Medewerkers

Philip Scheepers is ‘n boorling van Somerset-Oos. Hy het die grootste deel van sy jeug in die Vrystaat deurgebring en het aan die Universiteit van die Vrystaat sy teologiese studies voltooi. Philip het sy bediening in Port Elizabeth begin waar hy vir drie jaar werksaam was in die NG Gemeente Grasvoëlkop. Hy het op ‘n deeltydse basis sy studies aan die UV voortgesit en in September 2003 ‘n Doktorsgraad in die Teologie behaal. Philip is al vir ‘n geruime tyd by Veritas College werksaam. Veritas College is toegespits op die ontwikkeling van kerkleiers reg oor die wêreld. Philip is met Chanel getroud en hulle het ‘n seun, Ian, wat in 2004 gebore is.

John Gilchrist was born in Boksburg in 1948. After obtaining his B.Iuris (Bachelor of Law) degree from UNISA in 1971, he was admitted as an attorney in 1974, conveyancer in 1978, and notary in 1979. He has practiced primarily as a property lawyer since then, but is currently practising on his own under the company name John Gilchrist Incorporated in Benoni. John came to know the Lord in April 1972. He became involved in outreach among Muslims early in 1973 and have been involved in direct door-to-door outreach among Muslims twice to three times a week for 23 years cumulatively since then. He has debated numerous Muslims and Muslim scholars such as Ahmed Deedat, Adam Peerbhai, Yusuf Buckas, Bashir Vania and Shabir Ally. He has written 11 books on Islam and Christian witness to Muslims and co-authored The Islam Debate with Josh McDowell in 1982. He has also written a book Designed for a Purpose on science and evolution and has recently finished writing his book, Jesus Disfigured, an exposure of the Gnostic gospels. John is married to Rosemary and they have two sons, David and George.

Henk Stoker is vir twee dekades al besig met die uitdra van die evangelie na mense vasgevang in kultes en ander dwaalleer. Hy het al verskeie wetenskaplike en populêre artikels hieroor gepubliseer. Hy het ‘n doktorsgraad in teologiese apologetiek (PU vir CHO), ‘n meestersgraad in filosofie, en ‘n honneursgraad in sielkunde. Hy is professor in Teologie (Apologetiek en Etiek) aan die Noord-Wes Universiteit, Potchefstroomkampus. Hy is getroud met Elsa, en het vyf kinders, Louisa, Arina, Tertia, Pieter en Johannes.

DeWet Ferreira is medestigter en uitvoerende direkteur van Truth To Tell Media, ʼn organisasie wat hom toespits op die verspreiding van hoë kwaliteit Bybellering DVD’s, CD’s, boeke, seminare en artikels. Christiaan Ferreira het ʼn regsgraad, asook tersiêre studies in wiskunde, sterrekunde en fisika, en ʼn Honneursgraad in Antieke Tale en Kulture. Hy is tans besig met nagraadse studies oor die antieke Nabye Oosterse en Klassieke beskawings, en het deelgeneem aan argeologiese opgrawings in die Midde-Ooste.

Herman Carstens is in Johannesburg gebore en getoë. Hy het grade in meganiese en bedryfsingenieurswese verwerf, as lugvaartkundige ingenieur gewerk, en voltooi tans ‘n meestersgraad in elektriese ingenieurswese in die energieveld by die Universiteit van Pretoria. Wanneer hy nie lees, dink, gesels of skryf nie, is hy gewoonlik iewers in die berge te vinde. Herman is betrokke by die Dialoog in ‘n ondersteunende hoedanigheid.

Chris de Beer is gebore in Grootfontein. Hy matrikuleer te Hoërskool Garsfontein en begin in 2001 teologie aan die NWU in Potchefstroom te studeer. Hy verwerf BTh, Hons BA, Hons BTh, MDiv en MTh en is tans predikant in die Gereformeerde Kerk Boksburg-Suid. Sy fokus is veral daarop om gemeentes te help groei na `n groter Christus-gesentreerdheid en deel van hierdie proses is om meer missionaal te wees (dit is hier waar hy die waarde van apologetiek ondek het). Chris het die voorreg om getroud te wees met Geertje en het `n dogtertjie Gené.

Tjaard du Plessis het ‘n Meestersgraad in Rekenaarwetenskap aan die NWU verwerf en werk tans as sagteware argitek en sekuriteit-spesialis by banke en ander finansiële instellings.  Hy lees soveel hy kan en hou daarvan om oor geloofsake na te dink en te skryf.  Hy het ‘n passie vir Suid-Afrika, veral om ‘n klimaat te help skep waarin die Christelike geloof relevant is vir die denkende mens.

Jonathan Rens has a passion for infusing the Christian story into all spheres of life in a way that is both intellectually honest and socially relevant. In the workplace, he is the Chief Operating Officer of Acucap Properties, a JSE listed investment property company that managers almost R15 billion of shopping centers and offices He has been part of Acucap from its inception more than 10 years ago. Jonathan runs Saltworks, a small radio based ministry in Cape Town that seeks to increase the awareness of the rational defense of the Gospel.  He is married to Chantal and they live in Cape Town with their two children, Nathan and Hannah.

Rudolph Boshoff matriculated from Bergvlam High school in Nelspruit (Mbombela) in 1995 and pursued further studies in Psychology at the University of South Africa (BSc. & BA (SS). Rudolph has been involved in full time ministry since 2001 and is currently Pastor at Tessera Church Westonaria (C.O.T.N) in the West of Johannesburg Soweto. He has also been involved in planting Tessera Victory Church in Sebokeng under the Pastoral care of Ps Ezekiel & Faith Dlamini. Rudolph has also completed his Bachelors in Theology from the South African Theological Seminary and is currently finishing up with his Bachelor of Theology Honours at the same institution. Rudolph has authored two books entitled “The truth about the light” as well as “Secrets of the Rabbi” due to be released through WestBow Press. Rudolph is also happily married to Candice for the last 5 years and has two Rottweiler’s Cody & Dub.

Rudi de Beer is ‘n gebore Pretorianer en is tans woonagtig in Kaapstad. Hy het sy voor- en nagraadse studies in ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria voltooi en werk sedertdien in die kernbedryf. Hy het ‘n voorliefde vir die wetenskap en ‘n onblusbare passie vir Christelike Apologetiek. Hy het ‘n gradueerde sertifikaat in Wetenskaplike Apologetiek by Reasons To Belief in die VSA met lof verwerf en is tans ook daar betrokke as ‘n vrywilliger werksaam in die apologetiek. Hier help hy skeptici en gelowiges wêreldwyd deur vrae te beantwoord, rubrieke te skryf asook om te help met opleiding. Rudi is ook besig met sy Meestersgraad in Christelike Apologetiek by Biola Universiteit in die VSA en hoop om dit in 2014 te voltooi. Rudi is passievol oor die waarheid en beywer hom om mense se harte en verstande daarmee te bedien.