Dawid gay?

Hallo julle

Ek was op die internet besig om vir Dawid te google aangesien ek tans besig is om Dawid te bestudeer. EK kom toe af op ‘n site wat my skoon ontsteld het. Hulle beweer daar dat Dawid en Jonatan n gay verhouding gehad het ! Hulle ‘bevestig’ dit met 2 Samuel 1:26! Nou ek verstaan dit al te goed dat mense die Bybel gaan interpreteer soos hulle wil om hulle sondes te regverdig, maar hoe gaan mens met iemand redeneer wat gay lewe en so n tipe artikel lees?! Ek weet daar is ander verse in die Bybel wat homoseksualiteit as n sonde uitstippel, maar daar is ook verse soos ‘n oog vir n oog’ en ‘naaste liefde’ wat deur ongelowiges of jonk in gelowiges kan laat kopkrap.

Help asb!

Winkelsmidt

 

Hallo Winkelsmidt

Dankie vir jou brief. Jou aanvoeling is reg dat mense maklik iets in die Bybel kan inlees wat nie werklik daar staan nie, maar wat hul eie agendas bevorder. En ja, ons moet almal daarvoor versigtig wees, want ons is almal maar geneig om die dinge te beklemtoon wat ons eie belange regverdig.

Ek dink egter werklik nie dat ons uit ‘n sorgvuldige bestudering van die teks genoop word om te dink dat Dawid en Jonatan ‘n seksuele verhouding met mekaar gehad het nie. Daar is beslis ander verklarings vir daardie verse wat gay aktiviste graag gebruik om Dawid en Jonatan in ‘n  homoseksuele konteks te skets. Hier is iemand se kommentaar op daardie gedeeltes:

In 2 Samuel 1:26, David is lamenting over the death of his best friend Jonathan: “I am distressed for you, my brother Jonathan; You have been very pleasant to me. Your love to me was more wonderful than the love of women.” I am familiar with the assessment of this marvelous statement of inspiringly loyal friendship and love as a homosexual relationship, but the text doesn’t support it. There is nothing in the stories of David and Jonathan’s friendship that even hints at a homosexual relationship. But the friendships of men who have shared intense experiences can indeed be in a very different, very wonderful category than husband-wife relationships. Men who have fought together in battle, for example, often report a type of closeness with each other that some never experienced with their wives because it was a different kind of love and relationship.

In 1 Samuel 18:4, “Jonathan stripped himself of the robe that was on him and gave it to David, with his armor, including his sword and his bow and his belt.” This was not a sexual disrobing; this was Jonathan’s (the king’s son) way of honoring his dear friend David by giving him his royal robe, his armor, his sword, his bow and his belt to show him that he believed David to be a greater warrior than he was. He probably also knew that David had been anointed the future king of Israel, and this was his way of saying “I’m on your side, David!”

Also, in 1 Samuel 20:41, it says, “When the lad was gone, David rose from the south side and fell on his face to the ground, and bowed three times. And they kissed each other and wept together, but David wept the more.” This is a very emotional farewell scene where Jonathan is sending David away because he found out that his father, King Saul, has determined to kill him. The fact that the men kissed each other is not indicative of an erotic kiss, but the way that men greeted each other and said goodbye in that eastern culture. It is still the same way today. Surely you have seen some of the recent video footage of Middle Eastern men greeting each other by kissing on the cheeks (or sometimes an “air kiss”).

If you read the story of David and Jonathan from start to finish, I think you will find that it is the story of a godly, warm friendship between two men, not a homosexual relationship. There just isn’t anything there in the text to warrant such a reading.”

Jy noem dat daar moeilike gedeeltes in die Bybel is wat ongelowiges en jong gelowiges kan laat kopkrap. Dit is so, en vir goeie rede. Iemand wat ongelowig is, is baie keer van die begin af skepties en dan is dit tog nie vreemd dat hy/sy allerlei probleme met die Bybel ondervind nie (sonder om regtig te probeer verstaan). En iemand jonk in die geloof het bloot nog nie besef dat goeie eksegese nie vanself gebeur nie, dat dit soms harde werk vra om te sorg dat jy die Bybel korrek interpreteer. (En dan het ons nog nie eers gepraat van hoe geestelike volwassenheid en toegewydheid aan God wat in sy Woord met ons praat, ook ‘n noemenswaardige rol speel nie).

Nee-wat, ek sou my nie te gou laat onstel deur wat mense oral kwytraak nie (en daar is baie op die internet wat nie regtig enigiets sinvol bied nie). Maar ek dink jy is wys om ander se opinies in te win, terwyl jy self ook die Woord bestudeer. As dit werklik God se Woord is, en as ‘n mens werklik opsoek is na die waarheid, dan glo ek sal die soektog nie verniet wees nie.

Groete
Udo

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.