Is God nie maar net ‘n alien nie?

Hallo Udo

My soeke na ‘n aanvaarbare vertrekplatform, geestelik-spiritueel gesproke, het my genoop om wyd te lees, dikwels sekulêre werke en dikwels bundels wat Jesus afskryf as versinsel en wensdenkery (The Jesus family tomb, The Jesus mysteries). Ek persoonlik het alles wat ek weet [of dink ek weet] van die “heilige” geskrifte onder die loep geneem en dié toe aan verskeie modelle getoets. My siening lê iewers tussen Sitchin (The 12th planet, Genesis revisited, The 5 earth chronicles), Tellinger (The slave species of god) en Sumar (as beskawingsbeginpunt).  Alhoewel ek nie die Genesis-vehaal onverskillig verwerp nie, weet ek dat baie kleitablette en ander vorme van rekordering, dieselfde storie vertel.

Die mees aanvaarbaarste weergawe is egter wat die Sumeriane opgeteken en in detail  vasgelê het. Ek is nie ‘n Hollywood ET aanhanger nie, maar wel ‘n dissipel van UFO betrokkenheid en glo vas aan Nibiru, die Annunaki, An, Enki en Anlil ensomeer.  Wat verder duidelik [nie Hollywood ET versinsels nie] uitstip hoe hemelse wesens hulle besoek het en met inseminasie na hoër vlakke van bewustheid geneem het en tegnologie agtergelaat het? Hoe is dit dan dat die Rooi Indiane, die Incas en die Mayas en vele ander versplinterings almal Ruimte wesens in hulle rotskuns vasgevang het? Is God dan nie maar net ‘n lid van ‘n hoër ontwikkelde spesie nie? Die Bybel self is vol van verwysings na gode en nie God nie (Ezekiel, …and the heavens opened and the spirit of God descended like a dove …’ Jesus vaar op en sal weer so terugkeer : dink hier aan Startrek en ‘beam me up Scotty!’ , God wat afkoel deur in die koel van die aandwindjie in die Eden-tuin gaan wandel het en Adam en Eva geroep het, Jesus wat verklaar ‘ek is nie van hier nie en ek gaan na my vader toe …’ en ‘n rits ander uitsprake en sketse.

Groete

Winkelsmidt

 

Hallo Winkelsmidt

Dit sal verbasend wees as enige professionele historikus, wetenskaplike of geleerde in antieke geskrifte erns maak met iemand soos Zecharia Sitchin se aansprake (sien Wikipedia asook Skeptic’s Dictionary).

Sien ook Michael Heiser (iemand wat, anders as Sitchin, gekwalifiseerd is om oor die Antieke Oosterse tale, kulture en godsdienste te praat) se kritiek en kommentaar op Sitchen se aansprake:

Groete

Udo

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.