Het Jesus kinders gehad?

Hallo Udo,

Ek is in gesprek met ‘n persoon wat vrae het oor die Bybel en Jesus het na aanleiding van oa die boek: The Grail Enigma: The Hidden Heirs of Jesus and Mary Magdalene by Laurence Gardner. Kan jy my dalk help met ‘n kommentaar of opmerkings oor die boek en /of skrywer?

Verder sal ek dit ook jou kommentaar waardeer op die vraag: Het Jesus kinders gehad?

Groete,

Winkelsmidt

 

Hallo Winkelsmidt

Ek is bly om te hoor van jou gesprek met die persoon wat vrae vra oor die Bybel en Jesus. Dis natuurlik goed as mense begin vra vrae, selfs al is dit n.a.v. ‘n boek soos die van Gardner. Die probleem is egter net dat daar dikwels te min Christene is wat bekwaam is of die begeerte het, om opreg soekende vrae effektief te antwoord, wat ‘n jammerte is. (Ek noem “opreg soekend”, want nie alle vrae is opreg of soekend nie en uit ervaring het ek al geleer dat ‘n gesprek met iemand waar dit die geval is, gewoonlik nie baie sinvol is nie.)

Vind hier verwysings na drie boeke, een deur ‘n Christelike navorser en die ander twee deur ‘n sekulêre (ateïstiese) navorser in die veld van Nuwe Testamentiese studies, wat beide spesifiek die vraag oor die beweerde huwelik en bloedlyn van Jesus en Maria Magdalena ondersoek. Die probleem met iemand soos Sir Laurence Gardner is natuurlik dat daar geen aanduiding is dat hy enigsins kwalifiseer om die soort historiese uitsprake te maak wat hy in sy boeke doen nie. Sy boeke word grotendeels as pseudo-historiese werke beskou, maar ongelukkig eet baie mense sy aansprake steeds vir soetkoek op.

Dan is daar ook twee interessante artikels waarna ek jou kan verwys:

  • Robert Price is ‘n skeptiese teoloog (of meer spesifiek, ateïs) wat kommentaar lewer op Dan Brown wat dieselfde idees nahou as Gardner en waaroor hy in The Da Vinci Code geskryf het (Brown is waarskynlik geïnspireer deur o.a. ouens soos Gardner, hoewel hierdie spesifieke boek eers ná Brown s’n gepubliseer is).
  • Mark Roberts is ‘n Christen wat spesifiek ondersoek instel na Jesus se beweerde huwelik en per implikasie dat hy kinders gehad het.
  • Sien ook Was Jesus Married?

Ek is seker die boeke en artikels sal help in jou gesprek verder, maar vra gerus as ek met nog iets van hulp kan wees.

Groete
Udo

 

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.