Duiwelbesetenheid

Udo,

Is dit nie so dat met ons kennis van vandag eintlik besef dat wat mense destyds aan duiwelbesetenheid toegeskryf het, eintlik heel verklaarbare mediese toestande is soos epilepsie, skisofrenie, ens. nie?  Selfs vandag nog glo mense depressie en epilepsie en talle sielkundige verskynsels is direk van die bose en dat duiwels of bose geeste uit so ‘n persoon gedryf moet word.

Groete

Winkelsmidt

 

Hallo Winkelsmidt

Ek dink daar is twee uiterstes om te vermy: ons moenie vandag se medies verklaarbare siektetoestande (soos bv. depressie, epilepsie en skisofrenie) aan duiwelbesetenheid toeskryf nie (en ja, dit gebeur gans te maklik in sommige kringe). Maar terselfdertyd moet ons nie die idee van duiwelbesetenheid reduseer tot maar net ʼn biologiese of sielkundige toestand nie, selfs al sou sommige van die simptome van duiwelbesetenheid met ʼn biologiese of psigiese siekteoorsprong korreleer.

Ek dink dat skeptici doodgewoon die moontlikheid van iets soos duiwelbesetenheid ontken. Hierdie selfde skeptici gaan tog ook al die ander bonatuurlike insidente rondom Jesus ontken. Om egter te ontken dat iets soos duiwelbesetenheid gebeur het of enigsins moontlik is, word dikwels onderlê deur allerlei naturalistiese aannames oor die aard van werklikheid waarin ons leef (m.a.w. daar is geen bonatuurlike bestaansrealiteit nie), maar waardeur ʼn Christen met ʼn teïstiese wêreldbeeld (m.a.w. God bestaan en alles kan nie maar net tot die fisiese realiteit gereduseer word nie) nie summier geïntimideer hoef te word nie.

Groete

Udo

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.