
Hi Udo
Wat is julle opinie oor die volgende aanmerkings?
http://www.openculture.com/2013/02/why_i_am_not_a_christian_by_bertrand_russell.html
Winkelsmidt
Hallo Winkelsmidt
Die skrywer wat die aanmerkings maak oor Bertrand Russell se lesing, is na my mening totaal onbekend met die beste argumente in die Godsdiensfilosofie vandag. Russell se eie filosofiese dissipline was ook glad nie in Godsdiensfilosofie nie, en dit kom duidelik uit in sy argumentering. In sy verdediging moet ‘n mens darem bysê dat hy in ‘n tyd geleef het waarin hy, met sommige van sy teenargumente, nie die voordeel gehad het van die ontwikkeling in die wetenskap van die afgelope 50 jaar nie.
As jy regtig die moeite wil doen om van die sake te ondersoek wat Russell noem (sy lesing is hier in geskrewe formaat) soos o.a. sy bespreking van die bestaan van God, vergelyk dit dan met hierdie artikel van William Lane Craig wat baie van die argumente aanspreek wat Russell in sy lesing noem (Craig doen dit net in die konteks van Dawkins se The God Delusion). Dan kan jy maar self besluit wie weet waarvan hulle praat en wie nie.
Russell was natuurlik in baie ander opsigte ‘n baie gesofistikeerde en briljante filosoof, maar ‘n mens sou dit nie sê deur net te kyk na hoe hy die Christelike geloof probeer diskrediteer het nie.
Groete
Udo
Leave a Reply