
Hi Udo,
Die Britse godsdiens-historikus, Karen Armstrong is van mening dat God slegs ‘n simbool is van die transendente wat ons is nie kan beskryf nie. Het julle dalk enige goeie resensies oor die boeke van Karen Armstrong? Veral die boek “The History of God”?
Winkelsmidt
Hallo Winkelsmidt
Ek kan die volgende resensies aanbeveel:
- Does God have a future? by Marc M. Arkin – The New Criterion Ek is nie bekend met die resensent nie en dis ook nie duidelik wat haar godsdienstige affiliasie is nie, maar dit lyk vir my na ‘n baie objektiewe resensie.
Dan is daar ook twee goeie resensies oor Armstrong se ‘The Case for God’ vanuit ‘n Christelike perspektief:
- A Tolerant Condescension deur James Patrick Holding
- The Case for God deur Tim Challies
Ek dink ook dit sal help om iets meer te verstaan van Armstrong se vertrekpunte in haar siening van ‘godsdiens’:
- Five Questions with Karen Armstrong
- Luister ook na William Lane Craig se kommentaar op haar sienings hier: Dawkins vs. Armstrong (die relevante gedeelte oor Armstrong begin by 16:55)
Ek hoop dit help. Laat weet gerus as ek verder kan help.
Groetnis
Udo
Leave a Reply