Oor die interpretasie van Genesis 1

Beste Udo,

N.a.v. ʼn praatjie van John Lennox het ek die volgende boodskap gelos: 

Referring in general to a few topics discussed on the web site: Fact 1- The Big Bang occurred 13.82 billion years ago. Fact 2 – The Earth formed as part of the birth of the Solar System approx 4.5 billion years ago. It was composed of hydrogen and helium produced in the Big Bang, as well as heavier elements ejected by supernovas. As this interstellar dust is inhomogeneous, any asymmetry during gravitational accretion results in the angular momentum of the eventual planet(s). The current rotation period of the Earth is the result of this initial rotation and other factors, including tidal friction. The earth has thus been rotating at the same speed for roughly 4.5 billion years. There could therefore be little doubt as to the length of the days described in Genesis as it specifically referred to light and darkness. Genesis therefore claimed that the Earth was created in 7 actual days. That is not true. Fact 3 – According to the Ussher-Lightfoot Calendar and other similar calculations (incl Johannes Kepler, Sir Isaac Newton) the age of earth based on the Bible’s chronology would be roughly 6,000 years (4,000 BC). Compare that with the proven scientific age of ± 4.5 billion years. If Genesis is to be believed, it would imply that Adam & Eve would also be dated back to ±4,000 BC. The oldest remains of Homo Sapiens were found in Ethiopia and were found to be 160,000 years old though. DNA evidence suggests the presence of- and inter-breeding between Homo Sapiens and Neanderthals in the Middle East 60,000 to 80,000 years ago. The earliest signs of cultural civilizations date back to 12,000 BC. In fact, if Adam & Eve indeed lived in 4,000 BC, the wheel would have been invented already (5,000 BC) and there would have been a number of advanced civilizations in the region. Would that not put the accuracy of the Bible in doubt? What are your thoughts on evolutionary creation as an alternative? God who designed and who gave the energy which started it all; it (the energy) is everlasting in a close system (our universe), it just changes forms; matter = embodied energy; living things are living matter, i.e. embodied energy, which returns to its state of energy when the “matter” ceases to exist. Conscience, soul, spirit = a state of energy which cannot end; its physics.   

Jou kommentaar?

Groetnis

Winkelsmidt

 

Beste Winkelsmidt

Jy skryf:

“Referring in general to a few topics discussed on the web site: Fact 1- The Big Bang occurred 13.82 billion years ago. Fact 2 – The Earth formed as part of the birth of the Solar System approx 4.5 billion years ago. It was composed of hydrogen and helium produced in the Big Bang, as well as heavier elements ejected by supernovas. As this interstellar dust is inhomogeneous, any asymmetry during gravitational accretion results in the angular momentum of the eventual planet(s). The current rotation period of the Earth is the result of this initial rotation and other factors, including tidal friction. The earth has thus been rotating at the same speed for roughly 4.5 billion years. There could therefore be little doubt as to the length of the days described in Genesis as it specifically referred to light and darkness. Genesis therefore claimed that the Earth was created in 7 actual days. That is not true.”

Ek weet nie of jy dink dr. Lennox verskil met jou oor die ouderdom van die heelal of die ouderdom van die aarde nie – of waarom noem jy hierdie twee feite?

Terloops, dis bloot goeie etiket om jou bronne te kwoteer, want dit kan maklik lyk asof dit jou eie woorde is,soos dit ongelukkig lyk. En dan moet ‘n mens liefs ook nie aan aanhalings peuter nie, soos dit ongelukkig lyk jy gedoen het – tensy jy natuurlik self die skrywer was van die volgende op Wikipedia: “The Earth formed as part of the birth of the Solar System: what eventually became the solar system initially existed as a large, rotating cloud of dust, rocks, and gas. It was composed of hydrogen and helium produced in the Big Bang, as well as heavier elements ejected by supernovas. As this interstellar dust is inhomogeneous, any asymmetry during gravitational accretion results in the angular momentum of the eventual planet.[23] The current rotation period of the Earth is the result of this initial rotation and other factors, including tidal friction and the hypothetical impact of Theia.”

Jy skryf:

“Fact 3 – According to the Ussher-Lightfoot Calendar and other similar calculations (incl Johannes Kepler, Sir Isaac Newton) the age of earth based on the Bible’s chronology would be roughly 6,000 years (4,000 BC). Compare that with the proven scientific age of ± 4.5 billion years. If Genesis is to be believed, it would imply that Adam & Eve would also be dated back to ±4,000 BC. The oldest remains of Homo Sapiens were found in Ethiopia and were found to be 160,000 years old though. DNA evidence suggests the presence of- and inter-breeding between Homo Sapiens and Neanderthals in the Middle East 60,000 to 80,000 years ago. The earliest signs of cultural civilizations date back to 12,000 BC. In fact, if Adam & Eve indeed lived in 4,000 BC, the wheel would have been invented already (5,000 BC) and there would have been a number of advanced civilizations in the region. Would that not put the accuracy of the Bible in doubt? What are your thoughts on evolutionary creation as an alternative? God who designed and who gave the energy which started it all; it (the energy) is everlasting in a close system (our universe), it just changes forms; matter = embodied energy; living things are living matter, i.e. embodied energy, which returns to its state of energy when the “matter” ceases to exist. Conscience, soul, spirit = a state of energy which cannot end; its physics.”  

Siende dat die skrywer van Genesis 1 nie probeer het om wetenskaplike teorieë op te stel nie (sy skrywe het teologiese doelstellings), is ek onder geen verpligting om die ouderdom van die aarde soos Ussher, Lightfoot, Kepler, Newton of wie ook al anders op 6,000 jaar te bereken nie. Die verwysing na “aand en more” in die teks dui op ‘n stylfiguur wat die planmatigheid, orde en onderskeid in God se skepping beklemtoon. Die skep van lig op die eerste dag om lig en duisternis van mekaar te skei, het ‘n ander doel in die verhaal as om as bewys te dien vir ses letterlike opeenvolgende 24 uur periodes, aangesien die son eers op dag vier geskep is om tussen dag en nag te onderskei. Al hierdie dinge dui daarop dat die doel van die skeppingsverhaal op meer dui as ‘n poging om geologiese geskiedenis te bepaal. Daar is natuurlik baie Christene wat die skeppingsverhaal in Genesis interpreteer as ses letterlike dae, maar ek is geensins oortuig dat dit die beste en mees verantwoordelike verstaan van die teks is nie.

Oor verskeie perspektiewe op wie Adam en Eva sou kon wees en hul moontlike verhouding met ander hominide, sal ek jou hieronder na relevante literatuur verwys. Daar is baie Christene wat dink dat evolutionary creation nie onversoenbaar is met hoe God geskep het nie. Ek weet egter dat iemand soos dr. Lennox dink dat evolusionistiese naturalisme (m.a.w. die idee dat daar geen God vir die skeppingspotensiaal in die evolusieproses verantwoordelik is of nodig is nie) nie ‘n volle of sinvolle verduideliking vir baie aspekte van ons heelal bied of kan bied nie. Dinge soos die transformasie van lewelose materie na die eenvoudigste vorm van lewe (‘energie’ is nie summier gelyk aan ‘lewe’ nie), die aard en ontstaan van DNA inligting, die ontwikkeling van menslike selfbewussyn, ens., sou voorbeelde hiervan wees.

Hier is ‘n paar bronne wat jy oor hierdie onderwerp kan naslaan vir verdere ondersoek:

Jy is ook welkom om na die volgende artikels op ons webwerf te kyk:

Groete

Udo

 

Udo,

Eerstens, dankie vir jou advies oor wat die korrekte etiket is wanneer bronne aangehaal word. Let asb. daarop dat dit weens beperkte spasie was en dat ek iets wat redelik tegnies wetenskaplik van aard was, in Engels moes oordra. Die intensie was nie om iemand te probeer beïndruk met my wetenskaplike kennis nie. Die Wikipedia bron is “open source” informasie en is wel bekend. Deur die beperkte spasie te gebruik om hetsy die totaliteit van die bron aan te haal of om so bekende bron te noem, sou tog nie waarde toevoeg tot die argument nie. Dit dan wat die betrokke aspek aanbetref.

Terwyl ek op Dr. Lennox se webblad was het ek so vinnig rondgekyk watter ander onderwerpe ook hanteer word en uit die aard van die saak het hierdie kontensieuse argument oor die skepping my aandag getrek. Ek kon egter nie mooi bepaal wat Dr. Lennox se standpunt daaroor is nie. Ek wou ook nie ‘n boek koop oor ‘n onderwerp wat al so vreeslik holrug gery was dat ek eenvoudig nie nog ‘n variasie op die tema van “dis hoe Genesis se skeppingsverhaal versoen kan word met wetenskaplike data daaroor nie”. Ek het dus bloot gepoog om te probeer vasstel of ons op dieselfde bladsy is oor die betrokke onderwerp, m.a.w. gegewe die feit dat hy klaarblyklik ‘n gerespekteerde wetenskaplike is, wou ek net vasstel of hy enige van die voorhandliggende wetenskaplike feite daaroor betwis. Daarom die 3 feite en die afleidings wat daarmee gepaard gaan. Ek het ‘n spreekwoordelike klip in die bos gegooi om te kyk hoe hy daarop sou reageer. Jy het intussen vir my genoegsame terugvoer daaroor gegee om te staaf dat beide Dr. Lennox asook jyself egter nie heeltemal met my sogenaamde feite, of my interpretasie daarvan saamstem nie. Ek reageer graag as volg:

Ek is bevrees dat jy nie die Bybelse skeppingsverhaal kan afmaak as blote teologie wat nooit bedoel was om wetenskaplik van aard te wees nie. As dit die geval was, sou die skrywers van Genesis volstaan het met ‘n baie kort, ongedetaileerde weergawe wat in ‘n breë konteks bloot sê dat God die uitspansel, die Aarde en alles wat daarop is geskape het. Die skeppingsverhaal is egter baie spesifiek en verduidelik presies hoe elke dag se skepping gebeur het. Ons kan tot vervelens die teks gaan probeer manipuleer en ander betekenisse daarin probeer sien en motiveer, maar ek het nog nie een logiese, intellektuele verduideliking daaroor gelees of gehoor oor waaroor die Genesis skrywers dit totaal verkeerd weergegee het nie. Erken dan eerder dat daardie betrokke deel van die Bybel verkeerd was en dat (ten minste) daardie betrokke deel dus nie die Woord van God kon wees nie.

Iemand soos Gideon Joubert verduidelik God se instruksie dat daar lig moes wees aan die hand van die vroeë heelal, relatief kort na die Oerknal, toe al die gaswolke weens die kernreaksie daarin begin ontplof het, toe die eerste sonne aan die brand geslaan het. Dit moes ‘n ongelooflike vuurwerkvertoning wees gegewe die feit dat alles, maar alles tot op daardie stadium nog pikdonker was. Probleem met so ‘n interpretasie daarvan is natuurlik dat dit miljarde jare voor die ontstaan van die Aarde plaasgevind het. Dit kon moontlik ons sonnestelsel se oersonmoeder wees wat dalk een van daardie eerste konstellasies was wat begin brand het, ek weet nie. Maar dit was miljarde jare verwyderd van ons sonnestelsel se uiteindelike geboorte ongeveer 4.5 miljard jaar gelede. Die verwysing na die Aarde in dieselfde gedeelte van Genesis moet dus impliseer dat dit ‘n verwysing was na ‘n ander gebeurtenis. As jy verder kyk na die manier hoe die skrywers klem lê op die feit dat dit lig was, toe donker, more toe aand, met gereelde intervalle aan die einde van dag een, dag twee, ens, kan daar moeilik ‘n ander betekenis as die letterlike wenteling van die Aarde om die son wees – behalwe as jy natuurlik iets anders daarin wil lees in welke geval jy doodeenvoudig enige betekenis daaraan kan toeskryf. Moet dit dan egter nie logies of wetenskaplik probeer verduidelik nie. Nog ‘n bevestiging daarvan dat dit (die lig) verwys het na die son, is die derde dag se skepping waar die Aarde kwansuis toegegroei sou word met (spesifiek) groen plante. Groen plante impliseer fotosintese en dit impliseer dat daar ‘n son moes wees. Jy dring aan daarop dat die son en die maan en die sterre eers op die vierde dag geskape was (aldus Genesis), maar dit kan eenvoudig nie waar wees nie. Daar is sonnestelsels in die Melkweg wat veel ouer is as ons s’n. Ons s’n lê twee-derdes aan die buitekant op een van die spirale van die Melkweg. Daar is eenvoudig geen manier hoe ons sonnestelsel die eerste een in die Melkweg sou wees nie. En ek verwys daarna bloot omrede ek die afleiding maak dat Genesis moontlik net na sigbare sterre kon verwys – aangesien daar op daardie stadium reeds biljoene ander sonne in die res van die heelal sou wees.

Watter deel van die Ussher-Lightfoot Kalender en/of soortgelyke berekeninge deur Johannes Kepler en Isaac Newton het jy mee ‘n probleem? Die feit dat die Aarde se ouderdom of Adam en Eva se ouderdom op slegs ±6,000 jaar oud bereken was, of beide? Die resultate van die drie se individuele berekeninge is slegs ‘n verstommende 12 jaar uitmekaar. Die Bybel se eie geslagsregister was saam met verskeie historiese gebeure wat in die Bybelse tyd afgespeel het en waarna die Bybel verwys, in aanmerking geneem. As jy nie daarmee saamstem nie, skiet jy per implikasie die akkuraatheid van die Bybel af. So wie of wat was reg en wie of wat was verkeerd? As jy bv oorweging sou gee aan die Genesis vertelling van Adam se seun, Kain, wie vir sy seun Henog ‘n stad gebou het, sou mens die afleiding moet maak dat daar reeds baie ander mense was ten tyde hiervan. Wie sou Henog se ma wees? En ‘n stad..? As Adam en Eva werklik die eerste mense was, sou dit tog nie al in die derde generasie nodig wees om ‘n stad te bou nie. My afleiding is dus dood eenvoudig dat Adam en Eva nie die eerste mense was nie. Wetenskaplike data oor die oorsprong van Homo Sapiens uit Afrika bevestig dit (oudste oorskot = 160,000 jaar oud uit Etiopië). Lees gerus ook hierdie bron vir ‘n breedvoerige verduideliking oor die verskeie migrasie teorieë: https://en.wikipedia.org/wiki/Human_evolution#Human_dispersal. Verskeie veel ouer hominide oorskotte en DNA data maak ‘n baie, baie sterk saak vir ‘n patroon van evolusie wat sy oorsprong het uit die spesie “homo”, wat groot ape was wat ongeveer 2.4 miljoen jaar gelede geleef het (http://en.wikipedia.org/wiki/Homo).

Groete

Winkelsmidt

 

Hallo Winkelsmidt

Jy skryf:

Ek is bevrees dat jy nie die Bybelse skeppingsverhaal kan afmaak as blote teologie wat nooit bedoel was om wetenskaplik van aard te wees nie. As dit die geval was, sou die skrywers van Genesis volstaan het met ‘n baie kort, ongedetaileerde weergawe wat in ‘n breë konteks bloot sê dat God die uitspansel, die Aarde en alles wat daarop is geskape het.

Dit is vir my baie interessant dat jy voorgee om te weet wat en hoe die skrywers van die skeppingsverhaal sou geskryf het as hulle doel was om slegs teologies te skryf. Hoe op dees aarde kan jy dit doen?!!! Kan jy nie die arrogansie van so ‘n aanspraak sien nie? Jy het in elk geval absoluut geen bewyse dat Genesis 1 bedoel is om wetenskaplik van aard te wees nie, inteendeel, so ‘n aantyging maak glad nie sin gegewe die konteks waarin dit tot stand gekom het nie.

Eerstens is daar geen ander voorbeeld in die res van die Bybel wat poog om ‘n soortgelyke breedvoerige wetenskaplike verduideliking oor enigiets te gee nie. Tweedens is daar geen dwingende rede vir waarom die skrywer juis ‘n wetenskaplike verduideliking sou wou gee eerder as om teologiese beklemtonings te maak met al die gepaardgaande details nie. Derdens is daar geen aanduiding dat die idee van ‘n wetenskaplike verduideliking eers naastenby deel gevorm het van die kulturele verwysingsraamwerk van die skrywer nie. Dis omdat ons ons 21-eeuse wetenskaplike paradigma in retrospeksie op ‘n teks soos Genesis 1 projekteer dat ons allerlei gedetailleerde wetenskaplike afleidings daaruit wil maak. Ons kan dalk so doen (en daar is allerlei pogings wat die rondte doen), maar mis ons nie dan die eintlike punt van wat die skrywer in ‘n voorwetenskaplike en antieke kultuur in ‘n baie spesifieke teologiese konteks, probeer maak het nie? Jy maak hierdie verduideliking bloot af as ‘n poging om die teks te “probeer manipuleer en ander betekenisse daarin te probeer sien”. Ek dink weer dis juis omdat JY dinge in die verhaal sien wat dit nooit bedoel het om te wees nie, dat jy oortuig is dat “die Genesis skrywers dit totaal verkeerd weergegee het” of “dat daardie betrokke deel van die Bybel verkeerd was”. Jy is vasgevang in jou Modern-Westerse vooroordele sodat jy nie in staat is om enige “logiese, intellektuele verduideliking” te hoor wat sin maak van die konteks waarin die skeppingsverhaal geskryf is nie. En daarom dat jy waarskynlik ook maar altyd gaan skepties bly oor enige hantering van die onderwerp. Maar ek het reeds vir jou die relevante verwysings gestuur as jy dalk sou belangstel.

Groete

Udo

 

Udo,

Oor of die Genesis skeppingsverhaal teologiese of wetenskaplike ondertone het – jou argumente is nie baie oortuigend nie. Verder vermy jy die kern van die aangeleentheid. Die skeppingsverhaal is “flawed”, net so is die hele Eden episode. As dit (of enige van my ander kritiek) enigsins oortuigend in enige van jou ander bronne verduidelik word, sal ek die moeite doen om, nadat ek dit gelees het, terug te kom na jou toe en hieroor te bieg. 

Winkelsmidt

1 Comment

  1. Geagte Winkelsmit, ongelukkig moet ek jou inlig dat jou teorie nie oortuigend is nie, en het ek maar uit ondervinding geleer om altyd versigtig te wees vir mense wat ander so graag met meerdere kennis wil inlig.Ons weet egter dat die redding wat Christus vir ons bewerk her, nie berus op kennis nie, (soos die Woord ons ook waarsku), maar geloof in die reddende krag van geloof in Hom.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.