Hoe was Jesus gekruisig?

Beste Udo

Joe, die tyd vlieg. Goeie nuus: ek het my geloofs-issues uitgesorteer (BAIE DANKIE  – DAARDIE Faith & Reason KONFERENSIE WAS DEEL VAN DIE DEURBRAAK!!!).

Ek gee nou al ‘n ruk CSV by ons publieke skool se Laerskool vir die Graad 7’s. Een van die meisies het my ‘n vraag gevra wat ek nie juis kan antwoord nie. (Nou al laas week Woensdag – toe sê ek ek sal terugkom met ‘n antwoord – ek dink dis NB om haar te antwoord want ek het gesê ek sal) En ek kry niks goed genoeg in al my boeke nie.

Kan jy/julle sien of julle kan help – ek dink dis NB dat die kinders weet ek sal vir hulle antwoorde kry – en miskien as jule die boek verwysing kan deurgee of die bladsy kan inscan en email – dit klink cheecky om sulke gunse te vra, maar ek is seker dit is noodsaaklik – veral sodat hulle weet daar is gegronde antwoorde.

Sy wil weet hoekom Jesus met spykers aan die kruis gekap was en nie (volgens haar was die ander mense op daardie stadium vasgemaak) met toue aan kruise nie? Nou in die eerste instansie dink ek dit is nie waar dat die ander gewoonlik vasgemaak is met toue nie want hulle sal eenvoudig nie doodgaan nie. Ek het wel baie detail in Lee Strobel se boek (The Case for Christ) gelees, maar dit gaan nie in oor hoe misdadigers gewoonlik gekruisig is nie.

Ook kan ek net haar vraag beantwoord deur in te gaan oor hoe weet ons dat die feite soos gegee in die nuwe testament akkurate geskiedkundige feite is, maar ek dink nie dis wat sy soek of bevraagteken nie – sy het nou op iets afgekom wat nie “waar” lyk nie en sy wil die spesifieke issue hanteer.

Vriendelike groete

Winkeslmidt

 

Hallo Winkelsmidt

Ek is bly dat jy by die konferensie die vryheid kon ervaar om te kon sien hoedat vrae oor ons geloof, tot geloofsversterking kan bydra. As die Christelike geloof waar is, dan is dit iets wat vrae verwelkom – hoe anders kom ‘n mens tot beter insig en begrip? Ek dink baie Christene beskou vrae as ‘n bedreiging omdat hulle nie dink dat daar regtig goeie antwoorde is nie, of omdat hulle in die geheim dalk bang is dat deur vrae te vra hulle gaan ontdek dat hulle geloof eintlik geen intellektuele fondasie het nie. Maar die ware toedrag van sake is heel anders! Ons KAN en MAG ons geloof met intellektuele integriteit handhaaf – ons hoef nie maar net blindelings te glo nie. Ons verhouding met die Here is die essensie van ons geloof, maar terselfdertyd is ons geloof ook aan bepaalde feite gekoppel waarmee ons beslis erns kan en moet maak.

Ek dink daar sal maar altyd dinge wees waaroor ons wonder en meer duidelikheid wil hê. En ek dink dis goed so – dis deel van menswees om vrae te vra en te wil antwoorde hê. As ons geduldig is in ons soeke en van die Here afhanklik bly dan glo ek sal baie van ons vrae (al is dit nie almal nie) bevredig word.

Ek help graag waar ek kan, so jy hoef nie te voel jy’s dalk te voorbarig nie!

Rakende die vraag oor die kruisiging die volgende: Eerstens, die leerling wat jou die vraag gevra het en gesê het dat sy dink dat mense in die eerste eeu SLEGS vasgemaak is tydens ‘n kruising, is jou natuurlik ‘n antwoord verskuldig vir so ‘n stelling. Waar kry sy haar inligting vandaan? Die saak is in elk geval meer kompleks as wat met die eerste oogopslag mag blyk. Sien byvoorbeeld die volgende:

Ek dink dus dat die eenvoudigste antwoord op haar vraag is om haar aanname (dat mense nooit in daardie tyd met spykers gekruisig is nie) uit te daag op geskiedkundige gronde. Dit gaan dus nie hier oor ‘n Bybelse weergawe van die geskiedenis wat betroubaar is of nie, maar oor die algemene geskiedkundige konsensus rakende kruisigings as metode van doodstraf in daardie tyd. Ek dink sy is daaroor bloot verkeerd ingelig.

Dankie dat jy geskryf het. Enige vrae ter enige tyd welkom! (En laat weet asb as ons jou meer spesifiek of beter kan help)

Beste groete
Udo

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.