Moet ek ‘The Da Vinci Code’ gaan kyk?

Hallo Udo!

Nogmaals baie dankie dat ons julle kamp kon bywoon dit was werklik verrykend en wonderlik om so baie jong mense te sien wat omgee!

Na aanleiding van die verskyning van die fliek The Da Vinci Code in Amerika, het Errol Naidoo in 2006 ‘n brief aan Christene in Suid-Afrika gerig en die volgende gesê: “…we urgently begin a campaign of educating Christians in our country about this flagrant attack on the name, person and faith of Jesus Christ. The purpose of the campaign is to ask Christians to boycott this blasphemous movie in their millions.”

Hy sê onder andere ook die volgende:

“Following hot on the heels of The De Vinci Code is the “Gospel of Judas”, “The Jesus Papers” and many other anti-Christian propaganda that falsely claims to reveal that the Bible is “the greatest cover up ever perpetrated upon mankind”…These so called revelations are nothing but secular humanistic deception that preys on the minds and wallets of millions of vulnerable people desperately seeking spiritual answers to life’s questions.”

Naidoo sê verder dat, “a Christian supporting this movie by purchasing a ticket or a DVD will essentially be financially contributing toward the nefarious aims and objectives of the Anti-Christian Movement.”

Die vraag wat by my opkom is of ‘n mens dit moet gaan sien om jou standpunt te kan verdedig?

Groete

Winkelsmidt

 

Hallo Winkelsmidt,

Ek wil net weer eens vir jou baie dankie sê vir jou betrokkenheid en ondersteuning van AntWoord. Dit was regtig baie lekker om julle saam op die kamp te kon hê.

In verband met jou vraag. Die kort antwoord is dit: Nee, ‘n mens hoef nie The Da Vinci Code te gaan sien om jou standpunt te verdedig nie. Tog is daar verskeie redes waarom ek dink dit tog goed is vir ʼn Christen om na hierdie spesifieke fliek te gaan kyk.

Ek verstaan Errol Naidoo se besorgdheid. Die Bybel se geloofwaardigheid en die persoon van Jesus Christus is in die spervuur en dis nie lekker vir ons as Christene om te sien as die fondasies van ons geloof wanvoorgestel word nie. Tog is dit so dat die Christelike geloof nog altyd sulke aanvalle moes verduur en steeds sal moet verduur. Die vraag is daarom nie in die eerste plek hoe ons dit kan stop nie (ons kan nie – Joh 15:20-21), maar eerder hoe ons daarop gaan reageer sodat dit tot opbou en uitbou van die Koninkryk en tot eer aan God sal wees.

Errol maak ʼn baie waar opmerking. Hy praat van ʼn misleiding wat mense uitbuit op die belangrikste vlak van menswees: “…deception that preys on the minds and wallets of millions of vulnerable people desperately seeking spiritual answers to life’s questions.” Alle mense is opsoek na antwoorde op die lewe se groot vrae en ons as Christene het die verantwoordelikheid om soekende mense te help om daardie antwoorde te vind. Die feit dat sulke soekende mense langs die pad uitgebuit gaan word is jammer, maar onvermybaar – hulle gaan flieks soos die The Da Vinci Code kyk en dit vir soetkoek opeet of ons as Christene daarvan hou of nie.

Errol en ander se pleidooi is dat, “…we urgently begin a campaign of educating Christians in our country about this flagrant attack on the name, person and faith of Jesus Christ.” Ek is egter glad nie so seker of dit in die eerste plek is waaroor ons as Christene mekaar moet “educate” nie. Die feit dat daar ‘n aanval is, weet meeste Christene lankal reeds. Wat veel minder Christene weet is hoe om daardie aanval met deurdagte en gegronde teenspraak die hoof te bied. (M.a.w. te min Christene weet hoekom hulle glo wat hulle glo.)

Errol vra summier dat Christene die fliek moet boikot, maar ek dink dis oorhaastig en reaktief. ʼn Mens “educate” ander nie deur voor te stel dat almal hulle koppe soos volstruise in die sand druk nie. Soos ek reeds gesê het is dit nie nodig om die The Da Vinci Code te gaan kyk om ʼn sinvolle antwoord te kan gee m.b.t. die valshede wat daarin as die waarheid opgedis word nie. (M.a.w. ‘n mens kan sulke vrae antwoord sonder om die fliek te gesien het.) Ek dink egter dis wel ʼn gulde geleentheid om presies te weet waarvan ander mense (Christene én nie-Christene) praat wanneer hulle met vrae en stellings vorendag kom omdat hulle die fliek gesien het. Weereens, dis nie OF dit gaan gebeur nie, maar WANNEER dit gebeur, en dat ons as Christene dan gereed en ingelig sal wees.

Ek verstaan die besorgdheid dat ons moontlik kan bydra tot die finansiering van een of ander anti-Christelike beweging in Hollywood en hul agenda om die Christelike geloof te ondermyn. Tog dink ek dat die Christelike geloof slegs ondermyn en gediskrediteer gaan word in die mate waartoe ons as Christene daarin misluk om aantygings intelligent en op bedagsame wyse te antwoord.  Ons hoef nie enigsins terug te deins vir ‘n fliek soos die The Da Vinci Code of ‘n geskrif soos “Evangelie van Judas” of enigiets anders nie. Inteendeel, dis eerder ‘n wonderlike geleenthede om juis ʼn getuienis te wees van wat werklik waar is en van wie Jesus is! Daarom dat ek persoonlik die The Da Vinci Code gaan kyk het, nie in die eerste plek vir vermaaklikheid nie, maar juis omdat ek glo dat dit ʼn geleentheid bied vir sinvolle gesprekvoering met ander mense oor wat werklik feitelik is wat eintlik net fiksie is.

Laastens moet ek darem net byvoeg dat ek nie dink dat Christene sonder onderskeiding na enige fliek behoort te gaan kyk nie. Ek glo jy moet jouself sover as moontlik vooraf inlig oor enige media produksie en daarvoor kan resensies ‘n groot hulp wees. Na my mening is daar byvoorbeeld net te veel flieks met geen pretensie tot sinvolheid nie, maar bloot uitdrukkings van breindood banaliteit.

Groete

Udo

Besoek gerus Ransom Fellowship vir verskeie media resensies.

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.