Die Ontologiese Argument

Hallo Udo

Ek probeer die ontologiese argument vir God se bestaan beter verstaan. Kan jy dalk vir my verduidelik wat met ‘n “possible world” bedoel word?

Groete

Winkelsmidt

 

 

Hi Winkelsmidt

Dis ‘n teken van ‘n ware apologeet wat die moeite doen om met die ontologiese argument vir God se bestaan te worstel!!

Hier is Dr. Craig se definisie van God se bestaan in “a possible world”:

“To say that God exists in some possible world is just to say that there is a possible description of reality which includes the statement ‘God exists’ as part of that description.”

M.a.w. “a possible world” verwys bloot na enige tipe wêreld wat moontlik sou kon bestaan. Ons wêreld is ook “a possible world”, maar dis terselfdertyd ook ‘n “actual world” omdat dit die wêreld is waarin ons onsself bevind. Maar ‘n mens kan jouself maklik voorstel (‘n mens noem dit ‘n denkoefening) dat daar ‘n ander “actual world” kon gewees het as die wereld waarin ons onsself huidiglik bevind. Daar kon dalk ‘n wêreld gewees het waarin honde en katte nie bestaan het nie, maar eerder eenhoringperde en hobbits. Daardie wêreld is “a possible world”.

Die ontologiese argument sê dus dat ‘n wese soos God, wat as ‘n “maximally great being” gedefinieer word en daarom ook die eienskap van “necessary existence” het (m.a.w. God kan, omdat Hy God is, nie anders as om nie te bestaan nie), in alle wêrelde wat moontlik is om te kan bestaan, sal bestaan.

Daarom is die enigste aanvegbare stelling in die ontologiese argument, die eerste stelling: Is dit regtig moontlik vir ‘n “maximally great being” (die definisie vir ‘n wese soos God) om te bestaan? Die interessantheid van die ontologiese argument is dat ‘n mens slegs hoef te sê dat dit moontlik is vir God om te bestaan (m.a.w. dat die konsep van God is nie inherent teenstrydig nie) vir die ontologiese argument se logika om in werking te tree en te wys waarom God dan ook noodwendig in ons wêreld moet bestaan. Daarteenoor egter, as iemand sê dis nie moontlik vir ‘n “maximally great being” om te bestaan nie, dan rus die onus op daardie persoon om te kan verduidelik waarom hy so dink – hy kan dit dus nie net bloot ontken nie. Filosowe soos Craig en Plantinga gaan egter vir jou sê dat niemand dit nog suksesvol kon doen nie.

Vra gerus nog vrae as jy wil.

Groete
Udo

Die volgende video verduidelik die ontologiese argument:

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.