Wie was Paulus se “theos”?

Sien die volgende Facebook-video: Wil jy teologie gaan studeer? (5 min)

Japie, jy verwys na 1 Kor. 8:5 en die Griekse woord ‘theoi’ (gode) wat die onderbou is vir die betekenis van die woord ‘teologie’.

Dan lees ons net een vers verder waar Paulus sê, “[tog] is daar vir ons een God, die Vader, uit wie alles is, en vir wie ons lewe”. Paulus verwys hier baie duidelik na sy Joodse verstaan van “God, die Vader” maar gebruik die Griekse woord ‘theos’ (terloops Strong’s G2316 verwys eenvoudig NIE na ‘gode’ in die meervoud nie).

Maar as Paulus nie na die Griekse gode verwys met sy gebruik van die woord ‘theos’ nie, waarom dan ʼn definisie van ‘teologie’ gee as ‘die lering van Griekse gode’? En as ʼn mens gaan oplees oor die ontstaan van die woord ‘teologie’ waarom is daar geen woordeboek, algemeen of vakgerig, wat so ʼn definisie gee nie?

Is dit nie dalk beter om ʼn “sagte seun” te wees wat iets weet van die teologie, as ʼn “eenvoudige boerseun” wat dinge bloot uit sy duim suig en met misleiding van sy eie besig is nie?

Ek wonder maar net…

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.