Vergifnis en versoening: Wat verander?

(Hierdie artikel is deel 3 van 3. Deel 1 en deel 2)

“Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu.” Jesaja 1:18

In sy artikel, Watter vers het jou laat twyfel?, vra Apostaat: “Wat is dit wat verander wanneer God my sondes vergewe? Hoe lyk ‘n skarlaken mens anders as ‘n sneeu-wit een?”

Vir Apostaat is die toets vir wanneer God iemand sou vergewe het (m.a.w. as al ons sonde werklik skoongewas is), dat ons dan anders sal vóél. Maar Apostaat vóél steeds “skuldig, skaam en spyt” oor dinge wat hy gedoen het, en daarom is dit ʼn aanduiding dat die idee van God se vergifnis asook die ‘alomvattendheid’ daarvan, ʼn versinsel is.

Net ʼn oomblik se nadink oor wat die implikasie is om iemand anders se vergifnis te aanvaar, wys waar die probleem met laasgenoemde redenasie lê. Dis natuurlik waar dat jy niks kan verander aan die onreg wat jy iemand aangedoen het nie. Die punt is egter dat om daardie persoon se vergifnis te aanvaar is om te weet dat jy nou, juis ómdat jy vergewe is, nie meer oor gedane sake skuldig, skaam of spyt hoef te wees nie. Jy kan berou hê oor wat jy gedoen het, maar dis nie enige van jou gevoelens wat bepaal of jy vergewe is nie. As iemand jou vergewe, selfs al is daar steeds die pyn van herinnering by albei partye aanwesig, dan spreek hulle jou tog vry van jou skuldgevoelens, skaamte en spyt, juis omdat sulke gevoelens die herstel van ʼn verhouding verhinder. Die persoon wat vergewe moes hulself ook immers vryspreek van hul eie gevoelens van bitterheid, haat of wraak, want sulke gevoelens verhinder ware vergifnis en ‘n pad na versoening.

Om iemand se vergifnis te aanvaar, is dus om te wéét dat jy vergewe is, ten spyte van wat jy mag voel of nie voel nie. Trouens, om te wéét dat jy vergewe is, stel jou juis in staat om jou gevoelens te verander en in lyn te bring met hierdie feit.

God se vergifnis bring verandering mee wat dieper lê as gevoelens. Herroep weer die definisie van vergifnis: die besluit om die onreg wat iemand jou aangedoen het, nie teen hulle te hou nie ter wille van versoening. Die eerste ding wat God se vergifnis verander is die moontlikheid om met Hom versoen te word. Jou sonde teenoor Hom word nie teen jou gehou nie en daar is ʼn uitnodiging om met Hom versoen te word. Dan, as jy daardie vergifnis aanvaar, word die verandering geaktualiseer: voorheen was jy verlore in jou sonde (jy was rooi soos skarlaken) en van God geskei, maar nou, op grond van Jesus se dood as wegneem van jou sonde, het jy wit geword soos sneeu om in ʼn verhouding met God te staan. En soos wat jy in hierdie verhouding met God groei, ondergaan jy oor tyd verdere transformasie soos wat jy algaande aan die karakter van Christus gelykvormig word (Gal. 4:17, Rom. 8:29, 2 Kor. 3:18). Hiervolgens is die aanvaarding van God se vergifnis ʼn verandering van radikale proporsies!

Om te wéét dat God ons vergewe het, word dus nie getoets aan ons gevoelens (hetsy positief of negatief) nie, maar is geheel en al gegrond in wat God oor ons uitgespreek het op grond van Jesus se soendood. Ons wéét ons is vergewe weens die lewe, sterwe en opstanding van Jesus. As ons weet en aanvaar dat ons vergewe is, dan kan ons ook sonder voorbehoud die verhouding nastreef  wat God moontlik gemaak het (en so ‘n verhouding gaan gepaard met blydskap en dankbaarheid).

Iemand wat kla dat hulle nie vergewe vóél wanneer hulle inderdaad werklik vergewe is en genooi word om in ʼn verhouding herstel te word nie, verstaan dus eerstens die aard van vergifnis verkeerd.

Tweedens mag hierdie tipe beswaar, in die konteks van Gód se vergifnis, ʼn aanduiding wees dat iemand God se vergifnis nie wil aanvaar nie, dalk omdat hulle nie belangstel in ʼn verhouding met Hom nie. Dink byvoorbeeld aan die implisiete insinuasie wanneer iemand wonder of hy skarlakenrooi van sonde móét wees. So ʼn persoon sou onder twee kondisies kon ontken dat hy skarlakenrooi van sonde is: as God nie bestaan nie, of as hy ʼn sondelose lewe voor God lei. As iemand nog nooit gesondig het nie, dan het hulle per definisie ook nie teen ʼn Heilige God gesondig nie. Iemand wat nie teen God sondig nie, dalk omdat Hy nie regtig bestaan nie, het ook nie Goddelike vergifnis nodig nie. Vir hierdie redes sou die idee van die inkarnasie, kruisiging en opstanding van Jesus vir so ʼn persoon inderdaad heeltemal absurd wees.

Wie dink egter dat hulle sondeloos is? ʼn Mens kan seker nie die krag van selfmisleiding onderskat nie, maar as iemand tog dink dat hulle sondeloos is, dan moet hulle ook besef dat hulle nie werklik skuldig, skaam of spyt kan voel oor iets wat hulle ‘verkeerd’ gedoen het nie. Jou sondeloosheid veronderstel tog dat jy nooit iets ‘verkeerd’ kán doen nie. Wat ander mense as ‘sonde’ beskou, kan jy interpreteer as dit wat mense doen wanneer en omdat hulle nie van beter weet nie; hulle is bloot onkundig of mislei oor wat hulle bepaalde samelewing van hulle vereis ter wille van vrede en harmonie. Dis dalk ‘n misstap wat rehabilitasie nodig het omdat dit pyn en ongelukkigheid veroorsaak, maar nooit ʼn ‘onreg’, asof dit werklik objektiewe morele betekenis het nie. In die groter prentjie is daar dus nie objektief moreel iets daarmee verkeerd as jou gedrag en jou persoonlike voorkeure soms indruis teen wat op daardie oomblik vir ʼn bepaalde samelewing of bevolkingsgroep sosiaal aanvaarbaar of voordelig is nie. Waarom sou dit?

Die mees effektiewe manier om God op ʼn afstand te hou, is dus om bloot jou eie sonde en per implikasie die behoefte of noodsaaklikheid aan God se vergifnis, te ontken. So ʼn ontkenning veronderstel aktiewe weerstand teen God as Hy werklik bestaan en juis ten doel het om mense wat hom nie ken nie, van hulle sonde bewus te maak (Joh. 16:8). Iemand wat sulke ontkenning uitspreek (soos met ‘n eufemistiese, “Móét ek skarlaken wees?”), kan daarom nie werklik sê dat hulle God gesoek maar nie gevind het nie. Om God te vind is om diep bewus te raak van wat sonde is, van jou eie sonde en van wat die oplossing daarvoor is. Jy kan die oplossing verwerp, maar dan is dit nie omdat jy nie gevind het nie, maar omdat jy verwerp wat God wil hê jy moes vind. Net soos ʼn persoon (of Persoon) wat vergifnis aanbied, niemand kan dwing om hul vergifnis te aanvaar nie, net so kan God nie veel daaraan doen as iemand nie wil vind wat Hy het om te bied vir dié wat werklik na Hom soek nie.

Because of the cross the depravity of sin and its awful consequences are most clearly seen: death, destruction, anguish. Because of the cross the purity of divine holiness becomes evident: in the face of it, sin must and will go extinct. Because of the cross we are confronted with the depth of God’s love. To forgive may seem easy, but to invite a relationship even when someone has willfully rejected you – that is to sacrifice the self for the sake of love. Yes, most of all the cross is about sacrifice, the sacrifice God makes for the sake of a relationship, to reconcile us to Him. At the cross God’s character is revealed – his mercy, forgiveness, holiness, righteousness. But it is the self-sacrificial nature of his love demonstrated through his suffering on the cross that captures our deepest being. In the cross the grace of God shines as an orientating beacon in our lostness. Whatever you want to say about the cross – it’s clearly not arbitrary. Yes, the cross is foolishness to some and a stumbling block to others (1 Corinthians 1:23-24). But this says more about deceitful hearts (Jer. 17:9-10) and the lost condition (1 Corinthians 1:18), than about the true value and meaning of the cross.

1 Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.