Die oorspronklike woorde in die Nuwe Testament

Hierdie artikel is deel 3 van ‘n 11-deel gesprek – sien die volgende:

_____________________________________________________________________

Winkelsmidt, jou volgende stellings is soos volg:

Die Bybel is nie die onfeilbare woord van God nie.

  • Die Nuwe Testament is geskryf te lank na die gebeurtenisse, deur mense wat nie ooggetuies was nie.
  • Die boeke wat ons vandag in die Nuwe Testament het was 300 jaar later gekies uit vele ander boeke, meeste waarvan vir ons ‘n heel ander storie sou vertel het.
  • Daar is veelvoudige belangrike teenstrydighede in die Bybel, insluitende hoof stories soos die kruisiging en opstanding.

Daar is veelvoudige vergelykings tussen die storie van Jesus en ander vroeër gelowe.

  • Daar is te veel vergelykings tussen die storie van Jesus en ander ouer gode, veral Horus om te dink dat die Bybel storie nie beïnvloed is deur die ander nie.

Uit hierdie stellings verstaan ek dat jy glo dat wat in die Bybel staan, met spesifieke verwysing na die storie van Jesus in die Nuwe Testament,

  1. grootliks ‘n opgemaakte of verdoeselde storie is (nie deur ooggetuies geskryf nie, te lank na die gebeure geskryf en beïnvloed deur stories wat ons weet net opgemaakte stories is, soos bv. die storie van Horus),
  2. ‘n eensydige en bevooroordeelde storie is (daar is ander skrywes wat ander stories vertel),
  3. en inherent ‘n onbetroubare storie is (daar is te veel teenstrydige in veral die belangrikste elemente van die storie).

Verder verstaan ek dat jy sê dat omdat bogenoemde die geval is, is die aanspraak dat die Bybel die onfeilbare Woord van God is, vals.

Eerstens wil ek net opmerk dat hierdie besware van die vroegste oomblikke in die geskiedenis van die Christendom in een of ander vorm as kritiek teen die Christelike geloof gebruik is, maar dat Christene nog altyd hierdie kritiek met redelike antwoorde tegemoet kon gaan. Ek dink egter daar is veral twee redelik onlangse boeke wat baie aandag in populêre media gekry het en wat sodoende weer opnuut begin twyfel wek het oor die aansprake en oorsprong van die Christelike geloof. Hierdie boeke is Dan Brown se The Da Vinci Code en Bart Ehrman se Misquoting Jesus: The story behind who changed the bible and why.

Vir baie mense gee hierdie boeke ‘n aanduiding van die mitiese aard van die Christelike geloof wat die meeste aansprake daarvan as vals bewys. Ek is egter van mening dat hierdie boeke eintlik, ironies genoeg, ‘n groot bydra lewer om Christene meer bewus te maak van die historiese wortels van hul geloof. Want wat in hierdie boeke met die eerste oog opslag as feite blyk te wees, is by nadere ondersoek meestal ‘n wanvoorstelling of ten beste ‘n eensydige beklemtoning van sekere aspekte van die historiese data. Iemand wat die moeite doen om die aantygings vanuit hierdie boeke sorgvuldig met die beste navorsing oor die relevante vraagstukke te vergelyk, sal gou agterkom watter rol sommige kritici se vooroordele speel in hul gevolgtrekkings oor dit waarop die feite dui.

Tweedens wil ek noem dat ek in my kommentaar op hierdie stellings vir eers die vraag na die Bybel as Woord van God (en wat woorde soos “Woord van God”, en “onfeilbaar”, wat baie bagasie dra, beteken) heeltemal ter syde gaan stel. Ek doen so, nie omdat ek dink dat die vraag nie wel belangrik is nie, maar omdat ek dink dat die basiese betroubaarheid van die Bybel in baie mense se gemoed, die meer primêre vraag is. Met verwysing na die Nuwe Testament sou ‘n mens dus wou vra 1) Hoe ons kan weet wat die skrywers van die Nuwe Testament oorspronklik geskryf het?, en 2) Hoe weet ons of dit wat hulle oorspronklik geskryf het, werklik so gebeur het? Om sekerheid te hê bo redelike twyfel oor hierdie twee vrae, blyk vir my in elk geval ‘n goeie fondasie te lê vir of die Bybel inderdaad deur God geïnspireer is om te dien as ‘n openbaring van Homself.

Die oorspronklike woorde van die Nuwe Testamentiese skrywers

Die wetenskap van tekskritiek het oor die algemeen te doen met die studie van kopieë van enige dokument waarvan die oorspronklike onbekend is of nie meer bestaan nie, met die doel om die oorspronklike bewoording af te lei. Tekskritiek word ook in die Nuwe Testament gebruik omdat ons nie meer die oorspronklike manuskripte het nie en omdat geen twee kopieë daarvan heeltemal ooreenstem nie. Die verskille wat daar wel is kan in die volgende kategorieë opgesom word: 1) spelvariasies en ander onbeduidende foute [ongeveer 70% van alle variasies], 2) onbeduidende variasies wat nie vertaling beïnvloed nie of wat te doen het met sinonieme [ongeveer 20% van alle variasies], 3) variasies wat die betekenis van die teks sou beïnvloed, maar wat nie aanvaar word as deel van die oorspronklike teks nie [ongeveer 10% van alle variasies], en 4) variasies wat die betekenis van die teks beïnvloed wat afgelei probeer word maar wat nie besonder belangrik is nie [ongeveer 1% van alle variasies].

Tekskritiek het dus te doen met die proses om deur al hierdie variasies te sif om te probeer bepaal wat die oorspronklike bewoording was. Die feit dat ons so ‘n geweldige hoeveelheid kopieë het van dele regdeur die Nuwe Testament, maak dit moontlik om met groot akkuraatheid te bepaal wat in die oorspronklike geskryf is. Die bekende Amerikaanse teoloog, Daniel Wallace en medeskrywers sê hieroor die volgende in hul boek Reinventing Jesus: How Contemporary Skeptics Miss The Real Jesus And Mislead Popular Culture:

The wealth of material that is available for determining the wording of the original New Testament is staggering: more than fifty-seven hundred Greek New Testament manuscripts, as many as twenty thousand versions, and more than one million quotations by patristic writers. In comparison with the average ancient Greek author, the New Testament copies are well over a thousand times more plentiful. If the average-sized manuscript were two and one-­half inches thick, all the copies of the works of an average Greek author would stack up four feet high, while the copies of the New Testament would stack up to over a mile high! This is indeed an embarrassment of riches.

Hierdie rykdom aan kopieë m.b.t. die Nuwe Testament en die resultate van die wetenskap van tekskritiek bring Wallace en kie tot die volgende gevolgtrekking:

First, there is virtually no need for conjecture about the original wording. That is, the wording of the original text is almost always to be found in the extant (remaining) copies. Second, any uncertainty over the word­ing of the original New Testament does not have an impact on major teachings of the New Testament…There is simply no room for uncertainty about what the New Tes­tament originally taught. Whether one chooses to believe it is a dif­ferent matter… Our concern here is simply to show that the fundamental teachings of the New Testament are undisturbed by viable textual variants.

Sir Frederick Kenyon, voormalige direkteur van die Britse Museum en een van die grootste kenners in sy veld, skryf in Our Bible and the Ancient Manuscripts:

“The number of manuscripts of the New Testament, or early translations from it in the oldest writers of the Church, is so large that it is practically certain that the true reading of every doubtful passage is preserved in some one or other of these ancient authorities. This can be said of no other ancient book in the world.”

In ander boek, The Bible and Archaeology, sê Kenyon:

“The interval then between the dates of original composition and the earliest extant evidence becomes so small as to be in fact negligible, and the last foundation for any doubt that the Scriptures have come down to us substantially as they were written has now been removed. Both the authenticity and the general integrity of the books of the New Testament may be regarded as finally established.”

Daarom dink ek iemand soos William Lane Craig is reg wanneer hy sê:

“It’s true that the NT is the best attested book in ancient history, both in terms of the number of mss. and the nearness of those mss. to the date of the original. What that goes to prove is that the text of the NT that we have today is almost exactly the same as the text as it was originally written…The text of the NT is thus about 99% established.”

Volgens hierdie getuienis, kan ‘n mens bo redelike twyfel seker wees dat die Nuwe Testament ‘n verteenwoordiging is van wat oorspronklik geskryf is.

Om meer te lees oor tekskritiese aangeleenthede, sien die volgende:

Lees verder:

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.