
Hi Udo,
Na al die polemiek oor of daar drie dae verloop het tussen Vrydag en Sondag wonder ek weer n.a.v. Matteus 12 waarin Jesus spesifiek verwys het na 3 dae en 3 nagte soos Jona as teken.
Die berekening van 3 dae en nagte deur die Donderdag aand en Sondag dag in te sluit in die berekening om 3 dae te kry, kom geforseerd voor.
Die argument dat daar wel ‘n ander spesiale Sabbat was op die Woensdag n.a.v. Johannes 19:31 laat my wonder…
Maar dan skryf Stefan Joubert in die Boodskap dat die spesiale Sabbat en die Saterdag op dieselfde dag plaasgevind het. Van waar kom die stelling?
Ek glo dat die argumente op verskeie webwerwe oor die aspek van 3 dae wat na minder as 2 optel en dan die profesie kwansuis verkeerd bewys, beter beantwoord kan word, maar die vraag is hoe?
Ek verneem graag van jou.
Groete
Winkelsmidt
Hallo Winkelsmidt
In verband met jou vraag het ek ongelukkig nie vir jou ‘n klinkklare antwoord nie; ek is selfs taamlik agnosties oor presies wanneer Jesus gekruisig is. Dit wil tog voorkom of daar ‘n tweede Sabbat was en hoewel Stephan Joubert aanvoer dat hierdie Sabbat saam met die weeklikse Sabbat sou val, is daar nie vir my enige aanduiding dat dit noodwendig so was nie. Inteendeel, daar is ‘n skynbare teenstrydigheid tussen Mark 16:1 en Lukas 23:56 oor presies wanneer die vroue die speserye gekoop het, en ‘n tweede Sabbat sou hierdie probleem oplos. Maar ek vind ook aansluiting by die gedagte dat die verwysing na die teken van Jona en die verwysing na drie dae en drie nagte, figuurlike taalgebruik is en daarom nie letterlik na 72 uur verwys nie. Hoe dit ook al sy, ek sluit hierby ‘n paar verwysings in vir verdere ondersoek:
- There are only two nights between Friday and Sunday
- How is it that Jesus could be “three days and three nights in the heart of the earth”?
- How long was Jesus in the tomb?
- Just How Long Did Jesus Stay In The Tomb?
- The Sign of Jonah
- How long was Jesus dead in the tomb?
- On what day was Jesus crucified?
- What is the sign of Jonah?
- Friday Crucifixion – Is There Proof?
- Was Jesus Really Crucified on Good Friday?
- Jesus is drie dae in die graf
- Jesus het opgestaan! (Maar hoe verstaan mens die 3 dae?)
Groete
Udo
Leave a Reply