Is die Evangelies betroubaar?

Hallo Udo

Dr. Craig sê: “Your fundamental question is: how do we know that the Gospel narratives are historically reliable.” En verder: “It’s true that the NT is the best attested book in ancient history, both in terms of the number of mss. and the nearness of those mss. to the date of the original. What that goes to prove is that the text of the NT that we have today is almost exactly the same as the text as it was originally written…The text of the NT is thus about 99% established.” (sien hier)

Eers en laasgenoemde bewerings is ontdaan van alle waarheid. Kom ek kwoteer vir jou uit ‘n baie outoritêre werk van Sir Frederick Kenyon, The Text of the Greek Bible, waar hy op bl. 191 erken “that the four uncials differ considerably among themselves…” Op bl. 180: “not free from corruption…scribal errors and alterations due to carelessness or intention.” Bl. 181: “…with many scribal errors, but also deliberate alterations (bedrog, nê!), attributable to various ancestors” (bl. 182)…freely admitted (bl.187) in the gospels and Acts…since here the texual problems are most numerous and most important” (bl. 189). Foute “are to be found in great quantities throughout the gospels.” Hy spreek die hoop uit “of other discoveries which may clear up the many obscurities that still beset the early history of the Bible” (bl. 195).

Hierdie is duidelike uitsprake deur werklike outoriteit gebaseer op kennis en navorsing en nie bloot verwarrende populistiese uitsprake nie.

Winkelsmidt

 

Hallo Winkelsmidt

Ek twyfel of jy werklik vir Sir Frederic Kenyon as ‘n outoriteit beskou, want anders sal jy die volgende aanhalings van hom ook as outoritêr moet aanvaar en terselfdertyd jou woorde moet terugtrek dat Dr. Craig se antwoord bloot ‘n populistiese uitspraak is, want dis byna ‘n eggo van Kenyon se eie woorde in twee ander bronne:

  • “The number of manuscripts of the New Testament, or early translations from it in the oldest writers of the Church, is so large that it is practically certain that the true reading of every doubtful passage is preserved in some one or other of these ancient authorities. This can be said of no other ancient book in the world.” (Sir Frederic Kenyon, a former Director of the British Museum and one of the greatest authorities on the subject, quoted from Our Bible and the Ancient Manuscripts)
  • “The interval then between the dates of original composition and the earliest extant evidence becomes so small as to be in fact negligible, and the last foundation for any doubt that the Scriptures have come down to us substantially as they were written has now been removed. Both the authenticity and the general integrity of the books of the New Testament may be regarded as finally established.” (Kenyon, Frederic G., The Bible and Archaeology. Harper & Row, New York, 1940, p. 288.)

In die lig van bogenoemde, wonder ek of jy nie maar baie selektief is in die manier waarop jy verduidelikings aanbied nie.

Groete

Udo

 

Hallo Udo

Ek beskou Sir Frederick Kenyon se werk (in my besit sedert my Christendae) outoritêr in soverre hy die outoriteite wat ek aangehaal het, bevestig wat hy wél doen én daardeur bewys hy dat hulle die waarheid praat, ook aanvanklik hyself. Dit is hoe logika werk! En dit is onbevooroordeeld!

In die stuk wat jy aanhaal uit sy werk (waarvan ek wél deeglik bewus was) is hy bloot bevooroordeeld, omdat hy sy eie navorsing en vroeëre bevindings hier weerspreek wat hom inkonsekwent maak wat deur die hof in ‘n ernstige lig gesien sal word. Ek hoef dus niks terug te trek oor Dr. Craig nie, want enige hof sal beslis (jou woorde in die verkeerde konteks oor die opstanding) dat jy, Dr. Craig en Sir Kenyon selektief is in julle getuienis. Kenyon kan nie op vorige bll. sê wat ek aangehaal het en op volgende bll. homself weerspreek in die woorde soos wat u aangehaal het, en nog konsekwent wees nie. Lees gerus weer sy vorige bevindinge saam met die ander outoriteite wat ek gekwoteer het en vergelyk dit met sy latere vooroordeel. In die eerste praat die navorser; in die laaste praat die bevooroordeelde Christen. Ek kan vir u talle bewyse aanhaal uit Christelike werke én uit die Bybel van die klas van inkonsekwensie. Dit is nie hoe konsekwente navorsing werk nie. Punt!

Die hof sal Sir Kenyon vra: “Is u navorsing korrek waar jy bevind het dat die Bybelse mss. “not free from corruption…(‘n ernstige misdaad in ons dag!), scribal errors and alterations due to carelessness or intention…but also deliberate alterations…(bedrog!) freely admitted in the gospels and Acts” et. al., en waar jy selfs die hoop uitspreek “of other discoveries which may clear up the many obscurities that still beset the history of the Bible.” Sir Kenyon: “Ja, Edelagbare.” Die hof: “En is jou opmerkings in lyn met bv. die navorsing soos verwoord in die werk van ander skrywers…”  Sir Kenyon: “Ja, Edelagbare!” Die hof: “Sir Kenyon, kan u aan die hof verduidelik hoe u dan tot die volgende gevolgtrekking gekom het?” (soos aangehaal deur u!)  U moet dus maar u eie selektiwiteit ondersoek deur meer onbevooroordeeld te lees én te redeneer. U aanhaling oor Sir Kenyon is nie deurslaggewend nie, maar bewys sy Christelike onderrok wat uithang. Sy oorspronklike bevindinge is wél deurslaggewend want dit is in lyn met die ander navorsers soos wat ek aangehaal het en waarvoor hy ‘n verduideling aan die hof verskuldig is oor sy latere weersprekende konklusie (“Die regters moet die saak deeglik ondersoek…”-Deut.l9:l8.) Verstaan u nou?

Winkelsmidt

_____________________________________________________________________

Udo se kommentaar: Dit was vir my duidelik in Winkelsmidt se reaksie hier dat verdere gesprek nie sinvol sou wees nie. Vir Winkelsmidt om te suggereer dat Sir Frederic Kenyon se gevolgtrekkings verkeerd is weens sy “latere” Christelike oortuigings en vooroordeel is blatant oneerlik en ‘n uiters verdagte manier van argumentering. ‘n Boek soos Kenyon se Our Bible and the Ancient Manuscripts het reeds vir die eerste keer in 1895 verskyn en verskeie uitgawes beleef waarvan die vierde uitgawe in 1939 verskyn het, slegs twee jaar na The Text of the Greek Bible, ‘n suster volume. (Sy boek The Bible and Archaeology het in 1940 verskyn) Daar is daarom werklik geen rede om van “latere” vooroordeel te praat wat Kenyon se bevindinge sou skeeftrek nie! Kenyon is ‘n outoriteit of hy is nie.

Dis beslis nie Sir Kenyon wat inkonsekwent is nie. Kenyon se gevolgtrekkings in die relevante boeke wat hy geskryf het (en hy het heelwat geskryf: http://www.librarything.com/author/kenyonfredericg) is deurgans dieselfde. Winkelsmidt haal ‘n paar sinnetjies buite konteks uit één van Kenyon se boeke aan wat lyk asof dit die gevolgtrekkings van ander skeptiese skrywers bevestig, maar hierdie aanhalings is totaal misleidend. Kenyon probeer met sy verwysings na “corruption,” “scribal errors,” deliberate alterations”, “textual problems” eerlik wees oor die proses en omvang van tekskritiese studie om by die oorspronklike bewoording van die Nuwe Testamentiese skrywers uit te kom (omdat ons nie die oorspronklike manuskripte van die Nuwe Testament het nie, maar slegs kopieë). Hierdie “probleme” is vir navorsers egter niks nuut nie, maar skeptici soos Winkelsmidt hier, verwys graag na die bepaalde uitdagings in die ondersoekproses om aan te toon hoe onbetroubaar die Nuwe Testament eintlik is. Dit terwyl navorsers soos Kenyon juis wil aantoon dat die volledige ondersoekproses met al sy uitdagings ons uiteindelik tog by ‘n betroubare weergawe bring van wat die skrywers oorspronklik neergepen het en wat as betroubare historiese getuienis dien. Sien die volgende vir meer hieroor:

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.