Personeel

personeel

Udo Karsten is sedert 1997 in voltydse hoedanigheid by Christelike bediening betrokke. Sy fokuspunte vir bediening het sedertdien onder meer die volgende ingesluit: Vriendskap-evangelisasie op kibboetse in Israel (CSV-diensjaar), straat-evangelisasie in Hillbrow (NGK Johannesburg), die ontwikkeling en aanbieding van kursusse oor dissipelskap (MES) en die fasilitering van kleingroepe onder hawelose mense in die middestad van Johannesburg. Hy was ook vir betrokke by Athletes in Action, die sportbediening van Campus Crusade for Christ, en spesifiek by studente van die Universiteit van Johannesburg met evangelisasie en dissipelskap. Udo is sedert 2005 voltyds betrokke by die ontwikkeling en werk van AntWoord, ‘n bediening vir Christelike Apologetiek. Udo is getroud met Ilse, ‘n opvoedkundige sielkundige werksaam by die Universiteit van Johannesburg. Kontak vir Udo

André van Zyl het van 1991 tot 1997 aan die RAU gestudeer en later sy doktorale studie aan die Universiteit van Johannesburg voltooi. Hy is sedert 1995 by ‘n verskeidenheid onderwys instellings werksaam (laerskool, hoërskool, tegniese kolleges, technikons en onderwys in Engeland). Hy is huidiglik verbonde aan die Universiteit van Johannesburg. Onderwys is André se hoof bedieningsfokus, maar hy was en is steeds by verskillende bedienings van die kerk ingeskakel. Hy was betrokke by ‘n diensjaar in die NG-gemeente Johannesburg en terwyl hy vir twee jaar in Engeland woonagtig was, was hy ook spesifiek verantwoordelik vir opleiding van selgroepleiers in die SA-gemeente Londen. Hier het André in 2001 betrokke geraak by ‘n bediening vir Apologetiek. Hierdie bediening het kampe gehou, selgroepe besoek en kursusse aangebied om gelowiges toe te rus en om terselfdertyd ook die evangelie te verduidelik. Die totstandkoming van die AntWoord bediening is die vrug van ‘n soortgelyke bediening wat reeds sedert 2002 informeel in Gauteng bestaan. André is getroud met Marianne. Kontak vir André

Johan Erasmus verwerf ‘n honneurs in filosofie en ‘n meesters in teologie by die NWU Potchefstroom. Hy is betrokke by verskeie organisasies insluitend die Dialoog-gemeenskap, Real Talk en AntWoord. Sy spesifieke belangstelling is ‘n studie van die verhouding tussen geloof en kultuur. Johan is getroud met Loraine, ‘n dosent in die kunste by die Open Window Institute. Kontak vir Johan

Roedolf Botha is ‘n evangelis, kerkleier, kerkplanter en leraar wie se persoonlike lewensmissie dit is om die evangelisering van die wêreld te bevorder deur die kerk van Jesus Christus op te lei deur seminare, DVD materiaal, lering en kerkplanting. Hy glo die kerk moet ’n duidelike en intelligente stem kan bied in die kommunikasie van die evangelie van Jesus Christus op die markplein van die lewe. Roedolf het ‘n B.A, B.D. en ‘n Meesters graad verwerf aan die RAU, die Universiteit van Pretoria en UNISA onderskeidelik, en sy doktoraal in Nuwe Testament gedoen by die Universiteit van Nijmegen in Nederland onder Suid-Afrikaanse teoloog en skrywer Jan van der Watt. Nadat Roedolf leraar was by twee NG gemeentes vanaf 1993 to 2000, het hy ‘n onafhanklike missionêre plaaslike gemeente suksesvol geplant en laat groei vanaf vier individue in 2001 tot ’n gemeenskap van seshonderd in 2009. Hy het dit gedoen deur innoverende leierskap, praktiese Bybelse lering en passievolle evangelisasie. Roedolf is met Marié getroud en hulle het twee kinders, Ruben en Jessica. Kontak vir Roedolf. Sien ook: Dialoog

Lees meer (pdf) oor die lede van AntWoord (Kruispad-artikel).