Jesus: hoe om ʼn naam te verduister

Die Boerseun van Migdol dink die naam Jesus is met kwade trou in ons Bybels “in-vertaal”:

(Bogenoemde video is onlangs ongelukkig deur Japie vanaf YouTube verwyder. Het Japie miskien besef dat hy verkeerd is?)

Japie, waarom wys jy twee KJV’s wat eers in die jaar 1611 saamgestel is en nie na van die vroegste manuskripte waarin die naam van Jesus verskyn nie?

Dit was die vroegste wat jy op jou boekrak gehad het, sê jy.

Goed, Japie, maar ons is tog geïnteresseerd in wat in die oorspronklike Grieks staan waarin die Nuwe Testament al reeds in die eerste eeu geskryf is, nie waar nie? Soos die Interliniêre Bybel wat jy gewys het so mooi illustreer. So hier is ʼn baie eenvoudige vraag: waar in enige van die vroegste Griekse manuskripte van die Nuwe Testament tot ons beskikking waar die naam van Jesus in Grieks geskryf staan, is dit enige iets anders as ησοῦς (d.i. Iésous, of woord-variasies daarvan)?

O, nêrens nie, sê jy.

Goed, Japie, maar wil jy dus hê ons moet glo dat die skrywers van die Nuwe Testament deel van ‘n doelgerigte komplot was om Jesus se naam verkeerd “in te vertaal” vanuit die Hebreeuse Yehoshua na die Griekse Iésous om sy identiteit te probeer verander? Het Jesus se eie dissipels, veral Johannes en Petrus, sowel as sy eie broer, Jakobus, en boonop Paulus ook, dus DOELBEWUS saamgesweer om baie spesifiek na Iésous (923 keer) of Christós (538 keer) of Iésous Christós te verwys toe hulle aanvanklik oor hom geskryf het?

Ekskuus, ek hoor jou nie mooi nie…o, ek sien, nee, jy dink darem nie so nie, sê jy.

So, net om duidelik te wees, Japie: die vertaling van die naam ησοῦς in die oorspronklike Grieks in Handelinge 7:45 en Hebreërs 4:8, na Engels of Afrikaans as Joshua, verander absoluut niks aan die feit dat Jesus se naam in die ganse Nuwe Testament oorspronklike in Grieks as ησοῦς neergeskryf is nie?

Ja, sê jy.

Nou maar goed, Japie, hoekom het jy dan hierdie video gemaak?

[Krieke wat tjirp]

_____________________________

Die volgende is ʼn goeie verduideliking van hoe die transliterasie proses waarskynlik gewerk het vanuit die Hebreeus na die Grieks wat Jesus se naam aanbetref:

When the Greeks wanted to turn a Hebrew name into a Greek name there were two ways to bring it across the language barrier. One way was by translation, which tries to capture the meaning of a word … but in the process, loses its sound. The other way was by transliteration, which tries to capture the sound of the Hebrew word … but in the process, loses its meaning.

Let’s look at the most probable scenario of how the four Hebrew letters in the name Y’-Sh-U-A (Yod-Shin-Vav-Ayin) were transliterated to Koine Greek.

  • The first Hebrew letter YOD has a “YE” sound. Unfortunately, the Greek language does not have a letter nor a diphthong that has the “Y” sound as in YES! The Greek solution was to pair the two letters IOTA-ETA to produce the sound “EE-AY” which was deemed to be close enough to the Hebrew sound “YE.”
  • The second Hebrew letter SHIN has the “SH” sound. This was an even bigger problem because the “SH” sound does not exist in Greek. The Greek solution was to employ the “S” sound made by the letter SIGMA.
  • The third Hebrew letter Vav has a “U” sound. The Greek diphthong “ou” OMICRON-UPSILON is an exact match because it has the same “OO” sound.
  • The fourth Hebrew letter AYIN has the “AH” sound. According to the Greek rules of grammar, masculine names never end in a vowel sound, and when they do, the name should always be closed with the letter “S” whenever possible. The Greek solution was to drop the final “AH” sound and close out the name with an “S.”
  • These four steps produce the name “Iesous” which is pronounced “EE-AY-SOOS.”

(Uittreksel van www.jesus8880.com/gematria/topic_essays/yehoshua.htm, en hierdie verwysing is nie noodwendig ‘n onderskrywing van die webwerf as geheel nie.)

Vir ‘n goeie artikel wat die kwessies hier ter sprake op nog ʼn verantwoordelike manier belig is die volgende: Why the Names Jesus and Christ in English?

Iemand wat bekend is met Japie van Zyl se lering, of iets soortgelyk daaraan, sal dikwels die volgende tipe besware of variasies daarop, hoor:

  1. “Dis onmoontlik om ‘n naam van een taal na ‘n ander te vertaal. Die Verlosser se naam moet dus bly soos dit was in die oorspronklike Hebreeuse vorm.”
  2. “Die naam Iesous (die Griekse vorm van die naam van Yeshua) het nie eers bestaan voor die kruisiging nie; dit was deur die Romeine bedink (of die Jode. Of die Katolieke Kerk. Of Konstantyn!)”
  3. Iesous is ‘n heidense Griekse naam.”
  4. Iesous se etimologiese oorsprong het niks te doen met die Hebreeuse naam Yeshua nie.”
  5. Yeshua het ‘n betekenis in Hebreeus, maar Iesous beteken nie enigiets in Grieks nie.”
  6. Iesous was deur die vyand van geloof opgemaak en beteken ‘Hier is die perd!’ of miskien ‘’n vark’ of ‘Hail, Zeus’ of iets soortgelyks.”
  7. “Die gebruik van Iesous of Jesus of ander vorme is ‘n komplot deur die Vatikaan om God en die Verlosser te belaster. As jy daardie naamvorme gebruik, dan het jy in hulle strik getrap en is jy ‘n apostaat.”
  8. “Griekse en Latynse name is per definisie besoedel deur heidense gebruike; daarom kan die Here nie die naam Iesous hê nie.”
  9. “As jy sê jy volg vir Jesus, dan kan jy nie gered wees nie, want daar is ‘geen ander naam deur wie ons gered kan word nie’ behalwe deur Yeshua.”

Die volgende uitstekende artikel, deur ʼn kundige in die veld van Nuwe Testamentiese Studies, is ʼn bespreking van bogenoemde besware: Yeshua? Iesous? Jesus? Some other form? Who’s right?

Sien ook die volgende twee kort artikels:

Eintlik is daar net ʼn bietjie “common sense” hier nodig:

3 Comments

  1. Why do you try to disgrace Japie van Zyl? If your name is Philip in English it will be Philip in German in French in Italy. So why do you want to change Yeshuas name to Jesus? It will be Yeshua in all languages.

    • Like Japie, you seem ignorant of why the original authors of the New testament wrote in Greek and why they transliterated Jesus’s Hebrew name to Greek. Now, you can stay ignorant or you can try and understand the historic facts on this issue. Which is it going to be?

Leave a Reply to Philip Cancel reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.