Is die Bybel betroubaar?

deur Phillip Scheepers

Wanneer die wêreld ons as Christene uitvra of konfronteer oor dit wat ons glo, is ‘n groot deel van ons antwoord dat dit wat ons glo gebaseer is op wat in die Bybel geskryf staan. Baie mense se reaksie is dan om by ons te wil weet hoekom enigiemand dit wat in die Bybel staan, moet glo. Die Christen wat weet hoekom hy/sy glo wat hy/sy glo, behoort sonder huiwering hierop te kan antwoord: Ek glo wat in die Bybel staan omdat ek glo dat dit waar is!

Dit is egter presies hier waar skeptici dan hulle aanval loods deur te vra: Hoe weet ‘n mens dat wat in die Bybel staan regtig waar is? Hiermee wil skeptici eintlik twee dinge sê: Eerstens, dat baie van wat in die Bybels geskryf staan, nie is wat oorspronklik geskryf is nie, en tweedens, dat selfs al is dit wat oorspronklik geskryf is, het dit nie werklik so gebeur nie. Die implikasie is duidelik. As mense die bron van ons geloof kan aanval en as vals en onbetroubaar kan bewys, dan hoef niemand te glo wat Christene of die Bybel sê nie.

Die kwessie rondom die betroubaarheid van die Bybel het baie aspekte waarvan sommige baie kompleks is. In hierdie artikel sal die fokus wees op die redes vir waarom ons die Nuwe Testament as betroubaar aanvaar, en spesifiek die Evangelies, aangesien dit die sentrale elemente van die lewe en bediening van Jesus aan ons oordra. Die volgende vrae word tipies gevra:

  • Hoe kan ‘n mens seker wees dat die Evangelies soos wat ons dit vandag het betroubaar is? Met ander woorde, kan dit dalk wees dat die woorde wat ons voor ons het, nie dieselfde is as dit wat oorspronklik neergeskryf is nie?
  • Hoe kan ‘n mens seker wees dat dit wat in die Evangelies staan, werklik die lewe en bediening van Jesus weerspieël en nie maar net legendes is wat later ontstaan het nie?
  • Kan dit wees dat kerkleiers later hulle eie agenda in die lewe van Jesus ingeskryf het, sodat die Evangelies uiteindelik meer verteenwoordigend is van latere opinies, as van wat Jesus self sou gesê het?

Algemene opmerkings oor die Bybel

Voordat ons spesifiek by die beantwoording van hierdie vrae uitkom, net die volgende oor die Bybel in die algemeen. Hoewel hierdie argument natuurlik nie sonder meer deur ‘n ongelowige aanvaar sal word nie, is dit duidelik dat die Bybel self daarop aanspraak maak dat God op ‘n bonatuurlike en onfeilbare manier Sy openbaring aan mense oorgedra het (2 Tim 3:16, 2 Pet 1:20,21). Daarom behoort die Bybel ook die merktekens van hierdie inspirasie te dra. Dit sien ons byvoorbeeld in die feit van vervulde profesie (lees byvoorbeeld Jes. 53 wat ongeveer 600v.C. geskryf is en vergelyk dit met die lewe van Jesus) en in die feit dat die Bybel ten spyte van ‘n groot klomp skrywers, kulture, tale, omstandighede en karakters tog ‘n merkwaardige eenheid vertoon. Hierdie eenheid vind ons in die feit dat die hele Bybel die verloop van God se verlossingsplan deur Jesus vir ons beskryf.

Het ons die inhoud van die oorspronklike teks van die Evangelies?

Baie mense sal Christene uitdaag deur te sê dat ons nie seker kan wees dat dit wat ons vandag voor ons het, die inhoud van die oorspronklike Evangelies is nie. Daar is baie variasies op hierdie tema. Moslems sal byvoorbeeld aandring dat die Evangelies soos wat ons dit nou het, vervalsings is, terwyl New Agers gewoonlik ander sogenaamde ‘evangelies’ (soos die Evangelie van Thomas) sal uitwys as die ware Evangelies.

Hierdie vraag oor of ons die inhoud van oorspronklike teks het, is daarom in ‘n sekere sin die belangrikste vraag in hierdie bespreking. As ons hierop ‘Ja!’ kan antwoord, gaan dit die beantwoording van baie ander vrae soveel makliker maak. Die feit is, soos ons sal sien, dat ons met groot sekerheid ‘Ja’ op hierdie vraag kan antwoord.

Dit is nodig om hier te noem dat die oudste manuskripte wat ons van die Nuwe Testament het, nie die oorspronklike dokumente is soos wat dit die heel eerste keer neergeskryf is nie. Wat ons het is kopieë. Die vraag is dus oor hoe betroubaar sulke kopieë is aan die oorspronklike teks.

Kom ons begin so ‘n ondersoek deur te vra hoe die teks van die Nuwe Testament vergelyk met ander historiese dokumente waarvan die betroubaarheid nie regtig in twyfel getrek word nie. Ons hanteer die Nuwe Testament dus nou vir die oomblik bloot as antieke Griekse dokumente en kyk na van die getuienis:

1.   Ons het meer kopieë van die vroeë manuskripte van die Nuwe Testament as van enige ander antieke geskrif.

  • Die eerste en oorspronklike teks van boeke soos ‘Die Annale van Rome’ deur Tacticus is in 113nC geskryf. Hiervoor het ons 2 kopieë van die oorspronklike manuskripte wat ongeveer uit 850nC dateer.
  • Vir die ‘Joodse Oorlog’ van Josephus (eerste eeu nC), het ons 9 kopieë wat uit ongeveer die 11de en 12de eeu dateer.
  • Die antieke dokument waarvan ons die meeste Griekse manuskrip- kopieë het, is die Illiad van Homerus. Hiervoor het ons 650 manuskrip-kopiee waarvan die meeste meer as 1000 jaar nadat die Illiad geskryf is, dateer.
  • Vir die Nuwe Testament het ons ongeveer 5000 antieke Griekse manuskrip-kopieë. Die oudste fragmente op papirus is uit die Johannes-Evangelie (die John Rylands papirus) en dateer teen 140 nC, dit is minder as ‘n honderd jaar nadat die Evangelies oorspronklik geskryf is. As ons dieselfde tydsverloop (en vertalings) toelaat as vir die ander geskrifte wat genoem is (ongeveer 800-1000 jaar), dan kan ons verwys na 26 000 manuskrip-kopieë van die Nuwe Testament in ‘n groot verskeidenheid tale. Die vraag word dan oor hoekom mense bereid is om die betroubaarheid van ander tekste te aanvaar, maar nie die van die Nuwe Testament nie.

2.  As die Nuwe Testament nie betroubaar is nie, is geen historiese manuskrip nie. Skeptici wys graag daarop dat die Evangelies aanvanklik met die hand gekopieer is en dat kopieerfoute so ingesluip het. Hierdie feit word egter nie betwis nie. Die vraag is oor die mate waartoe sulke kopieerfoute die teks soos wat ons dit vandag het, beïnvloed. Die antwoord is eenvoudig – bitter min! Die feit dat ons oor so ‘n magdom aantal manuskrip-kopieë beskik, help ons baie, want deur hulle met mekaar te vergelyk, kan ons met groot sekerheid die korrekte lees van ‘n betrokke teks aflei. Verder word die verstaan van geen Christelike leerstuk bedreig deur die verskille tussen die manuskripte nie. Die feit van die saak is dat ons meer kontrole kan uitoefen oor die integriteit van die teks van die Nuwe Testament, as oor enige ander klassieke teks waar kruiskontrole nie moontlik is nie weens ‘n gebrek aan genoeg manuskripte.

3.  Slegs die ‘kanonieke’ Evangelies slaag die toets as betroubare Evangelies. Baie mense beweer dat ander ‘evangelies’ nader is aan ‘n ware beskrywing van die lewe van Jesus as dit wat ons in die kanonieke Evangelies het. Om hierdie bewering sorgvuldig te ondersoek, is ‘n tema op sy eie, maar by nadere ondersoek is dit duidelik dat so ‘n bewering vals is. In baie van hierdie sogenaamde ‘evangelies’ word verhale vertel wat direk in kontras is met die direktheid en eenvoud van die kanonieke Evangelies. Dit is bykans deurgaans die geval dat die Godheid van Jesus oorbeklemtoon word ten koste van die feit dat Hy ook werklik mens was.  Die bekendste twee ‘evangelies’ waarmee ons dikwels gekonfronteer word, is die Evangelie van Thomas (waarvoor die lede van die ‘Nuwe Hervorming’ en die ‘Jesus Seminaar’ baie lief is) en die Evangelie van Barnabas (wat veral deur Moslems aangehaal word). Ons kan baie maklik aantoon dat die Evangelie van Barnabas ‘n vervalsing is van so laat as 1000 nC! In die Evangelie van Thomas is baie sterk tendense van die Gnostisisme te kry, trouens, dit is in die tipiese styl van ‘n tweede eeuse Gnostiese dokument geskryf deurdat alle verhalende beskrywings weggelaat is. Gnostisisme is ‘n denkrigting wat sedert die 1ste eeu sterk opgang gemaak het en wat beweer het dat die fisiese boos is terwyl net die geestelike rein en heilig is. ‘Christene’ is deur die Gnostiek beïnvloed en het daarom die mensheid van Jesus en Sy aardse bediening onderbeklemtoon.

Wanneer mense aanvoer dat ons nie ‘n betroubare weergawe van die oorspronklike teks van die Nuwe Testament het nie, is dit duidelik ‘n geval van dubbele standaarde. ‘n Noukeurige beoordeling van die teks van die Nuwe Testament dui baie sterk op die betroubaarheid daarvan, veral ook wanneer dit met ander antieke geskrifte wat as betroubaar beskou word, vergelyk word.

Is die Evangelies nie maar net legendes nie?

Die tweede lyn van aanval waarmee Christene te doen kry, is van mense wat beweer dat alhoewel die teks wat ons het ‘n betroubare weergawe is van wat oorspronklik geskryf is, weerspieël die Evangelies egter nie die werklike lewe van Jesus nie. Die rede wat hiervoor aangebied word is dat die Evangelies eintlik maar net legendes is, dat mense lank na die dood van Jesus, sekere dinge wat nie in die werklikheid gegrond was nie, aan Hom begin toeskryf het.

So ‘n bewering is egter ongegrond. Sorgvuldige geskiedkundige ondersoek dui daarop die Evangelies almal binne ‘n generasie of twee na die lewe van Jesus, geskryf is. Die feit is egter dat legendes eeue neem om te ontwikkel en ontstaan juis omdat daar geen getuies is om sekere feite te bevraagteken nie. Niemand kan byvoorbeeld die details van Koning Arthur se lewe betwis nie, aangesien dit eeue na Sy dood eers in die vorm van legendes opgeskryf is. In teenstelling hiermee is die Evangelies slegs binne enkele dekades na die gebeure waarna dit verwys, opgeteken. Dit beteken dat daar nog mense was wat die gebeure soos dit in die Evangelies weergegee is, kon korrigeer.

Reeds in 1844 het die teoloog Julius Muller sy kollegas, wat beweer het dat die Evangelies legendes is, met die volgende eenvoudige vraag gekonfronteer: “Wys vir my enige voorbeeld van enige legende wat so vinnig ontwikkel het op enige plek in die geskiedenis.” Hierdie is ‘n vraag wat vandag nog steeds nie deur die voorstaanders van die legende teorie beantwoord kan word nie.

Ons kan verder daarop wys dat die Evangelies uiters betroubaar is in allerlei gegewens wat daarin voorkom. Argeologiese ontdekkings het byvoorbeeld al telkens bewys dat Lukas akkuraat was in die noem van sekere plekke, heersers ens. Sulke presiesheid is nooit kenmerkend van iets soos legendes nie. Dit maak sin om aan te neem dat as die Evangeliste in die ‘klein’ dingetjies betroubaar was, dan was hulle dit ook gewees in terme van die ‘groot’ dinge. Ook die vroeë kerk het groot klem gelê op die getroue weergee van die lewe van Christus, soos wanneer Paulus in 1 Kor. 15 sê: “Ek het ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het…”

Laastens is dit ook so dat die Evangelies details weergee wat die betroubaarheid van iets soos die aanspraak dat Jesus die opgestane Here is, negatief sou beïnvloed. As dit bloot ‘n legende was, sou daar tog nie ook details wees wat verleentheid kon veroorsaak nie. So is al die Evangelies dit eens dat dit vroue was wat Jesus eerste gesien het na Sy opstanding. As ons egter in ag neem dat vrouens se getuienis in daardie era as onbetroubaar beskou is en nie in ‘n hof toegelaat is nie, dan wonder mens hoekom hierdie inkriminerende feit so pertinent in die Evangelies weergegee is as die Evangelies eintlik net legendes was.

Reflekteer die Evangelies nie maar net konflik in die vroeë kerk nie?

Daar is nog ‘n uitdaging aan Christene deur mense wat weereens sal erken dat die teks soos wat ons dit vandag het, wel ‘n betroubare weergawe van die oorspronklike is. Daar word aangevoer dat baie van dit wat in die Evangelies geskryf staan, die produk is van latere kerkleiers wat hulle konflikte in die Evangelies teruglees het en dus vir Jesus ‘gebruik’ het om hulle posisie te regverdig. Hierdie bewering kan beantwoord word deur daarop te wys dat ons tog baie goed weet wat die konflikte in die vroeë kerk was, maar dat ‘n mens dit nie uit die Evangelies aflei nie. Ons lees van hierdie konflikte in Handelinge en in die apostels se briewe. Van die groot kwessies is onder andere die besnydenis, geestelike gawes en die eet van vleis wat aan afgode geoffer is. Tog het ons van hierdie kwessies byna geen sprake in die Evangelies nie, iets wat tog nie so sou wees as kerkleiers werklik hulle eie standpunte in die lewe van Jesus wou teruglees nie.

Slot

Daar is nog veel meer oor hierdie onderwerp te sê. Tog kan ‘n mens baie duidelik sien dat ons as Christene ons geloof in die Bybel, en dan veral in die Evangelies as ‘n akkurate weerspieëling van die lewe en bediening van Jesus, nie sommer net uit die lug gegryp het nie, maar dat dit op baie sterk gronde staan. Christene wat ‘n bietjie moeite doen om te verstaan wat hulle glo en hoekom hulle dit glo, kan met groot vrymoedigheid met ander wat hierdie dinge betwyfel, in gesprek gaan. Tog moet ons ook besef dat baie mense eenvoudig nie in die betroubaarheid, en uiteindelike gesag, van die Bybel, wil glo nie. Dit sou beteken dat hulle dan die boodskap daarvan ook sal moet glo, en dit wil hulle nie doen nie. Hierdie boodskap sê dat God homself in Jesus van Nasaret aan ons geopenbaar het en vra van ons om ons lewens voor Hom neer te lê as Here en Verlosser.

Verdere leeswerk

Bloomberg, C 1987 The Historical reliability of the Gospels IVP; Downers Grove

Bruce, FF 1960 The New Testament documents – are they reliable? Eerdmans; Grand Rapids Bruce,

Bruce, FF 1974 Jesus and Christian Origins outside the New Testament Eerdmans; Grand Rapids

McRay, J 1991 Archaeology and the New Testament Baker Book House; Grand Rapids

Metzger, BM 1992 The text of the New Testament Oxford University Press; New York

24 Comments

  1. ‘n Bybel mities en metafore is soos die vader krismis en sy rain deer, sneeu witje en die volf. Daar is niks verkeerd aan die stories nie maar dit is nie die reine waarheid nie. Die ewige waarhede is immers nie die mensdom beskore nie.

    • Matt, jy maak ‘n paar aansprake wat om meer verduideliking vra: 1) Met betrekking tot die Nuwe Testament, hoe weet jy wat mities en metafories is, eerder as verwysend na ‘n historiese werklikheid? 2) Hoekom dink jy is ewige waarhede nie die mensdom beskore nie?

        • Omrede sekere mense nie glo dat ewige waarhede die mensdom beskore is nie, dans hulle om ʼn vuur om hulleself daarvan te oortuig.

      • Omrede die ewige waarhede nie die mensdom beskore is nie, dans die mensdom om ‘n vuur en verbeel. Kyk hier: In the third century, when the church fathers were consolidating the Christian church, they chose the date celebrated by the pagans, the winter solstice, when the darkest days give way to the promise of brighter ones. This was incorporated in terms of the zodiac into the story of the birth of Jesus, or the sun. In the late hour of the twenty-fourth of December, the zodiacal sign Virgo, or the Virgin, rests on the horizon or ascendant. At the hour of midnight, the sun enters the sign of Capricorn — the manger and the goat. Thus is the sun — Jesus — born of a virgin, by an immaculate conception.

        • Gee asseblief verwysings vir jou aanhalings, sodat ʼn mens dit kan naslaan en probeer verstaan waarom die skrywer sê wat hy sê.

  2. @ Philip: Jou bydrae is nie ‘n pyp twak werd nie. My rede: Jy dans om ‘n vuur en verbeel sitroene is vye. Nog erger, baie van my Boere vrinde glo hierdie mooi stories ook van die drie in een Babiloniese son god Tammuz. Tammuz word op son god dae (son dae) as Jesus H. Christus aanbid. Jesus H. Christus is by Nicea deur Konatantyn as universele (Katholieke) drie in een son god vir sy keiserryk verklaar.

    • Matt, geen ingeligte persoon gaan hulle steur aan wat jou “Boere vrinde” glo nie. Die vermeende ooreenkomste tussen Jesus en Tammuz (en baie ander mitiese gode) lê grootliks in die verbeelding van mense wie se idees lankal deur kundiges in die relevante velde weerlê is. Sien bv. http://www.antwoord.org.za/2015/08/jesus-one-of-many-myths/
      Terloops, wie is “Jesus H. Christus”? Is dit uit onkunde of moedswilligheid dat jy so ʼn verwysing maak?
      Laastens, ongelukkig is dit histories naïef om aan te voer dat dit eers by die sinode van Nicea was, onder verklaring van Konstantyn, dat die kerk sekere dinge oor Jesus sou glo. Ek verwys jou eenvoudig na die volgende paar artikels vir verdere ondersoek:
      http://www.equip.org/articles/what-really-happened-at-nicea/
      http://www.letusreason.org/Trin13.htm
      https://www.youtube.com/watch?v=WSKBGdv07nQ
      http://learntheology.com/the-formation-of-the-doctrine-of-the-trinity-in-the-early-church.html
      https://www.bethinking.org/god/the-historic-case-for-the-trinity
      https://probe.org/the-council-of-nicea/

      • Die korrupte kerk besigheid is berug vir sy blatante publieke leuens wat hy verkondig en tog glo baie Boere vriende hierdie vlugte van die verbeelding. Voorbeeld: Die kerk besigheid verkondig Moses en die Jode het Egipte verlaat deur die Rooisee. Historiese feite bevestig die Jode was nooit in egipte nie, en konings het regeer oor Egipte. Why do some people state Moses is a myth. Is it true Moses wrote the Book of Exodus allegory. If not, why has the story lived so long. There is nothing wrong with the story. Like there is nothing wrong with the story of Snow white and the Seven Dwarves, or Little Red Riding hood, or Santa Claus with his reindeer. We know Santa Claus does not exist as is told in the stories. We know there are no wolves who can devour Grandma’s and little girls who are liberated from the stomach of the wolf. So we know by research of historical sources, and archaeology, there was never an exodus, nor was there ever a man called Moses, or A’aron, Abraham. The purpose of myths are to teach lessons. Not to teach history. Wat my verstom is die baie Boere wat son god dae (son dae) die korrupte kerk besigheid se drie in een Babiloniese son god (Tammuz) aanbid omdat die korrupte kerk besigheid beweer dit is die ewige waarheid. Intussen is dit algemeen bekend die ewige waarhede is die mensdom en dus die korrupte kerk besigheid nie beskore nie. Terloops, Tammuz (Hesus+Horus+Krishna) word vandag aanbid as die drie in een son god Jesus H. Christus (Hesus+ Horus+Krishna) deur keiser Konstantyn by Nicea bewerkstellig. Nie waar nie?

      • Daar is die Hebreeuse bybel, die Rooms-Katholieke Ou Testament en die Protestantse Ou Testament beskikbaar maar hierdie drie veramelings verskil ten opsigte van inhoud, volgorde en rangskikking. Die lesse te leer is legio maar omrede die ewige waarhede die mensdom nie beskore is nie misbruik die kerk besigheid die toedrag van sake om sy leefstyl te financier. In die proses word mites as geskiedenis (waarhede) verkondig aan Jan Alleman.

        • Matt, opsigself beteken dit natuurlik niks om maar net te sê dat hierdie drie versamelings van die Ou Testament van mekaar verskil nie. Dit gaan oor die redes waarom dit verskil en die redes vir waarom sekere gedeeltes aanvaar, verwerp of herrangskik is. Jy dink klaarblyklik dat die feit dat daar verskille is moet beteken dat ʼn mens alles van enige Ou Testament sommer net kan afskryf. Dis ongelukkig nie hoe historiese navorsing werk nie.

  3. TAMMUZ = Die here/gode Hesus die seun van Zeus + Horus die son van god die Son + Krishna die sanskrit van Christus. Hierdie drie in een son god word vandag nog in tempels met obeliske aanbid op son god dae as Jesus H. Christus. Tammuz is by Nicea as die drie in een universele (Katholieke) son god aanvaar vir die Keiserryk.

  4. Jy vra wie is Jesus H. Christus. Jesus H. Christus is ‘n drie in een Babiloniese son god wat voorheen bekend was as die Babiloniese son god Tammuz. Vandag se Boere vriende word deur die korrupte kerk besigheid met ‘n kluit die bos ingestuur. Waar kom Jesus H. Christus vandaan? Those who chronicled the life and acts of Jesus found it advisable to metamorphose him into a solar deity. The historical Jesus was forgotten; nearly all the salient incidents recorded in the four Gospels have their correlations in the movements, phases, or functions of the heavenly bodies.
    In the third century, when the church fathers were consolidating the Christian church, they had no knowledge of the date of Jesus’ birth. They chose the date celebrated by the pagans, the winter solstice, when the darkest days give way to the promise of brighter ones. This was incorporated in terms of the zodiac into the story of the birth of Jesus H. Christ, or the sun. In the late hour of the twenty-fourth of December, the zodiacal sign Virgo, or the Virgin, rests on the horizon or ascendant. At the hour of midnight, the sun enters the sign of Capricorn — the manger and the goat. Thus is the sun — Jesus H. Christ — born of a virgin, by an immaculate conception

    • Matt, geen ingeligte persoon gebruik die naam “Jesus H. Christus” nie. Dis “Jesus” of “Jesus Christus” of selfs net “Christus”. Waar kom jy aan “Jesus H. Christus”?
      Staaf asseblief jou bewerings uit die toepaslike en relevante historiese bronne dat Jesus voorheen bekend was as Tammuz. Watter kundiges aan watter geakkrediteerde universiteite vandag in die velde van Nuwe Testamentiese studies, Antieke geskiedenis of Vroeë Kerkgeskiedenis ondersteun die siening dat die historiese Jesus enigiets in gemeen het met antieke astrologie of die mitiese fertiliteitsgode? Met respek, Matt, jou inligting is gedateer en eenvoudig misleidend. Het jy ooit gekyk na die verwysings by http://www.antwoord.org.za/2015/08/jesus-one-of-many-myths/ ?

  5. Bewering sonder bewyse: Ongelukkig is dit histories naïef om aan te voer dat dit eers by die sinode van Nicea is dat die kerk sekere dinge oor die drie in een son god Jesus H. Christus sou glo. Wel, hierdie drie in een son god is eers by Nicea as universele (Katholieke) son god van die keiserryk bewerkstellig. Na my mening kan die kerk besigheid in die drie in een Babiloniese son god Tammuz glo want dit traak my nie. Vandag aanbid die kerk besigheid hierdie drie in een son god Tammuz as die drie in een son god Jesus H. Christus.

    • Matt, ek het vir jou verwysings gegee om na te slaan (waarin jy allerlei historiese feite vir jouself kan gaan bevestig), want JY is natuurlik die een wat bewerings maak sonder bewyse. As jy jouself nie histories wil inlig nie, dan kan ʼn mens natuurlik nie ʼn gesprek hê nie. Dis baie duidelik uit historiese bronne dat die vroeë kerk (d.i. vóór Konstantyn) in Jesus se Goddelikheid sowel as in ʼn drie-enige God geglo het. Trouens daar géén rede om te glo dat hulle oortuigings enigiets met die Tammuz te make het nie. Stuur gerus jou historiese bronne wat die teendeel wys, dan gesels ons verder.

  6. Omrede die ewige waarheid die mensdom nie beskore is nie verkwansel die korrupte kerk besigheid sitroene as vye aan onskuldige lidmate. Byvoorbeeld die storie oor Jona in die vis se maag is ‘n mooi storie maar ‘n mite. Although most of the Old Testament has been accepted by fundamentalists as the gospel truth, even they have confessed to doubts about Jonah and the whale. For a man to be swallowed live by a whale and survive to tell the tale was either a Biblical miracle or a bit of fisherman’s braggadocio. There have been many attempts to interpret the allegory. However, since most of the main characters in the Bible personify the sun, we can safely assume that Jonah also represents some aspect of the solar orb. Those three uncomfortable days and nights were the winter solstice. Between the twenty-first and twenty-fourth of December the nights are the darkest and longest of the entire year and were known to ancient astrologers as the Whale’s Belly. No doubt this has reference to the winter constellation Cetus, the Whale, which is just above the horizon at that time. The ‘whale’ was, therefore, in a position to swallow Jonah when he, as the sun, plunged into the sea. Thus it was that Jonah, the sun, spent three days and nights in the Whale’s Belly, where he meditated on the Lord.

    • Matt, wat die bedoeling was van die skrywer met die verhaal van Jona (was dit ʼn fiktiewe storie met ʼn spesifieke boodskap of ʼn poging tot geskiedskrywing waarby ʼn wonderwerk betrokke was) is inderdaad ʼn literêr-kritiese aangeleentheid waaroor daar verskillende menings bestaan. Dit gaan uiteindelik oor watter siening die beste deur die relevant getuienis ondersteun word. Wat egter nie deur enige getuienis ondersteun word nie, is die idee dat “since most of the main characters in the Bible personify the sun, we can safely assume that Jonah also represents some aspect of the solar orb”. Stuur gerus vir my verwysing na die geskiedkundige navorsing deur geakkrediteerde navorsers wat so ‘n siening ondersteun. Dalk is JY die een wat sitroene vir vye aansien en dan die hele spul vir soetkoek opeet?

  7. Jou kundiges is nie die ewige waarhede beskore nie. Hulle dans net soos die mensdom om ‘n vuur en verbeel sitroene is vye. Veral die kerk besigheid is bekend hiervoor. Om hierdie rede het duisende lidmate al hulle rug op die korrupte kerk besigheid en sy blatante publieke leuens gekeer. Nog duisende lidmate sal hulle voetspore volg. Die kerk besigheid se balanstate laat veel te wense oor.

    • Matt, ek sien jy het paar “talking points” wat jy bloot maar net herhaal oral waar jy op die internet kommentaar lewer. Jy is natuurlik geregtig op jou opinie, en ek hoor jou renons in die kerk. Die kerk bestaan natuurlik uit mense en waar daar mense is sal daar sekerlik altyd korrupsie, leuens en geldgierigheid wees. Maar die bewyslas is joune as jy wil beweer dat die Christendom as geheel nog altyd korrup was of dat die Christelike boodskap ʼn leuen is. Wat ek egter tot dusver by jou sien is bloot ongegronde aannames en die begeerte om suspisie te saai, nie iemand wat werklik geïnteresseerd is in enige feite of wat begrip toon nie.

Leave a Reply to Matt Heyns Cancel reply

Your email address will not be published.


*


This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.