Is daar ʼn holte in die aarde?

Beste Udo

Ek het ‘n navraag i.v.m. die Hollow Earth Theory.  Ek is vandag deur ‘n belydende Christen voorgestel aan hierdie teorie.  Volgens hom is dit verklarings vir Genesis, Openbaring en die Etiopiese boek Enoch wat nie in die Bybel ingesluit is nie.

Hy is van mening dat hierdie teorie ʼn Christelike oorsprong het en dit wil my voorkom of hy in die bestaan van ʼn volk binne in die “holte van die aarde” glo.  Hy het die boek Genesis for a New Age deur John B. Leith aangehaal.

Vir my lyk dit na ʼn klomp vreemde stellings van ʼn sekte, of selfs New Age.  Ek was totaal ontnugter toe ek sien hoeveel belangstelling daar in hierdie onderwerp op die Internet is. 

Ek sal julle mening oor hierdie onderwerp waardeer.  As my vermoede reg is dat hierdie teorie ʼn totale dwaalleer is, sal ek soveel inligting moontlik moet bekom om ‘n mede-Christen te oortuig om nie hierdie teorie te ondersteun nie.

Ek hoor graag van julle

Beste wense

Winkelsmidt

 

Hallo Winkelsmidt

Ek dink nie ons hoef verbaas te wees oor hoeveel mense vreemde dinge glo nie (en onthou, baie mense kyk na die Christelike geloof en dink, “Hoe weird!”)

Wat my wel verbaas is dat baie mense eenvoudig geen sin vir kritiese ondersoek het nie. Te veel mense aanvaar bepaalde idees sonder om werklik na die geloofwaardigheid daarvan ondersoek in te stel. Ek wil nou nie aannames maak oor die persoon met wie jy in gesprek was nie, want ek weet eintlik niks van hom af nie. Maar ek het ‘n vermoede dat hier nie veel sprake is van ‘n kritiese ondersoek nie.

Alle idees moet onderworpe kan wees aan kritiese ondersoek. Dis die enigste manier om die waarheid oor iets (of die waarskynlikheid dat iets waar is) te bepaal. Daar is drie maniere waarop ek sou begin om die “Hollow Earth”-teorie te ondersoek: 1) Deur die bronne te ondersoek waarin die teorie gestalte gekry het en te vra hoe geloofwaardig dit is, 2) deur na die wetenskaplike getuienis te kyk ter ondersteuning of weerlegging van die idee van ‘n holte in die aarde, en 3) hoe versoenbaar is hierdie idee met die Christelike wêreldbeskouing.

Ek weet nie hoe ‘n toekomstige gesprek met die persoon wat hierdie teorie aanhang gaan lyk nie, maar ek het ‘n vermoede dat jy baie meer by hom gaan moet uitvind oor presies wat hy glo en ook as Christen glo (ek vermoed daar gaan ander onortodokse idees ook wees). Oor punte 1 en 2 verwys ek jou na die volgende artikels (as jy dit nie alreeds bestudeer het nie) met verdere verwysings wat jou dalk mag help in jou ondersoek:

Vir my persoonlik is die wetenskaplike getuienis die deurslaggewende faktor vir waarom die idee regtig nie enige meriete het nie.
Laat weet maar as ek jou verder met iets kan help.
Groete

Udo

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.