Is die Drie-Eenheid ‘n produk van politieke druk?

Hallo Udo

Is dit nie so dat die Drie-Enigheid van God tot stand gekom het na ‘n uiters politieke gedrewe proses tydens die Sinode van Nicaea nie? Lees gerus http://en.wikipedia.org/wiki/First_Council_of_Nicaea en veral die dele http://en.wikipedia.org/wiki/First_Council_of_Nicaea#Arian_controversy en dit wat daaruit voortgevloei het, http://en.wikipedia.org/wiki/First_Council_of_Nicaea#The_Nicene_Creed.

Groete

Winkelsmidt

 

Hallo Winkelsmidt

Baie mense, veral iemand soos Dan Brown in sy The Da Vinci Code, maar ook ander populêre skrywers, laat dit dikwels klink asof die besluite wat by die vierde eeuse sinodes geneem is geen historiese opbou of agtergrond gehad het nie. So asof die besluite oor wie Jesus was of hoe God se natuur verstaan moet word, sommer so op die plek opgemaak is onder die druk van politieke motiverings. Ek ontken glad nie dat daar ook politiek betrokke was nie, maar die vroeë kerk het sedert die vroegste tye van haar ontstaan met hierdie vrae begin worstel – nie omdat hulle niks beter gehad het om te doen nie, maar omdat ‘n bestudering van die Nuwe Testamentiese geskrifte self hulle daartoe gedwing het. (Sien byvoorbeeld die volgende artikels: What Really Happened at Nicea? en The Nicene Council, what was it really about? asook die volgende video)

Terloops, dit is die Goddelikheid van Jesus en nie spesifiek die Drie-Eenheid nie, wat onder bespreking was by die Sinode van Nicea (soos aangedui in die Wikipedia artikel waarna jy verwys) hoewel dit natuurlik direk betrekking het op ‘n verstaan van die Drie-Eenheid. Oor Jesus se Goddelikheid later meer, maar jy kan die volgende verwysings ondersoek oor die Drie-Eenheid.

Hier is ‘n kort uiteensetting van wat met die term ‘Drie-eenheid’ bedoel word.

The Council of Nicea and the Doctrine of the Trinity (‘n Kort, toeganklike artikel)

Twee artikels wat aspekte rondom die Drie-eenheid meer breedvoerig bespreek:

Dr. William Lane Craig se bespreking van die ‘Doctrine of the Trinity’ is baie toeganklik en insiggewend:

Dan is daar ook ‘n paar besware teen die Drie-eenheid wat aandag verdien:

Twee meer tegniese/akademiese besprekings van die Drie-eenheid:

  • A Formulation and Defense of the Doctrine of the Trinity (Dr. William Lane Craig)
  • Die Stanford Encyclopedia of Philosophy het ‘n goeie filosofiese uiteensetting van die konsep van die Drie-eenheid vanuit verskillende perspektiewe en kan hier gevind word. Dit mag egter nie toeganklik wees vir iemand wat nie ‘n redelike filosofiese agtergrond het nie.

Groete

Udo

8 Comments

  1. Udo. Wat die oorsprong en motivering vir die daarstel van die dogma aangaande God Drie-Enig betref, het ek hierdie paragraaf op bladsy 115 van prof. David JP Haasbroek se insiggewende, “The Mythological and Political Origigins of Christianity”, raakgelees:

    “Since the Trinitarian idea is not contained in the teaching of Jesus and his apostles, the origins of this concept must be traced to paganism. Man was still in his semi-savage existence when he thought of the Trinity of Heaven, Earth, and the fruit of their union – Man. This magic symbol is one of the oldest formulae which is already discernible in the epic of Gilgamesh and the Sumerian flood. From then on a masculine trinity evolved: Anu the god is Father; Ea is the god of the Son, and Enlil the god the Holy Ghost. In Syria the god Shamash was the supreme god. The god Tammuz was the son and shepherd, and Ishtar the goddess of love, corresponding to the Holy Ghost. In India there was according to the Hindu religion three gods: Brahma, Vishnu and Shiva. They formed a masculine trinity. The marriage of Rama, an incarnation of Vishnu, with Sita was regarded as the marriage of God on earth. In Persia one found Ahura-Mazda who was a sungod and the creator. Anahita was the goddess of love, and Mithras was their son and god of truth. Spenta Manyn was the holy spirit of God. In Egypt the god Osiris was the father. The virgin Isis was his wife and Horus his son. From these examples it is clear that a Trinitarian tradition had existed in several heathen religions long before Christianity and Tertullian. The Jews had no Trinitarian tradition.”

  2. My kommentaar is verwyder. Hoekom? Omdat ek van julle “eksegetiese metodes” soos die hermeneutiek as bedrog bestempel? Maar dit is mos. Ek het baie jare gelede al verskeie boeke gelees wat voporgee dat dit op hierdie metodes bewrus – en die enigste afleiding was dat dit grotendeels op ‘n bedrogspul afkom. Dis nie ‘n teologiese of godsdienstige “wetenskap” nien – dis ‘n klomp duimsuiery – wat julle aan oningeligtes verkoop as goddelik geinspireerd – of so iets.

    Maar as julle aangevat word, word kommentaar verwyder. Julle hoort nie op openbare webblaaie toegelaat te word nie.

    En jy skuld my nog antwoorde oor waar in die Bybel die “siel” in die mens geplaas is, en oor waar in die Bybel die drie-enigheid duidelik en on omwonde so uitgespel word.

    • Hallo Thys

      Lees ‘n mens op die gemiddelde webwerf/blog/facebook se kommentaar gedeeltes (nie net oor godsdienssake nie), dan sien ‘n mens dikwels ‘n baie lae vlak van kommunikasie. Baie mense het geen idee hoe konstruktiewe kritiek of gesprekvoering lyk nie.

      Jy is een van daardie mense. (Jou verwysing na hoe jy ons “aanvat” is sprekend). Dis hoekom ek vir die lesers na jou voorlaaste kommentaar gevra het: Klink Thys vir enigiemand na die soort rasionele oopkop persoon waarmee ʼn mens sinvolle interaksie kan hê?

      So, eerder as om ander mense ook in die banaliteit van jou verdagmaking (“bedrog”) en jou beledings (“duimsuigery”) in te trek, sal GEEN van jou kommentaar meer geplaas word nie. Dis ongelukkig JY wat nie op openbare forums toegelaat moet word nie.

      Ek is nie ‘n onredelike mens nie, so as jy kan wys dat jy soos ‘n volwassene kan gesels, dan sal ek my besluit heroorweeg.

      Groetnis
      Udo

      NS: Gaan kyk waar jy die kwessie van die siel aangeraak het, daar is lankal daarop gereageer.

  3. Udo. Dis opvallend dat geeneen van prof. Haasbroek se stellings aangaande voor-Christelike gode soos o.a. Horus, Anu en Tammuz, in jou artikel waarna jy verwys het, weerlê word nie. In elk geval adresseer jou artikel bespiegelings oor die “historiese Jesus” en nié die Drie-Eenheid nie. Ontken jy bv. dat die Hindoes óók in ʼn Drie-Eenheid nl. Brahma, Wisjnoe en Sjiwa, geglo het of dat Ahura Mazda ʼn songod en skepper was? Prof. Haasbroek het bloot die feit belig dat ʼn Trinitariese tradisie onder die heidene bestaan het nog lank vóór die Christene hulle dogmas geformuleer het.

    Soortgelyk aan Thys, wag ek ook nog steeds in spanning oor presies waar in die Bybel die idee omtrent God Drie-Enig duidelik en onomwonde uitgespel word.

    • Jaco, net soos Thys, stel ook jy nie belang om die verwysings wat ek in my artikels gee, te gaan naslaan nie. As jy die moeite doen, dan sal jy sien dat al jou opmerkings oor Horus, Anu, Tammuz, die sg. drie-eenheid van Hindoeïsme en vele meer, daarin aandag kry.

      Dit lyk of jy effens verward is. Die artikel Jesus: One of Many Myths? gaan oor die beweerde ooreenkomste wat Jesus sou hê met die gode van antieke heidense mitologie. As deel van ʼn antwoord hierop is daar ook vyf verwysings na artikels oor die historiese Jesus omdat Jesus in ʼn historiese konteks hoort wat hemelsbreed verskil van die mitologiese godefigure.

      My artikel Is die Drie-Eenheid ‘n produk van politieke druk? is inderdaad bedoel om na artikels oor die Drie-Eenheid te verwys. As jy mooi lees was die aanvanklike vraag oor Drie-eenheid en die sinode van Nicea. Ek het begin deur te verduidelik wat by Nicea gebeur het en toe die volgende geskryf: “Terloops, dit is die Goddelikheid van Jesus en nie spesifiek die Drie-Eenheid nie, wat onder bespreking was by die Sinode van Nicea (soos aangedui in die Wikipedia artikel waarna jy verwys) hoewel dit natuurlik direk betrekking het op ‘n verstaan van die Drie-Eenheid. Oor Jesus se Goddelikheid later meer, maar jy kan die volgende verwysings ondersoek oor die Drie-Eenheid.

  4. Udo. Die Drie-Eenheid van die heidene het miskien “aandag gekry” in sekere van die artikels waarna jy verwys het, maar die eintlike punt wat ek gemaak het en wat jy geïgnoreer het is dat geeneen van daardie artikels die geldigheid van enige van prof. Haasbroek se stellings weerlê het nie!

    Jou stelling dat “die historiese Jesus … in ʼn historiese konteks hoort wat hemelsbreed verskil van die mitologiese godefigure”, het jy klaarblyklik uit jou duim gesuig. Ek dink Thys sal in verband hiermee met my saamstem.

    Is jy bewus daarvan dat hierdie stelling deel is van ʼn latere weergawe van die Niceense Geloofsbelydenis wat inderdaad “direk betrekking het op ʼn verstaan van die Drie-Eenheid”:

    “[Ons glo] in die Heilige Gees, die Here en die Skenker van die lewe, wat van die Vader [en die Seun] uitgaan, wat met die Vader en die Seun saam aanbid en saam verheerlik word.”

    En terloops, dit was “Winkelsmidt” wat aanvanklik na die artikel oor die Niceense Geloofsbelydenis verwys het – nie ek nie! Prof. Haasbroek het ook nie in die aangehaalde paragraaf na die Niceense Geloofsbelydenis verwys nie.

    • Jaco, jy skryf:

      Udo. Die Drie-Eenheid van die heidene het miskien “aandag gekry” in sekere van die artikels waarna jy verwys het, maar die eintlike punt wat ek gemaak het en wat jy geïgnoreer het is dat geeneen van daardie artikels die geldigheid van enige van prof. Haasbroek se stellings weerlê het nie!

      Goed, Jaco, as jy so sê.

      Jou stelling dat “die historiese Jesus … in ʼn historiese konteks hoort wat hemelsbreed verskil van die mitologiese godefigure”, het jy klaarblyklik uit jou duim gesuig. Ek dink Thys sal in verband hiermee met my saamstem.

      Ja, Jaco, so hoor ek nou al gereeld, dat almal wat al navorsing oor die historiese Jesus gedoen het, goeters uit hulle duime suig.

      Is jy bewus daarvan dat hierdie stelling deel is van ʼn latere weergawe van die Niceense Geloofsbelydenis wat inderdaad “direk betrekking het op ʼn verstaan van die Drie-Eenheid”:

      “[Ons glo] in die Heilige Gees, die Here en die Skenker van die lewe, wat van die Vader [en die Seun] uitgaan, wat met die Vader en die Seun saam aanbid en saam verheerlik word.”

      Ek het nêrens gesê dat die Drie-eenheid glad nie genoem is by die bespreking van Nicea nie, maar bloot dat dit nie spesifiek die onderwerp by Nicea was nie.

      En terloops, dit was “Winkelsmidt” wat aanvanklik na die artikel oor die Niceense Geloofsbelydenis verwys het – nie ek nie! Prof. Haasbroek het ook nie in die aangehaalde paragraaf na die Niceense Geloofsbelydenis verwys nie.

      En ek het nêrens gesê dis jy wat dit gesê het nie, of dat Prof. Haasbroek daarna verwys het nie, Jaco.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*