gesê:
        1. Die OAK glo wel dat baie van God se skape in baie weivelde redding ontvang.
        2. OAK en sy lede glo aan die wederkoms…netnie op dieselfde manier as jy nie.
        3. Alle mense is sondig, selfs OAK lede, ons moet maar net aanhou probeer beter wees, en vir jou mnr. “Ons die regverdige” kom die oordeel nie toe nie. Kinders van God oordeel nie. Hulle oorwin deur uit te reik met liefde, want God is liefde.

        • O Griet Suzette, Rina sit die pot heeltemal mis! Ons gewese OAK lede het reeds die lering in persoon ervaar, ons verstaan presies wat gesê word en ons het alreeds al die vrae gevra. Is u ooit vertroud met die amptelike OAK standpunte?
          1. Ja, dis hoekom die OAK een keer ‘n jaar ‘n “versegelings diens” het vir die siele in die “doderyk” wat pligsgetrou OAK aktiwiteite bygewoon het, nê Suzette?
          2. As julle woorde wil verdraai ja, maar eintlik nee Suzette, gaan lees OAK Kategismus Deel 2, vraag 14 en vraag 27. Lees ook https://www.antwoord.org.za/2016/10/ou-apostoliese-kerk/#comment-3313 vir meer besonderhede.
          3. Alle mense sondig ja, maar Christene glo ons word gered deur die bloed van Jesus Christus, die OAK glo hulle word gered deur werke, m.a.w. hul eie bloed.

        • Suzette, rakende die drie punte wat u genoem het, wees eerder eerlik en moenie doekies omdraai nie:

          1. Die OAK glo hulle is self die opgestane Jesus Christus en dat al die ander kerke eintlik die wêreld is en dat saligheid alleen deur die OAK kan plaasvind. Die OAK glo die “skape in ander weivelde” sal óf gedurende hierdie lewe óf in die doderyk die “lig sien” sodra hulle nou moeg gesoek het na God “daar bokant son, maan en sterre”.
          Sakramente vir die dooies https://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.com/2016/12/doctrine-sacraments-for-dead.html

          2. Omdat die OAK glo hulle is self die opgestane Jesus Christus glo hulle dat al die ander kerke sit en wag vir die OAK om op ‘n denkbeeldige “wolk van getuienis” te kom.
          OAK onderdiaken oor die wederkoms “volgens die wêreld” https://www.antwoord.org.za/2016/10/ou-apostoliese-kerk/#comment-3360
          Die OAK glo hulle is Jesus Christus https://www.antwoord.org.za/2016/10/ou-apostoliese-kerk/#comment-4688

          3. Alle mense sondig maar die OAK glo nie in die reddingskrag van Jesus van Nasaret se bloed wat Hy net eenmaal vir ons uitgestort het nie. Omdat die OAK glo hulle is self die opgestane Jesus Christus glo hulle alleen in hul eie werke wat hul as “bloed” beskou. Die “avondmaal” is ter herinnering aan al die werke wat OAK lede deur die maand gedoen het toe hulle “op hulle plek” was.
          Sielsaligheid deur “werke” https://www.antwoord.org.za/2016/10/ou-apostoliese-kerk/#comment-5235

          Sommige van ons is gewese lede van die OAK daarom word ons nie so maklik geflous deur OAK lede se slim praatjies nie. Lees u ooit die OAK se Kategismus en maandelikse TOK?

    • Rina, weet u dan nie dat die OAK apostels ‘n salaris by die OAK kry nie? Weet u dan nie dat tot en met oudster kry geld by die OAK nie? Vra bietjie vir die ouditeure en die mense wat met die OAK se finansies werk. Woon ‘n paar finansie aande by en luister mooi hoeveel geld word ingesamel, hoeveel geld word op die saal gespandeer en hoeveel geld word gebank. Aangaande u stelling dat alles waarin die OAK glo in die Skrifte opgeteken is, kom ons stel ‘n paar op die proef. Waar praat die Bybel van ‘n onderdiaken? Waar het Jesus se apostels na hulleself verwys as Jesus Christus? Waar staan dit in die Bybel dat die OAK (of enige kerk) Christus is? Waar staan daar geskryf dat ‘n viervoud amp drie sakramente moet ontvang vir die dooies? Waar staan dit in die Bybel dat ‘n opsiener twee ampte is, naamlik herder en leraar? Waar staan dit in die Bybel dat die onderdiaken die deur tot die koninkryk is?

      • ”…The average salary of the Apostels were R100 000 per MONTH. The average salary of the Fourfold officers that worked for Head Office from 8 to 5 pm as an employee on a natural basis, was around R60 000 per month. Then, they also got a FULL 100% Bonus In November, which meant a juicy R100 000 to R120 000 salary. And these positions that these Fourfold officers held were very mundane positions of managing maintenance on the halls and so on. Something that any other person could do for R25 000 per month. On top of that, they received R15 000 house subsidies. Cell phone alowences and also shared a pool car and received travel allowances. These exorbitant salaries and perks totalled 60% of the cost to run KZN region. Yes.. only 40% of the funds/ tithes were allocated to maintenance of halls, municipal costs and so on…” – 2014 Financial Documents and Budgets for OAC KZN

  3. Dankie Udu,
    Jy het dit mooi gestel met tekse uit die Bybel. Aan Anoniem: as jy glo in God Jesus en Sy Apostels so ook in die Bybel wat daar in opgeteken staan, sal jy glo in die wederkoms. Vergewe my vir dit wat ek nou vir jou gaan se. Dit lyk vir my jy lees nie jou Bybel nie, want anders sou jy gelees het dat Jesus self se dat Hy gaan weg en sal weer eendag kom om Sy bruid te kom haal. Glo eerder die bybel nie wat mense vir jou se nie.

  4. Aan die OAK,
    Ek het die gesprek gevolg en wonder net as u net in die bybel glo, soos genoem is, en u vra waar staan dit van die “wederkoms” hoop ek u het die tekse gelees wat Udo gegee het.
    En hier is my vraag: Waar staan dit in die bybel dat nadat Jesus opgevaar/opgeneem is in die Hemel dat hy al reeds terug gekom het.? ( ek glo ook net die bybel)
    Johan

    • Wederkoms is verkeerdelik vertaal. Dit is n koms of verskyning (paruchia).Stem volkome saam met jou Johan Nel. Hy het gesê : Nog net n klein rukkie, dan sal julle my weer sien.

    • (Mat 16:28)  Voorwaar Ek sê vir julle, daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die Seun van die mens in sy koninkryk sien kom het nie.

      Hierdie is Jesus se woorde van 2000 jaar terug. Het Hy gejok? Of loop daar nog mense van daai dag rond wat nog nie dood is nie?

  5. Aan oak lede/ampte, As julle die liggaam van Jesus is, en julle (die oak) bestaan van 1926 af, waar was Jesus al die ander tyd. Ek lees in die Bybel dat Jesus voor die grondlegging van die wereld, al bestaan het. Nou waar was hy al die tyd? Wie was sy liggaam dan, voor julle bestaan het?

  6. Johan
    Dit is nogal n goeie steling wat jy daar maak ek sal ook graag wil weet as hulle dan aleenlik die ligaam van Jesus is ek hoop een van hule wil dit graag vir ons verduidelik

  7. Neem kennis, ‘n baba moet eers kruip voordat hy kan loop, en om matriek te slaag is dit nodig om geleidelik tot op daardie standard te vorder om te kan slaag. Ek gaan probeer om kort en kragtig ‘n verduideling te gee oor van die algemene punte. As jy die tekse wat genoem word, meer volledig gaan lees, m.a.w. die hele hoofstukke, dan glo ek die lig sal aangaan, en mag julle dalk besef die krag van God is in eleen wat bereid is om deel van Sy liggaam te wees. Net so van die vroegste tyd in die skrifte het God mens gebruik deur wie Hy tot mens spreek en openbaar, en so steeds in nuwe testament. En omdat Hy onveranderlik is, doen Hy dit steeds vandag nog, en sal dit so wees ook in die toekoms. Sien baie goeie voorbeeld in Exodus 18:13-16
    En die volgende dag het Moses gesit om reg te spreek vir die volk; en die volk het voor Moses gestaan van die môre tot die aand toe.
    En toe Moses se skoonvader sien alles wat hy vir die volk doen, sê hy: Wat is dit wat jy vir die volk doen? Waarom sit jy alleen, en die hele volk staan voor jou van die môre tot die aand toe?
    En Moses antwoord sy skoonvader: Omdat die volk na my kom om God te raadpleeg.
    As hulle ‘n saak het, kom hulle na my; en dan moet ek regspreek tussen die partye en die insettinge van God en sy wette bekend maak.

    Die term “Geestelik” moet verstaan word. As jul dus glo dat die skrifte van God is, en dit is die waarheid, dan moet ons weet God wat Gees is, spreek tot ons in ‘n geestelike taal. 1Kor 2:14-15 14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.
    15.Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie.
    Dit is dus duidelik as ons nie in die Gees onderrig is, en was nie, maar net op natuurlike wyse, sal dit vir my na dwaasheid klink, en sal ek dit nie kan verstaan nie. Dit is ‘n feit, en die teks beaam dit ook so.

    Jou woorde Johan:” Ek lees in die Bybel dat Jesus voor die grondlegging van die wereld, al bestaan het. Nou waar was hy al die tyd? Wie was sy liggaam dan, voor julle bestaan het?”
    So Johan, as die Bybel dan nou natuurlik verstaan moet word, as Jesus net mens was, moes Hy dus daar wees tydens die skepping reg? Want voplgens skrif natuurlike gesproke was Hy eers in nuwe testament tot geboorte. So, die volgende kan ook dalk dit vir jou antwoord.
    Net soos die skepping van God verstaan moet word as die geestelike skepping van God, dan die Geestelike in elke mens, moet elkeen die Bybel ook lees en ondersoek asof dit vir “homself” is. God probeer wys hoe Hy , waar die dood is, dit die duisternis in my lewe verteenwoordig, Hy met Sy skepping in my lewe kon begin, deur die duisternis met lig te vervang. Dit is nodig, want hierdie lig is die kennis, Christus wat deel van my lewe word. Soos Hy dit beskryf in Joh. Hy het as ‘n lig in die wêreld gekom. Deur, ‘n woord wat ek aanvaar het wat deur mens gespreek is. Joh1:1, In die begin. Joh1:1-4
    In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
    Hy was in die begin by God.
    Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
    In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.

    Niks het ontstaan behalwe deur Die woord nie. Maar ook dan, in Die woord was Lewe, en die Lewe ‘n Lig vir die wêreld. Dus, deur wat ek verstaan, kon ek ou dinge afsterf, nuwe mens in Christus word.Lees ook gerus 2Kor 4:6. Dit verklaar ook waat ek reeds hier geskryf het. Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn—dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.

    Ek probeer die konteks verklaar van die Liggaam. M.a.w. net so het Paulus se geestelike geboorte het begin met die “Lig” op die pad na Damascus hom omstraal het. Hy was blind. Wat anders as om eintlik te sê hy kon nie verstaan nie.Duisternis of dood-Geestelik. Sien later Efes 2 tekse wat sal volg. Hy was nog ‘n “natuurlike denkende mens”. Daarom toe hy na Ananias was en hul redeneer het, was dit asof skille van sy oë geval het, en Hy kon sien. Die Lig wat die verstaanbaarheid en kennis verteenwoordig, wat Sy Gestelike lewe verseker het was by Paulus teenwoordig. Ook dit beskryf hy later in Gal 11. Dit sal netnou volg. Kom ons verklaar. Paulus gaan waar hy sy “lewe” verduidelik in Gal 1, dan sê hy die volgende. Hy probeer sê dat wat hy geleer het, en wat aan hom bekend is nie van ‘n mens is nie. Gal 1:12 Want ek het dit ook nie van ‘n mens ontvang of geleer nie, maar deur ‘n openbaring van Jesus Christus.
    let wel, die openbaring van Jesus Christus. Hoe? Deur ‘n mens, en in sy geval was Ananias die een instrument van geregtigheid wat sy liggaam gestel het as ‘n welgevallige Godsdienstige offer. En dan gaan Paulus verder en getuig dan die volgende.Gal 1:15 Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het,
    Gal 1:16 om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom onder die heidene sou verkondig, het ek dadelik nie vlees en bloed geraadpleeg nie
    Hier was Paulus nou weer die instrument van geregtigheid. Hy gaan sover om te sê, Hulle het hom nie verag of verwerp vanweë die swaakheid van sy vlees nie, maar het hom aanvaar ass ‘n engel, waarlik as Jesus Christus. Ek dink dit is baie duidelik. Juis daarom het Jessus vroeg al in Kor 12 beskryf, as Hy sê julle is My liggaam, lede in besonder. Kor 12:27 Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.
    Dus het hulle Sy liggaam, Jesus Christus uitgemaak. En soos vroeër beskryf, as dit so was, en Hy is onveranderlik, hoekom glo mense dit nie vandag nie. Die mens is nie groter as God nie. Vlees beteken niks. Sien teks.Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
    Juis daarom ook, toe Hy dissipels gestuur het, het Hy gesê, wie julle aanvaar, aanvaar ook vir My en die Een wat My gestuur het. Wie julle nie aanvaar nie, aanvaar ook nie vir My, en die Een wat my gestuur het nie.
    Daarom is dit so mooi as ons lees dat Paulus beskryf hierdie lewe nog meer duideliker in Efes 2:1-6 En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes
    waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk,
    onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.
    Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het,
    ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered—
    en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,
    Hierdie moet duidelik wees dat ons is besig met Geestelike dinge. Dood, lewend, in Hemel, saam met Christus.
    Nog ‘n verdure teks indien jul steeds twyfel. Col 3:3 Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.
    Col 3:4 Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word.
    Col 3:10 en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,
    Dit is net weer om te wys hoe ons as geestelike wesens, as sielemense groei in Christus, en sodoende ons liggame stel as ‘n welgevallige offer, soos ‘n Paulus as instrument sodat ons as lede van Sy liggaan Hom openbaar. Ek sal graag verder wil gaan, maar ek dink dit is duidelik dat die geestelik verstaanbaarheid noodsaaklik is. Ek sluit ook net af met ‘n laastepaar tekse, Rom 8.
    Rom 8:1 Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
    Rom 8:2 Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.
    Groot dank dat ek dit met U kon deel. Ek oordeel nie, maar dank God dat iemand ook sy lewe opgeoffer het om Christus aan my te openbaar, die Lig wat my verstand verlig het, en ek dieselfde kan doen deur myself minder te ag en ook ‘n liefhebber van siele kon word.

    Dus, ek moet deel van hierdie Geestelike wees van Christus om te deel in God se heerlikheid. Die laaste teks verklaar dit so duidelik. Let wel, die teks sê nie ek gaan eendag die lewe ontvang nie, maar kan dit vandag reeds ontvang met sekere vereistes. Lees baie aandagtig asb.

    1 Joh 5:9-12
    As ons die getuienis van die mense aanneem—die getuienis van God is groter, omdat dit die getuienis is van God wat Hy aangaande sy Seun getuig het.
    Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie.
    En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun.
    Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.

    Let wel, die ewige lewe gegee het. Dus, daarom in 1Kor 15 wys Paulus dat wie in die lewe op Christus hoop, is die eleendigste van alle mense. 1 Kor 15:9
    As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense.

    Gaan lees gerus die hele Kor 15, baie insiggewend en duidelik. Baie antwoorde, maar ook baie vrae indien ek dit nie Geestelik kan verstaan nie.
    Ek sluit af met die mooi teks van Paulus in 1 Thes 2: 13
    Daarom dank ons God ook sonder ophou dat, toe julle die woord van God ontvang het wat deur ons verkondig is, julle dit aangeneem het nie as die woord van mense nie, maar, soos dit waarlik is, as die woord van God wat ook werk in julle wat glo.
    Die klem hier op laaste gedeelte. “wat werk in julle wat glo”

    As ek nie kan glo dat God se Seun openbaar deur gewone mense as diensknegte nie, en ek dus elke dag soos Paulus ook beskry my kruis moet opneem nie, dan verwerp e kook God wanneer Hy met my spreek. Onthou vorige toe dissipels gestuur was. Baie soortgelyk hele paar jaar later.

    Opsommend: Christus was teenwoordig met die grondlegging van my aarde toe ek begin verstaan het. Hy het aan my openbaar deur ‘n mens wat tot my gespreek het, die Woord was God. Die Lig vir my, Die Lewe vir waar ek nou as nuwe skepsel kan leef in Christus, in die Waarheid, en my liggaam nou gee soos ‘n Paulus as instrument waar God se Gees my leie, en die word wat ek spreek mense kan aanvaar of verwerp as die W oord van God. Ek kan God da nook dank dat hul die word aanvaar soos dit waarlik is, “Die Woord van God.”

    Dankie weereens. Hoop dit sal lig werp op van jul vrae.

    • Hallo Koos,
      Rakende u stelling:
      “…Net so van die vroegste tyd in die skrifte het God mens gebruik deur wie Hy tot mens spreek en openbaar, en so steeds in nuwe testament…”;
      God spreek nie alleen deur die mens nie. Toe God met Adam gespreek het, was daar geen ander mense deur wie Hy kon spreek nie (Genesis 2:16-17). God het ook onder andere direk met Noag en Moses gespreek (Genesis 6:13, Eksodus 3:14). God spreek ook in ‘n droom om die mens se ore te open en die mens te waarsku teen sy onderneming (Job 33:14-18). Reg deur die Ou en Nuwe Testament het God ook boodskappe gebring deur middel van engele. Onthou, geen mens kan ‘n engel wees nie (Psalm 8:4-5, Mattheus 22:30, Lukas 20:34-36, Hebreërs 12:22-23). OAK lede is lief daarvoor om te sê God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid, maar hulle het meer vertroue in die gesproke woorde van ‘n fisiese mens wat hulle as hul “owergestelde” aanbid. Wanneer die Gees van God in ons woon, dan praat Hy met ons deur Sy Gees (Johannes 14:17, 1 Korintiërs 3:16).

      Rakende u stelling:
      “…Die term “Geestelik” moet verstaan word. As jul dus glo dat die skrifte van God is, en dit is die waarheid, dan moet ons weet God wat Gees is, spreek tot ons in ‘n geestelike taal…”;
      Ons glo die Bybel is reeds ‘n geestelike boek, dis nie nodig om dit verder te “vergeestelik” nie. Die woorde wat Jesus gespreek het is gees en is lewe, Sy woorde is vir ons opgeteken in die Bybel (Johannes 6:63). Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus (2 Timotheus 3:16-17). Volgens die Bybel is vleeslik die teenoorgestelde van geestelik (Romeine 8:5-7, Galasiërs 5:16) want dit is die vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel (1 Petrus 2:11). Die Bybel is baie duidelik wat hierdie vleeslike begeertes is (Mattheus 15:18-20, Markus 7:20-23, Romeine 1:25-32, 1 Korintiërs 5:9-11, 1 Korintiërs 6:9-10, 1 Korintiërs 6:15-20, Galasiërs 5:19-21, Efesiërs 4:17-31, Efesiërs 5:3-7, Kolossense 3:5-9, 1 Thessalonicense 4:3-8, Hebreërs 13:4-5, 2 Petrus 2:4-10, Openbaring 21:8, Openbaring 22:15). Nêrens sê die Bybel dat ons dit anders moet lees of verstaan as wat dit geskryf is nie.

      Rakende u stelling:
      “…as die Bybel dan nou natuurlik verstaan moet word, as Jesus net mens was, moes Hy dus daar wees tydens die skepping reg?…”;
      Ja, Christus was daar tydens die Skepping, daarom het God gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld (Genesis 1:26). In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie (Johannes 1:1-3). Die Woord waarna hier verwys word is die Goddelike Uitdrukking (Logos), naamlik Christus. Die Woord het reeds bestaan nog voor die begin wat beteken dit is ewig. Tien keer in Genesis 1 het God gesê, en dit was so. Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër (Psalm 33:6). Johannes som dit op as die Woord wat alles geskep het. God is baie meer as bloot net ‘n woord, die Woord van God kan nie met net ‘n woord vergelyk word nie (Spreuke 30:4-6, Hebreërs 4:12-13, Openbaring 19:11-13, Openbaring 22:18-21). Wat die menslike tong betref, dit is ‘n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif (Jakobus 3:1-12).
      Omtrent 2000 jaar gelede het die einste Woord van God in die gedaante van Jesus van Nasaret Sy verskyning gemaak.
      En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon-en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom-vol van genade en waarheid (Johannes 1:14). Hier skryf Johannes in die verlede tyd en hy verwys nie na sy eie woorde of dié van sy mede apostels nie. Johannes was ‘n ooggetuie van Jesus Christus wie se Naam ook Die Woord van God is (Openbaring 19:13). Dis ook hoekom Johannes na Hom verwys as die Woord, een van die drie wat getuig in die hemel (1 Johannes 5:7). Christus is die Woord, en dit verwys nie net na die Eniggeborene van die Vader nie, maar ook die hele Skepping.

      Rakende u stelling:
      “…want hierdie lig is die kennis…‘n woord wat ek aanvaar het wat deur mens gespreek is…”;
      In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense (Johannes 1:4). Volgens hierdie vers is dit nie kennis wat lig is nie, maar die lig is die lewe wat in Hom (Jesus van Nasaret) is. Deur Hom alleen het ons die ewige lewe. Jesus is die lig van die wêreld (Johannes 8:12, Johannes 9:4-5) en ons moet glo in die lig sodat ons kinders van die lig kan word (Johannes 12:35-36, Efesiërs 5:8-11, 1 Thessalonicense 5:1-5, 1 Johannes 2:9-11). Ons moet egter oppas in watter “lig” ons glo want nie elke “lig” kan vertrou word nie (2 Korintiërs 11:13-15, Galasiërs 1:6-10, Openbaring 12:7-9) .

      Rakende u stelling:
      “…Dus het hulle Sy liggaam, Jesus Christus uitgemaak. En soos vroeër beskryf, as dit so was, en Hy is onveranderlik, hoekom glo mense dit nie vandag nie…”;
      OAK lede verdraai 1 Korintiërs 12:27 om na hulself te verwys as Jesus Christus (Mattheus 24:23-28, Markus 13:21-23). Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid (Hebreers 13:8). Die OAK daarteenoor was nooit daar toe die Nuwe Testament geskryf is nie (http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2016/08/history-schism-tree.html). Jesus Christus is nie ‘n groep mense nie want daar is net een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus (1Timotheus 2:5). Christus is die Hoof van die gemeente (Efesiërs 5:23-32, Kolossense 1:18), die gemeente is Sy bruid en Hy is die Bruidegom (Mattheus 9:14-15, Mattheus 25:1-13, Markus 2:18-20, Lukas 5:33-35, Johannes 3:22-29). Soos wat u die hoof is van u vrou en haar liggaam aan u behoort, kan ons ook sê u vrou is die liggaam van Koos want julle is een vlees. Dit gesê, het u nogsteeds u eie fisiese liggaam en u vrou het nogsteeds haar eie kop op haar skouers. So ook is die kerk die sielebruid van Christus en Hy is die Bruidegom en Hoof van die kerk. Lees die versies tussen hakkies om dit beter te verstaan.

  8. Aan Koos,
    Dankie dat jy wil antwoord.
    Ek stem saam met jou stelling oor die baba. Kom ons kruip eers voor ons hardloop.
    1) Waar was die Ou Apostel Kerk voor 1926 ?

    • Die Ou Apostoliese Kerk was in 1893 in Suid Afrika gevestig onder die naam, Die Apostoliese Kerk. In 1911 word dit geregistreer as Die Nuwe Apostoliese Kerk. Ingevolge ‘n ooreenkoms wat gemaak is met die volgelinge van HFW Schlaphoff is die naam op 1 Julie 1927 verander na Die Ou Apostoliese Kerk van Afrika.
      Die Ou Apostoliese Kerk wat in 1893 gestig was in Afrika was oorspronklik deel van die Apostoliese Kerk wat in 1863 tot stand gekom het nadat ‘n gemeente weggebreek het van die Katoliek Apostoliese Kerk wat in 1832 in Surrey Engeland tot stand gekom het.

      Die stigting van die Katoliek Apostoliese Kerk was ‘n uitvloeisel van ‘n proses waarin Vryheid van Geloof in Europa erken is. Voor dit was die enigste Kerke wat bestaansreg gehad het die Staatskerke soos die Anglikaanse Kerk in Engeland. Die NG Kerk in Nederland en die Katolieke Kerk in groot dele van Europa. Maw, ‘n Apostoliese Kerk wat voor 1832 sou bestaan het sou onwettig wees.

      Daar is aanduidings dat die Kerk voor 1832 bestaan het en “ondergronds” bedryf is as die Philadelphian Society, die Franse Pietiste, en selfs as sekere Gnostiese groepe verder terug in die geskiedenis.

      Daar was nie ‘n tyd dat die Apostoliese Kerk nie bestaan het nie. Dit was net onwettig.

        • Ek wat n broer in die OAK is wil net een ding Vir jou se die wat hom Groot hou voor die HERE sal Klein gehou word, die wat hou Klein hou voor die HERE sal Groot gehou word . Dit begin by nederigheid . Ek is 33 en jy werk nie Vir my sielsaligheid nie so moenie klippe gooi na my kerk toe nie . As jy nie van dit hou nie is dit jou eie probleem ek sal antwoord gee Vir myself en so sal ons elkeen.

          • Ek wat ‘n gewese lid van die OAK is wil net een ding vir u sê, die wat op hul eie werke wil vertrou om sielsaligheid te verdien is gedoem, maak nie saak hoe nederig u wil glo u is of nie. Dit gaan nie oor of ek daarvan hou of nie, dis die waarheid (Hebreërs 7:11-28, Hebreërs 10:1-14).

          • Marthinus, of u nou daarvan hou of nie, hier is die waarheid.

            Niemand kan werk vir sielsaligheid nie, niemand kan deur werke sielsaligheid verdien nie. Verlossing is die gawe van God uit genade (Efesiërs 2:8-10). Ons sondigheid maak van ons geregtighede ‘n besoedelde kleed voor ‘n heilige God (Jesaja 64:6). God se standaard is niks minder as volmaaktheid nie. Wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, is aan almal skuldig (Jakobus 2:10). Daar is dus geen manier waarop ons ooit verlossing kan verdien nie.

            Ou Apostolies is baie lief om te sê geloof sonder werke is dood sonder om die konteks daarvan in ag te neem nie (Jakobus 2:14-18). Gaan lees mooi, Jakobus sê nie dat ons verlossing deur werke kan verdien nie. Ware geloof word gedemonstreer deur goeie werke in teenstelling met iemand wat beweer dat hulle geloof het, maar in opsetlike ongehoorsaamheid aan Christus leef. Daar word van ‘n mens verwag om goeie werke te doen omdat ‘n mens reeds gered is, dus is goeie werke ‘n bewys van iemand wat reeds gered is. As iemand God bo alles lief het en hul naaste soos hulself dan is liefde die dryfveer vir hul goeie dade en die “werke” sal nie deur hulle as “werke” beskou word nie, maar eerder as liefdesdade. Niemand kan ooit redding verdien nie want ons is reeds duur gekoop deur die bloed van Jesus (1 Korintiërs 6:12-20, Hebreërs 7:25-28, Hebreërs 10:10-18).

            Rakende u stelling:
            “…die wat hom Groot hou voor die HERE sal Klein gehou word, die wat hou Klein hou voor die HERE sal Groot gehou word…”;
            Dis duidelik iets wat u by iemand gehoor het of self uitgedink het, of dalk buite konteks gelees het in die Bybel? Was dit Mattheus 5:17-20 dalk?

            Mattheus 5:17-20
            Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.
            Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele;
            maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.
            Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.

            As u hierdie boodskappie wil beskou as “klippe gooi” dan bid ons vir u. Dit gaan definitief nie oor of iemand daarvan hou of nie, dit gaan alles net oor die waarheid (Johannes 14:6, Handelinge 4:10-12).

  9. Johan dankie. Ek glo jy sal saamstem dat voor daardie tyd was daar baie min gelowe of sal ek sê kerke was.
    Hierdie geloof van die waarheid bestaan al vanaf eeue heen. Soos Jesus aan Sy dissipels gesê het om evangelie te gaan verkondig. Mat 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
    Mat 28:20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

    Dit is juis , deurdat hulle die evangelie verkondig het, het die Kerk, of sal ek ook sê die Liggaan gegroei. Daar is pragtige tekse wat dit staaf.
    Eph 4:11 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars,
    Eph 4:12 om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus,
    Eph 4:13 totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;
    Eph 4:14 sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;
    Daarom , om die skrifte behoorlik te verstaan, in in die Lewe te wees, m.a.w. in Christus te lewe soos reeds verduidelik is, is om hierdie geestelike taal van God te verstaan en te lewe, Die Kerk mag dalk nou genoem word OAK, maar deur geloof en Gees is dit steeds een Kerk, en een Liggaam. Sien ook volgende teks.
    Efes 4:4 Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping;
    Efes 4:5 een Here, een geloof een doop,
    Efes 4:6 een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is.

    Onthou ook, ‘n boom word geken aan sy vrugte, so word ‘n Apostolie aan sy werk en geloof geken. Daar is regoor die wêreld ander “OAK’e”, maar met ander name. Maar met een geloof. Juis daarom ook van tyd tot tyd kom al die Apostels van regoor die wêreld bymekaar, Elke land stuur een Apostel wat afgevaardig word vir daardie land. Om jou dus te antwoord, die OAK was daar van die begin van die verkondiging af, soos tekse ook verklaar. Hoop dit werp lig op jou vraag.
    Dankie

    • Koos,

      Rakende u stelling:
      “…Daar is regoor die wêreld ander “OAK’e”, maar met ander name…”;
      Ek verwys u na u eie kerk se geskiedenis:
      “…Vanaf 1911 tot 1926: “Nuwe Apostoliese Kerk (Afrika)”. Na 1926 tot onlangs: “Die Ou Apostoliese Kerk van Afrika”. Met die herbekendstelling van die Kerk in ander lande, is die agtervoegsel “van Afrika” weggelaat…”

      Rakende u stelling:
      “…van tyd tot tyd kom al die Apostels van regoor die wêreld bymekaar, Elke land stuur een Apostel wat afgevaardig word vir daardie land…”;
      Hierdie stelling laat dit klink asof elke land regoor die wêreld hul eie OAK “apostel” het. Ek weet nie wie dit vir u vertel het nie, maar dis duidelik net in hul eie verbeelding. Meeste van die OAK se “apostels” is van Suid Afrika afkomstig en hulle is maar dun gesaai “regoor die wêreld”.
      Byvoorbeeld “apostel” Nieuwenhuizen is die OAK se “apostel” vir die Midde Ooste, Noord Afrika, Engeland, Ierland. Nederland, België en Wes Duitsland!
      En dan “apostel” Scholtz wat die OAK se “apostel” is vir Gauteng, Australië en Nieu Seeland.
      Die OAK gemeentes oorsee bestaan meestal uit lede wat in Suid Afrika gebore was en wat oorsee werk gekry het.

      • Die OAK het tans 29 aktiewe “apostels”:
        20 gebaseer in Suid-Afrika vir Suid-Afrika
        7 gebaseer in die res van Afrika vir Mosambiek, Zambië, Malawi, DRK, Eswatini en Botswana
        2 gebaseer in Europa vir Duitsland, Ierland, Portugal, Nederland en België
        2 gebaseer in Suid-Afrika vir Lesotho en Namibië
        2 gebaseer in Suid-Afrika vir die Verenigde Arabiese Emirate, Australië, Nieu-Seeland en Amerika
        Dus ‘n totaal van 18 lande uit 195 lande ter wêreld.

  10. Aan Koos.
    Mag ek my eie vraag beantwoord. Die OAK het nie bestaan voor 1926 nie. So dit is n leun om te se, volgens julle dat JESUS klaar gekom het vir julle. Ek praat van sy wederkoms. Al die Christene weet dat JESUS gebore was uit n maagd. Dat JESUS gekruisig was en dat Hy opgestaan het. Opgevaar/opgeneem in die Hemel in. En sit aan die regterhand van die VADER (GOD ) vanwaar hy weer sal kom. Tot julle geloofs beleidenis beaam dit. Nou waarom die leun versprei dat Hy weer gekom het vir julle, en Hy moet nog vir ons kom. En dit is nie al nie, nou is julle ook sommer die HERE ook. Al ons Christene glo die bybel. Ek neem aan julle ook. Nou die bybel wys vir ons dat julle in n leun versprei.
    Handelinge 1 vers 11 wys dat “Hierdie JESUS wat van julle opgeneem is in die hemel sal net so kom soos julle hom na die hemel sien wegvaar het”. So dit beteken dat dieselfde JESUS, nie iemand anders nie, ook nie iemand in Sy plek nie, sal weer so kom. “Hierdie JESUS”. Ook wys Openbaring 1:7 vir ons waneer hy weer gaan kom sal elke oog hom sien. Tot die wat hom gekruisig het sal hom sien.
    Ons Christene word gewaarsku deur JESUS self in die bybel teen mense wat se hulle is die HERE. Kom ons lees in Mattheus 24:23 As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! — moet dit nie glo nie.24 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. 25 Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê. 26 As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn — moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer — moet dit nie glo nie.

    As jy verder wil gesels kontak my: neljohan79@gmail.com

  11. Johan ek sal weer kontak maak. Gaan more in vir operasie, en sal sodra dit moontlik is kontak maak. Ek verklaar jou my siening. Hoekom lees almal Paulus se boeke in die Bybel. Hy was natuur gesproke lank na Jesus, maar hy self sê hy was saam met Christus gekruisig, en verder soos reeds genoem, selfs hy sê mense het hom aanvaar as “Jesus Christus”. Hy het gesê, God het hom uitvekies om Sy Seun deur hom te openbaar. Ek sê weer, en niks lelik bedoel nie. Mens moet die dinge geestelik verstaan, en glo my, alles sal sin maak. Dit vat baie werk, en gedagtes wissel, wat ons noem “broodbreek” oor gedagtes. Ek is getuig indie kerk, en glo my, ek het baie vrae gevra, en baie ure tot in middernagte brood gebreek om behoorlik te verstaan. Ek het en sal nooit sê ek is God soos jy afgelei het nie. Ons is slegs instrumente sodat God deur ons kan spreek, Lees gerus weer deur vorige kommunikasie.
    Luk 17:20  En toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie. 
    Luk 17:21  En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle. 

    Sal weer kontak maak op later tyd. Dankie

  12. Koos,
    Ons sal vir jou bid dat dit more goed sal gaan, en dat die operasie suksesvol sal wees. Jong die stellings is baie mooi wat jy maak. JESUS het met die Fariseers gepraat toe Hy gese het die koningkruik is binne in julle. So se JESUS vir die Apostels
    so moet julle bid……… laat u koningkryk kom. ( Mattheus 6-19)

  13. Koos,
    Ons het vanoggend gebid vir jou en ons glo dit sal goed gaan, en jy moet spoedig herstel. GOD is nie n mens nie.(Numeri 23:19) Johannes 4:24 noem waar JESUS se GOD is Gees, en ons moet hom in Gees en waarheid dien.
    Ek glo ook dat die drie enige GOD bestaan uit, net soos wat die bybel vir ons wys in, 1 Johannes 5:7 Daar is drie wat getuig in die Hemel.
    1) Die Vader—– GOD
    2) Die Woord—– Seun
    3) Die Heilige Gees.
    Handelinge 4:12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie. (en lees die hoofstuk dan sien jy dit is JESUS waarvan gepraat word, dis al naam, nie n kerk naam , of n “amp” naam nie)

    • Johan en Koos,
      Vanuit ʼn historiese perspektief mag dit help om kennis te neem van wat Christene sedert die vroegste tye van die Christendom se bestaan oor God se natuur en Jesus se identiteit geglo het.
      Die belydenis van die vroeë kerk is dat die Goddelike natuur uit drie Persone bestaan naamlik die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Hierdie drie Persone (let wel “persoon” hier verwys nie na “mens” nie, maar na dit wat immaterieel of nie-fisies is, soos wat met die term “siel” of “bewussyn” of “gees” bedoel word) is onskeibaar, maar tegelykertyd volledig onderskeibaar. God as ʼn drie-enige wese (ʼn nie-fisiese wese wat uit drie persone bestaan) is dus in essensie “gees”.
      Tog is dit ook so, soos die vroeë kerkvaders in hulle studie van die Nuwe Testament tot die gevolgtrekking gekom het, dat die tweede Persoon van die Goddelike drie-eenheid ʼn menslike natuur aangeneem het in die persoon van Jesus van Nasaret. Dit beteken dat Jesus as persoon beide ʼn menslike en Goddelike natuur deelagtig was. Hy was dus volledig mens (met ʼn fisiese menslike liggaam en ʼn menslike siel) maar was tegelykertyd ook volledig Goddelik (m.a.w. Jesus se menslike immateriële selfbewussyn of siel het oorvleuel en het deel gevorm van die groter en meer fundamentele Goddelike Selfbewussyn of Siel as deel van die Drie-Eenheid). Sien http://www.antwoord.org.za/2016/04/drie-eenheid-sin/ vir meer verduideliking.
      Sien gerus ook die volgende:
      http://www.antwoord.org.za/2016/05/drie-eenheidsleer-vals/
      http://www.antwoord.org.za/2015/10/drie-eenheid/

  14. Udo
    Ja dit is reg Die kerkvaders het baie ge debateur aangaande die onderwerp. Maar ek dink om dit te verstaan moet ons na die doop van JESUS kyk. Die Heilige gees daal neer uit die hemel tot op JESUS en GOD die Vader praat uit die Hemel en se “Dit is my geliefde Seun in wie ek n welbehae het” Hier sien ons in die gebeurtenis dat GOD die Vader is in die Hemel. Die Heilige Gees daal neer en JESUS is in die water. Ons weet volgens 1 Johannes 5:7 dat JESUS die Woord is. Johannes 1:1 wys dat die Woord by GOD was en ook dat die Woord GOD is. en vers 14 wys dat die Woord het vlees geword en almal kon sien dat Hy die eniggebore is wat van die Vader kom. Maar die Vader,Woord en Heilige Gees is een volgens 1 Johannes 5:7

  15. Daar is ‘n geestelike insig wat verwek moet word deur onderrig. Wat duidelik sigbaar word soos dit geopenbaar word deur die evangelie.
    Byvoorbeeld.
    Gal 4:22-24
    (22)  Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een uit die slavin en een uit die vrye.
    (23)  Maar die een uit die slavin is gebore na die vlees, en die ander een uit die vrye deur die belofte.
    (24)  Dit is sinnebeelde, want dié vroue staan vir twee verbonde: een, van die berg Sinai afkomstig, wat vir die slawerny kinders baar—dit is Hagar;

    en
    (Luk 24:45)  Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan.

    dink oor die volgende

    In die begin het God gesê laat daar lig wees en dit was aand en dit was more die eerste dag
    Op die derde dag skep God die son, maan en sterre. Waar kom die lig vandaan van dag een tot en met die derde dag as dit natuurlik verklaar moet word?

    Dit gaan oor die begin van ‘n geestelike skepping wat by natuurlike mense vandag nog plaas vind.

    Dit is maar net die begin.

  16. Ronald,
    Dankie vir jou stellings. Daar was nog nie n nuwe testament toe JESUS hulle verstand geopen het om die skrifte te verstaan nie. Dit was die ou testament.
    So vandag lees ons die nuwe testament en dit open ons oe om die ou testament te verstaan.
    Die Apostels van JESUS het die nuwe testament geskryf. Dit is hulle briewe, en dit vertel ons alles van die ou testament en van wat nog gaan kom. Die skepping van GOD wys vir ons die lig wat die eerste dag geskyn het was nie die son of maan nie. Dit het ook niks met mense of hulle verstand te doen nie.
    Want die mens is eers die sesde dag geskape. So as ons oe geopen is sal ons in die skrifte sien wat die lig was. GOD onse Vader het nog nooit verander nie en JESUS wys vir ons deur Apostel Johannes dat die nuwe Jerusalem ook nie
    die son of maan nodig het om lig te gee nie. Kom ons lees Openbaring 21:23:
    “En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.”
    Hier is jou antwoord oor die lig op die eerste dag. Die Lam is natuurlik JESUS. En Hy self het gese dat hy die lig is. As daar nie n natuurlike skepping plaasgevind het nie ,maak wie ook al wat dink dit was n geestelike skepping GOD en JESUS leunaars.
    So Ronald Lees gerus Kolossense hoofstuk 1 veral vers 16. Dankie,
    (terloops die son en maan ens, is die 4de dag geskape, nie die 3 de dag nie)

    • Die verskil tussen die lig (wat Christus is) wat van ewig af is; teenoor die skepping van die son, maan en sterre op die vierde dag
      (2Ko 4:6)  Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn — dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.
      en
      Kol 1:15-17
      (15)  Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping;
      (16)  want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.
      (17)  En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.

  17. Ronald
    Ek is bly om te sien jy het Kol 1 gelees. Dit se in vers 17 —–“voor ALLE DINGE ” Dit my vriend beteken —-voor die son, maan en mense se verstand. en voor die OAK bestaan het. Hy JESUS was van die begin van die skepping af daar gewees.
    My vraag op die blok is nog nooit regtig deur een van julle beantwoord nie. Wie was JESUS se liggaam (KERK ) voor die OAK bestaan het.? Julle bestaan van 1926/1927 af. En jy het verwys na die versie wat se JESUS bestaan van voor alle dinge af. Waar was hy tot 1926/1927 ? Ek vra die vraag omdat julle verkondig dit is julle wat sy liggaam is !!!!

  18. Wie was JESUS se ligaam voor die geboorte van Jesus van Nasaret?

    Ek het verwys na die bybel wat sê Christus bestaan van ewigheid af.
    Jesus is gebore uit die maagd Maria en in Jesus het Christus gestalte gekry.
    Kyk na
    (Hnd 10:38)  met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.
    en
    (Gal 4:19)  my kinders, vir wie ek weer in barensnood is totdat Christus in julle ‘n gestalte verkry.

  19. Ronald,
    Ek glo nie jy verstaan die vraag nie. Waar was Julle die OAK voor 1926 as julle verkondig dat julle die liggaam van JESUS is ?
    Mag ek jou reghelp. JESUS is Christus. met ander woorde JESUS CHRISTUS is die selfde as CHRISTUS JESUS. Mat 1:16 en Jakob die vader van Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus wat Christus genoem word.
    Lukas 24:46 En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan. Hier sien ons Christus was gekruisig.
    Joh 1 vers 1 is baie moeilik vir julle om te verstaan, dat die WOORD(JESUS) by GOD was, en GOD is. Vers 14:En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon — en ons het sy heerlikheid aanskou, ’n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en waarheid. Wie was gebore uit n maagd anderste as JESUS (eniggeborene)
    Daar is 3 wat getuig in die Hemel—–Die Vader,(GOD). Die Woord,(JESUS). en die Heilige Gees. Dit staan in 1 Joh 5 vers 7.
    Nog n bewys dat JESUS die Woord is. Lees Open,19:13 En Hy was bekleed met ’n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.
    1 Joh 5:1 ELKEEN wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore;
    1 Joh 2: 22 Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën.
    Beantwoord my vraag asb. waar was Julle voor 1926 ?

  20. (Heb 3:1)  Daarom, heilige broeders, deelgenote van die hemelse roeping, let op die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, Christus Jesus,
    Duidelik verwys die vers na apostolies.
    1Ko 12:27-28
    (27)  Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.
    (28)  En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.

  21. Ek weet nie waar sien jy apostolies in die vers nie. Daar staan duidelik Christus Jesus.
    Heb 4:14 Terwyl ons dan ‘n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou.
    Hand 4: 12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie. (Nie eers die naam apostolie nie)
    En dit is JESUS CHRISTUS.
    Die bybel praat nie van julle nie. Julle bestaan van nou die dag af(1927) maar die bybel waarsku ons teen julle, Mat 24:4 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.
    5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei. (Jesus se onder sy naam “Christus”) Julle se mos julle is Christus.
    So dit is tyd vir julle om terug te keer van die dwaal leer apostolie af en JESUS volg HY is die weg . Dankie. Ek bid dat julle die lig sal sien, voordat dit te laat is.

  22. ek was n ou Apostolie en ek het my verloen van die kerk. Die apostolies vervloek n mens as jy uit hul kerk gaan want dan is ons van die wereld. hulle “sluit” die poorte van die hemel vir jou. Priesters spreek seeninge vir lede van hul eie kerk dat hulle besighede gaan vou omdat hulle ander lede se besighede idees gesteel het. Jy mag nie deelname he aan wereld se dinge nie soos bv fliek maar die amptenare vind jy in die cinemas. die standaarde is dubbel. Hoe lewe jy met jouself as jy al die dinge doen?

  23. Aan Kelly,

    Ek sien die ou apostolie’s is as n sekte nie, maar n “Kult”
    Al die kulte doen net dit. Hulle verdraai die skrifte, vervloek die mense wat die Kult wil verlaat. Se net hulle is reg. Net hulle kan die bybel verander. Net hulle mag JESUS se woorde verander.
    Daar sal niks met jou gebeur as jy hulle verlaat nie. Baie mense het al kulte en ook die ou apostolies verlaat, en die regte JESUS gevind.
    As n mens die ou apostolies die waarheid wys, word hulle kwaad.
    99% van hulle glo hulle is Jesus of hulle is Christus,
    Die bybel waarsku ons teen hulle. Kan jy glo, hulle se hulle is in die “hemel”, maar jy moet werk vir saligheid.!!!!
    Sterkte

  24. die kerk wat glo dat die uitstorting van die heilige gees die dag toe jesus opgevaar het en glo aan tale deur die heilige gees gedoop ,die kerk wat glo aan tot bekeering en laatjou doop spps jesus christus die . kerk wat glo GOD IS IN DIE DERDE HEMEL EN DIE HEILIGE GEES BY ONS IS REG ,WAT DIE APOSTELS NIE GLO HULE BESTUDEER NIE EES BYBEL HULLE PRAAT UIT HULLE SELF UIT,NIE WAT SE DIE GEES VAN god nie maar wats die amp almal wat glo jesus christus het op gestaan is gered nie ,ek glo pinkster

  25. (Hnd 24:14)  Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die Weg wat hulle sekte noem, so die God van my vaders dien, terwyl ek alles glo wat in die wet en in die profete geskrywe is,

    • Ronald, dis goed om te hoor dat jy jou skaar by wat Paulus geglo het. Maar glo jy ook wat hy gesê het oor die wederkoms wat gaan plaasvind? Handelinge 17:31, 1 Korintiërs 1:7, 1 Korintiërs 4:5, 1 Korintiërs 11:26, 1 Korintiërs 15:23-24, Filippense 1:10, Filippense 3:20, Kolossense 3:4, 1 Tessalonisense 1:9-10, 1 Tessalonisense 2:19-20, 1 Tessalonisense 3:13, 1 Tessalonisense 4:15-5:4, 1 Tessalonisense 5:23, 2 Tessalonisense 1:6-7, 2 Tessalonisense 2:1-2, 2 Tessalonisense 2:8, 1 Timoteus 6:13-16, 2 Timoteus 4:1-2, 2 Timoteus 4:8, Titus 2:12-14.

      • Heb 4:3-7
        (3)  Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het: Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal in my rus nie ingaan nie—alhoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is.
        (4)  Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus;
        (5)  en nou hier weer: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.
        (6)  Terwyl dit dan so is dat sommige daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie,
        (7)  bepaal Hy weer ‘n sekere dag, naamlik vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie.

      • Luk 17:20-21
        (20)  En toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie.
        (21)  En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.

        • Ronald, jy gaan ongelukkig moet beter doen as om net ‘n vers hier en daar aan te haal. Wat beteken dit as Jesus sê dat die koninkryk nie met sigbare tekens kom nie, maar binne-in hulle is? En waarom gaan hy dan onmiddellik voort, net ‘n paar verse verder in 24-37, om te praat van sy verskyning wat nog móét gebeur? En wat maak jy met Jesus se uitsprake in Matteus 16:27-28, Matteus 24:30,37,39,42,44, Matteus 25:31 en Johannes 14:1-3,18. En jy het my nog nie geantwoord oor al Paulus se uitsprake oor die wederkoms nie…

      • (Heb 12:1)  Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,

  26. Ronald, iets is nie reg nie. Jy haal Hand 24:14 aan, “terwyl ek alles glo wat in die wet en in die profete geskrywe is,” maar julle glo dit nie!. As jy glo dat JESUS die weg is,hoekom volg jy apostels wat hulle self aangestel het. JESUS het 12 aangestel om die 12 stamme van Israel te oordeel. JESUS het vir Paulus aangestel vir ons die Heidene.
    JESUS waarsku ons teen vandag se apostels en profete. 2Kor 11:13 Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulle self verander in apostels van Christus. Hoekom se ek hulle is vals? want hulle glo nie wat JESUS se nie.

        • Die vraag is nie wanneer Paulus ‘n apostel geword het nie, maar óf hy een geword het. Gaan lees 2 Kor. 10 [regstelling] en Gal. 1:11-24, en dan sê jy vir ons of jy dink dat die ander Apostels hom as ‘n apostel erken en aanvaar het.

        • (Hnd 9:7)  En die manne wat saam met hom op pad was, het sprakeloos gestaan terwyl hulle wel die stem hoor, maar niemand sien nie.

          (Hnd 22:9)  En die wat saam met my was, het wel die lig gesien en bang geword, maar die stem van Hom wat met my gespreek het, nie gehoor nie.

          Hier kan ons opmerk dat die gebeure ‘n geestelike ontmoeting was wat Saulus beleef het.
          Die eenvoudigste opklaring is dat die gelowiges wat Saulus vervolg het die evangelie aan hom openbaar het op die pad.
          Deur die evangelie het Saulus die stem van die Here vir die eerste keer erken en ingesien dat die mense wat in sy gevangenis was die ligaam van Jesus verteenwoordig.
          Party (Romeine) wat saam met Saulus was het nie belang gestel nie en daarom nie na die evangelie geluister of gehoor nie.
          Ander wat wel geluister het was bang oor dit wat hulle gehoor het omdat hulle dit nie verstaan het nie.
          Die mense van die Weg het gesien hoe Saulus tot insig gekom het.

          Dit is hoe Christus Jesus openbaar.
          Hy gebruik mense van die Weg.
          Hier verteenwoordig die mense van die Weg die ligaam van Jesus wat Saulus vervolg.
          Hulle openbaar die evangelie – die lig wat Christus is.
          Nie almal hoor Sy stem nie en nie almal kan dit insien nie.

          • Mooi, so jy erken nou dat daar wel ‘n ontmoeting was! En natuurlik het Paulus ook by ander oor die evnagelie geleer, maar die essensie daarvan, so getuig Paulus, is deur Jesus self aan hom bekendgemaak (Gal. 1:12).

          • (Gal 1:12)  Want ek het dit ook nie van ‘n mens ontvang of geleer nie, maar deur ‘n openbaring van Jesus Christus.

            ‘n Openbaring “van” nie “deur” spesifiek nie.

          • Wil jy beter verduidelik wat jou punt is? Wanneer Paulus sê dat hy “dit nie VAN ‘n mens ontvang het nie”, dan impliseer hy tog baie duidelik “maar VAN Jesus Christus”. En hoe anders as deur ‘n openbaring?

          • Ronald, het u opgelet dat die verse wat u aanhaal glad nie praat van vervolgde gelowiges wat die evangelie aan Saulus openbaar het nie, of ‘n “wolk van getuienis” of ‘n kerk op die pad na Damaskus toe nie? Dit was die Here Jesus (enkelvoud) wat met Saulus gepraat het. Die vervolgde gelowiges was bang en het uit sy pad gebly. Dit was eers toe hy in Damaskus aankom wat hy een van die vervolgde gelowiges ontmoet het, Ananías. Die Here moes eers vir Ananías in ‘n gesig sê dat hy vir Saulus in die huis van Judas die hande moes gaan oplê, sodat hy weer kon sien. Ananías het egter getwyfel, hy was bang vir Saulus en het met die Here geredeneer oor hoe gevaarlik Saulus was. Lees gerus weer Handelinge 9:1-18.

  27. Dankie Udo.

    Dit is die probleem met die ou apostolies. Nie een ken die bybel nie, as hulle die bybel geken het, sou hulle die “Kult” verlaat het.

    • Is so, dit het my ook opgeval hoedat hulle op getuienis gaan om die sogenaamde “verborgenhede” van die Bybel te gaan openbaar, maar hulle dra nie eers ‘n Bybel by hulle nie. Hoe kan iemand wat nie eers die Bybel ken nie vir mense gaan verkondig die “verborgenhede” van die Bybel? Buitendien, die evangelie gaan nie oor verborgenhede nie, maar oor onse Here Jesus, ons enigste Verlosser en Saligmaker wat ons sondes op Homself geneem het sodat ons deur in Hom te glo as die Messias (Seun van God), die ewige lewe kan verkry.

  28. johan ek stem saam met jou ja jesus se gaan verkondig die woord ,maar die waarheid moiksminder as die waarheid mreers kom tot bekeering en ltjou doopbd sos jesus christus nie nders nie

  29. Aan die oak lede,amptes,apostels.

    JESUS was natuurlik gebore uit n maagd.
    JESUS was natuurlik gekruisig.
    JESUS het natuurlik opgestaan
    JESUS het natuurlik opgevaar Hemel toe.
    JESUS kom weer natuurlik om sy bruid (kerk) te kom haal.
    HEMEL en HEL bestaan ,dit is n PLEK (nie n toestand nie)
    Die vloed het gebeur, Jona was in die groot vis se maag.
    Want JESUS se dit het gebeur. Julle apostels vertel julle leuns om te se dit was geestelik. Glo eerder vir JESUS—-HY IS DIE WEG nie jou apostel nie.

    • Ons glo dat al hierdie dinge natuurlik gebeur het, maar net ewige waarde het as ons dit geestelok verstaan en toepas.
      verwys
      (Jud 1:10)  Maar hierdie mense belaster alles wat hulle nie ken nie; en alles wat hulle, soos die redelose diere, op natuurlike wyse verstaan, daardeur gaan hulle te gronde.
      en verwys.
      Joh 4:23-24
      (23)  Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.

      (24)  God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.
      Wat se die bybel oor die Koninkryk/Hemel waarna jy verwys as ;n plek
      (Rom 14:17)  Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.

      • Ronald, lees asseblief die versies wat u aangehaal het binne die regte konteks van daai hele paragraaf of hoofstuk. Die natuurlike Jesus van Nasaret was die geestelike paaslam wat fisies Sy eie natuurlike bloed vir ons kom stort het, en Sy bloed wat Hy vir ons gestort het, het ewige waarde vir ons as Christene (Heb 9:11-28).

  30. Ek lag te lekker vir julle klomp,kom ons se eks neutraal rug julle vra aan my want Jesus of sorry Jesus is dood,Christus kani nou hier wees nie,sal nooit meer hier wees nie maar ek en meskien jy as jy wil is in plek v Christus ons moet die weg verder versprei sodat almal die dood kan oorwen net soos Hy gedoen het….klink my julle weet nie,waar 2-of 3 in Sy naam vergader nes julle hier,da is Hy

    • Garra, twee vriendelike opmerkings oor jou deelname hier. 1) Respek is belangrik, so hou eerder opmerkings oor hoe jy vir almal lag vir jouself. 2) Dit help ‘n leser baie om nie deur ‘n moeras van spelfoute en onsamehangende sinne te hoef te ploeg nie. So lees gerus eers nog ʼn keer jou eie skrywe vóór jy die knoppie druk om te plaas. (Terloops, dit geld ook vir Nols, as jy hier lees.)

  31. Ronald,
    So beteken dit dat om GOD in Gees en Waarheid te aanbid , dat JESUS nie weer gaan kom nie? Want julle glo dit nie, dat JESUS weer gaan kom nie. So Julle aanbid GOD nie in Waarheid nie. JESUS se “Ek is die weg en die waarheid en die lewe” Julle glo nie die waarheid nie. Julle glo nie vir JESUS nie. So hoekom haal jy die versie aan as jy nie die konteks verstaan nie . Gaan lees weer hoekom JESUS so vir die vrou gese het!

    • Hoe het Jesus aan Saulus “verskyn” deur die lig.
      Met ander woorde. Deur die wolk van getuienis van die mense van die Weg het hulle Christus openbaar deur die evangelie.
      Paulus het tot insig gekom dat hulle “Jesus” is wat met hom praat deur hulle. Dit was die koms van Jesus vir Saulus.
      Hulle was die ligaam – soos Jesus gesê het vir sy dissipels
      (Mar 14:22)  En terwyl hulle eet, neem Jesus brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Neem, eet, dit is my liggaam.
      So het die ligaam van Jesus gegroei deur die evangelie.
      1Ko 12:12-13
      (12)  Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.
      (13)  Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.
      So die ligaam het baie lede – Jesus maar die gees is dieselfde – Christus.

  32. Ek kan verstaan dat die meeste besoekers van die Blog nie apostolies is nie. Ek weet ook uit ondervinding wat ander kerke se probleem is met iets so vreemd soos die apostoliese insig.

    Die verskil is dat die apostolies die skrif natuurlik en geestelik interpreteer.

    Ek poog om nie my persoonlike opinie of die van die OAK op iemand te forseer nie.
    Ek probeer net my kennis aangaande die evangelie te verduidelik deur relevante tekse.

    Ek sal wel poog om van nou af meer komentaaar te lewer oor teks verse wat ek gebruik om ander comments te beantwoord.

  33. As ek iets kan sê. Dit is juis hoekom lede by OAK in getuig word. Sommige lede vertsaan in maand of twee. Ander tot en met 3-5 jaar. Almal het nie dieselfde geestelike insig nie. Tydens die getuienis kan mense vra wat hulle wil. Ek erken dat soms is dit moeilik om ‘n vraag mooi te verklaar, maar met hulp en leiding kry ons dit reg en so leer ons ook elke dag. Vir my sal die skrifte gees bly. Ek is nie gebore as Ou Apostel nie. Daar was lank by my getuig, en ek het die meeste van die vrae wat julle vra ook gevra. Antwoorde het meer sin gemaak as dit wat ek in daardie stadium my NG lede waarvan ek deel was gekry het wat alles natuurlik verstaan het.

    As Jesus mens was met opvaring, hoe ver sal opvaring wees. Mens kan nie nie sonder suurstof nie. Maar ons is na God se beeld geskep. God is Gees. In die begin was die Woord, en dit was God’ Ons is tog nie geeste nie. Ons word verander deur die Gees sodat ons God se beeld dra deur gehoorsaamheid. Voorbeeld. Ek vra my kind terwyl hy besig is om vir my ;n glas water te gaan haal. Hy los alles en bring vir my ;n glas water. My woord het sy vlees, gedagte aangeneem. Hy het sy dinge gelos. Wat hy dus openbaar in daad is die woorde wat ek gespreek het. So werk dit ook in ons kerk. Ons kry take waar God deur sy diensknegte tot ons spreek.Sien gedeelte wat nou volg.

    God het sy woning in die mens gemaak, Sy Gees. Hy gebruik dus mens deur wie Hy tot ons spreek. Verskeie tekse al reeds genoem in boonste kommunikasies. Nêrens staan geskryf hy wat die woorde lees en dit doen het die ewige lewe nie. Verskeie tekse lees wel, hulle wie die woorde hoor en dit doen is soos verstandige man wat huis op rots bou. Daarom is ons sytryd teen vlees. Dalk ken ek van my owergestelde se foute. Dit sal dalk moeilik wees om sy woorde te aanvaar. Maar Paulus praat ook van sy foute, Geen mens is volmaak nie. Maar tog skryf hy die volgende teks.1Th 2:13 Daarom dank ons God ook sonder ophou dat, toe julle die woord van God ontvang het wat deur ons verkondig is, julle dit aangeneem het nie as die woord van mense nie, maar, soos dit waarlik is, as die woord van God wat ook werk in julle wat glo. Belangrik, die Gees werk in hom wat glo. Alhoewel mens die Woord spreek.
    Dankie

    • Hallo Koos, dis interessant dat vir u “sal die skrifte gees bly”. ‘n OAK onderdiaken skryf nou die dag vir my die volgende; “ja die skrif is natuurlik; wat het U dan gedink. Is die Gees wat lewend maak. En nie volgens my definisie nie. 2Kor. 3v6.” ‘n OAK priester het die volgende aan my geskryf; “Ons moenie toelaat dat die skrifte ons ommie bos lei…” en weer verder, “Ommie skrifte te verstaan direk ytie bybel yt is fine ma ommit te omskep en dan te doen is wat my plek verseker innie koningkryk.” Daar word geglo dat “Die Woord maak die Skrif lewendig”, die “Gesproke Woord” en “die skrifte word lewend wanner da brood gebreek word oor n skrif.” So ja, u is reg, dit is die soort hulp en leiding wat u sal kry wanneer u vrae het.

      Gedurende “brood breek” gaan daar altyd ‘n verbeeldingryke antwoord vorendag kom. Nou die dag het ‘n OAK suster gevra wat was die twee vissies wat Jesus aan die skare gegee het saam die 5 brode. Daar was toe aan haar die volgende verduidelik; “5 dae brood en twee vissies is die maandag en donderdag aande vir getuienis…die evngelie…” en sy en almal het dit net so aanvaar sonder bevestiging vanuit die Bybel. Aanvaar u dit ook so? Het u geweet daar was twee gevalle in die Bybel waar Jesus duisende mense gevoer het? Gaan lees gerus Markus 8:19-21. Hy het vyf brode vir vyfduisend gebreek en daar het twaalf mandjiesvol brokstukke oorgebly (Mattheus 14:17-21, Markus 6:38-44, Lukas 9:12-17, Johannes 6:5-13). Op ‘n ander keer het Hy sewe vir vierduisend en daar het sewe mandjiesvol brokstukke oorgebly, hoe verstaan OAK lede dit nie?

      Die vraag wat u vra spreek van ongeloof; “As Jesus mens was met opvaring, hoe ver sal opvaring wees. Mens kan nie nie sonder suurstof nie.” Dus glo u ook nie dat Jesus die Messias (Seun van God) op water geloop het, mense gesond gemaak het of dooies weer lewend gemaak het nie? Indien so dan word die Bybel deur u “vergeestelik” tot alles binne menslike vermoëns pas sodat God en Jesus deur nietige sondige mense vervang kan word. In plaas van Jesus, het ‘n sogenaamde “owergestelde” Sy plek ingeneem. ‘n OAK priester het dit soos volg opgesom; “Pr het net toegang tot sy Herder. In my geval die oudste. Enige ander het nke deur die deur gekom en is n dief of n rower”. Die woorde wat deur ‘n menslike tong gespreek word vervang dan die Woord wat deur God gespreek is en neem dan u vlees aan.

  34. Die beste manier om met die evangelie te begin is om by kern gedagtes en idees te begin.
    Dit klink dalk te eenvoudig , maar as die Bybel praat van die aarde en ek dink aan die aarde – Is my begrip dieselfde as dit wat die skrif na verwys?
    Voorbeelde:
    1. Gen.1:2 En die aarde was woes en leeg, ….
    Die aarde was woes en leeg – Is dit natuurlik moontlik?
    Kan ek byvoorbeeld ‘n vertrek leeg maak en sê dit is woes.
    Kan ek ‘n vertrek deurmekaar maak en sê dit is leeg?
    Natuurlik maak dit nie sin nie.
    Hoe verwys die Bybel na die aarde?
    2. (Jes 1:2) Hoor, o hemele, en luister, o aarde, …
    Hierdie aarde het ore.
    3. (Opn 12:16) En die aarde het die vrou te hulp gekom, en die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier opgesluk…
    Hierdie aarde het bene om die vrou te hulp te snel en kan haar help en het ook ‘n mond.
    Dit skep ‘n vergelyking dat hierdie aarde verwys na mense.
    4. (Luk 8:15) En wat in die goeie grond val—dit is die wat, nadat hulle gehoor het, die woord in ‘n edele en goeie hart hou en met volharding vrug dra.
    Hierdie goeie grond/aarde word ook gebruik om na mense te verwys.
    5. (Psa 104:30) U stuur u Gees uit, hulle word geskape; en U maak die gelaat van die aarde nuut.
    6. (Háb 2:14) Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die HERE soos die waters die seebodem oordek.
    Hier kan ons insien dat die aarde wat die Bybel na verwys nie na die natuurlike aarde verwys nie, maar na mense of na die gedagtes van mense.

    • Ronald, ja, die woord “aarde” kan na verskillende dinge verwys afhangende van die konteks waarin dit voorkom. So konteks is belangrik. Ek mis egter die punt wat jy wil maak deur daarop te wys…

      • (2Pe 3:5)  Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en ‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God,

        Hierdie tekse fokus die erns van die geestelike skepping deur die evangelie, wanneer die verskil tussen die water (van die natuurlike insig/kennis) en die water (van die geestelike insig/evangelie) sigbaar word.

        (Gén 1:2)  En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

        (Jes 51:16)  En Ek het my woorde in jou mond gelê …. om die hemel te plant en die aarde te grond ….

        (Jer 10:12)  Hy wat die aarde gemaak het deur sy krag, wat die wêreld gegrond het deur sy wysheid en die hemel uitgespan het deur sy verstand.

        • Ja, God het alles geskep deur sy Woord. Hoekom wys jy daarop?

          Ronald, waarom hou jy aan om opmerkings te maak sonder om te verduidelik wat die relevansie daarvan is?

    • Ronald, u verwys seker na die dokument “Module 1 Lesing 1 Verborgenhede van die Skrifte – Aarde” van Mei 2011? Ek het hierdie dokument waarna u verwys meer breedvoerig bespreek op my blog. En ja Ronald, iets in die natuur kan woes en leeg wees. Al ooit gesien hoe dit gelyk het toe Amerika ‘n atoom bom op Japan laat val het? Dit was woes en leeg. Hoe dink u het die aarde gelyk voor daar lewe op die aarde was? Woes (soos ‘n woestyn) en leeg. Het water ‘n vorm Ronald? In elk geval, ek het genoeg hieroor uitgebrei. Kom ons vat dit stap vir stap en verduidelik maar in u eie woorde watse punt u nou probeer maak.

  35. Maak jou oë oop drol. jy Lees so Baie en jy verstaan nog steeds nie! (jou aardse mens). Dom is hy wat nie kan sien nie Oom udo. laat ń kind jou gou help. Ik glo my pa sal nooit in ń praat kom met jou nie. “Jy sal jou gat sien. ” 1 God die Fader 1 God die Seun wHo’s die Gees. Ons is die herders wat siel en moet veroower. Jy jag alles weg!

    • Ken enige van die OAK-lidmate wat hier skryf vir Diederick Robert Opperman? Ek weet dis ʼn kind, maar dit klink vir my na ʼn kind wie se ouers hulle behoort te skaam (en behoort op te tree) vir die gesindheid en waardes wat hierdie seun, klaarblyklik as ʼn OAK-lidmaat, hier ten toon stel.

  36. Hierdie is ‘n persoonlike getuienis. Ek het deur ‘n moeilike tyd gegaan agv gesondheid en het selfs in die hospitaal beland vir twee weke. Onlangs vind ek uit dat my mede-broers en die Priesters gereeld vir my gesondheid en algehele welstand gebid het, alhoewel ek in daardie tyd nie kerk bygewoon het nie.
    Selfs in my afwesigheid het hulle vir my omgegee en my glad nie gedwing om kerk toe te gaan nie. Ek het spoediglik herstel en selfs agtergekom hoe geseend ek is om sulke broers en Priesters te kan he wat vir my omgee om te doen wat andder nie doen nie.
    Nie net het hulle gebid vir my gesondheid nie, maar ook vir my algehele toestand, en my moed ingepraat as hulle my gesien het.
    Ek kan glad nie dieselfde se van ander kerk genootskappe nie, wat veroordelend is oor my gesondheid en my gestremdhede. Daar is selfs van die ander kerkgenootskappe wat glo dat my gestremdheid is niks andwers as duiwels besetenheid nie.

    • Dis ‘n mooi getuienis en ek is bly dat u weer gesond is, prys die Here. Volgens u getuienis het u eers later agtergekom dat u mede-broers en Priesters vir u gebid het terwyl ander kerkgenootskappe geglo het dat u gestremdheid niks anders as duiwels besetenheid is nie? En u sê dat u gedurende daai tyd nie kerk bygewoon het nie? Ek verstaan nou nie so mooi nie, bedoel u dat u nie die OAK bygewoon het nie maar ander kerkgenootskappe? Indien so, het die mense by die ander kerkgenootskappe dan nie vir u gebid nie? Was dit net u mede-broers en Priesters wat vir u gebid het en hoe seker is u dat niemand anders vir u gebid het nie?

  37. Hello, ek het so pas weer op die “site” afgekom, en lees toe alles weer.
    ek sien niks van Desember af nie? Ek gaan n klip in die bos gooi. Hoekom
    DOOP die OAK nie die mense/lede nie? of doen hulle dit nou.

  38. Ek hoor julle glo nie in die hemel of hel nie…
    Want dit wat jy vd lewe maak is wat jy lewe.
    As jy glo jy lewe lekker , goed…dan is jy in die ‘hemel’….of anders in die hel.

  39. Die OAK glo nie eers in Jesus nie, dat hy opgestaan het nie. Nou so n “iemand” sal
    mos nie glo in Hemel en Hel nie. Hulle god is nie dieselfde God wat ons dien nie. Hulle god is baie swak, want dit is n mens. Waar ons God die Hemel en Aarde, en alles daarin geskape het.
    En Hy het n plek geskape vir die duiwel en sy engele. Soos die wat nie sy seun aanvaar of in Hom glo nie.

  40. Johan
    ek is geneig om met jou saam testem met Francios se antwoord oor die hel en hemel want nie een van ons nou op die aarde is in die hemel of hel nie maar daar gaan n tyd kom wat ons wel daar gaan wees dit gaan net bepaal wat ek diekant gedoen het waar ek heen gaan hemel of hel as die hemel op aarde in mylewe nou is dan weet ek nie so mooi nie want die bybel getuig dat in die hemel gaan daar nie meer dood of siekte of roof ens wees nie maar waar ek vandag op die aarde is is al die goed nog teenwoordig selfs by die oak se kerke word daar ingebreek en geroof hulle hou gereeld begrafnise dis nie hemel nie daar om bly ek se oak lede gaan lees julle bybel en dan sal julle die waarheid sien

  41. Ek glo die OAK is vd pad af.
    Slegs EEN kan jou sondes vergewe…JESUS.
    Daar Gaan n wegraping wees !
    Daar is n Hemel en n hel.
    Stefanus was weggeruk tot in die 3de hemel.
    Jesus Homself het neergedaal na die hel…
    Jesus…het opgevaar na die hemel…waar hy aan Vader se regter kan sit.
    Geen apostel/priester kan die hemel sluit nie…..wie is jý ?
    Watter vrug van die Gees dra julle ?

  42. Ek dink julle hou daarvan om net afbrekend te wees. Gaan lees gerus weer van voor af na die kommentaar omtrent die OAK. julle het gehoor of dalk geluister maar nie verstaan nie nie. Ek het en sal nooit in ‘n mens glo nie. Net soos Israel verlos het, deur gebruik te maak van ‘n mens om hul te lei, gebeur dit vandag nog. Ex 18:13-15 En die volgende dag het Moses gesit om reg te spreek vir die volk; en die volk het voor Moses gestaan van die môre tot die aand toe.
    En toe Moses se skoonvader sien alles wat hy vir die volk doen, sê hy: Wat is dit wat jy vir die volk doen? Waarom sit jy alleen, en die hele volk staan voor jou van die môre tot die aand toe?
    En Moses antwoord sy skoonvader: Omdat die volk na my kom om God te raadpleeg.

    • Ek wonder of die skrifgeleerdes en die Fariseërs ooit gedink het dat Jesus daarvan hou om net afbrekend te wees (Mattheus 23)? Om leuens en dwaalleringe aan die Woord van God bloot te stel kan vir die leuenaar as afbrekend voorkom. Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug (Spreuke 1:7). Koos, u verwys na Moses om die klem te plaas op mense en daardeur probeer u impliseer dat God alleenlik deur ‘n ander mens praat. Hoe het God dan met Moses gepraat? Wie was dit dan wat gehoor het en Hom verbitter het? Was dit nie almal wat onder leiding van Moses uit Egipte gegaan het nie? En op wie was Hy veertig jaar lank vertoornd? Was dit nie op die wat gesondig het, wie se lyke in die woestyn geval het nie? En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames? En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie (Hebreers 3:16-19).

      Koos, glo u of glo u nie dat Jesus die enigste Messias is? Glo u of glo u nie dat Jesus meer heerlikheid waardig geag as Moses?

  43. Dennis, dan net ‘n vraag. Waar dink jy is die miloene en miljoene mense wat reeds gesterf het sedert Jesus se kruisiging? Reeds in die hemel of dink jy hulle wag nog steeds vir wederkoms? Sal jy ook sê die hemel en paradys is dieselfde plek?

  44. Koos,
    Ek is bly dat jy komentaar oor my steling gegee het eertens die bybel se almal moet nog wag selfs die Apostels van Jesus se so so wat ek vir jou en ander lede van die oak se is dat al daai miljoene moet wag vir die wederkoms want nerens lees ek in die bybel dat Jesus weer gekom het nie maar ek lees wel dat Hy self se dat Hy moet weggaan en weer sal kom toe Sy Apostels vir Hom vra waneer Hy weeer gaan terug kom het Hy gese dat nie Hy of die Engele wan die hemel weet nie net die Vader weet gee jy vir my n teks wat vir my pertienent se Hy het terug gekom tweedens die vraag wat jy vir my vra aangaande die Hemel en die Paradys gaan ek jou my stelling gee onthou dit is my stelling hoe ek dit sien en verstaan daar is n verskil tesun Hemel en Paradys hoekom ek so se is dat Jesus vir die een kwaaddoener gese het vandag is jy saam met My in die Paradys Hy het nie gese Hemel nie gaan lees Lukas23v43 verder lees ek nie dat die kwaadoener in die Hemel is nie maar wel Paradys wat vir my se dis n afsonderings plek waar ons heen gaan en moet wag vir die wederkoms as Jesus kom haal wat Syne is ek hoop dit beantwoord jou vrae ander is welkom om ook tese wat hulle dink

  45. Koos, Hemel en paradys is nie dieselfde plek nie. Jesus se vir die man op die kruis “vandag sal jy saam met my in Paradys wees. Na sy opstanding se hy vir Maria “moet my nie aanraak nie, want ek het nog nie na die vader opgevaar nie” Ons weet die vader is in die Hemel. Jesus het vertel van n rykman en Lazarus.(Luk 16:19-31) Jesus se nie Lazarus was in die Hemel nie. Maar Hy wys die rykman was in vlamme vers24. 1 Thess 4:16-18 “Want die Here sal self,(Hy gaan nie die oac stuur nie,Hy kom self)sal van die hemel neerdaal (wederkoms, die eerste keer het Hy gekom deur geboorte uit n maagd)
    met n geroep,met die stem van n aardsengel en met die geklank van die basuin van God:(lees asb. baie mooi) en die wat in Christus gesterf het sal eerste opstaan, daarna sal ons wat in die lewe oorbly ,saam met hulle in wolke (let op) weggevoer word die Here tegemoed in die lug, en so sal ons altyd by die Here wees. Lees weer wat Udo in Maart 2018 gepos het. As jy die tekse gelees het sou jy nie die vraag gevra het nie.

  46. Dankie. Ek verstaan wat jul sê en probeer verduidelik. Ek was daar, en het al die vrae gevra wat jul nou vra. Om alles te “tik” wat ek wil gaan sekerlik baie lank neem. Ek sal kortliks en op die man af prober verduidelik. Ek was 9 jaar oud toe my ouers albei oorlede is. Die dominee het die aand die tyding vir ons as kinder gegee. My 2 susters het ongelooflik gehuil. Ek het nie. Was ‘n baie gelowige jong seun. Ek het vir die dominee gesê, my sussies moenie huil nie. Die Bybel sê as ons net glo, dat hulle weer kan lewe, sal Jesus hulle laat lewe. Hy skud toe se kop en sê vir my “nee, Jesus het hulle kom haal.” Op die punt, meeste dominees of pastore, en ek was al by baie begrafnis dienste, dan sê hulle die persoon is nou veilig by Jesus. Hoe? Hy het nog nie gekom nie. Volgens hulle geloof.Hoekom dan so sê? Dit daar gelaat vir eers. Nadat ek meegedeel was dat my ouers nie weer sal lewe nie, het ek uitgebars in trane. Later die week tydens die begrafnis, het dieselfde man voor gestaan en gesê, indien enige persoon in die saal nie glo as dit God se wil is om hulle weer in lewe te bring nie, kan hulle die saal verlaat. Ek sal nooit vergeet hoe verward ek was nie. Daar het ek besluit ek wil meer van die Bybel en God af weet. Het gesoek en vrae gevra, en by OAK het ek logiese antwoorde gekry. Voordat ek verder kommentaar skryf, gaan lees terug na my vorige komtaar wat ek gegee het. Die God wat ek ken, is Gees. Ons is mens. God het ons “geestelik” na Sy beeld geskep. Dus in denk waar ons Hom geestelik kan dien in liggaam. Soos God van vroegste tyd af gedoen het. Woord is God, Joh 1. Word deur mens gespreek as dienskneg, sodat Sy Gees spreek. Soos hy die dissipels gestuur het. Hy het vir hulle gesê, wie julle aanvaar aanvaar My en die Een wat My gestuur het. Ook, wie julle nie aanvaar nie, aanvaar ook nie vir My en die Een wat My gestuur het nie. Dus, ons is wanneer ons God se Gees toelaat om deur ons te openbaar ‘n Verlosser vir ander. Juis omdat ek my lewe offer vir God se dienswerke. Sekerlik is Paulus se getuies baie duidelike voorbeeld van alles.
    Lees gerus hierdie paar tekse.Mat 24:33-34
    So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur.
    Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.
    Bg is tekens van tye. Ook ander evangelie boeke beskryf dit so. Dus, ons is al hoeveel geslagte verby of hoe? Ons moet glo wat Bybel sê. Het jy geweet hierdie is ook een van die Antichriste se hoof tekse. Hul beweer as God ‘n waarmaker van Sy word is, hoekom het hy nog nie in daai geslag gekom nie? Hy noem spesifiek, dat sommiges nie sal sterwe voordat hulle dit alles saal sien gebeur nie.
    Hoekom noem ek dit? Juis omdat as mens dit natuurlik lees en oordeel maak dit nie sin nie. Geestelik is daar verklarings vir bg. Wereens as jy Paulus se lewens geskiedenis en boeke lees en bg in gedagte hou, sal jy dalk die geestelike konteks verstaan.

    1Joh1:9-12
    As ons die getuienis van die mense aanneem—die getuienis van God is groter, omdat dit die getuienis is van God wat Hy aangaande sy Seun getuig het.
    Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie.
    En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun.
    Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.

    God noem dit DUIDELIK, hy wie die Seun het, het die lewe. Nie hy wie vir die Seun wag nie. Dan is dit duidelik, God het ons die ewige lewe gegee. Nie gaan die gee nie. Dusk an ek vandag seker maak date k is waar God my wil hê.
    Weereen, sien Paulus se skrifte. Ek glo jy glo in die skrifte. Hier noem hy duidelik hul is saam Christus in die hemele.
    Efes 2:1-6
    En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes
    waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk,
    onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.
    Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het,
    ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered—
    en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,

    Dankie, en ek noem weer, gaan lees gerus my vorige komentaars van tydjie terug.
    Groete en seëninge vir julle almal.

    • Hallo Koos,
      Rakende u stelling:
      “…by OAK het ek logiese antwoorde gekry. Voordat ek verder kommentaar skryf, gaan lees terug na my vorige komtaar wat ek gegee het…”;
      Ek het u vorige kommentare gelees en beantwoord en ‘n paar vrae aan u gestel wat die OAK se logiese antwoorde betref. Tot dusver het u nog nie my vrae beantwoord nie.

      Rakende u stelling:
      “…Woord is God, Joh 1. Word deur mens gespreek…”;
      Die Woord verwys na Jesus Christus, die Woord wat vlees geword het en daar is net een Jesus Christus (Johannes 1:1-14, 1 Johannes 5:6-12, Openbaring 19:11-16). Blote woorde wat deur mense gespreek word kan nie met die Woord vergelyk word nie want die tong kan geen mens tem nie; dit is ‘n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif (Mattheus 12:33-37, Mattheus 15:10-20, Jakobus 3:1-12 ens.).

      Rakende u stelling:
      “…Soos hy die dissipels gestuur het. Hy het vir hulle gesê, wie julle aanvaar aanvaar My en die Een wat My gestuur het…”;
      Dit is omdat Jesus hulle self persoonlik gestuur het wat Hy dit vir hulle kon sê het. Hoe kan die OAK vandag sê dat hulle deur Jesus gestuur is as hulle Hom ontken deur na hulleself te verwys as die Seun van God, Jesus Christus?

      Rakende u stelling:
      “…Dus, ons is wanneer ons God se Gees toelaat om deur ons te openbaar ‘n Verlosser vir ander…”;
      God kan Sy Gees deur enigiemand laat werk, hoekom beskou OAK lede dan ander kerke as die “wêreld”? Ongeag deur wie God Sy Gees laat werk het, daar bly nogsteeds net een Verlosser en Saligmaker, Jesus Christus (Handelinge 5:29-32, Filippense 3:20-21, 1 Timotheus 2:5-7, 2 Petrus 3:18 ens.).

      Rakende u stelling oor Mat 24:33-34:
      “…hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie…”;
      Die redenasies wat u daaroor maak word mooi deur Petrus beantwoord in sy brief (2 Petrus 3:1-13). Om “hierdie geslag” te verstaan moet u die hele hoofstuk binne konteks lees. Jesus was besig om te profeteer oor toekomstige gebeure, dus praat Hy van ‘n toekomstige geslag wat die tekens gaan sien van die somer wat naby is. Daarom gebruik Hy die gelykenis van die vyeboom. En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word (Mattheus 24:22). Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie (Mattheus 24:36). Daarom moet elke geslag so gereed soos die vyf verstandige maagde wees wat vir die bruidegom wag (Mattheus 25:1-13).

      Rakende u stelling:
      “…Hy noem spesifiek, dat sommiges nie sal sterwe voordat hulle dit alles saal sien gebeur nie…”;
      Hier verwar u “hierdie geslag” van Mattheus 24:33-34 met “sommige van die wat hier staan”. Lees asseblief mooi:
      Mattheus 16:28 Voorwaar Ek sê vir julle, daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die Seun van die mens in sy koninkryk sien kom het nie.
      Ses dae later het dit in vervulling begin kom. Sommige van die wat daar gestaan het, het saam met Jesus op ‘n hoë berg in die eensaamheid deurgebring, naamlik Petrus, Jakobus en Johannes (Mattheus 17:1-13). En Jesus het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig. En daar verskyn aan hulle Moses en Elía in gesprek met Jesus. Petrus beskryf hierdie gebeure later in sy brief. Lees asseblief mooi:
      Want ons het nie kunstig verdigte fabels nagevolg toe ons julle die krag en koms van onse Here Jesus Christus bekend gemaak het nie, maar ons was aanskouers van sy majesteit; want Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe hierdie stem uit die luisterryke heerlikheid tot Hom gekom het: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het. En hierdie stem het ons uit die hemel hoor kom toe ons saam met Hom op die heilige berg was (2 Petrus 1:16-18). Hulle het die Seun van die mens in sy koninkryk sien kom.

      Rakende u stelling:
      “…God noem dit DUIDELIK, hy wie die Seun het, het die lewe. Nie hy wie vir die Seun wag nie…”;
      Almal wat Jesus aanneem in geloof sal vergifnis ontvang, wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Die ewige lewe begin nou al, ons hoef nie daarvoor te wag nie. Ons wag ook vir Jesus se wederkoms, Hy het belowe Hy kom weer. Net omdat ons vir Hom wag beteken nie ons het nie die ewige lewe nie. Die stigter van die OAK, Carl Klibbe het ook geglo in Jesus se toekomstige wederkoms terwyl hy ‘n apostel in die OAK was.

      Rakende u stelling:
      “…Hier noem hy duidelik hul is saam Christus in die hemele…”;
      Jesus Christus het gesterf en opgestaan. Soos Christus uit die dood opgewek is, so het God ons as gelowiges lewend gemaak sodat ons nou reeds die ewige lewe, ‘n sitplek in die hemel het. Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ‘n gebou het van God, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele (2 Korintiërs 5:1).

      Rakende u stelling:
      “…Dankie, en ek noem weer, gaan lees gerus my vorige komentaars van tydjie terug…”;
      Dankie, en ek noem ook weer, ek het u vorige kommentare gelees en beantwoord en ‘n paar vrae aan u gestel. Tot dusver het u nog nie my vrae beantwoord nie.

      Geseënde dag verder

  47. Koos,
    Eerstens wil ek baie dankie se vir dit wat jy se en verduidelik,Jy is reg baie dominies en pastoore se vir kinders sowel as groot mense dat hul geliefdes by Jesus is het ons al die vraag gevra waarom se hulle so dit is die beste berading wat jy vir iemand kan gee op daardie oomblik want as hulle iets anders moet se sal dit daardie persoon afbreek nie net hom of haar self nie maar geestelik ook, Een van julle groot amptes nie priester nie of oudste het vir my by n begrafnis diens iets gese toe ek hom gaan vra het oor iets wat hy gese het en sy antwoord was ek is en was nog nie aan die anderkant nie so ek kan jou nie vertel wat daar aangaan nie want die gesin wou weet waar hul geliefde is ek het net die begrafnis by gewoon,Jy se dat die oak jou toe dit verduidelik toe jy groot geword het en dit vir jou sin maak daar is baie sulke gelowe wat vir jou goed gaan se en dit gaan sin maak hoekom want die mens wil dinge hoor wat hom pas die bybel verwys na die getruel van oor maar as jy die bybel lees kom dit op die man af nie net wat ek wil hoor nie so ek vra jou mooi luister wat hulle se en as die bybel dit nie beaam nie moet hulle nie glo nie pasop hulle mag dit verdraai om hulle geloof tepas dan klink dit partymaal na die waarheid maar dit is nie vra vrae moenie bang wees nie, Ek sien jy verwys na John 1 die woord gaan lees daardie teks mooi vanaf vers 1 tot 14 en jy sal sien hy praat van Jesus wat die woord is in Johannes se tyd was Jesus met hulle gewees daarom se Johannes hierdie Woord het vlees geword en het onder ons gewoon daar was n tyd wat Hy by die mense was nie meer in vandag setyd nie ons het vandag die Heilige Gees wat Jesus self dit se jy verwys ook na ander tekse soos toe ons dood was in misdade en sonde ja baie van ons was dalk maar die oomblik toe ons wedergebore is en glo daar is net een verloser en salig maker Jesus het ons lewend geword in die geloof watter geloof die een wat ek van lees in die bybel so ons het Chritene geword die bybel verwys ook dat almal wat Jesus aanvaar as verloser en salig maker en n Chriten geword het maak deel uit van sy liggaam liggaam wil ek graag vir jou so verduidelik n woonstel kompleks het ook n liggaam wat hulle noem bodycopret dis om na die gebou om tesien vandag is ons as Chritene ook aan n liggaam om na die Chriten geloof om tesien as jy glo wat die bybel se sal jy dan glo wat Jesus self se en die teks het al n paarkeer op gekom op die blok lees self die teks Jhon16 v7 en dis hoekom ek jou die vraag gevra het waar in die bybel se Jesus dat Hy weer gekom het en is vandag saam met ons
    Koos ek val nie jou of jou kerk aan nie ek maar ander wil net die waarheid he en die waarheid is in bybel
    Groete aan almal

  48. Goeie more aan almal wat op die blok is,
    1, kan ek almal n groot guns vra moenie die persoon aanvat wat n koment lewer nie dit is hoe hy dit sien en verstaan daar is nie 2 mense op die aarde wat die selfde sien en verstaan nie as so n persoon iets se wat nie reg klink vir jou nie gee jou koment op dit en los die persoon uit baie dankie
    2, ASB los die gevloekery uit dis nie n plek vir dit nie as jy wil vloek niemand kan jou keer nie doen dit by jou self nie op die blok nie
    3,N baie goeie friend van my wat ook die blok volg en lees het vir my n email getuur en die stelling gemaak waarom mors julle julle tyd met die oak mense hulle lees nie die tekse wat julle gee nie hulle lewer net komentaar op wat julle se en ek is geneig om saam met hom testem daarom vra ek asb lees ook die tekse wat almal gee daar deur sal ons sien wat die persoon wil se en daarop kan ek dan koment ek weet ek is ook partykeer skuldig daar aan ek het wel vir hom gese dat daar is baie soos hy wat die blok volg en die tekse gaan lees daaroor dink en dan vrae gaan vra in hulle kerk en dan sien dat dit gaan nie oor wat mense se nie maar wat die bybel se
    Ek vra onverskooning as ek op tone getrap het

  49. Baie van die kritiek wat gelewer word teen die Ou Apostoliese Kerk is vals. Daar is glad nie enige betroubare inligting beskikbaar nie, en alles wat in omgang is kan weerle word. Baie publikasies oor die OAK moes van die rakke verwyder word omdat die inligting daarin weerlegbaar is.

    Die eerste punt wat ek op wil wys is dat ‘n groot getal dosente en Professors van veral die Gereformeerde Kerke se kweekskole soos UP, en UNISA baie soortgelykke siening begin volg as die OAK. Veral ten opsigte van die Bybel, dat dit nie ‘n wetenskap of geskiedenis handboek is nie, maar ‘n Geestelike handleiding om Saligheid te bekom. Daar was reeds probleme in die NG Kerk tussen lidmate en predikante hieroor en is die hoofsaaklike rede waarom die Moreleta Park gemeente van die NG Kerk wil wegbreek.

    Die wetenskap self bevestig die siening in die OAK ten opsigte van die Bybel. Die skepping het nie in ses natuurlike dae plaasgevind nie, Die aarde is nie ‘n rapsie meer as 6000 jaar oud nie. Die aarde is ook nie soos in die Bybel beweer plat nie. Selfs nog in 1899 het die Gereformeerde Kerk geglo die Aarde is plat. Een van die stigterslede van die GKSA, Paul Kruger het geglo die Aarde is plat.

    Die opgeskrewe geskiedenis en argeologiese getuienis het ook bewys dat die Bybel nie ‘n werklike geskiedenis verhaal is nie. Baie van die inligting in die Bybel is bloot vals as daar geskiedkundig daarna gekyk word. Daar was nie ‘n wereldwye vloed nie. Daar was ook nie ‘n toring van Babel nie. Dit was onmoontlik vir Egipte om miljoene Joodse slawe aan te hou. Egipte het nog nooit die infrastruktuur daarvoor gehad nie. Daar is ook interne teenstrydede in die Bybel ten opsigte van persone, tye en selfs geslags registers. Jesus bv het in die Bybel twee geslags registers wat beide hemels breed van mekaar verskil.

    Die verhaal van Noag in besonder wys dat die Bybel glad nie natuurlik gelees kan word nie. Daar was eerstens soos vroeer gewys geen wereldwye vloed nie. Dit is onmoontlik om alle diere spesies in die ark aan te hou. Ondertrouery deur Noag se nageslag sou verskriklike negatiewe mediese gevolge ingehou het vir die nageslag en sou die verbod oortree dat sekere familie lede nie met mekaar mag trou nie.

    Daar is baie wat gewys kan word wat die Bybel histories en wetenskaplik onbetroubaar maak. Hier is nie plek om dit te noem nie maar atheiste gebruik dit natuurlik om hulle standpunte te bewys.

    Die Geestelike siening van die Bybel is ook glad niks nuuts nie. Van die kerkvaders soos Augistinus, en Origenes het dit geestelik gelees en opgeklaar. Dit stem ook ooreen met die teologie van Philo Judaeus van Alexandria.

    Ten opsigte van die hemel; die Bybel noem dat vlees en bloed sal die Koninkryk van God nie beerwe nie. (1 Kor 15:50). Dit beteken daar is geen vlees in die Hemel nie. Jesus kon ook self nie in die vlees in die Koninkryk opgevaar het nie. Volg Joh 1 het die Woord vlees geword toe hy onder ons kom woon het, daardie vlees is ook nagelaat omdat die vleeslike nie sy oorspronklike bestaan is nie, maar Gees. Vlees is verganklik. Ook in Luk 17: 21 staan dit dat die Koninkryk van God binne-in julle is. Dit is moontlik omdat God alomteenwoordig is, en omdat Hy alomteenwoordig is, is hy in die mens ook.

    Die Ou Apostoliese Siening van die lewe na die dood is dan ook in ooreenstemming met die wetenskaplike siening van Kwantum Fisika, wat erken dat daar ander vlakke is bokant dit wat deur die mens waargeneem kan word.

    Dit kom daarop neer, dat mense wat dieselfde doel het om die wil van God te doen en vir daardie doel saamkom, soos Luk 17:21 die Koninkryk van God verteenwoordig waarin God heers oor ons, met die Heilige Gees in ons, en die Seun van God vir ons.

    Die Koninkryk van God moet glad nie verwar word met die doderyk nie. God se heerskappy is nie beperk tot net die dode nie, maar ook die lewende is onder Sy Goddelike gesag in Sy Koninkryk wat uit lewende stene (mense) bestaan. Iemand wat in die toestand sterf waarin Hy onder die gesag van God was, sal ook in die doderyk leef onder die gesag God en sy beskerming.

    • Melt,
      Baie dankie dat u u verstaanbaarheid as OAK lidmaat vir almal hier tentoonstel. Daar is baie ander OAK lidmate soos u wat ‘n ateïstiese siening oor die Bybel het. Die stellings wat u kwytraak is aanduidend van iemand wat nog nie die hele Bybel gelees het nie, asook iemand wat eerder foute in die Bybel probeer vind om ‘n dwaalleer te verkondig.

      Rakende u stelling:
      “…Baie publikasies oor die OAK moes van die rakke verwyder word omdat die inligting daarin weerlegbaar is…”;
      Om eerlik te wees, ek het nog nooit enige publikasies oor die OAK op enige rak gesien nie, kan u asseblief die lysie met ons deel van die baie publikasies wat van die rakke verwyder moes word? Indien moontlik, ook die weerleggings wat veroorsaak het dat hulle van die rakke verwyder moes word?

      Rakende u stelling:
      “…‘n groot getal dosente en Professors van veral die Gereformeerde Kerke se kweekskole soos UP, en UNISA baie soortgelykke siening begin volg as die OAK…”
      Kan u dalk ‘n paar name en voorbeelde noem? Probeer u nou sê dat die groot getal dosente en Professors nou in die OAK getuig is of dat die OAK ‘n direkte impak op hul siening gehad?

      Rakende u stelling:
      “…Baie van die inligting in die Bybel is bloot vals as daar geskiedkundig daarna gekyk word…”;
      Dus het u ‘n ateïstiese siening oor die Bybel gebaseer op mense kennis en mense wysheid. Die OAK se TOK op 24 & 25 Augustus moes vir u ‘n struikelblok gewees het of hoe?
      “…24) Huidige Lering: Die Kerk beklemtoon die oorheersende voorrang om die Skrifte geestelik te verstaan, sonder om dit wat natuurlik gebeur het te bevraagteken. Vele lesse kan deur die lees van die Bybel geleer word, maar dieper geestelike waardes kan alleen ontsluit word as ons God se wysheid en geheimenisse kan naspeur. Deur die Gees van God, kan geestelike dinge geestelik beoordeel word. [1 KOR 2:6-8; KOL 1:24-29]…”
      “…25) [IV] Huidige Lering: Die voorafgaande betwis nie die bestaan van natuurlike mense, natuurlike gebeurtenisse en bewerings in die Heilige Skrifte nie, want dit dien ook as voorbeelde om ons te rig na die Wil van God en wat nodig is om dit te bereik. Die doel van hierdie doelwit is om God se Diensknegte en kinders toe te rus vir hulle dienswerke tot die opbouing van die liggaam van Christus. [EFE 4:12-16; 2 TIM 3:16-17]…”
      Ek weet nie hoe diep u navorsing strek nie maar ek twyfel of u ‘n noemenswaardige navorser oor die geskiedenis van die Bybel is nie. Daar is argeologiese bewyse dat die Bybel wel geskiedkundig waar is. Nie dat my geloof op geskiedenis of wetenskap gebou is nie. Dalk sal u die volgende interessant vind:
      https://timesofisrael.com/researcher-gives-seal-of-approval-to-53-biblical-characters-existence/
      Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus (2 Timotheus 3:16-17).

      Rakende u stelling:
      “…Jesus bv het in die Bybel twee geslags registers wat beide hemels breed van mekaar verskil…”;
      Hierdie stelling spreek boekdele van u onkunde oor die Bybel. Mattheus 1:1-16 beskryf die geslagsregister van Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus wat Christus genoem word. Let op hoe die geslagsregister opgestel word, dit begin met Abraham as die vader van Isak ens. Lukas 3:23-38 beskryf die geslagsregister van Maria. Jesus was omtrent dertig jaar oud toe Hy begin leer het; en Hy was, soos hulle gemeen het, die seun van Josef, die seun van Eli (Lukas 3:23). Eli is Maria se pa, dus is Josef die skoonseun van Eli. Maria word nie genoem nie, want die Hebreërs het nooit die naam van ‘n vrou toegelaat om in die geslagsregisters in te gaan nie. Lukas gee Jesus se geslagsregister tot op Adam. Dit dui daarop dat Hy in ‘n besondere verhouding tot die hele mensheid staan – nie net tot Israel nie. Dit wys dat Jesus Hom volledig met ons identifiseer, maar ook met God, ons hemelse Vader. Wat ook merkwaardig is, die twee geslagsregisters stem heeltemal ooreen met mekaar tot en met koning Dawid van Adam af. Dawid het seuns en dogters gehad, onder andere Natan en Salomo (2 Samuel 5:13-16). Hoeveel van ons se ouers se geslagsregisters stem ooreen?

      Rakende u stelling:
      “…Die verhaal van Noag in besonder wys dat die Bybel glad nie natuurlik gelees kan word nie…”;
      Wat is fout daarmee om dit “natuurlik” te lees? Water wat vinnig vloei, kan sand en selfs rots erodeer en wegdra. Sodra water stadiger vloei, val die sand en rots net daar neer. Hierdie sediment kan minerale bevat wat vinnig verweer kan word. Wêreldwyd is daar sediment beddings honderde voet dik wat minerale bevat wat andersins vernietig sou gewees het as dit nie vinnig begrawe was nie. Hierdie sedimente kon oor duisende jare nie stadig neergelê word nie, anders sou die minerale deur verwering vernietig word. Sulke beddens vertel dat daar ‘n groot hoeveelheid water betrokke was en dat die sediment vinnig neergesit en begrawe is. Stene wat deur golwe of strome rondgerol word, word afgerond en word wasrots (ook konglomeraat genoem). Konglomeraatbeddens kom oral in die wêreld voor. Een bed in Kanada bevat granietblokke van voetbalgrootte wat etlike honderd myl van die Rotsgebergte af gewas is, die naaste bron van hierdie soort rots. Hierdie bed is ongeveer 100 voet dik en strek oor ‘n paar honderd vierkante myl. Soortgelyke beddings is nog groter, oos van San Diego, Kalifornië, langs die Columbia-rivier, in Washington en Oregon, aan die oostelike flank van die Bighorn-gebergte van Wyoming, in die Grand Canyon in Arizona en langs die Bay of Fundy, Nova Scotia, Kanada, net om ‘n paar in Noord-Amerika te noem. Die noordwestelike flanke van die Switserse Alpe bestaan uit berge van verhoogde konglomeraat wat van die Alpe afgespoel is. In die verlede het groot velle met bewegende water wasrots in dik lae gestort wat honderde kilometers in alle rigtings strek. Geen soortgelyke neerslae word tans in die wêreld vervaardig nie. Hierdie is maar net ‘n paar voorbeelde uit die studie van die aarde en fossiele wat ‘n groot wêreldwye vloed ondersteun.

      Rakende u stelling:
      “…Dit is onmoontlik om alle diere spesies in die ark aan te hou…”;
      Alhoewel wilde diere vandag dikwels volgens hul spesie beskou word, handel die Bybel oor diere volgens hul soort. Ons kan uit die Skrif aflei dat God plante en diere geskep het om na hul soorte voort te plant (Genesis 1:11-25), en uit verskillende tekste blyk dit dat ‘n soort dikwels ‘n breër kategorie is as die huidige konsep van ‘n spesie. Dit beteken dat ‘n soort baie verskillende spesies kan bevat. As ons dus ‘n ark soort sien wat vandag deur verskillende spesies voorgestel word soos byvoorbeeld perde, sebras en donkies van die gelyke soort, het hierdie spesies ontwikkel sedert die tyd van die vloed. Daarom is spesies bloot verskillende uitdrukkings van ‘n spesifieke soort.

      Rakende u stelling:
      “…Ondertrouery deur Noag se nageslag sou verskriklike negatiewe mediese gevolge ingehou het vir die nageslag en sou die verbod oortree dat sekere familie lede nie met mekaar mag trou nie…”;
      Adam was dan getroud met een van sy ribbebene en hy het seuns en dogters gehad (Genesis 2:21-25, Genesis 5:4). Die hedendaagse Moabiete is afstammelinge van Lot en sy oudste dogter terwyl die hedendaagse Ammoniete afstammelinge is van Lot en sy jongste dogter (Genesis 19:30-38). Abraham was met Sara, sy half-suster getroud (Genesis 20:12). Ondertrouery deur Noag se nageslag sou nie verskriklike negatiewe gevolge ingehou het nie want die gene was nog sterk genoeg, Noag het dan 950 jaar oud geword (Genesis 9:29). Hoe kon hulle ‘n verbod oortree as daai verbod dan nog nie bestaan het nie? Ons lees eers later van ‘n verbod dat sekere familie lede nie met mekaar mag trou nie (Levitikus 18:6-18). Eers baie eeue later het die mensdom die genetiese rede ontdek hoekom ondertrouery onveilig en onverstandig is.

      Rakende u stelling:
      “…Die Geestelike siening van die Bybel is ook glad niks nuuts nie. Van die kerkvaders soos Augistinus, en Origenes het dit geestelik gelees en opgeklaar…”;
      Die definisie van “geestelike siening” soos OAK lede dit verstaan teenoor hoe die kerkvaders dit verstaan het is glad nie dieselfde nie. Nie een van die kerkvaders het ooit beweer dat die kerk die Seun van God is nie. Terloops, Philo was ‘n Hellenistiese Joodse filosoof wat in Alexandrië gewoon het. Philo het filosofiese allegorie gebruik om die Griekse filosofie met die Joodse filosofie te versmelt en te harmoniseer. Sy metode het gevolg op die praktyke van sowel Joodse eksegese as Stoïese filosofie. Hy het probeer om die antieke Joodse Skrifte met behulp van die Griekse filosofie te interpreteer, om die Ou Testament uit te lê in terme van Plato en om allegoriese betekenisse te ontdek waar dit nie bedoel was nie.

      Rakende u stelling:
      “…Jesus kon ook self nie in die vlees in die Koninkryk opgevaar het nie…”
      Ek het hierdie soort redenasies meer breedvoerig hier bespreek:
      http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2016/08/the-real-jesus.html
      http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2016/08/doctrine-spiritual-vs-natural.html
      http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2016/08/doctrine-kingdom-of-god_6.html

      Rakende u stelling:
      “…Die Ou Apostoliese Siening van die lewe na die dood is dan ook in ooreenstemming met die wetenskaplike siening van Kwantum Fisika…”
      Volgens die OAK se geloofsbelydenis GLO die OAK in die bediening van die drie heilige sakramente aan die siele in die doderyk deur middel van die lewende vir die dode.
      Een bekende aspek van kwantumfisika is dat sekere waarnemings nie absoluut voorspel kan word nie. In plaas daarvan is daar ‘n reeks moontlike waarnemings, elk met ‘n ander waarskynlikheid. Een hoofstroomverduideliking, die interpretasie van ‘baie-wêrelde’, lui dat elk van hierdie moontlike waarnemings ooreenstem met ‘n ander heelal (die ‘multiverse’). ‘n Nuwe wetenskaplike teorie – genaamd biosentrisme – verfyn hierdie idees. Daar is ‘n oneindige aantal heelalle, en alles wat moontlik kan gebeur, kom in een of ander heelal voor. Die dood bestaan nie in ‘n werklike sin in hierdie scenario’s nie. Alle moontlike heelalle bestaan gelyktydig, ongeag wat in een van hulle gebeur. Alhoewel individuele liggame bestem is om self te vernietig, is die lewende gevoel – die ‘Wie is ek?’ – net ‘n fontein van 20 watt wat in die brein werk. Maar hierdie energie gaan nie weg by die dood nie. Een van die sekerste aksiomas van die wetenskap is dat energie nooit sterf nie. Volgens kwantumfisika het die regte kombinasie van verstrengelde energiepartikels gekombineer in ‘n spermsel en ovum om ons te skep. Ons liggaam en bewussyn ontplof tot bestaan en brei uit na volwassenheid, krimp dan totdat dit sy onvermydelike dood bereik (elke massa word uiteindelik omgeskakel na energie en omgekeerd). Dit word dan in die grond begrawe om omgeskakel te word in energie vir plante, verbrand in hitte-energie, óf dit word aan die wetenskap geskenk, waar die energie die liggaam verlaat, en ‘n ander liggaam kan die energie gebruik.
      Ek’s jammer, maar u stelling maak glad nie sin nie, ek sien glad nie hoe kwantumfisika ooreenstem met die OAK se siening van die lewe na die dood nie. Ek neem ook aan dat u nie belangstel in wat die Bybel daaroor te sê het nie want u glo mos die Bybel is vals.

    • Melt,
      Ek lees nou weer deur u kommentaar en sien nou eers dat ek ‘n stukkie oorgeslaan het.

      Rakende u stelling:
      “…Die wetenskap self bevestig die siening in die OAK ten opsigte van die Bybel…”;
      Ek weet nie na watter wetenskap u verwys nie, alhoewel soos u tereg gesê het, die Bybel is “nie ‘n wetenskap of geskiedenis handbook” nie. Daai is egter nie ‘n unieke standpunt wat net tot die OAK beperk is nie, dis net die OAK se definisie van “geestelik” wat verskil. Die algemene siening van OAK lede t.o.v. God is dat God bloot ‘n woord is wat deur mense gespreek word. Gedurende “broodbreek” word daar gedurig gepoog om die Bybel, wat klaar ‘n geestelike boek is, verder te “vergeestelik” sodat alles binne menslike vermoëns pas en God en Jesus deur u “owergestelde” vervang kan word. Die wetenskap bevestig nêrens dat die aarde waarop ons woon ‘n mens in Genesis is nie. Hier is ‘n kort video van ‘n wetenskaplike se verduideliking oor God en die Skepping:
      https://m.youtube.com/watch?v=eQVm8RokoBA
      Ek het nog nooit iets soortgelyks in die OAK gehoor nie.

      Rakende u stelling:
      “…Die skepping het nie in ses natuurlike dae plaasgevind nie, Die aarde is nie ‘n rapsie meer as 6000 jaar oud nie…”;
      Tyd is nie absoluut nie en tyd is relatief tot swaartekrag. Dit is wetenskaplik bewys dat die tyd op seevlak stadiger loop waar die swaartekrag groter is in vergelyking met die tyd op ‘n hoë berg waar die swaartekrag minder is en die tyd vinniger verloop. Tyd is elasties. As u teen die snelheid van lig beweeg, vertraag die tyd, en as u vinniger kon gaan as die snelheid van lig, sou tyd en ruimte ineenstort tot niks. Ons het ‘n almanak wat begin met Adam. Die ses dae voor Adam is apart hiervan en die Talmud het dit 1600 jaar gelede al bespreek. Die tyd in daardie ses dae van Genesis word anders beskryf, en sodra ons by die nageslag van Adam kom, is die tydstroom heeltemal in menslike terme. Van Adam af en vooruit is die vloei van tyd heeltemal menslik gebaseer, op aarde gebaseer. Maar voor die tyd is dit ‘n abstrakte konsep asof die Bybel kyk na die gebeure van Genesis vanuit’n kosmiese tydbeskouing uit. As ‘n wetenskaplike verklaar dat ons heelal 14 miljard jaar oud is, word dit gemeet aan die tyd-ruimte-koördinate van die aarde; dit is, gemeet aan ons siening, ons ligging binne die heelal. Maar daar is ‘n aspek van die heelal wat die persepsie van die tydsberekening van gebeure verander wanneer daardie gebeure gesien word, nie ‘op plek’ nie, maar van ver af, oor ‘n groot galaktiese afstand. Dit is die uitbreiding van die ruimte. Die heelal het begin as ‘n klein spikkeltjie en strek van daar af. Die ruimte strek eintlik. Die resultaat van die uitbreiding van die ruimte lewer die effek dat wanneer ‘n reeks gebeure wat diep in die ruimte plaasgevind het, ver van ons sterrestelsel, waar die lig van hierdie gebeure deur die ruimte beweeg, die tydsberekening van die volgorde van gebeure eintlik uitgestrek word . By die beraming van die regte tydsberekening van ‘n reeks afstandsgebeurtenisse, moet daar gekorrigeer word vir hierdie ruimtestrek. Dit is standaard sterrekunde. Tyd word aan die begin geskep. Maar die Bybelse tyd “gryp” wanneer materie kondenseer van die stoflose stof van die oerknal-skepping. Wanneer materie kondenseer, opeenhoping, saamvloei, uit hierdie stof so dun dat dit geen wesenlike stof het nie, dan begin die Bybelse horlosie. Die wetenskap het getoon dat daar net een ‘stoflose stof’ is wat in materie kan verander. En dit is energie. Einstein se beroemde vergelyking, E = MC², vertel dat energie van vorm kan verander en die vorm van materie aanneem. En sodra dit in materie verander, is daar Bybelse tydsgryp; die Bybelse horlosie begin. Energie – ligstrale, radiogolwe, gammastrale, x-strale – beweeg almal teen die snelheid van lig, 300 miljoen meter per sekonde. Teen die snelheid van lig gaan die tyd nie verby nie. Die heelal verouder, die tyd het verbygegaan, maar totdat daar stabiele materie was, was daar niks teenwoordig wat die verloop van tyd aanteken nie. Daar is net tyd wat gryp wanneer stabiele materie teenwoordig is. Hierdie oomblik voordat die Bybel horlosie begin, het minder as 1/100.000 sekondes geduur. ‘n Klein tydjie. Maar in daardie tyd brei die heelal uit van ‘n klein stippeltjie, tot ongeveer die grootte van die sonnestelsel. Van daardie oomblik af het ons materie, en die Bybelse tyd vloei voort. Die Bybelse horlosie begin hier. Die sleutel is dat die Bybel vanaf die skepping van die heelal tot die skepping van Adam in die toekoms vorentoe kyk, vanaf tyd-ruimte-koördinate toe die heelal baie kleiner was as wat dit vandag is. Sedertdien het die heelal uitgebrei. Ruimte strek, en dat die uitbreiding van ruimte die persepsie van tyd totaal verander. Die Bybel se doel is nie om wetenskap te verduidelik nie, daar is duisende boeke in die biblioteek wat dit kan doen. Om egter te beweer dat die wetenskap die Bybel weerlê, is net waansin. Net bietjie stof tot nadenke, ‘n boom se ouderdom kan maklik vasgestel word deur die ringe in die stomp te tel. Hoe lank leef ‘n boom voor dit aan ouderdom sterf? Hoeveel bome is daar tans in die wêreld met ten minste ‘n miljoen ringe in die stomp?

      Rakende u stelling:
      “…Die aarde is ook nie soos in die Bybel beweer plat nie…”;
      Kan u asseblief daai verse met ons deel? Want ek lees die volgende in my Bybel:
      Hy het ‘n kring afgetrek oor die watervlakte tot waar lig in duisternis eindig (Job 26:10).
      Hy sit bo die kring van die aarde, en die bewoners daarvan is soos sprinkane; Hy span die hemele uit soos ‘n dun doek en sprei dit uit soos ‘n tent om in te woon (Jesaja 40:22).
      Die Hebreeuse vertaling vir kring is sirkel en volgens wat ek op skool geleer het is ‘n sirkel rond nes ‘n sfeer. Ek lees ook dat die aarde op niks hang nie, presies soos dit tans in die ruimte hang (Job 26:7).
      Terloops, hier waar ek nou sit is die aarde hier om my wel plat, ek rol nêrens af nie 🙂

  50. Ek het nou hier gelees wat hier bo staan en ek wil graag aanbeveel dat aldie oak lede wat die goed glo wat nou hier gese is hulle bybel moet weggooi want as die bybel dan vals is soos die komentaar se se dit vir my julle glo nie in God Sy skepping en die bybel nie GOOI WEG JULLE BYBEL want julle glo nie dat vir God is alles moontelik is nie

  51. Melt, as ek lees wat jy skryf, is ek genoodsaak ook, om te se die ou apostel kerk is vals.

    In die begin het GOD die hemel en aarde geskape. Van n water massa af. Die bybel uitdrulik

    wys vir ons dat GOD se gees oor die waters gesweef het. Lees gerus Gen 1. Ek hoef nie nou n

    wetenskaplike aan te haal nie. Ek lees sommer self die Skrif.(bybel). As daar nie n natuurlike

    hemel en aarde geskape was nie, kon jy ook nie bestaan het nie, net soos hoenders, ape, ens.

    Om soos julle te glo, dat die verstand van die mens eers daar was, voor daar n mens was,

    is pateties. Julle se mos die verstand was verlig op die eerste dag, maar die mens is eers op die

    6de dag geskape uit stof. Waar het jou verstand vir 5 dae gesit, tot dat jy geskape was ?

    Ek weet waar die mense se verstand vandag nog sit, wat glo in Evolusie, Big Bang, Darwinism ens.

    Julle praat uit twee monde. Julle kan nie se julle glo nie vir Jesus nie, maar julle glo die apostels.

    Ek gaan jou baie teleurstel nou. Jesus het 12 apostels gekies, en later vir Paulus.

    As Jesus nie daar was nie kan daar tog nie apostels gewees het nie.

    Nou hierdie Jesus wat die apostels gekies het,het gese dat daar was n vloed in Noag se tyd.

    Lees gerus Mat 24:37-39 en Luk 17:26-30. Jesus se daar WAS n sonvloed. Sonder om te luister

    na lektore, weet ek dat wat Jesus se, die waarheid is. Jesus is die weg, die waarheid en die lewe.

    Nou “Jesus” wat julle sien as n stukie vleis en bloed, het die apostels se verstand geopen

    om die skrifte te verstaan. “NA DIE OPSTANDING”. Lees Luk 24:36-45. As Jesus nie opgestaan het

    nie, is die apostels nog “stupid’ aangaande die skrifte, wat al die valse apostels IS.

    Hierdie selfde JESUS ,wat na die opstanding aan die apostels verskyn het, en hulle verstand

    geopen het, kon homself verander van gedaante na n” verheerlike liggaam toe” voor die kruisiging.

    Lees gerus Luk 9 en Mark 9:2- en Jesus se toe hulle die 3 wat saam met hom was moet vir niemand vertel

    nie tot na die opstanding.(vers 9)

    Dieselfd Jesus wat julle sien as n stukkie vleis en bloed waarsku ons teen mense/gelowe wat

    se hulle is Ghristus. Jesus se vir hulle, pasop dat niemand julle mislei nie,

    want baie sal onder my naam kom, en se, Ek is Christus. So Melt lees jou bybel

    glo wat Jesus se. Jesus is die seun van God. Jesus is die Woord. Dit is n struikelblok

    vir die oak. Lees 1 Joh 5:7 “Want daar is drie wat getuig in die hemel (raai wie is dit)

    Die Vader (GOD ), Die WOORD (Jesus). Die Heilige Gees.

    As jy nog steeds dit nie kan sien nie lees Openbaring 19:13—–en sy naam is Die Woord van God

  52. Melt, ek sê dankie vir jou manier wat jy verduidelik en uiteensit.Wat jy sê is baie waar. Die atheiste gebruik baie van dit wat jy genoem het om hul “geloof” te staaf. Ook juis omdat hulle soos baie ander die skrifte natuurlik beoordeel. 1Kor 2:12-14 Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het.
    Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
    Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.

    Dit mag vir andere voel ons lees nie hul tekse nie, maar glo my ek doen. Dennis, glo my. Ek vra soms mense se sienings, omdat as ek weet hie hy iets sien en verstaan, dit vir my ‘n idee gee uit watter hoek en met watter tekse ek hom mee kan reghelp. Soos jy tereg genoem het. Nie almal sien en verstaan dieselfde nie, tog lees ons alaml dieselfde Bybel. Van ‘n baie jong ouderdom af geniet ek enige gesprek oor die skrifte, en glo my, wanneer ek iets nie verstaan het nie, of dit maak nie sin nie het ek met baie andere gaan “brood breek”, of soos jy sal verstaan, gaan redeneer aangaande die onderwerp. Meer an een geleentheid het elk al deurnag om ‘n onderwerp uit te redeneer. Ek het ‘n ervaring in my lewe gehad met ‘n begeerte om meer te weet, en Bybel beter te verstaan. Waar ek vandag is, glo ek daar is sekerlik nog baie dinge wat ek nie sal verklaar nie, maar wanneer ek saam andere wat skrifte ken saam redeneer, sal die lig aangaan en ek verstaan. Jammer as jy die verkeerde indruk gekry het.

    • Johan ek gaan dit se dit wat jy vir die oak mense gese het en tekse gebruik het WHAW dis nou n bek vol gese Johan
      Ek het net eenvraag nou as die oak dan Jesus is en glo dat Hy by hulle is waarom gebruik hulle dan nagmaal en hulle priester se vir die lid NEEM EET EN DRINK VAN DIE LIGGAAM EN BLOED VAN JESUS, Jesus se weer vir sy Apostels solank as julle dit doen doen dit tot My gedagtenis as Jesus met julle is hoekom gebruik julle nagmaal weer eens doen julle n verkeerde ding in jul kerk wat julle getuig aan mense en wat julle doen in die kerk is nie die selfde nie, ek vra maar net

  53. Melt, Ek wil net graag se, dat ek is een van die mense, wat se
    die ou apostel kerk verkondig n false leerstelling.
    n Mens hoef net dit te lees wat jy geskrywe het, om
    dit te kan sien. Maar hier is een van die goed
    wat julle verkondig wat fals is.
    Gen 1:2 God het gese laat daar lig wees,
    en daar was lig. Gen 1:5 En God het die lig dag genoem.
    Julle weet blykbaar meer as God. Julle se nee, die lig
    kan nie dag wees nie. Die lig is n verligte verstand.
    Dit het God die eerste dag geskape,nie dag nie. Maar julle
    stem saam dat God die mens geskape het op die 6de Dag.
    Nou waar het jou verstand gesit vir 5 dae ?
    Ek weet waar sit die mense se verstand wat glo in
    Evolusie, Darwinism, Big-Bang, ape ens. Want die
    bybel wys vir my dat God alles geskape het. Joh 1:3
    Wys dat Alle dinge het deur Hom ontstaan. As ons
    kyk na die Woord . Dieselfde een wat gese het
    laat daar lig wees. Nou die Woord wat by God was
    is die einste een waarvan Johannes getuig. Die
    Woord, het vlees geword Joh 1:14. Nou tot by vers 18
    wys Johannes dat dit Jesus Christus is. Ons praat nou
    van, Die Woord wat in die begin by God was. Hoe weet
    ek dit verseker. Ons lees in 1 Joh 5:7 “Want daar is drie
    wat getuig in die hemel; die Vader, die Woord en die
    Heilige Gees….. Wie is die Woord ?
    Dit kan nie die Vader wees nie, dit is die
    einste Jesus Christus. Wag hier kom dit, kom ons lees in
    Open 19:13 “En Hy was bekleed met n kleed wat in bloed
    gedoop was, en sy Naam is; Die Woord van God. So dit is
    nie die woord wat jy of jou apostel praat nie. Ek het
    n vraag. Hoe is dit moontlik, dat Jesus na die opstanding
    (uit die graf uit ) die apostels se verstand geopen het
    om die skrifte te verstaan soos in Luk 24:36-45, as julle
    beweer dat Jesus nie opgestaan het nie ? Want dieselfde
    skrifte wys dat Jesus wel opgestaan het.

  54. Koos,
    Ek het gelees wat jy se en dit is waar dat baie dominies en pastore so se want dit is die beste berading wat jy kan gee vir n persoon wat op daardie tydstip n geliefde verloor het ek gaan jou vra om aldaai tekse weer mooi tegaan lees wat jy gegee het en weer oordink dan sal jy sien dat wat daar gese word is so
    1, As die Apostels sedat Jesus is met ons vandag dan moet ek en jy dit in daai konteks sien wat hulle bedoel en gaan kyk na watter tekse ook so se ek sien daar is baie van hulle soos bv julle is die ligaam wat wil hulle dan vir ons wys ja ons as Christene en wat glo in hom is daardie liggaam ek wil graag n voorbeeld gebruik n groot kompleks soos n woonstel blok het ook n liggaam wat genoem word body corprit dis n liggaam wat saan gevoeg is om na die gebou om tesien so is die Christene ook die liggaam om na die Christen geloof om tesien en elke Christen het n taak vandag om daardie gelooflewedig tehou hierdie Jesus wat ons as Christene vandag van getuig is in die hemel en ons wag maar almal vir Hom selfs julle of julle dit wil aanvaar of nie as hemel op aarde was by die mens dan het ek n proebleem daarmee met julle eie stellings die priester by julle begrafnis lees uit n geel boekie dat die siel verweg moet gaan weg van die aardse gewoel en verdiet waarom as die hemel by die mens is verder se die bybel in die hemel is daar geen siekte dood geweld of roof meer wees nie in julle kerk is daar begrafnise daar is roof geweld hoeveel van julle gemmeentes is nie al geroof nie julle baklei onder mekaar is dit hemel nee dit is nie dis n plek van rus waar hierdie goed nie is nie

  55. Melt, Koos,
    julle is reg die antichris gebruik daai tekse om God Sy Seun en die Apostels tewil verkeerd bewys en selfs julle die bybel is nie net geestelik nie maar daar is baie natuurlike goed ook as julle se hy is net geestelik hoekom wil julle dan vandag menslike apostel he en amptes wat volgens die bybel daar was as dit net geestelik is was daar nie natuurlike Apostels nie dan het Jesus ook nie natuurlik tot geboorte gekom nie pasop wat julle se julle skiet julle self in die voet ek wil graag n stukie uit julle geloofsbelydenis aanhaal hy begin so ONS GLO.in een God die Almagtige Vaderdie skeper van hemel en die aarde en alle sienlike en onsienlike [waarin glo julle dat daar n skeping was ]in een Here Jesus Christusdie eenigegebore Seun van God [waarvan daan het Hy gekom uit die hemel] en vir ons saligheid uit die hemel neer gedaal en vlees geword. verwer deur die Heilige Gees en gebore uit die maagd Maria wat gelei het gekruisig is gesterf het, neergedaal het na die hel en op die derde dag opgestaan het WAT IN DIE HEMEL OPGEVAAR HET EN AAN DIE REGTEHAND VAN GOD DIE VADER SIT VAN WAAR HY WEER SAL KOM [Hy is in die hemel en sal weer kom ]dit is julle geloofsbeledenis

  56. Ex-OAC critic,
    Baie dankie vir jou weer gawe oor Melt se stelling ek het baie daaruit geleer maar glo ook daar was ander ook self die die oak lede ek hoop net hulle verander nou en sien die waarheid

  57. Kan ek n klip in die bos gooi,
    Ek hoor baie mense en nie net die oak lede praat van dat ons die blanke ras Isreal is as dit so is wys dit vir my uit in die bybel waar se hy dat ons Isreal dit laat my kop krap ek weet nie of dit waar is of nie volgens my is ons nie help asb

  58. In die 1970’s was beide die AGS Kerk en die Sewndedag Adventiste as sektes beskou. Toe Dr FP Moller, die President van die AGS daardie tyd by die Afrikaner Broederbond aangesluit het, en ook sy steun aan die NP gegee het word die AGS van die lys van sektes verwyder. Meer onlangs is die Sewendedag Adventiste Kerk ook van die NGK se lys van sektes verwyder.
    Die siening van sekte in die NGK veral is baie vloeiend en met tyd baie verander.

    • “So what?” Wat daarvan? Hoe is dit ‘n bewys dat die OAK nie ‘n kultus is nie? Vertel bietjie vir ons, waar is Jesus Christus vandag volgens u siening? Glo u dat Jesus gaan terugkom soos wat Sy apostels geglo het?

  59. Tans sit die NGK met ‘n probleem dat dit bykans onmoontlik is om die die VGK te verenig. Die Kerk van God is tog een.
    Ook is daar tans binne die NGK ‘n stryd tussen die wat hulself beskou as die Behoudende Kerk en die Nuwe Hervorming. Dit is reeds hierdie Nuwe Hervorming wat die Bybel begin sien op dieselfde wyse as die OAK. OA dat Christus vandag in die Kerk en in die lidmate is. Ook dat die Kerk moet afstand doen van die god wat niks anders as n transidentiele kindermishandelaar is nie. Die mens het gesondig en iemand moet boet wat god is kwaad. Daarvoor straf hy sy eie seun.
    Hierdie god word dan ook deur die NGK en Pinksters gesien as ‘n wese wat in die wolke bly wat ‘n kruising is tussen ‘n aartsvader en kersvader met ‘n groot wit baard en ‘n groot boek
    waarin almal se sondes neergeskryf is, en sondae middae saam met die 12 Apostels en sy seun Golf speel. Dit is hierdie God wat nie bestaan nie.

    • Melt,

      “‘n transidentiele kindermishandelaar”?
      “iemand moet boet wat god is kwaad. Daarvoor straf hy sy eie seun”?
      “‘n wese wat in die wolke bly wat ‘n kruising is tussen ‘n aartsvader en kersvader met ‘n groot wit baard”?
      “en ‘n groot boek waarin almal se sondes neergeskryf is”?
      “sondae middae saam met die 12 Apostels en sy seun Golf speel.”?

      Dis nou die kommentaar van iemand wat eerder karikature skep as om moeite te doen om wat Christene werklik glo akkuraat weer te gee. Nie waar nie?

      • Maar is dit tog nie wat jy ook doen nie? ‘n Karikatuur skep van die OAK. Met verwysend na die bronne wat jy aanhaal bo, is nie een van dit akkuraat of betroubaar nie. Dit is vals inligting.
        Tog lyk dit of die Gereformeerde en Pinkster god niemand anders as Zeus in ‘n nuwe gedaante nie. Wat in Olympus (hemel) sit en net wil wraak neem en almal belowe daar kom ‘n groot oorlog.

        • Melt, so jy vergoed die kwaad met die kwaad. Ek sien.

          In plaas daarvan om te sê, soos meeste OAK’s dat die inligting vals is, verduidelik eerder hoekom die inligting vals en wat die regte inligting is. Dan kan ons mos ordentlik gesels.

          Maar voor jy dit doen gaan jy eers moet wys watter opgeleide Christelike teoloë die karikature glo wat jy hierbo geskep het en dat jy verstaan wat hulle wel sê.

          Dankie, ek sien uit.

    • Melt, u kommentaar is nou tipies van iemand wat die argument verloor het. In plaas daarvan om die argumente teen die OAK met die Skrif te probeer weerlê, probeer u nou persoonlik raak met ‘ad hominem’ argumente en strooi. Ek is ‘n voormalige OAK lidmaat, die karikature wat u skep is duidelik in u eie verbeelding.

  60. Melt, Melt,
    Jy weet nie waarvan jy praat nie eerstens kritiseer jy ander kerke maar daar is n spreek woord wat se vee eers voor jou eie deur voordat n ander se deur vee, as jy weet wat ek van jou kerk weet sal jy stilbly en ophou om kerke sleg tese tweedens hierdie God wat jy so sleg se is die ware God die lewidige een pasop dat jy nie gestraf sal word nie moet Hom nie tart nie of uitdaag nie jy sal spyt wees Ons glo in die bybel en hy se die Vader is in die hemel en Sy Seun aan Sy regterhand vanwaar Sy Seun weer sal kom julle glo nie so nie julle glo in die mens wat se God die Seun en Heilige gees is in julle aldrie gelyk ek lees dit nie in die bybel nie Ek SAL GRAAG JOU WIL ONTMOET VAN AANGRSIG TOT AANGESIG met ons bybel saamsodat jy kan sien ons praat die waarheid
    Net een voorval vir jou gee wat in julle kerk gebeur het op daardie dag het 2 voorvale gebeur ek gaan net een vir jou gee in2015 het daar in die Bluff gemeente n haloween fees plaas gevind by jou kerk n duiwelse fees baie van jou ou mense en amptes het daarteen geskop maar jou opsiener en oudtste het dit goed gekeur en by gewoon

  61. Baie Dankie Udo,
    En, so bly die vrae van ons, ongeantwoord. Want niemand in die oak of Melt het met n
    antwoord terug gekom nie. Dit is nogal baie jammer. Die kerk wat nie kan aanvaar dat Jesus alleen Die ” Weg ” is nie. En dat Jesus weer gaan kom.

  62. //Udo, nou kan ek sien watter mens jy is. Ek sien jy hou nie van my antwoord nie. Ek het dit verwag.//

    Melt Olckers is ongelukkig nie meer welkom op hierdie draad nie. Hy is baie meer geinteresserd daarin om persone verdag te maak as om die sake onder aandag te bespreek.

    Dankie.

    • Dankie Udo, dis ‘n jammerte dat Melt nie die sake onder aandag wou bespreek het nie. Dit help nie om wilde aantuigings te maak as iemand nie bereid is om hul standpunte te verdedig nie. Hierdie platform gun OAK lede dan die geleentheid om hul standpunte te verdedig en die argumente teen hulle te weerlê. Sover is daar niks om Melt se stelling te staaf nie:
      “…Baie van die kritiek wat gelewer word teen die Ou Apostoliese Kerk is vals. Daar is glad nie enige betroubare inligting beskikbaar nie, en alles wat in omgang is kan weerle word…”

  63. OAC Critic
    Die Geestelike krag is juis wat vir God van grooter waarde is. Om die skrifte dus te vergeestelik is antwoorde daarop gebasseer sodat ons wie dit bespreek of daaroor broodbreek, iets nuttigs daaruit kan kry. Nuttig in die sin dat ek my lewe dalk moet aanpas, of verander om “nader” aan God se wil te leef. Hoekom? God is ‘n liefhebber van siele. Die geestelike voedsel is vir die siel, en juis daarom strewe ons om die siel “skoon en rein” te hou. Die mens sal altyd in stryd wees, vlees begeer teen die gees. Juis daarom word dit ook beskryf dat wie vlees bedink bedink die dood. Ek sien dit waar ek nie wil glo dat ek my “vleeslike” wil en sieninge moet prysgee vir God se wil en dienswerk nie. Daarom is dit geskryf dat wie die gees bedink, bedink die lewe en vrede van God. Vissies en brode. Ek glo as dit vir my gebruik word om my lewe te verander dit nie verkeerd is nie. Daar mag soms meer as een verklaring wees. Gawes van Apostel, Profeet, Evangelie, Herder en Leeraar is aan mense gegee, let wel tot opbouing van die liggaam van Jesus Christus, Efes 4:11-13
    En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars,
    om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus,
    totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;
    Ons is tog “Sy” liggaam in die gees, 1Kor 12. Daarom soos sy doel was om te red en te verlos, word dit van ons verwag, maw om ook ons lewe vir so ‘n taak te gee. God verwag dit van ons. Dit gaan nie oor myself nie, maar oor ander. Gee my wil prys om ander se lewens te verander, geestelik te “red”. Diensbaar te word vir God.
    Efes2 :1-3 En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes
    waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk,
    onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.

    Maar ja, ‘n onderwerp Evangelisties verklaar word, Profeties of ook dalk herderlik. Die punt wat ek wil maak, soos God Sy gees in mens geplaas het, Geestelike mense, word die skrifte lewendig in my as mens deur my lewe te verander in wat ek dan sien. God se begeerte.Soos voorheen genoem. God gebruik mense as Sy instrumente, deur wie Hy openbaar. Moses, Paulus en vele ander voorbeelde in die skrifte. Moses aan Jetro,” Die volk kom om God te raadpleeg by my”. Paulus, “Ek Paulus leef nie meer nie, maar Christus leef in en deur my”. Dalk sal jy nou verstaan. God gebruik mense as “Verlossers”. Ons is tog Sy liggaam soos genoem, moet so leef.Dan hierdie besondere teks wat steeds die kern dra vir my vandag dat God mens gebruik, en ek die woord moet aanvaar. 1 Thes 2:13 Daarom dank ons God ook sonder ophou dat, toe julle die woord van God ontvang het wat deur ons verkondig is, julle dit aangeneem het nie as die woord van mense nie, maar, soos dit waarlik is, as die woord van God wat ook werk in julle wat glo.
    Baie duidelik, Wat werk in die wat glo.

    Die mens wat God geskape het in die begin was juis geestelike mense, daarom is ons volgens sy gelykenis en beeld geskape. God is tog Gees of hoe? Ons is mens maar word deur Sy word vergeestelik om Sy wilt e doen.Maleagi 2:14-15
    En julle vra: Waarom? Omdat die HERE getuie is tussen jou en die vrou van jou jeug aan wie jy ontrou geword het, terwyl sy tog jou metgesel is en die vrou van jou verbond.
    Het Hy dan nie een mens gemaak nie, hoewel Hy gees oorgehad het? En waarom die een? Hy het ‘n geslag van God gesoek. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou aan die vrou van jou jeug nie.
    Ons is dus met Gees geskep. Gen 1 :26-27
    En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.
    En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.
    Dit is duidelik dat as die vlees en bloed mense was, ons nie na God sse beeld en gelykenis geskape is nie.
    Hosea 11:9
    Ek sal my toorngloed nie laat geld nie, Ek sal Efraim nie weer te gronde rig nie; want Ek is God en nie ‘n mens nie, die Heilige in jou midde. En Ek sal nie kom in grimmigheid nie.
    Dus Dit is hierdie Geestelike mense wat toelaat dat God se gees in hul werk, wat dan leiding gee. Ek glo dus, waar ek my wil prysgee, God se Gees my sal leiding gee, en ekdaarmee Sy Gees kan toelaat om ander te lei na ‘n beter lewe, en verlossing. Die roem gaan aan God alleen.

    Ek dink die skares wat beskryf word wat gevoed is met broodjies en vissies, sien ek geestelik dat God vir ons wys om in die breking van brood te wees kan vele siele gevoed en ook gered word. Ons moet daaruit leer dat om in breking van die brood te bly, dan sal my siel altyd gevoed wees, en ook andere sal daarby baat. Ek sal met volgende geleentheid ander vrae probeer beantwoord. Ek wil vir jou sê ek respekteer elkeen se siening. Ek sal jou nooit sê jy is verkeerd nie. Ek kan jou net probeer verduidelik hoe, en hoekom ek dinge sien soos ek dit sien. Al hierdie gesprekke en antwoorde is interesant. Maar ja, almal lees een Bybel en tog bykans 3000 plus verskillende gelowe. Elkeen probeer vashou en verdedig sy eie geloof. Ek is in die OAK deur oortuiging, en as iemand my uit skrifte kan oortuig en vir my kan oortuig ek is verkeerd, sal ek sy geloof volg verseker.

    Dankie, en seëninge vir almal.

    • Baie dankie Koos, tenminste iemand wat bereid is om ordentlik te gesels 🙂
      Rakende u stelling:
      “…Om die skrifte dus te vergeestelik is antwoorde daarop gebasseer sodat ons wie dit bespreek of daaroor broodbreek, iets nuttigs daaruit kan kry…”;
      Die Skrifte is dan klaar geestelik want die hele Skrif is deur God ingegee (2 Timotheus 3:16). Net soos die Skrif daar staan is dit nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus (2 Timotheus 3:16-17). Die Skrif is die skriftelike Woord van God tussen Hom en mense, Hy praat in ‘n taal wat mense kan verstaan. Gelowiges glo wat daar geskryf is en die Gees help ons om dit te glo en aanvaar, wêreldse mense glo nie wat daar geskryf is nie. Hoe verstaan u 2 Timotheus 3:16-17 dan in sy “vergeestelike” weergawe?

      Rakende u stelling:
      “…Die mens sal altyd in stryd wees, vlees begeer teen die gees…”;
      Daarmee stem ek volkome saam en die Bybel beaam dit ten volle. Volgens die Bybel is dit die vlees (vleeslik) wat die teenoorgestelde van die Gees is (Romeine 8:5-7, Galasiërs 5:16). Ek dink OAK lede verwar egter vleeslik met letterlike interpretasie van die Bybel. Om in die vlees te wandel verwys na owerspel, hoerery, onreinheid, hebsug, vuiligheid, woesheid, afgodery, heksery, haat, variansie, emulasies, hebsug, toorn, twis, sedes, afguns, moorde, dronkenskap, onthullings en dergelike dinge (Mattheus 15:18-20, Markus 7:20-23, Romeine 1:25-32, 1 Korinthiërs 5:9-11, 1 Korinthiërs 6:9-10, 1 Korinthiërs 6:15-20, Galasiërs 5:19-21, Efesiërs 4:17-31, Efesiërs 5:3-7, Kolossense 3:5-9, 1 Thessalonicense 4:3-8, Hebreërs 13:4-5, 2 Petrus 2:4-10, Openbaring 21:8, Openbaring 22:15 ens). Dit is die vleeslike begeerlikhede (vleeslike gesindheid) wat teen die siel oorlog voer (1 Petrus 2:11), nie letterlike interpretasies van die Bybel nie. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is as u vleeslik gesind is sou u ‘n mooi vrou begeer om in die bed te kry ongeag van hoe u die Bybel interpreteer. As u egter geestelik is, sou u verhouding met daai selfde vrou anders wees en u sal haar respekteer as kind en beeld van God. Wat is u “vergeestelike” weergawe van Mattheus 22:29, Markus 12:24, Handelinge 17:10-12 en Romeine 15:4?

      Rakende u stelling:
      “…Vissies en brode. Ek glo as dit vir my gebruik word om my lewe te verander dit nie verkeerd is nie. Daar mag soms meer as een verklaring wees…”;
      Hoe verander dit u lewe deur te twyfel aan die wonderwerke wat God en Jesus gedoen het? Hoe is God en Jesus se wonderwerke nie vir my geestelik betekenisvol in my lewe as ek dit so lees, glo en verstaan soos wat die Bybel dit verduidelik en beskryf nie? Hoekom moet God en Jesus se wonderdade verdraai word om ‘n ander betekenis te kry? As die hele Skrif nou “vergeestelik” moet word, hoekom het Carl Klibbe, stigter van die OAK geglo in Jesus se fisiese wederkoms? Hoekom is daar dan ‘n fisiese kassie voor in die saal vir fisiese tiendes (Maleagi 3:10) met ‘n gat in die deksel aan die regterkant van die kansel (2 Konings 12:9)? Hoekom dra vrouens hoedens kerk toe (1 Korinthiërs 11:5-6)? Hoekom mag slegs getroude mans amptes word (1 Timotheus 3: 2, 1 Timotheus 3:12) en preek (1 Korinthiërs 14:34, 1 Timotheus 2: 11-12)? Hoekom word Efesiërs 4:11 dan letterlik verstaan as ‘n rede om amptes met die letterlike titels van “apostel”, “profeet” en “evangelis” in die kerk aan te stel?

      Rakende u stelling:
      “…Ons is tog “Sy” liggaam in die gees, 1Kor 12…”;
      Ons is die liggaam van Christus en lede afsonderlik (1 Korinthiërs 12:27). Die kerk is een liggaam wat uit baie ledemate bestaan en wat elkeen sy eie taak het. Die kerk is Sy geestelike bruid, en Hy is die Hoof van die Gemeente, die Bruidegom (Efesiërs 5:22-33, Kolossense 1:18). Die kerk as bruid van Christus en liggaam van Christus behoort aan Hom soos wat u vrou ook aan u behoort. Die OAK glo dat hul kerk letterlik die verheerlikte liggaam van Jesus is en hul gebruik die voorbeeld van ‘n saadjie wat geplant word wat later in ‘n boom verander en vele vrugte dra. Die probleem met hierdie argument is dit ontken wat in die Bybel geskryf is en dit ontken Jesus as die enigste Messias, Verlosser en Saligmaker wat opgevaar het na die hemel en belowe het Hy kom weer. Daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus (1 Timotheus 2:5). Dieselfde Jesus wat van sy apostels en dissipels opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos hulle Hom na die hemel sien wegvaar het (Handelinge 1:1-11). Dit was vir hulle voordelig dat Jesus weggaan; want as Hy nie weggegaan het nie, sou die Trooster (Heilige Gees) nie na hulle gekom het nie; maar omdat Jesus weggegaan het, het Jesus die Heilige Gees na hulle gestuur (Johannes 16:4-15). Wanneer ons glo, is ons verseël met die Heilige Gees van die belofte tot die dag van verlossing (Efesiërs 1:13, Efesiërs 4:30).

      Rakende u stelling:
      “…God gebruik mense as “Verlossers”…”;
      Daar is net één Velosser, Jesus Christus. Enkelvoud.
      In die Bybel staan:
      Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal. En elke priester staan wel dag vir dag om die diens waar te neem en dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie;
      maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is ‘n voetbank van sy voete. Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word (Hebreërs 10:10-14).
      Net EEN MAAL deur EEN OFFER het Jesus Christus VIR ALTYD volmaak die wat geheilig word.

      Rakende u stelling:
      “…1 Thes 2:13 Daarom dank ons God ook sonder ophou dat, toe julle die woord van God ontvang het wat deur ons verkondig is…”;
      Die woord van God sal altyd ooreenstem met wat in die Bybel staan.
      In die Bybel staan:
      Daarop het die broeders dadelik in die nag Paulus en Silas na Beréa weggestuur. En toe hulle daar kom, het hulle na die sinagoge van die Jode gegaan. En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka;
      hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was. Baie van hulle het dan ook gelowig geword, en van die aansienlike Grieke ‘n groot aantal, vroue en manne (Handelinge 17:10-12).
      Om te preek is een ding, enigiemand van enige geloof of politieke party kan preek en vir mense voorskryf. Hoe sal mense weet of dit die woord van God is? Deur die woorde wat ontvang is te vergelyk met die Skrifte.

      Rakende u stelling:
      “…Die mens wat God geskape het in die begin was juis geestelike mense, daarom is ons volgens sy gelykenis en beeld geskape…”;
      In die Bybel staan:
      En God het gesê:
      Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. En God het die mens geskape na sy beeld;
      na die beeld van God het Hy hom geskape;
      man en vrou het Hy hulle geskape (Genesis 1:26-27).
      Die bogenoemde verse verwys na die mens se koninklike status om soos konings te heers oor ander wesens, die hoogtepunt van God se Skepping. Dit beteken dat God die mens gemaak het om Hom te verbeeld, om in wat hy doen, die beeld van God te vertoon. Al is die mens beeld van God, is hy ook ewebeeld van Adam (1 Korinthiërs 15:46-49). Die ware ewebeeld van God is Christus (2 Korinthiërs 4:4, Kolossense 1:15, Hebreërs 1:3). Ons moet soos Sy Seun word om werklik beeld van God te wees (Romeine 8:29, 2 Korinthiërs 3:18), daarom moet ons die ou mens afsterf en met die nuwe mens beklee wees wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper (Kolossense 3:10).
      In die Bybel staan:
      Die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword (Genesis 2:7, 1 Korinthiërs 15:45).
      In die Bybel staan:
      Toe het die HERE God ‘n diepe slaap op die mens laat val;
      en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak. En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ‘n vrou en bring haar na die mens. Toe sê die mens:
      Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem. Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees (Genesis 2:21-24).
      Hulle was een VLEES soos wat ‘n man en sy vrou een VLEES word.
      Net gou ‘n vragie, na wie se gelykenis en ewebeeld was Adam se seun Set?
      In die Bybel staan:
      Toe Adam honderd en dertig jaar oud was, het hy ‘n seun verwek na sy gelykenis, na sy ewebeeld, en hom Set genoem (Genesis 5:3).

      Rakende u stelling oor Gen 1 :26-27:
      “…Dit is duidelik dat as die vlees en bloed mense was, ons nie na God sse beeld en gelykenis geskape is nie…”;
      Het ‘n gees bloed Koos? Kan ‘n gees bloei? Is u ‘n geestelike mens? Is OAK lede almal geestelik? Wanneer u kerk toe gaan, sien u net geeste wat daar bymekaar kom? Wanneer u “owergestelde” op die preekstoel staan en preek, is hy net ‘n gees?
      In die Bybel staan:
      Hy wat die bloed van ‘n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak (Genesis 9:6).

      Rakende u stelling:
      “…Ek dink die skares wat beskryf word wat gevoed is met broodjies en vissies, sien ek geestelik dat God vir ons wys om in die breking van brood te wees…”;
      Ek het die breking van die brood meer breedvoerig hier bespreek:
      http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2017/04/doctrine-bread-breaking.html

      Rakende u stelling:
      “…Ek wil vir jou sê ek respekteer elkeen se siening. Ek sal jou nooit sê jy is verkeerd nie…”;
      Dis dalk u persoonlike opinie maar dis beslis nie ‘n OAK leerstelling nie. Die OAK beskou alle ander kerke as die wêreld, m.a.w. dat alle ander kerke verkeerd is, ongeag of hulle in Jesus Christus glo of nie.

      Ons kan maande lank sit en debateer maar die belangrikste vraag bly egter, glo u dat Jesus van Nasaret die Christus (Messias) is? Ek praat nou van die historiese en Bybelse Jesus van Nasaret wat ongeveer 2,000 gelede hier op aarde in ‘n fisiese ligaam gewandel het.

  64. Daar is nog iets wat my pla,
    eendag het ek met n oak onderdiaken gepraat toe se hy vir my dat daar nie n Jesus was wat op die aarde geloop het nie dit is n geestilike Jesus ek het die volgende dag met sy pa gaan praat wat vir my gese het dat sy seun kry dit vanaf vrystaat se gemeentes en dit is nie die waarheid nie daar was n Jesus wat op die aarde geloop het toe kry ek die selfde voorval in natal durban waar een van hul priesters dit se toe moes ek uit uitvind hy kom van van bloemfontein +- 2 jaar terug het ek gehoor dat daar groot wrywing in die oak oor die 2 stelings 1 groep glo dat Jesus wel bestaan en die andergroep het weer gese nee Hy was geestelik nou wil ek graag hoor wat was die uitslag oor die stelings het die oak ooreen gekom oor een steling of is daar nog steeds twee stelings aan gaande Jesus

  65. Koos,
    Ek het nou net jou siening gelees en sien jy se jy wil niemand aanval nie maar net jou geloof aan ons wys maar daar is n paar loopholse in wat jy se Vraag1 jy praat van die Gees van God wat in julle is watter Gees van God is in julle Vraag 2 jy vewys na Adam en Eva as gees dan se jy hulle het opdrag gekry om teheers oor alles op die aarde hoe is dit moontelik as ek n gees is om diere bv aantejaag soos bokke beeste of skape volgen my was hulle vlees en bloed soos ek en jy Vraag 3 jy verwys na n wonderwerk wat Jesus gedoen het en se dit om brood tebreek wat van die visse
    Koos sal jy luister as daar by jou getuig word en uit die bybel vir jou gewys word dat jou geloof waar jy in is die oak nie die waarheid praat nie net om dit vir dit tebewys julle apostels het nog nooit n leering gebring aangaande die wederkoms nie hulle bly weg van dit af want daar is baie tekse wat se daar is n wederkoms vra hulle om tekse tegebruik oor die wederkoms en vir julle n leering gee
    As jy naaby my was sou ek vir jou kom kuier en uit die skrifte wys dat dit wat ek wys is die waarheid want ek gaan net die bybel gebruik, Daar was van julle amtes wat met my al gesels het en elke slag as ek begin vrae vra raak hulle weg die laaste 2 amptes was so n maand terug gewees en vir my gese ons sal al jou antwoorde antwoord dit het net 3 aande gebeur toe is hulle weg toe ek vrae begin vra

  66. OAC Critic, jy slaan die bal heel mis as jy die aanname maak dat ek ongelowig is. Kom ons breek paar tekse fyn, en kyk wie is “Jesus”. Ek weet die volgende gaan vir jou baie moeilik wees om te aanvaar of te wil glo, so ook vir ander, omdat julle die skrifte meestal nauurlik beoordeel, 1Kor 2:12-14
    Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het.
    Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
    Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.
    Dit sal moontlik vir julle wat natuurlike denke het oor alles, ook na dwaasheid klink. Nogtans wil ek verduidelik hoekom en waarom ek dinge sien soos ek dit sien en verstaan soos ek verstaan, end us glo wat ek tans glo.
    Wanneer ons die skrifte lees, moet ons dit lees vir wat dit vir”my” beteken. Hoe kan die skrifte in my lewe sigbaar word of wees, wat tot voordeel van die geestelike mens is, nl. Die siel van die mens. Daarom is ek oortuig dat die skepping in Gen 1 is soos die skeppingsplan wat God vir elke siele mens het. Dit begin waar daar niks is nie, maar duisternis of onkunde aangaande God se doel in my lewe en Sy evangelie. Dit kan begin selfs waar ek ‘n kind is waar God se skepping in “my wêreld” begin. Maw in my lewe.Die skepping sal dus by elkeen volgens tyd anders wees. Ek sal een “vlak” moet voltooi end us verstaan voordat God se skepping in my aangaan end us vorder. Ons gee dus nie op waar ons as instrumente gebruik word om te skep nie. Hiermee word bedoel dat as ek besig is om iets in iemand se lewe tot die beter wil verander of dalk da thy God se wil moet verstaan, ek selfs na paar jaar steeds nie sal opgee nie, omdat dit steeds ‘n siel vir God is. Baie belangrik.Sie volgende tekse. 2Kor 4:1 en 2 Kor4:3-7
    Daarom, aangesien ons hierdie bediening het volgens die barmhartigheid wat ons ontvang het, gee ons nie moed op nie.

    Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan,
    naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.
    Want ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here, en onsself as julle diensknegte om Jesus wil.
    Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn—dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.
    Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie.
    Bg teks is ‘n hele mondvol. Eerstens dat ons moet weet wat ons “sien” deur God se genade is. Ek moet dus maak nie saak hoeveel vernedering en afjakke ek kry nie, maar volhard in my taak om God se evangelie te verkondig. Dit begin by mens wat natuurlik oordeel, en in ongeloof bly, en eindig by die wat dit aanvaar in vers 7 as Hy sê ons het hierdie skat in erdekruite. Hy beskryf dit so omdat ons as mens niks is nie, maar verganklik, maar tog kosbaar as instrument om Sy evangelie te verkondig. Let daarop dat die verligting van evangelie van Jesus Christus die beeld van God is. Sien my vorige bespreking. Dus begin my lewe waar ek in duisternis is, en soos God my deur “mens” wat Sy beeld dra verander word dmv ‘n “Woord” van evangelie word ek as sielemens geskep tot op die stadium waar ek kan sê ek is geskep na God se beeld en gelykenis. God wil ons skep deur die proses. Soos enige proses in die natuur vorder mens staps gewys tot jy ‘n sekere taak bemeester. Net so ons as geestelike mense, skep God ons elke dag staps gewys, daar waar ek deel in Sy werke en Sy wil doen.
    Dit is juis daar wat Jesus in ons lewe kom, en soos hy dit beskryf. 1 Joh 5:11-12
    En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun.
    Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.
    Sy Seun kom dus tot geboorte in elkeen van ons. Die Siel, vrou in my lewe wat maagd is word deur God bevrug, en die Seun, of Lig word in my gebore, en kan deur my leef. Die natuur in my lewe is die versoening van die mens wat die verantwoordelikheid om my siel te voed aanvaar. Die Josef wat skrynwerker was, ons as mens wat met verganklike dinge besig is dag vir dag, neem steeds die Goddelike plig om ook die kind Jesus in ons groot te maak. Soos Maria dit op ‘;n plek beskryf, “My siel maak groot die Here”.
    Dus solank Jesus in my “wêreld” in my lewe is, is Hy my lig. Joh 9:5 So lank as Ek in die wêreld is, is Ek die lig van die wêreld.
    Joh 12:46 beskryf wat ek bo verduidelik het baie mooi. “Ek het as ‘n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie.”
    Duidelik is hierdie Jesus nie mens self nie.

    Begin by bevrugting van Maria. Mat 1: 18 Die geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees.
    Mat 1:20 Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;

    Hy het wel soos in een van jou vorige komentaars die beeld van mens aangeneem. Soos ons glo Hy is onveranderlik, daarom openbaar Hy steeds in Gees deur mens. Hierdie onveranderlike God waarin ek glo, wat Sy Gees in elke mens geplaas het wat deur Hom geskep is. Ja, ons is in natuur gebore, met en deur God se almag, maar dit was deur ‘n natuurlike liedesdaad van die ouers dat ek gebore is as mens. Juis darem moet ons as natuurlike mens omsien na ons siele. Die mens se oordeel, “stof tot stof”.
    Vir my ‘n moeder of Vader wat hul kind reghelp as hy vloek of dalk iets vat, hulle help hom. Daardie oomblik, die woorde wat tot stigting is vir die goeie, is God. Ons word en is dus almal onwetend dalk instrumente in God se hande om ander te leer en reg te help.Ons verlos dus ander van die bose. Hoekom? Dit was nie tot voordeel van jouself nie, maar die kind of persoon wat gehelp word.
    Om dalk nog verder te gaan, wil ek jou een teks en hoofstuk gebruik wat jy ook op ‘n ander webblad beskryf. Tog wil ek van jou verskil. Joh 1. Die hoofstuk begin met “In die begin” Dit is dus duidelik dat wat in my geskep is, was met ‘n Woord geskep. Ek gebruik ook net weer een van vorige tekse. 1 Thes 2:13 Daarom dank ons God ook sonder ophou dat, toe julle die woord van God ontvang het wat deur ons verkondig is, julle dit aangeneem het nie as die woord van mense nie, maar, soos dit waarlik is, as die woord van God wat ook werk in julle wat glo.
    Juis daarom sê hy dat in Hom, die Woord is die Lewe, die lig vir die wêreld.
    In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.
    Onthou my vorige verduideliking en veral die teks van 2Kor4. Hierdie is bevestiging. Onkunde, is die duisternis. Kennis aangaande evangelie, die Lig. Dit is dit wat my lewe verander en tot my redding is. As ek God se doel met my verstaan.
    Hierna verwys dit na die lig wat skyn in die duisternis. Kennis /Lig in my lewe.
    Dan begin hy met “Daar was ‘n man met die naam Johannes”.

    Daar was ‘n man van God gestuur, wie se naam Johannes was.
    Hy het tot ‘n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.
    Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.
    Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.
    Hier is ook duidelik, dat Johannes hierdie evangelie verkondig het. Na homo ok verwys as Johannes die doper, want die water in gees word geken as “evangelie” Spr 18:4 Die woorde van ‘n man se mond is diep waters, ‘n stroom wat bruis, ‘n fontein van wysheid.
    Ook die verhaal van vrou by put, Joh 4:10 Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het.
    Let op, hier word duidelik verwys na gawe van Evangelis, dit soos voorheen verduidelik is, wat vir my as sielemens kan lewend maak. Dus, wat ek dan van deel word is die “lig” Liggaam van Jesus Christus, en kan ek wanneer God se Gees deur my lewe ander lewe gee. Daarom word dit lewende water genoem.
    1Kor 12:27-28
    Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.
    En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.
    Ja, God het taak en doel vir elkeen wat die roeping aanvaar.
    Verder, soos gesien word by my verduideliking, is die beskrywing hier wat ons kan ontvang deur die geloof wat verkondig word deur “mense” wat dit aanvaar het. Juis daarom in vers 12 sê dit die volgendee.
    Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;

    Daarom, soos die hoostuk begin het, “in Hom is die lewe”, is in hierdie evangelie Woord. Hulle wie dus hierdie evangelie of geloof aangeneem het kan kinders van God genoem word.
    En hierdie volgende sluit aan by waar ek amper begin het.
    Joh1:13-14
    wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is.
    En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.
    Duidelik, hierdie evangelie soos verduidelik is in begin, en wanneer ek aanvaar en bevrug word deur die Gees van God, dus Heilige Gees, wanneer ek hierdie evangelie aanvaar, word die Jesus in my lewe gebore uit die Heilige Gees. Duidelik, nie gebore uit die wil van vlees of man nie, maar uit God gebore.
    Daarom word dit ook duidelik beskryf, wat uit vlees gebore is, is vlees, en uit gees gebore is, is gees. Joh 3:6

    Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.

    Ek sê weer, Geestelike bevrugting van Woord wat God is in my lewe. Geestelike kind in my lewe. Juis daarom sal Paulus sê “Ek leef nie meer nie, maar Christus leef ten volle in en deur my”. Ook sê hy, “ Hulle het my nie verag vanweë die swakheid van my vlees nie, maar my aanvaar as ‘n engel, waarlik as Jesus Christus”.

    Duidelik het dit gebeur nadat hy deur die Lig omstraal was op die pad na Damascus, en met Ananias geredeneer het, en Jesus ook in hom tot geboorte gekom het, en hy Jesus kon openebaar.

    Om mee af te sluit.Gal 1:11-12

    Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie.
    Want ek het dit ook nie van ‘n mens ontvang of geleer nie, maar deur ‘n openbaring van Jesus Christus.
    Dan verder aan ook vers 15 en 16.

    Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het,
    om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom onder die heidene sou verkondig, het ek dadelik nie vlees en bloed geraadpleeg nie,

    Ja, die Hom wat hy sou verkondig is die Evangelie, deur ‘ Woord waarin die lewe is.

    Dankie. Dit is hoe ek dit ervaar. Emanuel. God met ons. Hierdie Jesus, deel van ons lewe elke dag.

    NS. Dennis ek het jou vrae gesien. Ek kan een ding waarneem van jou vrae wat jy vra. Jy is total en al natuurlik ingestel wanneer jy die skrifte lees. Gaan lees gerus 1Kor 15, “Die opstanding “ is opskrif. Ek sal met volgende geleentheid prober dek. Van jou vrae mag dalk in bg geskrywe beantwoord word mits jy dit geestelik wil sien.
    Dankie

    • Weereens baie dankie Koos 🙂
      Rakende u stelling:
      “…Kom ons breek paar tekse fyn, en kyk wie is “Jesus”…”;
      Ek het hierdie punt hier bespreek:
      http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2016/08/the-real-jesus.html

      Rakende u stelling:
      “…Ek weet die volgende gaan vir jou baie moeilik wees om te aanvaar of te wil glo, so ook vir ander, omdat julle die skrifte meestal nauurlik beoordeel…”;
      Ek het hierdie punt oor die verskil tussen natuurlik en geestelik hier bespreek:
      http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2016/08/doctrine-spiritual-vs-natural.html
      http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2016/08/doctrine-too-vast.html

      Rakende u stelling:
      “…as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan…” en “…Want ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here…”;
      Hoe vergelyk dit met die OAK se beleid wat nie die kerk of sy amptenare toelaat om formeel op sosiale media deel te neem nie? Die OAK verkondig nie Christus Jesus as Here nie, hulle verkondig hulself as Christus, die Seun van God. Dis net ou apostolies voor en ou apostolies agter en hulle “wonderlike” kerk en amptes.
      Ek het hierdie verder hier bespreek:
      http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2018/04/doctrine-media-vs-medium.html

      Rakende u stelling:
      “…Sy Seun kom dus tot geboorte in elkeen van ons…” en “…die kind Jesus in ons groot te maak…”;
      God se Seun Jesus bestaan nog lank voor ons ooit bestaan het, dis ons wat moet groot word, nie Jesus nie. Dis ons wat wedergebore moet word en met die nuwe mens beklee wees wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper (Kolossense 3:10). En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;
      sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;
      maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus (Efesiërs 4:11-15).

      Rakende u stelling:
      “…Dus solank Jesus in my “wêreld” in my lewe is, is Hy my lig…”;
      Ek het hierdie punt hier bespreek:
      http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2016/08/doctrine-light.html

      Rakende u stelling:
      “…Hy sou vir jou lewende water gegee het. Let op, hier word duidelik verwys na gawe van Evangelis…”;
      Die Evangelie is die goeie nuus en die kern van die evangelie is Christus se opstanding nadat hy aan die kruis gesterf het vir ons sondes. Christus se dood, begrafnis en opstanding IS die evangelie. Iets wat die OAK hewig ontken.
      In die Bybel staan:
      En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê:
      As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê:
      strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo;
      want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie (Johannes 7:37-39).
      Die wat in Jesus Christus GLO ontvang die Heilige Gees, die LEWENDE WATER is die HEILIGE GEES.

      Rakende u stelling:
      “…Emanuel. God met ons. Hierdie Jesus, deel van ons lewe elke dag…”;
      Ek het hierdie punt hier bespreek:
      http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2016/08/doctrine-emmanuel_26.html

      Dankie Koos vir u bereidwilligheid om saam te gesels, ek waardeer dit. Mag u ryklik geseënd wees.

  67. Dennis dis ‘n groot JA. Indien iemand by my kan getuig en my uit die Bybel oortuig sal ek beslis. Dit is soms moeilik om alles te tik op die blad, Buiten wat ek hier plaas, is daar vele meer. Soos ek voorheen gesê hrt. Ek het diep gedelf en baie vra gevrae. Ek verstaan hoekom baie dink soos jy. Ek was ook daar. Van watter streek is jy?

  68. Koos,
    Jy weet apostel Petrus, het iets baie wys geskryf. As ons in een van sy briewe lees,
    in 2 Pet 3: 16- wys hy vir ons dat mense wat onvas is, en ongeleerde is ,
    die skrifte verdraai wat eindelik lei tot hulle eie verderf. Maar julle in vers 18
    moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker,Jesus Christus.
    Aan hom kom die heerlikheid toe,…….. So Koos ek stel voor, jy verbreed jou kennis
    aangaande Jesus Ghristus. Nie die apostel nie, ook nie die kerk nie. Maar Jesus Christus.
    Dan kan sal jou sienswyse verander. Wie weet, dalk sien jy die regte “weg”.

  69. Koos,
    Dankie dat jy vir ons terugvoering gegee het en nog tekse ook ek gaan nie aldie tekse behandel nie maar net die wat jy aan my gerug het 1 kort 15 oor die opstanding ek gaan na n paar verse verwys vers 1 Apostel Poules verwys hier dat ons die evangelie geontvang het, En dit is waar ons op staan die evangelie,vers 4 hy het gesterf en is begrawe en op die 3de dag opgewek is volgens die skrifte waarin is Hy opgewek in n verheerlike liggaam lees Mat17 hier het 3 Apostel gesien hoe Hy in n verheerlike ligaam verander het, jy en ek kan nie vandag in n verheerlike liggaam verander nie want ons het nog sondes Jesus was sonder sondes en boon op die Seun van GOD in daardie liggaam het Hy toe aan almal verskyn wat in die hoofstuk verwys word, Dit was definitief nie ek of jy of n oak lid nie dit was Jesus self vers 12-21 aldie tekse wys dat Jesus opgestaan het maar ek vra vergewe my julle glo nie daarin nie julle glo hy het in die mens op gestaan mense soos julle weereens vergewe my maar dit is twak wat julle praat Hy het op gestaan want as Hy nie opgestaan het nie kan daar ook nie n wedekoms wees nie waarin julle ook nie glo nie hierdie hele hoofstuk wys vir my dat Jesus het opgestaan in n verheerlike liggaam nie in jou of ek nie jy mag die evangelie he in jou maar dis nie tese dat Jesus in jou is nie as die bybel verwys dat christus in ons is moet jy mooi verstaan dit is hulle wat gelowig in die Chriten geloof en dit beteken dat ons nou van hom getuig en nie van mens of kerk nie want as jy n Christen geword het behoort jy aan n liggaam om die geloof instand tehou ons is nie Jesus nie of Hy is nie in ons nie netSy geloof is in ons en dis wat ons openbaar aan hulle wat nog in duister is,AS JY SE JY GLO IN JESUS GLO DAN WAT HY GESE HET 1John 16 vers7 Hy se uitdriklik dit is die waarheid glo wat hy se en geen mens nie ASB lees die teks en vra jou self af of hy nog in jou is of net die trooster die heilige gees
    hier is my Email adres cleradennis01@gmail.com stuur my jou adres en ek sal kyk of daar iemand in wat vir jou sal kom kuier en vir jou die waarheid sal gee
    die streek waar ek in bly is in die noorde Limpopo
    groete aan almal mag ons Lewindige GOD wat in die hemel met Sy Seun aan Sy regterkant is julle reiklik seen

  70. EOC Critic. Dankie. Ek sal gaan deurlees, ook die “links” wat jy gestuur het. Ek sien presies waarheen jy beweeg. Daar is eintlik net een klein probleem hoe ons verskil in die opvatting van die Bybel. Jy gebruik ook feitlik al die tekse wat ook ek soms gebruik om sekere punte te staaf uit die skrifte. Ek sal weer terugkom met my antwoord. Nogmaals dankie ook jy wat bereid is pm al die tyd te neem om vir my jou siening te plaas. Ek waardeer. Mag ook jy en elkeen wat deel in die blad geseënd wees.
    Dankie

  71. Koos baie dankie,
    Ek wag dat jy my vrae sal beantwoord ek wil net graan een hoofstuk wat jy aanhaal en jou vra om dit nou vir my teverduidelik Gen1 wys vir my hoe ek in aldie dae in pas al 7 dae en as ek jou regverstaan se jy Gen1 is n geestelike teks en nie n natuurlike teks nie Wat ek wel verstaan van die hoofstuk is dat dit n natuurlike skepping was van God af dit was die begin van die hemel en aarde met alles daarop, Pasop laat mense jou nie mislei nie want almal wil dit graag versduidelik soos sy geloof is en die oak is een van hulle dis hoekom hulle se ales is geestelik maar ek sien die skrifte het geskiedenis in sowel profesies ook gelukenise as ons kyk na dit sal ons sien dat die geskiedenis waar is, die proffeete van God wat geprofiteer het het waar geword Die gelykenise kan ek sien as n verduidelinking aan my om my lewe teverander,daar is geesletelike sowel natuurlike goed in die bybel
    Baie dankie

  72. Die oak lede is nou stil wil of kan nie ons vrae antwoord nie
    nog een vraag, as ek dood gaan waar gaan my siel heen die oak se dat my owergestelde is my God nou waar gaan my siel heen as ek n broer is na die broer hemel of na die priester hemel

  73. Dennis ek moet sê ek het anders van jou verwag. My eerste deel van die verduideliking van die skepping volg. Jy en ander vrae vra, maar soos jy behoort te sien in dit wat ek gaan plaas, sal jy dalk verstaan hoekom dit so moeilik is om sekere verduidelikings te aanvaar en te verstaan.

    Dankie

  74. Hier vol soos beloof bespreking tot en met die 4 de dag.

    Kom ons begin soos ek gesê het. God wil ons as natuurlike mens skep,tot Geestelike mens, m.a.w.sodat ons na Sy beeld geskep kan wees. Juis daarom is Gen 1 soos God se plan hoe om “mens” te skep tot Sy beeld. Alles sal begin waar daar niks is nie. As kind word ek gebore en gebruik God mens wat met Sy Gees gevul is om te begin. Dit is so dat sommiges se “dae” in natuurlike dae gemeet, jare kan neem. Sien dit amper soos jy beplan om huis te bou. Jy bepaal wat is eerste nodig en hoe jy dit in volgorde sal doen om seker te maak die huis gaan vir jou “volmaak” wees. Sekere dinge moet eers in plek wees voordat ja kan begin met volgende taak. Daar begin dit waar die skepping begin en eindig wanneer God se werk op sewende dag voltooi word waarna Hy gaan rus het. Dus, God skep elke dag aan ons, en Sy werk is voltooi die dag wanneer ek in Sy koninkryk ingaan waar ek nie meer in stryd is met vlees en natuur nie. Dus na my afsterwe in natuurlike lewe is Sy werk aan my as geestelike mens voltooi. Ek sal nou die dae beskryf soos die skepping in my lewe voortgaan.
    Dag 1: en 1:1  In die begin het God die hemel en die aarde geskape. 
    Gen 1:2  En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters. 
    Gen 1:3  En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig. 
    Gen 1:4  Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis; 
    Gen 1:5  en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag. 

    Elkeen word gebore met gedagte, en gewete, Soms is dit woes vanweë my leef wyse of ervarings en hoe ek dalk geleer en opgevoed was. Maar God sal beslis in kinder jare al “positiewe”in my geskep het deur my ouers, maar soms vir die mens met opgroei fase maak dinge soms nie sin nie. Die dag wat God iemand op my pad plaas om die lig wat verstaanbaarheid verteenwoordig in my skep, sal my leef wyse begin verander.So het Christus wat getuig Ek het as Lig in die wêreld gekom, ook in my wêreld gekom, Alles uit ‘n Woord wat deur ‘n dienskneg gespreek was. Joh 1:1  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Joh 1:4  In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. Joh 8:12  En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê..Mat 5:16  Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik. 
    Bg net paar tekse om te bevestig, Die Lig moet my lewenswyse verander. Het begin waar ek die evangelie ontvang het. 2Co 4:6  Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn—dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus. Bg teks is voorafgegaan waar hulle dit duidelik maak dat hul nie hulself verkondig nie. Net soos in Joh 1 as dit geskryf word daar was ;n man met die naam Johannes Joh 1:7  Hy het tot ‘n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo. 
    Joh 1:8  Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig. 
    Vandag steeds dink ek mense oordeel ons van die OAK verkeerd. Ons getuig van Hom. Ons sê nie ons is Hy nie. Hoe? Ook deur ons leef wyse. Daarom sê hy julle is die liggam van Jesus Christus. Aan die einde van Joh 1 is die afsluiting so dat hulle wie die evangelie aanvaar soos ‘n Christus is. Onthou nou net die Lig is Christus, die verstaanbaarheid van evangelie, wat ook die beeld van God is. As hy dus in vers 12 skryf beteken dit die wat hierdie evangelie aanvaar.Joh 1:12  Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; 
    Hierdie naam is hierdei ebangelie wat deur Johannes verkondindig is. Ek is nie die lig nie, maar getuig daarvan. Baie belangrik. Dan volg vers 13.
    Joh 1:13  wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is. 
    Joh 1:14  En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid. M.a.w. ek doen nie meer my wil nie maar God se wil, Daarom beskryf hy uit God gebore. Die werk wat uit die woorde gebore is wat God is, is uit God gebore. Daarom beskryf hy dit dat dit is soos enigebore seun van God, vol van genade en waarheid.
    Natuurlike voorbeeld’ Jou kind kyk TV. Jy vra hom vir ‘n glas water. Hy los waarmee hy besig is en bring dit. Wat het werklik gebeur? Hy het sy wil prysgegee, en jou woord het sy vlees aangeneem, en die daad wat hy toe gevolg het was uit jou woord gebore. Dit het jou woord aangeneem. Net so het in Joh gebeur. God wil dat ons Sy Seun openbaar.
    Dit is baie eenvoudig. Wanneer ek die evangelie aanvaar en dit dus my leefwyse begin verander dan skyn God se lig in my lewe. En daar was aand, of sal ek sê duisternis wat onverstaanbaarheid is, nie meer in my lewe is nie. God se 1 ste dag in my geestelike lewe is geskep.
    2 de Dag Gen 1:6  En God het gesê: Laat daar ‘n uitspansel wees tussen die waters, en laat dit skeiding maak tussen waters en waters. 
    Gen 1:7  God het toe die uitspansel gemaak en die waters wat onder die uitspansel is, geskei van die waters wat bo die uitspansel is. En dit was so. 
    Gen 1:8  En God het die uitspansel hemel genoem. En dit was aand en dit was môre, die tweede dag. 
    Omdat God wil hê on moet groei tot volmaaktheid wil hy daagliks skep in my lewe. Soos voorheen genoem deur mens te gebruik, en deur “Woord” wat God is.God plaas iemand gevul met Sy gees voor my vir raad advies .Exo 18:14  En toe Moses se skoonvader sien alles wat hy vir die volk doen, sê hy: Wat is dit wat jy vir die volk doen? Waarom sit jy alleen, en die hele volk staan voor jou van die môre tot die aand toe? 
    Exo 18:15  En Moses antwoord sy skoonvader: Omdat die volk na my kom om God te raadpleeg. 
    1Th 2:13  Daarom dank ons God ook sonder ophou dat, toe julle die woord van God ontvang het wat deur ons verkondig is, julle dit aangeneem het nie as die woord van mense nie, maar, soos dit waarlik is, as die woord van God wat ook werk in julle wat glo. 

    By bg teks is die belangrikse deel die laaste deel “Wat werk in julle wat glo”. Soms vir ons sien ons die foute van mense en daarom is dit moeilik om te aanvaar dat God deur so mens tot my kan spreek. Onthou ook Moses was volgens skrif natuurlik gesien ‘n moordenaar, maar God het hom gebruik. Soos God sê. As jy vlees bedink bedink jy die dood, maar as jy gees bedink, die lewe en vrede van God. Duidelik as ek nie die woorde van hom aanvaar wie God vir my gestuur het nie, en sy foute raaksien, bedink ek die dood van my eie siel. Gevolg daarvan.Bg was net om te verduidelik hoe God voortgaan.
    God het die uitspansel gemaak tussen waters en waters.Ons weet die meervoud van water is steeds water. Sou ek egter drie kleure waters langs mekaar plaas kan ek sê hier is 3 kleure waters. Dus verskil die een van die ander. Soos voorheen genoem, hierdie waters is die verskillende evangelies en gedagtes van die mens. God wou dus in my lewe ;n uitspansel, wat die Hemel sal wees in my lewe skep,Eers moet daar ‘n skeiding ook vir my wees tussen wat reg is en verkeerd is. Sodat as ek kan leef in wat reg is, alleen dan kan ek die hemel ervaar, Die koninkryk van God is nie net spys en drank nie, m.a.w. nie net wat ek geestelik eet en drink nie, maar geregtigheid vrede en blydskap in die heilige gees.Wat ek dus ervaar, en dus moet my leefwyse reg bly om dit te ervaar, vrede van God. My siel en gemoed as mens se toestand sal dit bepaal.Daarom sê dit in vers 8 die uitspanesl het Hy hemel genoem. Sou ons natuurlik daarna kyk, die waters onder die aarde sien ek as die see, en bo ons die wolke. Dus op natuurlik manier is Hemel dus tussen die wolke en die see as ek dit natuurlik wil verklaar. Dit was aand en dit was more die 2 de dag.

    3 de Dag:
    Gen 1:9  En God het gesê: Laat die waters onder die hemel hulle op een plek versamel, sodat die droë grond sigbaar word. En dit was so. 
    Gen 1:10  En God het die droë grond aarde genoem, en die versameling van die waters het Hy see genoem. Toe sien God dat dit goed was. 
    Gen 1:11  En God het gesê: Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde. En dit was so. 
    Gen 1:12  Die aarde het voortgebring grasspruitjies, plante wat saad gee volgens hulle soorte en bome wat vrugte dra, waarin hulle saad is, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was. 
    Gen 1:13  En dit was aand en dit was môre, die derde dag. 

    Die groot doel van God hier is steedsom groei te verseker van ons as sielemens, en die aarde wat tevoorskyn gekom het was noodsaaklik. Die gebrip van ons as mens. Daar waar God Sy goeie saad kan saai op ‘n aarde wat voorberei word. Lees gelykenis van saaier. Die aarde of grond is by die hoorder van die Woord.1Co 10:28  Maar as iemand aan julle sê: Dit is afgodsoffer—moet dit dan nie eet nie, ter wille van hom wat dit te kenne gegee het, en ter wille van die gewete—want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan— Hierdie teks sê dat my hart dus aan God behoort.Hy is my Skepper. Daar waar ek God “ontvang” wat Woord is om my te skep. Word dan ook beskryf, dit was aand en dit was more die 2 de dag, God kan nou Sy skepping voortsit in my lewe. Ek sou vrug dra volgens die Woord wat gesaai word in my “aarde”. Gedagte. Voorbeeld. Sou daar vir my gevra word om vir ‘n persoon X te gaan besoek, ek nie ‘n persoon Y besoek noe, maar vir X. God se Woord gee lewe. Ook soos voorbeeld genoem waar jy jou seun ‘n taak gee is natuurlike voorbeeld. Joh 6:68  En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe. Bg teks is waarna Hy sê Hy is die brood wat uit die hemel neergedaal het. Teks is net om te wys die woorde en hoe ek dit aanvaar bepaal my geestelike welstand. Ons kan vorentoe weer oor die teks praat wat baie interesant en vrae kan laat ontstaan. Weereens, dit was aand en weer more.Ek groei as sielemens onder God se hand waar hy instrumente, natuurlike mense gebruik waarin Hy Sy gees geplaas het.

    Kom ek vat net weer saam.’n Evangelie word aan my bekend gemaak, een waar God naby is, in die mens, let wel nie mens self nie, want God is Gees, die Heilige.
    Hos 11:9  Ek sal my toorngloed nie laat geld nie, Ek sal Efraim nie weer te gronde rig nie; want Ek is God en nie ‘n mens nie, die Heilige in jou midde. En Ek sal nie kom in grimmigheid nie. 
    Mat 3:1  In daardie dae het Johannes die Doper opgetree en in die woestyn van Judéa 
    Mat 3:2  gepreek en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom. 
    Mat 4:17  Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom. 

    Jesus stuur dissipels om te gaan verkondig.
    Mat 10:7  En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom. 
    Mat 10:8  Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.
    Luk 9:6  En hulle het uitgegaan en dorp vir dorp deurgegaan en oral die evangelie verkondig en siekes gesond gemaak.
    Bg is alles geestelik. Ek glo dit het gebeur, maar dit was geestelik.
    ph 2:1  En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes 
    Eph 2:2  waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk,

    Bg genesing het hul in die hemek geplaas as jy verder lees, saam met Christus, hierdie Lig wat ons van Gen 1 af begin gesels.
    Eph 2:5  ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered— 
    Eph 2:6  en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,

    Hierdie laaste tekse vanaf Mat 3, is die gesondmaking en redding na die Gees wat geskied deur die evanglie.
    Eph 2:17  En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; 
    Eph 2:18  want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader. 
    Eph 2:19  So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, 
    Eph 2:20  gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, 
    Eph 2:21  in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here, 
    Eph 2:22  in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees.

    Dus, God het my die lewe kom gee as siele mens, geestelike geskape mens, Eph 2:1  En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes 
    Eph 2:2  waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, 
    Ek het God in en by die mens ervaar. Hy kon hemel em aarde in my skep, waar Hy Sy lig kon skep deur Sy Woord met die openbaring van Jesus Christus geur mens tot mens.
    Gal 1:11  Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie. 
    Gal 1:12  Want ek het dit ook nie van ‘n mens ontvang of geleer nie, maar deur ‘n openbaring van Jesus Christus. 
    Gal 1:15  Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het, 
    Gal 1:16  om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom onder die heidene sou verkondig, het ek dadelik nie vlees en bloed geraadpleeg nie, 
    Duidelik dit is ooK hoe Paulus se geestelike skepping begin het. Met ‘n Lig wat hom omstraal het. Verstaanbaarheid, waarna hy egter nog onseker was, met blidheid verslaan. Hy kon nie glo wat hy hoor nie, soos ook baie wat hierdie evangelie die eerste keer hoor. Moeilik om te aanvaar en druis in teen wat ek dalk geglo het en wat ek geleer het. God het ‘n man op sy pad geplaas en na hom gestuur.
    Act 9:10  En daar was ‘n dissipel in Damaskus met die naam van Ananías; en die Here het vir hom in ‘n gesig gesê: Ananías! En hy antwoord: Hier is ek, Here. 
    Act 9:11  Toe sê die Here vir hom: Staan op en gaan na die straat wat genoem word Reguitstraat, en vra in die huis van Judas na ‘n man met die naam van Saulus van Tarsus, want kyk, hy bid;
    Act 9:15  Maar die Here sê vir hom: Gaan, want hy is vir My ‘n uitverkore werktuig om my Naam te dra voor nasies en konings en die kinders van Israel. 
    Act 9:16  Want Ek sal hom toon hoeveel hy vir my Naam moet ly. Act 9:17  En Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word. 
    Act 9:18  En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop. 
    Ananias het as instrument, of sal ek sê as God se hand opgetree. hy het verder met hom gaan redeneer. Deur die woorde wat hy mee gevul was is hy toe gevul met God se gee. Die doop kon dus plaasvind. Git wat redding gee, evangelie water. Ons weet wat het gevolg. Sy lewens wyse het totaal verander as Paulus. Is dit nie ook wat God vir ons in plek het nie? ‘n Lewe gevul met Sy gees, en ons lewe volgens Sy wil. Ons kan nou voortgaan na volgende dag.

    4 de dag. Gen 1:14  En God het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare. 
    Gen 1:15  Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde. En dit was so. 
    Gen 1:16  God het toe die twee groot ligte gemaak: die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag; ook die sterre. 
    Gen 1:17  En God het hulle aan die uitspansel van die hemel gestel om lig te gee op die aarde 
    Gen 1:18  en om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. Toe sien God dat dit goed was. 
    Gen 1:19  En dit was aand en dit was môre, die vierde dag. 
    Nadat God dus die plante , Sy wil in my gevestig het is die Son ook in die dag en maan in die nag nodig in my lewe. Soos in die natuur het plante son nodig om te groei en te lewe, en andere die maan. Ook in my as geestelike mens het God besef ek het dit ook alles nodig. Hoe? Kom ons kyk. Hierdie ligte sou almal skyn op die aarde. Dus as die skepping by my is hoe gebeur dit. Ek probeer die skepping nader bring. Jy kan ook dit na jouself neem. Wie en wat is die son in die gees?
    Mal 4:2  Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal. 
    2Pe 1:1  Simeon Petrus, ‘n dienskneg en apostel van Jesus Christus, aan die wat net so ‘n kosbare geloof as ons verkry het deur die geregtigheid van onse God en Saligmaker, Jesus Christus: 
    1Jn 2:29  As julle weet dat Hy regverdig is, dan weet julle dat elkeen wat die geregtigheid doen, uit Hom gebore is. 
    Die Son verteenwoordig na die Gees geregtigheid, en soos gesien word Christus. Hy is Geregtigheid.Is dit nie ook hoe alles begin het nie? God wil dat Sy skepping in my lewe nie vernietig word nie.
    Dit is egter ook so dat die maan skyn in die nag. Soms sien ons die maan ook in die dag, maar hy word nie waargeneem nie want die son se lig oorweldig dit. Daarom verloop die skepping met die woorde,”Dit was aand en dit was more”.
    Wanneer ek soms begin twyfels sal die maan op my aarde skyne en ook die sterre. God sal mens gebruik om in liefde Sy gees opnuut in my te herstel. Ook sterre is hulle wat leef volgens die wil. Onthou wanneer die maan en sterre skyn in die nag is hul lig eintlik soos in natuur ‘n weerkaatsing van die son se groot lig. Dus bring hulle wat my opnuut kom krag gee motivering. Hulle leef ook hierdie Lig, geloof wat hul het elke dag, en trek my nader sodat God se geregtigheid ook deel van my kan bly. Son en maan sal noodsaaklik wees in my geestelike lewe op op God se pad te bly. Het broers en susters na die gees nodig wanneer ek dalk struikkel.

    Ek sal die volgende 3 dae plaas. Wil dit graag baie verstaanbaar maak. Ek glo as jy vir een oomblik jouself sien as hierdie mens wat God wil skep tot volmaaktheid sal jy verstaan wat ek beskryf het. Ek beskryf hoe ek dit sien en verstaan, want dit is ook so aan my bekend gemaak deur God tydens broodbreek geleenthede. Soos in een van my vorige plasings, daar mag dalk ‘n ander verduideliking ook wees wat nie noodwendig verkeerd sal wees nie. Ek sien my siening as evangelisties, juis omdat ek dit nodig gehad het toe ek nog deel van ‘n ander geloof was.

    Dankie Seëninge vir almal.

  75. Koos en ex oac critic,
    Baie dankie vir julle verduidelikings ek wardeer dit Koos ek gaan eers antwoord as jy aldie dae van die skepping verduidelik het daar is op die oomblik net 4 dae ek wag vir ander 3 dae ook daar is so n paar vraagtekens agter dit wat jy verduidelik kan ek jou n groot guns vra gaan lees al die links wat ex oac critic gegee het op die laaste weergawe

  76. Dennis ek sal. Ek is besig om hulle deur te lees. My siening staan met rede. OAC Critic het baie vrae wat ek het vir sy verduideliking. Maar ja, dit help my baie. Ek sal alles uit ‘n ander hoek verduidelik. Hy neem te veel dinge aan, soveel so dat hy homself glo wat seker goed is. Moet seker so wees. Hy sal ook baie ondersteuning kry. Rk weet daar is veel meer wat sy siening sal aanvaar juis omdat ons mens is. Ek het dit baie lank so gesien en geglo. Maar ja, ek sal weer plaas. Net bietjie baie bedrywig op die oomblik.
    Sterkte
    Koos

  77. Dennis ek wou net graag op ‘n gedeelte reageer van wat ek by OAC se blaai gelees het. Ongelukkig het ek dalk dag 5 nou gespring. Jy sa hier ook duidelik dag 6 se verklaring sien.
    Openbaring 21:1 En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.
    Kom ons soek die antwoorde in die bybel.
    Genesis 1:1 In die begin het God die hemel en die aarde geskape. Vers 2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters…”

    English translation:
    “…We read in:
    Revelation 21:1 AND I saw a new heaven and a new earth: for the first heaven and the first earth were passed away; and there was no more sea.
    Let us look for the answers in the Bible.
    Genesis 1:1 IN the beginning God created the heaven and the earth. Verse 2 And the earth was without form, and void; and darkness was upon the face of the deep. And the Spirit of God moved upon the face of the waters…”

    To the author and readers of the original document:
    You’re taking the first chapter and the second last chapter of the Bible and ignoring everything else in between. Please read a little further than the first two verses, after He finished creating the heaven and the earth and everything else in between:

    Ek is eerlik as ek sê jy wil hoor en glo net wat jy wil. Gaan lees jy weer my verduidiling oor die skepping. Gen 1 is God se skeppinsplan met die mens, om te kom tot Sy beeld volgens Gen 1:26-27. Daardie verduideliking van jou van Openbaring 21:1, is juis wanneer ek daar is soos God my graag wil gehad het, dan sal ek ‘n nuwe hemel en nuwe aarde sien, glo my. Ek was daar. Voordat ek hierdie evangelie van die OAK ontvang en ondersoek het, was ek verblind deur die natuurlike verklarings van die meeste kerke se sienings. Skielik speel jy ook wetenskaplike, waar baie van jou verklaring weer teenstrydig is met spesialiste op daardie gebied. Wat ek ek daarmee wil sê is weereens, ons is albei natuurlik geskape mense, lees een boek, maar ervaar dit verskillend. Paulus sou nie die teks in 1 Kor 2:12-14 so duidelik geskryf het nie, hy weet omdat hy ook daar was waar ek ook op ‘n tyd was.

    Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het.
    Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
    Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.

    Jy vergryp jouself in feitlik al jou verduideliking aan natuurlike verduidelikings, en mis die punt. God se Geestelike doel met die skrifte, sodat dit vir elke mens kan waarde dra in sy lewe. Jou verduidelikings is alles jou seining en probeer jy ander oorreed. Dit is ook dalk wat ons as OAK lede probeer doen, maar ek gebruik hierdie skrifte. Jare terug was daar nie soveel kennis soos nou aangaande die wetenskap nie. Hoekom sal God dit nou vir ons geslagte makliker maak? Nee, Hy is ‘n regverdige, en ons het almal net een boek, en kom ons gebruik hierdie een boek nl. Die Bybel om God se plan te verstaan. As dit net natuur is. En soos jy lyk my op verskeie plekke hammer op die mens. Ons is na GOD se beeld en gelykenis geskape. Wat beteken God se beeld en gelykenis vir jou? As God soos Hy duidelik in skrifte beskryf Gees is, hoe kan jy steeds vashou en glo Gen 1 se skepping van mens was ‘n natuurlike mens?

    Sien net hierdie teks wat in Gen 2 volg. Gen 2:4-7
    Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is. Die dag toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het,
    was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie, en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie; want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie.
    Maar ‘n mis het opgetrek uit die aarde en die hele aardbodem bevogtig.
    En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.

    Dit is duidelik dat God siel geskep het waarin Hy behae in het. Hierdie 1 ste Adam wat lewende siel geword het is geskape voordat daar enige plante was.Daar was nog niks.
    Gen 1:11-13
    En God het gesê: Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde. En dit was so.
    Die aarde het voortgebring grasspruitjies, plante wat saad gee volgens hulle soorte en bome wat vrugte dra, waarin hulle saad is, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.
    En dit was aand en dit was môre, die derde dag.

    Duidlik was God se werk eers voltooi toe daar plante volgens hul sade en soorte was. Let op dit was die 3 de dag. Die mens wat God geskape het was eers die 6 de dag. Wat probeer ek sê en vir jou wys. Wanneer ek die evangelie ontvang en die “Lig” sien en aanneem, word ek lewende siel. Die Gees maak lewend. Juis soos God my skep, en alles in my voltooi word en ek die wêreld in myself oorwin, is wanneer ek tot God se beeld geskep word. Hoekom dan? Op daardie stadium is my lewe ‘n lewe soos die van ‘n Paulus, waar God in en deur my lewe, en deur my woorde wat eintlik van God is, kan ek as instrument, luister mooi instrument in God se hande gaan lewe skep by ‘n volgende. Dit is ook hier waar 1Kor15:45-47 tot sy reg kom.
    So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees.
    Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.
    Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.
    So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees.
    Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.
    Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.
    Duidelik het God hier eerste die “aardse mens” geskape. Ek as mens moet eers van sienswyse verander na natuur, Daarom, ek as mens na die natuur was eerste voordat God my kon skep tot ‘n eerste Adam, lewende siel net soos Hy my skep, tot ‘n Lewend makende Gees.

    So, die mens wat God dus van praat , is ‘n Geestelike mens wat deur God se gees gelei word.
    Gal 1:15-16
    Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het,
    om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom onder die heidene sou verkondig, het ek dadelik nie vlees en bloed geraadpleeg nie,

    Ek verstaan waar jy vandaan kom. As jy sê sso ek op ‘n plek gelees het jy het grootgeword in die OAK, dan is dit vreemd dat jy so natuurlik ingesteld is. Die mense wat leef en aktief is in OAK, offer hull ewe ter wille van ander. En ja, ek stem saam dat soms verskil ons van sieninge en sekere verklarings wat sekerlik normal sal wees. Dit is juis da ons meer in die breking van die brood moet verkeer. Ons het nie altyd al die antwoorde nie, maar God se gee altyd leiding. Ek kan net van myself getuig. Ek glo dat elkeen wat aan ‘n instelling of geloof behoort gaan seker tekse en verduidelikings gee hoekom en waarom. Daar is soos jy sekerlik weet duisende verskillende gelowe wêreldwyd, end it van almal wat een Boek lees.

    Dankie
    Koos

    • Koos, die belangrikste vraag bly egter:
      Glo u dat Jesus van Násaret u enigste Verlosser en Saligmaker is?
      Die WARE Jesus: http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2016/08/the-real-jesus.html
      Jesus die ENIGSTE Messias: http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2016/08/jesus-is-only-messiah.html

      Toe Jesus voor die skare gestaan het, het Hy nie ‘n verbeeldingryke weergawe van Genesis 1 aan hulle verduidelik nie (Mattheus 5:1-48). Jesus het ook nie ‘n verbeeldingryke weergawe van Genesis 1 aan die kwaaddoener verduidelik nie, maar Hy het hom belowe dat hulle saam in die Paradys sal wees (Lukas 23:33-43).

      Toe Petrus vir die godsdienstige manne in Jerusalem gepreek het, het hy gepreek oor Jesus, die Nasaréner (Handelinge 2:14-41). Stéfanus het gespreek oor Jesus die Nasaréner (Handelinge 6:8-15). Hulle het vir Stéfanus voor die Raad gebring en hy is gestenig toe hy oor Jesus gepraat het (Handelinge 7:1-60). Filippus het die evangelie van Jesus verkondig vanuit die Skrif (Handelinge 8:26-40). Apollos het die Jode kragtig in die openbaar weerlê en deur die Skrifte bewys dat Jesus die Christus is (Handelinge 18:24-28). Paulus het amper vir koning Agríppa oortuig om ‘n Christen te word deur te getuig van Jesus die Nasaréner, die Christus wat moes ly en die eerste was uit die opstanding van die dode (Handelinge 26:1-32). Nêrens het Petrus, Stéfanus, Filippus, Apollos of Paulus ‘n verbeeldingryke weergawe van Genesis 1 aan mense voorgelê nie.

      Al hierdie manne wat die woord van God gepreek het, was gevul met die Heilige Gees want niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees (1 Korinthiërs 12:3). Vergelyk dit met die OAK se TOK en u eie woorde:
      “…as ek nie die woorde van hom aanvaar wie God vir my gestuur het nie, en sy foute raaksien, bedink ek die dood van my eie siel…” (tipiese kultus redenasie)
      “…God se hand waar hy instrumente, natuurlike mense gebruik waarin Hy Sy gees geplaas het…” (maar u glo dat Adam en Eva nie natuurlike mense was nie)
      “…Ek het God in en by die mens ervaar…” (maar die mens is natuurlik)
      “…daar mag dalk ‘n ander verduideliking ook wees wat nie noodwendig verkeerd sal wees nie…” (maar net gedurende ‘n OAK broodbreek sessie)
      As u dan glo dat God enigiemand kan gebruik as instrument, wat maak die OAK dan so spesiaal dat God niemand anders buite die OAK kan gebruik nie?

      Rakende u stelling:
      “…God skep elke dag aan ons…”;
      God se Skepping is ‘n uitstraling van goddelike lig wat God gevorm het in alles wat bestaan. Die HERE is ons Vader; ons is die klei, en Hy is ons Formeerder (Jesaja 64:8). Hy het ons geken nog voor Hy ons in die moederskoot gevorm het (Jeremiah 1:5).

      Rakende u stelling:
      “…Hierdie 1 ste Adam wat lewende siel geword het is geskape voordat daar enige plante was.Daar was nog niks. Gen 1:11-13…”;
      Lees bietjie verder af (Genesis 1:26-31).

      Rakende u stelling:
      “…soos Hy my skep, tot ‘n Lewend makende Gees…”;
      Met hierdie stelling verhef u uself tot verlosser en saligmaker. Jesus Christus is die laaste Adam, Hy alleen is die lewendmakende Gees (1 Korinthiërs 15:45, Romeine 5:12-21, Romeine 8:1-11, Filippense 3:18-21, Kolossense 3:1-17, 1 Johannes 5:10-12, Openbaring 21:5-7). As u ‘n lewendmakende Gees was, dan was Jesus Christus nie die LAASTE Adam nie.

      ‘n Verbeeldingryke weergawe van die Skepping gaan ons nie red nie, dis net deur die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner waardeur ons gered moet word (Handelinge 4:10-12). Dit alles BEGIN deur te glo dat Jesus van Násaret die Seun van God is (Mattheus 16:13-20, Markus 16:14-20, Johannes 11:25-27, Johannes 14:6, Johannes 20:30-31, Handelinge 8:35-37, Romeine 10:9-10, 1 Johannes 4:15, 1 Johannes 5:1-12). Jesus Christus is die Woord wat vlees geword het (Johannes 1:1-18). As u nie glo dat Jesus van Násaret die Messias is nie, dan het u nog nie die ware Evangelie gehoor nie.

  78. Koos,
    Se vir my onder watter testament of verbond leef jy ek vra die vraag nie om snaak tewees nie maar om n paar goed teverstaan daarna sal ek my weergawe gee aangaande jou stelings

  79. Dennis ek verstaan werklik nie hoekom jy so vraag vra nie. Maar tans leef ek onder die nuwe Verbond.Ek moes deur ou verbond gaan om nou deel van die nuwe verbond te wees. Benodig jy dalk ook ‘n teksvers? Heb 8:6-11 Maar nou het Hy ‘n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ‘n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is.
    Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir ‘n tweede gesoek word nie.
    Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring,
    nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here.
    Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.
    En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer en sê: Ken die Here nie; want almal sal My ken, klein en groot onder hulle.
    Dankie

  80. Koos,
    Ek moet jou terleur stel dat nie ek of jy n isrealiet is nie ons was nog nooit nie en sal nooit wees nie ons is nie kinders van jakop nie jakop se naam is verander na islael daarom verwys die skrifte na die kinders van israel dit is die kinders van jakop en so ook sy afstamelinge nerens in die bybel wys hy uit dat ek en jy n israeliet is nie nou gaan ek vir jou vrae om vir my dit in die bybel sowel in die geskiedenis tewys dat ons israel is israel is die joodse volk Jesus se self so Hy gee opdrag aan Sy apostels om eers na die verlore skape van israet tegaan as hulle nie luister nie gaandan na die huidene wat ook verwys na alle volke tale en nasies open 7 wys dit baie mooi uit lees open 7v4-8 dis israel vanaf open 7v9 wys hy ons uit
    ek is jamer om dit vir jou tese maar iemand het en is nog steeds besig om vir jou n anderwaarheid teverkondig die waarheid le net in die bybel ons is deel van die nuwetestament nie van die outestament nie ons leer daaruit sodat ons nie die selfde foute sal maak nie ons is Chritene nie israeliete nie

  81. Dennis, (Ek is een van die wat se die oak verkondig n valse leerstelling )
    Ek dink ek verstaan wat jy se. As die bybel baie lank al bestaan. En ek is seker, almal sal saam stem, dat die
    boeke van Moses, tot en met die openbaringe van Jesus, is geskrywe voor die o.a.k. gebore was.
    Toe die o.a.k. gebore is, was dit anderste, as enige iemand anders wat tot geboorte gekom het.
    Want die o.a.k. se naam is vir hulle gegee deur die Hof. En dit is waar hulle tot geboorte gekom het. Hulle is uit
    die Hof gebore. Waar die stamme van Israel uit Israel (Jackob ) kom. Jackop het 12 seuns gehad, en n dogter ” Dinah “.
    So ja die o.a.k. kan nie, en is nie deel van Israel nie.. Hulle bloed lyn eindig by Klibbe. Wat nooit deel was van Israel nie.
    Hulle tel nie as erfgename nie. Lees maar net wat hulle se/glo dan kan jy sien. Hulle sit in tempels (kerk) en se dat hulle “God” is.
    So die Briewe van die ware apostels, naamlik Paulus, waarsku ons teen hulle. Lees 2 Thess 2:4. ” die teëstander wat hom verhef
    bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is ”
    So Dennis Hulle is nie deel van Israel nie, maar die ” Antichris “

  82. Mense , dit is duidelik julle wil nie lees of begryp wat ek skryf nie. Julle bly steeds vashak by die natuur, daarom wil dit voorkom of God geen verbond met julle het nie.
    Egipte is waar mens hom bevind onder Faroa, juis wat eintlik “duisternis”beteken. Dit is waar God ons gaan haal het deur iemand te stuur soos ‘n Moses. Op daai manier word ek deel van Sy Seun, en deel van Sy volk. Johan jy speel nou sommer beoordelaar. My skrifte sê daar is een wat sal oordeel. Joh 5:22 Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee,

    Dan net om die regstelling oor Israel te gee, hoekom ek glo ek is deel van Israel. Jul sal verstaan as jul my vorige kommentare deeglik gelees het.
    Hosea 11:1 Toe Israel ‘n kind was, het Ek hom liefgehad, en uit Egipte het Ek my seun geroep.
    Dit is waar ek was, in Egipte. God het my daaruit gered om deel van Sy Seun te word, volgens Kor12. Deel van Sy liggaam.

    Dankie
    Koos

    • Koos, dis vir my opvallend tog veelseggend hoe u heeltyd my vrae ontduik.

      Rakende u stelling:
      “…dit is duidelik julle wil nie lees of begryp wat ek skryf nie…”;
      Dit is meer duidelik dat wat u kwytraak nie volgens die Skrif is nie en ek het wat u geskryf het deeglik gelees, deeglik beantwoord en vrae gestel wat u tot dusver nie kon beantwoord nie.

      Rakende u stelling:
      “…Julle bly steeds vashak by die natuur, daarom wil dit voorkom of God geen verbond met julle het nie…”;
      Verduidelik bietjie wat is u definisie van natuur en wat is u definisie van geestelik. Hoekom dink u ons haak vas by die natuur bloot omdat ons die Bybel bo ‘n natuurlike mens se woorde glo? Wat laat u dink ons het geen verbond met God nie?

      Rakende u stelling:
      “…Egipte is waar mens hom bevind onder Faroa, juis wat eintlik “duisternis”beteken. Dit is waar God ons gaan haal het deur iemand te stuur soos ‘n Moses…”;
      Wie is u “Moses” wat u in “Egipte” gaan haal het? Het u al ooit die hele verhaal van Moses gelees? Weet u ooit dat hulle wat onder leiding van Moses uit Egipte gegaan het deur ongeloof nie by Kanaän kon ingaan nie, maar deur Josua het Israel Kanaän beërwe (Deuteronomium 1:34-46, Josua 1-5, Hebreërs 3:16-19)? As u nog ‘n “Moses” uit “Egipte” volg, dan is u beslis nog nie in “Kanaän” nie.

      Rakende u stelling aangaande Hosea 11:1:
      “…Dit is waar ek was, in Egipte. God het my daaruit gered om deel van Sy Seun te word…”;
      Duidelik het u nie daai hele hoofstuk gelees nie, of u dink dalk dat u Jesus is? Waar Hosea die eerste uittog bedoel, dui die kind Jesus se terugkeer op ‘n nuwe uittog. Hy is die Een wat hierdie uittog uit slawerny inlui, want waar Israel ‘n ongehoorsame seun was wat die verbond verbreek het, is Jesus die gehoorsame Seun wat ‘n nuwe verbond tot stand bring.
      En hy was daar tot die dood van Herodes, sodat die woord vervul sou word wat die Here gespreek het deur die profeet: Uit Egipte het Ek my Seun geroep (Mattheus 2:15).
      As u dan glo dat u ook “Israel” is wat deur “Moses” gelei word, dan is u ook onder die Levitiese priesterskap en nog onder die ou verbond. In daai geval, hoe verstaan u dan Romeine 11 en Hebreërs 7:11-28?

      Geniet u vakansie Koos, mag u ryklik geseënd wees en ek sien uit na u antwoorde.

  83. Koos,
    Ek het alles gelees wat jy geskrywe het. Ek het niks teen jou as mens of persoon nie. Maar ek lees wat jy glo. Dit gaan oor jou geloof.
    As ons EX-OAC critic se stellings, antwoorde en alles lees op sy “blog ” Kan ek nie anders as om te wonder hoekom verstaan jy dit nie.
    Kom ons gesels oor dit wat jy geskrywe het. Jy glo die hele 6 daagse skepping van God het binne in n mens plaasgevind. Nou dit bring n menigde vrae na vore.
    Wat is die voels binne in jou ? Waar is hulle neste ? Wie is die kruipende diere binne in jou ? Watse gras eet hulle binne in jou.
    Waar binne in jou het Eva met die duiwel gekuier ? Wat sal die bome, vrugte, binne in jou wees ? Toe jy nou uit die tuin wat binne in jou is weggejaag was,
    waar het jy toe heengegaan binne in jou? Hoe het jy kinders binne in jou gekry ? Ek is nou nie snaaks nie maar as die skepping binne in jou plaas gevind het
    moet mos al die goed wat gebeur het met die skepping ook binne in jou plaas gevind het of hoe ? Nou kry ek nie die teks wat se daar het triljoene skeppings
    plaas gevind nie. Ek meen daar is baie baie mense. Jy haal aan jy was in Egipte. Waar is egipte binne in jou ? Dit kan tog nie n ander plek wees nie.
    want die hele skepping het in jou plaasgeving onthou jy. Ek dink jy kry die prentjie. Hoop jou oe gaan oop. Dit is hoekom ek se julle verkondig
    n vals leerstelling.

  84. Koos,
    ek wil net gou vir jou iets se wat in my lewe gebeur het, ek was ook soos jy nou vandag is wou niks van ander leer of verstaan nie al het ek baie tekse gekry van die persoon af het ek altyd n antwoord gehad met n teks tot op n dag kry ek weer n email van hom af waar hy reguit vir my se ek is stubon,doof en blind want ek wil nie luister wat hy se nie alowel ek sy tekse gelees het was daar altyd n antwoord wat ek gehad het om hom tebewys hy is verkeerd maar omdat ek my sienswyse wou glo en ook na ander mense geluister het kon ek nie sien wat hy vir my wou wys nie maar daardie dag het alles verander ek het toe weer aldie tekse wat hy my gegee het gelees met n ander oog nie meer met n verdedige oog nie ek het myself afgevra vir wie glo jy vir jou self ander mense wat jou goed vertel of die bybel daar het ek tot n antwoord gekom glo wat die bybel se in my kantoor het ek n bybel gehad ek het toe begin lees elke tek wat hy vir my gestuur het en dit toe met n ander oog gesien die bybel praat die waarheid en net die bybel geen mens my hele sienswyse het daardie dag verander toe ek op gehou het met verdediging so ek se vandag vir jou ook so kyk met n ander oog naa die tekse moet nie jou kerk of leersteling proebeer verdedig nie jou kerk kan jou nie saligheid gee nie net jy as jou verhouding reg en opreg is met Jesus, ek het dit voorheen gese en se dit weer daar is wel geestelike goed in die bybel maar nerens lees ek dat daardie apostel werwys dat hulle in egipte was nie Poules se wel eens was jy dood in misdade en sonde maar hy het nie verwys dat hy in egipte was nie en ook nie met die wie hy gepraat het in egipte was nie om jou weer teleur te stel jy is nie n israeliet nie en sal nooit een wees nie volgens die bybel en die geskiedenis is net die joode israel genoem om nog n regsteling temaak jy het vir my gese jy leef in die nuwe testament wys vir my waar het God n verbond
    met die mense gemaak Jesus het wel want Hy is daardie nuwe vebond en Hy het dit met almal gesluit wat in hom glo gaan lees Mat21v43 as jy se jy is israel dan is jy gedoem folgens die teks God het wel met israel n verbond gehad nie met ons nie dis hoekom Hy Sy Seun gestuur het om n tweede verbond teluit en dit was met die chritene

  85. Ai Johan. Dit is goed, en ek verstaan hoekom jy so glo en ook al die vrae vra. Ek gaan vir 2 weke ontspan en weg met verlof. Ek sal wanneer ek terug is beslis tyd neem en vir jou vanaf ander “kant” probeer verduidelik. Vir my om baie eerlik te wees maak alles sin soos ek tans glo, juis omdat ek ook dieselfde vrae gevra het. Met baie lang ure se redenasies het die lig vir my aangekom. Ek wil so baie sê en skryf maar weet soms nie wat vir jou sal beter laat verstaan nie. Dennis het een van sy kerk se Evangeliste na my gestuur, em ek sien werklik uit daarna. Dit wat ek vroeër gesê het hou ek by. Ek is deel van OAK deur oortuiging wat deur getuienus gekom het. Sou iemand my uit die Bybel weer kan oortuig ek is verkeerd, sal ek hom en sy geloof volg. glo my. Nogmaals dankie. Soos ek genoem het, ek sal weer met jou kommunikeer.

    Groete
    Koos

  86. Dankie Dennis. Dit gaan nie oor verdedig nie, maar wel oor wat ek ervaar het en geestelik gesien het. Ons probeer soveel dinge aan mekaar verduidelik daar in die nuwe testament. Die groot ding is, daar waar alles begin het, daar moet ek al begrip hê van hoe sal ek die Bybel beter kan verstaan. Ek gaan net nou een punt aanraak tot volgende keer. Indien julle korrek is, vra ek nou vir ‘n skriftuurlike verklaring van my vraag. Ons het al soveel tekse gelees wat sê dat God Gees is. Nie een van ons wat nou met kommunikeer is geeste nie. Die mens wat dus op 6de dag geskape is wat volgens julle Adam en Eva was. Wat julle ook glo mense was. Hoekom sal God of sal ek sê die Bybel vir ons sê die mens is na God se beeld, en baie belangrik Sy gelykenis geskape. Is die dan verkeerd beskryf of wat ? Ek kan nie nou ander ingewikkelde verklaring wil gee wat nie in die Bybel is nie. Volgens my is daar een verklaring. As God gees is en ons is na Sy beeld geskep, moet dit ‘n geestelike skepping van geestelike mense wees. Nie geeste soos “spoke” nie. Maar soos beskrywe in 1 Kor 2:12-14.

    Tot volgende keer.
    Groete

    • Koos, u beskuldig ons daarvan dat ons nie u kommentaar lees nie, maar ek wonder nou of u ooit die moeite doen om ons kommentaar te lees? Ek het die volgende al voorheen geskryf m.b.t. die beeld van God:
      “…verse verwys na die mens se koninklike status om soos konings te heers oor ander wesens, die hoogtepunt van God se Skepping. Dit beteken dat God die mens gemaak het om Hom te verbeeld, om in wat hy doen, die beeld van God te vertoon. Al is die mens beeld van God, is hy ook ewebeeld van Adam (1 Korinthiërs 15:46-49). Die ware ewebeeld van God is Christus (2 Korinthiërs 4:4, Kolossense 1:15, Hebreërs 1:3). Ons moet soos Sy Seun word om werklik beeld van God te wees (Romeine 8:29, 2 Korinthiërs 3:18), daarom moet ons die ou mens afsterf en met die nuwe mens beklee wees wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper (Kolossense 3:10)…”

      Toe God die mens geskape het, het Hy hulle geskep om:
      Geseënd te wees (Genesis 1:28)
      Om vrugbaar te wees en te vermeerder (Genesis 1:28)
      Om die die aarde te vul en onderwerp (Genesis 1:28)
      Om te heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip (Genesis 1:28)
      Is ‘n koninklike status natuurlik of geestelik? Is u ‘n natuurlike of ‘n geestelike mens Koos? Die natuurlike moes eerste kom, daarna die geestelike (1 Korinthiërs 15:46).

      Die nuwe mens is ‘n geestelike mens, nie ‘n spook nie.
      Die nuwe mens deur Christus:
      Het die vorige lewenswandel wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gegaan het, afgelê (Efesiërs 4:22)
      Word vernuwe in die gees van hulle gemoed (Efesiërs 4:23)
      Word met die nuwe mens beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid (Efesiërs 4:24)
      Lê die leuen af en spreek die waarheid (Efesiërs 4:25)
      Sondig nie en laat die son nie ondergaan oor hulle toorn nie (Efesiërs 4:26)
      Gee aan die duiwel geen plek nie (Efesiërs 4:27)
      Steel nie meer nie maar arbei met sy hande sodat hy iets kan hê om mee te deel aan die een wat gebrek het (Efesiërs 4:28)
      Laat geen vuil woord uit hulle mond uitgaan nie, maar net ‘n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor (Efesiërs 4:29)
      Bedroef nie die Heilige Gees van God nie (Efesiërs 4:30)
      Verwyder alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering saam met alle boosheid (Efesiërs 4:31)
      Is vriendelik en vol ontferming en vergewe soos God ook in Christus hulle vergewe het (Efesiërs 4:32)

      Ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel (Efesiërs 2:10).

      Nie een van die verse hierbo sê dat die nuwe mens die Bybel anders moet lees en verstaan as wat dit geskryf is nie.

  87. Koos,
    ek wil net gou n steling maak ex oac critic en johan ek glo nie dat koos ons tekse lees nie al se hy so anders sou hy al anders gesien het en begin vrae vra in sy kerk oor die tekse wat ons vir hom gee
    my volgende vraag waneer het God gese dat die mens Sy ewebeeld en gelykenis is voor die sonde of na die sonde ex oac critic het baie tekse aangehaal wat wys dat net Jesus die ewebeeld is van God want hy het nie sonde gehad nie en het ook nie geval vir satan se versoekings nie maar die mens het geval daarvoor na die sonde het God hulle uit die tuin gedryf in Noag se tyd het God gese Hy het berou oor die mens wat Hy geskape het en die bybel se uitdriklik dat Hy nie n mens of man is nie lees Num23v19 Hosea11v9
    die oak lede en amptes kan maar se hulle is Israel want Israel die Joode het Jesus gekruisig nie die Christene nie

  88. Kan enige ou apostel net die vraag antwoord asb. Waar het die skepping plaasgivind? Die 6 dagse skepping van God. Ek weet Koos het gese hy sal later terug kom om antwoorde te gee. Moet nie net se dit was n geestelike skepping nie. Ek wil nog steeds weet waar het dit plaas gevind. Baie dankie

  89. Ek, is een van die wat se, die ou apostels verkondig n valse leerstelling .Dit wil vir my voorkom, as of die ou apostel lede en ampte, agter gekom het, hulle geloof is vals. Want nie een van hulle, kan my vraag beantwoord aangaande die skepping nie.

  90. Goeie dag almal. Ek wil net die skepping se 5 de dag voltooi. 6 de en 7 de dag was vooruitgeloop met vorige komentaar.Ook net ‘n paar dinge regstel wat beweer word deur van julle.
    Die 5 de dag:

    Gen 1:20  En God het gesê: Laat die waters wemel met ‘n gewemel van lewende wesens, en laat die voëls oor die aarde vlieg langs die uitspansel van die hemel. 
    Gen 1:21  En God het die groot seediere geskape en al die lewende wesens wat beweeg, waar die waters van wemel, volgens hulle soorte; en al die gevleuelde voëls volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was. 
    Gen 1:22  En God het hulle geseën en gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die waters in die see, en laat die voëls op die aarde vermeerder. 
    Gen 1:23  En dit was aand en dit was môre, die vyfde dag. 

    Die skepping op die 5 de dag bring ook meer uitdagings in die geestelik skeppende mens. Juis omdat God se Skepping in jou gevorderd raak sal ook uitdagings meer word. Hierdie is waar God die diere in die see geskape en die voëls langs die uitspansel van die hemel.
    Dit is interesant oor die aarde maar tog langs die uitspansel, terwyl ons gesien het op die 2 de dag is waters geskei, nl onder die uitspansel en bo die uitspansel. En juis daarna na die skeiding het God die waters onder die aarde bymekaar gebring om droeë grong sigbaar te maak.Dus , nêrens het God gesê dat Hy die see skep nie, maar wel hier op die 5 de dag die see diere en visse. Ons kan dus aanneem dat dit die see was wat reeds geskape was op die 2 de dag toe God wel die waters geskei het, en die 2 de dag waar die droeë grond sigbaar geword het. Nou word daar sekerlik gewonder hoe lyk hierdie in die gees, soos Dennis en Johan gevra het en seker in groot afwagting wag.Ons moet nou onthou vanaf vorige kommentaar, dit van die skepping. dit het begin waar ek eintlik “niks” was nie, maw,ek was in duisternis. My gedagtes was gevul met onverstaanbaarheid. God gebruik mens om Sy Seun aan my openbaar wanneer hierdie eavangelie aan my bekend gemaak word.Soos ek besef God is by die mens en ek begin verstaan, kan God skeiding maak van die verskillende evangelies en gadagtes van die mens, natuur en geestelike gedagtes skei.God het toe grond sigbaar gebring , begrip van die mens, waar hy ook ‘n saailand kon kry om te saai.Soos dit in my lewe ontwikkel het en ek meer en meer geestelike vrug kon dra was dit nood saaklik dat die Son, maan en sterre daar moet wees. Juis omdat ek nou soos in die beskrywing van eerste 4 dae verduidelik het, ook as mens broers en susters nodig het. God gee hulle vir ondersteuning. Ek is in gevorderde “stadium” van God se skepping, en sal daar ook nou grooter uitdagings wees. Hier op die 5 de dag begin dit al in my geestelike skepping.Net paar skriftuurlike voorbeelde.
    (Jer 5:27)  Soos ‘n hok vol voëls, so is hulle huise vol bedrog; daarom het hulle groot en ryk geword.
    (Luk 8:12)  Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie.
    Hier is die voëls vam die hemel die duiwel volgems skriftuurlike verklaring.
    (Mar 4:4)  En terwyl hy saai, het ‘n deel langs die pad geval, en die voëls van die hemel het gekom en dit opgeëet.

    Bo word verduidelik dat die voëls hier met die duiwel vergelyk word. Daarolm word dit ook by die skepping beskryf. “Oor die aarde ,langs die uitspansel” vlieg die voëls. Die uitspansel volgens die skepping op dag 2 wat Hy die hemel genoem het. So, die duiwel is nie in die hemel nie. Soms wanneer ons hoor wat reg is, gebruik die duiwel ook mens om ons te nader en soms te verlei. In vandag se lewe is dit duidelik sigbaar, veral waar ons jong kinders deur vriende betrokke raak by verkeerde aksies.
    Die see was die waters anders as dit bo die water. Dus onrein en vuil water. In die natuur vandag vloei riviere en al die vuil waters na baie reën terug see toe. Dit is dus verteenwoordigend van ander gelowe en sienswyses.
    En ja, daar is ook vele geestelike see diere teenwoordig.Daar is baie visse in die see. Die dissipels sou “vissers van mense “wees. Hulle sou moes God se taak uitvoer om tot volmaaktheid te kom deur Hierdei evangelie te gaan verkondig, alhoewel dit volgens skrifte ook is dat weinig dit sal aanvaar.
    Ek glo ook dat groot see diere mense is wat baie kennis is, en moeilik is om van gedagte te laat verander. Soos van julle wat ook op die blad kommentaar lewer. Dit is genoem as kompliment vir julle. Ek kan sien dat jul goeie kennis aangaande die skrifte het, bedoel glad nie om enige een aan te val of sleg te maak nie. Dit is net ‘n voorbeeld ter verduideliking.
    Daarna, op die 6 de dag wat gevolg het was diere en die mens geskape.
    Dit bly steeds ‘n taak wat ek moet verrig.Hier volg ook ‘n duidelike teks dat mens dier kan wees in die gees. Paulus noem dit ook so.
    1Co 15:32  As ek in Éfese op menslike wyse met wilde diere geveg het, watter voordeel was dit vir my? As die dode nie opgewek word nie, laat ons dan eet en drink, want môre sterf ons! 
    1Co 15:33  Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes. 
    1Co 15:34  Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming. 
    Jud 1:8  Tog besoedel ook hierdie mense net so in hulle dromerye die vlees en verag die heerskappy en laster die heerlike wesens. 
    Jud 1:9  Maar toe Mígael, die aartsengel, met die duiwel in woordestryd was oor die liggaam van Moses, het hy geen oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê: Die Here bestraf jou! 
    Jud 1:10  Maar hierdie mense belaster alles wat hulle nie ken nie; en alles wat hulle, soos die redelose diere, op natuurlike wyse verstaan, daardeur gaan hulle te gronde. 

    Ook hier is dit duidelik dat mense soos diere is. deur hul manier van oordeel en redenasies.So Johan jou vraag hoe is alles in my geskape. Wel dit is deel van God se skepping. Elke mens het sy eie wil, en die wat God se wil ken sal probeer om hul sienswyses te verander. God as Hy sê die mens sal heers, dan beteken dit God sal Sy Gees in my laat heers om hierdie “diere” maniere te herken en dus daarvolgens beheer hê deur Sy Gees deur my te openbaar. Ek sê nie daarmee ek is reeds daar nie, maar ek strewe dat God my dag vir dag verder sal verander, en ek klei in Sy hande wil wees. Kinderlik en nederig. Alles in skepping sal deel van my lewe wees op een of ander manier deur die Gees,

    Die 6 de en sewende dag is reeds verduidelik op vorige kommunikasie. Ek sal egter net paar gedagtes wil byvoeg, veral nadat ek van OAC Critic se webblaaie gelees het. Jy het die veronderstelling gemaak soos wat Dennis ook gemaak het dat ek nie jou goed lees nie. Jy is verkeerd. Ek lees wel. Die ding is net soos jy dit verduidelik stem ek nie mee saam nie, net soos jy nie met my saamstem nie. Die beginsel is soos ek reeds genoem het. Die beginpunt vir my is gees en vir jou natuur. Daarom gebruik ons feitlik dieselfde tekse maar jy illustreer en verklaar dit natuurlik en in natuurlike konteks. Ek probeer wys dat dit begin gees, en probeer die geestelike konteks in die mens se lewe van die tekse verduidelik.
    Omdat ek anders verduidelik en anders verstaan en dalk die selfde tekse gebruik beteken nie dat ek nie jou blog gelees het nie. Ek het soveel gedagtes wat ek wil skryf, maar sal dit nooit alles hier kan plaas nie. Ek wil wel vir OAC Critic sê, van jou verduideliking is baie goed, en ek leer meer en meer hoe ook ander dit sien. Dit is net vir my baie moeilik om die natuur daarin te sien. Soos jy elke keer beweer ek antwoord nie, probeer ek vele van jou vrae in my kommentaar antwoord. Ek sal probeer om in toekoms jou vrae uit te sonder, en dan te antwoord.Ek sal probeer wys wat ek nie mee saamstem nie en hoekom nie. Sal ook probeer tekse gebruik. Soms sal dit dalk ook tekse wees wat jy ook gebruik het.
    Dankie

    Johan, jou vraag waar was OAK voor die tyd van Klibbe. Gaan lees weer. Hierdie geloof van die OAK is nie net in SA nie, maar wêreldwyd. England, Europa, Nederland,Australië,Nieu Aeeland om maar paar te noem. Die name in elke land verskil, maar die geloof en manier van om God te dien is oral dieselfde. Daar qord jaarliks een Apostel afgevaardig van elke land waar daar oor sekere kerkaksies gesels word en nuwe besluite geneem wanneer almal op bepaalde plek saamkom, Juis dat wat in een land aanvaar word ook in ander land aanvaar word. Soos ek genoem het, ” ‘n Boom word geken aan sy vrugte.” Ons geestelike vrug is dieselfde. Ek dink dit behoort jou dalk te antwoord. Julle opmerkings oor Israel is so natuurlik xoox man kom, Dit is geen wonder julle verstaan nie wat ek geskryf het nie. Israel is Sy volk. Wat ook die Seun verteenwoordig in vandag, waar ons Sy liggaam uitmaak deur ‘n wedergeboorte proses wat beslis weer nuwe kommentaar sal uitlok glo ek.Lees weer. Hos 11:1  Toe Israel ‘n kind was, het Ek hom liefgehad, en uit Egipte het Ek my seun geroep. 
    God het net 1 Seun gehad. Of is ek verkeerd? Vraag sal dalk wees hoekom is seun met klein letter geskryf? Ek was nog nie wedergeborene nie, en nog vol sondes. God het my verlos, en uitgekies volgens my geloof.
    1Jn 4:19  Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het. Hy het Sy Seun getuur om my te verlos van my sonde deur Homself deur mens te openbaar, nie as mens nie.

    Johan en jou opmerking van ons is antichriste. Gaan lees mooi aamdagtig dan praat ons weer. Ek gaan jou nie oordeel soos jy met ons gemaak het nie, Hoekom nie? Soos ek genoem het, ek was daar en het ook so geglo en God het genade gehad vir my.
    1Joh 4:1-5
    1Jn 4:1  Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan. 
    1Jn 4:2  Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God; 
    1Jn 4:3  en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld. 
    1Jn 4:4  Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is. 
    1Jn 4:5  Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle. 

    Ek wil dat jy mooi stadig lees. Hy het nie “as” vlees gekom nie, maar “in” vlees. So glo ek vandag steeds. Hy is in mens en openbaar deur mens.
    Rom 8:3  Want God het wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees, 

    Ook hier, in die gelykheid van sondige vlees. Nie as mens nie. Ons as mens is nie volmaak en sonder sonde nie, maar hy gebruik ons. Daarom word dit so beskryf, in gelykheid van sondige vlees. Sien ook Paulus se woorde.
    (Gal 4:14)  en julle het my beproewing in my vlees nie verag of verfoei nie, maar julle het my ontvang as ‘n engel van God, ja, as Christus Jesus.

    Ek dink dit is duidelik hoe ek glo, en daarvolgens beslis nie ‘n atichris nie.
    Hier is ng ‘n teks. Rom1:20-23
    Rom 1:20  Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie; 
    Rom 1:21  omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister. 
    Rom 1:22  Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword 
    Rom 1:23  en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.

    Ek probeer nie Jesus verander in “mens” nie. Hy is uit God gebore wat Gees is, Daarom is Sy Gees in mens, 

    Dankie

    • Welkom terug Koos, ek is bly om te sien dat u weer veilig terug is.

      Rakende u stelling:
      “…Die skepping op die 5 de dag bring ook meer uitdagings in die geestelik skeppende mens…”;
      Dit wat u kwytraak is baie verbeeldingryk, maar die Bybel is baie duidelik dat die mens eers op die sesde dag geskape is (Genesis 1:27-31). Wat het eerste gekom, die geestelike of die natuurlike (1 Korinthiërs 15:42-49)?

      Rakende u stelling oor Luk 8:12 en Mar 4:4:
      “…die voëls hier met die duiwel vergelyk word…”;
      Eintlik is dit andersom, die duiwel word met voëls vergelyk. Markus is ‘n voorbeeldverhaal van die saad wat op vier verskillende plekke geval het, Lukas bestaan uit vier kleiner voorbeeldverhale waarin Jesus verduidelik wat met die verskillende dele van die gesaaide saad gebeur. Hierdie voorbeeldverhale het absoluut niks met die vyfde dag van die Skepping in Genesis uit te waai nie. Op die vyfde dag het God al die gevleuelde voëls volgens hulle soorte geskape en God het gesien dat dit goed was (Genesis 1:21).

      Rakende u stelling:
      “…Ek glo ook dat groot see diere mense is wat baie kennis is…”;
      Daai is duidelik u eie persoonlike opinie en u is geregtig op u opinie. Ek glo egter eerder wat in die Bybel geskryf staan; En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip (Genesis 1:27-28).

      Rakende u stelling:
      “…op die 6 de dag wat gevolg het was diere en die mens geskape…”;
      Maar u glo dat groot see diere eintlik mense is?

      Rakende u stelling:
      “…Die beginpunt vir my is gees en vir jou natuur…”;
      Verduidelik bietjie wat is u definisie van gees en natuurlik asseblief. Vir my begin my geloof deur te glo in Jesus as my enigste Verlosser en Saligmaker. Verduidelik asseblief hoekom u dit as natuurlik beskou.

      Rakende u stelling:
      “…Hierdie geloof van die OAK is nie net in SA nie, maar wêreldwyd. England, Europa, Nederland,Australië,Nieu Aeeland om maar paar te noem…”;
      Die OAK het weggebreek van die NAK, ek het die geskiedenis van die OAK deeglik bestudeer en op my blog gedeel:
      History – Edward Irving: http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2016/08/history-edward-irving.html
      History – Catholic Apostolic Church: http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2016/08/history-catholic-apostolic-church.html
      History – Hamburg congregation: http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2016/08/history-hamburg-congregation.html
      History – Carl Klibbe: http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2016/08/history-carl-klibbe.html
      History – The schism tree: http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2016/08/history-schism-tree.html
      History – Court Case 432 of 1926: http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2016/09/history-court-case-432-of-1926.html
      History – Klibbe’s letter http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2017/02/history-jesus-christ-will-come-again-cg.html
      History – Court Case in newspaper 28/1/1927 http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/p/blog-page_26.html
      Irving, Last days http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/p/irving-last-days.html
      History – OAC version http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2017/03/history-oac-version.html

      Rakende u stelling:
      “…Julle opmerkings oor Israel is so natuurlik xoox man kom, Dit is geen wonder julle verstaan nie wat ek geskryf het nie…”;
      Dit is sulke opmerkings wat my laat glo dat u nie my kommentaar lees nie want ek het Bybel verse gedeel om te staaf hoekom ek nie glo wat u kwytraak nie.

      Rakende u stelling:
      “…Hy het nie “as” vlees gekom nie, maar “in” vlees. So glo ek vandag steeds. Hy is in mens en openbaar deur mens…”;
      En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon (Johannes 1:14)?
      Kyk na my hande en my voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want ‘n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie (Lukas 24:39)?
      Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus (1 Timotheus 2:5)?

      Rakende u stelling:
      “…Ek dink dit is duidelik hoe ek glo, en daarvolgens beslis nie ‘n atichris nie…”;
      Glo u dat Jesus die Christus is?

      Rakende u stelling:
      “…Ek probeer nie Jesus verander in “mens” nie. Hy is uit God gebore wat Gees is, Daarom is Sy Gees in mens…”;
      Jesus is ‘n mens! Hoe dink u het Hy met Sy dissipels gepraat en hoe kon Hy gekruisig word as Hy nie ‘n mens was nie? Jesus is die Seun van God, God is drie-enig, Vader, Seun en Heilige Gees. Net ‘n mens kan gekruisig word, bloei en die gees gee (Mattheus 27:50, Lukas 23:46, Johannes 19:30).

    • Koos,

      Rakende u stelling:
      “…Hierdie geloof van die OAK is nie net in SA nie, maar wêreldwyd. England, Europa, Nederland,Australië,Nieu Aeeland om maar paar te noem…” & “…Daar qord jaarliks een Apostel afgevaardig van elke land…”;
      Op ‘n vorige kommentaar het u die volgende geskryf:
      “…van tyd tot tyd kom al die Apostels van regoor die wêreld bymekaar, Elke land stuur een Apostel wat afgevaardig word vir daardie land…” Koos, August 20, 2018 at 7:21 pm
      Hierdie stelling laat dit klink asof elke land regoor die wêreld hul eie OAK “apostel” het. Ek weet nie wie dit vir u vertel het nie, maar dis duidelik net in hul eie verbeelding. Meeste van die OAK se “apostels” is van Suid Afrika afkomstig en hulle is maar dun gesaai “regoor die wêreld”.
      Byvoorbeeld “apostel” Nieuwenhuizen is die OAK se “apostel” vir die Midde Ooste, Noord Afrika, Engeland, Ierland. Nederland, België en Wes Duitsland!
      En dan “apostel” Scholtz wat die OAK se “apostel” is vir Gauteng, Australië en Nieu Seeland.
      Die OAK gemeentes oorsee bestaan meestal uit lede wat in Suid Afrika gebore was en wat oorsee werk gekry het.

      Rakende u stelling:
      “…Die name in elke land verskil, maar die geloof en manier van om God te dien is oral dieselfde…”;
      Op ‘n vorige kommentaar het u die volgende geskryf:
      “…Daar is regoor die wêreld ander “OAK’e”, maar met ander name…” Koos, August 20, 2018 at 7:21 pm
      Ek verwys u na u eie kerk se geskiedenis:
      “…Vanaf 1911 tot 1926: “Nuwe Apostoliese Kerk (Afrika)”. Na 1926 tot onlangs: “Die Ou Apostoliese Kerk van Afrika”. Met die herbekendstelling van die Kerk in ander lande, is die agtervoegsel “van Afrika” weggelaat…”

    • Die OAK het tans 29 aktiewe “apostels”:
      20 gebaseer in Suid-Afrika vir Suid-Afrika
      7 gebaseer in die res van Afrika vir Mosambiek, Zambië, Malawi, DRK, Eswatini en Botswana
      2 gebaseer in Europa vir Duitsland, Ierland, Portugal, Nederland en België
      2 gebaseer in Suid-Afrika vir Lesotho en Namibië
      2 gebaseer in Suid-Afrika vir die Verenigde Arabiese Emirate, Australië, Nieu-Seeland en Amerika
      Dus ‘n totaal van 18 lande uit 195 lande ter wêreld.

  91. Koos goeie dag glo en vertou jy het jou verlof geniet en welkom terug,
    Koos ek sien dat jy nog nie my vraag geantwoord het nie oor wanneer het God gese dat die mens Sy ewebeeld is voor die sonde of na die sonde daar is nog baie vraagtekens aangaande jou steling oor die skeping ek sal dit later vra soek net eers my eerste vraag se antwoord
    Groete aan almal op die blok

  92. Goeie dag almal. Dennis ek is nie seker ek verstaan die vraag 100% nie. Maar die mens wat na God se beeld geskep is, is reeds in Gen 1 geskep.Natuurlik gesproke sou dit wees dat dit soos julle beweer natuurlike mense wees dan was dit voor die sonde. Wat juis my argument is dat dit nie natuurlike mense is nie. Ek het as jy reg lees probeer wys dat hierdie is God se skeppings plan. Dit wat ook in my lewe moet gebeur, Geestelik gesien sal dit na die sonde wees. Deur die sonde en foute leer ek ook deur regstellings en hulp. Hoop dit is verstaanbaar.

  93. Koos,
    my vraag wat ek gevra het is so wanneer het God vir die mens gese hulle is Sy ewebeeld en gelykenis voor die sonde of na die sonde antwoord God het dit gese voor die sonde want toe het die mens nog geen sonde gehad nie maar toe die ou slang die duiwel efa versoek het en sy sowel adam geval het daarvoor het die prentjie verander toe is hulle gevul met sonde volgens die bybel is net Jesus die beeld van God geen mens lees Kol1v15 as adam en eva dan net geestelike mense was hoekom is hulle uit die tuin gedryf en as hulle geestelik was sou hulle nie gesondig het nie en ook nie vir die duiwel geluiter het nie die bybel verwys nerens dat die mens in die gees kan sondig nie net in die vlees lees Gal5v1626 wat dit wel vir my wys is dat adam en eva wel natuurlike mense was en die hele skeping natuurlik was en nie n geestelike skeping nie of dat ek dit moet sien as geestelik nie as God wou gehad het ek moet dit geestelik sien en verstaan sou Hy dit uitdriklik vir ons so gese het die bybel steek niks weg nie want God wil he ons moet dit so sien en verstaan soos die bybel dit se nie vergeestelik soos julle se nie ander sou God dit so gese het

  94. Koos,
    Ek skryf die met liefde,en dit is n baie verkorte weergawe.
    Ek neem aan dit wat jy geskrywe het, is wat jy glo. Om die skrifte
    so te verdraai, soos wat jy doen, is van die bose. Wat jy se
    sien ek, dat die geestelike skepping, wat in jou gedagtes afspeel
    n “fairy tale” is. Die probleem is, julle lees iets uit die skrif,
    dan verdraai julle dit, om n storie te vertel wat nie bybels is nie.
    Kom ons kyk na een van die punte wat jy aanhaal.”vorige kommentaar, dit van die skepping.
    dit het begin waar ek eintlik “niks” was nie, maw,ek was in duisternis.” Regtig ? niks, maar in die duisternis!!!!
    Ek sien dat wat jy skryf, jy nog steeds in die duisternis is.
    Nog n punt , jy se die oak se geloof is in die ander lande nog voor die oak in Suid afrika was.
    Ek gaan jou reguit se, dit is n groot leuen. En dat daar in elke land n apostel is, is nog n leuen.
    Verstaan aseblief net die een ding. Gen 1+2 vertel presies hoe die skepping plaas gevind het.
    Die “mens”, sonder broers en susters is eers op die 6de dag geskape. Waar kom jy aan,
    op die 4de dag was broers en susters.
    Dit bestaan in jou droom wereld. Die regte skepping het plaasgevind soos dit opgeteken staan.
    Jy gebruik versies uit die Bybel, heeltemal uit konteks uit. Al rede hoekom julle dit doen
    is om die “fairy tale” geloof waardig te laat klink. Luister nou na iemand wat jou wil
    reg help. As die skepping nie daar was nie, het jy nie bestaan nie. GOD het die mens,
    uit die stof van die aarde geskape . En tot stof sal jy terug keer. In jou geel boekie bladsy 33 staan daar,
    “Ons gee aan die aarde wat aan die aarde behoort” terwyl die kis klaar in die graf le.
    So die geestelike mens van jou skepping begrawe julle in n natuurlike aarde. Sien jy dat jou geestelike skepping
    n “Fairy Tale” is. Nog n punt, GOD het ons nie nodig nie, ons het Hom nodig.
    Daar is n regte Hemel en n regte Hel. Bekeer en laat jou doop, voor dit te laat is.
    Ek se dit, julle verkondig n valse geloof.

  95. Johan dankie. Dit is jou siening. Ek het my siening en my geloof. Jy kan dit “Fairy tale” noem of wat jy ook al wil. Ek sê net weer as jy glo soos jy skryf, dan weet ek jy glo nie soos dit geskryf is nie. Ek kan sien jy en ook Dennis mis iewers iets wat ek probeer uitlig. God het die mens in Gen 1 na Sy beel en gelykenis geskape. Dennis sê Adam en Eva was mens en nie geestelike mense nie. Die term “Geestelike mense” is nie geeste nie, maar beteken eintlik net hulle wat God dien in Gees en in waarheid. M.a.w. jy word deur God se Woord gelei. Hoe? Soos paar tekse verduidelik. Veral 1 Thes 2:13. Jy offer jou wil op vir God se wil.

    Die vraag nou sal dan wees, wie was dit wat in Gen 1 :27 geskape is? Adam en Eva? Of wie?Die mens wat God dus skep is “gehoorsame” mense aan Sy woord. Want dit is hulle wat deur God verander kan word na Sy beeld en gelykenis, maar dit moes op ‘n tyd begin het. Dit is waar Gen 1 :1 in ons “geestelike” lewens begin het. Ek verstaan nie wat is so moeilik daaraan om te verstaan nie.

    Maar ja, Johan jy mag oordeel, jou Bybel sê sekerlik vir jou so. Ek gaan nie teen jou nie, maar ek sal my stryd en my geloof steeds uitleef tot ek uit die Bybel anders gewys kan word. Ek noem dit weer. Ek het geglo soos meeste van julle glo, Het in NG kerk katkiseer. Ek het vrae gevra en dieper gaan delf. My geloof het ek nie net sommer aanvaar nie. Dit het baie nagte en dae geneem voordat ek alles gesien en verstaan het soos nou. Ek wil sê jare.

    Dankie, en sterkte en seëninge.

  96. Koos,
    Ek het nie jou punt gemis nie ek sien wat jy se dat jy moet dit geestelik dink sien en verstaan,maar jy het dalk my punt nie verstaan of kan of wil dit nie antwoord nie en ek hou by dit waneer het God vir die mens gese dat hulle Sy ewebeeld en gelykenis is VOOR DIE SONDE OF NA DIE SONDE dan nog n vraag is GEN1 EN 2 n natuurlike skepping of n geestelike skepping
    groete aan almal

  97. Dankie Koos.
    Ek is dankbaar dat jy geantwoord het. Nou kan ek die volgende met jou deel.
    Ek lees die bybel en sien dat daar nerens, en ek bedoel nerens enige teks is wat iemand die idee kan gee dat die skepping van GOD geestelik was nie.
    Dit is logies ontmoontlik, om nie die skepping van GOD te kan sien nie.
    Tot blinde mense kan dit voel met hulle hande. Die geestelike skepping wat soos jy glo, in jou verstand plaasvind, of plaas gevind het, is jou verbeelding. Kom ek wys jou wat ek bedoel. Almal wat vandag lewe, loop op die aarde wat GOD geskape het. Wel party ry ,ander swem, hardloop ens.Ek kan dit vir jou wys. Kyk bietjie om jou rond. Jy mag voeltjies sien, bome sien, blomme, reen, wolke ens. Hoekom kan jy dit sien ? Omdat GOD dit geskape het. Lees Gen:1+2. Jou geestelike skepping, kan niemand sien nie. Nie eers jy nie, want dit is in jou verbeelding. God het Adam geskape uit die stof van die aarde. En hierdie Adam en sy hulpmaat Eva was na God se ewe beeld geskape. Daar was nie ander mense voor Adam en Eva nie. Lees in Gen:1+2 .Dit staan daar. Nou kan ek jou dieselfde vraag vra. Hoe moeilik is dit, om net dit, wat die bybel wys, te verstaan ? Nou die “mens” Adam, wat na die ewe beeld van GOD geskape was, is oorlede toe hy 930 jaar oud was.Lees Gen:5:5.Dit het gebeur en is opgeteken as geskiedenis, dit was nie n geestelike gebeurtenis nie, Net so gaan jy, en ek, ons almal wat lewe sterwe. Wat dan ? As jy nou die waarheid wil hoor of sien, is dit nou jou kans om gered te word. Paulus wys dit pragtig in 2 Kor:5 1-10 Dat ons almal in n tent woning (liggaam) bly. En dat ons nog nie by GOD in die hemel is nie. maar ons gaan almal nog voor Hom verskyn om rekenskap te gee. 1 Thess 4 : 13 MAAR, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie. 14 Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring. sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring. 15 Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. 16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. 17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.
    18 Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde. Nou voor jy se ek oordeel, hoor net dit, as jy een van die wil wees, wat die Here tegemoet wil gaan, in die lug, moet jy Hom, Jesus Christus van Nasaret aanvaar as die Seun van God, in Hom glo, en glo dat Hy gekruisig, begrawe en opgestaan het. Aanvaar Hom as jou Verlosser en Saligmaker. Daar is nie n ander een nie. Die oac is n kult. Kom uit haar uit. Dit is al.
    Dankie.

  98. Ek weet net een ding. As ons nie eens kan sien die skepping is geestelik nie, is daar geen manier wat jul die res van die skrifte sal verstaan en dit vir u sal waarde hê nie. Ek wil weereens paar punte uitlig, veral nadat ek weereens deur OAC Critic se verduidelikings gaan lees het.Laat ons net vir tydjie stap vir stap aangaan.
    Daar is net 2 plekke in die skrifte waar die volgende bewoording voorkom.”In die die begin”. Dan die 1 vers waar daar pertinent daarna verwys word.
    (Gen 1:1)  In die begin het God die hemel en die aarde geskape.
    (Joh 1:1)  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
    (2Co 4:6)  Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn—dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.
    Wat beteken dit vir jou? Die laaste genoemde teks verklaar einlik presies watse lig dit is wat geskep is, nl.kennis, wat verstaanbaarheid is. Die voorafgaande teks sê ook wat hierdie lig of kennis is.
    (2Co 4:3)  Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan,
    (2Co 4:4)  naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.
    (2Co 4:5)  Want ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here, en onsself as julle diensknegte om Jesus wil.

    Duidelik die verligting of bekendmaking van die waarheid dit is “Die beeld van God.” Christus . Verder soos reeds paar keer beskryf was. Hy het as Lig in die wêreld gekom. By wie? Is dit dan verkeerd as ons sê Hy het in my lewe , my wêreld as mens as Lig gekom. Daardie Lig is juis wat my lewe verander het en my van die dood in die lewe gebring het. Geestelik, Dood,met die verstane dat ek nie in God se weë en wil gelewe het nie. Lewe, ek besef God se Gees is in my en deel van my, en daarom moet ek Sy wil lewe. Hy stuur vir my ook ‘n herder. ‘n Mens gevul ook met Sy Gees, om ook gekeimnisse, dinge wat ek nooit verstaan het nie, aan my bekend te maak. Daarom in Joh 1 soos ek vantevore verduidelik het, val die klem op die evangelie wat vir my die “Lig” sal gee. Sou ek hierdie evangelie, of soos verduidelik was “Lig” aanvaar sal ek ‘n kind van God wees.
    Onthou hoe Joh 1 begin. dan volg die volgende tekse.
    (Joh 1:6)  Daar was ‘n man van God gestuur, wie se naam Johannes was.
    (Joh 1:7)  Hy het tot ‘n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.
    (Joh 1:8)  Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.
    Onthou ook wat in 2Kor 4 was.
    (2Co 4:5)  Want ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here, en onsself as julle diensknegte om Jesus wil.
    Ons is nie die lig nie. Dus ons is nie Christus nie, getuig net van Hom. Om te kan getuig moet jy dit kan sien. Soos ‘n getuie in hofsaak.
    Dan volg die volgende
    Soos ek van die begin af probeer verduidelik het. In my wêreld.
    (Joh 1:10)  Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.
    Ek het aanvanklik ook nie hierdie evangelie aanvaar of verstaan nie. Dit is hoekom ek ook gesê het, nie almal sal dit aanneem nie. Hoekom? Daar is baie wat te natuurlik is en hulle sal dit nie kan verstaan nie.
    (1Co 2:14)  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.
    Maar vir die wie wel die evangelie aanvaar, wat dus die “Lig” wat vir hom ‘n verlossing kan gee aanneem is daar beloning.
    (Joh 1:12)  Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
    Juis ook dit wat nou volg en verklaar waor is die kern van ons as OAK lede se getuienis.
    (Joh 1:13)  wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is.
    (Joh 1:14)  En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.
    Vers 13 sê einlik wat ek nou gaan lewe is uit God gebore. Nie uit mens nie. Dan ver 14 as dit sêdie Woord het vlees geword, beteken eenvoudig ek het die “Woord”, evangelie aangeneem, en ek openbaar God in my lewe. Eienskappe van Sy Gees volgens Gal 5:22.
    Die laaste gedeelte verklaar verder ook wat ek reeds bo verduidelik het, ek openbaar ‘n gees “SOOS” van die Eniggeborene wat van die Vader kom. Vol genade en waarheid. M.a.w. ek lewe ‘n veranderlike lewe. Een waar ek ook nie meer oordeel nie , maar ook die Waarheid” lewe.

    Ek kan nou so baie teks koppel, veral van Paulus se lewe om dit verder te verklaar. Ek is egter seker julle kan hulle onthou, want ek het die meeste reeds gedurende my vorige kommentaar genoem.
    Ek hoop hierdie kan sal beter insig gee oor wat ons glo, en hoekom ons dit so glo.
    Dankie, en seëninge vir julle.

    • Hallo Koos,

      Rakende u stelling:
      “…Ons is nie die lig nie. Dus ons is nie Christus nie, getuig net van Hom…”;
      Ek is bly dat u so sê, dis al klaar ‘n goeie aanduiding dat u die valse leer van die OAK begin verwerp het. Later hierdie week (17de November) verwys die OAK se TOK weereens na die “Kerk” as Sy Seun, Jesus Christus:

      Ek sal later meer breedvoerig u kommentaar beantwoord.

    • Hallo Koos,

      Rakende u stelling:
      “…Daar is net 2 plekke in die skrifte waar die volgende bewoording voorkom.”In die die begin”…”;
      Nêrens in die skrifte kom “In die die begin” voor nie, die woord “die” word nie so herhaal nie. As u bedoel “In die begin” dan is u stelling net waar as u ‘n paar bladsye uit u Bybel verwyder het (Jeremiah 26:1 en Jeremiah 27:1).
      In elk geval, u verwys eintlik na Genesis 1:1 en Johannes 1:1. Ek stem heeltemal saam met wat in die Bybel geskryf staan en ek lees daai versies in konteks met die res van die Bybel. Heel aan die begin het die Woord reeds bestaan. Daarmee beklemtoon Johannes dat God en die Woord nie deel van die skepping is nie, maar DEUR hulle kom die skepping tot stand.
      God en die Woord is verhewe bo die skepping.
      Die Een wat skep is belangriker as dit wat geskep word.
      Koos is egter ‘n skepsel en deel van die skepping wat bestaan het nog lank voor Koos se oer ouers bestaan het. Die hemel en die aarde en die begin het alles bestaan nog voor God die mens geskape het (Genesis 1:1-31).
      The REAL Jesus: http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2016/08/the-real-jesus.html

      Rakende u stelling oor 2Co 4:6:
      “…Die laaste genoemde teks verklaar einlik presies watse lig dit is wat geskep is, nl.kennis, wat verstaanbaarheid is…”;
      Paulus verkondig nie homself nie, maar Jesus Christus as die Here. Geestelik gesproke is daar net een ware lig en Sy naam is Jesus (Johannes 8:12, Johannes 9:4-5). As Sy kinders word ons geroep om kinders van die lig te wees (Johannes 12:35-36, Efesiërs 5:8-11, 1 Thessalonisense 5:1-5, 1 Johannes 2:9-11). Ongelukkig is nie alle “lig” die waarheid nie, ons moet waaksaam wees vir die satan wat homself ook voordoen as ‘n engel van die lig (2 Korinthiërs 11:13-15, Galasiërs 1:6-10, Openbaring 12:7-9).
      Doctrine – Light: http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2016/08/doctrine-light.html

      Ek weet nie hoekom u die vers verwysings van 2Co 4:3-5 geplaas het nie want die OAK se evangelie is bedek en baie geheimsinnig, en hulle verkondig nie Christus Jesus as Here nie, maar hulself as die “Kerk, die Seun van God”.

      Rakende u stelling:
      “…Is dit dan verkeerd as ons sê Hy het in my lewe , my wêreld as mens as Lig gekom…”;
      As u verwys na Jesus Christus deur die Heilige Gees dan is daar niks daarmee fout nie.

      Rakende u stelling:
      “…Hy stuur vir my ook ‘n herder. ‘n Mens gevul ook met Sy Gees…”;
      Kyk wat het Petrus. ‘n apostel van Jesus Christus geskryf:
      1 Petrus 5:1-4 Ek vermaan die ouderlinge onder julle, ek wat ‘n mede-ouderling en getuie van die lyde van Christus is, wat ook ‘n deelgenoot is van die heerlikheid wat geopenbaar sal word:
      Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewilliglik;
      nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid;
      ook nie as heersers oor die erfdeel nie, maar as voorbeelde vir die kudde. En wanneer die Opperherder verskyn, sal julle die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang.

      Die laaste gedeelte van u kommentaar laat my weereens met die vraag:
      Glo u dat Jesus van Nasaret u enigste Verlosser en Saligmaker is? As u dit nie glo nie, dan is al u “kennis” en “verstaanbaarheid” van geen nut nie.

  99. Koos jy omseil my vrae ek het net 2 gevra en jy het nie my geantwoord nie
    dit lyk my jy of julle in die oak glo nie in die natuurlike skepping wat +- 6000 jaar geleede plaas gevind het nie dit wat God geskape het. as julle dit nie glo nie glo julle nie aan God nie Sy krag en wysheid nie Hy is die skeper van alles geestelik so wel natuurlik. die mens vandag dra nie die beelt en gelykenis van God vandag nie want God sondig nie ons sondig nog daarom het ek jou die vraag gevra oor adam en eva hulle het die beeld gedra maar dit was voor die sonde toegetree het waar die duiwel hulle verly het as ons die ewebeeld van God moet wees dan sal ons almal die selfde gelyk het en die selfde gedink het
    Al wat ek vra is glo julle in die natuulike skeping antwoord net JA of NEE en hoeveel jaar terug
    groete

  100. Dennis ek sê nou vir jou weereens. LEES wat ek skryf. Ons glo God is die skepper van alles, maar juis omdat God ‘n behae in die siel het, en nie die natuur nie, word die geestelike skepping van ‘n sielmens beskryf. En dan ak glo beslis nie dat die skepping soos jy dit beskryf het +-6000 gelede gebeur het nie. My beskrywinng was volgens my baie duidelik in vorige kommentaar. Jy hak vas soos ‘n CD wat gekrap is. Verklaar net die volgende as jy so seker van jou saak is. Maar gebruik die skfrifte asb. Wat beteken dit as God dit beskryf Hy het mens geskape na Sy beeld, en na Sy gelykenis? Sekerlik beteken dit die mens wat geskape is deur God, moet soos Hy wees. Gelykenis is om dit beter te omskryf, dat ons dieselfde eieinskappe moet hê. Ons twee as mens is na mekaar se gelykenis in natuur. Wat sê ek? As jy te veel bloed verloor sterf jy, so ook ek. As jy nie suurstof kry nie sterf jy, so ook ek. Verstaan jy dus die woordjie “gelykenis”? Nou as God dus natuurlike mens geskape het soos jy beweer, wys my in die skrifte waar dit staan dat God mens is. Ek kan paar tekse noem soos ek reeds gedoen het wat wys Hy is gees. Nou as dit is dat soos julle sê dit was Adam en Eva, en hulle is na God se beeld EN gelykenis geskape hoe kan hulle natuur gewees het? Dan verder beweer jy dat die mens vandag nie die beeld ven gelykenis van God het nie. Dit is dwaas om so te glo. God se doel is juis om ons as mens te verander deur wedergeboorte proses. Waarom sou daar geskryf word ons moet vernuwe word in die gemoed, juis om God se beeld te dra.Lees hierdie tekse en verklaar dan wat glo jy?
    Eph 4:23  en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed 
    Eph 4:24  en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.
    Duidelik soos ek nog die hele tyd probeer wys, dit is alles deel van God se skepping, maar word so beskryf met wete dat God mens gebruik.
    Ek bespeur duidelik soos deur Johan aanvalligheid. Gaan lees en ondersoek veral die tekse soos genoem, en hou op dat die god van hierdei wêreld, die natuurlik denke jou geestelike denkwyse verduister.
    Ek glo as jy nou bg. deurlees jy sal besef wat ek sê en glo. Net soos Johan ons vroeër as anti-christe uitgemaak het, het ek vir hom met nodige tekse uit skrifte gewys ons is nie anti christe nie. Skielik skram hy weg. Hy en ook jy glo nie dat God deur en in mens openbaar vandag nie.
    Dankie

    • Hallo Koos,

      Rakende u stelling:
      “…Ons glo God is die skepper van alles…”;
      Mooi, ons maak vordering 🙂

      Rakende u stelling:
      “…nie die natuur nie…”;
      Tog het Hy die natuur geskep, want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat niemand hulle kan verontskuldig nie (Romeine 1:20).

      Rakende u stelling:
      “…word die geestelike skepping van ‘n sielmens beskryf…”;
      Die geestelike skepping het wel plaasgevind maar u definisie van geestelik stem glad nie ooreen met wat in die Bybel geskryf is nie. Soos ‘n vaardige meesterbouer het God stap vir stap die heelal gemaak, die wonders van die ruimte, die prag van die natuur, die onbegryplike fyn werking van die lewe. Maar al hierdie wonderlike dinge was eintlik net die voorbereiding, die gereedmaking van die verhoog vir die verskyning van die hooffiguur in die skepping – die mens. Die skepping van die mens word uitgelig as die hoogtepunt van die skepping.
      En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword (Genesis 2:7).
      Is dit nie besonders nie? God het die MENS geformeer uit die STOF van die AARDE en Sy asem met Adam gedeel en Adam het ‘n LEWENDE SIEL geword!
      So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel (1 Korinthiërs 15:45-47).
      Die GEESTELIKE is NIE EERSTE nie, maar die NATUURLIKE!
      Die EERSTE MENS was uit die AARDE AARDS!

      Rakende u vraag:
      “…Wat beteken dit as God dit beskryf Hy het mens geskape na Sy beeld, en na Sy gelykenis?…”;
      Elke mens is vir God iets besonders. Elkeen, hoe min geag, hoe swak, hoe sondig, hoe dom, hoe onwaardig, is ‘n afbeelding van God. Die mens is nog meer. Elkeen as mens het koninklike status in God se oë, en is beklee met waardigheid, gesag, verantwoordelikheid, ‘n bietjie minder as ‘n goddelike wese (Psalms 8:6). Die mens is vir God van soveel waarde dat Hy oor die mens berou het en daar was smart in Sy hart oor die mens (Genesis 6:5-8). Mense is vir God van soveel waarde dat Hy ‘n prys betaal om u weer heel te maak, ‘n prys wat in Jesus se kruisdood sigbaar geword het (Johannes 3:16). Tussen mense is daar geen statusverskille nie, ook nie tussen ‘n man en vrou nie, man en vrou het Hy hulle geskape (Genesis 1:27). Of u manlik of vroulik is, is u so koninklik waardig dat God gesag en verantwoordelikhede aan u toevertrou. Dit begin deur uself as waardig raak te sien, en om alle ander mense as menswaardig te erken en te behandel. Die mens is ook heerser in God se plek, sy verteenwoordiger. Hoe gering u ook al mag wees, as u mens is, het God bepaalde magte aan u toevertrou. Dit beteken u mag besluite neem oor uself, oor ander mense en oor God se skepping. Hierdie gesag gaan met verantwoordelikheid gepaard. Ons het die opdrag om te heers, maar heers beteken nie uitbuit, opgebruik en misbruik nie. Heers beteken om te bestuur, met oorleg te gebruik, te bou, te beskerm en te bewaar. Die verantwoordelikheid om die natuur te bewaar is ‘n Bybelse eis. Ek het al voorheen u vraag volledig beantwoord maar u swyg om daarop te reaggeer.

      Rakende u stelling:
      “…ons vroeër as anti-christe uitgemaak het…”;
      Kan u dan bevestig of u glo dat Jesus die Christus is?

  101. Koos, Ek skram nie weg nie. My probleem is die: hoe verduidelik ek n blom, aan iemand wat blind is, en nog nooit van n blom gehoor of gesien het nie. Jy verstaan nie die bybel nie, ex.oac het jou probeer reghelp. Hy het n blog, wat elke vraag wat jy kan aan dink (van uit die oak se oogpunt) beantwoord. Nou is daar mos niks oor om met jou te gesels nie. Jou siens wyse aangaande die skrif laat my dink,aan iemand, wat ge “brainwash” is. Ek staan by wat ek se: Die oak verkondig n valse leerstelling.
    Dankie

  102. Ek sal nog OAC beantwoord. Hy weerspreek homself op verskeie plekke. Ek sal ook vir hom wys die Bybel is nie ‘n leun nie.Hier is die duidelike antwoord.
    Co 2:14  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. 
    Jy gee sommer so op nadat jy die een was wat duidelik begin oordeel het, nie ek nie. Nou kan jy nie skriftuurlik bewys wat jy sê nie nou onttrek jy.
    Ek gee nie om of ek iets 20X moet herhaal nie. Hoekom?
    2Co 4:1  Daarom, aangesien ons hierdie bediening het volgens die barmhartigheid wat ons ontvang het, gee ons nie moed op nie. 
    2Co 4:2  Maar ons het van die heimlike dinge wat skandelik is, afstand gedoen, en ons wandel nie in listigheid of vervals die woord van God nie; maar deur die waarheid aan die lig te bring, beveel ons ons by elke menslike gewete voor God aan. 
    Ek het ‘n taak wat God van my verwag, en probeer dit uitleef.
    Mat 28:19  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. 
    Mat 28:20  En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen. 

    En ja, jy staar jou blind aan natuur. Jy wag vir ‘n dag. Hier is dyudelik bewys, die dag kan vandag in jou lewe aanbreek.
    Eph 2:1  En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes 
    Eph 2:2  waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, 
    Dan hier is die beloning wat vplg.
    Eph 2:5  ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered— 
    Eph 2:6  en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus, 

    Hier was met natuurlik mense gespreek wat geestelik verander was. Hul hoef nie meer te wag vir die dag nie, Dit was ook verkondig.
    Mat 24:34  Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie. 
    Mat 24:35  Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie. 
    Tekens van tye. Die mense na natuur wat woorde ontvang het is almal oorlede. Sommiges het die evangelie aanvaar, en kon hul die Seun op ‘n wolk sien kom, verteenwoordig in die gees die ware evangelie, wat deur mens gespreek word in wie God se gees is. Dit sal in die wie dan daardie woord van evangelie aanvaar wie God se heerlikheid sal ervaar,
    1Th 2:13  Daarom dank ons God ook sonder ophou dat, toe julle die woord van God ontvang het wat deur ons verkondig is, julle dit aangeneem het nie as die woord van mense nie, maar, soos dit waarlik is, as die woord van God wat ook werk in julle wat glo. 

    Dankie. Dit is soos ek skryf, en ek gaan jou steeds nie oordeel nie. Jy kan self besluit wat jy wil glo. God het die mens sy wil gegee. Sy wil is by ons gelaat. Gie wat dus die”kruis” opneem elke dag, wat God se take is wat van ons verwag word.
    Ek moet my wil afsterf soos Paulus beskryf, hy sterf daagliks. NIE natuurlik nie,maar soos ek heeltyd probeer wys, geestelik, juis waar hy sy wil afsterwe.
    Luk 9:23  En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg. 
    Dit wat bg. yeks beskryf, dit het Paulus geleef.

    Dankie

    • Hallo Koos,

      Rakende u stelling:
      “…Ek sal nog OAC beantwoord. Hy weerspreek homself op verskeie plekke. Ek sal ook vir hom wys die Bybel is nie ‘n leun nie…”;
      Ek wag nog baie geduldig dat u my sal beantwoord. Dit help nie om my daarvan te beskuldig dat ek myself op verskeie plekke weerspreek as u dit nie vir my kan uitwys nie. Ek weet die Bybel is nie ‘n “leun” nie en nêrens het ek ooit geskryf dat die Bybel ‘n “leun” is nie, u verwar my dalk met u medegelowige Melt Olckers.

      Rakende u stelling:
      “…Ek gee nie om of ek iets 20X moet herhaal nie…”;
      Ek het so agtergekom, u skryf boekdele sonder om by die punt uit te kom of om die vrae te beantwoord nie. Dit herinner my eerder aan Prediker 5:1-2 en Prediker 10:12-14.

      Rakende u stelling:
      “…Jy wag vir ‘n dag. Hier is dyudelik bewys, die dag kan vandag in jou lewe aanbreek…”;
      Hier verwar u die wederkoms van Jesus met die ewige lewe. ‘n Gelowige se ewige lewe begin vandag al maar dit beteken nie dat Jesus nie weer gaan terugkom nie.
      Doctrine – Waiting for Jesus: http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2016/08/doctrine-waiting-for-jesus.html

  103. Koos,
    Dankie jy het my vraag beantwoord julle in die oak glo glad nie in die natuurlike skepping nie, jy het seker bedoel toe jy se ek klink soos n gekrapte cd maar uintelik moes dit gewees het soos n plaat wat vashaak ek het so geklink want ek wou n antwoord he en het dit gekry my ander vraag was of adam en eva voor die sonde God se ewebeeld gehad het ja hulle het want hulle was sondeloos lees vir my 1Kort 15v40 tot 50 so ook Rom 1v23

  104. Koos
    weer ek as jy se dat julle in die gees God se gelykenis is dan vra ek jou en al jou apostels en amtes en lede vir my iets moet skep want om Sy gelykenis tedra moet julle dit kan doen

  105. Dennis,
    Die oak kan geen wonderwerk doen nie. Al se hulle ,hulle is Christus. Dit is hoekom ek se hulle is die Antichris. Want hulle glo nie aan Jesus Christus van Nasaret nie. Kom ek vertel jou van n gebeurtenis wat plaasgevind het in die Hospitaal. Gewese apostel Bekker was in vir n operasie. Baie apostels en hulle opsieners ens.was daar. Na die operasie kom hulle uit die I.C.U en se hy sal lewe. Die volgende dag is hy dood!!! Nadat hulle gese het hy sal lewe. Ek weet ook van n priester wat n “stroke” gekry het. Hulle het handelinge vir hom gedoen en gese die apostel se, hy moet nie bekommerd wees nie, hy sal herstel. Die ou het nog nooit herstel nie. 6 jaar later Nadat hulle apostel gese het hy sal herstel. Daarom verwys hulle na die wonderwerke in die bybel en se dit was geestelik. Want hulle kan niks doen wat die bybelse apostels gedoen het nie. Hulle glo nie eers die bybel nie. Jesus het die skrifte gebruik. Maar die oak verander die skrifte om hulle self te pas.

    • Ek kan persoonlik getuig van ‘n gesondheids probleem waarmee ek gesukkel het. Destyds toe “apostel” Boshoff nog gelewe het, het my “priester” my aangeraai om met “apostel” Boshoff te gaan gesels na die diens en hom raad te vra oor my gesondheids probleem. Ek het vas geglo omdat hy ‘n “apostel” is, sal hy my kan genees. Die “apostel” het my aangeraai om ander skoene te kry. Ek was gehoorsaam en toe ander skoene gekry. Raai wat? Dit het toe glad nie gehelp nie.

  106. Johan,
    ek dink jy is reg want dit lyk myjy kan getuig daarvan ek sal graag van Koos en ander lede, aptes van die oak hoor wat hulle se
    groete

  107. Ek kan nie dink dat na al die verskeie kommentare julle steeds so oppervlakkig kan dink en redeneer nie. God het ment die natuurlike mens een verbom=nd. Van stof tot stof, Ons as natuurlike mens, of jy nou Broer, kind, Apostel of ‘n koning is. Jy word nie kwytgeskel van die siektes van die natuur nie, of om te sterf na die natuur nie. Maar beslis het God behae in die siel van die mens. Dit wat God wil en kan genees. Elkeen op Sy tyd wanneer God hom of haar uitverkies het soos die skrifte beskryf. Hier is net weer die eerste deel van Efes 2. En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes.

    Duidelik is bg geestelike lewend makende krag deur God beskik. Ons moet altyd positief bly as mens, en glo altyd God kan ook natuurlike mens genees deur Sy unieke en Almagtige krag. Ek en jy weet nie wanneer en hoe nie.
    So asb, dit is nie nodige om sulke voorbeelde te gebruik nie. Ek sal graag met jul wil gesels het aangesig tot aangesig. Daar is soveel meer om te sê,My tyd soms baie beperk om te reageer op jul kommentare.
    Dankie

    • Hallo Koos,

      Rakende u stelling:
      “…God het ment die natuurlike mens een verbom=nd. Van stof tot stof…”;
      Ekskuus? Kan u dit net asseblief weer herhaal want ek verstaan glad nie wat u hier probeer skryf het nie.

      Intussen wag ek nog baie geduldig dat u met dieselfde spoed sal reaggeer op al my vorige kommentare.

    • Koos, kom ons wees nou eerlik, die OAK beroem hulle daarop dat hulle “apostels” het en dat die OAK self God se Seun is, die OAK is dan kamtig Sy verheerlikte liggaam en hulle kan groter werke doen as wat Hy gedoen het.

      Jesus het aan sy twaalf apostels die mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om ELKE SIEKTE en ELKE KWAAL te GENEES (Matteus 10:1). Jesus se apostels en dissipels kon letterlik SIEKES GENEES en die DOOIES OPWEK (Markus 6:7-13, Handelinge 3:1-16, Handelinge 5:12-16, Handelinge 8:5-8, Handelinge 9:36-43, Handelinge 14:8-18, Handelinge 20:7-12, Handelinge 28:3-9). Paulus het homself die geringste van die apostels geag, wat nie werd was om ‘n apostel genoem te word nie (1 Korintiërs 15:3-9). Tog het Paulus al die tekens van ‘n WARE apostel getoon deur TEKENS, WONDERS en KRAGTIGE DADE (2 Korinthiërs 12:12).

  108. Koos,
    Is dit nie misleiding nie wanneer daar sulke woorde geuiter word nie daardie amptes het tenvolle geglo in wat julle apostel se en toe moes hulle met n skok hoor hy is dood so ookdie priester wat tenvolle geloof gehad het en toe nooit herstel, dis makelik om nou om tedraai en se God het net behae in die siel hoekom se hulle dan so en jy se anders

  109. Die antwoord is eenvoudig. Ons as mens moet geloof behou, selfs in moeilik tye. Daarom soos in enige geloof sal die mens geloof behou nadat ‘n gebed gemaak is. Ons noem dit “gelowige mense”. Vat die water tekort in die land. Ons almal, selfs op die droogste plekke in die land behou die mens geloof. Van hulle al jare. Hoeveel van ons indien nie alle geloofs instansies bid nie vir reën nie? Ek weet in ons gemeente elke dag met ‘n geleentheid. Dit reën steeds op baie plekke nie.

    Dankie

    • Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges (Mattheus 5:45).

      Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word. Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag. Elía was ‘n mens net soos ons, en hy het ernstig gebid dat dit nie moes reën nie, en dit het op die aarde drie jaar en ses maande lank nie gereën nie;
      en hy het weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy vrug laat uitspruit. Broeders, as een onder julle van die waarheid afgedwaal het en iemand hom bekeer, laat hy weet dat die een wat ‘n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ‘n siel uit die dood sal red en ‘n menigte sondes sal bedek (Jakobus 5:14-20).

      • Ex-OAC critic
        Dit is mooi uit een gesit. Dankie. Dit moet baie moeilik vir lede, en ampte in die oak wees, as hulle agter kom, hulle is mislei deur, sogenaamde apostels, om die kult
        te verlaat. Ons moet maar aanhou bid vir hulle.

        • Baie dankie Johan. Dit is inderdaad baie moeilik vir OAK lede en amptes om met die waarheid gekonfronteer te word, ek was self daar en het self gestoei teen die waarheid. Dit het alles begin toe ek die hele Bybel begin lees het, nie enkele versies buite konteks nie. Daar is hoop vir elke OAK lidmaat en vandag loop my hart oor van dankbaarheid dat ek verlos is, die waarheid het my vrygemaak. Daar het intussen baie lede en amptes persoonlik aan my geskryf en my bedank vir my blog, hulle is nou almal vrygemaakte lede van die OAK. Daarvoor dank en loof ek net ons Hemelse Vader, alle eer aan Hom.

          • 1. Meeste ware Apostolies, sal nooit op sosiale bladsye pos, oor die kerk, lering of getuienis.
            2. Van ek ‘n lid is, was daar nooit so ding sois ”n kategisme nie. Sover ek weet gebruik ons slegs die Bybel(1953).
            3, Ons beskou nie ander kerke as ons vyande, maar dat ons wel moet kom tot eenheid van die geloof.
            4. Die Kerk beskou ons nie as Jesus Cristus nie, maar as sy liggaam, ooreenkoms die skrif, want voor die Kerk ontstaan het was Hy al daar.

          • Baie dankie Neo

            Na aanleiding van die vier punte wat u genoem het neem ek aan u is nog baie jonk of nie baie lank in die OAK nie? Het u die vier punte wat u genoem het al met u “onderdiaken” of “owergestelde” bespreek?

            1. Beteken dit volgens u siening dat u en al die ander OAK lede en amptes wat hier kommentaar gelewer het nie “ware Apostolies” is nie?

            2. Hier is die blou boekie in Engels wat ek persoonlik in die OAK ontvang het – OAC Catechism

            3. “Vyand” is dalk te sterk ‘n woord, ek sou eerder sê die OAK beskou alle ander kerke as “die wêreld” wat “tot eenheid van die geloof” moet kom van die OAK se “belering”. Die OAK glo dat sielsaligheid alleen deur die OAK kan plaasvind.

            4. Het u ooit toegang tot die OAK se maandelikse TOK?
            “…(19) GOD SE BELOFTE: God se belofte is dat Hy nooit van Sy volk geskei sal word nie. Deur Sy Seun Jesus Christus word ons met God versoen om in ‘n ewige verbond met God te kan lewe. Die koms van Christus in ons lewe, het begin toe die Kerk aan ons verskyn het. Lees: Ope 21: 3…” OAK se TUISONDERRIG KALENDER: DESEMBER 2022 – JANUARIE 2023
            Een van u “ware Apostolies” verduidelik bogenoemde punt verder op YouTube: You the body of Christ

            OAK lede verdraai 1 Korintiërs 12:27 om na hulself te verwys as Jesus Christus (Mattheus 24:23-28, Markus 13:21-23). Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid (Hebreërs 13:8). Die OAK daarteenoor het nog nie eers bestaan toe die Nuwe Testament geskryf is nie. Jesus Christus is nie ‘n groep mense nie want daar is net een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus (1 Timotheus 2:5). Christus is die Hoof van die gemeente (Efesiërs 5:23-32, Kolossense 1:18), die gemeente is Sy bruid en Hy is die Bruidegom (Mattheus 9:14-15, Mattheus 25:1-13, Markus 2:18-20, Lukas 5:33-35, Johannes 3:22-29). Soos wat die man die hoof is van sy vrou en haar liggaam aan hom behoort, kan ons ook sê die vrou is die liggaam wat aan haar man behoort want hulle is een vlees. Dit gesê, het hy nogsteeds sy eie fisiese liggaam en sy vrou het nogsteeds haar eie kop op haar skouers. So ook is die kerk die sielebruid van Christus en Hy is die Bruidegom en Hoof van die kerk. Lees die versies tussen hakkies om dit beter te verstaan. Om die liggaam van Christus te wees beteken om aan Hom te behoort. Die liggaam self is nie Christus nie.

          • Hallo Neo,

            Rakende u stelling #4:
            “…Die Kerk beskou ons nie as Jesus Cristus nie…”;
            Nie volgens u “apostels” nie, hier is ‘n uittreksel uit die amptelike OAK Tuisonderrig Kalender vir vandag:

            15 Jan 2023
            “…(III) Geloofsbelydenis: Ons siele, wat in ‘n groep / liggaam (die Kerk) saamgevoeg is, is ‘n sielebruid wat ook mooi beklee is (met die goeie dade wat hierbo verduidelik is) en wat belowe om saam met Jesus Christus, die Kerk, een groep / liggaam te word. [OPE 19:7-8, OPE 21:2]…”

            Het u raakgelees “Jesus Christus, die Kerk”? Dit maak net sin “ooreenkoms die skrif” as gedeeltes van die skrif weggelaat en verdraai word. Ek raai u baie sterk aan om u Bybel deeglik te lees van voor tot agter sonder om enige gedeeltes oor te slaan. Bid dat die Heilige Gees u sal lei, nie ‘n “onderdiaken” of “owergestelde” of sogenaamde “gawe” nie. Moenie u vertroue in mense plaas nie, mense met sogenaamde amps titels gaan nie u kan reg help nie. ‘n Halwe waarheid is die gevaarlikste leuen, wees dus heeltyd op u hoede en soek eerder al u antwoorde in die Skrif.

            “…die tong kan geen mens tem nie; dit is ‘n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif…” – Jakobus 3:8

  110. OAC, ek stem volkome saam. Soos die tekse dit ook beskryf verstaan ek. God bepaal egter wanneer Hy die gebed verhoor.Dit geskied op Sy tyd. Ek probeer die punt maak nie vir alles wat mens voor bid ontvang jy nie. Al het jy hoe sterk geglo jy sal dit ontvang. Ons weet hoeveel sterftes daar daagliks is van mense vanweë natuur rampe, hetsy droogte of vloede, of enige ramp. Tog het almal geglo en voor die tyd is daar dalk vele gebede gewees.
    Dan die teks wat gebruik het is besonders Jak 5:14-20.Dit is soos ek voorheen beskryf het. Ook dit beskryf “‘n siel” uit die dode wat gerd word deur sy weë, of kan ek ook sê deur sy lewens wyse te laat verander.

    Dankie

  111. X-oac en Koos,
    wil net se dankie vir julle verduidelikings julle is reg daar maar ons moet eending onthou dat dit net God se wil is wie hy gaan gesond maak en nooit se hy sal gesond word eerder se as dit God se wil is
    daar is n ander vraag wat ek wil vra as die oak se hulle glo nie in die natuurlike skepping glo hulle in die wederkoms dat Jesus weer eendag gaan kom of hoe glo julle
    groete

    • Dankie Dennis,

      Aangaande die vraag of die OAK deesdae glo in die wederkoms, is dit baie duidelik volgens hulle kategismus (Vraag 27) dat hulle nie glo dat die ware Jesus weer eendag gaan terugkom nie:

      Vraag 27. Het Christus al gekom, of verwag ons hom nog?
      Ant.
      (a) Omdat die wêreld verwag dat Christus op ‘n natuurlike wolk kom, sien hulle nog uit na Sy koms. Dit is egter uit : Mat 16:28 Voorwaar Ek sê vir julle, daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die Seun van die mens in sy koninkryk sien kom het nie. Daardie mense leef seer sekerlik nie meer nie.
      (b) Dit is uit : 2Tim 4:7 Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. 2Tim 4:8 Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het.
      (c) Vir ons het Christus gekom en sien Hom, want Hy word aan ons geopenbaar deur die Heilige Gees en is ons lewe. (sien vraag 14)

      Ek het meer hieroor uitgebrei op my blog:
      Die WARE Jesus: http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2016/08/the-real-jesus.html
      Jesus is die enigste Messias: http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2016/08/jesus-is-only-messiah.html
      Wag vir Jesus: http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2016/08/doctrine-waiting-for-jesus.html
      Emmanuel: http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2016/08/doctrine-emmanuel_26.html
      OAK se weergawe van Jesus http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2017/06/doctrine-oacs-version-of-jesus.html

      Kyk wat het Jesus self vir Sy apostels gesê:
      En nou gaan Ek na Hom wat My gestuur het;
      en niemand van julle vra My:
      Waar gaan U heen nie? Maar omdat Ek dit vir julle gesê het, het droefheid julle hart vervul. Maar Ek sê julle die waarheid:
      Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan;
      want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie;
      maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur;
      en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel:
      van sonde, omdat hulle in My nie glo nie;
      en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie;
      en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is (Johannes 16:5-11).

  112. Dennis,
    Soos ek altyd se Hulle glo nie die bybel nie. Daarom kan hulle nie aanvaar dat Jesus weer gaan kom nie. Hulle verdraai die bybel om die mense, wat nie die bybel ken nie te vang. Ek sien ex oac gee n baie mooi antwoord hier.Hoop Koos sien die lig.
    Nog n probleem van die oak is, hulle vang die mense om te se:
    Ons het n apostel en profeet want die bybel wys ons moet bou op die apostels en profete. En dan haal hulle Efese 2:20 aan. Hulle kan nie eers sien en verstaan wat hulle lees nie. Nou daar staan geskrywe :” gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is,” Ek sien nerens dat jy op die apostel of die profeet moet bou nie. wat ek wel sien is, bou op die ” fondament” van die apostels en profete. Nou hulle fondasie is Jesus Christus. Dit is waar op ons moet bou.
    Nou gaan jy jou hande saamslaan, dat dit amptes is, wat nie eers hulle eie geloof ken nie. Kom ek wys jou. in hulle kategismus staan daar onder die volgende: Vraag 48: Waarop is ons geloof gebou? Ant. a) Op die fondament van Jesus Chrirtus:,,Want niemand kan n ander fondament le as wat daar gele is nie, dit is Christus Jesus. 1Kor,3 v 11.
    b) Jesus Christus is die fondamend van die apostels en profete- verwys Efese 2v 20-22
    Dit staan in hulle kategismus. Ek glo nie eers een amp ken hulle eie geloof nie.

    So ek hoop maar net Koos sien dit, en besluit om op Jesus Christus te bou,
    Om in Jesus alleen te glo. En die bybel begin lees en glo wat daar staan.
    En reg maak vir sy koms

  113. X-oac, Johan,
    Dankie virjulle antwoorde dit het my net meer versterk in dit wat ek glo en dit is glo net in die bybel,die Vader en Seun dit wat God gedoen het en dit wat Jesus se nie in n mens nie wat alles wil verdraai nie ek het ook die mens aangehang want hulle is mos slim mense van hulle het dan graade wat hulle op uniewersityd ontvang hoe kan hulle dan verkeer wees min het ek geweet dat die slim mense my hel toe gaan vat as ek hulle glo inplaas van God en Jesus en die bybel
    ek wil nou graag aan die oak lede en amtes stel as julle nie glo dat God die aarde geskape het nie soos ons lees in Gen 1,2 en dat Jesus weer gaan kom nie in wie glo julle danlees die teks 2pet3v3,4,5 daarnaa lees ook somer die hele hoofstuk so ook n teks wat al op die blok was Joh16v7 as julle dit wil afmaak en anderste wil verklaar maak julle Jesus tot n leunaar dan glo julle net in mens en aan so n geloof wil ek nie behoort
    Groete

  114. Dennis en Johan, met baie groot respek wil ek sê. Ek dink of julle onthou nie wat jul gelees het nie, of julle wil nie onthou nie, of julle lees glad nie wat ek in my kommentare skryf nie. Gaan lees gerus weer, dan hopelik as jy inneem wat jy lees behoort jul te verstaan. NOOIT het ek gesê of geskryf ek glo nie God het hierdie aarde geskape nie. Wat ek wel baie duidelik probeer wys en sê is dat die skepping wat ons in Gen 1 van lees is beslis nie die natuurlike skapping nie. OAC het geskryf dat volgens 1Kor 15, die natuurlike was eerste,daarna die gees wat absoluut die waarheid is. Ek as mens moet daar wees, voordat God Sy geestelike skepping in my kan begin. Dit kon begin toe ek al ‘n kind in die natuur is. Dit is duidelik julle probeer oordeel en my as mens sowel ons as OAK lede te laat voorkom of ons “onosel” is. Wel voordat ek in julle strik trap en saam met julle begin om ook slegte aanmerkings te maak en te oordeel sal ek nie verder met julle kommunikeer nie. Soos Jesus aan Sy dissipels gesê het toe Hy hul gestuur het om evangelie te verkondig. Wie hulle nie aanvaar nie, aanvaar ook nie Hom wie hulle gestuur het nie. Hul moet huis verlaat en die stof wat al die negatiewe verteenwoordig volgens my, en aangaan. Ek volg dus die raad en advies volgens skrifte aan my uitwys. Groot rede, julle probeer nie redeneer nie, maar net oordeel en beledig. Soos julle aan my sê, sê ek ook aan julle,”Mag julle oë betyds oopgaan,”

    OAC Critic, ek sal steeds gedagtes met jou wil wissel.indien jy wil. Het ‘n paar baie interesante verhaal om met jou te deel wat werklik met my gebeur het. Omdat jy gesê het jy het in OAK grootgeword sal jy dalk begrip hê vir wat ek met jou wil deel.

    Dankie

    • Wel Koos, u weet waar om my te kry, daar is kontak besonderhede op my blog as u gedagtes met my wil wissel. Intussen wag ek nog baie geduldig vir die antwoorde op my vrae op hierdie webblad soos beloof is 🙂

      1 Petrus 3:15 Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees.

    • Terloops, het u gister se TOK gedeelte gelees waar die OAK beweer “…dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in Sy Seun, Jesus Christus, die Kerk…”?

      Daar is net EEN Jesus Christus en Hy is beslis nie nou die OAK of enige ander kerk nie.
      En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon (Johannes 1:14).
      Kyk na my hande en my voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want ‘n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie (Lukas 24:39).
      Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus (1 Timotheus 2:5).

      Rakende u stelling:
      “…die skepping wat ons in Gen 1 van lees is beslis nie die natuurlike skapping nie…”;
      Watter verse in Genesis 1 gee vir u daai idee?
      Ek vind hierdie wetenskaplike verduideliking nogal insiggewend rakende die skepping:
      https://m.youtube.com/watch?v=eQVm8RokoBA
      Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie (Romeine 1:20).

  115. Koos,
    Hier se jy weer duidelik dat julle glo nie dat Gen1, natuurlik was nie as Gen1 nie natuulik was nie maak jy die bybel n leunaar want hy se dit is die skepping van God
    Ek sien jy wil nie meer met my en Johan gesels nie dit is vir my n bewys dat sodra jy vasgevra word hardloop jy weg net soos ander amptes van jou kerk met wie ek persoonlik gesels het en gese het hulle kom terug na my toe met wat ek hulle gevra het en nooit terugekom het nie, dit is weereens n bewys vir my dat ons moet pasop vir die oak

  116. Dennis glo my ek sal nie weghardloop nie. Gaan lees wat ek al alles geskryf het. Ek glo ek het goed verklaar en verduidelik. Ek kan jou of geen persoon forseer nie. Vir my om dit te verstaan soos ek verstaan is alles so duidelik en is daar geen geen manier dat ek kan glo dat Gen 1 se skepping natuurlik kan wees nie. Maar as dit jou siening is dat ek weghardloop, en dit laat jou goed voel dan is dit goed. Ek weet wat ek glo en dit het “jare” geneem voordat ek dit so gesien en verstaan het, juis omdat ek met ‘n geloof soos julle grootgemaak was. Wanneer God Sy Gees in mens plaas, en jy is kinderlik en nederig glo ek God gee vir jou leiding en spreek tot jou op verskeie maniere. Ek kan daarvan getuig. Jy hoef my nie te glo nie, dit is jou reg. Ek sal eendag vir jou op jou pm my totale ondervinding verduidelik en hoekom ak is en glo soos vandag. Ek sal poog om niks uit te laat nie.

    Dankie

    • Koos, hierdie keer net twee vragies 🙂

      Rakende u stelling op ‘n vorige kommentaar:
      “…NOOIT het ek gesê of geskryf ek glo nie God het hierdie aarde geskape nie…”;
      Wat laat u glo dat hierdie aarde deur God geskape is?

      Rakende u stelling:
      “…is daar geen geen manier dat ek kan glo dat Gen 1 se skepping natuurlik kan wees nie…”;
      Watter spesifieke vers in Genesis 1 laat u glo dat die skepping in Genesis 1 nie natuurlik is nie?

  117. X-oac,
    Dankie ek het na dit gekyk op youtube en wat ek wel opgelet het is dat al hoe meer wetenskaplikis begin glo aan die natuurlike skepping met die opgrawing en toeristing wat hulle vandag het in die begin was dit moeilik om dit te vestaan maar om dat die wetenskap so gevorder het het dit moontelik gemaak dat die skeping werklik was en van hulle vra vandag hoe is dit moontlik dat ons blind was iets wat baie uit staan is Noag en die grootvloed baie mense se dit was onmoontelik met die uitgrawings is dit bewys dat dit wel so was ek het nou al n paar youtubes gekyk waar hulle dit bewys en dit is net n bewys dat die bybel reg is en mens verkeerd
    Koos ek sien uit na wat jy se jy sal my op my Email antwoord en jou ondervindings vertel

    • Dankie Dennis, ek stem saam. Wêreldse mense sukkel om te glo wat in die Bybel geskryf is. Gelowiges glo wat in die Bybel geskryf is. Dis ‘n baie diep saak, God is baie groter en magtiger as wat enigiemand kan dink. Jesus het gesê ‘n slegte en owerspelige geslag soek na ‘n teken (Mattheus 12:39, Mattheus 16:4), ons moet kan glo sonder om ‘n teken te wil sien. Omdat Thomas letterlik vir Jesus gesien het nadat Hy gekruisig was, het Thomas geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het (Johannes 20:29).

  118. OAC Critic. Ja, ek het dit gelees, en ek het ook bg You Tube video gekyk. Ek kan nie anders om nou nog meer te glo ek glo reg nie. Jy self het in jou blok gesê die natuurlike aarde is nie so oud nie, en volgens Dennis en Johan ook nie. Maar steeds volgens wetenskap, en ook die video wat jy aanbeveel het moet hierdie “skepping na natuur” miljoene jare wees. Met vandag se tegnologie is dit selfs ook nog meer duidelik dat hy so baie oud is.

    Dankie

    • En weereens word my vrae omseil 🙂

      Die Bybel se doel is nie om wetenskap te verduidelik nie, daar is duisende boeke in die biblioteek wat dit kan doen.

      As u ‘n wetenskaplike verduideliking wil hê, hier is een:
      Tyd is nie absoluut nie en tyd is ook relatief tot swaartekrag. Dit is wetenskaplik bewys dat die tyd op seevlak stadiger loop waar die swaartekrag groter is in vergelyking met die tyd op ‘n hoë berg waar die swaartekrag minder is en die tyd vinniger verloop. Tyd is elasties. As u teen die snelheid van lig beweeg, vertraag die tyd, en as u vinniger kon gaan as die snelheid van lig, sou tyd en ruimte ineenstort tot niks. Ons het ‘n almanak wat begin met Adam. Die ses dae voor Adam is apart hiervan en die Talmud het dit 1600 jaar gelede al bespreek. Die tyd in daardie ses dae van Genesis word anders beskryf, en sodra ons by die nageslag van Adam kom, is die tydstroom heeltemal in menslike terme. Van Adam af en vooruit is die vloei van tyd heeltemal menslik gebaseer, op aarde gebaseer. Maar voor die tyd is dit ‘n abstrakte konsep asof die Bybel kyk na die gebeure van Genesis vanuit ’n kosmiese tydbeskouing uit. As ‘n wetenskaplike verklaar dat ons heelal 14 miljard jaar oud is, word dit gemeet aan die tyd-ruimte-koördinate van die aarde; dit is, gemeet aan ons siening, ons ligging binne die heelal. Maar daar is ‘n aspek van die heelal wat die persepsie van die tydsberekening van gebeure verander wanneer daardie gebeure gesien word, nie ‘op plek’ nie, maar van ver af, oor ‘n groot galaktiese afstand. Dit is die uitbreiding van die ruimte. Die heelal het begin as ‘n klein spikkeltjie en strek van daar af. Die ruimte is eintlik besig om te rek. Die resultaat van die uitbreiding van die ruimte lewer die effek dat wanneer ‘n reeks gebeure wat diep in die ruimte plaasgevind het, ver van ons sterrestelsel, waar die lig van hierdie gebeure deur die ruimte beweeg, die tydsberekening van die volgorde van gebeure eintlik uitgestrek word. By die beraming van die regte tydsberekening van ‘n reeks afstandsgebeurtenisse, moet daar gekorrigeer word vir hierdie ruimtestrek. Dit is standaard sterrekunde. Tyd word aan die begin geskep. Maar die Bybelse tyd “gryp vas” wanneer materie kondenseer van die stoflose stof van die oerknal-skepping. Wanneer materie kondenseer, opeenhoping, saamvloei, uit hierdie stof so dun dat dit geen wesenlike stof het nie, dan begin die Bybelse horlosie. Die wetenskap het getoon dat daar net een ‘stoflose stof’ is wat in materie kan verander. En dit is energie. Einstein se beroemde vergelyking, E = MC², vertel dat energie van vorm kan verander en die vorm van materie aanneem. En sodra dit in materie verander, is daar Bybelse tydsgryp; die Bybelse horlosie begin. Energie – ligstrale, radiogolwe, gammastrale, x-strale – beweeg almal teen die snelheid van lig, 300 miljoen meter per sekonde. Teen die snelheid van lig gaan die tyd nie verby nie. Die heelal verouder, die tyd het verbygegaan, maar totdat daar stabiele materie was, was daar niks teenwoordig wat die verloop van tyd aanteken nie. Daar is net tyd wat gryp wanneer stabiele materie teenwoordig is. Hierdie oomblik voordat die Bybel horlosie begin, het minder as 1/100.000 sekondes geduur. ‘n Klein tydjie. Maar in daardie tyd brei die heelal uit van ‘n klein stippeltjie, tot ongeveer die grootte van die sonnestelsel. Van daardie oomblik af het ons materie, en die Bybelse tyd voortgevloei. Die Bybelse horlosie begin hier. Die sleutel is dat die Bybel vanaf die skepping van die heelal tot die skepping van Adam in die toekoms vorentoe kyk, vanaf tyd-ruimte-koördinate toe die heelal baie kleiner was as wat dit vandag is. Sedertdien het die heelal uitgebrei. Ruimte strek, en dat die uitbreiding van ruimte die persepsie van tyd totaal verander.

      Net bietjie stof tot nadenke, ‘n boom se ouderdom kan maklik vasgestel word deur die ringe in die stomp te tel. Hoe lank leef ‘n boom voor dit aan ouderdom sterf? Hoeveel bome is daar tans in die wêreld met ten minste ‘n miljoen ringe in die stomp?

      Hoe lank gaan u nog swyg en my vrae omseil?

  119. Koos,
    Ek is jammer om jou teleur testel of jy lees nie wat ons op sit nie of jy kan nie onthou nie ek het op die blok gese die aarde is+-6000 jaar oud ek is maar dom met computers ek weet nie hoe om iets van youtube oortedraa nie maar gaan kyk vir jou self op Verbasende Ontdekings na deel 6,7 hier gaan jy sien dat die aarde nie so oud is wat jy en sommige mense se nie, Ek glo nie in die ou se kerk nie maar sy stelling en wat uitwys oor die aarde is reg hy is n profeser in wetenskap op n kaapse unieversietyd
    groete

  120. OAC Critic, ek het soveel getuienis in natuur, en as ons na die volmaaktheid van die natuur kyk is dit beslis dat dit deur “God” geskep moet wees. ‘n Almagtige. Juis daarom wil God dat ons as mens moet lewe met respek en omgee vir Sy skepping. Dit sluit ook mense in. My lewe moet nie net om myself draai nie, maar ook my naastes. Om dit as mens te kan doen het ek nodig om geestelik geskep te word sodat God my daarin leiding gee. Daar word van natuurlike voorbeelde gepraat wat my geestelike lewe moet weërspiël.Hy kon nie vreemde name noem nie, anders sou dit onverstaanbaar wees. Daarom ook, natuur is eerste soos jy al genoem het, daarna die gees, Beteken daar moet eers ‘n Koos wees voordat daar ‘n geestelike skepping in my kan plaasvind.
    Dan die rede hoekom ek nie glo dit is natuurlikr skepping nie. Hierdie is slegs paar van vele ander wat ek kan noem.
    Gen 1:1  In die begin het God die hemel en die aarde geskape. 
    Gen 1:2  En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters. 
    Gen 1:3  En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig. 
    (2Co 4:6)  Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn—dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.
    Dit is baie duidelik as jy die tekse lees word daar nie van natuur gepraat nie.Beslis verwys 2Kor 4 na Gen 1.
    (Gen 1:6)  En God het gesê: Laat daar ‘n uitspansel wees tussen die waters, en laat dit skeiding maak tussen waters en waters.
    (Gen 1:7)  God het toe die uitspansel gemaak en die waters wat onder die uitspansel is, geskei van die waters wat bo die uitspansel is. En dit was so.
    (Gen 1:8)  En God het die uitspansel hemel genoem. En dit was aand en dit was môre, die tweede dag.
    Indien dit natuur is wat geskape was, is hemel tussen wolke en see. Daar waar ons glo Jesus is. Die uitspansel was hemel genoem.
    Dan die onderwerp waaroor ons al so lank praat.
    (Gen 1:26)  En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.
    (Gen 1:27)  En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.
    God is Gees. Ons as mens nie. Jul arhument dat Adam en Eva was maak nie sin nie. God se beeld word gedra of uitgebeeld deur dade.

    Die mens wat geskape was op 6 de dag was beslis nie die Adam en Eva wat julle glo nie.
    Lees aangahtig hierdie verse.
    (Gen 2:4)  Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is. Die dag toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het,
    (Gen 2:5)  was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie, en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie; want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie.

    Hier word die skepping beskryf as geskiedenis. Toe Adam nou as lewende siel geskep is, word dit duidelik geskryf, daar was nog geen struike en plante nie. Die plante was reeds op die 3 de dag geskep. Dus hierdie Adam, lewende siel wat beskryf word moes dus voor die 3 de dag geskep wees. L.W. lewnde siel.Gaan lees my vorige kommentaars. Waar ek evangelie aanvaar en begin glo. Die 2 de Adam is die een wat op die 6 de dag geskep is. M.a.w. toe God se skepping in my sigbaae word. Deur my dade en werk en God se Gees wat dan in en deur my openbaar, waar ek instrument is, dit is wanneer ek lewenmakende gees word. Soos Paulus beskryf. Is aanvaar as engel, waarlik as Jesus Christus. Om ander dus lewend te maak soos in Efes 2 beskryf word. Alles hier was al meer breedvoerig beskryf.
    Dankie

    • Koos, eerstens wil ek net sê baie dankie dat u uiteindelik begin het om my vrae te beantwoord.

      Rakende u stelling:
      “…as ons na die volmaaktheid van die natuur kyk is dit beslis dat dit deur “God” geskep moet wees. ‘n Almagtige…”;
      Hoekom is dit dan vir u so moeilik om te glo dat daai nie alles in Genesis plaasgevind het nie?

      Rakende u stelling:
      “…Dit is baie duidelik as jy die tekse lees word daar nie van natuur gepraat nie.Beslis verwys 2Kor 4 na Gen 1…”;
      2 Korinthiërs 4:6 verwys baie beslis na Genesis 1, maar Genesis 1 verwys nie na 2 Korinthiërs 4:6 nie. Die natuurlike was eerste, daarna die geestelike. Lees 2 Korinthiërs in konteks asseblief, Die ongelowiges is geestelik verblind deur satan om ongelowig te bly. Daarom kan hulle nie vir Jesus sien wat God op aarde sigbaar kom maak het nie. Om die heerlikheid van Christus met ‘n geestesoog te kon sien beteken om die heerskappy van God op aarde te gesien het. Geestelik gesproke is daar net een ware lig en Sy naam is Jesus (Johannes 8:12, Johannes 9:4-5).

      Rakende u stelling:
      “…Indien dit natuur is wat geskape was, is hemel tussen wolke en see. Daar waar ons glo Jesus is…”;
      Wat laat u glo dat die uitspansel alleenlik tussen die wolke en die see is? Hoekom glo u dat Jesus daar is?
      7de hemel http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2017/05/doctrine-7th-heaven.html

      Rakende u stelling:
      “…God is Gees. Ons as mens nie. Jul arhument dat Adam en Eva was maak nie sin nie. God se beeld word gedra of uitgebeeld deur dade…”;
      Hoe sou Adam en Eva dade uitgebeeld het as hulle net geeste was sonder fisiese liggame? Hoe sou hulle die aarde kon onderwerp en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip?

      Rakende u stelling:
      “…Die mens wat geskape was op 6 de dag was beslis nie die Adam en Eva wat julle glo nie…”;
      Hoekom was daar dan geen mens om die grond te bewerk nie (Genesis 2:5)? Eers daarna het die HERE God die mens geformeer uit die stof van die aarde (Genesis 2:7-8). Hoekom was die mens dan alleen as daar reeds ander mense was (Genesis 2:18)?
      Kyk wat het Jesus gesê terwyl Hy duidelik verwys het na Genesis 1:27, Genesis 2:21-24 en Genesis 5:2:
      En Hy antwoord hulle en sê: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie, en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees (Mattheus 19:4-5).

      Rakende u stelling:
      “…Toe Adam nou as lewende siel geskep is, word dit duidelik geskryf, daar was nog geen struike en plante nie. Die plante was reeds op die 3 de dag geskep…”;
      Hier moet u nou baie fyn lees dan sal dit sin maak:
      Die derde dag (Genesis 1:9-13)
      – GRASSPRUITJIES (Genesis 1:11-12)
      – PLANTE wat SAAD gee (Genesis 1:11-12)
      – BOME wat, volgens hulle soorte, VRUGTE dra, waarin hulle saad is (Genesis 1:11-12)
      Voor die HERE God ‘n tuin geplant het in Eden (Genesis 2:8)
      – Was daar nog geen STRUIKE in die VELD nie (Genesis 2:5)
      – Geen PLANTE van die VELD het nog uitgespruit nie (Genesis 2:5)

      Rakende u stelling:
      “…Die 2 de Adam is die een wat op die 6 de dag geskep is…”;
      En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n LEWENDE SIEL geword (Genesis 2:7).
      Die EERSTE MENS, Adam, het ‘n LEWENDE SIEL geword (1 Korinthiërs 15:45).
      Adam is geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus is die asem van die lewe geblaas. Elke mens het sedert daardie tyd dieselfde eienskappe. Die LAASTE Adam is Christus – lewendmakende Gees. Net soos Adam die eerste van die mensdom was, so is Christus ook die eerste van die wat uit die dood opgewek sal word tot die ewige lewe. Omdat Christus uit die dood opgestaan het, is Hy ‘n lewendmakende Gees wat ‘n nuwe bestaansvorm aangegaan het. Hy is die bron van die geestelike lewe wat die opstanding van gelowiges tot gevolg sal hê.

      Rakende u stelling:
      “…waar ek instrument is, dit is wanneer ek lewenmakende gees word…”;
      Nee Koos, u kan geensins die Here uit die hemel wees nie (1 Korinthiërs 15:42-47).

  121. OAC Critic. Weet nie of mis ons mekaar iewers nie. Hier is jou vrae. Wat ek geantwoord het is presies dit.
    Koos, hierdie keer net twee vragies 🙂

    Rakende u stelling op ‘n vorige kommentaar:
    “…NOOIT het ek gesê of geskryf ek glo nie God het hierdie aarde geskape nie…”;
    Wat laat u glo dat hierdie aarde deur God geskape is?

    Rakende u stelling:
    “…is daar geen geen manier dat ek kan glo dat Gen 1 se skepping natuurlik kan wees nie…”;
    Watter spesifieke vers in Genesis 1 laat u glo dat die skepping in Genesis 1 nie natuurlik is nie?

    Ek het jou “nuwe komentaar ” gelees. Wel, nou gebruik jy absolute wetenskap om jouself te bewys. As ons glo in ‘n Regverdige God, waarom was dit so dat ons voorvaders net die skrifte gehad het. Nie almal sal eens verstaan wat jy daar geskryf het nie, of verduidelik het nie. Ek gebruik slegs die Bybel om my geloof op te vestig. Nie wat ander “wyses” sê nie. Skielik is tyd onbepaald tot 6 de dag. Asb. Jy maak nou werklik van die Bybel ‘n speelding om jouself te bevredig. Waar staan dit in die Bybel dat dit so is. Nou skielik is een dag nie meer een dag nie, en kan die aarde veel ouer wees as wat die skrifte op natuurlike beoordeling bepaal. Stop om slim dinge te gebruik. God openbaar Sy geheime aan Sy kinders. Nie aan wetenskaplikes en ander wat hulself slim hou nie.

    Dankie

    • Rakende u stelling:
      “…Wel, nou gebruik jy absolute wetenskap om jouself te bewys…”;
      Daai stelling is skynheilig, ek verwys u na die OAK, u mede gelowiges sowel as uself:
      “…volgens Genesis 1 vandag 6000 jaar oud wat teenstryding met die wetenskap is. Volgens konkrete bewyse is bepaal dat die aarde waarop ons vandag woon miljoene der miljoene jare oud is…” Module 1 Lesing 1 – Aarde, Mei 11, 2011
      “…Die wetenskap self bevestig die siening in die OAK ten opsigte van die Bybel…” Melt Olckers, October 3, 2019 at 8:20 am
      “…Daar is baie wat gewys kan word wat die Bybel histories en wetenskaplik onbetroubaar maak…” Melt Olckers, October 3, 2019 at 8:20 am
      “…Die Ou Apostoliese Siening van die lewe na die dood is dan ook in ooreenstemming met die wetenskaplike siening van Kwantum Fisika…” Melt Olckers, October 3, 2019 at 8:20 am
      “…baie van jou verklaring weer teenstrydig is met spesialiste op daardie gebied …” Koos, October 19, 2019 at 4:13 am
      “…Jare terug was daar nie soveel kennis soos nou aangaande die wetenskap nie. Hoekom sal God dit nou vir ons geslagte makliker maak?…” Koos, October 19, 2019 at 4:13 am
      “…Maar steeds volgens wetenskap, en ook die video wat jy aanbeveel het moet hierdie “skepping na natuur” miljoene jare wees. Met vandag se tegnologie is dit selfs ook nog meer duidelik dat hy so baie oud is…” Koos, November 18, 2019 at 12:32 pm

      Rakende u stelling:
      “…As ons glo in ‘n Regverdige God, waarom was dit so dat ons voorvaders net die skrifte gehad het…”;
      Ek verwys u na my vorige kommentaar:
      “…Die Bybel se doel is nie om wetenskap te verduidelik nie, daar is duisende boeke in die biblioteek wat dit kan doen…” Ex-OAC critic, November 19, 2019 at 10:07 am

      Rakende u stelling:
      “…Ek gebruik slegs die Bybel om my geloof op te vestig. Nie wat ander “wyses” sê nie…”;
      Ek verwys u weereens na die OAK, u mede gelowiges sowel as uself, lees die eerste paragraaf.

      Rakende u stelling:
      “…Asb. Jy maak nou werklik van die Bybel ‘n speelding om jouself te bevredig. Waar staan dit in die Bybel dat dit so is…”;
      Gaan kyk in die spieel asseblief.

      Rakende u stelling:
      “…God openbaar Sy geheime aan Sy kinders. Nie aan wetenskaplikes en ander wat hulself slim hou nie…”;
      Presies, dis die verskil tussen ‘n gelowige en ‘n ongelowige. Wêreldse mense sukkel om te glo wat in die Bybel geskryf is. Gelowiges glo wat in die Bybel geskryf is. Jesus het gesê ‘n slegte en owerspelige geslag soek na ‘n teken (Mattheus 12:39, Mattheus 16:4), ons moet kan glo sonder om ‘n teken te wil sien. Omdat Thomas letterlik vir Jesus gesien het nadat Hy gekruisig was, het Thomas geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het (Johannes 20:29).

  122. OAC Critic. Luister ek weet eerlik nie wat jy probeer verduidelik nie. Soveel van jou verduidelikings probeer jy wys die Bybel is reg en natuurlik, dan weer dat die teenoorgestelde. Jy is die een wat ons almal probeer wys maak dat alles wel net ongeveer 6000 jaar is. Hoekom sal jy dan daarna video’s aanstuur dat aarde geskep is deur God , maar wel ook miljoene jare oud is. Daarom verstaan ek nie werklik jou standpunt nie. Jy is baie vinnig om te sê ek antwoord nie jou vrae nie, maar tog jy bly verwys na jou blog. Ek het volgens my baie duidelik beskryf waarom ek sekere dinge glo soos ek doen, met skriftuurlike ondersteuning, nie ander mense se sieninge nie. Niks is terug beantwoord nie. Soos Johan veral wat my en die OAK aangeval het en gesê het ons is antichriste. Ek het skriftuurlik gewys hoekom nie, Hy het nie geantwoord nie, maar dit net verder afgemaak ons is ‘n kulte ens. Ek kan jou sê, ek het nie eens enige ervaring beskryf waar God dinge aan my bekend gemaak het nie, en hoe nie. Dit sou ook geen verskil maak nie, want julle mag dit afmaak as “leuen”. Ons word beoordeel terwyl daar “bewyse” is van ons stellings, so dit wat onsigbaar is en aan sekeres openbaar word sal dus beslis nie geglo word nie. Veral nie deur anti OAK mense nie. Mense wat ons klaar geoordeel het nie.

    Ek wil net weer sê, ek het al die meeste van jou blog gelees. Ek vind baie daarvan interesant, en ek kan sien jy het goeie en deeglike studie gemaak en jy ken jou skrifte, maar dit is egter duidelik dat jy OAK probeer “swartsmeer”. Jou doel is volgens my ongoddelik.Hoekom? Daar is beter maniere om reg te help. Ek kan nie dink dat as ek in die krag en heiligheid van God glo wat in en deur mens leef ek ‘n sekte is nie.Ook nie ‘n kult soos jy noem nie. Beslis nie. Soos ek al genoem het. Volgens skrif het God dit van die vroegste tyd af so gedoen deur mens te gebruik om Sy volk te lei. Ons glo almal volgens skrif dat God onveranderlik is, of hoe? Nou waarom sal Hy dit nie ook vandag so doen nie? God oordeel nie mense soos ons nie, Hy ken en toets die hart van die mens. Ons probeer leef waar ons ons lewens vir ander “gee”, om van hulle beter mense te maak, waar hulle dieselfde moet poog om te doen. God toelaat in hul lewens om hulle te gebruik as diensknegte. Sal God iemand wat deel van sy eie lewe “offer” vervloek terwyl ons alles in Sy naam doen.

    Genoeg vir nou.
    Dankie

    • Rakende u stelling:
      “…Hoekom sal jy dan daarna video’s aanstuur dat aarde geskep is deur God , maar wel ook miljoene jare oud is…”;
      Want die OAK se hele leerstelling begin en val by hul beperkte kennis van die wetenskap.om Genesis 1 te verdraai. Die OAK vergelyk ‘n berekende getal as onfeilbare feite teenoor Genesis 1. Ek probeer wys dat selfs ‘n wetenskaplike groter geloof het in God as die OAK en dat selfs ‘n wetenskaplike glo dat God die natuurlike skepping geskape het, dit was nie ‘n verbeeldingryke skepping in sy kop nie. Hoe dink u het mense die Bybel gelees en verstaan nog voor Ernest Rutherford in 1905 radiometriese datering uitgevind het as ‘n metode om die ouderdom van die aarde te bepaal? Die idée dat die skepping ‘n verbeeldingsreis binne die kop is, is ‘n moderne konsep. Selfs Carl Klibbe, stigter van die OAK, het as “apostel” anders geglo as wat die OAK nou glo. Ek het ook gehoop om u wetenskaplike kennis bietjie te verskerp en u daarop attent te maak dat miljoene jare en ses duisend jare alles afhang uit watter hoek u daarna kyk, die tyd-ruimte-koördinate van die aarde of van ver af oor ‘n groot galaktiese afstand. Tyd is nie absoluut nie, dis elasties soos ‘n balon. Ons heelal is besig om te strek teen die spoed van lig of selfs vinniger. In elk geval, as u nie verstaan nie, los dit eerder. Dit het my ook ‘n rukkie geneem voor ek die konsep gesnap het.

      Rakende u stelling:
      “…Jy is baie vinnig om te sê ek antwoord nie jou vrae nie, maar tog jy bly verwys na jou blog…”;
      Ek antwoord darem, hoe dit ookal sy 🙂

      Rakende u stelling:
      “…Ek het volgens my baie duidelik beskryf waarom ek sekere dinge glo soos ek doen, met skriftuurlike ondersteuning, nie ander mense se sieninge nie…”;
      Volgens u dalk, maar vir die res van ons is dit nie so duidelik nie. Die skriftuurlike ondersteuning wat u gebruik is myns insiens aan die gebrekkige kant en moet darem binne konteks wees en deur die hele Bybel se verwysings ondersteun word.

      Rakende u stelling:
      “…die OAK aangeval het en gesê het ons is antichriste. Ek het skriftuurlik gewys hoekom nie…”;
      Nie eintlik nie, en ongeag van wat u kwytraak is daar genoeg bewyse dat die OAK nie glo in Jesus Christus, die Nasaréner, wat omtrent 2000 jaar terug as mens gekruisig was nie. Lees maar die OAK se TOK en ander dokumente, nie eers te noem wat lede gedurende “broodbreek” kwytraak nie.

      Rakende u stelling:
      “…ek kan sien jy het goeie en deeglike studie gemaak en jy ken jou skrifte, maar dit is egter duidelik dat jy OAK probeer “swartsmeer”…”;
      Ek hoef nie die OAK te probeer “swartsmeer” nie, ‘n boom word geken aan sy vrugte.

      Rakende u stelling:
      “…Jou doel is volgens my ongoddelik.Hoekom? Daar is beter maniere om reg te help…”;
      Vertel bietjie, ek luister graag.

      Rakende u stelling:
      “…Ons glo almal volgens skrif dat God onveranderlik is, of hoe? Nou waarom sal Hy dit nie ook vandag so doen nie?…”;
      Interessante vraag 🙂 Dit bring my weer na die OAK se vertolking van Genesis 1. Hoe het gelowiges deur al die eeue heen Genesis 1 gelees en verstaan voordat Ernest Rutherford in 1905 radiometriese datering uitgevind het as ‘n metode om die ouderdom van die aarde te bepaal?

      Rakende u stelling:
      “…Sal God iemand wat deel van sy eie lewe “offer” vervloek terwyl ons alles in Sy naam doen…”;
      Laat ek u verwys na ‘n stelling in die OAK se versegelings dokument
      “…deur die opoffering van sy bloed vandag vir my deur sy gesalfde beamptes wat gewerk het, hulself vir my opgeoffer het, is my oortredinge uitgewis. Ek is met God versoen…”
      Daar is net EEN middelaar tussen God en mense, die MENS Christus Jesus (1 Timótheüs 2:5-6); daar is GEEN ander offer wat vandag vir die sonde gebring moet word nie (Hebreërs 7:24-27, Hebreërs 10:10- 14). Om hierdie “verseëling” in die OAK te ondergaan, is om die offer wat Jesus aan die kruis vir u gemaak het, te ontken en u is steeds dood in u sondes (1 Petrus 1:18-19). Lees ook Psalms 16:4.

  123. more almal,
    ek wil dan net graag weet hoe oud was die aarde toe Adam gesterf het want ons almal stem saam dat Adam die eerste mens was waarin God die asem van lewe in hom geblaas het en hy toe n lewende siel geword het Gen5v5 was Adam 930 jaar oud toe hy gesterf het hoe oud was die aarde dan

    • As mens die Skrif noukeurig deurlees, kom ‘n mens agter dat hoe kritieser ‘n onderwerp is, hoe meer direk praat die Bybel daaroor. Die belangrikste dinge is die gewone dinge.

      Daar is verskillende maniere om die ouderdom van die aarde te bepaal. Elke metode maak staat op sekere aannames wat al dan nie akkuraat is nie. Almal val in ‘n spektrum tussen Bybelse letterlikheid en wetenskaplike letterkunde.

      Een metode om die ouderdom van die aarde te bepaal, veronderstel dat die ses skeppingsdae wat in Genesis 1 aangebied word, letterlik 24 uur periode was (al was die son maan en sterre eers op die vierde “dag” geskep), en dat daar geen leemtes in die chronologie of genealogie van Genesis is nie. Die jare wat in die geslagsregisters van Genesis gelys word, word dan bygevoeg om ‘n benaderde tyd vanaf die skepping tot sekere Ou-Testamentiese figure te kry. Met behulp van hierdie metode, kom ons op ‘n ouderdom van ongeveer 6000 jaar. Dit is belangrik om te besef dat die Bybel die era van die aarde nêrens uitdruklik vermeld nie – dit is ‘n berekende getal.

      ‘n Ander metode om die ouderdom van die aarde te bepaal, waarop Koos en sy OAK makkers baie klem lê, is om bronne soos radiometriese (koolstof) datering, geologiese siklusse, ensovoorts te gebruik. En al pas Koos dubbele standaarde op my toe rakende die wetenskap, dit is tog wetenskaplik bewys dat tyd nie absoluut bly nie en dat tyd kan strek, soos ‘n balon wat gemeet word voor en na dit opgeblaas word. Selfde balon – verskillende mates. Deur verskillende metodes te vergelyk en te sien of dit in lyn is, probeer wetenskaplikes bepaal hoe oud die planeet is. Dit is die metode wat gebruik word om op ‘n ouderdom van ongeveer 4 tot 5 miljard jaar te kom. Dit is belangrik om te besef dat daar geen manier is om die ouderdom van die aarde direk te meet nie – dit is ‘n berekende getal.

      Albei hierdie metodes om die ouderdom van die aarde te bepaal, het potensiële nadele. Daar is teoloë wat nie glo dat die teks van die Bybel vereis dat die skeppingsdae letterlik 24 uur is nie,en verskil dus oor die korrekte interpretasie van enkele verse.

      Aan die ander kant is radiometriese datering slegs nuttig of akkuraat tot op ‘n sekere punt, veel minder as die omvang van die aarde. Geologiese tydskale, fossielrekords, ensovoorts is baie afhanklik van aannames en is onderhewig aan modelleringsfoute. Dieselfde geld waarnemings van die groter heelal; ons kan slegs ‘n klein fraksie sien van alles wat bestaan, en baie van wat ons “weet” is teoreties. Kortom, daar is baie redes om te glo dat sekulêre ramings vir die ouderdom van die aarde ook verkeerd is. Dit is goed om op die wetenskap te vertrou om wetenskaplike vrae te beantwoord, maar die wetenskap kan nie as onfeilbaar behandel word nie.

      In werklikheid is daar geen onversoenbare teologiese teenstrydigheid tussen die Christendom en ‘n ou aarde nie. Daar is ook nie ‘n ware wetenskaplike teenstrydigheid op ‘n jong aarde nie. Diegene wat anders beweer, skep verdeeldheid waar geen behoefte bestaan nie. Wat ook al die siening van ‘n persoon is, wat belangrik is, is of hy vertrou in die Woord van God om waar en gesaghebbend te wees.

      Ons hoef nie die geloof van ons broers en susters in Christus wat met ons verskil oor die ouderdom van die aarde, te bevraagteken nie. Ons glo dat ‘n mens aan die ou aarde-kreasionisme kan vashou en steeds by die kernleerstellings van die Christelike geloof hou.

      Paulus het gelowiges aangespoor om nie twis te veroorsaak oor dinge wat nie in die Bybel uiteengesit word nie (Romeine 14:1–10, Titus 3:9). Die era van die aarde is nie “eenvoudig” in die Skrif nie. Dit is ook nie die “belangrikste” nie, omdat die siening van die aarde se ouderdom geen noodsaaklike implikasies het vir ‘n mens se siening van sonde, verlossing, moraliteit, hemel of hel nie. Ons kan baie weet oor wie geskape het, waarom Hy geskape het, en hoe ons bedoel is om met Hom te praat, maar die Bybel vertel ons nie ondubbelsinnig presies wanneer Hy geskep het nie.

  124. Middag almal,
    As die oak amte en lede nie glo in die natuurlike skepping nie glo hulle in die sondevloed in Noag se tyd waar net8 mense en diere gered is

  125. Dennis en Ex oac,
    So is almal in die oak.
    Sodra n mens hulle foute uitwys “oordeel” jy. Ek praat van die foute in en met hulle
    geloof. Daar is mense in die Jehova Getuienis wat sal kan getuig dat God hulle gehelp het. Maar ons weet die, Jehova getuienis is n kult. Net so die mormons, en ons weet hulle is n kult. Nou net so weet ons Koos se hy het n getuienis. Maar ons weet die oac is n kult
    Ek het dit voorheen uitgewys, en ek doen dit weer. As die skepping van God geestelik was. en dit alles het binne in, n mens plaasgevind. Kan dit alleen in die verbeelding plaasvind. As die mens nou tot stof terug keer, gaan die oac lede/ampte waarheen ? Dennis het dit genoem hulle se op n begrafnis: “Gaan geseende siel ver weg van die wereld……” Nou waar gaan hulle heen ? Hulle het al die tyd gegloo hulle is in die “hemel”. Maar nou moet hulle uivind hulle was in die wereld. Hulle gaan dan in hulle overgestelde se kop in. Maar wat het dan van die hemel binne in hulle geword wat deel was van die skepping ? As jy sit en met hulle gesels, vind jy uit dat hulle glo hemel en hel is n toestand. En die toestand het nou saam met die mens
    gedooi, want dit is die skepping binne in hom. Daarom moet hulle nou na die overgestelde se “kop” gaan want, dit is die god wat hulle gedien het. En so regverdig hulle, hulle self om te se daar is 7 hemele. Ek wonder maar net wat gebeur as die “overgestelde” dooi. en die ander sielle wat nou in sy kop was, waar gaan hulle heen ? Hulle kan tog nie saam met hulle overgestelde gaan nie, want die ou het n ander god gedien as hulle. Nou as ons na al die goed kyk, wat hulle glo, kan ek nie dink hulle lees die bybel nie. Dit is maklik om n versie hier en daar rond te gooi, soos wat Koos doen. En intussen is al die verse uit konteks uit. Met dit alles wat hulle glo kan n mens duidelik sien, die oac is n baie gevaarlike kult.

  126. Dennis, Adam was nie noodwendig die eerste natuurlike mens nie, Nie almal glo soos jy dit beskryf in jou vraag nie. Dan jou vraag oor Noag se antwoord behoort jy self te antwoord. Gaan lees ook net OAC Critic se blog. Daar sal jy baie van jou vrae beantwoord kry oor wat en hoe OAK glo. Dit is redelik naby soos dit beskryf word.

  127. OAC Critic. Ek kan nie jou antwoorde aanvaar nie. Dit is gebasseer op hoe jy die bybel wil verstaan. Net soos jou argument is hoe ek die bybel verstaan. Jy lees verby die verklarende “woorde”. Gen 2:4  Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is. Die dag toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het,

    Hy beskryf die skepping se begin. Waarom sal dit begin word op die 6 de dag. Dan word die geskiedenis mos nie korrek beskryf nie of hoe?
    Jy is korrek as jy verduidelik omtrent die konteks van 2 Kor 4. Dit is ook juis my punt van die begin is. Toe ek ook nog nie geglo het in die evangelie wat ek nou glo nie, het God die Lig in my geskep. Ek was ook ongelowige. Gaan lees gerus waar ek die eerste dag volledig beskryf het. Daardie lig is juis die “verstaanbaarheid en kennis” van hierdie wonderlike geestelike evangelie wat verkondig word. Die wat aan natuur vashou sukkel werklik om dit te aanvaar, Met rede. 1Co 2:14  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.

    Hierdie natuurlike mens is soos die laaste deel beskryf se teenoorgestelde. Natuurlike denke en beoordeling van God se Geestelike krag wat ook in Sy evangelie opgesluit is.

    Dankie

  128. Johan, baie eerlik . Ek dink jy het proffesionele hulp nodig. Jy glo in die Bybel maar oordeel nie net my geloof nie, maar ook sommer die mense. Jy is nou ;n baie duidelike voorbeeld van die teks wat ek genoem het in vorige kommentaar. 1Co 2:14  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word

    Lyk my jy lees alles vreeslik oppervlakkig. net soos jou beskuldiging van antichriste. Wat jy glo is soos ‘n antichris. Ek het vir jou tekse gegee hoekom ons nie anti christe is nie. Het jy die teendeel bewys? Beslis nie, want jy sal nie kan nie. As jy net wil oordeel en beledig gebruik asb ‘n ander platform.

    Dankie

    • Koos, ek het u al oor en oor gevra, glo u dat Jesus, die Nasaréner die Christus is? Dit hoort ‘n eenvoudige antwoord te gewees het, net ‘n “ja” of ‘n “nee”. Ek weet wat is u eintlike antwoord want ek het ook geglo soos wat u nou glo. Die antwoord is nee, u glo nie dat Jesus, die Nasaréner die Christus is nie. Daarom het u heeltyd daaroor stilgebly.

      Ek gaan u nou verwys na u vorige kommentare:
      “…As Jesus mens was met opvaring, hoe ver sal opvaring wees. Mens kan nie nie sonder suurstof nie…” Koos, October 25, 2018 at 6:12 am
      “…God gebruik mense as “Verlossers”. Ons is tog Sy liggaam…” Koos, October 10, 2019 at 4:03 am
      “…Sy Seun kom dus tot geboorte in elkeen van ons. Die Siel, vrou in my lewe wat maagd is word deur God bevrug, en die Seun, of Lig word in my gebore, en kan deur my leef…” Koos, October 10, 2019 at 12:04 pm
      “…Die Josef wat skrynwerker was, ons as mens wat met verganklike dinge besig is dag vir dag, neem steeds die Goddelike plig om ook die kind Jesus in ons groot te maak…” Koos, October 10, 2019 at 12:04 pm
      “…Duidelik is hierdie Jesus nie mens self nie…” Koos, October 10, 2019 at 12:04 pm
      “…en Jesus ook in hom tot geboorte gekom het, en hy Jesus kon openebaar…” Koos, October 10, 2019 at 12:04 pm
      “…hulle wie die evangelie aanvaar soos ‘n Christus is…” Koos, October 17, 2019 at 7:35 am
      “…soos Hy my skep, tot ‘n Lewend makende Gees…” Koos, October 19, 2019 at 4:13 am

      Ek gaan u nou verwys na u mede OAK makkers op hierdie draad:
      “…Christus bestaan van ewigheid af. Jesus is gebore uit die maagd Maria en in Jesus het Christus gestalte gekry…” Ronald de Villiers, September 10, 2018 at 6:20 pm
      “…let op die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, Christus Jesus, Duidelik verwys die vers na apostolies…” Ronald de Villiers, September 10, 2018 at 6:20 pm
      “…Jesus is dood,Christus kani nou hier wees nie,sal nooit meer hier wees nie maar ek en meskien jy as jy wil is in plek v Christus…” Garra, October 22, 2018 at 8:54 am
      “…die ligaam het baie lede – Jesus maar die gees is dieselfde – Christus…” Ronald de Villiers, October 22, 2018 at 12:53 pm
      “…Jesus kon ook self nie in die vlees in die Koninkryk opgevaar het nie…” Melt Olckers, October 3, 2019 at 8:20 am

      Ek gaan u nou verwys na u “Jesus Christus”:
      “…Die besit van die Heilige Gees is noodsaaklik vir toegang tot en voortgesette inwoning van die koninkryk van God (die Kerk) en om as die eiendom van Christus (die Kerk) gereken te word…” OAK TOK, Junie 8, 2019
      “…Baie mense kry egter nie die geleentheid, terwyl hulle lewe, om aan Jesus Christus (die Kerk) bekendgestel en met die drie sakramente bedien te word, om tot wedergeboorte te kom en die belofte van God, te beërwe nie…” OAK TOK, Junie 14, 2019
      “…As Jesus dus in die vlees uit die graf opgestaan het, is dit nie vir ons van belang nie, want die Skrifte beklemtoon Sy geestelike opstanding in ‘n verheerlikte liggaam met vele lede, naamlik die Kerk…” OAK TOK, Julie 2, 2019
      “…Skrifte want dit getuig van die Here. Dit getuig ook van die feit dat ons, ons lewe in die Vader, deur die Seun Jesus Christus, die Kerk kanaliseer…” OAK TOK (Apostel Smit), Augustus 22, 2019
      “…volhard in die geloof sodat hulle lidmaatskap van Jesus Christus, die Kerk, volkome kan wees…” OAK TOK, Oktober 10, 2019
      “…God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in Sy Seun, Jesus Christus, die Kerk…” OAK TOK, November 17, 2019

      OAK lede glo mos Jesus is eintlik dood, ander weer glo dat Hy nooit fisies mens op aarde was nie, daarom glo hulle nie in Sy fisiese wederkoms nie.

      Vergelyk nou die bogenoemde stellings met net ‘n paar versies uit die Bybel:
      Mattheus 24:23-26 As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! —moet dit nie glo nie. Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê. As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn—moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer—moet dit nie glo nie.

      Lukas 24:36-39 En terwyl hulle hieroor praat, staan Jesus self in hul midde en sê vir hulle: Vrede vir julle! Toe het hulle verskrik en baie bang geword en gemeen dat hulle ‘n gees sien. En Hy sê vir hulle: Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle hart op? Kyk na my hande en my voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want ‘n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie.

      Johannes 20:30-31 Nog baie ander tekens het Jesus voor sy dissipels gedoen wat in hierdie boek nie beskrywe is nie; maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glo die lewe kan hê in sy Naam.

      Handelinge 1:9-11 En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem. En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle, wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.

      Handelinge 4:10-12 laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan. Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat ‘n hoeksteen geword het. En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

      1 Timotheus 2:5 Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus.

      Rakende u stelling:
      “…Ek het vir jou tekse gegee hoekom ons nie anti christe is nie…”;
      Die tekse wat u uitgekies het bewys nie u argument nie (Koos, October 2, 2019 at 5:02 pm), daar is ander tekse wat meer van toepassing is. Johan het u dalk nie direk beantwoord nie, maar hy het vir Ronald beantwoord (Johan, September 10, 2018 at 8:02 pm).
      Hoekom dink u het ek heeltyd dieselfde vraag gevra? Dis nogal veelseggend dat u versuim het om die volgende teks te plaas in u argument (Koos, October 2, 2019 at 5:02 pm):
      Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën (1 Johannes 2:22).
      Let wel Koos, die Bybel praat net van EEN Jesus; Jesus Christus, die Nasaréner.

  129. OAC Critic, ek is baie eerlik as ek sê al die tekse wat ly noem, ken ek en was deel van my arsenaal jare terug voor ek deel van OAK was. nadat ek en ander ure gewirdtel en brood gebreek het wat oor jare gestrek het het ek begin om geestelike siening te ontwikkel, en het ek alles begin verstaan soos nou. Ek kan wel een ding erken, en jy noem dit ook in jou blok. Baie OAK lede is nie almal op een bladsy as dit kom by Jesus nie en of Hy mens was of nie. Ek het in die begin gesê ek is oortuigbaar sou dit uit die skrifte wees. Vir my is daar in al die tekse wat jy genoem het,’n geestelike verklaring en hoe dit deel van my lewe is elke dag. Ek erken dat as mens nie behoorlik broodbreek en daaroor gesels nie kan dit twyfel bring. Ek glo dat Jesus die Christus is.Ek Glo Hy is ons verlosser en Saligmaker. Absoluut.

    Dankie

  130. Koos,
    watter Jesus Christus praat jy van want X-oac het al n paarkeer vir jou gevra glo jy in Jesus die Nasereener is dit nou n geestilike een of die een wat op die aarde geloop het

  131. Dankie Koos,
    Ek het jou raad gevolg en het professionele hulp gekry. Jy is nou tipies soos een wat n tantrum gooi. En die rede is, omdat jy nie kan sien, die oak is n kult nie. Die goed wat julle glo, wys tog duidelik dat julle die antichris is. Jesus kom weer om ons te kom haal. Waarvan af kom Jesus? van die Hemel af, waar hy sit aan die regterkant van God die Vader. Dit is “die” Jesus waar in jy moet glo.
    Dit is die Jesus wat ex oac aan jou wil voorstel. Dit is die een wat saligheid gee, nie die oac nie. Maar moet nie sleg voel nie. Die skrifte wys vir ons dat in die laaste dae, baie verlei gaan word. Wie verlei die mense? Die Antichris soos die oac verlei baie mense. Kom uit haar uit. Word deel van die uitverkorines

    Dankie.

  132. Geestelike is juisom te besef die skrifte gebruik natuurlike beskrywings, wat geestelik toegepas word in die lewe waar dit tot voordeel van die siel, of vir ander se siele sal wees. Dit was en is presies wat Paulus beskryf.Mens openbaar Gees van redding. Die mens wie dit openbaar , openbaar ‘n Christus wat deur hom of haar leef.
    Kyk en lees vlg tekse. Hy verklaar hoe alles in sy lewe verander het. Ek glo in onveranderlike God, en glo Hy sal op dieselfde manier steeds openbaar.
    Gal 1:1  Paulus, ‘n apostel nie vanweë mense of deur ‘n mens nie, maar deur Jesus Christus en God die Vader wat Hom uit die dode opgewek het, Gal 1:10  Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie. 
    Die gedeelte tussen die verse gaan oor die wat so maklik afvallig word om mense te behaag, Dan volg die resep van verandering.
    Gal 1:11  Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie. 
    Gal 1:12  Want ek het dit ook nie van ‘n mens ontvang of geleer nie, maar deur ‘n openbaring van Jesus Christus. 

    Lees mooi, evangelie nie na mens is nie. Openbaring van Jesus Christus. Baie eenvoudige en duidelike verklaring sou ek sê.

    Dan ‘n bewys nie almal sal verstaan en glo nie. Slegs wie Hy uitverkies.
    Gal 1:15  Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het, 
    Gal 1:16  om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom onder die heidene sou verkondig, het ek dadelik nie vlees en bloed geraadpleeg nie, 

    Dit is wat ek as “geestelik: beskou. Jy moet skrifte in jou lewe “toepas” en in jou natuurlike lewe die “Gees” openbaar. Soos beskrf is in 1Joh 1:13-14 beskryf word. (Soos ‘n Enigeborene van God, vol genade en waarheid”.

    Dankie

    • Dankie Koos, ek waardeer regtig u eerlikheid en bereidwilligheid om hier deel te neem aan die gesprek. Ek weet daar is talle ander OAK lede en mense wat onder OAK “getuienis” is wat baat sal vind by hierdie gesprekke 🙂

      Rakende u stelling:
      “…Geestelike is juisom te besef die skrifte gebruik natuurlike beskrywings, wat geestelik toegepas word in die lewe…”;
      Wanneer ons wedergebore word, ontvang ons die Heilige Gees wat ons verseël vir die dag van verlossing (Efesiërs 1:13, Efesiërs 4:30). Jesus het belowe dat die Heilige Gees ons in die hele waarheid sal lei (Johannes 16:13). ‘n Deel van die waarheid is om die dinge van God te neem en dit in ons lewens toe te pas. Wanneer daardie toepassing aangepas word, maak die gelowige dan ‘n keuse om die Heilige Gees toe te laat om hulle te beheer. Ware geestelikheid is gebaseer op die mate waarin ‘n wedergeborene die Heilige Gees toelaat om hulle lewe te lei en te beheer. Deur met die Gees vervul te word, laat ons die Heilige Gees bloot in beheer te wees, eerder as om oor te gee aan die begeertes van ons eie vleeslike aard. Net soos u kan sien wanneer iemand dronk is vanweë die eienskappe wat hulle toon, so sal ‘n wedergeborene deur die Heilige Gees beheer word, ook sy kenmerke vertoon. Ons vind daardie eienskappe in Galasiërs 5:22-23 waar hulle die “vrug van die Gees” genoem word.
      Dit beteken geensins dat die Bybel verdraai moet word nie en ek is bly dat u erken “die skrifte gebruik natuurlike beskrywings”, ons maak goeie vordering 🙂
      Let wel: Wanneer ONS WEDERGEBORE word en NIE Jesus wat as KIND in ons moet GROOTWORD nie!

      Rakende u stelling:
      “…Die mens wie dit openbaar , openbaar ‘n Christus wat deur hom of haar leef…”;
      Daar is net EEN ware Christus en Sy Naam is Jesus. Hier verwys u na ‘N Christus wat duidelik nie verwys na die EEN ware Christus nie, dus ‘n valse christus (Mattheus 24:23-28, Markus 13:21-23).

      Rakende u stelling oor Galasiërs 1:
      “…Kyk en lees vlg tekse. Hy verklaar hoe alles in sy lewe verander het…”;
      Het u mooi gelees, Paulus ‘n apostel nie vanweë die OAK of deur die OAK nie, die evangelie wat deur hom verkondig is, nie na die OAK is nie, ook nie van ‘N christus of die OAK ontvang of geleer nie, maar deur ‘n openbaring van die ware Jesus Christus. Inderdaad ‘n baie eenvoudige en duidelike verklaring.

      Rakende u stelling:
      “…Dan ‘n bewys nie almal sal verstaan en glo nie. Slegs wie Hy uitverkies…”;
      Het u mooi gelees dat Paulus nêrens verwys na “Sy Seun, Jesus Christus, die Kerk” nie? Op pad na Damaskus het iets totaal onverwags met Paulus gebeur, God het tussenbeide getree en hom dadelik tot apostel geroep. Paulus beklemtoon dat dit ‘n Goddelike ingryping was wat daar plaasgevind het. Soos die profeet Jeremia, het God ook vir Paulus voor sy geboorte afgesonder (Jeremia 1:5). Paulus praat daarvan, nie as sy bekering nie, maar as ‘n Goddelike roeping, God het die opgestane Christus aan hom bekendgemaak. Het u opgelet na die res van die versies in daai hoofstuk? Paulus het nie na Jerusalem opgegaan na die wat voor hom apostels was nie, maar na Arabië vertrek en weer teruggegaan na Damaskus. Drie jaar daarna, het hy na Jerusalem opgegaan om met Petrus kennis te maak en vyftien dae by hom gebly. Hy het niemand anders van die apostels gesien nie, behalwe Jakobus, die broer van die Here (Galasiers 1:17-19). Paulus het die kentekens van ‘n apostel onder die Korinthiërs verwerklik met alle volharding deur tekens, wonders en kragtige dade (2 Korinthiërs 12:12). Hoe vergelyk dit met die OAK se “apostels” wat eers “Jakob se leer” moet klim voor hulle die amp van “apostel” mag beklee? Watter een van die OAK se “apostels” het die kentekens van ‘n apostel?

      Rakende u stelling:
      “…Soos beskrf is in 1Joh 1:13-14 beskryf word…”;
      Ons lees duidelik nie uit dieselfde Bybel nie, 1 Johannes 1 het net 10 versies. Is die ander versies deel van u “geestelike” verbeelding?
      Daar is net EEN Jesus, die Woord wat vlees geword het, wat deel van die hemelse werklikheid van God is en die aardse werklikheid van mense betree en soos een van ons hier op aarde kom woon het. Hy het “tent opgeslaan” en onder Sy volk kom woon, soos God onder die Israeliete in die tabernakel in die woestyn kom woon het. Heerlikheid en liefdevolle goedheid hou met God en sy tabernakel verband. Deur Sy aardse optrede het mense Sy heerlikheid duidelik gesien, hulle kon sien hoe belangrik Hy regtig is, dat Hy die Here is. Eniggeborene verwys na die uniekheid van Jesus in Sy verhouding met die hemelse Vader. Jesus is nooit maar net ‘n mens nie en geen mens kan ooit werklik soos Jesus wees nie. Jesus is uniek. Juis daarom is genade en waarheid die kenmerk van Jesus se optrede. Dit is albei Goddelike eienskappe. Genade dui op iets wat onverdiend aan iemand gegee word. Jesus hoef nie te kom doen wat Hy gedoen het omdat ons dit verdien het nie, niemand kan dit ooit verdien nie! God is eg en onvervals en is daarom die maatstaf van waarheid. As iets met God se wil of wese ooreenstem, is dit waar en eg.

  133. Dennis ek Glo aan die een wat Gees is, wat uit God gebore word in mens, nie as mens nie. Hoekom?
    Mat 1:18  Die geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees
    Mat 1:20  Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; 

    Wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees. Wat beteken dit?
    Joh 3:5  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. 
    Joh 3:6  Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. 
    Die Bybel gee die antwoorde. Nie ander slim mense nie. Dit is hoekom ek gesê het, oortuig my uit die skrifte dat ek verkeerd is. Nie iemand anders se gedagtes en bevindings nie. Alles is vir my maklik omdat soos ek gesê het ek dit geestelik verstaan.
    Vandag gebeur dit steeds. Ons glo nie ons is Jesus of God nie, maar glo Hy openbaar deur mens. Soos beskryf in vorige kommentaar aan OAC Critic.

    Dankie

    Dankie.

  134. Eph 2:1  En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes , Eph 2:5  ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered— 
    Eph 2:6  en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,  vir jou ontferming oor my. Lees net hierdie tekse asb.

    Dankie. Gaan dink OOR wat jy gesê het en wat beteken hierdie tekse dan vir jou?

    Is hulle ons voor om reeds aan God se regterhand te wees. Hierdie skrywe was aan lewende natuurlike mense gerig. Of hoe lees jy dit?

    • Ek was vroeër geestelik dood as gevolg van ‘n verkeerde lewe en sondes, maar God het my saam met Christus Jesus lewend gemaak om die goeie werke wat Hy vir my bestem het, te kan uitlewe. God se onverdiende redding bring ‘n wortelverandering in my lewe. Voor ek gered was het ek my deur die satan laat lei. My sondige begeertes het oorheers en ek het doodeenvoudig gedoen waarvoor ek lus was. As dit nie vir God se redding was nie, sou ek ‘n ongeredde mens gebly het, en soos alle ongelowiges deur God gestraf moes word. God het my lewend gemaak, net omdat Hy wou, net omdat Hy my innig liefhet. Nou léwe ek, en ek leef saam met Christus. My sondige begeertes (en satan) is nie meer my baas nie! My lewe vóór my redding en ná my redding is eintlik teenoorgesteldes van mekaar.

      Jesus Christus het gesterf en opgestaan. Wat letterlik met Jesus gebeur het, geld figuurlik vir my. Soos Christus dood was, maar uit die dood opgewek is, so het God my lewend gemaak sodat ek nou reeds die ewige lewe, ‘n sitplek in die hemel het. Wat met Christus gebeur het, geld ook letterlik vir my. My liggaam gaan letterlik doodgaan, maar God gaan my dooie liggaam lewend maak, herskep (1 Korinthiërs 15:1-58), en dan gaan ek na gees en liggaam vir ewig saam met Christus op sy troon sit (Openbaring 3:21).

      Rakende u vraag:
      “…Is hulle ons voor om reeds aan God se regterhand te wees. Hierdie skrywe was aan lewende natuurlike mense gerig. Of hoe lees jy dit?…”;
      Op ‘n vorige skrywe het u gesê u glo net wat in die Bybel geskryf is, in daai geval, lees dan maar self:
      1 Tessalonisense 4:13-18 Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie. Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring. Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.

  135. Koos.
    Ek moet jou nou teleur stel as jy glo dat Jesus net geestelik was en nie n mens soos die bybel dit wys nie dan glo jy glad nie in die bybel nie Jesus is werklik uit n maagd gebore en haar naam was Marie in die outestament het Jesaia dit geprofeteer en in die nuwetestement het dit waargeword Jesus het op die aarde geloop en van Sy Vader getuig watter Jesus het dan gese jy moet wedergebore word n natuulike een of die een in jou kop wat jy se geestelik is ek moet met x-oac saamstem oor die blok se naam is die oak n sekte ja want julle glo nie in die bybel nie al se julle so en gebruik tekse uit die bybel ook wat Johan se julle is die antichris want net n antichris se dat daar was nie n lewedige Jesus wat op die aarde geloop het nie ek wil nie jou afkraak nie ook nie sleg se nie maar jy het eens op n tyd die waare geloof gehad voordat jy wegebreuk het na die oak to nou gaan ek se kom weg daar hulle verdraai alles

  136. Dennis,
    Nou kan jy sien wat ek nog die hele tyd se. Die oak verkondig n valse leerstelling.
    Hulle verdraai die skrifte omdat hulle nie die waarheid kan aanvaar nie. Jesus het
    uitdruklik gese: pasop dat ons nie mislei word nie. Want baie sal kom en se ons is die Christus, soos die oak. Dennis jy moet eending onthou, Enige iemand wat nie die bybel ken of lees nie, kan baie maklik verlei word. Daarom is al die kulte vol lede, en die lede getuig net van hulle self, of hulle leier (apostel) . Nie een getuig van Jesus Christus nie. Nou hier kruip die lustigheid van die duiwel in: Hulle se sommer: ons is christus, dan hoef hulle nie van Jesus te getuig nie. En reeds daarom is ons gewaarsku deur Jesus self. Hulle word vreeslik kwaad as vir hulle gewys word, dat hulle verkeerd is. Jy het mos Koos se kommentaar gelees. Hy se ek oordeel
    vir hom, en sy geloof as ek wys hulle is die Antichris. Hy kan nie aanvaar ek help hom reg nie. Hulle glo nie Jesus was n natuurlike mens nie. Maar in elk geval sterkte.

  137. OAC Critic en ander. Dit is nou vir my duidelik na die verduidelikings. Julle verklaar nie een van Paulus se bekendmakings nie. Veral jy OAC Critic. Jy selekteer nou tekse oor die koms van die Jesus, en ontken heeltemal wat Paulus in Gal 1 beskryf. Jou beskrywing,

    Rakende u stelling:
    “…Ons glo nie ons is Jesus of God nie…”:
    Daai is ook ‘n leuen, u stelling dat u “maar glo Hy openbaar deur mens” is eintlik maar net ‘n eufemisme vir ‘n kultus.

    Paulus se beskrywing:Gal 1:11 Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie.
    Gal 1:12 Want ek het dit ook nie van ‘n mens ontvang of geleer nie, maar deur ‘n openbaring van Jesus Christus.
    Gal 1:15 Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het,
    Gal 1:16 om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom onder die heidene sou verkondig, het ek dadelik nie vlees en bloed geraadpleeg

    Sal ek jou as mens glo of dit wat in die skrifte staan? Jy het nou presies die teenoorgesteld geskryf van wat Paulus beskryf.
    En weet jy wat? Ek glo in die Bybel, en ‘n onveranderlikke God wat deur mens openbaar soos van die vroegste tye.Presies soos ook Paulus beskryf.

    Rest my case.
    Dankie

    • Koos, eerstens wil ek nederig omverskoning vra as my kommentaar nie duidelik genoeg vir u was nie. Ek moes dalk twee aparte sinnetjies geskryf het sodat u my stelling beter sou verstaan het. Dis jammer dat u nie alles gelees het wat ek geskryf het nie.

      Laat ek maar weer probeer.

      Rakende u stelling:
      “…Ons glo nie ons is Jesus of God nie…”:
      Daai is ‘n leuen, die OAK glo hul kerk is dan die Seun van God (Seun met hoofletters nogal), ek verwys u na ‘n baie onlangse stelling van u “apostel” af:
      “…dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in Sy Seun, Jesus Christus, die Kerk…” OAK TOK, 17 November, 2019
      Stry?

      Rakende u stelling:
      “…maar glo Hy openbaar deur mens…”;
      Hier moet u versigtig wees want baie kultusse gebruik presies dieselfde redenasie om ‘n dwaalleer te verkondig. Daar is ‘n wesenlike verskil tussen die Woord van God (met hoofletters) en die woorde op ‘n mens se tong. God is baie meer as bloot net ‘n woord!
      Ek verwys u na u vorige stelling (sien u, ek lees in detail wat u geskryf het):
      “…van die vroegste tyd in die skrifte het God mens gebruik deur wie Hy tot mens spreek en openbaar…” Koos, August 19, 2018 at 4:10 pm
      En ek gaan myself maar weer herhaal:
      “…God spreek nie alleen deur die mens nie. Toe God met Adam gespreek het, was daar geen ander mense deur wie Hy kon spreek nie (Genesis 2:16-17). God het ook onder andere direk met Noag en Moses gespreek (Genesis 6:13, Eksodus 3:14). God spreek ook in ‘n droom om die mens se ore te open en die mens te waarsku teen sy onderneming (Job 33:14-18)…” Ex-OAC critic, December 2, 2018 at 12:58 am
      Dan gaan ek ook ‘n paar versies met u deel oor dieselfde Paulus:
      Handelinge Act 17:10-12 Daarop het die broeders dadelik in die nag Paulus en Silas na Beréa weggestuur. En toe hulle daar kom, het hulle na die sinagoge van die Jode gegaan. En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was. Baie van hulle het dan ook gelowig geword, en van die aansienlike Grieke ‘n groot aantal, vroue en manne.
      Het u daai gedeelte raakgelees? hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en ELKE DAG die SKRIFTE ONDERSOEK of hierdie dinge so was.

      Rakende u stelling:
      “…Julle verklaar nie een van Paulus se bekendmakings nie…” & “…en ontken heeltemal wat Paulus in Gal 1 beskryf…”;
      Laat ek myself maar weer herhaal want ek dink u het hierdie stukkie dalk aspris misgelees:
      “…Het u mooi gelees dat Paulus nêrens verwys na “Sy Seun, Jesus Christus, die Kerk” nie? Op pad na Damaskus het iets totaal onverwags met Paulus gebeur, God het tussenbeide getree en hom dadelik tot apostel geroep. Paulus beklemtoon dat dit ‘n Goddelike ingryping was wat daar plaasgevind het. Soos die profeet Jeremia, het God ook vir Paulus voor sy geboorte afgesonder (Jeremia 1:5). Paulus praat daarvan, nie as sy bekering nie, maar as ‘n Goddelike roeping, God het die opgestane Christus aan hom bekendgemaak. Het u opgelet na die res van die versies in daai hoofstuk? Paulus het nie na Jerusalem opgegaan na die wat voor hom apostels was nie, maar na Arabië vertrek en weer teruggegaan na Damaskus. Drie jaar daarna, het hy na Jerusalem opgegaan om met Petrus kennis te maak en vyftien dae by hom gebly. Hy het niemand anders van die apostels gesien nie, behalwe Jakobus, die broer van die Here (Galasiers 1:17-19). Paulus het die kentekens van ‘n apostel onder die Korinthiërs verwerklik met alle volharding deur tekens, wonders en kragtige dade (2 Korinthiërs 12:12). Hoe vergelyk dit met die OAK se “apostels” wat eers “Jakob se leer” moet klim voor hulle die amp van “apostel” mag beklee? Watter een van die OAK se “apostels” het die kentekens van ‘n apostel?…” Ex-OAC critic, November 22, 2019 at 7:14 pm

      Verstaan u nou?

    • Terloops Koos, u “glo Hy openbaar deur mens” maar watter mens het dan aan Paulus geopenbaar?

      Gal 1:12 Want ek het dit ook nie van ‘n mens ontvang of geleer nie, maar deur ‘n openbaring van Jesus Christus.

    • Koos, hier is nog een van u OAK maats wat beaam dat die Ou Apostoliese Kerk glo hulle is Jesus Christus:

      https://www.youtube.com/watch?v=CGRSzevc4as

      Hy is dieselfde persoon wat ontken dat Jesus ooit bestaan het. Hoor hoe sluit hy vir Jesus in die video uit die verse uit:

      “…Nobody comes unto the Father but by the son…”
      In die Bybel staan geskryf:
      Joh 14:6 Jesus saith unto him, I am the way, the truth, and the life: no man cometh unto the Father, but by me.

      “…Nobody comes to the son unless they have been drawn by the Father…”
      In die Bybel staan geskryf:
      Joh 6:43-44 Jesus therefore answered and said unto them, Murmur not among yourselves. No man can come to me, except the Father which hath sent me draw him: and I will raise him up at the last day.

      In die Bybel is dit Jesus wat gespreek het en elke keer na Homself verwys (“me” ipv “son”).

      “…Now what is this Jesus?…”
      Hy ontken Jesus as persoon deur te vra “what” in plaas van “who” is Jesus. Dan haal hy ‘n klomp enkele verse buite konteks aan soos ! Kor 12:27 ens.

      Hy rond dit arrogant af deur te sê:
      “…So if somebody is waiting for Jesus Christ to come, who are they actually waiting for to come? They are waiting for the Old Apostolic Church to come and teach them the truth. Because Jesus will not come with observation…”

      Lyk my daar is groot gedeeltes uit jul Bybels verwyder (Mat 24:23-27, Joh 16:4-11, Hand 1:6-11, 1 Kor 15:50-58, 2 Kor 11:13-15, Efes 5:22-33, 1 Tess 4:13-18, Kol 1:15-18, Heb 1:1-2, 1 Pet 5:1-4, 2 Pet 3:1-7 ens.)

  138. Aan die oak lede/ampte.
    Julle glo nie Jesus van Nasaret was en is n mens nie. Nou die skrif (Bybel), wys vir ons dat Jesus van Nasaret wel bestaan. (Hy lewe ). En die selfde skrif wys, as jy
    dit nie glo nie is jy die Antichris. Kom ek wys vir julle, (ek skryf die met liefde) hoe “blind” julle is. Julle glo vir Paulus. Maar julle glo nie in Jesus van Nasaret nie ! Weet julle dan nie dat dit Jesus was, wat Paulus uitverkies het nie. Dit laat my dink aan die”simple” stelling wat julle maak.”ons apostels kom van die bybelse tyd af, want as die een dooi, dan stel die ander weer een in sy plek aan”. My vraag gewoontlik is, wie het die bybelse apostels aangestel ? was dit dan nie Jesus van Nasaret nie, die een in wie julle nie glo nie. Nou net so glo julle ook dat die Nuwe Apostoliese Kerk nie die regte geloof is nie. Maar hulle (NAK) het vir Klibbe aangestel as apostel. So dit beteken dat julle kerk (geloof) het begin met n apostel wat nooit n apostel was nie. Jesus (die een wat gekrysig was,) kom weer. Hy is nie dood nie. Die graf was leeg, Hy het opgestaan. En Hy het opgevaar Hemel toe. En dieselfde Jesus kom weer. Daar gaan nie iemand, in Sy plek kom nie. Dit is nie die oak wat in SY plek gekom het nie. Jesus van Nasaret SELF gaan weer kom. Dit is die leer van Christus, wat die apostels verkondig het. 2 Joh 1: 9) Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun. 10) As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie.
    11) Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.
    So moet asseblief nie julle kerk se leer bring nie. Lees die Bybel.

  139. Hoekom se ek, die ou apostel kerk is n kult.
    Onthou ek skryf die, nie om die oak kerk aftekraak, of enige iemand in die kerk nie.
    Ek skryf dit met die hoop dat een(iemand) se oe sal oopgaan.
    1) Hulle aanvaar nie dat Jesus Christus uit n maagd gebore was nie.
    2) Hulle glo nie dat Jesus Christus opgestaan het, uit die graf nie.
    3) Hulle glo nie Jesus Christus het opgevaar hemel toe nie.
    4) Hulle glo nie dat Jesus Christus die Seun van God is nie.
    5) Hulle glo nie dat Jesus Christus weer gaan kom nie.
    6) Hulle glo nie in hulle eie geloofsbelydenis nie.
    7) Hulle glo nie in die natuurlike skepping van God nie.

    Nou is dit eindelik maklik om te sien hoekom hulle nie die bybel glo nie.
    a) Klibbe was nie n apostel nie. (Die nuwe apostoliese kerk het sy amp gevat. met anderwoorde hy was “gefire” )
    b) Hulle bestaan eers van 1927 af.
    c) Die hof het hulle die naam gegee.
    d) Die apostels word vergoed uit die tiendes uit, en lewe in weelde.
    e) Hulle stel mekaar aan as apostels.
    f) Hulle apostels se woord is magtiger as Jesus sn”

    Ek sal enige vrae, oor dit wat geskrywe staan beantwoord.

    Nou wat moet “jy” doen. Ondersoek dit wat ek hier bo geskrywe het, en lees die volgende:
    Hand.2: 38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes,
    en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
    39 Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.
    40 En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag.

  140. OAC Critic, net om jou stellings en vrae weereens te antwoord.

    Koos, eerstens wil ek nederig omverskoning vra as my kommentaar nie duidelik genoeg vir u was nie. Ek moes dalk twee aparte sinnetjies geskryf het sodat u my stelling beter sou verstaan het. Dis jammer dat u nie alles gelees het wat ek geskryf het nie.
    Laat ek maar weer probeer.
    Rakende u stelling:
    “…Ons glo nie ons is Jesus of God nie…”:
    Daai is ‘n leuen, die OAK glo hul kerk is dan die Seun van God (Seun met hoofletters nogal), ek verwys u na ‘n baie onlangse stelling van u “apostel” af:
    Antwoord:
    Dit is so, maar die “Kerk” betaan uit lede. Waaruit bestaan Jesus se liggaam volgens 1Kor 12? Presies dit is hoekom ons dit so verklaar. Dit is die baie kort en eenvoudige antwoord. Jy sal seker nou verder tegnies begin raak, maar ja. Jy is reg soos jy dit beskryf, maar ons as lede openbaar Jesus in gees, vir Verlossing van andere. Ek het reg gelees maar ek dink jy verstaaan ook glad nie wat jy self skryf en lees nie. So, moenie my maak asof ek die “swakkeling” is nie. Haal eers die balk uit jou eie oog.

    “…dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in Sy Seun, Jesus Christus, die Kerk…” OAK TOK, 17 November, 2019
    Stry?
    Antwoord:
    Weereens 100% korrek.Soos bo beskryf.
    Rakende u stelling:
    “…maar glo Hy openbaar deur mens…”;
    Hier moet u versigtig wees want baie kultusse gebruik presies dieselfde redenasie om ‘n dwaalleer te verkondig. Daar is ‘n wesenlike verskil tussen die Woord van God (met hoofletters) en die woorde op ‘n mens se tong. God is baie meer as bloot net ‘n woord!
    Ek verwys u na u vorige stelling (sien u, ek lees in detail wat u geskryf het):
    “…van die vroegste tyd in die skrifte het God mens gebruik deur wie Hy tot mens spreek en openbaar…” Koos, August 19, 2018 at 4:10 pm
    En ek gaan myself maar weer herhaal:
    “…God spreek nie alleen deur die mens nie. Toe God met Adam gespreek het, was daar geen ander mense deur wie Hy kon spreek nie (Genesis 2:16-17). God het ook onder andere direk met Noag en Moses gespreek (Genesis 6:13, Eksodus 3:14). God spreek ook in ‘n droom om die mens se ore te open en die mens te waarsku teen sy onderneming (Job 33:14-18)…” Ex-OAC critic, December 2, 2018 at 12:58 am

    Antwoord:
    Man, wie sal nou besluit wanneer God openbaar? Moses het duidelik die middellaar gewees tussen God en die volk. So ook Paulus volgens 1 Thes 2:13. En ja, Hy spreek deur drome, waarvan ek jou baie getuienisse van kan vertel. As God dan nie deel van ons is nie, sou daar nie soveel lewende getuienisse gewees het nie, glo my.
    Rakende u stelling:
    “…Julle verklaar nie een van Paulus se bekendmakings nie…” & “…en ontken heeltemal wat Paulus in Gal 1 beskryf…”;
    Laat ek myself maar weer herhaal want ek dink u het hierdie stukkie dalk aspris misgelees:
    “…Het u mooi gelees dat Paulus nêrens verwys na “Sy Seun, Jesus Christus, die Kerk” nie? Op pad na Damaskus het iets totaal onverwags met Paulus gebeur, God het tussenbeide getree en hom dadelik tot apostel geroep.
    Antwoord:
    Ek het alles gelees. Soos vroeg al, Paulus se verandering as geestelik geskape mens het ook by die “Lig” begin wat hom omstraal het. Hoekom? Hy het begin om die Evangelie te verstaan van hulle wie hy vervolg het. Sy werklike verstaanbaarheid was juis nadat God Ananias gestuur was, om Jesus verder te openbaar . Nadat hy daarvandaan weggegaan het, was dit asof skille van sy oë geval het. Dit was die ding wat hom verhoed het om te vertsaan. Die eenvoud van dit alles is, hy wat Paulus was het aanvanklik “mens” met sy foute gesien. Toe hy besef dat hierdie wie die evangelie verkondig, hul lewens opoffer het hy begin om die Gawe van God , wat Jesus is, in die mens raak te sien. Dit is hoekom hy daarvan getuig op ‘n baie duidelike manier in Gal 1:12-13.

    Verstaan u nou?
    Antwoord:
    Nee, beslis nie hoe jy dit verduidelik nie.

    Terloops Koos, u “glo Hy openbaar deur mens” maar watter mens het dan aan Paulus geopenbaar?
    Gal 1:12 Want ek het dit ook nie van ‘n mens ontvang of geleer nie, maar deur ‘n openbaring van Jesus Christus.
    Antwoord:

    OAC Critic. Juis dit wat ek verduidelik. Paulus het die “Gawe” in hulle gesien wie hy vervolg het in daardie stadium. Net soos ons as OAK vandag getuig ons is slegs instrumente in God se hande, so was dit ook daardie tyd, Paulus het begin die gees sien, en nie meer die sondige mens nie. Die woorde was aanvaar soos in vorige teks wat hy ook later gebruik het in 1 Thes 2:13.Dit beklemtoon sy verduideliking in Gal1:12-13.

    Dankie

    • Dankie Koos vir u verduidelikings.

      Rakende u vraag:
      “…Dit is so, maar die “Kerk” betaan uit lede. Waaruit bestaan Jesus se liggaam volgens 1Kor 12?…”;
      Die liggaam wat aan Jesus behoort is die kerk en Hy is die Hoof van die liggaam. Hy is die Bruidegom, die kerk is Sy bruid. Dit word baie mooi verduidelik in Efesiërs 5:22-33. Nêrens in die Bybel word die kerk daarna verwys as die Seun, Jesus Christus nie!

      Rakende u stelling:
      “…As God dan nie deel van ons is nie, sou daar nie soveel lewende getuienisse gewees het nie…”;
      Ek kan ongelukkig nie daarmee saam stem nie. Edward Irving is een van die valse profete waarop die OAK gebou is en reg deur die geskiedenis van die “apostoliese beweging” was daar gedurig valse profete. Die “profetiese gawes” dra meer gewig in die OAK as wat in die Bybel geskryf staan. Nie alle drome of visioene is waar bloot omdat mense beweer dat hul sogenaamde “gawes” van God afkomstig is nie (Jeremia 23:31-32, Jeremia 29:8-9, Sagaria 10:2). Iemand wat voorheen by die okkulte betrokke was, het die volgende geskryf: “…Toe ek by die okkulte betrokke was, kon ek dieselfde sê oor visioene en drome wat waar word. Dit is geen bewys dat hulle van God afkomstig is nie… ”
      Die Occultopedia het ‘n hele afdeling gewy aan drome, visioene en kommunikasie met die dooies. Hul eise verskil nie veel van dié van die OAK nie.

      Rakende u stelling oor Paulus:
      “…Hy het begin om die Evangelie te verstaan van hulle wie hy vervolg het…” & “…Paulus het die “Gawe” in hulle gesien wie hy vervolg het in daardie stadium…”;
      Ek dog u glo net wat in die Bybel geskryf staan?
      Handelinge 9:3-7 En toe hy op sy reis naby Damaskus kom, omstraal hom skielik ‘n lig van die hemel af; en hy val op die grond en hoor ‘n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop. En terwyl hy bewe en verbaas was, sê hy: Here, wat wil U hê moet ek doen? En die Here antwoord hom: Staan op en gaan na die stad, en dit sal jou gesê word wat jy moet doen. En die manne wat saam met hom op pad was, het sprakeloos gestaan terwyl hulle wel die stem hoor, maar niemand sien nie.
      Het u die volgende raakgelees?
      “omstraal hom SKIELIK ‘n lig van die HEMEL af”
      “die HERE antwoord: Ek is JESUS”
      “die MANNE wat saam met hom op pad was, het SPRAKELOOS gestaan terwyl HULLE wel die STEM HOOR, maar NIEMAND SIEN NIE”?

  141. Johan,om jou te antwoord wil ek sê daar is beslis iets fout met jou. Jy lees dalk maar outhou bitter min van wat jy gelees. ‘n Paar korreksies op wat jy sê.

    Ek skryf dit met die hoop dat een(iemand) se oe sal oopgaan.
    1) Hulle aanvaar nie dat Jesus Christus uit n maagd gebore was nie.
    Antwoord:
    ‘n LEUN, ons glo dit, in geestelike hoedanigheid. Moenie sê ons glo dit nie. Se liewer ons verstaan en verklaar dit nie natuurlik nie, maar wel geestelik sodat dit nie net ‘n geskiedenis is nie, maar ‘n werklikheid in ons lewens kan word, m.a.w. deel van ons lewens.
    2) Hulle glo nie dat Jesus Christus opgestaan het, uit die graf nie.
    Antwoord:
    Weereen, Ons glo dit, maar nie natuurlik nie, wel geestelik , met dieselfde redes as vorige.
    3) Hulle glo nie Jesus Christus het opgevaar hemel toe nie.
    Antwoord:
    Ook verkeerd. Net nie natuurlik nie.
    4) Hulle glo nie dat Jesus Christus die Seun van God is nie.
    Antwoord:
    Weereens verkeerd. Hierdie punt was paar maal duidelik aangespreek.
    5) Hulle glo nie dat Jesus Christus weer gaan kom nie.
    Antwoord:
    Nie vir ons nie ja. Hoekom nie? Joh 5:11-13
    En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun.
    Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.
    Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.
    Hoekom dan nog wag?
    6) Hulle glo nie in hulle eie geloofsbelydenis nie.
    Antwoord:
    Presies , jy verstaan ons geloofbelydenis nie, omdat jy nie geestelik taal verstaan nie.
    7) Hulle glo nie in die natuurlike skepping van God nie
    Antwoord:
    Weer totaal verkeerd. Gaan lees al die verduidelikings. Ons glo, maar die skepping in Gen 1 is beslis nie natuurlik nie. Selfs OAC Critic met al sy verduideliking maak nie sin vir ons wat geestelike taal praat en verstaan nie.

    Jou sogenaamde hulp deur te sê jy sal enige vrae antwoord oor wat jy geskryf het. dra GEEN gewig nie. Hoekom nie? Omdat jy duidelik nie ‘n CLUE het van wat ons werklik glo in die OAK, en hoe ons glo nie. Jy dink dalk jy weet, maar jy weet beslis bitter min as ek na jou stellings kyk wat jy geskryf het. As jy die vorige kommentare gelees het dan sal jy sien ek het alles wat jy sê, reeds gesê ons glo dit, e nook bevestig dat ons dit glo, maar wel in op geestelike manier , met die redes wat ook aangevoer was hoekom.

    As jy nie eens Gen 1 geestelik kan insien nie, is daar geen manier om nuwe testament en Jesus geestelik te verstaan nie. Gr1 kind sal geen clue hê oor hoërskool wiskunde nie. Dit is die hele probleem op hierdie blog. Daarom mors ons mekaar se tyd. Jy sal solank jy aan die natuur vashou, geen clue hê van wat ons as OAK lede van praat en verduidelik nie.
    Dankie

    • Koos, om die Skrif geestelik te verstaan beteken nie dat dit buite konteks of allegories gelees moet word nie. Om die Skrif letterlik te verstaan is nie vleeslik nie. Daar is net EEN Jesus, daar is nie een geestelike en een natuurlike Jesus nie, Hy is die Woord wat vlees geword het en omtrent 2,000 jaar terug op die aarde geloop het. Daar is GEEN ander Jesus nie!

    • Rakende u stelling:
      “…Jy sal solank jy aan die natuur vashou, geen clue hê van wat ons as OAK lede van praat en verduidelik nie…”;
      Dis snaaks dat u dit sal noem, ek en Dennis en Johan weet presies waarvan u praat want ons was ook almal voorheen lede van die OAK. Die OAK se begrip van “geestelik” is glad nie geestelik nie. Die OAK se hele leerstelling begin en val by hul beperkte kennis van die wetenskap om Genesis 1 te verdraai. Die aarde is NIE ‘n MENS NIE!

  142. Dankie x-oac,
    Dit waarna jy verwys is waar ons al 3 was oak lede ons het daai twak geglo maar ek kan net dankie se aan die Here my oe het oop gegaan ek was presies soos koos gewees het alles beveg dan was ek nog so witty om tekse tegebruik tot een dag dat Johan vir my uit gewys het dat wat ek praat is vals koos ek was 34 jaar n priester in die oak en het groot geword in die kerk Johan was n oudste gewees ek weet nou nie wat x-oac was nie maar wat saak maak is dat ons verstaan en sien die bybel soos hy geskrywe toe ek begin vrae vra aangaande sekere onderwerpe was vir my reguit gese bly by die leering moet uit dit gaan nie dis hoekom oak lede en ampte glad nie die bybel verstaan soos hy geskryf is nie want hulle moet net gesels oor wat hul apostel bring hulle apostel het nog nooit n leering gebring aangaande die wederkoms nie hulle weet daar gaan baie vrae kom wat hulle nie kan verklaar nie
    groete

  143. ??????????Baie moeilik om te glo wat julle skryf. Indien julle dalk al my ervaringe kon deel, betwyfel ek glad nie dat julle absolute begrip sou gehad het nie. Julle sou soos ek nagte en nagte geworstel het tot jul sou verstaan het. Ek noem dit net weer. Elke mens gaan deur ‘n meule. Of jy staan vas in vat jy weet en glo, of dalk nie. As ek vir julle alles moet vertel vandat ek in die OAK is, sal jul my dalk glad nie glo nie. Al wat ek weet is dit, “God leef in die OAK.” Julle mag verskil maar ek is 120% oortuig daarvan.

    Dankie

    • Koos, uit persoonlike ervaring en uit al u vorige kommentare weet ek presies na watter “God” u verwys.
      “…‘n woord wat ek aanvaar het wat deur mens gespreek is…” Koos, August 19, 2018 at 4:10 pm
      “…deur mens gespreek as dienskneg…” Koos, October 2, 2019 at 5:02 pm
      “…Hy is in mens en openbaar deur mens…” Koos, November 4, 2019 at 7:31 pm
      “…die ware evangelie, wat deur mens gespreek word…” Koos, November 12, 2019 at 12:10 pm
      “…God glo wat in en deur mens…” Koos, November 19, 2019 at 9:29 pm
      “…Hy openbaar deur mens…” Koos, November 21, 2019 at 3:17 pm
      “…‘n onveranderlikke God wat deur mens openbaar…” Koos, November 23, 2019 at 12:57 pm

      Dis baie duidelik dat u fokus by u sigbare “owergestelde” mens se woorde bly lê en nie op die onsigbare God nie. Die tong kan geen mens tem nie; dit is ‘n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif (Jakobus 3:8). God openbaar Homself deur meer as een manier, u moenie u heeltyd by ‘n natuurlike mens blindstaar nie.

      Die heelal met sy uitgestrektheid en ingewikkeldheid getuig van God en Sy heerlikheid (Psalms 8:4-6, Romeine 1:20).
      God het Homself ook geopenbaar deur die gees of verstand van die mensdom. Daar is ‘n sekere morele kode in alle samelewings ingebou waarin diefstal, leuens, moord en sodanig veroordeel word. Die mens se gevoel van reg en verkeerd getuig van God se bestaan (Romeine 2:14-16).
      God het Homself ook aan die wêreld geopenbaar deur Sy Eniggeborene Seun Jesus Christus, die Woord wat vlees geword het (Mattheus 11:27, Johannes 1:14, Hebreërs 1:1-2).
      God openbaar Homself ook deur die geskrewe Woord, die Skrif. Die Bybel is God se openbaring van Homself aan die mensdom (2 Timoteus 3:16).

      Deur watter mens het God Homself geopenbaar of gepraat met Adam (Genesis 2:16-17), Kain (Genesis 4:6-7), Noag (Genesis 6:13-22), Abram (12:1-4), Moses (Eksodus 19:16-25, Eksodus 33:1-6) en Paulus (1 Korintiërs 11:23, Galasiërs 1:11-12)?

      Die Israeliete wou nie eens die stem van God hoor nie (Eksodus 20:18-19). Hulle het versoek dat Hy Homself in die toekoms slegs deur Sy profeet aan hulle sal openbaar. Van daardie tyd af het God hierdie versoek nagekom. Hy het Homself deur sy profete aan Israel geopenbaar. God self het met Sy profete gepraat en hulle gestuur om sy mense te waarsku en hulle aan te moedig om getrou aan Hom te wees.

  144. Koos,
    Dankie dat jy self gestaaf het wat ek se, is die waarheid. Jy se julle glo net “geestelik” in alles, maar nie natuurlik nie. En dit is wat ek gese het “Julle glo nie”
    Dit is nogal “snaaks”, dat julle n natuurlike Boek (Bybel) gebruik, om te wys julle glo geestelik. Die Jode gebruik dieselfde boek en se dit is “hulle” geskiedenis. Ek het hier en daar n stukkie kaas gegee om te eet, maar moes agterkom jy drink nog melk. Kyk na die volgende. Die apostels was natuurlike mense. Volgens jou moes hulle geeste (spoke) gewees het, Want n gees (God se seun). volgens jou kan tog nie vlees aanstel nie, of hoe. Jy se mos GOD is gees en alles wat hy geskape het is gees. Niks natuurliks nie. Reg ?
    Nou wanneer jy nagmaal gebruik, hoekom vertel jy die lede n klomp leuens. Kom ek verduidelik: Jy antwoord ex oac om te
    se julle is die Seun van God, die lede is die liggaam van Christus. Julle is Christus. Nou met nagmaal vergewe jy die lede se sondes!!! En jy doen dit in die apostel se naam. Wat julle uindelik wys hier is, die apostel kan Christus se sonde vergewe!!!! Hoe veregaande??? Ek weet nie of die stukkie kaas te groot is vir jou nie, maar ek hoop jy kan dit eet.
    My vraag nou is het Christus SONDE ? .As julle nog sondes het, wie het julle dan geskape ? Geestelike mense kan mos nie sonde he nie.
    GOD het nie sonde nie. Jesus Christus het nie sonde nie. Nou wat is die sonde in julle kerk, by die lede wat vergewe moet word ?

  145. Koos,
    Ons wil jou net reg help nie afkraak nie ons al 3 was daar en uit ondervinding wil ons jou help Weet jy daar is ander gelowe wat ook getuig hoe goed God vir hulle was so dit gebeur nie net in die oak nie jy het n tek eenslag aan gehaal God laat die reen val op goeie en slegte grond dit se vir my Hy seen almal gaan lees die bybel mooi en vra jou self af of dit werklik was of geestelik lees veral oor die wederkomsP

    • Koos, dis waar wat Dennis sê. Ons het niks teen u of enige ander apostolie nie, uit liefde waarsku ons u dat u by ‘n dwaalleer betrokke is. As ek nie omgegee het nie, sou ek nooit die moeite gedoen het om ‘n blog te skryf of u persoonlik te beantwoord nie. Daar is net EEN Jesus, Hy alleen is die Christus, die Messias, ons enigste Verlosser en Saligmaker. Ek wil u aanmoedig om die HELE Bybel te gaan lees, van voor tot agter, u sal verbaas wees hoeveel antwoorde daar binne geskryf is, maar dis weggesteek as u nooit die moeite sal doen om dit te lees nie. Die Ou Testament is die Nuwe Testament versteek, die Nuwe Testament is die Ou Testament geopenbaar. Die Skrif is veel meer geestelik as wat u ooit sal kan verbeel en beslis baie dieper as wat u ooit sal kan dink. Maar moenie my glo nie, ek is net ‘n mens, lees die Bybel en ons bid dat die Heilige Gees u oë sal oopmaak.

  146. Aan die oak,
    Kyk of die volgende stellings waar is, vogens julle.
    1) Jesus het weer gekom vir ons in die oak.
    2) Jesus moet nog vir ons, almal wat nie lede van die oak is nie, kom.
    3) Jesus was gekruisig, maar het nie opgestaan uit die graf nie.
    4) Jesus was nooit gebore uit n maagd nie.
    5) Jesus is nie die verlosser en saligmaker nie. (Die oak is volgens julle)
    6) Die oak is Christus (volgens julle)
    7) Die apostel is die fondasie waar op ons (die oak) bou
    8) Die apostel doop die siele in die doderyk (met verseeling)
    9) Daar is nie n “plek” wat Hemel is nie. Dit is n toestand
    10) Daar is nie n “plek” wat Hel is nie. Dit is n toestand
    IS daar een lid of amp wat my 10 uit 10 vir dit sal gee.
    Dankie

  147. Johan,
    Ek is nou nie n lid of amp in die oak nie was gewees maar ek sal jou 10×10 gee want dit is die waarheid ek het dit ook geglo. Ek kan vandag op my knie gaan en net se dankie my oe het oop gegaan ek glo nie meer mense nie maar wel die bybel

    • Dankie Dennis,
      Ja ek kan ook nie genoeg die HERE dank dat my oe oopgegaan het nie.
      Dit is nogal baie jammer dat al daai lede mislei word deur mense.
      Ex oac doen ook n goeie werk om nog aan te hou om hulle te probeer help.
      Ek se dit nog steeds, dat wanneer die lede die bybel begin lees, sal hulle agterkom
      hoe verkeerd die “gode” amptes in hulle kerk die bybel intrepeteer. Dan sal hulle ook sien jy het nie n “mens” nodig om jou te vertel wat hulle dink, hoe jy die bybel moet
      verstaan word nie.

      • Ek is ook elke dag dankbaar en ek stem saam met Dennis, soos wat ek in die verlede geglo het sou ek ook ‘n 10/10 gegee het vir Johan se vraestel. Baie OAK lede misgis hulle deur te glo dat ek dalk teen hulle gekant is omdat ek dalk seer gekry het. Daai is egter baie ver van die waarheid, ek was ‘n trotse apostolie in murg en been en ek wou uit die Bybel bewys dat die OAK die enigste waaragtige kerk is. Ek was wel vies vir sekere amptes omdat hulle nooit verder gelees het as wat die “apostel” voorgeskryf het nie. So het my reis begin, die hele Bybel van voor tot agter, en hoe meer ek gelees het, hoe meer vrae ek gehad het, maar wonderbaarlik genoeg sou die Bybel later my vrae beantwoord. En so het ek die dwaling begin onderskei van die waarheid. Ek het besef ek moes kies tussen vriende en die Woord van God. Daarom tot vandag toe probeer ek help. Dank die Vader dat al my familie en vriende intussen die OAK verlaat het, hulle is almal geestelik sterker, gesonder en kan getuig van ‘n persoonlike verhouding met die Here (nie ‘n “owergestelde” mens nie). Dit alles het begin deur die HELE Bybel te lees. Voorheen kon ek enkele versies op my vingerpunte noem en ek het gedog ek ken die Bybel. Dit was egter ‘n groot ontnugtering om te besef hoe min ek die Bybel eintlik geken het. My raad aan enigiemand, apostolie ofte nie, lees daai Bybel. As daar vrae is, skryf hulle neer. Een of ander tyd gaan daai vraag beantwoord word. As daar nogsteeds vrae is na die tyd, gaan soek die Hebreeuse en Griekse vertaling en kyk na die betekenis van daai woord. Byvoorbeeld soos die woord “woes” in Genesis waar die OAK leerstelling net in Afrikaans sin kan maak as die oorspronklike vertaling dit ook as chaoties bedoel het. Maar die oorspronklike vertaling is nie chaoties nie, maar woes soos ‘n woestyn. Sulke klein goedjies kan ‘n groot verskil maak.

  148. Ex oac,
    Dit is die selfde met my. Ek het nie “seergekry” of is sleg behandel nie. Ek was ook
    nie kwaad vir iemand nie. Ek was ook nie jaloers oor n “amp” nie. Inteendeel ek het my amp terug gegee, omdat ek nie meer die leuens kon verdra nie. En dit alles nadat ek die Bybel begin lees het (deuglik gelees het) Toe ondersoek ek die geskiedenis van die oak, dit was die kersie op die koek, of die laaste strooi. Maar intussen weet ek ook van lede wat die kult verlaat het en ek dank die Here daarvoor. Maar ek is ook self innig dankbaar dat ek uit die kloue van die oak gered is.

    • Dis ‘n wonderlike getuienis, dankie Johan en broer in Christus. Ek wil ook die OAK lede wat tans voel asof hulle daar vasgevang is, net bemoedig en wil hulle net laat weet, daar is hoop en nee, die Here gaan julle nie straf as julle nie “op julle plek” in die OAK is nie. Lees die Bybel en laat die Heilige Gees toe om julle te leer en lei. Jesus is die enigste Messias, daar is niemand anders nie.

  149. Aan Koos en die oak,

    Lees asb. die hoofstuk: Lukas 24. Veral vers (45) Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan.
    Hier kan ons mos sien dit is JESUS wat hulle (apostels) se verstand geopen het. Dit het gebeur na die opstanding.
    Nou as jy se jy sien dit geestelik, wat sal jou verduideliking wees waar JESUS se in vers (39)
    Kyk na my hande en my voete, want dit is EK SELF. Voel aan My en kyk;
    want ‘n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie ? Volgens julle word die vlees(Jesus) gekruisig,
    En die gees (gawe Christus) staan op, of party amptes se Die gees maak n opstanding. Nou die skrif wys vir ons dat die
    vlees (JESUS) opgestaan het, en toe die apostels waarvan julle so baie getuig, se verstand geopen het. JESUS se in vers (46)
    En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan, Vra jouself
    nou: Hoe is dit moontlik volgens julle geloof? Vir ons om dit te verstaan is baie maklik. Vir ons IS JESUS die Christus.
    Kom ons lees asb. Lukas 2: Ek haal twee versies aan , maar lees die hoofstuk om te sien wat die beteken.
    (11) dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is. Nou in vers 21 staan
    EN toe agt dae vervul was, dat hulle die Kindjie sou besny, het hulle Hom Jesus genoem,
    die naam wat deur die engel gegee is voor sy ontvangenis in die moederskoot. Wat probeer ek julle wys ? Dat JESUS lewe.
    Daar is net een JESUS Christus / Christus JESUS. HY is die Saligmaker.HY kom weer. Ek staan by om vra te antwoord.

  150. Johan jy is reg hierdie Jesus waarvan ons lees in die Bybel is waar Hy was n mens soos ek en jy God het dit so bepaal Hy het gekom in vlees om vir die sondige mens n tweede kans tegee maar baie het Hom verwerp en wil nie erken dat Hy die salligmaker is nie hulle glo nie in die Bybel nie hulle glo nie in God of Jesus of die Heiligegees nie want as hulle in dit geglo het sal hulle ook glo wat Jesus en Sy Apostels gese het dat daar n wederkoms gaan wees nie soos die oak se nie maar n werklike wederkoms

  151. Dennis,
    As n mens vasgevang is in n kult is dit baie baie moeilik, om logies te dink. Want jy word voorgese hoe om te dink.
    Daar word uit die Bybel gelees , dan volg die volgende woorde: dit beteken nie soos dit hier staan nie. So verdraai hulle
    alles wat in die skrif staan. Die lede lees nie bybel nie. Die meerderheid amte(99%) lees nie die bybel nie. Daarom is dit baie
    moeilik vir hulle, om die waarheid te sien. Daar is n paar versies wat ingeprent word. En dit gee hulle die reg (so dink hulle)
    om die skrifte te verdraai. Soos Koos ons gewys het hoe hulle dink. Gen 1:3 En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.
    4 Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis;
    5 en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag.
    Nou Koos en die oak se neeeeee. Dit kan nie wees nie. Want daar was nog nie n “son en maan” nie. GOD het bedoel n “verligte verstand”
    of verstaanbaarheid en onverstaanbaarheid. Sien jy hoe arrogant hulle is. Hulle kan nie dit in hulle kop kry dat die MENS eers
    die 6 de dag geskape was nie. Daar was nog nie n mens die eerste dag nie. Nou wie moes verstaan ? Hulle verstaan nie eers die eerste
    hoofstuk in die bybel nie, nou hoe kan hulle die res verstaan.

  152. Johan hi. Ek gaan beslis nie weer antwoord nie. Gaan lees gerus na my hele verduideliking. Veral die skepping waaroor jy alles beweer.Lyk my jou gedagte is effe kort as ek na jou opmerkings wat jy maak oor my. Wat jy skryf is so ver van die waarheid af.
    Dankie

    • Koos, ontken u nou die leer van u “apostel” en wat u voorheen geskryf het? Ek verwys u na die volgende stellings:

      “…Die Skeppingsverhaal soos wat dit in Genesis opgesom is ‘n opsomming van die bekerings en wedergeboorte proses wat elke siel moet deurgaan. Dit is dus belangrik dat ons wat getuig dit goed moet ken en verstaan sodat ons dit aan ander kan verduidelik…” OAK se Die_Skeppingsverhaal, 2018/02/14, 11:02:02 AM

      “…1.6. Wat is dit wat verlig word? – Efesiërs 1:18
      Die verstand, die insig van die mens. Die mens kry as’t ware verligte oë van die verstand, want hy sê: “O, ek sien! “wat eintlik beteken: “O, ek verstaan!”…” OAK se Die_Skeppingsverhaal, 2018/02/14, 11:02:02 AM

      “…Op die derde dag skep God die son, maan en sterre. Waar kom die lig vandaan van dag een tot en met die derde dag as dit natuurlik verklaar moet word?
      Dit gaan oor die begin van ‘n geestelike skepping wat by natuurlike mense vandag nog plaas vind…” Ronald de Villiers, September 3, 2018 at 12:14 pm

      “…Gen 1:19 En dit was aand en dit was môre, die vierde dag.
      Nadat God dus die plante , Sy wil in my gevestig het is die Son ook in die dag en maan in die nag nodig in my lewe. Soos in die natuur het plante son nodig om te groei en te lewe, en andere die maan. Ook in my as geestelike mens het God besef ek het dit ook alles nodig. Hoe? Kom ons kyk. Hierdie ligte sou almal skyn op die aarde. Dus as die skepping by my is hoe gebeur dit. Ek probeer die skepping nader bring. Jy kan ook dit na jouself neem. Wie en wat is die son in die gees?…” Koos, October 17, 2019 at 7:35 am

      “…Dit is egter ook so dat die maan skyn in die nag. Soms sien ons die maan ook in die dag, maar hy word nie waargeneem nie want die son se lig oorweldig dit. Daarom verloop die skepping met die woorde,”Dit was aand en dit was more”.
      Wanneer ek soms begin twyfels sal die maan op my aarde skyne en ook die sterre. God sal mens gebruik om in liefde Sy gees opnuut in my te herstel. Ook sterre is hulle wat leef volgens die wil. Onthou wanneer die maan en sterre skyn in die nag is hul lig eintlik soos in natuur ‘n weerkaatsing van die son se groot lig. Dus bring hulle wat my opnuut kom krag gee motivering…” Koos, October 17, 2019 at 7:35 am

      “…Soos dit in my lewe ontwikkel het en ek meer en meer geestelike vrug kon dra was dit nood saaklik dat die Son, maan en sterre daar moet wees. Juis omdat ek nou soos in die beskrywing van eerste 4 dae verduidelik het, ook as mens broers en susters nodig het. God gee hulle vir ondersteuning. Ek is in gevorderde “stadium” van God se skepping, en sal daar ook nou grooter uitdagings wees. Hier op die 5 de dag begin dit al in my geestelike skepping…” Koos, November 4, 2019 at 7:31 pm

      Volgens die bogenoemde stellings is Johan 100% in die kol.

      Het dit die HERE berou dat Hy die mens op die mens gemaak het, of die aarde op die aarde gemaak het (Genesis 6:6)?

      Die aarde word nie na God se beeld geskape nie (Genesis 1:26-27).
      Die aarde bewerk nie die grond nie (Genesis 2:5).
      Die aarde is nie boos met bose verbeeldings nie (Genesis 6:1-7).
      Die aarde kan nie vader genoem word nie (Mattheus 23:9).
      Die aarde kan nie bid vir reën nie (Jakobus 5:17-18).

      Die Bybel is vlak genoeg dat ‘n kind dit kan verstaan, tog diep genoeg dat ‘n geleerde daarin kan verdrink. Vra ‘n kind om daai verse te lees en aan u te verduidelik sonder dat u hulle anders probeer oortuig. Lees ook Psalms 8:3, Mattheus 11:25 en Mattheus 21:15-16 en vergelyk dit met wat u voorheen geskryf het:
      “…Neem kennis, ‘n baba moet eers kruip voordat hy kan loop, en om matriek te slaag is dit nodig om geleidelik tot op daardie standard te vorder om te kan slaag…” Koos, August 19, 2018 at 4:10 pm
      “…Gr1 kind sal geen clue hê oor hoërskool wiskunde nie. Dit is die hele probleem op hierdie blog…” Koos, November 28, 2019 at 4:25 pm
      Is die leer van u “apostel” matriek en hoërskool wiskunde wanneer dit kom by Bybel lees?

  153. OAC critic, jy trek alles so effe uit verband uit teen die einde. Johan se bewerings van wat hy vra oor die mens was herhaaldelik verduidelik. Ass hy die verduidelikings gaan kyk sal hy besef die geestelike mens se skepping het op 1 ste dag begin. Nadat die skepping gevorderd is, toe kon God sê, laat Ons nou mense maak na Ons beeld en gelykenis. Dus as God van mens praat is dit soos HY is, geestelike mens. Maliagi 2:15 was ook ‘n verwysing waar dit beskryf word dat God gee oorgehad het.
    Het Hy dan nie een mens gemaak nie, hoewel Hy gees oorgehad het? En waarom die een? Hy het ‘n geslag van God gesoek. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou aan die vrou van jou jeug nie.

    Daarom word hulle wat geestelik geskep word gereken as nageslag van God, nl Sy Seun se ligaam soos duidelik in 1 Kor 12 beskryf word. Elkeen ‘n lid in besonder. Ook word dit duidelik gemaak dat die liggaam ook dele het wat bedek moet word soos in natuur, en dit word met liefde gedoen. Ons is nie as mens volmaak nie, en soms gee on voorkeure aan natuurlik drane en nie aaan die geestelike nie.

    Dit is wat ek bedoel het. Alles was al voorheen verduidelik. Het sekerlik dit of nie gelees nie, of hey vergeet baie maklik wat hy gelees het.

    Dankie

    • Koos, ek dog u glo net wat in die Bybel geskryf is? Die mens word nêrens bespreek tot en met Genesis 1:26 nie.
      Vroeër het u ook geskryf:
      “…God is Gees. Ons as mens nie. Jul arhument dat Adam en Eva was maak nie sin nie. God se beeld word gedra of uitgebeeld deur dade…” Koos, November 19, 2019 at 1:00 pm
      Hoe sou Adam en Eva dan dade uitgebeeld het as hulle net geeste was sonder fisiese liggame? Hoe sou hulle die aarde kon onderwerp en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip?
      Maleagi 2:15 beklemtoon die eenheid wat ‘n huwelik meebring. Die HERE het man en vrou een gemaak in die huwelik, lees asseblief Maleagi 2:15 binne konteks van die res van daai hoofstuk asook Genesis 2:23-24.
      Lees ook 1 Korinthiërs 12 binne konteks asseblief en vergelyk u stelling “…Sy Seun se ligaam soos duidelik in 1 Kor 12 beskryf word…” met Efesiërs 5:22-33 en Kolossense 1:18.

  154. OAC Critic, ek begin werklik twyfel of jy enigsins al deel was van OAK soos jy beweer. Jy ruk my woorde se betekenis totaal uit verband. Dalk as jy die teks lees sal jy verstaan as ek van ons as geestelike mense praat en verwys.
    1Co 2:14  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. 
    1Co 2:15  Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie. 

  155. Koos,
    As jy se die skeping in Gen1 is net gees en nie n natuurlike skeping nie dan verstaan ek nie soo mooi nie want toe die mens geskape was het God gese na sy beeld en gelykenis het Hy hulle geskape Die nuwe testament wys ookuit dat Jesus is die beeld en gelykenis van Sy Vader Jesus het nie geswig voor die dywil nie maar Adam en Eva het hulle is uit die tuin uit geskop as jy dan verwys dat die Gen 1 is net geestelig en verwys na die oak want julle is die eenigste wat so glo dan is julle al baie lankal uitgeskop ons glo die skeping was waar en ons glo wat in die Bybel staan was waar en was soos dit geskrywe is nie wat n mens kom en se dis ales geestelik nie want dit was nie so nie die Bybel het natuurlike goed in en geestelike goed Koos ASB lees die bybel en glo dit nie n mens wat anders wil vertel nie

  156. OXCCritic. Presies soos dit beskryf word. Natuurlike mense wat dink volgens natuur kan en sal hierdie skrifte van God nie verstaan nie. Geestelike mens is wie aanvaar God is Gees en wat in gees en waarheid aanbid, en dus die skrifte geestelik sien en toepas in hul lewens waar dit dan sin maak vir die geestelike mens, Soos Dennis duidelik nie kan raak lees en verstaan wat oor en oor verduidelik was nie. As God soos hy ook glo gees was, en God het mens na Sy beeld geskape, en volges Sy gelykenis moes ons nou gees gewees het, Maar juis omdat God se behae by die siel is wat gees is, is hierdie skepping hoe God die siel wil skep, waarvan ons die draers is om God se gees te openbaar. Daarom ook is daar hulpmiddels en gebruik God mens wat Sy woorde spreek om ons as sielemens verder te skep tot die vlak van wat in Gen 1 :26-27 beskryf word. En ja Dennis, jy is reg , waar ons Sy Seun Jesus verteenwoordig wat ook sê, as jy my gesien het, het jy my Vader gesien”.
    Eph 4:11  En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, 
    Eph 4:12  om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, 
    Eph 4:13  totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; 
    Eph 4:14  sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; 

    God stuur gesalfdes, om Sy werke te verrig, maw siele op te pas, te leer en te versterk , sodat hulle tot die volle grootte van Jesus kan wees. M.a.w. die sielemens wat God deur sy lewenswyse verheerlik. Dus waar God se gees in en deur daardie mense openbaar sal word. Dus waar dit beskryf word daar is een middellaar tussen God en die mens, “die mens Jesus”. Dit is hierdie geestelike gebore siel wat tot volle grootte van Jesus geskep is deur God se gees. Nie mens na natuur soos ons nie. Ons as natuurlike mens is slegs die draer van hierdie siel wat Jesus verteenwoordig nadat dit wat in EFES 4 beskryf word gebeur het.
    Ek dink eerlik nie dit is “rocket science” om dit te verstaan nie. Ons as mens SAL na die natuur sterf. As ons dus Sy Seun se liggaam verteenwoordig is dit soos ek hier bo beskryf is, en is dit die siel wat dus met Sy Seun versoen is deur die werke wat verrig is wat nie sterf nie, maar ewiglik sal lewe soos belowe is deur God.

    Soos bv waar hy in Gen die geskiedenis beskrif. Adam was geskape toe daar geen reen of plante was nie,
    Gen 2:5  was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie, en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie; want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie. 
    Gen 2:6  Maar ‘n mis het opgetrek uit die aarde en die hele aardbodem bevogtig. 
    Moeilik om natuurlik te verklaar sou ek sê. Selfs as jy na hoofstuk 3 beweeg, waar nadat die mens en sy vrou gesondig het, en God vir hul klere gemaak om aan te trek, Let God wat Gees is, Maar toe sê God iets interesant. Lees hierdie verse.
    Gen 3:22  Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie! 

    “Nou het die mens soos een van on geword”, dit nadat gesondig was. Natuurlik verklaring sal moeilik wees. As dit geestelik gesien word waar ons met siel werk nie so moeilik nie.

    Dankie

    • Dankie Koos, ek sien ons maak vordering 🙂

      Rakende u stelling:
      “…Presies soos dit beskryf word. Natuurlike mense wat dink volgens natuur kan en sal hierdie skrifte van God nie verstaan nie. Geestelike mens is wie aanvaar God is Gees en wat in gees en waarheid aanbid, en dus die skrifte geestelik sien en toepas in hul lewens waar dit dan sin maak vir die geestelike mens…”;
      Ek hou veral van hoe u die sinnetjie begin het, “PRESIES SOOS DIT BESKRYF WORD” en dis wat ons heeltyd vir u probeer sê. ‘n Geestelike mens is dus ‘n natuurlike mens wat hulle onthou van vleeslike begeertes (Romeine 8:5-7, Galasieërs 5:16, 1 Petrus 2:11). Stem u saam daarmee?

      Ek gaan vir nou nie verder uitbrei oor die res van u kommentaar nie, kom ons vat dit stappie vir stappie, ek stel nie nou belang om boek te skryf nie.

        • Sal u dan saam stem dat die eerste stap om geestelik te wees is om uit God se Gees gebore te word deur Jesus Christus as Verlosser aan te neem? Voor die verlossing is ons geestelik dood, maar sodra ons gees lewendig is in Christus, begin ons die proses van heiligmaking – om heilig te word (Romeine 8:11, Efesiërs 2:5, 1 Petrus 3:18-19, 1 Korintiërs 15:20-23).

  157. Koos,
    As jy en die oak se die hele bybel is geestelik versklaar dan vir my wie is die hoof en wie is die ligaam van afdie voetsool af tot by hoof

    • Dennis dit is tipiese vrae van iemand wat totaal natuurlik gefokus is. Gaan lees 1 Kor 12. Daar word dit duidelik beskryf hoe die liggaam funksioneer. God bepaal waar ons inpas in die liggaam. Dit is hoekom God sê, ons het Hom nie eerste liefgehad nie, maar Hy vir ons.Soos Paulus ook beskryf.Gal 1:15, Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het,

      Dankie

      • Is ons dan nie almal natuurlik nie Koos? Gaan u dan nie na ‘n natuurlike saal en luister na ‘n preek wat by ‘n natuurlike mens se mond uitkom nie? Is die gemeente lede dan nie almal natuurlike mense nie? Lees u dan nie uit ‘n natuurlike boek wat as die Bybel bekend staan nie? Betaal u nie natuurlike tiendes nie? Is die OAK se “apostels”, “viervoud amptes”, “oudstes”, “priesters” en “onderdiakens” dan nie natuurlike mense nie?

  158. OAC Critic, die een groot verskil is juis dat as ek sê ek is nie ‘n natuurlike mens volgens die een wat in die bybel genoem word nie, een wat volgens die bybel nie die skrifte sal en kan verstaan nie, dan word die natuurlike mens gemeet aan hoe hy of sy glo in dit wat van God is, soos ons albei glo die Heilige skrifte”. Daarom word daar geskryf die geestelike mens sal dit verstaan. Die onderskeid is vir my juis soos ek in een van die vorige kommentare gewys het. God skep ons met Sy woord en Sy wil, deur mens, wat die skrifte aan my openbaar waar ek besef God se Skepping in my is vir die siel, en God gebruik die wat vir my daar gestel is. Ek sal dit in kort as volg wil defineer soos Paulus dit op ‘n plek beskryf, net op ander manier. Ons is Geestelike mense wanneer ons deur die Gees van God gelei word. En hier is dit die Gees van Hom wat in ander geplaas is en vir my lei. Sou ek mens oordeel en na die se foute kyk en dink sal ek bitter moeilik die woorde wat uit Sy mond uitkom kan aanvaar en glo. ‘n Pragtige voorbeeld is die gedeelte in Joh 6. Daar waar Jesus beskryf Hy is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. Kyk wat sê Hy.
    Joh 6:53-57 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie.
    Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
    Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank.
    Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.
    Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe.
    Dit is presies wat ek glo ons glo. Wanneer Hy deur mens openbaar, dat ek die woorde sal aanvaar as voedsel, en sodoende versterk word. Efes 4. Om ook te kan kom tot die volle grootte van Christus.

    Voor die gedeelte, wat treffend is waar hy die brood van Moses beskryf, en Sy dissipels vra Hom toe die volgende.
    Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring?
    Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het.
    Duidelik kon Hy hier gesê het om My te aanvaar. Die verskil is soos vele maal verduidelik was, God se Seun openbaar deur verskeie natuurlike mense wat deur God se Gees gelei word. Ons elkeen het dan soos jy weet ‘n Herder, soms een vol foute, maar soos hierdie vers wys, ek moet Hom aanvaar, wat deur daardie spesifieke mens openbaar word. Juis darem glo ek word daar geskryf wie die vlees bedink, bedink die dood, die dood van sy siel natuurlik, nie as natuurlike mens nie. En wie die Gees bedink, bedink die lewe en vrede van God, die lewe van sy siel. Soos daar ook nêrens geskryf staan hulle wie die woorde lees en dit doen het die ewige lewe nie, maar wel hulle wie die woorde hoor en doen het die ewige lewe,en hy bou sy huis op die Rots Christus.
    Daarom probeer ek net wys dat God mens gebruik, wat tot my spreek waar die natuurlike mens “geestelike mens” is omdat hy deur God se gees gelei word en so as instrument dien as spreekbuis van God waar God se Seun dan tot my sal openbaar. Sou ek die woord as gees aanvaar asof dit van God is sal dit tot voordeel van my siel wees. Sou ek dit sien as woorde van ‘n mens, sal ek dit nie aanvaar wat tot my kom nie, en sal ek nie God se werk kan volbring nie.
    Dankie

    • Ons is almal natuurlike mense Koos en u het vroeër saamgestem dat ‘n geestelike mens ‘n natuurlike mens is wat die vleeslike begeertes en vorige sondige lewe afgesterf het. As iemand nou die hele Bybel soos u “vergeestelik” en hulle volg nogsteeds hul vleeslike begeertes, maak dit van hulle nogsteeds geestelike mense? As iemand die tale van mense en engele spreek, die gawe van profesie het en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al die geloof om berge te versit, en al hulle goed uitdeel, en hul liggaam oorgee om verbrand te word, maar hulle doen dit alles sonder liefde, is hulle dan geestelike mense Koos?

      Daar is net een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus – enkelvoud (1 Timotheus 2:5). Die verse wat u aanhaal is die gesprek tussen die Seun van God (hoofletters + enkelvoud) en Sy apostels. Deur Hom word ons seuns van God – kleinletters & meervoud (Johannes 1:12). Die Bybel praat egter deurentyd van net EEN JESUS en HY is die enigste MESSIAS. Glo u dat die Heilige Gees u ook kan gebruik Koos? Moet iemand anders eers Sy Gees ontvang en dan eers tot u spreek Koos? Glo u ooit dat Jesus alleen die Christus is?

  159. OAC Critic,
    Koos en u het vroeër saamgestem dat ‘n geestelike mens ‘n natuurlike mens is wat die vleeslike begeertes en vorige sondige lewe afgesterf het.
    “OAC Critic, korrek, dit is soos ek dit gedeeltelik sou sê, jy praat nou ook amper my taal. Apostoliese taal.”, ook my volgende antwoord, “ God skep ons met Sy woord en Sy wil, deur mens, wat die skrifte aan my openbaar waar ek besef God se Skepping in my is vir die siel,” Ons sien dus die Gees in dit wat geskryf word vir voordeel van siel, en hoe ons as mens moet lee fen optree om siel te bevoordeel.
    As iemand nou die hele Bybel soos u “vergeestelik” en hulle volg nogsteeds hul vleeslike begeertes, maak dit van hulle nogsteeds geestelike mense? Volgens my direkte gedagte, nee. Maar wat ek wel kan byvoeg is dat wanneer ons soms afdwaal, en ek weet of het geweet wat reg is ek nie verwerp is nie. Dit is juis in sulke omstandighede wat my medebroers daar vir my sal wees, en mag ek op daardie oomblik deel van die onsierlike deel van die liggaam wees. En bedek word met liefde deur ander se woorde en dade wat tot uitvoering kom.
    As iemand die tale van mense en engele spreek, die gawe van profesie het en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al die geloof om berge te versit, en al hulle goed uitdeel, en hul liggaam oorgee om verbrand te word, maar hulle doen dit alles sonder liefde, is hulle dan geestelike mense Koos? Ek dink dat in hierdie teks word daar verwys na geestelike mense. Hoekom? Juis sodat ek moet weet dat dit help nie ek doen net alles in die kerk en woon alle aktiwiteite by nie, maar ek het geen liefde vir my broer nie. Tevergeefs. Die skrifte wys duidelik, hoe kan jy sê jy het God life maar jy haat jou broer? Juis omdat God ook deel van my broer is. En darem word jy dan ‘n leunaar genoem volgens skrifte.
    Daar is net een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus .
    Daar is net 1 liggaam, waarvan almal deel is, ‘n liggaam goed saamgevoeg deur God.In natuur sien jy nou die baie liggame, maar in die gees is di teen, omdat di teen Gees is in almal en deur almal, Aldus Heb wat jy verseker ook al gelees het.
    Glo u dat die Heilige Gees u ook kan gebruik Koos?
    Baie beslis. Maar moet nie vergeet nie, juis omdat soos on sook hier bo verduidelik is God se gees ook in my broers en my owergestelde waar ons deel in een liggaam, omdat God se gees in almal is, is dit dan juis ook so hoe God se gees deur ander tot my kan spree ken leiding gee.Ook so kan God my gebruik om deur my te spreek om ander leiding te gee. 1 Thes 2:13 Daarom dank ons God ook sonder ophou dat, toe julle die woord van God ontvang het wat deur ons verkondig is, julle dit aangeneem het nie as die woord van mense nie, maar, soos dit waarlik is, as die woord van God wat ook werk in julle wat glo.
    Moet iemand anders eers Sy Gees ontvang en dan eers tot u spreek Koos? Glo dit maak deel daarvan uit. Efes 4:11-12
    En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars,
    om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus,

    Glo u ooit dat Jesus alleen die Christus is? Ek glo ja, die verheerlikte liggaam wat lewe waarvan ons almal deel van is, en daarom openbaar ons die liefde aan mekaar soos vroeër verduidelik is wanneer my broer dalk struikel. Daar is die een gees wat in ons lewe en openbaar.
    Dankie

    • Dankie Koos,

      Die antwoorde wat u verskaf praat om ‘n saak en u beantwoord nie direk nie. Soos die indiane in die ou cowboy flieks sou sê, “you speak with forked tongue”. Net wanneer dit u pas dan lees u die Bybel “Presies soos dit beskryf word” en ander tye “moet die dinge geestelik verstaan” word. As u ‘n geestelike mens was sou u ‘n kinderlike geloof gehad het in God se Woord (die Bybel). Wêreldse mense (natuurlike mense met vleeslike gedagtes) bevraagteken alles in die Bybel en verdraai dit om hulle te pas of glo dit eenvoudig nie.

      OAK lede glo Jesus die Nasaréner wat as natuurlike mens hier op die aarde gewoon en gewandel het is dood, nie waar nie?
      Hoekom het Paulus die volgende geskryf (1 Korinthiers 15:12-19)?
      As dit dan gepreek word dat Christus uit die dode opgewek is, hoe sê sommige onder julle dat daar geen opstanding van die dode is nie?
      As daar geen opstanding van die dode is nie, dan is Christus ook nie opgewek nie.
      En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof;
      en dan word ons valse getuies van God bevind, omdat ons teen God getuig het dat Hy Christus opgewek het, wat Hy nie opgewek het nie, ten minste as die dode nie opgewek word nie.
      Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie;
      en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes;
      dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore.
      As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense.
      Let wel Koos, Paulus het nie hierbo van ‘n kerk of die OAK gepraat nie.
      Hoekom het die OAK tenminste een keer ‘n jaar ‘n verseëlingsdiens om die “drie heilige sakramente” te bedien aan die siele in die doderyk deur middel van die lewende vir die dode? Wat sal hulle doen wat hulle vir die dode laat doop, as die dode geheel en al nie opgewek word nie? Waarom laat hulle hul nog vir die dode doop?

      Rakende u stelling:
      “…God skep ons met Sy woord en Sy wil, deur mens…”;
      Nee Koos, God het klaar alles geskep, Hy is Almagtig en Hy het nie die mens nodig om te skep nie. Aan die mens het Hy ‘n eie wil gegee, dis ons besluit of ons die Heilige Gees wil gehoorsaam of nie.

      Rakende u stelling:
      “…deel van die onsierlike deel van die liggaam wees. En bedek word met liefde deur ander se woorde en dade wat tot uitvoering kom…”;
      So as ‘n “priester” wat volgens u die gawe Christus het lede verlei met ‘n vleeslike soort liefde, dan is hy nogsteeds geestelik?

      Rakende my stelling en u antwoord:
      “…Daar is net een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus .
      Daar is net 1 liggaam, waarvan almal deel is…”;
      Hier verwar u aspris die betekenis van 1 Timotheus 2:5 met Romeine 12:4-5. Daar is net een mens Christus Jesus (Lukas 24:36-49, Johannes 14:1-14, Johannes 20:19-31, Handelinge 1:1-11, 1 Johannes 2:22-23, 1 Johannes 5:1-5).
      Die liggaam wat aan Hom behoort is Sy kerk waarvan Hy die HOOF is (Romeine 12:3-8, 1 Korinthiërs 10:16-17, 1 Korinthiërs 12:12-31, Efesiërs 4:1-16, Efesiërs 5:23-33, Kolossense 1:15-23). Jesus het ons ook gewaarsku teen mense wat hulle wil voordoen as Christus (Mattheus 24:23-28, Markus 13:21-23).

      Rakende u verwysing na 1 Thes 2:13:
      “…Daarom dank ons God ook sonder ophou dat, toe julle die woord van God ontvang het wat deur ons verkondig is, julle dit aangeneem het nie as die woord van mense nie, maar, soos dit waarlik is, as die woord van God wat ook werk in julle wat glo…”;
      Lees baie mooi, die WOORD VAN GOD wat deur hulle verkondig was. Hoe weet ons wanneer iemand die WOORD VAN GOD verkondig? Wanneer dit ooreenstem met die SKRIF “Presies soos dit beskryf word”. Lees gerus ook Handelinge 17:11.

      Rakende my vraag en u antwoord:
      “…Glo u ooit dat Jesus alleen die Christus is? Ek glo ja, die verheerlikte liggaam wat lewe waarvan ons almal deel van is …”;
      Dis vir my baie opvallend hoe u versuim om die naam van Jesus te gebruik en eerder te verwys na ‘n “verheerlikte liggaam”. Ek praat van Jesus die Nasaréner wat as natuurlike mens hier op die aarde gewoon en gewandel het. Glo u dat Hy alleen die enigste Messias is?

  160. Koos,
    Ek glo nie jy verstaan so mooi nie en jy lees nie wat ons vir jou wil se nie jy lees dit wel maar dit gaan nie in by jou nie heel eerste het ek gese daar is natuurlike goed en geestelike goed in die bybel daarom het ek jou die vraag gevra en jy het vir my 1Kor12 gegeewat wel geestelik is waar hy verwys na gawes maar lees vir my Jes 1v5,6 maar lees somer die hele hoofstuk en verklaar dit vir my

    • Dennis Jes 1:1 Die gesig van Jesaja, die seun van Amos, wat hy gesien het met betrekking tot Juda en Jerusalem, in die dae van Ussía, Jotam, Agas en Hiskía, die konings van Juda.
      Hierdie was duidelik ‘n gesig gesien deur ‘n profeet Jeremia. ‘n Duidelike waarskuwing aan God se volk, en ook deur die hoofstuk wat die beloning sal wees vir gehoorsaamheid, maar ook die gevolge sou hul nie gehoorsaam wees nie. Hierdie selfde profete gees leef vandag nog in die OAK, al sal jy an die ander dit nie glo nie. Ek weet omdat ek dit eerstehands ondervind het. Nie net 1 x nie, maar vele kere. Daarom het ek ook voorheen genoem, God is teenwoordig in die OAK.

      • Rakende u stelling:
        “…Hierdie was duidelik ‘n gesig gesien deur ‘n profeet Jeremia…”;
        Lees weer mooi, “gesig van Jesaja, die seun van Amos”. Dit was JESAJA wat die gesig gesien het.

        In die OAK se geskiedenis was daar op ‘n stadium ‘n verbod op profetiese gawes. Die einde van die Katolieke Apostoliese Kerk se “profetiese” element is onderstreep deur die aanvaarding van ‘n uitgebreide nuwe liturgie in 1843. Die Duitse “profeet” Heinrich Geyer het tydens ‘n vergadering in 1860 in Albury twee “evangeliste” genoem om “apostels” te word. Na die beraad het die “apostels” van die Katolieke Apostoliese Kerk hierdie roeping verwerp en bevestig dat geen verdere oproepe tot die “apostolaat” aanvaar sal word nie. In die Hamburgse gemeente het “profeet” Heinrich Geyer die steenkoolhandelaar Johannes F.L. Güldner as “apostel” aangewys in ‘n private vergadering vier maande voor die dood van “apostel” Carl Wilhelm Louis Preuss. Carl Wilhelm Louis Preuss het geweier om hierdie roeping te aanvaar en het op sy sterfbed ‘n “ouderling” Wichmann as sy opvolger aangewys. In Januarie 1972 is die “apostel” Robert Lombard verban weens ‘n geskil met die OAK-apostolaat oor ‘n openbaring wat hy as “apostel” ontvang het.

  161. Glo julle in die hemel ‘ddarbo’..waarheen Jesus opgevaar het…
    En die hel wat Jesus van grpraat het…onder in die aarde.

    • Blykbaar is alle mense reeds in die Hemel volgens die OAK se apostel Vermaak.

      T.O.K Apostel Vermaak (KZN en Namibië)
      Sondag 16 Junie 2019
      16) Ons moet die Apostel Paulus nadoen, hy het ‘n besorgdheid gehad het vir die verlore skape van Israel en dat hulle ook aan die evangelie herinner moet word. Vir hierdie rede beweeg die engel van God deur die Hemel en verkondig die evangelie aan alle mense.
      Ope 14v6.

      • Ingeval iemand wil beweer dit was ‘n tik fout, hier is die vertaling in Engels vir daai selfde dag:

        H.T.C Apostle Vermaak (KZN and Namibia)
        Sunday 16 June
        16) We must emulate the Apostle Paul who had a concern also for the lost sheep of Israel and that they need to also be reminded of the gospel. For that reason the angel of God moves through Heaven, preaching to all people.
        Rev 14v6.

  162. Koos, Dankie jy sien Jes 1 natuurlik want jy herken dat dit Israel was so dit is n bewys dat daar natuulike goed is en geestelike goed want as jy se Jes 1 is geestelik dan moet jy dit verduidelik
    Jy vra vir x.oac of hy die bybel net so glo soos dit geskrywe is my antwoord is JA dit is die waarheid as ek hom anders wil verklaar of veduidelik dan maak ek die bybel n leunaar
    jou apostel Vermaak het die kat aan die stert beet hy weet nie waarvan hy praat nie en dan glo julle hom nog Openbaring het nog nie plaas gevind nie dis iets wat nog moet gebuer

  163. Na aanleiding van my vraag aan OAC Critic en wat Dennis reeds beantwoord het.
    Ek vra dit want hoekom verander julle die volgende tekse se betekenis as jul dit glo soos dit geskryf is. Sommer dan vir jou ook Dennis wat reeds geantwoord het.
    Joh 4:24 God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.
    Rom 8: 9 julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.
    1Kor 3:16 Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?
    1 Kor 7:40 Sy is egter gelukkiger as sy so bly, volgens my gevoele. En ek meen dat ek ook die Gees van God het.
    Efes 4:30 En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.
    1 Joh 4:2 Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God;
    L.W. IN vlees, nie AS vlees nie. Glo dit asb soos dit geskryf is.

    Ons stem sekerlik saam dat God Gees is vermoed ek. Nou die volgende tekse.

    Mat 1:18 Die geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees.
    Mat 1:20 Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;
    L.W. UIT die Heilige Gees. Volgende teks bevestig.

    Joh 1:13 wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is.
    Duidelik uit GOD gebore wat Gees IS. Glo dit soos dit geskryf is.

    1 Joh 3:5-6
    Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
    Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.

    Glo dit soos dit geskryf is.

    Baie duidelik, ek glo soos dit geskryf is. Wat uit Gees gebore is, is Gees of spreek ons nou soos jy vir my gesê het met ‘n “ forked tongue”.
    Baie duidelik uit al die tekse. God is Gees en omdat Hy koning is in My lewe moet Hy in die koninkryk regeer, inwoning wat Hy by die mense maak. Ek kan vir jou nog vele tekse noem, maar ek is seker dat jy hulle almal ken aangesien jy so ‘n deeglike studie gemaak het oor die OAK, en steeds doen. Julle is die wat nie glo soos dit geskryf staan nie. Ons besef net egter God is hier vir siele, en die mens moet so leef om sy siel “onbevlek” voor God te bring. Hoe? As deel van Sy seun se liggaam wat reeds in vorige geleentheid verduidelik was.

    Die ander soos in Gen 2:4-7
    Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is. Die dag toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het,
    was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie, en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie; want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie.
    Maar ‘n mis het opgetrek uit die aarde en die hele aardbodem bevogtig.
    En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.
    Ook hier het jy jou eie verklaring probeer gee. Glo dit soos dit geskryf is. Die mens wat God geskape het wat lewende siel geword het was geskep voordat daar plante was. M.a.w. 1 ste of 2 de dag. Juis daarom sê ek dat op die eerste dag van my geestelike lewe as siele mens is waar God se skepping in my begin het. En dit was die eerste dag van God se skepping in my, m.a.w. voordat daar enige werke van God in my sigbaar was. Nog geen saad op my aarde geval nie. . Hierdie is waarvan geskryf word in 1Kor 15:45-46
    So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees.
    Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.

    Die antwoorde in die skrifte is so duidelik. Daarom wanneer God se skepping gevorderd is in my lewe kan Hy my skep soos op die 6 de dag, dan kan ek ‘n Lewendmakende Gees wees, geskep na God se beeld. Dit sal wees wanneer God se skepping in my sigbaar is en ek duidelik ‘n Goddelike lewe leef. Duidelik moet daar eers ‘n Koos gewees het voordat ek as sielemens geskep kan word en daarna as Lewendmakende Gees. En wat dan volg is volgende.in vers 47 word dit verder verklaar. Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.
    Duidelik die eerste mens was uit aarde aards wat die lewende siel geword het. Presies ook wat in Gen 2 :4-7 gebeur het. Later omdat God die Lewendmakende Gees is, kon Hy my skep om as middelaar op te tree. Al hierdei bygaande tekse was al by verveelens geplaas. Juis darom het Paulus dit ook so beskryf soos ek hier geskryf het. Hulle het hom aanvaar as “Jesus Christus”. Hulle het die woorde wat hy gespreek het aanvaar soos dit waarlik is, as die Woord van God. Jy behoort sekerlik te weet waar al hierdie tekse geskrywe staan.

    Ek sal graag een ding weereens baie duidelik wil sê. Ek het nog nooit op hierdie blog geskryf dat God nie die natuurlike aarde geskape het nie. Ek het dit BAIE DUIDELIK genoem dat die skepping wat in Gen 1 beskryf word is nie die natuurlike skepping is nie. Hoe sou ons die skrifte kon verklaar of Jesus gelykenisse vertel as daar nie natuur was nie. Juis omdat dit al lankal daar is word die natuur en hul voortbestaan en groei as voorbeelde gebruik om ons geestelike groei te verduidelik Net een voorbeeld te gebruik. Daar moet ‘n aarde wees voordat gesaai kan word. L.W. goeie aarde. Soos gelykenis dit verklaar so ook hier in Gen 1. Ek moet ontvanklik wees vir God se gees om groei te wys in my geestelike lewe. Daar moet ‘n skeiding in my lewe plaasvind tussen wat ek dink is reg en wat God vir my wil wys wat is reg. So Dennis en Johan, julle moet jul feite regkry oor wat jul sê ek gesê het. Gaan lees gerus al my kommentare, en jy sal sien ek het dit al 2 keer ook so genoem.

    Dankie

    • KOOS, ek lees die Bybel nes dit geskryf is, met ander woorde die HELE Bybel binne konteks en nie net enkele versies nie. En wanneer ek nie seker oor ‘n woord is nie, dan gaan soek ek die woord se eintlike betekenis in die oorspronklike taal. Ek gaan ‘n enkele voorbeeld noem:
      “…En die aarde was woes en leeg…” (Genesis 1:2).
      WOES volgens die OAK beteken deurmekaar en hulle hou daarvan om te redeneer dat ‘n plek nie deurmekaar én leeg terselfde tyd kan wees nie. ‘n Hele leerstelling word dan op hierdie argument gebaseer. Daai leerstelling is egter op ‘n valse betekenis gebou, want in die oorspronklike Hebreeus is die definisie van daai woord WOES soos ‘n WOESTYN, m.a.w. ONBEWOONBAAR.

      Rakende u stelling:
      “…hoekom verander julle die volgende tekse se betekenis as jul dit glo soos dit geskryf is…”;
      Wat bedoel u daarmee KOOS? Kan u vir ons voorbeelde gee waar ons die betekenis van daai verse verander het? Vergeet u nie dalk om gerieflikheids onthalwe hoe u Genesis 1:1-25 verdraai om te verwys na ‘n mens nie? Dit help nie om bloot net enkele versse te plaas sonder om te verduidelik nie, en lees asseblief die verse wat u geplaas het in konteks met die res van die hoofstuk.

      Rakende u stelling:
      “…L.W. IN vlees, nie AS vlees nie. Glo dit asb soos dit geskryf is…”;
      Presies KOOS, Jesus is die Woord wat vlees geword het (Johannes 1:14). Jesus was ‘n regte mens hier op aarde, en Hy het opgestaan uit die dode, selfs nadat Hy opgestaan het, kon Sy dissipels nogsteeds aan Hom raak voordat Hy opgevaar het. Lees mooi wat skryf Lukas:
      En terwyl hulle hieroor praat, staan Jesus self in hul midde en sê vir hulle:
      Vrede vir julle!
      Toe het hulle verskrik en baie bang geword en gemeen dat hulle ‘n gees sien. En Hy sê vir hulle:
      Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle hart op? Kyk na my hande en my voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk;
      want ‘n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie. En terwyl Hy dit sê, wys Hy hulle sy hande en sy voete (Lukas 24:36-40).
      L.W. ‘n GEES het nie VLEES en BENE nie

      Rakende u stelling:
      “…L.W. UIT die Heilige Gees…”;
      Watse punt probeer u hier bewys KOOS? Dat omdat God Gees is, Hy nie die natuur kon geskep het nie? Dat Jesus nie ‘n natuurlike geboorte kon hê en as natuurlike mens op die aarde gebly het nie? Later skryf u tog “Ek het nog nooit op hierdie blog geskryf dat God nie die natuurlike aarde geskape het nie”? Hoe het God dan die natuurlike aarde geskep as Hy net ‘n Gees is KOOS?

      Rakende u stelling:
      “…Die mens wat God geskape het wat lewende siel geword het was geskep voordat daar plante was…”;
      Waar het u dit raakgelees KOOS?

      Rakende u stelling:
      “…God se skepping gevorderd is in my lewe kan Hy my skep soos op die 6 de dag, dan kan ek ‘n Lewendmakende Gees wees, geskep na God se beeld…”;
      Waar in Genesis het u dit raakgelees KOOS?

      Rakende u stelling:
      “…kon Hy my skep om as middelaar op te tree…”;
      Waar het u dit in Genesis gelees KOOS?

      So terwyl u daar deur Genesis lees op soek na daai verse, dalk kan u ook die volgende verse vir my verduidelik asseblief:
      Die stamboom van Adam, u beweer mos dat u die eerste en die laaste Adam is (Genesis 5).
      Hoekom het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het (Genesis 6:6)?

  164. OAC critic. Daar is geen nut om enigsins voort te gaan nie. Jy het baie duidelik nie my goed gelees nie. Ek het verduidelik met verse. Gaan lees jy liewers stadig wat ek geskryf het. Dit is nie waar ek dit gelees of uitgekrap het nie. Ek het die verse ook gegee. Dan jy verdraai steeds die verse soos jy wil en jy wil glo, en nie soos jy vir my sê, ek moet glo soos dit geskryf is nie. Gaan lees asb weer wat ek geplaas het. Jy en die ander hak nou vas by een ding wat julle uitgevind het die OAK lede gebruik, “WOES” in Gen 1. My magtig daar is soveel ander dinge wat glad nie kan sin maak as jy dit lees soos dit is nie, beslis nie soos julle dit glo op natuurlike manier nie. Gaan lees dus gerus met aandag wat ek geskryf het. Jy antwoord oppervlakkig om jouself te troos, en dan verwag jy ek moet weer ander vrae antwoord. Wat sal die nut wees? Jy glo in ieder geval soos jy glo omdat jy klaarblyklik dit nie volgens my, doen vir jou siel saligheid nie, maar jou vendetta teen “OAK”, en verder volgens my teen jou beterwete veg om nie die werklike waarheid wat jy “sien” te skryf nie. Dit is ‘n geval om jou ego te streel. Dit is my afleiding van wat ek waarneem wanneer jy antwoord, want jy glo nie soos die bybel dit uitdruklik beskryf nie. Die tekse wat jy weereens verdraai het ek juis ook in vorige kommentaar genoem en verduidelik omdat ek geweet het jy sal dit gebruik, en jy het toe wraggies. So, behou maar jou ego en hou aan met wat jy doen om jou as mens gelukkig te hou, maar ek weet net een ding verseker. Die feit dat jy jouself nog so op hoogte hou wat by OAK dienste gebeur glo ek dat in jou diep onderbewuste hunker jou siel dat jy in die waarheid moet terugkeer, as dit die waarheid is wat jy gesê het dat jy ‘n OAK lid was wat baie aktief was.

    • Ons gesels nou mos lekker Koos, en ek kon eintlik vir u dieselfde geskryf en gevra het. Hoeveel keer het ek nie alreeds antwoorde gegee op u stellings nie en uitgewys waarmee ek nie saam stem nie? Lees u ooit my kommentaar so noukeurig soos wat u verwag ons u kommentaar moet lees? Let u ooit op wat ons skryf?
      Ons hak nie vas by “WOES” nie, dis OAK lede wat daarmee begin en heeltyd daar vas haak. Let gou op hoeveel keer daarna verwys word:
      “…Die aarde was woes en leeg – Is dit natuurlik moontlik?…” Ronald de Villiers, October 25, 2018 at 12:39 pm
      “…die aarde was woes en leeg…” Ronald de Villiers, October 26, 2018 at 11:46 am
      “…ja Ronald, iets in die natuur kan woes en leeg wees…” Ex-OAC critic, October 29, 2018 at 9:48 pm
      “…die aarde was woes en leeg…” & “…woes vanweë my leef wyse…” Koos, October 17, 2019 at 7:35 am
      “…die aarde was woes en leeg…” & “…Ek is eerlik as ek sê jy wil hoor en glo net wat jy wil. Gaan lees jy weer my verduidiling oor die skepping…” Koos, October 19, 2019 at 4:13 am
      “…die aarde was woes en leeg…” Koos, November 19, 2019 at 1:00 pm
      “…Byvoorbeeld soos die woord “woes” in Genesis…” Ex-OAC critic, December 5, 2019 at 7:23 pm
      “…Ek gaan ‘n enkele voorbeeld noem: En die aarde was woes en leeg…” (Genesis 1:2)…” Ex-OAC critic, January 6, 2020 at 12:54 am
      Dankie dat u uiteindelik daarop gereaggeer het, ons maak vordering. Ek is baie geduldig.
      Die res van u kommentaar is u opinies en u is geregtig op u opinies, dink maar wat u wil. Dalk is dit ‘n taktiek om my vrae te ontduik of die kwessies wat ek op die tafel neergesit het, te ignoreer?
      Laastens, daar is net EEN weg tot saligheid en dit is deur Jesus Christus die Nasarener, nie deur ‘n kerk of ‘n valse christus nie. Ek hoop en bid dat u en al u maats dit nog eendag sal besef en dit werklik sal glo voor dit te laat is.

    • Kyk nou WIE hak nou WEER vas by “WOES” in Gen 1

      OAK se TOK vir 11 Mei 2020:
      “…Geloofbelydenis: Eerste Geloofstelling: Die Skepping van God: Dag 1: God skep “lig”. Die aarde was woes en leeg en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters. God het toe lig gemaak en het die lig: “dag” genoem en die duisternis: “nag”. Lig verwys na begrip, maar duisternis beteken onkunde en sonder God [GEN 1:1-5]…”

      WOES (AFR 33/53) = without form (KJV) = תֹּהוּ (HEBREEUS – tôhû)
      Strong’s se vertaling van die Hebreeuse woord:
      “…to’-hoo – From an unused root meaning to lie waste; a desolation (of surface), that is, desert; figuratively a worthless thing; adverbially in vain: – confusion, empty place, without form, nothing, (thing of) nought, vain, vanity, waste, wilderness…”
      Met ander woorde, WOES soos ‘n WOESTYN!

      “…duisternis beteken onkunde en sonder God [GEN 1:1-5]…”
      Nie waar nie, SES keer van die begin af in Genesis 1:1-5 word God genoem, die Skepping was beslis nie in onkunde geskep nie! Wanneer ‘n kunstenaar ‘n portret wil skep, gebruik hy nie ‘n bestaande portret nie, hy begin nuut en skoon. Dieselfde met ‘n beeldhouer wat begin met ‘n stuk klei wat nog geen vaste vorm het nie. Sodra daar BEGIN word is daar ‘n KUNDIGE plan en die Skepper is in totale beheer.

      • Kyk WIE hak nogsteeds vas by “WOES” in Gen 1

        OAK se TOK vir 16 Junie 2020:
        “…Geloofsbelydenis: Eerste Geloofstelling: Die Skepping van God. Ons besef nou dat ons vorige aarde (bestaan) woes en leeg was en dat, in ons begin, God ook lig (vestand / verstaanbaarheid) geskep het deur die Woord. Sodoende het ons kinders van God geword, gebore, nie uit die bloed of die wil van die vlees nie, maar uit God. [JOH 1:1-14]…”

        Let op hoe die Bybel verdraai word en hoe die fokus verskuif word na menslike woorde en verstand/verstaanbaarheid. Hulle praat van ‘n “vorige aarde” want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en ‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God, waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het. Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense (2 Petrus 3:5-7). In Johannes 1:1-18 lees ons die geskiedenis van Jesus van Nasaret, nie van ‘n kerk of organisasie wat in hul eie woorde glo nie, of wie se woorde “verstand/verstaanbaarheid” bring nie. Jesus was daar nog voor die Skepping en Hy het tussen Sy eie mense kom woon. Hy het VERLOSSING gebring. Verstand of verstaanbaarheid kan nie VERLOSSING bring nie, net Jesus van Nasaret se eie bloed het vir ons VERLOSSING gebring (Hebreërs 10:1-18). Jesus van Nasaret is belangriker as al die groot geestelike leiers soos Moses of Johannes die Doper. Jesus van Nasaret het God se onverdiende goedheid op ‘n baie besonderse vir ons gebring.

        Daar is ‘n GROOT verskil tussen die Woord van God en die woorde op ‘n mens se tong (Jakobus 3:1-18).

        Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër (Psalms 33:6).

        Daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een (1 Johannes 5:7).

        Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd (1 Timotheus 2:5-6)

        Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid. En sy oë was soos ‘n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ‘n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self. En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God (Openbaring 19:11-13).

        • Kyk die vermetelheid van die OAK en hoedat hulle die ware Jesus Christus van Nasaret ontken deur na hulleself te verwys as Jesus Christus.

          OAK se TOK vir 17 Junie 2020:
          “…Geloofsbelydenis: Eerste Geloofstelling: Die Skepping van God. God skep die mens deur Christus (die Kerk) na Sy beeld en gelykenis en blaas die asem van die lewe (Heilige Gees) in sy neus. Deur die Kerk word ons opnuut gebore en ontvang ons die teken van die Lam in ons voorhoofde, verseël tot die ewige lewe. [ESE 36:24-28 en EFE 1:13]…”

          • Vanoggend vra ‘n OAK suster ‘n vragie:
            “Goeie mre geliefdes net ‘n vragie in luk 2v7 praat hul van dat daar geen plek in die herberg was nie hoe sien u dt”

            ‘n OAK priester van The Range Gemeente (Elsies River in Kaapstad) beantwoord haar vraag toe soos volg:
            “Goeie dag ampsbroers broers en sisters in die begin was die aarde woes leeg en in Duisternis en die Gees van God het gesweef op die waters. In daardie tyd was daar geen woonplek vir God in die verstand vd mens nie

            ‘n Ander OAK priester van The Range gemeente beaam toe die antwoord hierbo met:
            “Goeie dag gelliefdes have you any room for Jesus in this day in your hart the King of Glory”

            Kyk hoe diep is daai valse leerstelling van “woes en leeg” in die OAK dat hulle heeltyd daar vashaak en nie die Bybel lees soos wat dit geskryf is nie.

            Halloo, word wakker julle wat die valse OAK leerstelling aanhang, die herberg was nie woes en leeg nie, m.a.w. dit was reeds VOL! Die herberg in Lukas 2:7 verwys ook nie na die verstand van die mens nie, en Jesus was nogsteeds gebore al was daar geen plek in die herberg nie.

  165. Koos,
    Skrik waker en luister wat ons vir jou wil wys anders gaan jy baie terluur wees in die ander kant wanneer jy uitvind jy is nie in die hemel nie jy moet net soos ons wag vir Jesus
    Gen 1 die skeping glo ons God het die aarde waarop jy loop geskape nie soos julle wat dit verdraai nie dit is die eerste verdraaing
    Noag met die ark ons glo daar was n watterfloed en net 8 siele was gered julle glo dit nie die tweede verdraaing van die bybel aan julle kant
    Die swangerskap van Maria Jesus se moeder wat befrug was deur die Heilige Gees ons glo dit julle nie julle gee n ander stelling daarvoor
    Die geboorte weereens ons glo dit was soos die bybel dit wys julle nie
    Die kruisiging ons glo dit was so julle se nee en gee n ander beskrywing
    Die opstanding ons glo dit wat die bybel se julle nie julle gee n ander beskrywing
    Die hemel vaart ons glo dit was so wat die bybel se julle nie julle gee n ander beskrywing
    Die wederkoms ons glo wat die bybel se julle glo glad nie in die wederkoms nie julle apostel se sommer almal is al in die hemel dan kan julle maar ophou om al jul aktiwetyte by tewoon julle is mos reeds in die hemel
    So julle verdraai die bybel en glo nie daarin nie ons verdraai hom nie en glo in hom

    • Dennis? Jy verstaan seker nie Afrikaans nie. Ek kan ongelukkig nie Grieks skryf nie. As jy Afrikaans verstaan lees stadig en lees weer my kommentaar asb. Ek het NOG NOOIT gesê God het nie die natuurlike aarde geskep nie.

      Dankie

      • Soos wat ek Afrikaans verstaan het Dennis onder andere die volgende geskryf:
        “…Gen 1 die skeping glo ons God het die aarde waarop jy loop geskape nie soos julle wat dit verdraai nie…”
        Het u opgelet na die “Gen 1” vooraan die sinnetjie?
        Glo u dus nie meer die volgende stellings nie Koos?
        “…Die Skeppingsverhaal soos wat dit in Genesis opgesom is ‘n opsomming van die bekerings en wedergeboorte proses wat elke siel moet deurgaan. Dit is dus belangrik dat ons wat getuig dit goed moet ken en verstaan sodat ons dit aan ander kan verduidelik…” OAK se Die_Skeppingsverhaal, 2018/02/14, 11:02:02 AM
        “…die aarde wat die Bybel na verwys nie na die natuurlike aarde verwys nie, maar na mense of na die gedagtes van mense…” Ronald de Villiers, October 25, 2018 at 12:39 pm
        “…die skepping wat in Gen 1 beskryf word is nie die natuurlike skepping is nie…” KOOS, January 5, 2020 at 5:37 pm

  166. Dennis/OAC Critic. Die Bybel gee vir jou al die antwoorde. Ek het vir die meeste van jou bewerings tekse neergeskryf en kwoteer soos dit in die Bybel noteer is, en so glo ek dit. Jy moet net lees wat6 God verwag hoe ek en jy Hom moet dien en Sy dinge, die skrifte verstaan. Jy het tot nou nie enige van die tekse natuurlik verklaar nie. Verduidelik vir my hoe jy dit wat daar staan verstaaan. En ek waarborg jou as jy dit wil laat klink soos jy glo sal jy geen ander opsie hê om die Bybel anders te verstaan nie. Lees soos dit is, die antwoorde is daar my vriend.

    • Rakende u stelling:
      “…Ek het vir die meeste van jou bewerings tekse neergeskryf en kwoteer…”;
      Waar presies het u hulle neergeskryf sodat almal darem kan weet? Onthou, hier is baie mense wat ook hier lees, OAK lede, nie-OAK lede en mense wat “onder getuienis” is.
      Lees my kommentaar op December 2, 2018 at 12:58 am rakende “wat6 God verwag hoe ek en jy Hom moet dien en Sy dinge, die skrifte verstaan”. Ek het dit ook op my blog verduidelik, klik gerus hierbo op Ex-OAC critic. Gaan kyk ook self na u eie kommentare en lees op hoeveel van hulle het ek u direk beantwoord en vrae gestel. Ek glo darem ons kommentare en vrae is nie baie ingewikkeld nie. Maar ons is almal mense, as u sukkel, moenie skaam wees om te vra nie, of kontak ons privaat.

  167. Koos,
    Jy staaf dit wat ek gese het jy lees maar neem dit nie in nie so dit se vir my jy verstaan niks
    My stelling was dat ons verstaan die bybel soos hy geskryf is luister nou mooi daar is natuulike goed en geestelike goed die tekse wat jy gegee het sien ons dit soos dit is geskrywe of dit geestelik is of natuurlik
    Ek het verwys na Gen 1 hele hoofstuk dat dit die natuurlike skeping was want God se so julle se nee dis geestelik wat eintelik n verdraing is van dit wat daar staan ek het nooit vir jou gese jy glo nie dat God die aarde geskep het nie maar wel gese julle glo nie Gen 1 is die natuurlike skeping nie maar nou dat jy dit op gehaal het wys vir my waar staan dit dat God die aarde geskape het in die bybel behalwe Gen 1 want jy glo mos daar in
    Ons sal die ander stelings wat ek gemaak later behandel

  168. Koos,
    As julle nou die kamtige “Christus”is hoekom doen julle niks volgens die bybel nie. Bv. Vat julle al die lede wat “sit, dood is, in die valei is, dor beendere is,ontslape is” saam met julle op getuienis ? Ek meen, julle kry hulle nie eers in die diens as die apostel kom nie. .As julle dan die “christus” is wat moet kom vir ons in die wereld,(want Hy het mos klaar vir jou gekom) het ek dit nog nooit gesien gebeur nie. Maar die Bybel wys vir ons wanneer Jesus Christus weer kom, bring hy die ontslapenis saam met hom. I THESSALONICENSE 4:14 Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring. Ek glo nie eers jy het dit gesien nie. Nie een oak lid of amp het dit gesien gebeur nie.
    Nou se ek weer: julle is die valse Christus
    Dankie

  169. Goeie more aan almal,
    Ek sien dat Koos kom nie terug met n antwoord nie wat ek hom gevra het aangaande die skeping
    Gen 1 die hele hoofstuk is die natuurlike skepping van die aarde wat God geskape het en dis wat ons as Christene glo dit begin so
    Gen 1 die opskrif DIE SKEPPING. Die werk van die ses dae. Die rus van die sewende dag
    Gen 1 v 1 In die begin het God die hemel en aarde geskape. hier wys dit dat God het die hemel en aarde geskape daar was nog geen mens nie die mens het God eers op die sesde dag geskape.
    My vraag nou aan die oak is julle God wat dit geskape het en hoekom se julle dat die skepping is geestelik by die mens die mens wat in die wereld is en nie aan julle kerk geloof behoort nie wat n lid in julle kerk gaan getuig met die eerste dag het hy nou lig geskep by daardie persoon of persoone. Die bybel wys uit dat net die hemel en aarde geskep is en eers op die sesde dag is mens geskape op die sesde dag toe God die mens geskape het het Hy die asem van lewe in die mens geblaas en toe gese die mens het n lewende siel geword volgens wat ek verstaan van die oak is dat hulle by die mens lig gekep het maar wat wel snaaks is die mens waarvan hulle praat het dan reeds n siel hoe werk dit
    Die oak verdraai alles deur dit geestelik tewil sien en verklaar Gen 1 is die werklike skepping van die hemel en aarde met sy ganse leermag wat God geskape het
    As daar eenige oak lid of amp dit wil bevraagteken dan vra ek jou glo jy werklik dat God alles geskape het en wanneer het Hy dit gedoen gee my tekse uit die bybel

  170. Dennis,
    Weet jy dat Klibbe soos ons geglo het, want hy het van die nuwe apostoliese kerk (nak)
    gekom. Omdat die apostels van die oak nie kon doen wat Jesus se apostels gedoen het nie (wonderwerke) het hulle gese dit was geestelik. As n mens een leun vertel begin jy al hoe meer lieg om die leun waardig te laat klink. Daar om het alles in die bybel toe skielik geestelik geword.

  171. Aan almal,
    Wat X-oac en Johan se is die waarheid ek het persoonlik met een lid gepaat hy het self aldie tekse vir die apostels gestuur hulle het hom net geiegroneer en stil gebly daar is van die ougarde wat nog daarvan praat maar hulle is bang die amptes vat hulle aan in die Vaaldriehoek is daar baie

  172. Aan almal,
    Hier is nog n stelling wat die oak beweer dit is geestelik en nie werklik gebeur het nie
    Gen 6,7 en 8 opskrif van teks Toeneminde bederf van die mense. DIE SONDEVLOED
    Hulle beweer dat die ark is die kerk en Noag was n dienskneg n amp sy vrou en kinders was lede in die kerk en diere gesinhede in diekerk
    Ek wil graag he hulle moet dit verklaar God het berou gehad dat hy mens gemaak het Sy opdrag aan Noag was om n ark tebou God het vir Noag instuksies gegee hoe hy die ark moet bou Eerste verduideliking wat ek graag wil hoor is verduidelik dit in die gees die Lente,Breete en Hoogte As die ark dan die kerk is en daar is net 8 siele gered wil ek graag n stelling hier maak [my kleinseun het eendag gese toe hy iets sien ,O,O HIER KOM PROEBLEEME] nou hier is n groot probleem met die stelling van die oak as dit die kerk is hoekom het hulle dan almal die kerk verlaat want dit is wat Noag hulle gedoen het toe daar droe grond was met die opdrag van God die oak beweer dat die kraai en duif n lid is wat op getuienis gegaan het weer n proebleem die kraai [lid] het nie terugekom nie die duif het twee keer terugekom en toe die ark verlaat weer eens n lid wat uit gestuur was wat nie terug gekom het nie die takie was n belofte huis gesin wat getuig word maar nooit n werklikheid geword het nie net n belofte gebly het
    Ales wat Noag gedoen het hy gedoen met opdrag van God en nie mens nie ons as Chritene glo dat daar n werklike watervloed was die oak nie
    As daar n oak amp of lid is vra ek verklaar dit vir my

  173. Dennis,
    Die oak het die kat aan die stert beet. Jesus self se daar was n sondvloed in Mat.24:37-39. En in vers 39 se Jesus die water(sondvloed)het almal wegevoer. Die oak se die water
    bring hulle kerk toe. Dit is maar net een van die goed wat wys die oak lewe in n verbeeldings wereld.

  174. Aan die oak,
    ek sal graag wil hoor hoe julle sienswyse aangaande die volgende teks is. Judas 1:9 Maar toe Mígael, die aartsengel, met die duiwel in woordestryd was oor die liggaam van Moses, het hy geen oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê: Die Here bestraf jou!

  175. Johan,
    Hulle wil nie eers my stellings antwoord nie hoe gaan hulle nog jou vraag kan antwoord,Wat ek wel al opgelet het die oomblik wat hulle n vraag kry wat hulle nie kan antwoord nie raak hulle weg en stil, Of dalk is hulle apostel nie beskikbaar nie hulle is mos nou in die Kaap om 2 apostels in tesit en n groot koverensie het

  176. Dennis,
    Die probleem wat ek met hulle het, is nie oor hulle nie antwoord nie, maar eerder oor die goed wat hulle die lede vertel wat nie bybels is nie. Bv. (1) Daar is 7 hemele, (2) julle is klaar in die hemel, (3) ons apostels kom van die bybelse apostels af,(4) Hulle praat met dooie mense….soos op die “verseelingsdiens” En dit weet jy natuurlik,dat hulle nie in die opstanding van Jesus glo nie. Dit is n groot probleem vir my want die arme lede word mislei.

  177. Koos en al die ampte en lede van die oak,
    Verduidelik asb vir my geestelik 2PET2 veral vers 4 tot 10 sal graag die verduidelking hoor
    groete

  178. Dennis ek skryf hierdie sommer vir almal van julle. Ek het dit reeds in een van my vorige kommentare genoem. As jy nie eens Gen 1 geestelik kan insien en verstaan nie, het jy ‘n “zero” kans om 2 Petr2 te kan verstaan. Dit sal in woordestryd ontaard en sal jy en jou vriende julle ou maniere uithaal van beledigings teenoor die OAK. Geniet julle jul maar onder mekaar se besprekings. Mens gooi nie jou pêrels vir die varke nie sê die sprekkwoord. Bedoelende dit wat sal volg sal op niks uitloop nie, maar soos genoem net ‘n woordestryd. Dankie en seëninge vir julle almal.

    • Lyk my dit is maar die standaard antwoord op enige vrae wat gestel gaan word; “reeds in een van my vorige kommentare genoem”. Ons moet net eenvoudig u kommentare oor en oor gaan lees tot ons dit aanvaar en oortuig word en basta met ons vrae? “Herhaal ‘n leuen dikwels genoeg en dit word die waarheid” is ‘n wet van propaganda wat dikwels aan die Nazis toegeskryf word. Ek neem dus aan dis ook u manier en taktiek om vrae te omseil, ‘n boom word mos geken aan sy vrugte.

  179. Dennis,
    dit is waar wat Koos se. As die oak nie eers Gen 1 verstaan nie hoe sal hulle ooit 2Pet 2 verstaan. Die rede hoekom “hulle” nie dit kan verstaan nie is , Hulle is lede van Christus nou wie sal dan die engele wees ? En dit nogal in die Hel ! Volgens hulle is daar nie n plek soos hel nie. En dan moet hulle nog wag vir die oordeel. Nee wat hulle sal nie dit verstaan nie.

    • Hulle glo nie die Bybel is reeds ‘n geestelike boek nie, hulle probeer dus die Bybel verder te “vergeestelik” tot alles binne menslike vermoëns pas sodat God en Jesus deur nietige sondige mense vervang kan word. In plaas van Jesus, het ‘n sogenaamde “owergestelde” Sy plek ingeneem. ‘n OAK priester het dit soos volg opgesom; “Pr het net toegang tot sy Herder. In my geval die oudste. Enige ander het nke deur die deur gekom en is n dief of n rower”. Die woorde wat deur ‘n menslike tong gespreek word vervang dan die Woord van God en neem hulle vlees aan.

  180. Aan almal
    Wat my eindelik terleur stel is dat net Koos probeer antwoord en sy broers,susters en amptes hom nie eens wil by staan nie ek dag altyd hulle is n kerk van eenheid maar dit lyk nie so nie al wat ek gevra het hulle moet my 2 stelings moet verduidelik so ook n verklaring gee oor 2Pet2

    • My vrou het opgemerk dat ons vrae maak “Koos boos”. Ek waardeer egter Koos se pogings en ja, hy probeer antwoord sonder enige help. Ongelukkig gaan sy “owergestelde” hom nie bystaan nie want dis teen die OAK se beleid om op sosiale media kommentaar te lewer. As Koos se “owergestelde” uitvind dat hy hier kommentaar lewer gaan hy diep in die moeilikheid wees.

  181. Daar is net een deur en dit is Jesus geen mens kan daardie deur wees nie. Jesus self se dat die evangelie moet aan almal verkondig word nie geslote hou nie soos n geheim nie wanneer jy dit doen verkondig jy nie die waarheid nie almal moet toegang he tot die evangelie wat jy verkondig sodat as daar dalk iets nie reg is nie jy regehelp kan word dit lyk my die oak hou nie daarvan om regehelp teword nie geen mens op aarde is purfek nie

  182. :=} OAC Critic jy is dalk reg. Dankie vir die humor. Maar om eerlik te wees nee. Ek geniet dit ongelooflik baie om met julle almal gedagtes te verwissel. On sis elkeen individue, en ek wens soms dit was moontlik dat julle net vir ‘n wyle my gedagte en redenasie kon ervaar. Julle sal dalk ook dieselfde voel.Maar ja, ek is eerlik as ek sê ek probeer soos julle verstaan. Ek KAN NET NIE. Ek was werklik waar julle nou is, en vandag kan ek nie glo dat ek soos julle vandag glo, geglo het nie. Ek besef elke dag meer en meer dat wanneer mens vir ‘n oomblik natuur toe gaan, daar net te veel gedeeltes in die skrifte is wat glad nie ooreen kom nie,maar totaal en al teen mekaar getuig sou ek dit lees soos dit is. Maar ja. Ek sal weer deelneem aan jul gesprekke. Ek kan wel sê dat ek wil dankie sê vir OAC Critic se blog. Ek leer soveel daaruit, en besef meer en meer hoe die “natuurlike mens” van 1Kor 2 se gedagtes werk, en hoekom hulle nie die Gees kan verstaan nie. Dus is dit vir hul moeilik om God te dien soos Hy gedien wil word, nl. “In Gees en in waarheid”. Dankie

    • Dis vir my bemoedigend om te sien hoeveel u al gevorder het:
      “…Ons glo God is die skepper van alles…” Koos, November 12, 2019 at 9:42 am
      “…die skrifte gebruik natuurlike beskrywings…” Koos, November 21, 2019 at 3:00 pm
      “…Presies soos dit beskryf word…” Koos, January 3, 2020 at 11:45 am
      Dan het u met my saamgestem dat ‘n geestelike mens is ‘n natuurlike mens wat hulle onthou van vleeslike begeertes (Romeine 8:5-7, Galasieërs 5:16, 1 Petrus 2:11) January 3, 2020 at 7:51 pm
      “…Ek het nog nooit op hierdie blog geskryf dat God nie die natuurlike aarde geskape het nie…” Koos, January 5, 2020 at 5:37 pm
      “…uitgevind het die OAK lede gebruik, “WOES” in Gen 1…” Koos, January 6, 2020 at 1:22 am oor die misbruik van die woord “WOES”

    • Terloops Koos, ek het u al gevra vir spesifieke verse om te staaf hoekom u glo die Skepping in Genesis 1:1-25 NIE verwys na die fisiese natuurlike Skepping nie:
      “…Watter spesifieke vers in Genesis 1 laat u glo dat die skepping in Genesis 1 nie natuurlik is nie?…” Ex-OAC critic, November 18, 2019 at 7:44 pm
      Tot dusver het u nog nie ‘n enkele versie met ons gedeel wat as klinklare bewyse kon gedien het nie ten spyte van u teenstrydige beweringe dat “daar is soveel ander dinge wat glad nie kan sin maak as jy dit lees soos dit is nie” en “daar net te veel gedeeltes in die skrifte is wat glad nie ooreen kom nie,maar totaal en al teen mekaar getuig sou ek dit lees soos dit is”. Op elkeen van u stellings kon ek u direk beantwoord met Bybelse verwysings en verklarings.

      As Genesis 1:1-25 regtig verwys het na u as mens in u eerste vyf dae, dan sou Genesis 1:26-31 nie spesifiek verwys het na die man en vrou (mense) wat God op die sesde dag geskape het nie. As u werklik die eerse Adam was dan sou u sonder stilswye, verskonings of beledigings die stamboom van Adam vir ons moeiteloos kon verklaar (Genesis 5). As u werklik ook die laaste Adam en lewendmakende Gees was (1 Korinthiërs 15:44-49), dan sou die aarde nie vervloek geword het nie, Adam sou nie tot die stof van die aarde teruggekeer het nie, en die HERE sou hom nie weg uit die tuin van Eden gestuur het om die grond te bewerk waaruit hy geneem is nie (Genesis 3:17-24). Dit sou dan ook nie die HERE berou het dat Hy die mens OP die aarde gemaak het nie (Genesis 6:5-6).

      Dennis het ook al ‘n paar keer mooi gevra vir spesifieke verse vanuit die Bybel uit behalwe Genesis 1 hoekom u glo dat God die natuurlike aarde geskep het:
      “…wys vir my waar staan dit dat God die aarde geskape het in die bybel behalwe Gen 1 want jy glo mos daar in…” Dennis, January 6, 2020 at 8:47 pm
      “…glo jy werklik dat God alles geskape het en wanneer het Hy dit gedoen gee my tekse uit die bybel…” Dennis, January 8, 2020 at 7:59 am

      Voorheen het u baie sterk daarop aangedring dat u net glo soos wat dit in die Bybel geskryf is (teenstrydig met u ander stellings wat ek in my eerste paragraaf genoem het), nie waar nie?
      “…Ek gebruik slegs die Bybel om my geloof op te vestig. Nie wat ander “wyses” sê nie…” Koos, November 19, 2019 at 3:44 pm
      “…ek sekere dinge glo soos ek doen, met skriftuurlike ondersteuning, nie ander mense se sieninge nie…” Koos, November 19, 2019 at 9:29 pm
      “…Ons glo almal volgens skrif…” Koos, November 19, 2019 at 9:29 pm
      “…Die Bybel gee die antwoorde. Nie ander slim mense nie…” Koos, November 21, 2019 at 3:17 pm
      “…Sal ek jou as mens glo of dit wat in die skrifte staan?…” & “…En weet jy wat? Ek glo in die Bybel…” Koos, November 23, 2019 at 12:57 pm
      “…Glo dit asb soos dit geskryf is…” & “…Glo dit soos dit geskryf is…”& “…Glo dit soos dit geskryf is…” & “…Baie duidelik, ek glo soos dit geskryf is…” & “…Glo dit soos dit geskryf is…” KOOS, January 5, 2020 at 5:37 pm
      “…Die Bybel gee vir jou al die antwoorde. Ek het vir die meeste van jou bewerings tekse neergeskryf en kwoteer soos dit in die Bybel noteer is, en so glo ek dit…” Koos. January 6, 2020 at 7:00 pm

      As u dan glo dat God wat Gees is ook die natuurlike aarde geskep het maar u kan nie na die spesifieke verse in die Bybel verwys nie, dan is dit mos onBybels en u kyk met ‘n natuurlike oog daarna, nie waar nie?
      “…ek het soveel getuienis in natuur, en as ons na die volmaaktheid van die natuur kyk is dit beslis dat dit deur “God” geskep moet wees…” Koos, November 19, 2019 at 1:00 pm
      “…Ek het nog nooit op hierdie blog geskryf dat God nie die natuurlike aarde geskape het nie…” KOOS, January 5, 2020 at 5:37 pm
      “…Ek het NOG NOOIT gesê God het nie die natuurlike aarde geskep nie…” Koos, January 6, 2020 at 4:13 pm

  183. Koos,
    Jy vergeet dat ons was daar waar jy nou is en het ook eers so geglo soos jy maar dankie Vader Hy het ons oe oop gemaak om tebesef ons moet nie mense stelling glo nie maar wat die bybel se en wat Jesus en Sy Apostels vir ons bring as ons dit nie glo wat in die bybel staan nie en n ander mens glo dan is ek eindelik n antichris die oak het wegebreek van die ware evangelie en hulle eie stellings begin maak en die arme lede glo dit hulle bevraagtekin eintelik God en wat hy gese en gedoen het, Ek se altyd moet nie mens glo nie glo God ,Jesus en die Heilige gees hulle praat die waarheid die mens met sy stellings lieg

  184. Koos,
    ons wag in spanning dat jy vir ons moet wys waar Gen 1 net geestelik is x-oac het dit mooi gestel nou as julle al reeds in Gen1v1 die mens is wat van die 6de dag toe God die mens geskape het wat jy vir ons se dat die mens beter as God is om alreeds van die eerste dag af mens geword het en hom toe daarvan daan geskep het, Koos en almal wat hier lees is die oak die enigste kerk tot saligheid of is hy n kerk wat wegebreuk het van die waarheid na aldie stellings wat ons gemaak het so ook vrae gevra het

  185. Die rede HOEKOM die sienswyse van die oak nie sin maak nie is: 1) die mens is nie die aarde nie.(hy kom uit die aarde uit, “stof” ) Ex oac het dit vir Koos uitgewys. 2) as die skepping (Gen 1 ) binne in n mens plaasgevind het, moes al die daarop volgende gebeurtenisse, binne in n mens plaas gevind het, wat net iemand wat nie kan dink nie miskien sal glo. Koos het kwaad geword toe ek hom daarop wys dat, so n skepping wat die oak in glo, net in jou verbeelding kan plaasvind. Dit laat my dink aan die Mormans,LDS. Hulle doop ook lewendige mense vir die dooies,(net soos die oak doen.) Maar die ergste is hulle glo hulle gaan “godde” word en hulle eie aarde eendag kry om te skep. Die oak glo hulle is al klaar n “god” oor iemand onder hulle. Altwee sektes het hulle eie profete waar aan hulle glo. Ons weet natuurlik wat Jesus van hulle se, dat hulle vals is. Nou kom my vraag? Hoe is dit moontlik dat die sekte so baie mense verlei? En dat hulle so blind is om nie te kan sien dat hulle mislei word nie ?Dan se hulle nog soos Koos die lig wat by hulle geskape is, is verstaanbaarheid. Ek staan verstom om te dink ek het dieselfe strooi geglo. Dank die Here my oe is geopen en ek is wedergebore. Ek bid vir julle (ek bedoel dit).

  186. Johan,
    Jy is reg met jou steling oor die Profeet hulle en somige kerke het profete as amtes in hulle kerke dan doen hulle nog woderwerke ook presies soos die bybel se wat gaan gebeur en die mense sal dit glo lees Mark 13v22 daar is so veel tekse wat uitwys van valse leeraars profete apostels

    • Dennis die oak se sienswyse maak geen sin nie, byvoorbeeld: ek wag al jare lank vir n
      antwoord oor Jesaja 7 vers 14. Daarom sal die Here self aan julle ‘n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom Immánuel noem. My vraag is wie is die maagd ? Die skrif se nie baie maagde, of n maagd nie. Nee die skrif wys “die” maagd.
      Nou die ringkoppe van die oak trap klei oor dit. Die een het vir my gese ek moet nie tegnies raak nie. Plaas laat hy maar net se : ek weet nie, dan kan ek hom reghelp.
      Hulle almal se eerste antwoord is natuurlik Maria. Dan vra ek nou wie is Maria? Nou gaan jy jou hande saamslaan.Hier is van die antwoorde wat ek gekry het. Die kerk, die gemeente. die siel, die persoon wat onder getuienis is. Die kerk in sy volmag !! en ek sal nie verstaan nie.
      So wat ek se die oak lewe in n verbeeldings wereld.

      • Volgens die OAK se geloofsbelydenis glo hulle:
        “…in een Here Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, gebore uit die Vader van ewigheid af: God uit God en Lig uit Lig, waaragtig God van dieselfde wese as die Vader; wat vir ons as mense en vir ons saligheid uit die hemel neergedaal en vlees geword het, waaragtig God en waaragtig mens, verwek deur die Heilige Gees en gebore uit die maagd Marie…”

        Enigiemand buite die OAK sou dink hulle glo hul geloofsbelydenis nes dit daar geskryf is, maar volgens die OAK se apostolaat en hul vertolking van Efesiërs 2:13-22 verteenwoordig “Josef die mens en Maria die ontvanklike hart of denke van die mens (1.8.1)”. Hulle glo “die geboorte van Christus, die gawe van God, vind plaas deur die saad van die evangelie wat in die gees van die mens (Maria) gesaai word om daar te groei en te ontwikkel, totdat die “NUWE MAN” gebore en sigbaar word (1.8.2)”.

        Hulle glo dus nie dat Jesus van Násaret die LAASTE Adam was nie aangesien hulle glo dat hulle ook ‘n lewendmakende Gees is, die Here uit die hemel (1 Korinthiërs 15:35-58). Hulle beweer hulle was die EERSTE en nou ook die LAASTE Adam (Genesis 5:1-32, Mattheus 1:1-25, Lukas 3:23-38). Hulle glo ook nie dat Jesus net eenmaal gesterf het vir ons sondes nie (Hebreërs 7:11-28, Hebreërs 10:1-18, 1 Petrus 3:18) want volgens die OAK se verseëlings dokument:
        “…Blood refers to suffering (upon the cross or the sacrifice made by the body of Jesus Christ (Which is the church) as Jesus scarified his blood upon the cross in order to reconcile man unto God so through the sacrificing of his blood today for me through his anointed officers who labored, sacrificed themselves for me by doing so were my transgressions blotted out I was reconciled onto God…”

        Dis baie maklik om enkele verse buite konteks te lees maar sodra die HELE Bybel in geheel binne konteks gelees moet word dan kom mens agter dis alles ‘n dwaalleer wat hulle verkondig.

  187. Ex oac critic, Jy is 100% reg en ek stem saam met dit wat jy se.
    Hier is die ware geloofsbelydenis Die oak se regte geloofsbelydenis.

    Ons glo elke overgestelde se woorde is god.En net ons apostel kan iemand se god wegvat of iemand n god maak. Ons glo ons kerk is die here. Ons kerk bestaan nog altyd van 1927 af. Voor dit was daar nie n god of here nie. Ons glo die skepping het binne in n mens plaas gevind. Ons glo daar is sewe hemele, en elke lid is klaar in die hemel. Ons glo ons moet werk vir saligheid 1 uur n dag. Daarna kan jy aangaan met jou lewe net soos jy wil. Ons glo daar is niemand bo die apostel nie.
    Ons glo nie in die bybel nie, want ons is die bybel. Ons glo nie iemand kan uit n maagd gebore word nie.
    Daarom glo ons nie dat Jesus die enig gebore is wat van die Vader kom nie. Ons glo ook nie dat Jesus gekruisig was vir ons nie. Nee dit is ons lede en ampte wat gekruisig word en bloed stort vir mekaar , en vir die nuwe lede.
    Ons glo al die mense wat dood is mag verseelings diens toe kom, vir doop en nagmaal. Ons glo net ons apostel kan die hemel of hel oopsluit want hy het die sleutels. Ons glo die grootste sonde is om nie gehoorsaam aan jou owergestelde te wees nie.
    Ons glo die hemel is in ons koppe. Ons glo Hel is n toestand van verlange, na dit wat jou weggehou het van om op jou plek te kon wees.
    Ons glo net ons is reg en al die ander Christene is verkeerd.
    Die oak is n sekte

  188. Ex oac critic,
    Waar dink jy le die probleem in die oak. Jy het dit ook al herhadelik uit gewys.
    dat hulle verstaan nie wat hulle lees nie. Veral Johannes 20:31: maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glo die lewe kan hê in sy Naam. Hulle kan nie dit verstaan dat Jesus IS Chritus nie. Ek meen hier wys die skrif die lewe is in Sy naam (as jy dit glo) en in Handelinge 4 :12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie. Hoe is dit moontlik, dat hulle nie kan verstaan dat net Jesus jou kan ” Lewe en Saligheid gee nie “. En ek weet jy het die teks so baie ook gebruik maar hulle kry dit nie, sien dit nie, verstaan dit nie. So wat is die probleem met die oak.

    • Ek was ook daar en dis nooit lekker om te besef mens het verkeerd geglo nie. Ek vergelyk dit met die saadjie wat val op harde grond, ek was ook in die begin so hardkoppig gewees en wou die Bybel verdraai om my te pas. Die Here het ‘n lang pad met my geloop, dit was nie ‘n skielike verandering wat in my lewe plaasgevind het nie want ek was heeltyd in ontkenning en gesoek na verskonings. Mettertyd het ek besluit om alles te vergeet wat ek al geleer het en weer van voor te begin, dis toe dat ek die Bybel werklik begin lees het asof ek niks geweet het nie. Ek het my ego, trots en voorgestelde idees gesluk en die Here gevra om my te vorm en toegelaat dat Sy Woord my leer, nie ander mense of “owergesteldes” nie. Dit was die beste besluit wat ek nog ooit geneem het. Geduld en liefde is die wagwoord, die Heilige Gees sal mense oortuig op God se tyd, gee net kans 🙂 Ek het al soveel wonderlike getuienisse deur my blog ontvang, amptes wat my voorheen gespot het wat hul dank uitspreek dat Jesus hulle uiteindelik vrygemaak het.

      • Dit is n pragtige getuienis. Net soos wat jy my getuienis ken, en Dennis sn
        Ek dank die Here, en soos ek voorheen gese het dat Hy my uit daai kloue gered het.
        Dankie vir die aanmoediging .

        • Alle eer aan God my broer in Christus, Hy het ‘n laaang padjie met elkeen van ons gestap. Ek kry eintlik skaam dat ek so hardkoppig was, my vrou het my die bynaam “klip kop” gegee 😀

  189. Johan,
    Die groot probleem met hulle is hulle ore en oe is toe sodra jy dit uitwys sluit hulle hulle af dis asof hulle ekstra bene kry so vinnig hardloop hulle vra vir my hulle verdwuin vinnig as jy hulle vas vra

    • Ek glo wel dat sodra die saadjie geplant is, is daar nie ‘n dadelike verskil wat mens bo die grond kan sien nie, dit neem ‘n tydjie voor die saadjie doodgaan en ontkiem en uiteindelik die grond breek. Hulle hardloop dalk weg maar hulle kan nie vir die waarheid of die Heilige Gees weghardloop nie. Gee kans, daar is altyd hoop. Dit kan dalk jare of ‘n leeftyd neem, mens kan nie vir ewig vir die waarheid weghardloop nie. Hou aan met bid en plant Dennis 🙂

  190. OAK se Tuis Onderrig Kalender (TOK):
    8 Februarie 2020
    Geloofsbelydenis: Laaste Geloofstelling: Tweede Tema: Eer Gee erkenning aan iets of iemand en betoon respek daarvoor. Net soos daar van ons verwag word om eer aan God die Vader te gee, so word dit ook verwag dat ons eer aan Sy Seun, Jesus Christus, die Kerk, sal bewys. [MAL 1:6; JOH 5:23]

    En so hou die OAK vol om Jesus van Násaret te ontken deur die Bybel te verdraai en heeltyd die eer vir hulleself toe te dig as “Sy Seun, Jesus Christus, die Kerk”.

  191. Ek moet se die oak is nie die ware kerk nie hulle moet mooi die bybel lees dan sal hulle sien die kerk van God is baie groter as hulle hy wie Jesus aan vaar het as die verloser en saligmaker en in Sy wee bly is die ware kerk Jesus self het nooit roem en eer op Hom gevat nie Hy het altyd die roem en eer aan Sy Vader gegee nou wie is die oak om dit tedoen

  192. Filippense 2 is een van daai gedeeltes in die skrif wat hulle (die ou apostels) nie kan verstaan nie, veral vanaf vers 9.
    9 Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is,
    10 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,
    Hulle kan nie sien dat JESUS bo die apostel,4 voud ampte, outste,priester,onderdiaken, is nie. En hulle wat die naame het van amptes VOOR Hom gaan neerbuig, Voor JESUS van Nazaret.

  193. John,x,oac,
    die grootste fout wat die oak maak is om tedink as hulle n amp het is hulle verhewe bo almal en hulle is klaar in die hemel,Ek daag enige oak lid onderdiaken priester uit om by hulle apostel tegaan sit en gesels die 4 vout amptes sal hulle vinnig verwyder hulle mag hul apostel net groet en gaan hulle hang die mens aan kyk as hul apostel by die kerk stop hoe herdloop hulle almal na hom toe maar daai arme br, sus, kind doen hulle dit nie volgens Jesus is die kind die grootste in die konningkryk nie n apostel nie

  194. Goeie dag almal. Ek lees so deur jul kommentare sedert so die 27ste Januarie. Weereens besef ek dat ek baie tys gemors het. Julle is so steeds so natuurlik. OAC Critic wie ek gedink het dalk al iets kon leer, kom vorendag met sekere uitlatings asof hy alles geantwoord het……ai,ai. Dan die feit dat julle geensins iets uit die verduidelikings van Gen 1 geler het nie gaan my verstand te bowe. Julle verwag van die OAK om vir julle te luister, terwyl julle so vashou aan wat julle glo dat julle glad nie eens prober om te vertsaan nie, maar eerder die spot te dryf met ons geloof. Gaan voort waarmee julle besig. Niemand is so blind soos hy wat nie wil sien nie. Dennis en Johan wel ja, op al jul vorige kommentare het ek reeds lankal agtergekom dat julle nie hier is om te redeneer nie, maar net om te oordeel. Daarom is vele van jul verduilikings tog net te oppervlakkig. Maar ja, julle probeer, en dit is goed. Ek wil so bitterbgraag paar verduielikings maak, maar soos ek voorheen gesê het. Die natuurlike mens kan en sal dit nie verstaan nie, want dit is vir hom dwaasheid. Julle ken seker waar staan dit?

    Groete

  195. Koos,
    Ek is bly jy is terug glo jy sal nou ons vrae antwoord nie soos die vorige kere nie waar jy gese het as ons nie eers Gen 1 geestelik sien nie wat help dit nou om ander tekse teverklaar.Die probleem met julle is as ons dit nie sien en verstaan soos julle nie en ons vra julle vas dan hardloop julle weg my eerste steling wat ek gaan maak is is julle beter as God want julle beweer vanaf die eerste dag was die mens daar wat julle dan skep maar God se Hy het die mens eers op die sede dag gemaak, Tweede steling of vraag verduidelik vir my Noag se sterie ASB moet aseblief nie weer weg hardloop nie jou broers en suster en amptes kan jouhelp met dit wat ons vra of is hulle ook tebang
    Groete

  196. Dennis soos ek voorheen genome het, jy prober jou eie gewete sus. Net weer ‘n bewys met hoe min konsentrasie jy lees. Hier volg net ‘n deel van my kommentaar wat geplaas was die 5 de Januarie 2020.
    Die ander soos in Gen 2:4-7
    Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is. Die dag toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het,
    was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie, en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie; want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie.
    Maar ‘n mis het opgetrek uit die aarde en die hele aardbodem bevogtig.
    En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.

    Indien jy die Bybel glo, beteken dit duidelik dat hierdie mens wat God geskape het , geskep was voordat daar plante was soos die teks beskryf, of dalk glo jy dit nie. Soos daar beskryf is, dit moes die 1 ste of 2 de dag gebeur het sou ek glo wat in die Bybel staan. Hou jou spottende kommentaar vir jouself. Verhef jouself maar bo die OAK as jy dit geniet. Dit is ten minste jou eie lewe.

    • Ex-OAC critic aan Koos, October 19, 2019 at 1:20 pm
      Rakende u stelling:
      “…Hierdie 1 ste Adam wat lewende siel geword het is geskape voordat daar enige plante was.Daar was nog niks. Gen 1:11-13…”;
      Lees bietjie verder af (Genesis 1:26-31).

      Ex-OAC critic aan Koos, November 19, 2019 at 10:25 pm
      Rakende u stelling:
      “…Toe Adam nou as lewende siel geskep is, word dit duidelik geskryf, daar was nog geen struike en plante nie. Die plante was reeds op die 3 de dag geskep…”;
      Hier moet u nou baie fyn lees dan sal dit sin maak:
      Die derde dag (Genesis 1:9-13)
      – GRASSPRUITJIES (Genesis 1:11-12)
      – PLANTE wat SAAD gee (Genesis 1:11-12)
      – BOME wat, volgens hulle soorte, VRUGTE dra, waarin hulle saad is (Genesis 1:11-12)
      Voor die HERE God ‘n tuin geplant het in Eden (Genesis 2:8)
      – Was daar nog geen STRUIKE in die VELD nie (Genesis 2:5)
      – Geen PLANTE van die VELD het nog uitgespruit nie (Genesis 2:5)

      KOOS, ek weet nie of u opgelet het na die verskil nie?

      Op die DERDE dag word daar genoem van GRASSPRUITJIES, PLANTE wat SAAD gee en BOME wat, volgens hulle soorte, VRUGTE dra, waarin hulle saad is.

      Voor die HERE God ‘n tuin geplant het in Eden was daar nog geen STRUIKE in die VELD nie en geen PLANTE van die VELD het NOG UITGESPRUIT nie en daar was GEEN MENS om die grond te bewerk nie. Waaruit bestaan ‘n VELD KOOS? Waar lees u dat die GRASSPRUITJIES, PLANTE wat SAAD gee en BOME van die DERDE dag nog nie bestaan het nie? Ek lees wel van STRUIKE en PLANTE wat nog nie in die VELD uitgespruit het nie.

      Ex-OAC critic aan Koos, January 27, 2020 at 5:28 pm
      As Genesis 1:1-25 regtig verwys het na u as mens in u eerste vyf dae, dan sou Genesis 1:26-31 nie spesifiek verwys het na die man en vrou (mense) wat God op die sesde dag geskape het nie. As u werklik die eerse Adam was dan sou u sonder stilswye, verskonings of beledigings die stamboom van Adam vir ons moeiteloos kon verklaar (Genesis 5). As u werklik ook die laaste Adam en lewendmakende Gees was (1 Korinthiërs 15:44-49), dan sou die aarde nie vervloek geword het nie, Adam sou nie tot die stof van die aarde teruggekeer het nie, en die HERE sou hom nie weg uit die tuin van Eden gestuur het om die grond te bewerk waaruit hy geneem is nie (Genesis 3:17-24). Dit sou dan ook nie die HERE berou het dat Hy die mens OP die aarde gemaak het nie (Genesis 6:5-6).

    • KOOS, rakende u kommentaar:
      “…Verhef jouself maar bo die OAK as jy dit geniet. Dit is ten minste jou eie lewe…”
      Eintlik is dit net andersom KOOS, die OAK en hulle “Trotse Apostolies” glo mos dat net hulle alleen verhewe is bo almal want Christene is mos die wêreld en die OAK is kamtig God se “Seun, Jesus Christus, die Kerk” (OAK se TOK).

  197. OAC Crotic, jy prober my deurmekaar maak, maar jy lees beslis so, dat dit jou pas. Lees weer daardie tekse baie mooi.
    Gen1:11-12 En God het gesê: Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde. En dit was so.
    Die aarde HET voortgebring grasspruitjies, plante wat saad gee volgens hulle soorte en bome wat vrugte dra, waarin hulle saad is, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.
    Vers 12, op die dag hetdie aarde reeds voortgebring plant volgens hul sort en bome wat vrugte dra.
    Gen2:5 was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie, en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie; want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie.

    Baie duidelik hier toe die mens geskep was staan dit geskryf, “en was daar nog geen struike in die veld nie.” Die feit is dat daar nie plante en struike was toe hierdie mens geskape is nie. En as jy dit glo soos dit geskryf staan, dan moes dit die 1 ste of 2 dag gewees het.Die Engels KJV beskryf die so,
    ” And every plant of the field before it was in the earth, and every herb of the field before it grew: for the Lord God had not caused it to rain upon the earth, and there was not a man to till the ground.

    6 But there went up a mist from the earth, and watered the whole face of the ground.

    7 And the Lord God formed man of the dust of the ground, and breathed into his nostrils the breath of life; and man became a living soul.
    8 And the Lord God planted a garden eastward in Eden; and there he put the man whom he had formed

    Bg is baie duidelik. Voordat daar saad of plant in die aarde was, toe is die mens geskape.

    • Rakende u kommentaar:
      “…Die feit is dat daar nie plante en struike was toe hierdie mens geskape is nie…”;
      Die feit is dat daar nog geen struike IN DIE VELD op die aarde was nie, en geen plante VAN DIE VELD het nog UITGESPRUIT nie, en daar was GEEN MENS om die grond te bewerk nie. Die Bybel praat nie hier van die volgorde van gebeurtenisse nie, Genesis 1 het klaar die volgorde bespreek. Genesis 2 praat oor die MENS.

      Die Engelse KJV beskryf dit so:
      DERDE DAG (Genesis 1)
      grass
      the herb yielding seed
      the fruit tree yielding fruit after his kind, whose seed is in itself

      VOOR DIE MENS IN EDEN GEPLAAS IS (Genesis 2)
      plant of the field
      herb of the field

  198. Nee wag so bietjie. Jy verloor dit iewers. Die feit is en dit word so beskryf. Daar was nie plante nie, soos in engels ook nie in die aarde nie, en terwyl daar geen plante dus was nie, is die mens as lewende siel formeer. Juis daaro sê ons dat as sielemens moet ek deur God geskep word, juis wanneer daar niks “nuttigs” in my geskep was tot op daardie stadium nie. Ek gaan probeer om ‘n baie eenvoudige natuurlike voorbeeld te gebruik om dalk beter te laat verstaan. As ‘n persoon by ‘n klub aansluit en wil begin boks. Aanvanklik weet hy niks. Hy begin wel die beginsels van boks leer en kunsies om te verbeter. Met tyd leer hy meer en meer tot hy dan op ‘n stadium besef ek is nou een van die bestes, en dalk om ‘n wêreldkroon boks. Op daai oomblik word hy dalk vergelyk met van die bestes ooit in boks. Kom ons kyk dus, wanneer ek as sielemens geskep word, is ek steeds net ‘n lewende siel soos beskryf word. Mettertyd ook soos God my leiding gee en my verder skep, en ek sterker raak in die gees, sodat God se Gees grooter en meer sigbaar raak in my lewe, kan God na ‘n tyd ook sê dat deur my leefwyses openbaar ek Hom, en het ek Sy beeld aangeneem.Sy Gees leef dus in my.( 6 de dag) Dit is beslis so dat God ‘n liefhebber van siele is, en juis daarom wil Hy dat ons as sielemens moet kom tot Sy beeld. Die volle groote van Christus. Die tekse ken jy sekerlik. Hy gebruik mens deur wie Hy openbaar om my daar te kry. Ek dink met bietjie insig behoort jy die verduideliking te verstaan. Ek kan net van myself getuig. As ek sê hy gebruik mens, dan is die bedoeling dit wat tot my openbaar word en waarvan Paulus so mooi in Gal 1:12 van getuig.
    Want ek het dit ook nie van ‘n mens ontvang of geleer nie, maar deur ‘n openbaring van Jesus Christus.
    Net soos jy wil glo dat God se Gees in jou is en leiding gee om jou familie goddelike leiding te gee, en hul op regte pad wil hou, net so glo ons word dit gedoen. Die naam OAK verteenwoordig hulle wie soos hierdie liggaam van Christus funksioneer en openbaar, en ook leiding gee en ‘n redding vir ander wil wees. As jy werklik ‘n amp was soos jy genoem het, behoort jy sekerlik te weet, ek dink nie wanneer ek raad gee of ‘n boodskap oordra ek enige persoon se lewe na die verkeerde kant wil verander nie.
    Ek bid elke dag dat onse God my leiding sal gee deur drome , visioene, ens. En soos ek genoem het. Ek kan net vir myself getuig. Dank God dat hy my gereeld met moeilike sake leiding gee. My tree dan is nie van mens nie, maar van God, versekerde tree omdat God dit aandui.Ek kan boekdele skryf oor sake wat voor gebid was, en hoe die antwoorde van God gekom het.

    • Ons gesels nog oor Genesis en dan begin u skielik lang stories te skryf oor boks en wedergeboorte!?
      Soos my juffrou altyd gesê het; “jy moet fokus my kind!”
      Kom terug na die punt toe asseblief.

      Net gou ‘n kort opsomming:
      EERSTE – die hemel en die aarde en lig en skeiding tussen die lig en die duisternis (Genesis 1:1-5)
      TWEEDE – uitspansel tussen die waters en skeiding tussen die waters en waters (Genesis 1:6-8)
      DERDE – versameling van die waters onder die hemel op een plek (see) sodat die droë grond sigbaar word. Die AARDE bring voort GRASSPRUITJIES, PLANTE wat saad gee en BOME wat, volgens hulle soorte, vrugte dra (Genesis 1:9-13)
      VIERDE – ligte (son, maan en sterre) aan die uitspansel van die hemel wat dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare en ook om lig te gee op die aarde (Genesis 1:14-19)
      VYFDE – die waters wemel met ‘n gewemel van lewende wesens, groot seediere en voëls wat oor die aarde vlieg (Genesis 1:20-23)

      Sover nog GEEN sprake van ‘n MENS NIE. Dit gaan dus oor God die Almagtigde as SKEPPER. GOD bo ALLES! As u dit ontken dan ontken u God as Skepper en Vader.

      SESDE – vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde…EN?
      Die MENS!
      Geskape na God se beeld om te heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip. Verder het God gesê: Ek GEE NOU aan julle al die PLANTE wat saad gee, wat op die hele aarde is, en al die BOME waar boomvrugte aan is, wat saad dra. Dit sal julle VOEDSEL wees. Aan al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel en al die kruipende diere op die aarde waarin ‘n lewende siel is het God ook al die groen PLANTE as VOEDSEL GEGEE (Genesis 1:24-31)
      So is dan VOLTOOI die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag (Genesis 2:1)
      SEWENDE –En God het op die sewende dag sy werk VOLTOOI wat Hy GEMAAK het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het. En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van AL sy werk wat God GESKAPE het deur dit te MAAK (Genesis 2:2-3)

      Vanaf Genesis 2:4 brei dit verder uit oor die SESDE dag met verwysing na Genesis 1, veral Genesis 1:24-31. God het Adam gemaak, die tuin van Eden, saam met die plante daarin, vrugtebome en Eva. Genesis 2:5-6 gee ‘n beskrywing van hoe die wêreld gelyk het voor die mens geskep is. Twee spesifieke soorte plante word vertaal uit spesifieke Hebreeuse terme:
      śı̂yach śâdeh “struike in die VELD/plant of the FIELD”
      ‛eśeb śâdeh “plante van die VELD/herb of the FIELD”
      Hierdie terme word onderskeidelik in Hebreeus as “wilde struike van die uitgestrekte grasvlakte” en “gekweekte graan ” gedifinieer. Hulle was nie daar nie want Adam was nog nie geskape nie, daar was GEEN MENS om die GROND te BEWERK nie.
      Het u al die verskil tussen wilde natuur en bewerkte grond gesien?

  199. Koos,
    Ek dink jy verwar jou self ons praat van Gen 1 die skeping van hemel en aarde jy val uit met Gen 2 dieskepping van man en vrou, in elk geval as daar nie bome ens was nie toe die mens geskape was nie waar sou hulle kos gekry het x-oac verduidelik dit so mooi vir jou maar jy bly stuben of jy is blind of jy wil en weier om dit teverstaan As jy my ken sal jy weet dat ek stel my nooit groter as God of eenige mens nie ek se en getuig altyd dat ek die domste en onoselste mens op aarde is ek is ook nie vermaakerig nie al wat ek se is ek glo God en nie mens nie die bybel het hom al telkemale bewys dat hy die waarheid praat daarom se ek altyd hou by die bybel nie mens nie die mens verdraai alles om sy geloof testaaf nie die bybel hy vertel dit soos dit is ek sal graag van jou wil hoor oor Noag en sy storie wat ek alreeds gevra het jy kan vergeet om my teoortuig dat Gen1 geestelik is want dit was die natuurlike skeping ons het dit telkemale vir jou dit bewys
    Hoor graag van Noag

  200. Ek weet hoekom die oak niks verstaan nie, is omdat hulle verse uit konteks gebruik.
    Ek stem saam met EX OAC en Dennis. Wat Koos nie sien nie is vers 1+2 en 3 van Gen 2.
    1)SO is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leermag.
    2)En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het.
    3)En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.
    Dit beteken, Koos dat dit het volgens Gen 1 gebeur.

  201. Op hierdie erf het ek my huis gebou.
    Daar was niks gewees nie, net sand en bossies.
    Heeleerste het ek n plan opgetrek
    toe het ons die fondasie gele.
    daarna het ons die stene ingemessel
    toe die deure, vensters krag en water pype
    Daarna het ons die dak opgesit en binne geverf.
    Ons het die huis gemeublieer en toe gerus
    want die huis was klaar gebou.

    Nou so het dit gebeur.
    toe ons op die erf kom was daar nog nie n fondasie nie
    Toe die bou materiaal afgelewer word was daar nog nie werkers nie.
    Toe kry ek werkers en vat hulle na die erf toe . Toe kon ons die
    Huis bou So terloops ek het nie eers wekers gekry nie , want wat moes hulle dan doen ?

    Ek hoop Koos verstaan die skepping nou.

  202. Dennis, Jou vraag,”in elk geval as daar nie bome ens was nie toe die mens geskape was nie waar sou hulle kos gekry het “, Dit is absolute bewys dat jy nie naby aan ‘n OAK lidmaat was soos jy beweer nie. Wat nog te sê’n amp. Die logika wat ek die heel tyd verduidelik is dat die siel geskep word. Dit is dus geestelike skepping van siel by die natuurlike mens soos jy verstaan. Dit is een van die eerste dinge wat in die OAK verduidelik word.
    Dan Johan , jou voorbeeld is baie mooi, Ek hou daarvan. Gen1 is presies so. God se plan om dit wat vir Hom die belangrikste is, nl ;n siel van die mens se skeppings plan, van waar die mens in duisternis is, maw onkunde, tot Hy geskep word tot God se bee;d.Fondasie, Christus wat as “Lig” in my wêrekd gekom het.Bouwerk, skepping deur Heilige diensknegte gevul met God se gees,Huis word dan voltooi soos jy wil, God skep my as sielemens tot Sy beeld deur die heiliges te gebruik te skep,
    Ek hoop jy verstaan God se skepping nou beter. Siel veel belangriker as die mens.

    • Rakende u stelling:
      “…Die logika wat ek die heel tyd verduidelik is dat die siel geskep word. Dit is dus geestelike skepping van siel by die natuurlike mens…”;
      Hoekom is dit dan vir u so moeilik om te glo dat God die mens op die sesde dag geskep het? God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape (Genesis 1:27). Die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword (Genesis 2:7).

      Rakende u stelling:
      “…siel van die mens se skeppings plan, van waar die mens in duisternis is, maw onkunde, tot Hy geskep word tot God se bee;d…”;
      Waar lees u in Genesis 1 of Genesis 2 dat die mens in duisternis was? Verduidelik asseblief hoe verstaan u die sondeval?

  203. Koos ek het nog nooit gese ek verstaan jou sienswyse nie. Ek het gese julle verstaan
    nie die bybelse of God se skepping nie. Omdat ons jou sienswyse ken wil ons jou reghelp.
    En om te wys ek verstaan jou, gaan ek dit uiteensit wat jy se. Jy is die eerste dag geskape. En toe skape jy jou overgestelde die 6de dag. Is dit reg so, Want Gen 1 wys dat die mens na God se ewebeeld geskape is, eers op die 6de dag plaasgevind het. Nou wie se beeld het jy die eerste dag gedra? Die bybel wys die mens het eers die 6de dag lewend, of n lewende siel geword. Volgens dit was jy, volgens wat jy vertel die eerste dag dood met verstaanbaarheid. Is dit moontlik?

  204. Koos,
    Ek is bly jy bevraagteken dat ek n amp was ek weet nou nie hoe oud jy is nie maar ek dink ek was al n amp gewees voordat jy gebore was dit is maklik om teprobeer weg tekom van my vraag duidelik ken jy my nie ek is soos n foxsie watvas gebuit het en al hoe ek sal los is waneer jy my vraag beantwoord Vraag; verduidelik vir my geestelik Noag se hele storie

  205. Dennis ek sal. Maar wie hardloop nou eintlik weg van die antwoord. Verstaan jy darem nNOU die geestelike skepping van sielemens? Jy sal Noag moeilik verstaan as ek dit gaan verduidelik. Skepping is die begin en jy sukkel klaar, Maar ek sal steeds verklaar.Net vir jou inligting. As jy enigsins dink ek is jonk na natuur maak jy baie groot fout.

  206. Koos,
    Ek het so gedink jy lees nie ons stellings of vrae nie ek het mos vir jou al gese jy kan vergeet om my teoortuig dat Gen 1 die skepping van hemel en aarde geestelik is want dit is n natuurlike skepping,Aangaande my volgende vraag oor Noag lyk my jy kan dit nie verklaar nie nou kom jy met die stelling uit as ek nie eens Gen1 verstaan nie hoe gaan ek Noag verstaan dis net n metode om weg teharkloop

  207. Dennis, ek wil jou graag gerusstel. Ek sal en het nog nooit weggehardloop nie. Jy erken eensklap jy sal nie anders glo as wat jy glo nie. Wat sal dit my baat of vir jou? Jy sal geen verduideliking aanvaar nie. Is ek reg? Ek glo so. Hier is jou stellin , “jy kan vergeet om my teoortuig dat Gen 1 die skepping van hemel en aarde geestelik is “. Is daar dus enige nut om pêrels vir die varke te gooi? Ek dink regtig nie so nie, Ek bid elke dag vir jou ,Johan en OAC Critic. Hier is ‘n teks wat dalk vir julle sal help. Hebr 10:26-39 (Dit is nou as jul werklik deel van die OAK was soos julle beweer.)
    10:26  Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie, 
    Heb 10:27  maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel en ‘n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer. 
    Heb 10:28  As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie; 
    Heb 10:29  hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het? 
    Heb 10:30  Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel. 
    Heb 10:31  Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God. 
    Heb 10:32  Maar onthou die vorige dae waarin julle, toe julle verlig geword het, ‘n groot lydensworsteling deurstaan het, 
    Heb 10:33  gedeeltelik omdat julle deur smaad en verdrukkinge ‘n skouspel geword het, gedeeltelik omdat julle deelgenote geword het van die wat in so ‘n toestand verkeer het. 
    Heb 10:34  Want julle het ook saam met my gevoel in my boeie, en julle het die berowing van julle goed met blydskap aanvaar, omdat julle geweet het dat julle in julself ‘n beter en blywende besitting in die hemele het. 
    Heb 10:35  Werp dan julle vrymoedigheid, wat ‘n groot beloning het, nie weg nie. 
    Heb 10:36  Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry. 
    Heb 10:37  Want nog ‘n klein tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie versuim nie. 
    Heb 10:38  Maar die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie. 
    Heb 10:39  Maar by ons is daar geen onttrekking tot verderf nie, maar geloof tot behoud van die lewe. 

    • Koos, deur versies aan te haal is nie ‘n bewys van lidmaatskap aan enige kerk nie. Al skryf u elke versie in die Bybel hier neer is dit nie ‘n bewys van lidmaatskap aan enige kerk nie. Ek is geneig om met Dennis saam te stem dat u weghardloop want u vermy ons vrae en ons kry nooit ‘n direkte antwoord uit u uit nie. Dit lyk asof u heeltyd verskonings soek om ons vrae te omseil. Dis die ervaring wat ek ook binne die OAK ervaar het as daar vrae gevra word. Niemand hou daarvan om vas gevra te word nie, dan is daar verskonings soos dat dit nie deel is van die nuutste belering nie, of mense vertrou op die sogenaamde “gawe” om dinge weg te redeneer in baie verbeeldingryke detail, maar heeltemal buite konteks van wat in die Bybel geskryf is. Of mense word sommer reguit daarvan beskuldig dat hulle nie apostolies is nie en dat hulle nie geestelike insig het nie net omdat hulle durf om nie saam te stem en eerder die Bybel te glo. Al hierdie dinge openbaar u deur die manier hoe u reaggeer op ons vrae en stellings.

  208. Koos,
    die foxsie het nog nie gelos nie oor my vraag .Ek het wel gese jy kan my nie oortuig dat Gen 1 geestelik is nie maar wel die natuulike skepping het ek al vir jou gese jy kan nie vir my oortuig dat Noag geestelik is nie want jy het dit nog nie gedoen nie’ Dit lyk vir my nie jy of jou apostels of amtes of lede kan dit verklaar nie jy het n teks gegee waarop jy baie moet verduidelik maar nie nou nie ek wag vir n antwoord op my vraag

    • Uit persoonlike ervaring is ek glad nie meer verbaas as Koos (KOOS wanneer hy kwaad is) en OAK lede in die algemeen moeilike vrae as volg beantwoord:
      1) Stilswye
      2) Verander die onderwerp
      3) Gooi Bybelverse buite konteks wat niks met die onderwerp te doen het nie
      4) Beledig die persoon deur te sê hulle sal nooit verstaan as hulle nie eers Genesis “reg verstaan” nie want hulle is kamtig “te natuurlik”/”nie geestelik genoeg nie”
      5) Beledig die persoon deur Mattheus 7:6 heeltemal buite verband aan te haal

      Een van vele leë beloftes: “…Ek sal met volgende geleentheid ander vrae probeer beantwoord. Ek wil vir jou sê ek respekteer elkeen se siening. Ek sal jou nooit sê jy is verkeerd nie…” Koos, October 10, 2019 at 4:03 am

      1 Petrus 3:15-17 Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees;
      met behoud van ‘n goeie gewete, sodat in die saak waarin hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, húlle beskaam mag word wat julle goeie lewenswandel in Christus belaster. Want dit is beter, as die wil van God dit eis, dat julle ly wanneer julle goed doen as wanneer julle kwaad doen.

      • OAK se TOK vir 23 April 2020
        “…Huidige lering: Jesus Christus en Sy dissipels het voortgegaan en die evangelie oral verkondig en die woord van die evangelie van die Koninkryk van God bevestig. Hulle getuig en predik die evangelie in baie dorpies sonder ophou. Ons moet vandag dieselfde doen en seker maak dat ons gereed is om dit tydig en ontydig uit te dra want die opdrag lui: ‘Verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering’. [2 TIM 4:2-5; MAT 4:23]…”

        “…Ons moet vandag dieselfde doen en seker maak dat ons gereed is om dit tydig en ontydig uit te dra…”
        Regtig?

        Nou hoekom vir amper twee maande lank sê OAK lede op hierdie draad nie “boe” of “ba” nie, nes punt 1 op my lysie hierbo? Dis nie asof al die OAK lede nou almal skielik besig is om te werk nie, hoeveel is daar wat nou by die huis sit want hulle mag nie uit hul huise uit gaan nie en wat nou hier lees? Is Koos/KOOS die enigste OAK lid wat ses maande terug nog aan die OAK behoort het? Wat het geword van al die ander “apostolies” wat aan die begin van hierdie draad uitgevaar het teenoor ons? Of het die OAK nou heeltemal leeg geloop?

        Ek sien ook dat 2 TIM 4:1 om gerieflikheidsonthalwe nie genoem word in vandag se TOK nie. Om gerieflikheidsonthalwe gaan ek dit dan hier plaas sodat almal kan lees:
        2 Timotheus 4:1 Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk:

        So bietjie stof tot nadenke.

      • OAK se TOK vir 1 Mei 2020
        “…Huidige lering: Punt 2): Deur elke geleentheid te gebruik: God sal altyd vir ons geleenthede skep om die geheimenisse van die hemel aan mense mee te deel.; by ons werk; met ons bure; by die skool en selfs wanneer ons mense in die hospitaal besoek. Ek moet die werk van ‘n evangelis doen en my taak vervul. Elke aksie, elke daad, elke woord wat gespreek word moet ‘n geleentheid skep om die evangelie van die waarheid uit te leef. Doen goed aan almal, maar die meeste aan die huisgenote van God. [1 PET 3:15-17; GAL 6:10; KOL 4:5-6]…”

        “…Deur elke geleentheid te gebruik: God sal altyd vir ons geleenthede skep om die geheimenisse van die hemel aan mense mee te deel…”
        Elke geleentheid mag seker net “van aangesig tot aangesig” plaas vind want die OAK het mos ‘n beleid wat nie die kerk of sy amptenare toelaat om formeel op sosiale media deel te neem nie. Want “die geheimenisse van die hemel” is eintlik mos ‘n groot geheim en mag nie regtig oop en bloot verkondig word nie. Dus is die stelling van vandag se TOK teenstrydig met die OAK se beleid. En noudat almal onder slot en grendel by die huis moet bly, mag elke geleentheid net binne die huis plaasvind.

        • Aan OAK- TOK.
          Ek sal graag wil weet wat die geheimenisse van die hemel is. Kan of mag julle dit met ons deel asb.
          Dankie.

        • As mens nou deur daai verse gaan lees wat die OAK TOK aangehaal het, word daar glad nie van “geheimenisse van die hemel” gepraat nie.

          Christene het geen geheime oortuigings nie want hulle is volgelinge van Jesus Christus. Christene word geroep om die goeie nuus van die evangelie met almal te deel en in die hele wêreld te neem en te evangeliseer. Geen mens het die titel van “evangelis” nodig om dit te doen nie.

          Matteus 28:18-20
          En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê:
          Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees;
          en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

          Deur die eeue heen het mense godsdienstige ervarings gretig gesoek, terwyl die bose daaraan gewerk het om hulle te mislei (2 Korinthiërs 4:1-6). Raaiselgodsdienste is bloot ‘n namaaksel vir die een ware geloof.

          1 Korinthiërs 8:5-6
          Want al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is—soos daar baie gode en baie here is—tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.

        • Ek dink daar word deur OAK lede te veel ophef gemaak rakende geheimenisse, terwyl die liefde eintlik die belangrikste gawe is want die liefde vergaan nimmermeer. Profesieë sal tot niet gaan, tale sal ophou en kennis sal tot niet gaan (1 Korinthiërs 13:8).

          1 Korinthiërs 13:1-3
          Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword. En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.

  209. Koos, Jy gee die klomp versies en ek wonder of jy dit verstaan bv. Heb 10:37 Want nog ‘n klein tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie versuim nie. Het jy gesien dat “Hy” met n hoofletter geskryf is. My vraag is :Wie moet kom, wie is die “Hy” van die versie ?
    Dankie

  210. Ha ha, ai ai julle. Ek bespeur duidelik ongeduld in jul stellings. Dit is vir by so interesant dat ek of sal ek sê die OAK beskuldig word dat ons weghardloop. Presies dit wat julle nou doen. Julle kan gedeeltes nie werklik natuurlik verklaar soos julle glo nie, nou verskuif die klem na ‘n nuwe vraag of hoe Dennis? Snaakse maniertjies. Johan dit wat jy vir my skryf is presies hoe die meeste mense lees.Lees raak net die gedeelte wat hy wil raak lees. Lees asb net die paar tekse voor en veral ver 38 en 39 wat volg. Gebruik dan bietjie logika dan sal jy nie nodig gehad het om so .n dwase vraag te vrae nie. Moenie net raak lees wat jy wil nie. Hebr 11 wat volg beskryf alles oor geloof, wat ek weet waariut julle ook talle vrae sal vrae, maar gaan lees tot en met die laaste vers , en sou jy aandagtig lees sal jy beter verstaan. OAC critic probeer konstant voorgee dit is ons manier om vrae te ontduik. Dit mag dalk sy ervaring wees. Ek bly by wat ek sê, as mens geen geestelike insig gebruik nie sal dit wat ek verduidelik totale dwaasheid vir daardie persoon wees. Dit is dan wanneer mense soos julle sal optree soos “spotters”. Dink julle dit is reg? Ek dink nie so nie. Ek wens ek kon met jul persoonlik gesels, maar dit is seker nie heeltemal moontlik op die stadium nie.

  211. Koos,
    Ek weet nie of jou brain jou in die steek laat nie of wat Ek het al vir jou gese daar is natuurlike goed en geestelike goed in die bybel.Ek gaan nou vir die laaste keer oor Gen 1 praat as Gen1 geestelik was verduidelik net vers 1 vir my dit is God wat skep nie n kerk of mens nie julle se dat dit is julle wat skep ek het nog nooit wegehardloop nie my vraag bly staan oor Noag jy en jou helle kerk kan dit nie geestelik verklaar nie en julle weet dit want as julle kon sou jy of een van jou kerk lede dit gedoen het x-oac en Johan is reg met hulle stellings oor julle ons sien dit begin deur kom by jou soos jy begin ander tekse opbring wat glad nie deel is van onsgesprek nie
    Koos as jy Noag kan verklaar doen dit

    • Dennis, ek kan die vraag beantwoord rakende Noag aangesien die OAK lede op hierdie draad soos mis voor die more son verdwyn het nes punt 1 op my lysie (http://www.antwoord.org.za/2016/10/ou-apostoliese-kerk/#comment-3168).

      ‘n OAK “broer” skryf eendag die volgende gedurende “brood breek”:
      “…Met Versegeling stel die Apostel aan ons God die Vader verseël U.Met die verseling is diere in pare,en die EK versegel.Die diere en voëls en alles in pare in my.dit my ja en my nee. Is dit meer verstaanbaar my Geliefde. Alles in my versegel dat ek as Br beheer kan bekom van dit…”
      ‘n Ander OAK “broer” bevestig dit toe soos volg:
      “…M.a.w. u is die ark en u het 8 siele binne u en al die voëls en diere is binne u. En elke ja deur u lippe is ‘n diere/voël mannetjie en elke nee deur u lippe is ‘n diere/ voël wyfie…” en die eerste “broer” bevestig toe met die volgende:
      “…as ons kyk die 8siele die Gawes.Die Broer kyk baie keer na getalle gekoppel met verse.dit alles verseel in my die Ark dat die Br gawe beheer moet het oor die geeste,die buffelgees die leeugees die tortelduifgees ens ens ens.Ek die Gawe Br is in beheer van watter gees ek moet vrylaat uit ark met ander siele geeste ens waarmee ek te doen krijgen…”
      Dis baie verbeeldingryk maar tog word dit nêrens so in die Bybel beskryf nie.

      ‘n OAK “priester” het eendag die volgende kwytgeraak gedurende “brood breek”:
      “…Die boog wat God na noag se ark in plek gestel is . Wat is dit? Die boog is ons wonderlike ampstruktuur. God het dkt in plek gestel. In exodus 18 lees ons mooi hoe dit werk. Stel hoof manne aan oor honder en vyftig en tien ens Die sewe hemele is ons ampstruktuur . Dit is dke sewe kragte van God van waar die Here sal kom…”
      Hier verwar die OAK “priester” die verbond en reënboog in Genesis 9:8-17 met die raad wat Moses se skoonpa aan hom gegee het in Eksodus 18:13-27, en ignoreer heeltemal die 58 hoofstukke tussenin, asook die 37 boeke voor die apostels hul verskyning in die Nuwe Testament gemaak het.

      OAK TOK op 5 Nov 2019
      (Eerste) Belofte van God Reënboog: Na die sondvloed belowe God dat die aarde en die skepsels daarop nie weer deur ‘n watervloed vernietig sal word nie. Hy gee Sy teken in die hemele om Sy verbond / belofte te bevestig. Hierdie kleurvolle reënboog het ook ‘n geestelike betekenis vir die Kerk vandag, naamlik die amptestruktuur [GEN 9:11-17]

      Nou gaan sekere OAK lede ons probeer beledig deur te sê dat as ons eerder die hele Bybel binne konteks glo soos wat dit geskryf is en nie hul verbeeldingryke verhale glo nie, dat ons “te natuurlik” is of “nie geestelik genoeg is nie”.

      Hulle glo mos dat die natuurlike die voorloper van die gees is. Dus, as ons kyk na ‘n reënboog in die natuur, dan is dit presies soos God dit beskryf in Genesis 9:8-17, geen verbeelding is hier nodig nie. Die reënboog dien as die herinneringsteken van God se belofte. Dis ‘n herinnering, nie soseer vir die mens nie, maar vir God self. Elke keer wanneer die reënboog verskyn, is dit vir die mens ‘n waarborg dat God Hom verbind het tot Sy verbond. ‘n Reënboog is ook baie maklik om te identifiseer, selfs vir ‘n kind en elke reënboog het altyd presies dieselfde kleure in dieselfde orde;
      Rooi-Oranje-Geel-Groen-Blou-Indigo-Violet

      In die OAK word elke amp met ‘n spesifieke kleur geassosieer soos volg:
      Apostel = Silwer
      Viervoud amp (Opsiener, Profeet, Evangelis) = Oranje
      Oudste = Rooi
      Priester = Groen
      Onderdiaken = Geel
      Broer = Bruin
      Suster = Blou
      Hierdie skakerings kan egter verskil van gemeente tot gemeente of “apostelskap” tot “apostelskap”, daar kan lekker gestry word oor hierdie kleure. Nietemin, God het nooit met die reënboog verwys na ‘n amptestruktuur nie en daar is nie Silwer of Bruin in ‘n reënboog nie.

  212. Liewe Koos, Ek het n voogevoel gehad dat die vraag miskien te moeilik vir jou gaan wees.
    Daarom is ek bereid om die vraag anderste te stel, dat dit dalk nie na dwaasheid vir jou gaan klink nie. Heb 10:37 Want nog ‘n klein tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie versuim nie. Is “Hy” wat gaan kom :Jesus, die oak, jy, jou overgestelde, dalk n amp ?
    Nou as jy logika gebruik sal jy sien die vraag is nie naastenby n dwase vraag nie. Ek glo enige persoon met n IK van “meer” as 50 sal antwoord: Jesus is die een wat moet kom. So dit beteken Hy moet vir jou ook kom, reg? Nou gaan die volgende vraag dalk te moeilik vir jou wees. En ek wil dit waag om te se: Jy sal dit nie kan beantwoord nie. Wanneer het Jesus weer gekom nadat Hy opgevaar het ? Aangesien jy bybel versies gebruik, sal ek dit waardeer as jy my n bybelversie kan gee. Onthou ek gee nie om as jy n dwase antwoord gee nie. Dankie.

  213. Dankie x-oac,
    vir jou antwoord as daar eeninge oak lede of amptes hierdie antwoord wil weerle en se dis nie so nie is julle welkom om dit tedoen ons sal graag julle stelling hoor maar totdan glo ek wat x-oac gese het waar is

  214. Dankie Ex oac critic,
    Dit is net soos ek dit gehoor het van hulle af. My vraag dan is altyd
    as die reenboog of di kleure die ampte struktuur is, hoekom is daar sewe hemele
    Al die kleure van die reenboog verskyn in een hemel, nie sewe nie.

  215. Aan die ou apostel kerk. Hier is n bybelse vraag wat nie een van julle kon beantwoord in al my jare nie.
    Miskien is daar dalk nou al iemand in die kerk wat my kan antwoord.
    As Jesus die vlees is volgens julle, wie is dan sy broers en susters. Volgens wat julle se dat elkeen wat vlees het “Jesus” is, nou wie is sy broers en susters ? Julle kan nie na ander mense wys nie want volgens julle is hulle “Jesus” Ek hoop koos verstaan die vraag.

  216. Johan,
    dis n baie goeie steling wat jy daarmaak ek het dit n paar keer oorgelees en proebeer n antwoord kry as jy daai vraag aan my moes gestel het sou ek ook nie n antwoord gehad het nie en ek is bly jy het nooit nie ek glo nie jy gaan n antwoord kry nie dis soos my vraag wat ek ook nie n antwoord kry van hulle af nie dis soos x-oac se hulle raak weg of stil of begin jou beledig maar ek sal graag hulle antwoord hoor

  217. Die OAK glo hulle self is die Here.

    OAK se TOK vir 5 Maart, 2020
    5) Geloofsbelydenis: Laaste Geloofstelling: Derde Tema: “Ter wille van die Here” Die “Here” verwys na die Kerk, sy lede en instellings. “Ter wille van die Here” verwys derhalwe na die dinge wat tot die Kerk se voordeel is; om die belange van die Kerk te bevorder en dit nie te verneder, in ‘n verleentheid of tot skande te bring nie. [MAT 5:13-16]

    Iets wat Koos vroeër ontken het:
    “…Ons glo nie ons is Jesus of God nie, maar glo Hy openbaar deur mens…” Koos, November 21, 2019 at 3:17 pm

    Nou wil ek graag by Koos/KOOS/OAK lede hoor, hoe is dit moontlik dat die Here tot skande gebring kan word? As u glo “Hy openbaar deur mens”, deur watter mens het Hy Homself dan aan Adam geopenbaar? Onthou, volgens die Bybel is Adam die eerste mens (Genesis 2:7, 1 Korinthiërs 15:45).

    Vroeër het Koos ook geskryf:
    “…Al wat ek weet is dit, “God leef in die OAK.”…” Koos, November 29, 2019 at 6:51 pm

    Koos verwys na ‘n natuurlike mens in die OAK deur wie hy glo God met hom praat, want hy “glo Hy openbaar deur mens”. Nou wil ek graag by Koos/KOOS/OAK lede hoor, deur watter mens het God die natuurlike aarde geskep en na watter “God” verwys julle as julle glo “God” het ook die natuurlike aarde geskep het? Onthou, die OAK het weggebreek van die NAK en die OAK se eerste “apostel” was Klibbe gewees, daar was nie ‘n OAK vóór 1927 nie.

    “…ek het soveel getuienis in natuur, en as ons na die volmaaktheid van die natuur kyk is dit beslis dat dit deur “God” geskep moet wees…” Koos, November 19, 2019 at 1:00 pm
    “…Ek het nog nooit op hierdie blog geskryf dat God nie die natuurlike aarde geskape het nie…” KOOS, January 5, 2020 at 5:37 pm
    “…Ek het NOG NOOIT gesê God het nie die natuurlike aarde geskep nie…” Koos, January 6, 2020 at 4:13 pm

  218. En so lewe die OAK in n “verbeeldings” wereld. Net gister in Welkom (Vrystaat) vertel n gewese onderdiaken my Jesus is Gees. Hy regverdig homself met die stelling: God is gees, so… Jesus as die seun van God moet ook dan Gees wees. En nou wys OAC critic hulle bely hulle is die Here!!!!! En dan wat Koos gese het die skepping het in hom plaasgevind! Hoe help n mens die klomp mense ? sodat hulle kan sien hulle is ver (baie ver ) van die waarheid af .

  219. Johan,
    Dit wys net weereens uit dat daar groot fout is by die OAK hulle se hulle sien die selfde werldwyd maar in S.A. is 2 geloowe een klomp glo Jesus was n mens die anderklomp glo Hy was gees gewees nie mens nie nou water een is reg by hulle

    • Ek lees nou so deur ‘n dokument wat deur ‘n OAK “onderdiaken” opgestel is; “DIE OU APOSTOLIESE KERK VAN AFRIKA – EVANGELIE OPBOUING VIR JEUG”. Ek stem saam met Dennis “dat daar groot fout is by die OAK”.

      Volgens die OAK se Geloofsbelydenis:
      “…ONS GLO in die Heilige Skrifte, die Ou en die Nuwe Testament, en in die vervulling van al die beloftes daarin vervat…”

      Soos ons nou al weet, dit wat op skrif staan verskil van hoe OAK lede dit eintlik lees en verstaan.

      Volgens die OAK “onderdiaken” se “WERKSTUK No.7” is die Heilige Skrifte ‘n put (7.2):
      “…Die Hebreeuse woord vir put is ‘beer’…”
      “…deur mensehand gemaak…”
      “…As jy in die put afkyk sien jy net duisternis, die put word dus ‘n oog van duisternis, die insig in die Skrifte is verblind deur die god van hierdie wereld…”
      “…Party mense wil te diep in die put (skrifte) kyk en dan val hul daarin…”
      “…Die watervlak is ook nie konstant nie, soos die droogte kom sak die water in die put…”
      “…Die put kan maklik besmet raak as daar dalk ‘n dooie dier of iets soortgelyk inval…”

      (7.2.2) “…Die Heilige Skrifte is nie die Woord van God nie…”

      ‘n Patroon is hier duidelik sigbaar, alhoewel die OAK van die NAK weggebreek het, bly die DNS nogsteeds dieselfde:
      Friedrich Krebs, die “apostel” tussen 1895 en 1905, het geglo sy woorde was meer belangrik as die Bybel. Hy het geglo dat hy die “lewende woorde vir hierdie tye” gespreek het. Friedrich Krebs se ondersteuner en later “hoof-apostel” Hermann Christoph Niehaus het die Bybel “verdorde hooi en stinkende stil water” genoem (Wächterstimmen aus Sion, no. 11 van 1896). Die teenstanders van “apostel” Friedrich Krebs op hul beurt is as “bybelryers” veroordeel.

  220. Dankie vir almal se insig en goeie vrae. Ek is tans nog bietjie bedrywig. Net so ‘n algemene antwoord uit die Bybel. Veral vir Oupa Johan Nel wat ‘n versie soek.
    1Kor 2:11-14
    Want wie van die mense weet wat in ‘n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God.
    Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het.
    Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
    Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.

    Dit is duidelik dat die wat hul eie wysheud wil voed en daarvolgens wil oordeel baie duidelik NIE KAN VERSTAAN NIE. DIT SAL VIR HOM DWAASHEID WEES.

    Lees duidelik en stadig. Dit is beslis hoe julle almal die dinge van God beoordeel. Natuurlik. Geestelike dinge, dit wat van GOD is moet duidelik geestelik beoordeel word.
    Tot volgende keer. Hopelik heelwat vroeër.
    Seëninge vir julle almal.

    • Koos

      Ag nee, ek dog jy verstaan die vraag wat ek gevrae het. Nou laat oupa verduidelik,

      Maar eers die versie wat jy gegee het. Lees die versie baie aandagtig asb.
      Ek haal aan wat die versie se : NIEMAND, dit beteken “Geen persoon nie” weet wat in GOD aangaan nie, behalwe die Gees van God. Jy my vriend is NIE die gees van GOD nie.
      Die Gees van GOD is ook nie jy nie. So jou verduideliking is uit konteks uit.
      G’n wonder EX OAC probeer julle leer en wys om binne konteks te bly. So die antwoord
      wat jy my nou gegee het, is dit nou “veronderstel” die teks wat wys Jesus het terug gekom aarde toe.
      Of het jy die ander vraag beantwoord. Wie is Jesus se Broers en Susters. Se tog vir oupa watter een van die vragies probeer jy antwoord.

    • Welgedaan KOOS, 3 uit 5 vir u 🙂
      Punte 2, 3 en 4 op my lysie (http://www.antwoord.org.za/2016/10/ou-apostoliese-kerk/#comment-3168).

      Die verse wat u aanhaal moet binne konteks gelees word, u moet die hele hoofstuk lees. Die hoofstuk begin met:
      “En toe ek by julle gekom het, broeders, het ek nie aan julle die getuienis van God kom verkondig met voortreflikheid van woorde of van wysheid nie, want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde.”

      JESUS CHRISTUS, Hom as GEKRUISIGDE!

      Die huidige sigbare wêreld met sy heersers hang ‘n wysheid aan wat verganklik is, en die fokus op die mens en sy prestasies plaas. Die geheime en diepsinnige wysheid van God is niks anders as Jesus Christus se kruisdood nie. Die heersers van hierdie wêreld het nie die Goddelike plan geken nie, daarom het hulle ons Here gekruisig. Geestelik volwasse Christene verstaan die wysheid van die kruis omdat hulle op God ingestel is. OAK lede daarteenoor redeneer oor verlossing, dit word verwerf deur die menslike verkryging van sogenaamde geheime kennis om dan een te word met die godheid. ‘n “Volwassene” is dan iemand wat in die OAK ingelyf is deur ‘n mistieke inlywingsproses bekend as “versegeling”. ‘n Christen is ook met God verbind deur die Gees en dra só die Goddelike wysheid in hul binneste. Die Gees stel iemand in staat om te verstaan wat God regtig aan die mens gedoen het deur die kruisiging van Jesus Christus. God se diepste geheim is bekendgemaak deur die kruisdood van Sy Seun. Ons leer God ken by Golgota en die leë graf deur die Gees van Christus wat in ons woon.

  221. Koos,
    Ek dag jy is weg ek is n bietjie teleur gestel deur jou en al jou mede broers susters en amptes ek het n vraag gevra dit lyk my julle kan dit nie beantwoord nie jy antwoord alles behalwe my vraag oor Noag
    groet

  222. Johan, jy het gestop by die 1 ste versie wat jy gelees het. Het jou oë seer geword. Lees maar op jou tyd verder my vriend. En Dennis, en sal nog by jou vraag uitkom. Soveel dinge en mense wat meeste van my tyd in beslag neem. Moontlik volgende week kan ek help. Wees net geduldig asb. Sterkte julle. (Alles net in goeie gees. Ek terg maar net bietjie Johan.)

  223. Om aan te gaan met die gesprek aangaande Jesus, en dit wat die Vrystaatse
    ou apostels glo dat Jesus Gees is.
    Wie sal die vrou wees wat Jesus se “liggaam” gesalf het vir die begrafnis.(Markus 14:8) Volgens julle geestelike vertaling ? Of word hier van julle kerk (liggaam) gepraat wat begrawe gaan word?
    Hoekom se Jesus, die armes het julle altyd by julle………maar My het
    julle nie altyd nie. Nou wat word van Jesus as Hy nie altyd by julle gaan wees nie ? (Markus 14:7) ? Nou volgens julle geestelike vertaling
    verklaar dit vir my asb.

  224. Kom ons gaan voort, aangesien nie een oak lid/amp my kan antwoord nie. Nou nadat Jesus begawe was het Hy opgestaan, net soos Jesus gese het Hy gaan doen. Kom ons dink bietjie oor die gebeurtenis.
    n Gees kan nie gekruisig word nie. n Gees kan nie bloed stort nie.
    n Gees kan ook nie begrawe word nie.(natuurlik of geestelik)
    Nou volgens dit wat hier staan, wil ek graag aan al die ou apostels se:
    as jy glo dat Jesus Gees was, doen jy die volgende. Jy het nog nooit n bybel gelees nie. of jy rook dwelms. Na Jesus uit die graf opgestaan het, was die graf LEEG. Dit beteken: Daar was geen liggaam nie. Nou waar sou die liggaam wees wat dan gesalf was, vir die begrafnis???? Volgens julle geestelike vertaaling.

    • Kom ons gesels verder. Na die opstanding verskyn Jesus aan die 11 waar hulle besig was om te eet. Hulle dog hulle sien n gees. Maar Jesus se vir hulle Lukas 24:39
      Kyk na my hande en my voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want ‘n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie. My vraag is, as Jesus gees was,dan het hy mos nou gejok. Maar ons weet God kan nie jok nie. So dan moet dit jou apostel wees wat jok, om te se Jesus is Gees. Nou as jy n leunaar volg gaan jy saam met hom in die HEL beland. Want leunaars kan nie die konigkryk be erwe nie

  225. Aan almal van die oak, Dit is my laaste antwoord oor Jesus, soos julle se dat Hy gees is. Net iets oor my laaste skrywe van Maart 14 2020. As julle die hoofstuk gelees het sal julle sien na dat Jesus opgestaan het, en aan hulle verskyn het, praat Hy van Ek self, My, Ek. Dit is enkelvoud. Jesus het nie in iemand (oak) opgestaan nie. Nee Hy self was nog Jesus met vlees. Nou 1 Joh 4 (lees die hoofstuk) wys vir ons dat julle valse profete en die Antichris is. Want julle glo nie dat Jesus mens/vlees was en is nie. Jesus Christus het in die vlees gekom ,en is uit n maagd wat vlees was gebore. En as ons verlosser Gekruisig was natuurlik, en het natuurlik bloed gestort en het natuurlik opgestaan met sy liggaam (die graf was leeg) Het opgevaar en gaan weer so kom. lees Handelinge 1 v 11. Dieselfde Jesus sal net so weer kom. Baie dankie.

  226. Koos,
    Ek weetjy het gese jy is besig jy sal later my vraag beantwoord daarom vra ek die vraag aan al die OAK lede en amptes ek hoop daar is een wat bereid is om dit te antwoord
    Vraag, Mark9 waar Jesus op die berg is saam met 3 van Sy Apostel en n gedaante verandering ondergaan het daar het ook Elia en Moses by Hom gestaan in gesprek, Net voor dit 6 dae gelede het Jesus gese dat sy apostel dat sommige wat hier staan die koningkryk met krag sien kom en dit is wat hulle gesien het God het self daar vir hulle gese dat dit Sy Seun is en hulle moet na Hom luister Na die kruisiging verskyn Jesus aan sy Apostel in n vertrek wat gesluit was hulle dag hulle sien n gees maar Jesus se vir hulle dis Hy kyk na die wonde hier sien ons ook dat Jesus weer aan Sy Apostel verkuin het in vlees dit was nie n gemeente of kerk nie dit was Hy self kan een vanjulle dit vir my verduidelik ek is maar n dom mens

  227. Interessante stelling: “Die eerste geloofsbelydenis, na die Bybelse tyd, dateer terug na die vergadering van die Raad wat gehou is in die stad van Nicea in 325 nC”.
    https://www.britannica.com/event/First-Council-of-Nicaea-325
    http://www.orthodoxchristian.info/pages/Ecumenical_Councils.htm
    http://www.newadvent.org/cathen/11044a.htm
    https://www.history.com/this-day-in-history/council-of-nicaea-concludes

    Die OAK se TOK laat dit klink asof die OAK destyds ook teenwoordig was by hierdie Raad.

    Keiser Konstantyn wat tot die Christendom bekeer het, het 1800 biskoppe van die Christelike kerk genooi, maar slegs 250 tot 320 biskoppe het in 325 nC aan die Raad van Nicea deelgeneem. Daar word nêrens melding gemaak van enige OAK “apostels” wat hierdie geleentheid ooit bygewoon het nie, juis omdat die OAK destyds nie bestaan het nie.

    Nog ‘n interessante stelling: “Die Geloofsbelydenis van die Ou Apostoliese Kerk is op hierdie oorspronklike dokument gegrond”
    https://www.britannica.com/topic/Nicene-Creed
    http://www.orthodoxchristian.info/pages/Creed.htm
    As u die Niceaanse Geloofsbelydenis (“oorspronklike dokument”) vergelyk met die OAK se Geloofsbelydenis, sal u die volgende verskille bespeur:
    1) “wie deur die profete gespreek het” WORD VERANDER NA
    “wat deur die profete spreek, waardeur ons die beeltenis van die Vader dra…”
    – Dus word hul geloof in die woorde van hul “profete” beklemtoon sodat hulle “soos” God kan word deur hul “profete” te gehoorsaam
    2) “een, heilige, katolieke en apostoliese kerk” WORD VERANDER NA
    “Sy heilige Apostoliese kerk, die gemeenskap van die heiliges en die Apostel tot ons gestuur as die gesalfde van Jesus Christus”
    – Dus verhef hulle die posisie van hul “apostel” tot die posisie van Jesus Christus
    3) “een doop ter vergewing van sondes” WORD VERANDER NA
    “bediening van die drie heilige sakramente…Heilige doop…Heilige Avondmaal…Heilige Verseëling deur die handoplegging van ‘n Apostel”
    – Dus word die belangrikheid van hul “apostel” beklemtoon
    4) “Ek sien uit na die opstanding van die dode en die lewe van die toekomstige wêreld” WORD VERANDER NA
    “die bediening van die drie heilige sakramente aan die siele in die doderyk deur middel van die lewende vir die dode”
    – Sodoende word die magsposisie van hul “amptes” beklemtoon omdat hulle kamtig die sleutels tot die koninkryk het, blykbaar selfs tot na die dood – hierdie skynbare “gesag” hou lede “op hul plek”
    5) Die vierde en vyfde uitgangspunt van die OAK se Geloofsbelydenis word nie in die Niceaanse Geloofsbelydenis genoem nie, dit is bygevoeg.

    Die OAK erken dat hulle hul Geloofsbelydenis gegrond het op die Niceaanse Geloofsbelydenis wat in 325 nC deur Christelike biskoppe opgestel is. Die OAK erken dus dat hulle nie die oorspronklike kerk is nie; hulle het die oorspronklike Niceaanse Geloofsbelydenis aangepas om by hul leerstellings in te pas nadat hulle in Suid-Afrika in 1927 gestig is. Die OAK se leerstellings het meer in gemeen met Gnostisisme as met die eerste ware apostoliese kerk.
    http://www.orthodoxchristian.info/pages/St_Irenaeus.htm
    http://www.newadvent.org/cathen/01634a.htm
    http://www.orthodoxchristian.info/pages/tradition.htm

    Mattheus 24:23-26
    As iemand dán vir julle sê:
    Kyk, hier is die Christus! of:
    Daar! —moet dit nie glo nie.
    Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê.
    As hulle dan vir julle sê:
    Kyk, Hy is in die woestyn—moenie uitgaan nie;
    kyk, Hy is in die binnekamer—moet dit nie glo nie.

    • OAK se TOK vir 5 April 2020
      “…[I] Geloofsbelydenis: Die eerste geloofsbelydenis, na die Bybelse tyd, dateer terug na die vergadering van die Raad wat gehou is in die stad van Nicea in 325 nC. Daar heers verwarring oor die leerstelling van Christus en daar is besluit om die saak te debatteer en die resultaat as leerstelling te boek te stel. Die Geloofsbelydenis van die Ou Apostoliese Kerk is op hierdie oorspronklike dokument gegrond. [1 JOH 4:13-15]…”

  228. Aan Koos ,
    Ek sit en dink aan jou, en ek glo in die “lockdown” het jy soos ons almal genoeg tyd om die bybel te lees.
    Nou wil ek graag vra: is dit moontlik dat jy miskien gelees het dat Jesus weer kom. Nou bedoel ek nie in die sin hoe jy glo nie, maar wat die bybel wys. Wat die apostels geskryf het. Julle, en ons, heg mos groot waarde aan dit wat die apostels geskryf het.Soos in 1 Joh 2v28 “En nou, my kinders, bly in Hom, sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer Hy verskyn en nie beskaamd van Hom weggaan by sy wederkoms nie.” Het jy nou al daaraan gedink dat Johannes hier praat van Jesus se wederkoms. As jy saam stem dan kan dit mos nie vir ons wees nie, volgens jou geloof. Want “ons”
    is mos nie kinders wat in Hom is nie. Volgens julle bestaan ons mos nog nie, of hoe ? So dan beteken dit wat Johannes hier skryf is vir julle. Nou hoe sal Jesus nou weer verskyn aan julle ? is julle dan nie Hom nie ?. Waar vandaan moet Hy kom om aan julle te verskyn ? Ek skryf hierdie in n goeie gees. Kan jy miskien antwoord
    asb. Dankie

  229. Dit lyk vir my noudat daar regte vrae gevra word wat die oak nie kan beantwoord nie nou raak hulle weg net soos x-oac gese het wat gaan gebeur waar is die amptes en lede nou van die oak ons wag op antwoorde

  230. Iemand was gaaf genoeg om die OAK “Apostel” Foreman in die Oos Kaap se diens op 26 April 2020 vir my op skrif neer te lê en vir my te stuur. Hier volg enkele hoogtepunte:

    “…Die kerk gaan terug na die tye waar dit begin het… in die huis…”

    “…Ons moet die kerk in die huis laat groei. Families moet Nader aan mekaar beweeg. Kinders tot op die kleinste moet die kerk leer en verstaan…”

    “…Ons almal in hierdie kerk het ń groot deel…”

    Dan het hy Johannes 20:21 soos volg verdraai:
    “…vrede vir julle. Van ń nederige begin het hierdie klein klippie gegroei wat tot ń rots gekom het. Laat my kerk lewe in elke huis… laat God in julle hart kom. Laat my kerk sterk staan…”
    (L.W: as 1,7 miljoen OAK lede wêreldwyd ‘n groot rots is in vergelyking met die wêreldse bevolking en ander gelowe, dan is dit nogsteeds ‘n klein klippie)

    “…As jy nie vandag glo in hierdie kerk nie en as hierdie kerk nie alles in jou lewe geword het nie… dan het jy NIE die krag om te lewe nie. As jy nie die geloof het nie. Dan kan jy verwerp word…”

    “…P… PRIORITY-church first and all other things we put before God to be taken away…”

    “…E… ENTER- enter into God’s will and enter to where he wants to lead you. Enter and excel… walk with me this road and stand where I am standing. Let ideas and the principles of the church be yours…”

    “…Elkeen wie se lewe op die kerk baseer is sal God nooit verlaat nie…”

    “…Bly in die woord. Maak die kerk groot in die huis…”

    Daar word ten minste tien keer van die “kerk” (OAK) gepraat en twee keer oor die “church” (OAC). Ek moes egter baie hard soek om enigiets oor Jesus Christus te kry, en Jesus Christus word net twee keer genoem in die hele preek:

    “…Wanneer ons hierdie bloed van die lam aan die bo-drimpel en aan die deurposte kan smeer is wanneer ons sal deel word en voor die altaar sal sit. Eet hierdie lam met julle heupe omgord met die waarheid. Skoene aan julle voete. Die waarheid in Jesus Christus…”

    Hierbo verwys egter nie na Jesus Christus van Nasaret nie, maar na die OAK se lede, kyk hoe word die Bybel verdraai om na hulleself te verwys as Jesus Christus:
    “…agter mekaar kyk as broers en suster in hierdie tyd van nood. Sit die broederliefde en die naaste liefde eerste. Eet die lam … maar nie met kwaad en haat nie. Laat val … gooi dan weg hierdie dinge… Kol3v7tot9…”

    “…Koll1v4… liefde vir mekaar. Ons geloof in Jesus Christus sal dan groei…”

    Die OAK se “apostel” verwar ook die tiende plaag in Egipte met Jesus se wederkoms:
    “…Die israeliete het 10 plae gehad. Die Covid19 is ook ‘n plaag. As ons verenig in geloof, sal die plaag weg gaan. Wanneer hy weer kom sal die eers geborene in elke huis sterf. Die eerste geborene is di ou mens met sy begeertes en die ou mens met sy eie will. Al die sonde en mens se begeertes moet gekruisig word…”

    Ek glo nie dié OAK “apostel” het ooit die hele Bybel gelees nie:
    Die HERE het deurgetrek om die EGIPTENAARS swaar te tref. Toe Hy die bloed sien aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte het die HERE by die deur VERBY GEGAAN en die verderwer nie toegelaat om in hulle huise in te gaan nie. Dit was middernag toe die HERE al die eersgeborenes in EGIPTELAND getref het (Eksodus 12:21-30), dit was NIE ‘n wedergeboorte nie. Die generasie wat uit Egipte gevlug het, het nooit die beloofde land gesien nie, dit was die nuwe generasie onder leiding van Josua wat die rivier oorgesteek het die beloofde land in (Deuteronomium 34:1-12, Josua 3:1-17).

    Die OAK “apostel” ken duidelik ook nie die ware Jesus Christus van Nasaret nie want hy preek net “kerk-kerk-kerk” waarin daar geen verlossing is sonder Jesus Christus van Nasaret nie. Daar is net EEN Jesus!

    Handelinge 4:10-12 laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan. Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat ‘n hoeksteen geword het. En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

  231. X-oac
    Ek is geneig om met jou saam testem nadat ek gelees het wat die oac apostel gese het in sy diens hulle lees nie hulle bybel nie in die eerste plek het geen Apostel getuig van n kerk nie hulle getuienis was oor Jesus en Sy wederkoms Jesus het weer van Sy Vader getuig nie van n kerk nie en dit wat hy se jy moet jou kind die kerk leer dit is twak ek lees die bybel se jy moet jou kind die skrifte van kleins af leer Oak mense skrik wakker hierdie apostel van julle leer julle verkeerd hulle moet julle van Jesus en Sy Vader en die Heilige gees leer en sekermaak julle ken die bybel nie wat n mens se nie

  232. Koos,

    Nou dat daar stilswye in die oak se kamp is wonder ek, is die vraag wat ek gevra het te moeilik ?
    Wag jy miskien vir n antwoord van jou overgestelde af ? Terwyl jy oor dit ponder dink sommer aan
    een van my vorige vrae wat nooit be antwoord was nie. Miskien het julle dit nie verstaan nie.
    Daarom stel ek die vraag so dat dit maklik verstaan baar is. Kan Jesus sonde doen ? Het Hy sonde gehad ?
    Kom ons neem aan dat jy met die skrifte (Bybel) saamstem , en met die Profete, dat Jesus nie kon sondig nie, en daarom
    het Hy nie sonde gehad nie. Nou wanneer julle nagmaal gebruik, hoekom vergewe julle die lede se sondes ?
    is hulle dan nie volgens jou geloof “Jesus” nie, die Vlees nie. As julle in die “Hemel” is, hoe kom die sonde van vlees daar.
    Vlees en bloed kan nie die koningkryk beerwe nie. Dit is immers een van julle getuienis versies. Nou wie sondig in julle hemel so groot
    dat n amp van n ander hemel moet kom om, dit te vergewe. Want volgens jou geloof is elke amp in n ander hemel of hoe ?
    Ek stel die vrae in n goeie gees . En ek hoop so graag dat enige een my n antwoord sal gee, as Koos nie kan nie. Baie dankie.

  233. Goeie dag aan almal op die blog. Ek het gestop om te wonder waar die ou apostels se mense wegkruip. Maar nie te min.
    Ek dink , dit moet n groot skok wees die dag as jy agterkom, dat die hele ou apostel kerk gegrondves is op n leun.
    Waar ander gelowe Jesus Christus het as fondasie, het die ou apostels hulle eie apostels as fondasie. Waar die ware kinders van die Here weet Jy kan net saligheid kry deur Jesus van Nazaret , dink die arme ou apostels hulle gaan saligheid kry deur gehoorsaam te wees aan hulle overgestelde. Wat n skok gaan dit wees as
    hulle(ou apostels) aan die ander kom (doderyk) en sien hier is sy overgestelde saam met hom in n plek van “Torment” soos wat Jesus gese het waar die rykman is. Dan as hulle agterkom hulle overgestelde was ook maar net stukkie “stof”(skepsel) Hy was glad nie die Skepper nie. Want daar is net : EEN GOD Die skepper van alles. Maar die ou apostels aanbid die skepping , in plaas van die Skepper. Nou dat die tyd min raak liewe verleide ou apostels, keer terug na die Skepper toe. Die ou apostel doktriene
    is n valse leerstelling. Daar is net een Weg. En dit is Jesus Christus. Lees die bybel vir julle self. Julle is verlei.
    Dankie.

  234. Die OAK hou nog vol dat hulle Jesus Christus is.

    OAK TOK vir Oos Kaap en Noord Kaap (Apostel Smit):
    28 Mei 2020
    MY HELE LEWE
    Verbintenis beteken: ‘n bereidwilligheid om ons hele lewe toe te wei aan dit waarin ons glo. As ons sê dat ons in Jesus Christus, die OAK, glo, beteken dit dat ons, ons hele lewe aan Christus toevertrou. As ons werklik aan Christus toegewei is, moet ons in die basiese beginsels van die Kerk glo en leef daarvolgens na die beste van ons vermoëns. Ongeag van wat teen ons opkom, sal ons nooit die lewe in Christus verlaat nie. Ons verbintenis aan die liggaam van Christus is nie tydelik nie, maar totaal en geheel tot die einde, ‘n totale en volwaardige lewe in die OAK.
    Lees: Psa 23:6 & Psa 27:4

  235. Hierdie apostel en al die ander apostels van die OAK weet glad nie wie Jesus is nie.
    Om te se Jesus is hulle kerk !! Het die mense nog nooit die bybel gelees nie? As hulle het ,verstaan hulle dit glad nie. En ek dink ek weet hoekom hulle nie kan sien nie.
    Hulle is blind soos afgod dienaars. Net soos hulle gode wie hulle aanbid. Hulle god sit mos binne in n sondige stuk vlees maw. n Mens. En hulle Jesus bestaan van 1927 af.

  236. Hallo al my vriende. Het julle gemis hoor. Ek lees toe so vining deur ‘n paar van jul se skrywe en besef daar is nog geen geestelike groei teenwoordig by enige van julle nie. Hoekom dan? Ek is die WEG,DIE WAARHEID EN DIE LEWE. Johan, ons het ‘n Weg en ‘n Waarheid waarin ons lewe. En jy? Julle wag nog vir Sy koms, Dus is daar geen weg op die oom blik vir jul nie, en geen Waarheid nie. Julle verbind Hom mos as Mens of hoe Julle glo mos Hy is as mens weggevaar. Baie vreemd. Duidelik, hy wie die Seun het, het die lewe. Nie hy wie vir die Seun wag het die lewe nie. Jy het steeds nie afgeleer om nie so baie te oordeel nie. Dit is al wat jy doen. Jy verklaar niks. Tog te jammer.
    To later dan.

    • Hallo Koos, ek het nogal gewonder wat het van u geword. Ek dink u moet dalk bietjie stadiger deur ons skrywes lees, ek vermoed u het heel waarskynlik te vinnig gelees. Ek dink u moet ook die Bybel stadig en aandagtig deur lees en bid dat die Heilige Gees u sal help om te verstaan wat u lees, dan sal u ook geestelik groei.

      Lees Johannes noukeurig deur, veral die volgende versie want ek dink u het ook te vinnig gelees en dalk hierdie versie heeltemal buite konteks verstaan of dalk nie die hele versie nie.

      Johannes 14:6
      Jesus (m.a.w. Jesus van Nasaret, die Christus, die Seun van God, Enkelvoud)
      antwoord hom: (hom = Thomas, een van Jesus se apostels verw. Joh 14:5)
      Ek (Jesus verwys na Homself–Enkelvoud, anders sou hy gesê het “Ons”/”jy”/”julle”)
      is die weg (Jesus–Enkelvoud, nie die OAK nie)
      en die waarheid (Jesus–Enkelvoud, nie die OAK nie)
      en die lewe (Jesus–Enkelvoud, nie die OAK nie);
      niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (My = Jesus van Nasaret, die Christus, die Seun van God, Enkelvoud)

    • Koos, rakende u stelling:
      “…Duidelik, hy wie die Seun het, het die lewe. Nie hy wie vir die Seun wag het die lewe nie…”;
      Die verse waarna u verwys sê ook nie dat die OAK die Seun is nie, ook nie hy wie die OAK het, het die lewe nie, gaan lees daai verse weer mooi noukeurig en stadig (1 Johannes 5:10-13).

      Ek kon net glimlag toe ek die volgende gelees het:
      “…steeds nie afgeleer om nie so baie te oordeel nie. Dit is al wat jy doen…”;
      Ek sal graag wil weet hoe verstaan u die OAK se TOK van 13 Julie?

      OAK se TOK 13 Julie:
      Huidige lering: Tot weerlegging: “weerlê” beteken om ander te oortuig van hulle foute, die verkeerde dinge in hulle lewens wat hulle dan sal erken en regstel. Teregwysing: Om ‘n regstelling te maak deur ‘n aanpassing of verandering aan ‘n aksie. Wanneer ons iemand teregwys, moet dit altyd wees met die doel om te red en te verlos; nooit om te veroordeel nie. Die oordeel van Christus is om te red en nie om te veroordeel nie. [JER 5:3; 1 KOR 4:14]

      Wanneer julle (OAK) ‘n vinger probeer wys na Christene dan is dit “weerlê”. Wanneer ons vir julle probeer vertel van die Een ware Jesus Christus, en julle kom agter ons wys vir julle die spieël, en dat jul ander drie vingers terug wys na julle toe, dan “oordeel” ons.

  237. Ek moet se welkom terug Koos,Ek was eintelik verbaas dat jy terug is maar ek moet ook se soos x.oac ek het gesmile oor jou komentaar net gou n vinnige vraag was Jesus werklik n mens op aarde so ook sy Apostels of was hulle geestelik

  238. Ex OAC , ek vertsaan hoe jy dit sien. Daar is teregwysing en “teregwysing”. Jy sien een kant as help en ander kant as oordeel. Ek probeer net sê, ek respekteur elkeen van julle se sienings. Julle het sekerlik sekre ervarings soos julle reeds beskryf het, maar ek verseker jou, so het e kook. Ek het nie gevra om dinge te sien en te verstaan soos ek dit nou sien nie. Dit is vir my net eenvoudig baie moeilik om te dink mense glo soos julle glo. Jy gee en noem baie tekse, maar om baie eerlik te wees, ek “sukkel” effe om die metode te vind om jul te laat sien soos ek dit sien en verstaan. Ons is almal uniek, elkeen op sy manier. Ek kan vir jou soveel dinge vertel wat ek glo baie ander Apostolies se hare dalk sal laat rys. Maar as ek vir hul verduidelik hoekom en waarom ek verskil verander baie se sieninge oor sekere dinge. Ek geniet om te gesels met elkeen van julle, ook soms die bietjie humor in dit maak dit aangenaam.

    Dennis, jou vraag. Ek het dit al voorheen verduidelik. Hierdie teks behoort jou te help. Rom 8:1-15
    Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
    Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.
    Want God het wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees,
    sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
    Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.
    Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,
    omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.
    En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;
    julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.
    Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid.
    En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.
    Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie;
    want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.
    Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
    Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!

    Hier bevestig Paulus wat ek probeer sê. Gal 1:11-12
    Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie.
    Want ek het dit ook nie van ‘n mens ontvang of geleer nie, maar deur ‘n openbaring van Jesus Christus.
    Verse 15-16
    Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het,
    om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom onder die heidene sou verkondig, het ek dadelik nie vlees en bloed geraadpleeg nie,
    Joh 1:12-14
    Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
    wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is.
    En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.

    Baie duidelik “soos” die enigeborene wat van die Vader kom.
    Dit is hulle wat hierdie Lig, of sale k sê Heiligheid gesien en verstaan het wat deur Johannes verkondig is. Die Woord wat dan by die mens aanvaar word en sy lewe verander soos Paulus, is du sook soos ‘n Enigeborene van God.
    Daarom noem hy dat hulle hom aanvaar het as ‘n engel, ook as Jesus Christus.

    Die mens is nie die krag nie, maar dus die Gees wat geskep word deur God in die mens. Hoop dit verklaar ‘n deel van jou vraag.

    • Baie dankie vir u kommentaar Koos, dit is baie insiggewend.

      Ek is bly om te sien ons maak vordering en dat u nou self erken hoe dit vir u “net eenvoudig baie moeilik om te dink mense glo soos” ons glo, en hoe u effe “sukkel” om die metode te vind om ons te laat sien soos u dit sien en verstaan.

      Eintlik het u die spyker op die kop geslaan toe u erken ons “gee en noem baie tekse”, daarom “sukkel” u, want u kan nie met die Bybel stry nie. Ons het ook voorheen as OAK lede soos u gesien en verstaan, tot ons die Bybel begin lees het, die hele Bybel van voor tot agter in sy geheel. Dit verduidelik ook hoekom dit vir u makliker is om “baie ander Apostolies” se “sieninge oor sekere dinge” met “verduideliking” te “verander”, want julle gebruik nie die hele Bybel as gids en handleiding nie.

      Ek is bly dat u verwys na Romeine 8 in u kommentaar, maar ek twyfel nogsteeds of u regtig verstaan wat die verskil tussen vleeslik en geestelik is. Ek het hierdie aspek meer in diepte bespreek op my blog:
      Doctrine – Spiritual vs Natural: http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/2016/08/doctrine-spiritual-vs-natural.html
      Rogue OAC Priests: http://oldapostolicchurchrevealed.blogspot.co.za/p/blog-page_11.html

      Ek sien u haal weer Galasiërs 1:11-12 aan soos voorheen (waarop ek ook elke keer u direk beantwoord het):
      http://www.antwoord.org.za/2016/10/ou-apostoliese-kerk/#comment-2477
      http://www.antwoord.org.za/2016/10/ou-apostoliese-kerk/#comment-3021
      http://www.antwoord.org.za/2016/10/ou-apostoliese-kerk/#comment-3059
      http://www.antwoord.org.za/2016/10/ou-apostoliese-kerk/#comment-3153

      As u die hele Bybel al gelees het, sou u geweet het wat met Paulus gebeur het op pad Damaskus toe (Handelinge 9, Handelinge 22, Handelinge 26), en sou u geweet waarna hy verwys het. Nee, Paulus het nie met ‘n OAK se “owergestelde” gepraat of die OAK op pad Damaskus toe ontmoet nie.

      Wie is u “owergestelde” Koos? Het hy ‘n naam en ‘n “amp”? Het julle al mekaar fisies net die hand gegroet? Watter “Gees” volg u? Glo u dat die Heilige Gees nie self binne u kan woon en u kan lei nie? As u ‘n “Gees” volg wat alleenlik deur ‘n ander natuurlike mens tot u kan kom, dan volg u ‘n natuurlike mens. Dit word beaam met u stelling: “…die Gees wat geskep word deur God in die mens…”

      God skep nie nuwe geeste nie, die Gees van God was daar nog voor die aarde geskep is (Genesis 1). Wanneer die Gees van God in ons woon, dan praat Hy met ons deur Sy Gees (Johannes 14:17, 1 Korintiërs 3:16).

  239. Koos dit lyk my jy lees nie jou bybel reg nie die Apostel Paules werwys hier in Rom8 dat hy wie Jesus Christus se evangelie nie aanvaar nie bedink die vleeslike dis hulle wat na ander mense luister en dit glo ons glo nie mense nie maar Jesus wat hy verkondig ons het Hom aanvaar as ons verloser en saligmaaker wie die Midelaar is tusen God en ons ons glo nie n kerk of n amp is daai midelaar nie net Jesus die een waarvan ons lees in die bybel wat op die aarde geloop het en nou by sy Vader in die hemel is waarvan Hy weer sal kom nerins in die bybel lees ek dat Hy weer gekom het nie Sy Apostels getuig daarvan dat hulle ook wag wil jy vir my se hulle lieg ek glo nie so nie hulle wag net soos ons Koos jy gaan met n skok wakker word aandie anderkant en besef jy moet net soos ons wag die Woord wat jy van praat in Johannes1v14 is nie jy of jou apostels nie dit is Jesus waarvan johannes praat Jesus was op daardie staduim nog met hulle gewees Hy vas nog nie gekruisig nie en dis daai Woord Jesus wt onder hulle gewandel het en die evangelie verkondig het maar Hy moes somtyds in geykenise praat want hulle het Hom nog nie verstaan Jesus het ook nie gelieg nie Hy se in Joh16v7 Maar Ek se vir julle die waarheid dit isvir julle voordelig dat Ek wegaan want as Ek nie wegaan nie sal die Trooster nie na julle kom nie maar as Ek weggaan sal Ek Hom na julle stuur nou vra ek wie het jy Jesus of die Trooster want dis onmoontlik om altwee tehe Jesus se self so eK wag nog vir n antwoort wat jy verskildig is aan my oor Noag en die Ark jy het gese jy kom terug namy toe en ek wag nog steeds Koos onthou net ek kraak nie jou of jou geloof af nie

  240. OAK TOK 23 September 2020
    Huidige lering: Om kennis te hê van die Gees van God, moet die mens bely dat Jeus Christus in die vlees gekom het; eens in die gedaante van die man, Jesus van Nasaret, maar vandag deur Sy opgestane liggaam; die Kerk, die Liggaam van Christus. Hoewel die dissipels hiervan kennis gedra het, moes hulle wag vir die Heilige Gees (die verseëling in die Kerk). God gee die Heilige Gees vir ‘n bepaalde doel. [HAN 1:8; ROM 8:1-17]

    Wil die OAK nou uiteindeilik erken dat Jesus van Nasaret wel eens in die gedaante van ‘n man was, ‘n fisiese natuurlike mens?
    Maar nou wil die OAK ook beweer dat hulle Jesus van Nasaret se opgestane liggaam is?

    Snaaks hoe die OAK net een enkele versie uit die hele Handelinge 1 wil gebruik as een van hulle verwysings. Jesus het self in Handelinge 1:8 gespreek, kan enigiemand in die OAK raai met wie Hy gepraat het? Hy het met Sy apostels gepraat (Handelinge 1:1-7). Ken enigiemand in die OAK die name van Sy apostels? Wenk – lees Mattheus 10:2-4 en kyk of “apostel” Brink se naam daar verskyn. As “apostel” Brink nou die moeite sou gedoen het om verder as Handelinge 1:8 te lees, sou hy die volgende dalk raakgelees het:

    Handelinge 1:9-11
    En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien;
    en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem. En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle, wat sê:
    Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.

    Hierdie Jesus was dieselfde Jesus wat deur Sy apostels gevolg is.
    Hierdie Jesus was dieselfde Jesus wat deur Sy apostels gesien is toe Hy deur Johannes gedoop is.
    Hierdie Jesus was dieselfde Jesus waarvan Sy apostels reeds getuies was van Sy opstanding (Handelinge 1:22, lees ook weer Handelinge 1:1-5).

    Lees asseblief die hele Handelinge hoofstuk 1 en maak aantekeninge. Jesus se apostels en al Sy dissipels (omtrent honderd en twintig – Handelinge 1:15) was alreeds getuies van Sy opstanding. Sy dissipels het nie gewag om in die OAK verseël te word nie. Doen uself asseblief ‘n guns en lees die hele Handelinge hoofstuk 2. Waarom was dit voordelig vir Jesus om weg te gaan? As Jesus nie weggegaan het nie, sou Hy die Trooster nie kon gestuur het nie (Johannes 16:4-15). Nêrens het Jesus ooit gesê dat Hy die OAK of enige ander “kerk” as Heilige Gees sou stuur nie.

  241. Goeie middag ek is baie bly om kommentaar te kan lewer, die ou apostoliese kerk is die grootste dwaling wat jy ooit kan kry, ek was vir amper 53 jaar in hulle web van misleading vas gevang, hulle glo dat net hulle reg is en alle ander gelowe helwaards gerig is, alle ander gelowe is in Egipte land, tussen die vleispotte van Egipte en dat hulle in die land van melk en heuning is, maar skuus vir die reguit praat, hier in die leër van die apostel kan hulle die vleeslike gebod oortree net soos hulle wil, solank as hulle ten volle op hulle plek is gaan hulle ongetwyfeld hemel toe, die ergste van alles is hier binne in hulle geledere word die grootste onreg gepleeg as wat jy ooit aan kan dink. Hierdie saak van my is nie debeteerbaar nie, ek gaan my self nie verder siek maak oor hulle nie, groete JP FOURIE

Leave a Reply to Suzette Cancel reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.