
Hi Udo,
Wat is jou siening aangaande die wegraping? Jan du Rand in die A-Z van Openbaring skryf dat dit ‘n vals voorstelling is (p. 567) Dr’s Zoon Sevenster & Raymond Lombaard is weer oortuig dat die wegraping ‘n gegewe is. Luk.21.36 word o.a. aangehaal as bewys van ‘n wegraping. As ons weggeraap word en net “sondaars” oorbly hoekom sal die dier van Openbaring 13.11-18 doen wat hy doen?
Groete
Winkelsmidt
Hallo Winkelsmidt
Die gebeure rondom die eindtye is ‘n area waarin daar baie verskillende opinies onder Christene bestaan. Die belangrikste vir my is dat die Bybel leer dat ons wel ‘n wederkoms (met die gepaardgaande einde van ‘n aardse bestaan soos ons dit vandag ken) te wagte kan wees. Om die detail van die gebeure rondom die wederkoms vir jou jouself uit te klaar, kan betekenisvol wees, maar ek beskou nie sulke details as ‘n kwessie waaroor ek persoonlik regtig in ‘n redenasie met ander Christene betrokke wil raak nie. Ek dink daar is opregte, Bybelgetroue Christene wat tot verskillende gevolgtrekkings hieroor gekom het. Dit beteken nie dat almal reg kan wees waar hulle mekaar weerspreek nie, maar dit beteken wel dat ons die kompleksiteit in ag moet neem wanneer ons self met hierdie saak worstel.
Sterkte met jou eie soeke hieroor!
Beste groete
Udo
Leave a Reply