Is wat God sê reg omdat God dit sê?

Hi Udo

Sou dit reg wees om te sê dat wat ons as Christene glo moreel reg of verkeerd is, bepaal word deur die feit dat God die reg het om vir ons te sê wat reg is en wat nie.

Seënwense

Winkelsmidt

 

Hallo Winkelsmidt

Wat God sê kan nie anders as om reg te wees nie – maar dis so nie bloot omdat Hy dit nie, maar weens wie Hy is. M.a.w. daar lê iets agter die feit dat God iets sê. God se opdragte aan die mens vloei voort uit sy karakter wat altyd absoluut goed is. As God dus ʼn goeie God is, dan sal sy morele opdragte iets weerspieël van wat goed is vir die mens. As Hy dus iets verbied, dan is dit so omdat dit vir die mens goed is om nie daarby betrokke te wees nie. Ons mag dalk nie altyd weet presies wat die rede is vir waarom God iets verbied en dit vir die mens nie goed is nie (ons kan dalk wel redelike afleidings maak), maar dan gehoorsaam ons Hom nietemin omdat ons sy goedheid vertrou en nie bloot dat Hy iets gesê het nie. M.a.w. om bloot te sê “God het gesê” kan arbitrêr voorkom, asof God dan netsowel in ʼn ander wêreld kon besluit het dat sekere dinge daar reg is wat hier verkeerd is. Dis egter belangrik om te verstaan dat God se karakter onveranderlik is, dit sou daarom in alle moontlike wêrelde dieselfde wees.

Groete

Udo

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.