
Udo,
Wanneer is Jesus gebore? Was Maria nie gesê deur engele in die 6de maand dat sy sal swanger word nie? Hoekom vier ons Christene dan Jesus se verjaardag in die 12de maand?
Winkelsmidt
Hallo Winkelsmidt
In Lukas 1:26 staan daar: ” Toe Elisabet ses maande swanger was, het God die engel Gabriel na Naseret, ‘n dorp in Galilea, gestuur na ‘n jong meisie met die naam Maria.” So dis nie korrek om te sê Maria het “in die sesde maand” swanger geword nie.
Eintlik weet niemand presies wanneer Jesus gebore was nie. Ek verwys jou egter na drie kort artikels wat mooi verduidelik watter faktore ‘n rol gespeel het in mense se denke hieroor:
Sien ook hierdie langer artikel: How December 25 became Christmas
Laat weet gerus as ons verder met iets kan help.
Groete
Udo
Leave a Reply